School Rugby fixtures & results – week ending 19 August 2023

School Rugby fixtures & results – week ending 19 August 2023

DATE SCHOOL SCHOOL INFO
Sat.19Aug Welkom Gim 66 05 Jim Fouche Kovsie Semi-Final
Sat.19Aug Upington 53 19 Fichardtpark Kovsie Semi-Final
Sat.19Aug Garsfontein 29 20 Helpmekaar NV Cup Semi-Final
Sat.19Aug EG Jansen 25 05 Waterkloof NV Cup Semi-Final
Sat.19Aug Rustenburg 24 03 Middelburg NV Plate Semi-Final
Sat.19Aug Transvalia 39 14 Kempton Park NV Plate Semi-Final
Sat.19Aug Secunda 50 17 Ligbron NV Shield Semi-Final
Sat.19Aug Oos-Moot 25 05 Heidelberg VS NV Shield Semi-Final
Sat.19Aug Die Anker 49 03 Merensky NV Bowl Semi-Final
Sat.19Aug Wesvalia 36 20 Eldoraigne NV Bowl Semi-Final
Sat.19Aug Grey College 28 20 Paul Roos
Sat.19Aug SACS 25 27 Bishops
Sat.19Aug Wynberg 20 21 Rondebosch
Sat.19Aug Oakdale 11 17 Boland Landbou
Sat.19Aug Strand X X Durbanville
Sat.19Aug Stellenberg X X Tygerberg RFC
Sat.19Aug Queen’s 66 07 Dale
Sat.19Aug Cambridge 12 43 Hudson Park
Sat.19Aug Daniel Pienaar 05 42 Marlow
Sat.19Aug Pearson 20 00 Brandwag (Uitenhage)
Sat.19Aug Nico Malan 21 17 Framesby

122 Comments

  1. avatar
    #122 Kaya 85

    @Deon: welcome x 3. Just yesterday visited PRG.

    ReplyReply
    23 August, 2023 at 21:41
  2. avatar
    #121 Deon

    @OUD ANKER: Dankie OA, goed om te hoor. Nogal baie aan jou gedink laas week toe ek die eerste keer in 30 plus jaar met my neef,seker 40 jaar, ;n oud Grey, selfde van as ek, kommunikeer. Beide sy seuns was op De Anker, studeer nou, en hyself het skool gegee op Nigel Primêr en ‘n plek genaamd Birnel College. Een seun is op Tuks en werk deeltyds by , of het by ‘n plek genaamd Tyla-Rae gewerk. Ek hoop ek het die name reg gehoor en onthou. Vreemd om te dink ek was nou die dag daar en het nie geweet hulle woon daar nie. Next time as ek Dalpark en Dalview se parkies besoek sal ek daar ook gaan hallo sê.

    ReplyReply
    23 August, 2023 at 18:23
  3. avatar
    #120 Rainier

    @skelmbos: Daar is ‘n paar Jbay kinders Outeniqua toe. In die 1ste span was die 7 flank van Verkenner af die jaar – nie seker van die ander seuns nie.

    Dis vreemd want daar is baie sterk laerskole in SWD.

    ReplyReply
    23 August, 2023 at 08:52
  4. avatar
    #119 OUD ANKER

    @Deon: Welkom terug Deon! 2 bloggers dus.

    ReplyReply
    23 August, 2023 at 08:48
  5. avatar
    #118 skelmbos

    @Rainier: Nico Malan het ‘n goeie jaar gehad. Pearson ook. Ek het ‘n gerug gehoor Kwaggas koop Uitenhage leeg (die hemel alleen weet hoe Daniël Pienaar daardie kookwater flank en OP kaptein van hulle behou het) en ek sien op die interwebs 2 spelers wat by Susannah Fourie op Despatch op laerskool was, draf nou vir EG Jansen uit! Ek vermoed Tiaan is familie van Nicky Dorfling wat in 70s saam met my pa en sy broers vir Despatch 1ste span gespeel het? Die LO juffrou by Hoërskool Despatch destyds was ook ‘n Dorfling en het vir OP netbal gespeel as ek reg onthou. ‘n Familie met baie sport-talent en ball-sense.

    ReplyReply
    22 August, 2023 at 19:43
  6. avatar
    #117 skelmbos

    @Ploegskaar: Die geduld en volgehoue konsentrasie van daardie poging was baie indrukwekkend. Daardie voorspelers het seker gereeld koppestamp-sessies… Oakdale het geweet wat aan die gebeur was, maar kon dit nie stop nie. Miskien oor al die lyfhoue wat hulle deur die loop van die wedstryd moes vat, voor die uitklophou-poging. Daar is baie professionele spelers wat kan leer uit die voorbeeld – ook ‘n baie goeie lae-risiko manier om ‘n skraal voorsprong te verdedig met min tyd in die wedstryd oor… effektief beslis, maar ek weet darem nie van die Louvre nie? Miskien ‘n video-installasie by die Windmeul kunsmuseum. Soos die gesegde sê: beauty is in the eye of the beholder.

    ReplyReply
    22 August, 2023 at 19:28
  7. avatar
    #116 Deon

    @Kantman: Baie dankie. Ek waardeer dit. Ek vermoed jy is die enigste blogger wat so voel, nie dat dit pla nie. Met die doel om die gemoed meer stemmig te hou op die blog vermy ek besoeke hier, behalwe soos nou, om eerstens Grey geluk te wens want ek dink werklik dit is fantasties wat hul vermag het, en dan PRG ook geluk te wens en te herinner, gebaseer op uitslae, rugby en andersins, lugdruk en al, die totale prentjie, akademie ingesluit, daar kan net een nommer een skool wees vir ‘n seun, duidelik PRG, dan kom Affies ‘n nabye tweede, Grey en waarskynlik dan die Paarliete. Paarliete kan dalk voor GCB ook wees. “Who cares” oor die res van die podium?

    ReplyReply
    22 August, 2023 at 18:51
  8. avatar
    #115 Smallies

    @Ploegskaar: ek dink daar is n paar kanidate vir daai toekenning….

    ReplyReply
    22 August, 2023 at 18:27
  9. avatar
    #114 Ploegskaar

    @skelmbos: Alles wat jy sê is waar, maar die skolerugby drie van die jaar is toevallig ook Saterdag, maar in Riversdal gedruk. Opbou het 4 minute en 28 fases geneem, frame it and hang it in the Louvre

    ReplyReply
    22 August, 2023 at 18:19
  10. avatar
    #113 Smallies

    @skelmbos: Al fout wat ek met daai move kan sien is dat die Scrummie die bal effens laag gepass het🤣🤣🤣.

    ReplyReply
    22 August, 2023 at 17:57
  11. avatar
    #112 skelmbos

    @Smallies: Is dit jy in die ligblou hemp onder die pet!? Wat ‘n goeie spot – 2 drieë binne spoegafstand…

    Dit is inteendeel ‘n heel onskuldige vraag (as ek oortuig was dit is nie ‘n drie nie sou ek so gesê het en hoekom nie, soos bv. die strafdrie wat die Kwaggas teen Grey in die doodsnikke van daardie wedstryd moes gekry het), maar die Grey drie was wel die oorsprong van my vraag (al het ek doelbewus nie onder daardie garing (thread) gaan torring nie. Maar well-spotted!

    In die proses van cleaning is dit te verwagte dat die speler wat getackle is vorentoe gaan skuif, veral as daar ‘n speler van die ander span reeds op hom/ die bal is. Ek reken selfs al was die bal oor die doellyn voor Scholtz dit opgetel het, moes dit nogsteeds ‘n wetlike drie wees? Scholtz sou inteendeel dan slegs die bal waar hy gelê het, moes druk. Indien Botha egter die drie wou “claim”, sou hy gestraf geword het omdat hy nie die bal onmiddelik geplaas het nie en/of die balnop die grond gespeel het na hy getackle is. (Party skeidsregters se definisie van onmiddelik verskil natuurlik van ander sin).

    As die skeidsregter egter ‘n rede wou kry om daardie drie nie toe te ken nie, kon dit vir “sealing off the ball” gewees het. Dit sou egter erg pedanties en verkeerd gewees het, want dit het nie met die spel ingemeng nie, aangesien daar geen PRG speler was om die turnover te probeer wen nie – wat is ‘n cleaner veronderstel om dan te doen?

    Hierdie drie is vir my ‘n aanspraakmaker vir skolerugby drie van die jaar. My redes hoervoor is dat dit ‘n ingeoefende oefenveld beweging was wat perfek uitgevoer is – ‘n onstuitbare afrigters-drie (ek dink iemand moet dit vir die Bokke stuur…).

    6 man lynstaan, so teenstanders maak gereed vir ‘n maul en dit is gewoonlik jou fetcher (oopkant flank) wat dan in die agterlyn tussen of net agter losskakel en binnesenter gaan staan.

    Die skrumskakel kom rip egter onmiddelik die bal en breek om sy voorspelers agter in die lynstaan. 3 goed hier:
    1. sodra hy die bal gerip het, is die lynstaan verby en kan die senter in die 10m in weerskante van die lynstaan in kom
    2. niemand in die PRG span kan sien wat aan die gebeur is voordat hy nie van agter sy eie spelers verskyn het nie
    3 die PRG spelers agter in die lynstaan wat gewoonlik dan i.p.v. die gewone oopkant flank druk op die losskakel sou plaas of die binne-breek dek, word sodoende deur die skrumskakel uit die spel uit gehaal.

    Die tydsberekening en hoek vd senter se aanloop en die tydsberekening van die skrumskakel se aangee was perfek. Mens kan dit ongelukkig nie in die video sien nie, maar ek raai diie agterlyn het soos gewoonlik opgestel of moontlik bietjie dieper om vir die senter genoeg tyd te gee om die bal op vol vaart te kry.

    Sodra hy dan verby die verdedigende losvoorspelers, skrumskakel en losskakel is, moet hy net die vleuel trek en vir een van sy ondersteunende losvoorspelers aangee/ offload.

    Die PRG nr 6 het egter briljant gedoen om so gou van tussen sy losskakel en binnesenter te kom dekverdedig. Sy tackle was om die skouer en nie oor dit nie (nie ‘n seatbelt tackle nie).

    Die feit dat Grey se linkervleuel eerste by die afbreekpunt was, is verder bewys dat dit wel ‘n ingeoefende beweging moes wees – hy moes al min of meer dieselfde tyd as die binnesenter met sy aanloop voor om die lynstaan begin het…

    Die PRG nr 6 is egter terug op sy voete en tackle hom ook.

    Maar terwyl die PRG voorspelers terugskarrel korste pad na die onkantlyn, pyl die Grey voorspelers reguit na die afbreekpunt, want dit is by hulle ingedril dat die drie langs die hoekvlag gedruk gaan word…

    A thing of beauty!

    Mens hoef maar net na die twee spanne se onderskeie uitslae teen Monnas en Paarl Gim te kyk, om te besef hoe gelukkig PRG was dat hulle nie teen ‘n volsterkte Gray hoef te gespeel het nie. (Dit gesê, bevraagteken ek die besluit om die volsterkte span in die beeldsending op die skerm te sit en nie die span wat op die veld gedraf het nie.)

    Grey was beslis die beste 1ste span vanjaar (al moes hulle eintlik teem die Kwaggas verloor het, maar dan is die vraag natuurlik of hulle wedstryd-skedule hulle nie juis op daardie betrokke dag ingehaal het nie).

    Terloops, ek reken die reëls moet verander wanneer daar tog ‘n drie gedruk word nadat ‘n onwettige tackle ‘n drie gekeer het: nogsteeds ‘n automatiese 2 punte ekstra sonder verdoelskop en nogsteeds ‘n geelkaart vir die oortreder.

    ReplyReply
    22 August, 2023 at 17:37
  12. avatar
    #111 Djou

    @NieZandbergNie: Jy is nie so gereeld op die blog nie, so jy het dit gemis.
    Ons ken vir Rainier en weet hy was in Grey. Laaaaaaaaaank terug, voor jy nog begin blog het hier, het hy nog ‘n Grey truitjie gehad, maar dros toe JBay toe waar hy hul laerskoolspan afgerig het en bevriend geraak het met die hoërskole se coaches.

    ReplyReply
    22 August, 2023 at 15:53
  13. avatar
    #110 NieZandbergNie

    @Rainier: moenie jouself vlei nie, dit was toevallig om dieselfde post of FB as SBR te sien, en toe te sien dat jy ‘n Grey old boy is.

    Geen probleem met jou opinies nie, dit is wat dit is, ongeag of dit regverdig of akkuraat is.

    ReplyReply
    22 August, 2023 at 14:21
  14. avatar
    #109 Rainier

    @Smallies: Dis nie die eerste keer op SBR nie.

    ReplyReply
    22 August, 2023 at 13:59
  15. avatar
    #108 Smallies

    @Rainier: lyk my jy het n cyberstalker….

    ReplyReply
    22 August, 2023 at 13:53
  16. avatar
    #107 Rainier

    @NieZandbergNie: Almal weet wie ek is, ek kruip nie agter ‘n skuilnaam weg nie.

    Jy het aannames gemaak oor hoekom ek Pieter so hoog aanslaan, en dit is alles verkeerd. Ek het daarna die redes genoem hoekom ek hom hoog aanslaan – jy hoef nie saam te stem nie.

    Dis egter bietjie scary dat jy hierdie obsessie met my ontwikkel het. Ek hoop nie dit raak ongemaklik nie.

    ReplyReply
    22 August, 2023 at 13:50
  17. avatar
    #106 Smallies

    @OomPB: dis baie nice van hulle om dit te doen ,n bietjie deernis gaan n baie lang pad,vir my is Affies en PRG baie spesiale interskole games.Ek doen altyd moeite om te gaan kyk as hulle in Bloem speel.

    ReplyReply
    22 August, 2023 at 13:47
  18. avatar
    #105 OomPB

    @Smallies: Ek verstaan Grey se u19G losskakel het n PRG drie verdoel. Ook mooi om te sien dat PRG n spesiale boodskap gestuur het vir Armand Fourie se familie na sy afsterwe. Dis wat die twee skole so spesiaal maak. Nie die ref nie maar die sportmangees wat tussen mekaar gedeel word.

    ReplyReply
    22 August, 2023 at 13:38
  19. avatar
    #104 NieZandbergNie

    @Rainier: Ek dink die gesegde is “jou onderrok hang uit”.

    Iemand met dieselfde naam as jy op Facebook, het presies dieselfde post oor Nico Malan geplaas.

    En die Facebook persoon wys en erken self dat hy in Grey College was van Jan 1982 – Dec 85.

    So dalk is een van my aannames tog reg?

    Die wanvoorstelling verander geensins aan die feit dat Grey goeie spelers het nie, en so ook dat Pieter vd Merwe moer goed is en volgende jaar hopelik weer gaan goed doen nie.

    Die wanvoorstelling en opeenvolgende ontkenning verander wel aan die objektiwiteit en akkuraatheid van jou opinie(s), en laat twyfel oor die motiewe.

    En ek stem saam met @snelvuur en voeg by, almal het opinies en waarvan party meer eerlik en objektief is as ander, en dinge werk uit soos dit moet. ‘n Mens leer ook hierdie les oor tyd, so dit hier gelaat vir nou.

    Ek hou duim vas vir ‘n sterk einde van die seisoen vir Garsfontein.

    ReplyReply
    22 August, 2023 at 12:49
  20. avatar
    #103 Smallies

    @PRondersteuner: my maat PRG ,Grey is vir my elke jaar n hoogtepunt…miskien nie die GROOTSTE INTERSKOLE IN DIE WERELD nie maar beslis een van die bestes

    ReplyReply
    22 August, 2023 at 09:58
  21. avatar
    #102 PRondersteuner

    @Smallies: Ek het Sondag met een van die PRG 1ste span seuns gepraat. Een of 2 het die drie bevraagteken, maar die ander het gesê die drie was reg.

    Daardie twee drieë kort na mekaar het PRG geknou. Hulle het baie goed teruggekom, maar Grey was net te goed op die dag. Well done!!

    ReplyReply
    22 August, 2023 at 08:34
  22. avatar
    #101 PRondersteuner

    @OomPB: PRG se hokkie was nog altyd baie, baie goed. Ek kannie onthou dat die 1ste span ooit buite die top 5 in SA was nie. Die fight back van Vrydagaand was briljant en ek dink die seuns het dit spesiaal vir die coach gedoen. Ashlin Freddie gaan ‘n baie groot leemte laat by PRG. Net soos Neville Rothman ook ‘n groot verlies was.

    ReplyReply
    22 August, 2023 at 08:11
  23. avatar
    #100 Smallies

    @tzavosky: https://youtu.be/CIjuBPy6hSo
    Die derde drie van Grey is waarna skelmbos so skelmpies verwys …..totaal niks verkeerd met dit nie

    ReplyReply
    22 August, 2023 at 05:56
  24. avatar
    #99 tzavosky

    @skelmbos: The tackle law (Law 14) is quite clear on this. i) It describes when a tackle is completed ii) it describes what the tackler(s) should do, with “immediate” the key word – release the tackled player, and roll away iii) it stipulates what the tackled player should do, again with emphasis on “immediate” – release, pass, push or place the ball.

    The scenario you described does not conform with “immediate” for any the above, thus “holding on” and a penalty.

    ReplyReply
    21 August, 2023 at 22:18
  25. avatar
    #98 OomPB

    @Snelvuur: sedert daai kaal nailer WP uit die CC geduik het loop dinge skeef in Bloemfontein.

    ReplyReply
    21 August, 2023 at 20:35
  26. avatar
    #97 Smallies

    @OUD ANKER: ek het so gedink ,dis waarom ek die regte prentjie probeer skets het ,hy noem nie name nie en probeer dit fyn wegsteek maar almal wat die game gekyk het weet presies waarvan hy praat ,dis Grey se 3de drie net voor halftyd ….

    ReplyReply
    21 August, 2023 at 19:36
  27. avatar
    #96 OUD ANKER

    @Smallies: Ek het glad nie die wedstryd en dus die insident gesien nie. Ek het gedink @Skelmbos skets ‘n fiktiewe situasie, so my verdict was dus 100% op grond van @Skelmbos se “uittreksel” van die insident. Ek het dus nie volle prentjie gehad nie.

    ReplyReply
    21 August, 2023 at 19:27
  28. avatar
    #95 Smallies

    @OUD ANKER: actually het Botha die bal geplaas ,die cleaners het geclean en Scholtz het die bal agter die doelyn opgetel en in die hoekie oor gegaan ,net so 3 tree van my af ,mens kan dit nie mooi op die tv sien nie ,op daardie staduim het Grey ook met n penalty advantage gespeel vir n hoogvat op Botha wat waarskynlik n strafdrie sou wees….

    ReplyReply
    21 August, 2023 at 19:14
  29. avatar
    #94 OUD ANKER

    @skelmbos: No try, double movement, therefore penalty to defending team.

    ReplyReply
    21 August, 2023 at 19:05
  30. avatar
    #93 skelmbos

    A question for the aficionados:
    Is it a try if a player gets tackled well short of the try-line, with his back to the try-line and makes no attempt to place the ball over the try-line, but in the ensuing ruck his cleaners drag him and the ball that he is still holding on to, over the try-line?

    ReplyReply
    21 August, 2023 at 18:30
  31. avatar
    #92 Kantman

    @Deon: Welkom terug

    ReplyReply
    21 August, 2023 at 17:45
  32. avatar
    #91 Snelvuur

    @Smallies: not opening that whole can of worms again 😂. In short, the reason throwing the ball into touch is penalisable is because it is cynical and stops the other side from playing. In that case, Grey had already knocked the ball (which is how PRG got the ball in the first place and they had advantage). In other words, Grey could not play.

    In any event, as I recall, there was an official statement by SA Rugby/the refereeing union in the aftermath stating that the call was wrong.

    Which, of course, is fine – I’m a big proponent of not expecting unreasonably high standards from referees which we would never expect from ourselves – but the issue gets more complicated when you couple (a probably bone fide) mistake with factors which may create the reasonable apprehension of bias.

    I’m not saying it’s fair to criticise the ref – on the contrary, I think it is really unfair to place anyone in that position.

    ReplyReply
    21 August, 2023 at 16:48
  33. avatar
    #90 Veg

    @Snelvuur: I hear you and in a ideal world that should always be the case.Sub concious bias will always be there or in some cases the ref because of his attachment to the school sub consciously blows against their alma mater so as not to appear bias.
    I am merely pointing out that in my opinion and I hope I am totally wrong in this
    You aren’t easily going to find that many competent refs in Bloem.
    The key word being competent.

    ReplyReply
    21 August, 2023 at 16:17
  34. avatar
    #89 Smallies

    @Snelvuur: nothing controversial about that call….you are not allowed to throw the ball in to toutch ….

    ReplyReply
    21 August, 2023 at 16:14
  35. avatar
    #88 Deon

    Vandag deur die uitslae geloer, alhoewel ek die skaakuitslae intyds ontvang het. Wonderlik Grey, met 8 eerstekeuse spelers nie beskikbaar nie. Net Grey kan dit vermag. Die uitslag van die interskole in geheel het my baie, baie breed laat glimlag, om nie van die skaak te praat nie. Net Paul Roos kan Grey so oorrompel, boonop in Bloem. Soos Smallies die nasionale papgooier kampioen tereg genoem het, die Bokke moet die All Blacks op hoogte speel…..Staande ovasie aan beide skole.

    ReplyReply
    21 August, 2023 at 15:45
  36. avatar
    #87 Snelvuur

    @Veg: The problem is not merely whether decisions are wrong. E.g., the test for when a judge must recuse himself in a legal matter is not that he IS biased, but that there is the reasonable apprehension of bias. In other words, are there grounds to suspect that the judge may be biased?

    This is all good and well until there is a controversial call (like in 2016) – it is impossible to tell whether your ties to the school (subconsciously or consciously) impacts upon your decision in that moment. It is also not fair to the refs, to be honest! I would never, ever want to ref a game that PRG plays in: I would either be subconsciously biased or be so aware of my potential bias that I’m partial the other way.

    ReplyReply
    21 August, 2023 at 15:35
  37. avatar
    #86 OomPB

    @PRondersteuner: Ek sien die hokkie het ook goed gevaar. Slegs die u16A het verloor teen Grey. PRG het 17 hokkiespanne (sekerlik die meeste in SA) wat teen Grey en St Andrews gespeel het. Dit was n gepaste afskeid vir Ashlin Freddie wat hom gaan aansluit by Neville Rothman om Ierland se mans span af te rig.

    ReplyReply
    21 August, 2023 at 12:09
  38. avatar
    #85 PRondersteuner

    @Snelvuur: 2018 het PRG 0 uit 27 gewen in Bloemfontein. 2019 het PRG 2 uit 27 gewen in Stellenbosch. 2022 weet ons was die “Slagting langs die Eersterivier”. Definitief ‘n groot verbetering vandat Corné Uys oorgevat het. Soos ek al voorheen genoem het, doen hy baie moeite met die ander afrigters ook. Selfs d to g spanne kry aandag.

    ReplyReply
    21 August, 2023 at 10:26
  39. avatar
    #84 Rainier

    My kop raas. Die NM coach is Jaco Nepgen, nie Dames nie.

    ReplyReply
    21 August, 2023 at 08:32
  40. avatar
    #83 Rainier

    Ek wil graag die seuns en afrigters van Nico Malan geluk wens met ‘n onverwagte wen oor Framesby. Net ‘n bietjie agtergrond oor die seisoen. NM se seuns kom oorwegend uit Jbay en Stulting uit, asook skole soos Pelsrus en ander laerskole in die Kouga area.

    Vir welke redes ook al het 8 Jbay en Stulting seuns die jaar by ander skole 1ste span gespeel, asook 1 van Graslaagte. 5 het Cravenweek gespeel en 1 het SA Skole A gespeel. So ‘n uitvloei van talent is baie moeilik vir kleiner skole soos NM. Tog het die span deur die jaar beter en beter gespeel, close games verloor teen Pearson en Marlow maar afgesluit met 5 wenne, wat wenne teenoor ‘n baie sterk Kingswood en tradisionele opponente Framesby ingesluit het – die laaste een sonder hulle SA Skole speler.

    Ek dink Jaco Dames, Tiaan Dorfling en die seuns kan trots wees op hulle jaar.

    ReplyReply
    21 August, 2023 at 08:12
  41. avatar
    #82 4×4

    Lekker ruggas gekyk op Berepark Saterdag. Well done Garsies was ‘n mooi wen, net jammer die ref het ook ‘n goeie game gemis. het glad nie konsekwent geblaas nie, maar as jou span nog steeds in sulke omstandighede wen, se dit baie van karakter.

    Dit gese, ek verstaan dat daar so bietjie kwaai buurmanskap is tussen Garsies en Menlo. Wonder(nee nie jy nie, die ander een) hoeveel waarheid daaragter steek?

    ReplyReply
    21 August, 2023 at 07:28
  42. avatar
    #81 Kantman

    @Veg: Well said

    ReplyReply
    21 August, 2023 at 05:33
  43. avatar
    #80 Veg

    @Snelvuur: There were 26 games played at Grey and let’s take another 5 or so spare refs in case there is a injury.If you take that just my Old School had 4 sides playing playing in Bloem amongst a host if other fixtures there aren’t the refs available.
    For Grey to find 31 competent refs out there with no attachment to the rugby mecca of Bloem isn’t going to happen.
    Now I don’t know if Grey encourages some of their guys to take up reffing but well done to them if they have as I am sure they have had to make a plan to have enough refs.
    The most important thing is that you said you didn’t have a issue with their reffing.

    ReplyReply
    20 August, 2023 at 21:04
  44. avatar
    #79 Veg

    @Smallies: That’s because Pieter comes from a good spot.

    ReplyReply
    20 August, 2023 at 20:50
  45. avatar
    #78 Smallies

    @Rainier: ja nee gelukkig nie…

    ReplyReply
    20 August, 2023 at 09:06
  46. avatar
    #77 Rainier

    @Smallies: Ons hoef gelukkig nie almal saam te stem nie. :wink:

    ReplyReply
    20 August, 2023 at 08:52
  47. avatar
    #76 Smallies

    @Rainier: hy was gister WEER die backline speler van die dag…

    ReplyReply
    20 August, 2023 at 08:30
  48. avatar
    #75 Rainier

    @NieZandbergNie: Jou aannames is almal verkeerd.

    Ek sien ‘n fantastiese speler war eers op /16 vlak begin senter speel het, die beste 12 in SA skole rugby was die jaar volgens my, as /17 kontak gedomineer het teen ouer seuns en vokgende jaar nog beter gaan wees.

    So kom ons praat maar na volgende jaar.

    ReplyReply
    20 August, 2023 at 08:24
  49. avatar
    #74 Grasshopper

    @Snelvuur: would indicate PRG has more depth as most of their wins are from C team down. This is good, meaning if injuries occur they have good replacements. In Bloem too which is incredible. Well done PRG!

    ReplyReply
    20 August, 2023 at 08:24
  50. avatar
    #73 Smallies

    @NieZandbergNie: n mens word bitter min wys uit sulke Barbarian tipe games ….ek dink eerder mens moet kyk na n seisoen se prestasie ,en dan staan Ian VD Merwe en Pieter VD Mewe kop en skouers uit bokant die res….

    ReplyReply
    20 August, 2023 at 08:11
  51. avatar
    #72 Smallies

    @Grizzly: die Oosrander in my se EG all the way….die realis in my se egter Garsfontein met n klein margin…

    ReplyReply
    20 August, 2023 at 07:51
  52. avatar
    #71 NieZandbergNie

    @Rainier: Ai Rainier… Grey het Affies in totaal oorheers daardie dag, insluitende die 12 kanaal.

    Dieselfde het nie gebeur op CW of SA skole vs SA Akademie toe daar ewe skielik minder tyd en spasie was nie. Net so ook met no 9 en 10 wat vrek goed gelyk het by Grey maar redelik gewoon gelyk het op die hoër vlak.

    Dit lyk asof jou opinie baie meer kom as ‘n old Grey en familie lid / laerskool hoof of onderwyser van die seuns en nie feitlik of data gedrewe is nie. Ook, gaan kyk maar na die workrate van ander agterspelers, en neem dit in ag.

    Dit gaan inderdaad lekker wees om volgende jaar te sien.

    ReplyReply
    20 August, 2023 at 06:43
  53. avatar
    #70 Maroon machine supporter

    @OomPB: Stem. Nie baie skole wat Bloem toe gaan en meer wen as verloor op daardie klip harde velde nie. En die velde het vanjaar droër en harder as gewoonlik gelyk…

    ReplyReply
    19 August, 2023 at 22:50
  54. avatar
    #69 Grizzly

    @Smallies: Nog nie stil nie.Soek jou komentaar oor die final,jys n Transvaler in murg en been en ek weet die admin/dir/Beeld was/is groot vir jou.

    Jy gaan nerens heen volgende jaar nie,hierdie blog klaar in jou DNA🤣🤣

    ReplyReply
    19 August, 2023 at 21:22
  55. avatar
    #68 Smallies

    @KES Oldboy: PRG is doing something right

    ReplyReply
    19 August, 2023 at 20:43
  56. avatar
    #67 Smallies

    @Kantman: lion is my gif….koop 20l op n slag draught..

    ReplyReply
    19 August, 2023 at 20:43
  57. avatar
    #66 KES Oldboy

    @Snelvuur: Those are very good results for PRG Vs Grey. Prior to Covid, PRG battled to win any games in Bloem & even in the Cape Grey would win more than they lost. So something has changed…. And I think it’s more a case of PRG getting better than GCB getting worse.

    ReplyReply
    19 August, 2023 at 20:32
  58. avatar
    #65 Kantman

    @Smallies: Maak soos Ploeg en gooi ‘n rooi

    ReplyReply
    19 August, 2023 at 19:58
  59. avatar
    #64 OomPB

    @Snelvuur: niks om weg te vat van Grey nie, maar ek wonder of PRG se alle spanne al ooit so goed gevaar het in Bloemfontein. Defnitief n groot pluimpie vir wat Corne Uys al bereik het by PRG rugby.

    ReplyReply
    19 August, 2023 at 19:30
  60. avatar
    #63 Rainier

    @Smallies: Yip, ewe goed op 7 en 8.

    ReplyReply
    19 August, 2023 at 19:27
  61. avatar
    #62 Rainier

    @Snelvuur: Vra ek al die hele jaar, hy het absoluut die 12 kanaal teen Affies gedomineer en speel nog die hele jaar kookwater rugby.

    Volgende jaar is hy op 12 en Ethan Adams op 13 vir Grey. Hulle gaan wild wees, gaan loer maar na die GK games van verlede jaar.

    ReplyReply
    19 August, 2023 at 19:27
  62. avatar
    #61 Smallies

    @Rainier: daai jong man was die heel jaar n yster gewees

    ReplyReply
    19 August, 2023 at 19:24
  63. avatar
    #60 Rainier

    @Smallies: Nee, sy pa is Charl Scholtz, 1986 matriek.

    ReplyReply
    19 August, 2023 at 19:23
  64. avatar
    #59 Smallies

    Nou ja manne ,ek vermoed dat dinge gaan stil raak oor die volgende paar weke ,almal van julle ons het soms mekaar lekker geskel en lekker kak vertel ,maar dit is altyd vir my n moerse lekker tyd hier…..ek weet nog nie of ek volgende jaar hier gesig gaan wys nie,ek sal nog sien ….maar dit was n lekker jaar gewees….

    ReplyReply
    19 August, 2023 at 19:22
  65. avatar
    #58 AbsolutMenlo

    @Ploegskaar: Geniet dit Ploeg!! welverdiend.

    Geluk ook aan Grey AbsolutNo1

    ReplyReply
    19 August, 2023 at 19:13
  66. avatar
    #57 Kantman

    @Ploegskaar: Soms kry mens daai dag wat jy kan regtig geniet – geniet hom!

    ReplyReply
    19 August, 2023 at 19:01
  67. avatar
    #56 Kantman

    @Snelvuur: Ope spanne het pak gekry, ander ouderdomme is nie sleg vir weg speel nie. Party ondersteuners weet nie van toer nie …

    ReplyReply
    19 August, 2023 at 19:00
  68. avatar
    #55 Ploegskaar

    @Kantman: Baie dankie. Was maar ‘n taai affêre met Boland wat baie ongehoorde foute veral op ons sterkpunte gemaak het. Composure met daai laaste 5min was uitstekend, moes seker 20-25 fases wees. Reeds terug waar die Eike blaar, rit terug was salig, so vuur brand en rooi gly af. ‘n Goeie seisoen verseker, beste sedert 2007 🍷

    ReplyReply
    19 August, 2023 at 18:44
  69. avatar
    #54 Djou

    @Snelvuur: Shame!

    ReplyReply
    19 August, 2023 at 18:38
  70. avatar
    #53 Snelvuur

    Volle stel PRG Grey uitslae:

    PRG vs Grey

    19A 20-28 Grey 19A
    19B 7-24 Grey 19B
    19C 12-21 Grey 19C
    19D 0-17 Grey 19D
    19E 21-36 Grey 19E
    19F 8-19 Grey 19F
    19G 43-0 Grey 19G
    19H 22-8 Grey 19H
    19I 50-10 Grey 19I
    19J 44-5 Grey 19J

    16A 26-34 Grey 16A
    16B 15-10 Grey 16B
    16C 12-21 Grey 16C
    16D 21-0 Grey 16D
    16E 12-10 Grey 16E
    16F 34-0 Grey 16F

    15A 30-13 Grey 15A
    15B 27-34 Grey 15B
    15C 39-26 Grey 15C
    15D 25-14 Grey 15D
    15E 35-14 Grey 15E
    15F 50-0 Grey 15F

    14A 15-26 Grey 14A
    14B 15-12 Grey 14B
    14C 14-5 Grey 14C
    14D 12-26 Grey 14D
    14E 40-5 Grey 14E

    Points for/against: 649/413

    Gespeel: 27
    Gewen: 16
    Gelykop: 0
    Verloor: 11
    Gemiddelde Telling: 24-15

    ReplyReply
    19 August, 2023 at 18:37
  71. avatar
    #52 Smallies

    @Palma: thats a masive win

    ReplyReply
    19 August, 2023 at 18:36
  72. avatar
    #51 Palma

    Queens 66-7 Dale. Must be a record.

    ReplyReply
    19 August, 2023 at 18:33
  73. avatar
    #50 Snelvuur

    Grey se span is regtig fantasties. PRG het hulle kanse gehad. Om in Bloem te wen moet jy elke liewe kans vat.

    ReplyReply
    19 August, 2023 at 15:44
  74. avatar
    #49 OomPB

    Geluk aan Grey. Kampioen span verseker. Hulle gaan volgende jaar weer sterk wees.

    ReplyReply
    19 August, 2023 at 15:42
  75. avatar
    #48 Smallies

    Hier is n vraag wat ek al lankal wil vra ….is Keegan Scholtz nie dalk Hendro Scholtz se seun nie,daardie van en tipe spel op flank kan nie toevallig wees nie…

    ReplyReply
    19 August, 2023 at 15:37
  76. avatar
    #47 Smallies

    Dankie PRG ,soos gewoonlik was dit kliphard,en soos gewoonlik het julle dit gebring….julle is n klomp ysters daar langs maties.

    ReplyReply
    19 August, 2023 at 15:34
  77. avatar
    #46 Kantman

    @Kantman: Hy en Badenhorst van PRG is my senterpaar vir SA Skole volgende jaar

    ReplyReply
    19 August, 2023 at 15:09
  78. avatar
    #45 OomPB

    Sal maar oorskakel na Grey A.

    ReplyReply
    19 August, 2023 at 15:06
  79. avatar
    #44 Smallies

    @Snelvuur: hy gaan volgende jaar n BEER wees

    ReplyReply
    19 August, 2023 at 14:56
  80. avatar
    #43 Smallies

    @Kantman: ons laaik daai veld so dankie

    ReplyReply
    19 August, 2023 at 14:56
  81. avatar
    #42 Kantman

    @OomPB: Los bietjie paar Rand agter vir Grey vir besproeing asb

    ReplyReply
    19 August, 2023 at 14:50
  82. avatar
    #41 Kantman

    Geluk Boland en @Ploegskaar, snatching that victory from the jaws of defeat. En eindig die seisoen baie goed!

    ReplyReply
    19 August, 2023 at 14:49
  83. avatar
    #40 Snelvuur

    Grey is net te goed op die grond. Geen idee hoe Pieter van der Merwe nie SA o18 speel nie. Gemaklik die beste 12 in Suid-Afrika die jaar.

    ReplyReply
    19 August, 2023 at 14:48
  84. avatar
    #39 OomPB

    Laaang middag vir Paul Roos. Laaaang trip huis toe.

    ReplyReply
    19 August, 2023 at 14:47
  85. avatar
    #38 Kantman

    @Smallies: Stowwerige affêre …

    ReplyReply
    19 August, 2023 at 14:36
  86. avatar
    #37 Herakles

    Oortuigende oorwinning van 66-5 vir Welkom Gimnasium teen Jim Fouche in die eerste van die Kovsie-beker se semi-finale.

    ReplyReply
    19 August, 2023 at 14:03
  87. avatar
    #36 Snelvuur

    @Smallies: soos ek sê: ek het geen klagtes oor enige van sy besluite nie. Ek wonder net hoekom dit so moeilik is om skeidsregters te kry wat nie in Grey was nie.

    Ek kan nie aan een ander skool dink wat so baie oudskoliere het wat hul rugbywedstryde blaas nie.

    ReplyReply
    19 August, 2023 at 13:56
  88. avatar
    #35 Smallies

    @Snelvuur: kom nou mnre sportmanskap asb soos dit by PRG manne hoort😇😇😇julle dra mos nie blou en wit streeptruie nie🙈🙈🙈

    ReplyReply
    19 August, 2023 at 13:48
  89. avatar
    #34 OomPB

    @Snelvuur: wel hy het net een oog

    ReplyReply
    19 August, 2023 at 12:40
  90. avatar
    #33 Snelvuur

    Ernstige vraag: is dit so moeilik om skeidsregters in die Vrystaat te kry wat nié in Grey was nie? Ek het nie regtig klagtes oor die skeidsregter in die tweedespanwedstryd nie, maar dit is wéér ‘n Grey Old Boy (toevallig die broer van die een wat in 2016 die eerstespanwedstryd geblaas het).

    Is daar regtig nie ander skeidsregters in die Vrystaat nie?

    ReplyReply
    19 August, 2023 at 12:33
  91. avatar
    #32 OomPB

    Die SS rukkerige uitsending is baie frusterend

    ReplyReply
    19 August, 2023 at 12:20
  92. avatar
    #31 Snelvuur

    @Smallies: baie sterk jaargroep. Hulle hokkiespan was ook onoorwonne laasjaar. Net 3 of 4 doele in die hele seisoen afgestaan.

    ReplyReply
    19 August, 2023 at 11:47
  93. avatar
    #30 Smallies

    @Snelvuur: Daai O 15 A spannetjie van PRG is sommer n lekker spannetjie….

    ReplyReply
    19 August, 2023 at 10:57
  94. avatar
    #29 Snelvuur

    Baie gelykop dag sover in Bloemfontein.

    o14A: Grey wen 26-15
    o15A: PRG wen 30-13 – onoorwonne seisoen vir hierdie span.

    Sokker:
    14A: PRG wen 2-0
    15A: Grey halftyd 2-0 voor

    Hokkie:
    14A: PRG wen 4-0
    16A: Grey wen 2-0
    19A: PRG wen 2-1

    ReplyReply
    19 August, 2023 at 10:20
  95. avatar
    #28 Kantman

    @Kaya 85: about time 😉, 😂😂😂

    ReplyReply
    18 August, 2023 at 22:15
  96. avatar
    #27 Kaya 85

    Predictions:

    Grey Bloem 34 – 30 Paul Roos
    Oakdale 20 – 30 Bolandbou
    Garsie Bere 33 – 23 Helpmekaar
    EG Jansen 25 – 27 Waterkloof
    Valia 29 – 20 Kempies
    Rustenburg 33 – 19 Middelburg
    Queens 36 – 16 Dale
    Wynberg 24 – 22 Rondebosch
    Anker 26 – 16 Merensky
    SACS 20 – 20 Bishops
    Strand 19 – Durbanville 49
    Secunda 38 – 21 Ligbron
    Oos Moot 21 – 11 Heidelberg Volksskool

    Alternate Universe x Predictions

    Grey Jedis, Rosestad 40 – 22 Roos se Skool
    Akkerdal 20 – 15 Boland Plaasskool
    Garsie Bere 35 – 36 Helpmekaar Bruins
    EGJohnson 28 – 27 DIE Waterkloof
    Valia 20 – 19 Hoe:rskool OR Tambo
    Rustenville 23 – 22 Middeldorp
    Ukumkanikazi’s 25 – 20 Dale
    Mount Wine Boys High 26 – 19 Roundtree
    Oos Rand Gimnasium 26 – 16 Merensky
    Zuidafrikaansche Kollegeskool 20 – 20 Mullah’s
    Strandlopers 49 – 19 Durbanburg
    Secunda 31 – 11 Sun High
    East End 11 – 13 Volkies Heidelberg

    ReplyReply
    18 August, 2023 at 21:41
  97. avatar
    #26 OomPB

    @Snelvuur: 2-1 vir PRG. Grey het goed gespeel. Gepaste afskeid vir Ashlin Freddy.

    ReplyReply
    18 August, 2023 at 20:02
  98. avatar
    #25 Smallies

    @Snelvuur: ons parafin is klaar….

    ReplyReply
    18 August, 2023 at 19:52
  99. avatar
    #24 Snelvuur

    @OomPB: ja-nee. Die hokkie-uitsending hak maar kwaai. Het hulle nog nie fibre in Bloem nie?

    ReplyReply
    18 August, 2023 at 18:56
  100. avatar
    #23 OomPB

    @Snelvuur: Het Vermeulen nie ook gespeel nie?

    ReplyReply
    18 August, 2023 at 18:23
  101. avatar
    #22 Snelvuur

    @PRondersteuner: sjoe, daai 2014-span het darem ‘n paar goeie individue ook gehad. Edwill van der Merwe op die een vleuel (die man is duidelik van skool af al underrated) en Nico Leonard (wat PRG se rekord vir die meeste drieë vir die eerstespan gebreek het) op die ander. Beide ‘n skrumskakel (Jantjies) en ‘n losskakel (Fortuin) wat nou professioneel speel.

    ReplyReply
    18 August, 2023 at 18:15
  102. avatar
    #21 OomPB

    @Smallies: oh dis waar Smallie is.

    Kyk nou die hokkie, maar die uitsending is so hankering, begin vloek sommer op die umpires

    Dink ek het n beter kans om pragnent te wees as wat PRG in Bloem sal wen.

    ReplyReply
    18 August, 2023 at 18:10
  103. avatar
    #20 Smallies

    @PRondersteuner: ja nee jong ,die span wat op draf is die eerste span want hulle is die beste spelers beskikbaar op die betrokke dag ,die seuns wat SA skole speel kon netsowel deur die jaar seergekry het en nie beskikbaar wees nie …..

    ReplyReply
    18 August, 2023 at 17:28
  104. avatar
    #19 PRondersteuner

    @Gerboy: PRG het verlede jaar 3 spelers in SA o18 span gehad. Jurenzo en beide voorrye.
    @Snelvuur: 2014 se PRG span was briljant sonder enige groot name. Herschell Jantjies het baie vleuel ook gespeel daardie jaar.
    @Smallies: Ek wil mos ‘n kleintjie kry as die manne so praat van PRG wat eintlik teen die Cherries speel. Wat sê dit van daai seun wat môre vir die 1ste span uitdraf? Hoeveel van die Grey 1ste span van 2023 het teen PRG op Markotter gespeek in 2022? Of vir die Cherries teen die Bituas? Vanjaar is daar geen keer aan hulle nie
    Sterkte aan almal vir die interskole. Groot vriendskappe het al ontstaan uit so ‘n naweek. Trane sal daar wees van blydskap of hartseer. Sondag is almal hopelik veilig by die huis en die lewe gaan weer aan.

    ReplyReply
    18 August, 2023 at 17:18
  105. avatar
    #18 Smallies

    @Gerboy: as julle more wen sal dit teen Grey se sterkste beskikbare Eerste span wees ….daar sal nie storetjies wees nie ….

    ReplyReply
    18 August, 2023 at 17:00
  106. avatar
    #17 Gerboy

    @Snelvuur: Dis waar wat jy sê van die invloed wat een speler op die sukses van n span kan hê. Jurenzo het 2022 amper eiehandig vir Gim geklop. Verlede jaar was Grey se “rug(goue lyn)” gebreek deurdat die 3,4,7,9 en 10 almal uit was. Dit het ook PRG se wenkanse versterk. Om n senter te vervang is darem makliker as om jou “rug” reguit te hou.
    Ek dink PRG gaan more weer wen want Grey se “rug” is weer gebreek. 3,5,8,9,10 is uit.
    Dis jammer want PRG sal nie sy oorwinning met oorgawe kan geniet nie want hulle weet dat daar nie teen n volsterkte span gespeel is nie. Nie agv beserings nie maar agv ander faktore. Maar soos daar gesê word : Die telbord het nie n opmerkingskolom nie.

    ReplyReply
    18 August, 2023 at 16:53
  107. avatar
    #16 Smallies

    @kantako: en more oggend plak jou bed aan jou been vas ….soos daai ding droog geraak het..eina fok

    ReplyReply
    18 August, 2023 at 15:53
  108. avatar
    #15 Smallies

    @Snelvuur: 🤣 🤣 🤣 🤣

    ReplyReply
    18 August, 2023 at 15:32
  109. avatar
    #14 Snelvuur

    @Smallies: ek kon nooit verstaan het hoekom Grey ‘n astro gebou het vir hokkie nie – daardie velde is so hard en vinnig dat jy sommer astro-hokkie op gras kan speel!

    ReplyReply
    18 August, 2023 at 15:30
  110. avatar
    #13 Snelvuur

    @Gerboy: dis ongelooflik dat PRG nie een SA Skolespeler in 2014 gehad het nie – daardie span het amper elke wedstryd (insluitend HJS en Gim) gewen en in die top 3 geëindig (en reeds ‘n senior Springbok in Jantjies opgelewer). Wys mens dat SA Skole keuring nie altyd ‘n goeie aanduiding van langtermyn sukses (of altyd vir goeie huidige prestasie) is nie.

    Ek sou ook nou nie sê dat SARU een of ander komplot teen GC het nie – soos jy tereg uitwys word PRG en ander skole soos Landbou en Oakdale ook hierdeur geraak. Of direk omdat hulle spelers verloor, of omdat die skool wat die jaar meer spelers verloor altyd ‘n sterretjie by die verloor kan voeg.

    Ek stem glad nie saam dat ‘n wen vir PRG in 2022 feitlik ‘n gegewe was nie. Daardie span het teen Affies, Helpmekaar, Garsfontein, HJS (ver) en Rondebosch verloor. Hulle was verskriklik afhanklik van Jurenzo Julius (soos die tweede helfte teen Garsfontein gewys het) wat nie in die wedstryd teen Grey kon speel nie.

    Vir seker is dit moeiliker om 5 spelers te vervang as 1, ceteris paribus, maar dit is baie die geval dat een speler ‘n baie belangriker rol in ‘n span vervul as ‘n paar in ‘n ander. Bv. Ek is seker Paul Roos se 2016-jaargroep sou baie liewer vir Damian Willemse in daardie kragmeting wou hê, selfs al het Grey ook al hul SA Skolespelers gehad.

    So gepraat van 2016, is ek nie seker dat Vrystaters oor QI moet kla na ‘n Grey Old Boy as skeidsregter die 2016 kragmeting op ‘n kontroversiële wyse beslis het nie.

    Ek stem egter heelhartig saam met jou sentiment re: SA rugby se toernooi. Daar is geen tydsdruk om dit hierdie naweek te speel nie – daar is klomp skole wat hulle interskole môre speel en, al word almal nie so swaar getref nie, kan die verlies aan een speler in ‘n kleiner skool nog ‘n groter verskil maak as 2 of 3 vir Grey of Paul Roos.

    ReplyReply
    18 August, 2023 at 15:03
  111. avatar
    #12 kantako

    @Gerboy: swak werwing in 2012 lyk dit my

    ReplyReply
    18 August, 2023 at 14:44
  112. avatar
    #11 kantako

    @Smallies: hahaha daai bus trip is lank met so lekker grasie op die knieg.

    ReplyReply
    18 August, 2023 at 14:41
  113. avatar
    #10 Gerboy

    In aansluiting by Snelvuur hieronder is die volgende inligting vanaf Nextgenxv.com gekry
    SA Skole spelers uit Grey en PRG wat nie beskikbaar is/was vir die onderskeie spanne nie :
    Jaar Grey / PRG
    2023 6 / 1
    2022 5 / 1
    2019 3 / 1
    2018 3 / 4
    2017 3 / –
    2016 2 / 2
    2015 – / 3
    2014 1 / –
    2013 2 / 1
    2012 – / –
    2011 5 / 1
    2010 6 / 4
    2009 6 / 2
    2008 2 / 1
    2007 5 / –
    2006 1 / –
    2005 1 / –
    2004 4 / 2
    2003 5 / 1
    2002 3 / 1
    2001 1 / –
    2000 2 / 1
    1999 1 / 1
    1998 1 / –
    1997 1 / –
    1996 – / 1
    Ek is nie seker wanneer die sinnelose U18 wedstryde(Toernooi) teen die buitelandse spanne begin het nie maar dit is duidelik dat SARU se poging om Grey te skroef,omdat Grey meestal meer SA skole spelers as PRG het,nie baie suksesvol is nie(Ek weet ook nie of daar dalk n derde mag betrokke is nie). Ek is seker dat al hierdie seuns van beide skole liewer sy laaste wedstryd vir sy skool voor +/- 20 000 toeskouers wou speel as om op een of ander obskure veld voor 250 toeskouers te speel.

    Gepraat van “memorable moments” het Snelvuur 2009 uitgelaat. Danksy QI wat sy eie rëelboek toegepas het kon ons almal met nuwe “T” shirts spog. 2022 se wen was ook nie “out of nowhere” nie. Dis makliker om 1 speler te vervang as om 5 te vervang. Die rippel effek gaan regdeur tot by die laaste U19 span. Selfs die weerstoestande was 100% teen die besoekers. Alle faktore was dus ten gunste van die tuisspan en n wen was amper n gegewe.
    Wat vir my as Kapenaar die slegste is is dat PRG die verloorder is in hierdie situasie waar die SA Skole spelers nie kan speel nie. Wen hulle dan word gesê hulle het teen n verswakte span gewen en verloor hulle word hulle gespot en gesê hulle het teen n gedeeltelike tweedespan verloor.

    Sies SARU. Skuif nou net jul internasionale toernooi uit vir n week en almal is gelukkig. Julle kan selfs meer hekgeld verdien omdat daar dalk meer toeskouers by jul toernooi sal wees. Ek kyk liewer Grey teen PRG as om SA U18 teen Engeland/Frankryk te sien speel.

    Sterkte aan beide spanne !!

    ReplyReply
    18 August, 2023 at 13:54
  114. avatar
    #9 Smallies

    Al wat ek vra die naweek is een punt meer as PRG 🙈🙈🙈….maar ernstig nou welkom in Bloem manne.Ek hoop dis n great interskole….soos altyd. Veld is regtig mooi geel en julle grassburns behoort nie septies te raak nie😅😅😅

    ReplyReply
    18 August, 2023 at 13:37
  115. avatar
    #8 Rugby 4 Life

    Middag manne.

    ń Hele paar awesome semi’s die naweek vir die Noordvaal Cup.

    Vir die Onder 14’s glo ek Monument sal die span wees om te watch. Nommer 3 op SA School Sports. Nog nie ń game verloor in die Noordvaal nie. Monnas speel teen Helpmekaar.

    Vir die Onder 15’s behoort altwee semi’s great te wees. Helpmekaar vs. Waterkloof. Helpmekaar 8ste op SA School Sports. Hulle is ń span met ń great coach. Vir my ook die span met die beste verdediging in die Noordvaal. Onoorwonne in die Noordvaal so vêr. Dit is ook ń verskriklike goeie Waterkloof span wat die vorige naweek met net 3 punte verloor het teen Monnas en die naweek voor dit met net 1 punt teen Affies nommer 4 op SA School Sports. Ek dink dit sal naby wees maar Helpmekaar behoort die game net net te wen.

    In die 2de U15 semi Monument vs. Noordheuwel. Monument 5de op SA School Sports maar ek hoor 6 top spelers beseer. Die game behoort baie naby te wees. Hierdie is ook ń onsaglike goeie Noordheuwel span.

    Vir die onder 16’s dink ek dat daar net een span is wat duidelik uitstaan en dis Helpmekaar. In die top 5 SA School Sports. Speel pragtige rugby die jaar. Hulle gaan nie maklik gestop word nie. Ook onoorwonne in die Noordvaal so vêr.

    1ste Spanne
    Ek dink Helpmekaar kan moontlik vir Garsfontein wen en dink Waterkloof het baie momentum na hulle groot wen teen Monnas.

    Mooi dag manne!

    ReplyReply
    18 August, 2023 at 12:56
  116. avatar
    #7 AbsolutMenlo

    Groot Beker rugby die naweek met die NV Semi-finale en voorsien ek ‘n paar verrassings insluitend die Cup-division …

    Sterkte aan Menlo se 0/16 span teen Helpmekaar!!

    ReplyReply
    18 August, 2023 at 11:42
  117. avatar
    #6 kantako

    @OUD ANKER: in die matriekgroep van die jaar het Helpmekaar oor die laaste 5 jaar die beste span gehad, en hulle het teen Garsies verloor met n laaste skop wat mis was, ek dink hulle het nou momentum begin kry en is uitgerus. Garsfontein het na die vakansie n paar naelskraap oorwinnings deurgetrek en ek lees hulle het n klomp beserings.

    Kloof was ver voor teen Eg (by Eg) hulle sal weet hoe om nie dieselfde foute te maak nie. EG het nou te veel van agter gekom om te wen. Luck hou net so lank.

    En daar klink ek nou moerse slim. Ek sien uit na goeie Beker rugby die naweek. Come on Ankers

    ReplyReply
    18 August, 2023 at 11:19
  118. avatar
    #5 Grizzly

    @OUD ANKER: Bere vs EG final maar ek hoop vir Kloof.

    ReplyReply
    18 August, 2023 at 08:09
  119. avatar
    #4 OUD ANKER

    @kantako: Daai laaste call (Helpmekaar) van jou is braaf, maar ek stem met die ander.

    ReplyReply
    18 August, 2023 at 06:58
  120. avatar
    #3 kantako

    Die Anker
    Secunda
    Waterkloof
    Helpmekaar

    My 4 spanne vir die wen die naweek

    ReplyReply
    17 August, 2023 at 19:59
  121. avatar
    #2 jakes

    Good luck EGJansen. Please do not give Waterkloof such a big lead at halftime again. Not good for the nerves. Klofies will not make the same mistake twice.

    ReplyReply
    17 August, 2023 at 11:37
  122. avatar
    #1 Snelvuur

    Grote die naweek vir Paul Roos! Wyl daar nie oordrewe optimisme in die Eikestad heers nie, is daar altyd ‘n kans. Soos altyd, is die groot uitdaging om by te bly in die tweede helfte (Grey se laat “kick” is legendaries).

    Dit is seker ook die interskole van die twee skole wat die grootste en blywendste indruk op Suid-Afrikaanse rugby gemaak het: nie net met die rondom 100 Springbokke wat deur die twee skole opgelewer is nie, maar ook met hul bydrae tot die ontwikkelling van die spel (bv. Oubaas Markötter, destydse afrigter van die Maroen Masjien wat die 8-man skrum tot stand gebring het).

    Grey is ongetwyfeld die beste span hierdie jaar (ongeag van wat Saterdag gebeur) en sal hoop om deur die bank die bordjies te verhang na ‘n ongewone swak jaar laasjaar op Markötter, waar PRG byna elke wedstryd gewen het (dít staan sedertdien bekend in die Eikestad as die “Slag van Eersterivier”).

    Paul Roos sal soek na hul eerste “back-to-back” oorwinning teen Grey sedert 1993/94.

    Die kragmeting het al heelparty “memorable moments” opgelewer: van Justin Swart se wedstryd in 1991 tot een van die beste skolewedstryde ooit op die Danie Craven in 2011 tot Damian Willemse se aftrappe in 2015, die kontroversiële beslissing in 2016, Grey se paar wegholseges oor die jare en, natuurlik, PRG se “out-of-nowhere” wen verlede jaar.

    Wat die historiese uitslae betref, oorheers Grey natuurlik (GC eerste):

    1967: 22-3
    1974: 24-0
    1977: 20-10
    1988: 16-9
    1989: 28-7
    1990: 17-9
    1991: 3-20
    1992: 20-6
    1993: 8-28
    1994: 29-31
    1995: 21-10
    1996: 18-10
    1997: 8-12
    1998: 23-15
    1999: 29-26
    2000: 42-13
    2001: 15-6
    2002: 19-8
    2003: 18-17
    2004: 18-21
    2004: 24-23
    2005: 16-11
    2006: 11-16
    2007: 40-14
    2008: 47-15
    2009: 3-9
    2010: 41-29
    2011: 36-35
    2012: 33-23
    2013: 40-8
    2014: 25-20
    2015: 12-19
    2016: 34-32
    2017: 30-28
    2018: 28-26
    2019: 51-28
    2022: 19-34

    37 gespeel. Grey wen 28 PRG wen 9.

    Gemiddelde telling: Grey 24-17 PRG.

    ReplyReply
    17 August, 2023 at 08:57

Leave a Reply