New book: Skolerugbysage Noord van die Vaal 1920 – 2000

A book by JH Bisschoff about history of old Administrator’s Cup (today called the Beeldtrofee) is available!

The books pBoek 1rovides insight on how the Administrators Cup came to live way back in 1920 and each year (from 1920 to 2000) is a separate chapter with scores, team photos, summary of the match, action photos, etc. Interviews with ALL old Springboks who played in Cup finals are included in the back of the book as well as a chapter discussing remarkable incidents and stories …

Book is available at Media24 (Beeld) and orders can be placed by emailing Cornette Zietsman <cornette.zietsman@media24.com> or phoning 011-7139892. Allow 14 days for delivery. Total cost is R200 (including postage and VAT).

Boek 2

31 Comments

  1. avatar
    #31 Deon

    @Djou: Dankie ou Djou. Ek verwys slegs na die 13 jaar op skool geval. Ek is seker ons almal sal binnekort duidelikheid hê, soos met Craven Week.

    ReplyReply
    29 June, 2014 at 15:13
  2. avatar
    #30 kosie

    @Djou: Die beginsel behoort te wees dat alle kinders 10 jaar op skool rugby moet kan speel. As jou 1 ste jaar voor jou klasmaats is behoort geen rol te speel nie.

    Dit sal n verandering by laerskole moet teweeg bring omdat die outjie dan in gr 2 al sal kan speel en in gr 7 0/14 by n hoëskool

    ReplyReply
    29 June, 2014 at 10:23
  3. avatar
    #29 Djou

    @Deon: Ek dink ons misverstaan. Ek praat van net die ouens wat 12 jaar op skool is. M.a.w. die outjies wat ‘n jaar later skool toe gestuur is omdat hulle teruggehou is – dus agt jaar oud geword het in graad 1 en 19 jaar in graad 12.
    As jy teruggaan in die geskiedenis sal jy merk dat die vroee ouderdomsgrens vir skole o.19 was en eers redelik onlangs (in rugbygeskiedenisterme) na o.18 verander is.
    @Maroon8: Nou bring jy ‘n nuwe dimensie na vore! :mrgreen: :mrgreen:

    ReplyReply
    29 June, 2014 at 09:58
  4. avatar
    #28 maroon8

    @Djou: @Deon: So wat leer ons uit die praatjie?…Wat die manne betref wat 19 raak in matriek.As jy as ouer ‘n rugby malle is en hoop jou kind gaan goed raak in rugby……eendag…..maak seker dat daai “woelige,besige aand” nie voor Mei plaasvind nie………..baie geluk met hierdie boek,ek gaan dit ook aanskaf en glo ek sal ‘n paar nuwe dinge ontdek wat ek niks van bewus was.

    ReplyReply
    28 June, 2014 at 12:26
  5. avatar
    #27 Kobus Bisschoff

    @Cappie: net weereens ‘n bewys dat enige span kon ‘n ander span op ‘n gegewe dat pakgee. Daar was nie iets soos gunstelinge nie en reputasied het meer kere as nie gesneuwel …

    ReplyReply
    28 June, 2014 at 10:38
  6. avatar
    #26 Deon

    @Djou: Ek het reeds die boek gekoop, nog nie ontvang nie.

    100% van die spelers is ‘n minimum van twaalf jaar op skool, en ‘n minimum van vyf jaar op hoërskool. So, die 31 Desember kwessie is ‘n non-issue. ‘n dertiende jaar is aanvaarbaar om verskeie redes, waarvan akademie die belangrikste is, aangesien akademiese opvoeding ‘n skool se primêre taak is. So, ons hoef in werklikheid nie eers dié permutasies hiervan te bespreek nie.

    Wat van die geval waar ‘n seun meer as twaalf jaar op skool is? Hoekom is Craven Week onder 18? Daar is ‘n rede voor, wat geld vir alle rugby. Die rede is in wese identies aan my vraag.

    Die boek is geskryf oor hoofsaaklik vervloë dae hoofsaaklik, en soos jy sê, tye verander en almal moet aanpas. Dis nie meer lank nie, onder 19’s se tyd is getel. Geen ekstra jaar nie, dit sal nie hou nie. Dis niks anders as die ou, positiewer betekenis van post matric.

    ReplyReply
    28 June, 2014 at 10:20
  7. avatar
    #25 Djou

    @Deon: Waarom net 2 jaar? En in sy matriekjaar? Wat dan? Waar moet hy speel?
    Nee, dit gaan nie oor diskriminasie van die meerderheid nie. Dit was net sy voorbeeld om te toon dat meerderheid nie die alfa en omega is nie en dat ander aspekte ook in ag geneem moet word. Soos die meriete van ‘n bepaalde geval. En dit is my punt ook. Een reel vir almal werk nie altyd nie.
    Iets anders, in die Vrystaat moes ek as 16-jarige teen o.19’s speel want toe het ons net o.14, o.15 en o.19 ouderdomsgroepe gehad. En niemand het gekla nie. Trouens, ons jonger outjies het ‘n pakt gesmee om die ouer seuns harder te duik as enige een ander. Ek kan jou verseker, die verskil is nie so groot nie.
    Anyway, koop gerus die boek. Jy sal merk dat alles waaroor hier geskryf word reeds 60 jaar gelede gedebatteer is. Dit is werklik goeie leesstof en insiggewend.

    ReplyReply
    28 June, 2014 at 07:20
  8. avatar
    #24 Deon

    @Djou: Nee Djou, dis baie eenvoudig. Daardie seun gaan steeds 5 jaar toegang tot al die vlakke van sbr. So, solank hy 2 jaar toegang het tot oop vlak word nooit teen hom gediskrimineer nie.

    Op hierdie wyse word nooit teen die minderheid gediskrimineer nie.

    Wat jy voorstel is baie erger as wat dr Barnard ooit kon droom van, naamlik diskriminasie teen die meerderheid , wat ‘n bisarre konsep in moderne denke is.

    Dis eenvoudig, diskrimineer net teen niemand nie. Twee jaar toegang tot die oop groepe vir almal. Nie twee vir sommiges, drie vir ander, en een vir die res nie.

    My een kind is op die 28ste Desember gebore. Been/am there, done/doing that. Het reeds al die somme gemaak.

    ReplyReply
    27 June, 2014 at 18:24
  9. avatar
    #23 Djou

    @Kosie: Yip, het ook al prober netbal verstaan, maar die reels maak nie sin nie – weet nie hoekom jy nie mag tackle nie :lol: . By the way, het jy die boek? Indien nie, koop gerus – dit is die moeite werd.

    ReplyReply
    27 June, 2014 at 18:23
  10. avatar
    #22 kosie

    @Djou: Ek verstaan nie veel van enige game vaar jy vorentoe mag pass nie so my netbal kennis is nul.

    My punt was vir rugby waar so ‘n geval nie benadeel word om later skool toe te gaan nie. Ek dink ook nie daar moet noodwendig een reël vir alle sport wees nie. Rugby op skool behoort ‘n sport vir 10 jaar te wees. Dan sal almal dieselfde periode he.

    ReplyReply
    27 June, 2014 at 17:12
  11. avatar
    #21 Djou

    @Kosie: Die punt gaan oor die o.19-outjie wat op 31 Desember verjaar en laat skool toe is en dan mag hy nie rugby speel in sy matriekjaar nie. My dogter is so ‘n geval waar ons haar teruggehou het. Sy moes elke jaar meeding met ander wat ‘n standerd voor haar is in hokkiespanne. In haar matriekjaar is sy meegedeel sy moet afskuif tweedes toe – omdat sy ‘n jaar laat skool toe is. Ag toe word dit nie meer lekker nie want nou is daar niks meer wat jou dryf nie. So, sy het net 11 van die 12 jaar hokkie gespeel (begin in graad 1).
    Dit is soos die regering se armoede-mandjie. As jy minder as bv. R430 per maand verdien is jy arm en kwalifiseer vir sekere toelaes. Maar as jy R431 verdien word jy nie meer as arm geag nie en mag jy nie vir daardie toelaes kwalifiseer nie. En wat kry jy – baie mense wat eerder ophou werk het om toelaes te kan verdien.

    ReplyReply
    27 June, 2014 at 15:51
  12. avatar
    #20 kosie

    @Djou: Ek dink wat Deon probeer sê is dat ‘n skoolkind se rugby loopbaan op skool 10 jaar is. Van O/9 tot O/18. Waarom kan sekere kinders dan 11 jaar die voorreg hê.

    As jy 31 Desember gebore word kan jy steeds 10 jaar rugby speel op skool. Hoekom moet so persoon 11 jaar kan speel? As jy ‘n jaar ouer is as jou akademiese jaar, begin jy vroeër rugby speel, maar dan moet jy ook vroeër ophou om by die 10 jaar skool rugby periode te hou.

    ReplyReply
    27 June, 2014 at 15:22
  13. avatar
    #19 Djou

    @Deon: So die outjie wat op 31 Desember gebore is en geen klas herhaal het nie en ook nie ‘n ander speler uitgehou het nie moet nou nie meer speel nie omdat hy een dag te vroeg gebore is. Dit is onregverdig – of dit die minderheid is of nie en ontneem hom van dieselfde geleentheid waarvan jy praat.
    As minderhede altyd aan die kortste end moet trek dan is dit diskriminasie. Soos oorlede prof Chris Barnard gese het, dan moet die bokke die koning van die diere word en nie die leeu nie.

    ReplyReply
    27 June, 2014 at 15:12
  14. avatar
    #18 Cappie

    Ek onthou in 1988 het Lichtenburg vir Affies in die semifinaal gewen en in die finaal teen Hans Merensky gewen. Lichtenburg se o’15s was ook in die finaal teen Waterkloof se o’15s en het die wedstryd ook gewen. Die wedstryde is op Lichtenburg gespeel en die wind het die dag vreeslik gewaai en die die gasheerskole kon nie hulle voete in die wind vind nie. Lichtenburg het sodoende die eerste skool geword wat beide die o’15s en 1ste span kampioene geword het. Daar was daai jare nog nie vir die o’14 en o’16 Adminbeker soos dit toe bekend gestaan het gespeel nie.

    ReplyReply
    27 June, 2014 at 13:40
  15. avatar
    #17 Deon

    @Djou: Ek kan nie werklik my gedagtes om die kwessie van onder 19 spelers kry nie. Slegte dinge gebeur met goeie mense, soms ‘n motorongeluk, siekte, wat ookal.

    Maar as een speler ‘n ekstra jaar gegun word om toegang tot die oop ouderdomspanne te kry, om welke rede ookal, moet ‘n ander persoon se toegang tot hierdie goop groepe onvermydelik ingekort word.

    Onder 19’s is mos maar altyd in ‘n groot minderheid, ek dink in julle geval twee in die Eerste Span. Om daardie twee toegang te laat verkry vir een ekstra jaar, beteken die tweede beste speler na hom kry toegang vir een jaar minder.

    Dit kan nie regverdig wees nie, of dit nou by PRG of elders gebeur. Iemand anders dra aan die gevolge van die onder 19 speler se slegte en onvermydelike toeloop van omstandighede.

    Dit is ook nie reg dat ‘n opponent moet meeding met iemand wat een jaar ouer is nie. As die opponent self graad 11is, maar die beste speler in sy skool in die betrokke posisie, dan gaan hy deelneem teen iemand wat ‘n jaar ouer is as hy as die direkte opponent reeds in graad 12 is, dit kan nie anders nie,

    Maar as hy reeds in graad 12 is, en hy moet met ‘n “graad 13” meeding om in sy eie span plek te kry, of nog erger met ‘n graad 13 in ‘n ander span, kan dit nie reg wees nie.

    Nog erger sou wees waar ‘n speler graad 11 is en eerste span speel maar moet meeding met ‘n graad 13 in sy opponerende span. Dit klop nie.

    In kort, as een persoon drie jaar toegang verkry tot die oop spanne, beteken dit iemand anders kry net een jaar toegang, en al is die onder 19’s in die absolute minderheid,. Meegevoel met so ‘n speler se omstandighede word verhef bo ‘n ander seun se regte????????

    Streng geproke mag die benadeelde speler nou sê hy wil agterbly en ‘n ekstra jaar speel omdat hy agv ‘n onvermybare, tragiese gebeurtenis aan ‘n ander speler, wat dan nou sy eie onvermybare, tragiese gebeurtenis geword het. ??????????

    ReplyReply
    27 June, 2014 at 12:21
  16. avatar
    #16 Djou

    @Kobus: Oor 19-jariges: Dit is bitter moeilik. Post-matriek is verkeerd, uit en gedaan. Maar wanneer iemand vir ander redes soos lang siekte of motorongeluk of wat ook al ‘n jaar moet herhaal, kan dit nie teen die persoon gehou word nie. Ek dink die antwoord hier is geen post-matriek nie en dat elke situasie individueel op meriete hanteer word – soos indien jy 19 word na die rugbyseisoen verby is, dan is dit onregverdig om dit teen jou te hou.
    Veral die hofsaak was vir my interessant – die feit dat dit so ver kon gaan.
    Oor werwing en beurse – dit is ‘n eeue oue beginsel en in Pretoria is dit begin deur Affies en Klofies. Dit het die ander skole so teruggesit, dat sommige van hulle dit uiteindelik ook moes doen om steeds te kon meeding.
    Voorts, die wereld verander en jy moet saam verander, of agterbly. 60 jaar gelede het mynbou 45% van ons ekonomie uitgemaak – dit is nou 5%. Dienste maak nou 60% uit en IT is die dryfkrag agter meeste dienste. As jy nie IT leer nie en jy is 50 jaar oud, dan gaan jy agterbly.
    So, of almal moet die verskaffing van beurse staak, of almal moet dit doen om die speelveld weer gelyk te maak. Iets tussenin gaan lei tot ‘n paar sterkes en menige swakkes en die swakkes gaan dan op alle vlakke agteruit.

    ReplyReply
    27 June, 2014 at 11:46
  17. avatar
    #15 Kobus Bisschoff

    Weereens baie dankie! Die onder 19 debakel het in 1920 die Admin kompetisie begin, dit het gelei tot die diskwalifikasie v Ventersdorp (sekerlik hulle sterkste span vd 4 spanne tussen 1937 en 1940) en weer kop uitgesteek in 1990 in Mpumalanga by HTS Middelburg. Toe ek nader wou ingaan op die HTS ding het ek natuurlik ‘n annonieme oproepie gekry wat vir my gesê het ek moet “my neus daaruit hou … anders …”. Die onder 19 ding is groot probleem en baie skole het die beker al gewen met 19 jariges in die span. Of opponente daarvan geweet het of nie ia ek nie so seker nie. 1939 is die enigste opgetekende geval waar een skool, Potch Volkies, ‘n ander skool, Ventersdorp, aangekla het en arguments onthalwe diw beker ontneem het (Potch het finaal gewen). As Ventersdorp wou kon hy in 1940 ook appèl aanteken teen Affies want Affies se kaptein oom Cilliers Malan was ouer as 18. Dit het oom Jannie Reyneke Affies se heelagter vd 1940 span my persoonlik vertel. Maar mnr Otto, Ventersdorp se hoof het gesê hy wen nie ‘n beker so nie! Ek het self gelees in 1940 Ventersdorp hoofjoernaal in mnr Otto se eie handskrif. Ek het dit nie in boek nie want ek wou nie oorwinnings v skole swartsmeer nie. Ek is self oud Waterkloof leeeling wat in 1991 matriek gemaak en in 1992 het Waterkloof Direkteurstrofee gewen met 19 jarige Hendrik Knoetze in span. Hy is al oorlede maar Spook soos ons hom genoem het was saam met ons in std 6 maar het std 7 gedop!!! Oom Eric Khan v Helpmekaar se 1975 span was ook herhaler. Dit het hy my persoonlik vertel … die onder 19 ding is ingeweef in ons skole rugby … ek dink in elke provinsie. ‘n Groter kommer vir my is die handeldryf in jong sporttalent. Die koop v ‘n superspan om ‘n beker te wen of om onoorwinne rekords te behaal … wat dink julle ouens?

    ReplyReply
    27 June, 2014 at 07:58
  18. avatar
    #14 Die Ken

    Manne, koop hierdie boek gerus. Ek het dit van voor tot agter gelees binne een dag en was vasgevang in die stories agter die storie. Baie goed. En dan was dit nog beter om ou kennisse en pelle soos Snoekie, Jouba, Wiggett, Tiet, Koekie en nog meer se verhale ook te lees. Hierdie is ware skolerugby.

    ReplyReply
    27 June, 2014 at 06:55
  19. avatar
    #13 Djou

    @Kobus: Baie interessant en insiggewend.
    Dit blyk dat die dinge waaroor die manne vandag stry reeds in die 1950’s strydpunte was.
    Die hofsaak oor die deelname van o.19-spelers, die wen-motief en speel vir bekers, toekenning van beurse en werwing, Affies wat sedert die 1950’s dreig om te onttrek of onttrek aan toernooie – alles bitter mooi saamgevat.
    En die manne in die Kaap kan gerus die boek aanskaf. Ek dink elke skool behoort een aan te skaf.

    ReplyReply
    26 June, 2014 at 20:14
  20. avatar
    #12 Ploegskaar

    @BoishaaiPa: :mrgreen:

    ReplyReply
    26 June, 2014 at 13:54
  21. avatar
    #11 BoishaaiPa

    @Ploegskaar: Hier in die Kaap is Oom Paul Dobson eerder die man!…Hy sal sal alles kan onthou want hy was daar!..

    ReplyReply
    26 June, 2014 at 13:52
  22. avatar
    #10 Ploegskaar

    @BoishaaiPa: Ek sien ‘n gaping hier vir ‘n Kaapse ekwivalent, en met jou kennis is jy sommer genomineer. Sien al daardie titel: Van die Drommedaris tot Brugstraat, 362 jaar van Tradisionele Superskole Rugby. Wat dink jy?

    ReplyReply
    26 June, 2014 at 13:14
  23. avatar
    #9 kosie

    @Kobus Bisschoff: Probeer School Communicator om die boek by skole te bemark. Ek is seker daar sal baie mense dit dan koop.

    ReplyReply
    26 June, 2014 at 13:04
  24. avatar
    #8 BoishaaiPa

    @Rugbyman: Hoe se julle manne dan altyd?..Net omdat dit oud is maak dit nie noodwendig goed nie of so iets?..Nou wat is dan nou skielik goed met tradisies? :mrgreen: …Ek sal die boek kry omdat ek belangstel in SBR..of dit nou om n beker gespeel word of nie…Horses for Courses!

    ReplyReply
    26 June, 2014 at 12:36
  25. avatar
    #7 Kobus Bisschoff

    Hallo baie dankie vir die komplimente en ondersteuning! Eerstens is ek nie ‘n voltydse skrywer nie en het dit na-ure gedoen so dit het my volle 9 jaar geneem (vanaf begin tot Beeld dit vrygestel het)!!!! Ek het in 2003 begin en mens raak so verstrengel om die detail van lank gelede te kry dat jy agterkom jy moet afsny op ‘n spesifieke jaar en toe ek my oë uitvee het baie jare verby gegaan en dan wil mens net klaar kry – die dat ek maar besluit het op 2000. Oor vanaf 2001, wel sal maar moet bymekaar moet skep vir die “exercise”!!! Ek glo jy sal als elektroniese kan kry op Beeld website archives en baie maklik ouens in die hande kry om ander staaltjies te verskaf. Dalk kan mens ene uitbring met 2020 se Eeufeesviering vd kompetisie. Ander ding is ook dat daar nog heelwat boeke oor is. Beeld het 1000 laat druk en ons het maar 400 al verkoop. Ek kannie sien dat hulle sommer weer so spul boeke sal druk as die oorblywendes nie verkoop nie. Ek is Beeld baie dank verskuldig want hulle het “druk” projek aangepak en dit het my nie ‘n sent gekos nie. So vir hulle om weer so iets te doen moet die boek verkoop. Groot asseblief, as julle weet van mense wat belangstel verwys hulle …

    ReplyReply
    26 June, 2014 at 12:35
  26. avatar
    #6 BoishaaiPa

    @Rugbyman: Hoe se julle manne dan altyd?..Net omdat dit oud is maak dit nie noodwendig goed nie of so iets?..Nou wat is dan nou skielik goed met tradisies? :mrgreen: …Ek sal die boek kry omdat ek belangstel in SBR..of dit nou om n beker gespeel word of nie…Horse for Courses!

    ReplyReply
    26 June, 2014 at 12:31
  27. avatar
    #5 Ooorkant Loftus

    @ Kobus.
    Ek het jou boek dadelik gekoop so paar jaar gelede toe dit beskikbaar geraak het.
    Dit was nou rerig n baie goeie opsomming van ons Skole rugby .
    Dit baie geniet.
    Wanneer die opvolg vir die jare na 2000 ??
    Ons kan nie wag…lol

    ReplyReply
    26 June, 2014 at 12:20
  28. avatar
    #4 Rugbyman

    @BoishaaiPa: Dan kan jy aan werklike tradisie van beker rugby voorgestel word!!! :twisted: :twisted: :twisted:

    ReplyReply
    26 June, 2014 at 12:18
  29. avatar
    #3 BoishaaiPa

    Gaan vir my ook n kopie kry. Mag ek vra hoekom dit net tot 2000 gaan?

    ReplyReply
    26 June, 2014 at 12:13
  30. avatar
    #2 Rugbyman

    @Kobus Bisschoff: Pel van my het reeds die boek gelees en dit baie geniet! sal hom aanskaf

    ReplyReply
    26 June, 2014 at 12:06
  31. avatar
    #1 Kobus Bisschoff

    Baie dankie vir die plasing @Beet …

    ReplyReply
    26 June, 2014 at 12:01

Leave a Reply