DATE | SCHOOL | SCHOOL | INFO | BROADCAST | ||
---|---|---|---|---|---|---|
Wed.17Jul | Nico Malan | – | – | Millfield (Eng) | ||
Wed.17Jul | Noord-Kaap | 49 | 29 | Goudveld | Wesgrow SSR Semi | |
Sat.20Jul | Daniel Pienaar | X | X | Nico Malan | Cancelled – weather | |
Sat.20Jul | Despatch | X | X | Muir | Despatch cancelled | |
Sat.20Jul | Helpmekaar | 22 | 50 | Garsfontein | Virsekerbeker Cup | |
Sat.20Jul | Monument | 50 | 20 | EG Jansen | Virsekerbeker Cup | |
Sat.20Jul | Transvalia | 20 | 25 | Noordheuwel | Virsekerbeker Cup | |
Sat.20Jul | Menlopark | 64 | 47 | HTS Middelburg | Virsekerbeker Cup | |
Sat.20Jul | Nelspruit | 33 | 35 | Ben Vorster | Virsekerbeker Plate | |
Sat.20Jul | Kempton Park | 30 | 22 | Marais Viljoen | Virsekerbeker Plate | |
Sat.20Jul | Rustenburg | 29 | 31 | Eldoraigne | Virsekerbeker Plate | |
Sat.20Jul | Zwartkop | 18 | 58 | Montana | Virsekerbeker Plate | |
Sat.20Jul | Lichtenburg | 40 | 21 | Centurion | Virsekerbeker Shield | |
Sat.20Jul | Jeugland | 30 | 27 | Oos-Moot | Virsekerbeker Shield | |
Sat.20Jul | Heidelberg VS | 45 | 12 | Middelburg | Virsekerbeker Shield | |
Sat.20Jul | Sentraal | 34 | 24 | Goudveld | Wesgrow SSR #3-4 | |
Sat.20Jul | Diamantveld | 19 | 32 | Jim Fouche | Wesgrow SSR #5-6 | |
Sat.20Jul | Fichardtpark | 49 | 15 | Witteberg | Wesgrow SSR #7-8 | |
Sat.20Jul | Voortrekker (Beth) | 40 | 29 | Noord-Kaap | Wesgrow SSR final | |
Sat.20Jul | Glenwood | 24 | 12 | DHS | ||
Sat.20Jul | Maritzburg College | 26 | 25 | Pretoria BH | ||
Sat.20Jul | St Andrew’s | 49 | 00 | Dale | ||
Sat.20Jul | Stirling | 10 | 14 | Hudson Park | ||
Sat.20Jul | Queen’s | 00 | 33 | Selborne | ||
Sat.20Jul | Marlow | 07 | 18 | Oakdale | ||
Sat.20Jul | Pearson | 53 | 05 | Union | ||
Sat.20Jul | Grey College | 58 | 00 | Grey HS | PI : On SuperSport | |
Sat.20Jul | Affies | 44 | 27 | Waterkloof | ||
Sat.20Jul | KES | 07 | 25 | Jeppe | ||
Sat.20Jul | Punt | 00 | 80 | Brandwag | ||
Sat.20Jul | HJS Paarl BH | 60 | 14 | Boland Landbou | ||
Sat.20Jul | Outeniqua | 08 | 11 | Paarl Gim | ||
Sat.20Jul | SACS | 14 | 42 | Paul Roos | ||
Sat.20Jul | Tygerberg | 00 | 72 | Stellenberg | ||
Sat.20Jul | Parel Vallei | 07 | 51 | Bishops | ||
Sat.20Jul | Rondebosch | 17 | 27 | Wynberg | ||
Sat.20Jul | DF Malan | 15 | 13 | Brackenfell | ||
Sat.20Jul | Drostdy | 23 | 17 | Duineveld | ||
Sat.20Jul | Durbanville | X | X | WP Dev | Cancelled | |
Sat.20Jul | Bellville | X | X | WP Dev | Cancelled | |
Sat.20Jul | Hugenote | 27 | 07 | Strand | ||
Sat.20Jul | Worcester Gim | 35 | 14 | Vredenburg | ||
Sat.20Jul | Swartland | 38 | 14 | Stellenbosch | ||
Sat.20Jul | Labori | 03 | 12 | HTS Bellville |
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.
@Smallies: Ja, sekerlik , maar ek dink hulle wen teen Boland Lanbou in 2010 koester hulle meer..Die derby teen die ander landbou skool.
@BoishaaiPa: marlow se grootste dag….
@Vyfster: Ek dink dit was ook Marlow se 2de finals..My geheue nie nou so goed nie maar ek weet in 2006 het hulle afgekom en teen Paul Roos gespeel..Ek dink dit was dalk in 2006 toe Die Burger kompetisie weer probeer herlewe het. Daar was probeer om dit vir n tydperk aan die gang te hou, maar dink dit was 2015 of 2016 het dit sy laaste stuiptrekkings op die Danie Craven gegee..
@Vyfster: Om jou te antwoord oor die Marlow wedstryd..Ja dit was n Burger eindstryd..En dit was na Interskole…Ek dink ook dit was die voorlaaste eindstryd van Die Burger..Daai beker kompetisie het regtig nie veel aftrek gekry nie agv die tyd waarin dit gespeel moes word.Om ook jou net bietjie meer in te lig..HJS het sedert 2007 (toe hulle dit probeer laat herlewe het) in 7 of 8 Burger Finals gespeel en net 1 verloor..Teen Marlow..Op Cradock..12-11. Go Figure! .
@Trots HJS (Tandem): ????
@Vyfster: Nee ek was ‘n voorspeler ! ( lol )
@Trots HJS (Tandem): Anderson gestalt, as daar so ‘n nasionale superkompetisie ingested word, DAN sal hul 2 keer per jaar teen mekaaar moet speel, volgens Engelse model, en dan sal die huidige 1ste week in Augustus weg Val ….tog nie so moeilik om te verstaan nie, so sal hulle ook 2 keer teen PRG, Monnas etc speel
Dit is 14 wedstryde, wat plek
Laat vir 4 of 5 ander tradisionele derbies, wat nie deel van premierliga uitmaak nie…as voorbeeld kan Boland Landbou, miskien ander skole by st Johns of Wildeklawer etc……sal nooit gebeur nie, maar sou enormous belangstelling wek
@Trots HJS (Tandem): ek en Carl de knock bespiegel oor die bes moontlikse nasionale kompetisie
Ons stem saam dat die regverdigste te soos die Engels premier sokker liga sal werk…..’daar is 20 spanne wat home en away game speel , ligapunte verwerf en die span wat meeste liga punte behaal is wenner…geen eindstryd
Nie
ek weet Gim en HJS speel nie 2 keer per jaar nie, ons bespiegel oor ‘n toekoms scenario
Ek wil nou nie Lelik wees nie, maar jy het seker nie uitgeblink in begripstoetse op skool nie
@Vyfster: Waar kom jy daar aan dat Boishaai en Gim 2 keer ‘n jaar teen mekaar speel . Dit gebeur nooit nie !
@Carl de Kock: Lichtenburg teen Oos Moot
Wie speel more op Kyknet?
@Carl de Kock: interessant, hier kan ‘n landwye premierliga van 8 skole dalk werk…home en away is dit 14 wedstryde….wat plek maak vir paar derbies, in ag genome dat Paarl Gim en Boishaai klaar 2 keer teen mekaar speel en dus nie bykomende derbie nodig het nie, selfde met a Monnas, PRG, Garsies, Affie etc wat seker onder top 8 sal wees……very interesting, maar sekerlik onwerkbaar weens afstande….mar premierliga, dan afd 1, 2, 3 etc sal nogal fun wees
@Smallies: née saak is reg, ek se juis dat Grey nie in wesgrow moet speel nie
@Mountainview: dis goed so, each to each own
@all Boois haal ondersteuners…..druk miskien nou my kop in bye nes, ek praat nou uit geheue dus feite mag verkeerd wees.
Was Boishaai se laaste nedelaag voor hul 3 goue onorwonne jare nie teen Marlow landbou nie (in 2015) ?
Was dit nie om ‘n beker nie…die Burger trofee nie?
Het jul aspris verloor oor dit om beker was, of kan Marlow met hul trofee spog
Is ek reg dat julle nooit weer teen Marlow gespeel het nie, hul dus 5 seisoene nie teen julle verloor het nie, en dat jul nooit weer in beker wedstryd gespeel het nie…ek meen selfs Ben Vorster het Marlow paar keer op Kes gewen sedertdien.
Hoeveel keer het julle al friendlies teen Marlow gespeel, en hoeveel verloor?
Dink julle die druk van ,n beker het bygedra tot julle 100% verloorrekord in beker wedstryde teen Marlow, aangesien ek skat julle seker 80% wenrekord in friendliest teen hulle het
Vergewe al die vrae, wil maar net duidelikheid he…en daarop wys dat Klein Marlow jul gewen het…..dit is vir my die beauty van uitkloprugby, jy het geen benul aan begin van seisoen teen wie jy jou uitkloprugby gaan speel nie….dikwels is dit skole wat jy nog nooit teen gespeel het nie…en baie dikwels kry goeie kleintjie kans om goeie grote te wen wat hul andersins nooit sou nie….soos Marlow teen HJS
Ek hoop maar my feite is reg, maar ek dink ek is korrek.
Wie kan my help met die bepalings vir 27 Julie 2019 . Gewoonlik is dit op die blad.Baie dankie
Wanneer sit julle die week se fixtures op?
@Wonder: ag toe nou-moenie ordryf nie het hulle vinig geluk gewens
@apple: Elke keer as daar twee spanne is wat mekaar goed opdreun en dit word op KykNet gewys, dan kyk ek.
we have had a number of supporters from up north that have enjoyed the rugby in the south – i am sure the opposite also happens, they just dont seem to be so vocal. in any event, lets see next saturday at interschools whether traditional derbies are still an attractive package – suspect that given that gym will likely to be the winners for the first time in half a decade, it may be a full house
@Vyfster: Dit is hoekom ek n voorstaander is van die premierliga sokker in die VK se formaat.
Speel 38 wedstryde, die span wat bo aan die punteleer eindig, wen. Dit wys dat die span wat oor n seisoen die bestendigste was verdien om as kampioene gekroon te word.
@Vyfster: Ek wonder maar net waar jy die wesgro reeks in Grey se skedule wil in pas….
@Vyfster: Goeie more, baie interessante siening wat jy inneem, maar dit is nie korrek nie. Soos @Mountainview tereg opmerk, dit gaan oor die aantal spanne wat geakkommodeer kan word.
Ek dink die feit dat HJS, PRG, PaarlGim gereeld in die top5 is spreek boekdele van die trotse rugbykultuur in daardie skole. Dit is maar hoekom jy na die skole toe gaan indien jy potensiaaltoon in rugby.
Die meeste personeel, kinders en ondersteuners van die betrokke skole is nederig en dink beslis nie hulle is ‘posh’ nie.
Stellenberg het werklik n baie goeie jaar, maar die vraag is of hulle dit vir 4/5 jaar kan volhou.
Ek luister graag…(lekker naweek manne)
@Vyfster: Ja, ken darem die Vrystaat se set-up redelik goed – my tyd het al daai streke nog hulle eie aparte “ligas” gehad (NOFS, OOFS, Stellaland, Griekwas ens) – Wesgrow Reeks werk ooglopend want dit is beter verspreiding van krag teen krag aanvaar ek – sou egter soos jy ook sê 99.9% van die tyd doelloos wees as Grey ook betrokke was (speel Welkom Gim in die reeks? – dalk verbeel ek my maar dink nie hulle doen nie….).
Wat Wes Kaap betref is hier ouens wat veel meer weet as ek maar ja, Prem A is die spanne wat jy genoem het en Prem B is Stellenberg, Durbanville, Brackenfell, Tygerberg, Bellville, DF Malan en nog n paar. Die indeling is soos ek verstaan gebasseer op aantal spanne wat ‘n skool in veld kan stoot eerder as direkte krag (Stellenberg het bv hierdie jaar al 3 sy wedstryde teen die Suidelike voorstede Prem A skole gewen, net nie SACS gespeel die jaar nie, maar SACS het op hulle beurt teen Durbanville verloor…).
Ons moan mos maar van tyd tot tyd oor die outjies wat hier bly en in Wynlande skoolgaan maar dit is wat dit is…..jy’t mos al gelees wat @boerboel als te sê het oor ons Noordelike voorstede skole ,so duidelik vlgs hom is ons lot nie “posh” genoeg nie….Wat die politiek tussen die Wynlande en Southern Subs betref kan ek nie help nie, dalk meriete in die ongelukkigheid, of dalk net egos?
O, en die wenner van die “liga” is die een wat die meeste van sy bure kan pak gee!
Sorry, laaste post (vir eers )……was verkeerd oor Grey- Welkom Gim en wil net reps telling maak.
Grey het nie vir Welkom met 2 punte gewen nie….dit was met 1 punt .43=42 in 2016 om die kovsieliga/Shimla finaal te wen ……Grey het net 1 wedstryd daardie jaar verloor, teen HJS
Interessant dat Grey vir Welkom Gim vroer die jaar met 54-22 gewen het….
Vir my nog ‘n rede waar om uitkloprugby en beker rugby so interessant is, jy kan nooit regtig voorspel nie…..
Anyway, to each his own….ek kan nie wat vir al die playoffs oor vlge 4 weke met sy duisende veskillende permutasies nie….afd 3, r
4 en 5 ht laas a week al begin uitklop wedstryde speel, en paar groot skokke is al gelewer
Om by te voeg….ek sien Stellenberg het vir Bishops, Rondebosch en Wynberg gewen vanjaar.
Durbanville het vir SACS geklop, so elke enkele amptelike wedstryd tussen SS en die 2 Northern suburbs skole het op nedelaag vir die SS skole uitgeloop
Sien Stellies is nr 10 op ranglys…..Bishops en Rondebosch agter hulle
Ek sien glad nie Boland, SACS of Wynberg op top 30 nie…..verstaan nie hoe nr10 skool as B liga span beskou kan word nie, en die feit bly staan, hulle sal al hoe sterker word as hul elke jaar Virseker teen al die premier A liga spanne speel…..
@Mountainview: wonder hoeveel jy weet van die Wesgrow Sentrale streekkompetisie .
Al die skole in Vrystaat, Noord-Vrystaat, Oos Vrystaat, Noord Kaap neem daaraan deel behalwe Grey. Werk maar soortgelyk as VB
Gewoonlik in top afdeling Stryd om bekeer tussen Welkom Gim, Gouudveld van Welkom, Kimberley se Diamantveld en Noord-Kaap, Bethlehem se Voortrekker en Witteberg, soms Kroonstad en Bloemfontein skole soos Sentraal, JF, Fichardtpark.
Grey het slag of wat deelgeneeem, maar onttrek toe hul Welkom Gim net met 2 punte kon wen
So nou verkies hul die delayed option , so die beste van Noord en Oos Vrystaat gaan Grey toe……so dit. sal boring raak want Grey sal elke jaar wen
Dit beteken nietemin dat die oor grootte meerderheid skole in SA wel in beker reekse.speel….die 6 unies in die Noordvaal, die 3 sentrale unies Griekwas, Vrystaat en Noord Vrystaat…..so slegs die kusunies het nie so iets nie…..maar wat ook all werk is seker orraait
Ons dom Vaalies verstaan ook nie wat innie Wes Kaap aan gaan nie
Vir my lyk dit of daar iets soos ‘n premier A liga van 8 skole is wat teen mekaar elke jaar speel.
Baie soos VB se beker afdeling wat tans uit 9 skole bestaan.
Dit lyk of die skole se name saam met Moses van die berg afgekom het…..ons kyk telkens in verwondering hoe bv Stellenberg van die SS skole klop, maar dit lyk of hul vir ewig verdoem is om in premier liga B te bly…….miskien kan jy dit verduidelik, klink baie elitist vir my…..rugbykaping as’t ware.
Om sake te vererger weier Wynberg en SACS nou om teen Boishaai te speel….baie vreemd
Jy het die algehele tellings bo gesien van die beker afdeling, die span wat laaste eindig word summier afgeskuif na plaat afdeling….Kloof kan maklik gerelegeer word en hul sal maar daar by moet inval……is Stellenberg nie “posh” genoeg, wat as Durbanville al die SS skole pakgee , verdien hulle nie erkenning nie…of sal dit die wynlandskole se voedingsarea te klein maak, as daardie skole guaranteed is om elke jaar teen AL die groot honde te speel, want dan sal hul bestes by hul naaste skole bly?
Ek vra maar uit nuuskierigheid, want ek verstaan nie mooi hoe dinge werk nie, en wat ou gaan gebeur met HJS vs Wynberg en SACS nie…..miskien tyd vir verandering?
@ Carl de Kock : Hy was n groot gees in Paarl rugby klub geskiedenis — Toe Paarl nog n groot gees in WP rugby was!
@Pollie: Netso, dit was my oom.
@ Carl de Kock: Ek onthou vir Oelie de Kock. As ek reg is het hy vir Paarl klub gespeel
Dis nogal komies hoeveel tyd die Noordvaal bloggers spandeer om onderling vir mekaar te probeer verduidelik presies wat by Virseker aangaan en dan vies raak as die Kapenaars nie die hele storie volledig onder die knieg het nie – ek het bv in my opregte onkunde gedink Gars & Monnas is vêr voor op die log…blykbaar nie! Die pro-/anti-beker argumente hang ook maar baie af van wat werk vir ‘n spesifieke streek of unie. Verbeel jou bv Grey moes in ‘n FS beker kompetisie of liga gespeel het…sou mos nooit gewerk het nie?!
@boerboel: Vra jy oor die Helpmekaar bloggers. Wanneer Grey julle stamp verdwyn jy vir baie lank.
@Carl de Kock: nee ou jy het my vas waneer em hoe lank
Kan iemand vir Oelie de Kock onthou wat vir die WP losskakel gespeel het?
@2021: Mnr pottie het so 4 jaar terug afgetree.Hy bly nog steeds in Aliwal,ja min mense weet hoe naby hy aan die Springbokke gekom het nie,die kinders was nigals erg oor hom
@Smallies: Een van die beste buite senters – in sy era- was op Aliwal- Noord skoolhoof. Was dit nie vir n opgebinde regterskouer tydens die Springbok Proewe van 1981-’82, wat die keurders gesien het toe hy truie moes ruil uit B-span na A-span nie, was hy versker Springbok. Wel Junior Bokke (B-span) gespeel saam met Gys van Schoor. Beste voete wat kon systap gehad. Denkende rugby speler. Groot respek vir Mnr. Nelis Potgieter.
Mnre -wat het geword van die Helpmekaar bloggers?Hulle was baie luid vroeg in die jaar?
g
e
@Rainier: ja 7000 ha staatsgrond
@Grizzly: jip lewens ghalte maak beslis op vir wat ons moet opgee itv groot stads gerief
@Smallies: Jy bly mos maar eintlik op ‘n plaas…
@Smallies: Ok,het dit nou.Vandaar jou op hoogte van daai streke…jys bevoorreg om daar te bly…eks bietjie
@Grizzly: Ek bly so 39 km van Aliwal Noord af aan die Vrystaat kant van die Oranjerivier,my kinders was al twee in aliwal se laerskool,en my Dogter is nou nog in die Hoerskool daar ,my seun was tot Gr 10 in Aliwal en toe in Gr 11 en 12 in Grey,ek ondersteun Aliwal se skole sport nog steed s met die selfde passie as wat ek Grey ondersteun,en ek dink dat Aliwal Noord en Burgersdorp seker twee van die beste platteland skole in die land is…..
@BoishaaiPa: ek het baie respek vir jou konstruktiewe bydraes en jou kennis van die spel. Maar as gerespekteerde bloggers k@k vrae, vrae moet hulle k@k antwoorde verwag. Respekteer ons stelseltjie en beker rugby en ja ons is jaloers op julle program en derby’s in Wynland. Ons sal julle ook prys oor goeie skole en tradisies, maar common don’t cry foul. As julle top bloggers so min weer wat in Gauteng aangaan hou dit net so
@Smallies: Waar bly jy?Ek weet klong was Grey en swot nou Kovsies maar bly jy Bloem?Ek sien jys baie op hoogte met Karoo,Oos-Kaap…Wil net weet as ek daar verby gaan om te kom groet
@Smallies: Dit is nogals baie mense vir n derby op so n klein dorpie – welgedaan!
@Vyfster: Die Noord oos kaap het n ryke rugby geskiedenis,Mark Andrews en Os du Rand kom van die geweste af ,van die selde klein dorpie af,Frans Steyn was in Aliwal se laerskool en Johan Goosen n Burgersdorp,Jan-Harm Van Wyk,De Wet Marais wat verlede jaar SA skole gespeel het Steynsburg,Hendre Fourie wat vir Engeland gespeel het Burgersdorp….. en net die naweek het aliwal se o16 span Queens College 33-0 geklop,die Aliwal Burgersdorp interskole is een van die grootste games is die karoo en elke jaar staan die twee dorpies stil vir een saterdag…Dis nou nie so groot soos die paarl game nie maar im 8000 mense uit twee klein palttelandse dorpies te kry in Augustus om langs n geel gerypte rugbyveld te kom staan is nie te bad nie….
@Vyfster:
Ja. A-spanne en 1ste span tel dubbel punt in semi en dubbel dubbel in finaal.
So by A spanne sal mens 2 kry vir speel en 2 vir wen. Finaal 4 vir speel en 4 as jy wen.
Eerstes kry 4 vir speel in semi en 4 vir wen. Terwyl hulle 8 kry vir speel en 8 as jy wen.
So dis waar log sal skuif.
@Djou: Nou hoe moet ek dit weet van die beker? Wie het dan die oorspronklike beker of waar het dit verlore gegaan? Ek weet van die kompetisie en die uitslae, maar nog niks is van die werklike trofee vertel nie.
@Ricardo12Volkies2012: hahaha….goeie een
@Murrayfield: alle. grapples op ‘n stokkie
Ek is verstom oor jou algehele log en hoe naby die spanne le….is dit definitief korrek?
Ek het regtig gedog Noordheuwel en dan Kloof le ver agter die res….hulle b spanne doen seker redelik.
Selfs Garsies is maar 8 punte voor Noordheuwel
Soos ek verstaan kry jy proporsioneel meer punte in semis en finaal….so dit gaan kardinaal wees om soveel as moontlik spanne in semis te he
Dit is wat Noordheuwel waarskynlik gaan kelder……ek dink dinge is nog closer in plaat en skild afdelings….the plot thickens, spannende wedstryde wat voorle
@BoishaaiPa:
Kom ons wees nou net eerlik met mekaar. Die rede hoekom julle nie beker rugby speel nie, is omdat die unie nie geld het om bekers te koop nie.
@BoishaaiPa: @BoishaaiPa: haha…hulle het teen hulself gespeel en later teen klubs.
Volgens my kennis was hulle die eerste wat rugby as rugby football gespeel het, inteenstelling met Association Football…….laasgenoemde was meer .n hybrid tussen rugby en sokker, terwyl eersgenoemde rugby soos wat ons dit vandag sal herken.
Maar miskien is daar .n Kenner wat ware feite sal ontbloot……St Andrews staan by hul stelling
@Smallies: 3 cheers vir Aliwal -north en Burgersdorp :wink
@BoishaaiPa: Nee kom nou, jy van alle mense nie weet dis dieselfde beker nie?
En die uitslae van die kompetisie sedert sy eerste uitslae is al op die blog en verskeie ander webwerwe gepubliseer.
Die mense is nie sensitief nie, hulle reageer op die Kapenaars wat elke nou en dan begin met die bekerstorie.
Waarom begin hulle daarmee?
Draaksteek, jaloesie, erns, ek weet nie.
En dan hap hulle maar terug, dan word die Kapenaars weer sensitief – en die hele ding word uit verband geruk.
Die gesprekke soos werwing, vlam elke kort-kort op as daar min is om te blog.
Ek stem saam, gun elkeen sy eie manier van doen – dis nie verkeerd nie, net anders!
@Vyfster.Ek is nie seker wat jy met regte rugby bedoel nie.. Maar daar moes seker darem iemand teen hulle gespeel het om dit n regte wedstryd te maak of hoe?
@Vyfster: Aliwal-north Burgersdorp…..103 jaar
Vir my half snaaks hoe die manne onmiddelik op die agtervoete is as iemand n vraag vra oor die Virseker beker. Daar is derduisende mense wat regtig nie weet waaroor dit gaan nie en om sommer aan te neem iemand se kommentaar is smalend of neerhalend is bietjie dik vir n daalder. Julle hoef regtig nie so sensitief te wees oor n onskuldige vraag nie. Nie almal ken die agtergrond nie want ons was nooit blootgestel aan dit nie. Ek het jare terug gehoor van die Administrateurs beker.. Toe die Beeld.. En nou Virseker.. Vir my ook n tydjie gevat om te besef dit was dieselde kompetisie. Nou voor julle my ook nou stenig het ek ook n vraag… Is die beker nog dieselfde trofee as die oorspronklike een m.a.w net die borg het verander, maar is die beker of trofee nog die oorspronklike een?
????. Ja dis seker waar , to each his own.
Maar julle Wes kapenaars is maar bietjie stadig uit die blokke….lol
Die 1ste skool in SA wat “regte” rugby gespeel het, was St Andrews van Grahamstown…..ietwat skokkende feit….kan jul my verkeerd bewys?
Dan vergeet julle ons in die Noordvaal speel om bekers, maar het ook derbies.
Van hulle is feitlik net so oud soos enige van die Wes Kaapse derbies…..nou praat ek van ortdentlike skolewedstryde waar die helfte van die spanne nie uit onderwysers bestaan nie.
Help my asb reg, maar ek dink Ermelo en Hoogenhout van Bethal het al amper 100 jaar teen mekaar begin speel, insgelyks Potch Volkies en Potch Gimmies, Affies en PBHS trek by 96 jaar se derbies…..so is daar 10 talle groot derbies met net so Lang geskiedenis en tradisie as enigeiets uit Wes Kaap…..of praat ek nou twak
@knowthegame: Dit is darem nie waar wat jy nou se nie. Selfs manne wat nie in die Weskaap bly nie het beaam dat die informasie en statisitek nuut is vir hulle.
Min Weskapenaars sal weet van al die statistieke en rekords.
So leer ons almal maar.
@Rainier: @apple: Carl baie goed ingelig, hy is maar net smalend teenoor die Beker sisteem. MAW hy hou hom maar net dom en roer die pot
paarl has had 9 overseas teams visiting during the past couple of weeks playing various teams. interschools has a press conference 2 weeks before the match. continuous change.
whether the old days were better when up north very few knew about interschools, and we did not know much about cup rugby, who knows, but change it has.
@Vyfster: Jou laaste paragraaf: Ek onthou een jaar waar Christiana teen Eric Louw van Messina in die kleinskole semi-finaal gespeel het – daai is ‘n amperse 1800 km heen-en-weer trip. Moenie vir my sê dit het geen betekenis of relevansie vir daai kinders gehad nie.
Met Smallies op die een.Ek respekteer en geniet die Kaapse interskole,daar moet nooit n beker betrokke wees Nie…So ook Grey se Derby’s.
Net so dieselfde Vir Virseker…Respek en genot is by skole rugby..mag dit nooi verander Nie!
Mense, ek dink Carl was nog altyd van die bloggers wat balans en respek in sy posts ten toon gestel het.
Weet nie hoekom julle hom nou afslag nie, ek het self baie min geweet van die agtergrond van die Virseker beker.
So kry daai hakskene onder beheer…
@Vyfster: Niemand kyk neer op beker rugby nie..Dit is net nie deel van ons geskiedenis nie en dus is dit nie inherent op skoolvlak vir ons belangrik nie. Die meisie skole se netbal kry nie naastenby die aftrek of aandag wat skole rugby kry nie en dus is elke geleentheid waar hulle kan meeding op topvlak belangrik. Wereldbekers is n geleentheid wat elke 4 jaar plaasvind, maar die verskil hier is dat dit slegs die top gekeurde spanne in die wereld daaraan deelneem. Dit is hoekom dit baie kyker getalle trek en uniek is.
Dit werk vir die noorde op skolevlak want dit is inherent deel van julle rugby geskiedenis sedert 1920. Hier in die suide was daar nie so geskiedenis nie en dus mis ons nie die geleentheid nie, ons is tevrede met dit wat ons het.
@Carl de Kock: ek ook hoop dis n garsies monnas finaal
@Smallies: Ek sien uit na n spanningsvolle Virseker beker einde.
@Murrayfield: dit werk vir die noorde om beker rugby te jol ,en dit werk vir die suide om nie beker rugby te jol nie…..to each his own ,ek geniet albei,van die gees by n Grey derbie tot die spanning van die virseker final….
@Carl de Kock: Ek stem saam. Sou skolerugby goed doen om die wedstryde te kon skuif sodat die manne nie hul heel laaste skool wedstryd waarna hul heel waarskynlik al ‘n hele jaar uitsien te mis nie. Ek dink dit kan vir hulle maklik voel asof in twee werelde verdeel is. Wonder of sommige spelers nie eerder sal verkies om vir hul skool se eerste span op te draf as die SA skolespan nie?
@Vyfster: Vatso…. Uitstekend gestel.
Die Currie Beker, SuperRugby Werelbeker is nie Derbies nie!
#bekerugbyislekker
@Vyfster: baie dankie vir al die informasie. Veral die laaste kommentaar uitstekend en so waar.
@Ricardo12Volkies2012: lol….1920-21 was dit die interhoerskool beker genoem.
@Carl de Kock: wat bekers en trofee betref…..die afgelope naweek is die SA topskole netbalkampioenskappe gehou, om te bepaal wie die beste netbalspan in elke ouderdomsgroep in die land is.
Om te kwalifiseer moet jy aan liga in jou provinsie deelneem en onder die top 3 spanne eindig.
Dit werk baie soos die Virsekerbeker se laer afdelings waar paar van elke provinsie deur gaan……dan speel hulle nou klomp wedstryde oor 3 dae tot last 2 standing om die beker en SA titel uitspook.
Snaaks genoeg, geen Kaapse skool het hul neus opgetrek vir beker netbal nie.
Paarl girls was daar, Paarl Gim, Stellenberg, Durbanville, Bloemhof…..Sentraal en Oranje van Vrystaat….elke provinsie se top skole was daar…soos elke jaar….gretig vir daardie beker.
Affies meisies het briljante gevaar deurdat hul o14, 16 en 1ste span gewen het…..Klerksdorp se o17s het gewen.
Rustenburg het silver by 1stes gevat, Sentraal brons.
Kloof brons by o17, Dinamika en Menlo sower en brons o16
Oranje silver en Helpies brons by o14
Paarl Gim het paar top 10 plekke behaal.
Dit is net vir my ironies dat julle blykbaar so neersien op bekerrugby, maar julle susterskole Greek omtrent hulle bene om daardie beker te wen…..maak nie heeltemal sin vir my nie.
Ekself het nog nooit ,n krieket ODI tussen NZ en Engeland gekyk in bilaterale reeks nie, maar ek…en meer as ,n biljoen mense op aarde het vasgenael na die eindstryd gekyk….want dis om die wereldbeker.
Net so het ek en derduisende Suid Afrikaners die netbal halfeindstryd teen Engeland gekyk, want hul speel om die wereldbeker…..1ste netbal wedstryd wat ek in my lewer gekyk het op tv
Interessant, die grootste tv audience vanjaar in Brittanje was 11 miljoen, wat gekyk het na die VROUE sokker wereldbeker eindstryd tussen Engeland en America
Nie 1 van my vriende of familielede is sokker aanhangers nie, maar elke 4 jaar skuif tot my ouma en amper elke men’s wat ek ken getrou voor die tv in om die uit klop fase van die sokker wereldbeker in , en leer hul in die drama in….gesprekke word oorheers en almal het ‘n meaning end gunstelingspan.
Die Virseker beker is vir die laities wat Darin speel we wereld beker…..daar is 100rde skole wat deelneem……daar is nou al 5 afdelings, gebaseer op krag teen krag…..en ek below jou, dit beteken net so baie vir Sannieshof of Christiana wat net 2 rugbyspanne het om afd 5 te wen, as wat dit laasjaar vir Monnas beteken het om afd 1 se beker divisie te wen.
Dit is wat dit so wonderlike maak, dit gee nie net elite skole kans nie, maar elke rugbyspelende skool, hoe klein en onbekend ook al, kan teen sy portuur van ander provinsies in die Noordvaal meeding om ,n beker…..ek dink dis wonderlik
@Vyfster: Dankie vir die moeite, beslis baie statistiek wat ek nooit van bewus was nie.
@Ricardo12Volkies2012: Dankie. Baie nuttige leesstof en handige statistiek, ek waardeer die moeite.
@Ricardo12Volkies2012: Val julle rerig hiervoor… ?
@Carl de Kock: dink jy hou jou doelbewus dom, maar as jy regtig wil weet.
Admin is in 1920 begin dus 100 jaar gelede
Affies het van 1920 tot 2006 deelgeneem.
1 ste wenner was Ermelo 1920, hulle het 80 jaar gevat om dit in 2000 die 2de keer te wen
Pta boys high was 2de wenner in 1921
Van 1920-1995 het alle spanne in 1 afdeling gespeel….
49 verskillende skole het eindstryd gehaal in daardie tydperk.
Affies het 20 jaar gevat om 1ste keer te wen in 1940, toe 17 jaar om in 57 hul 2de beker te wen, en eers in 1970 hul 3de keer
Hul het tydperk van beroepsrugby na 1995 amper elke jaar gewen, daarom loop hul voor
Die 1ste 75 jaar was gekenmerk deurdat heelwat Klein plattelandse skole soos Piet Potgieter, Wolmaranstad, Ben Viljoen, Zweiser-Reneke etc die groter stadskole afgestof het om die beker
Die mees suksesvolle skole was
Affies 18 (14 wen ,4 gedeel)
Monnas 11
Heidelberg Volkies 8
Potch Volkies 7
Rustenburg 6
Kloof en PTA boys high 5
Pietersburg 4
Klerksdorp, zeerust,Helpmekaar en Hugenote het elk 3 keer gewen….Helpmekaar het beker 1ste maal gewen voor Monnas en Affies kon?
@Carl de Kock:
Die Administrateurs Trofee (1922 – 1981) / Direkteurstrofee (1982 – 1994) / Beeld Trofee (1995 – 2013) / Virseker Beker (2014 – Nou) is ‘n skole rugby kompetisie wat bestaan vanaf 1922. Die kompetisie word deur verteenwoordigers van die Valke, Bulle, Leeus, Pumas, Luiperde en Limpopo Bulle verteenwoordig. Elke provinsie het 4 klasifikasies gehad, Klein, Medium, Groot en Makro-Skole, elke klasifikasie van elke provinsie het sy eie liga, deur die ligas word ‘n #1,2 en soms #3 bepaal.
Die kompetisie se struktuur het oor die jare baie verander, maar die mees onlangse formaat is soos volg.
Tot en Met 2013 –
Valke 1 Reguit deur na Kwart Finaal
Valke 2 Speel Leeus #2 vir plek in Kwart Finaal
Bulls 1 Reguit deur na Kwart Finaal
Bulls 2 Speel Luiperde #2 vir plek in Kwart Finaal
Lions 1 Reguit deur na Kwart Finaal
Lions 2 Speel Valke #2 vir plek in Kwart Finaal
Pumas 1 Speel Limpopo #2 vir plek in Kwart Finaal
Pumas 2 Speel Luiperde #1 vir plek in Kwart Finaal
Limpopo 1 Reguit deur na Kwart finaal
Limpopo 2 Speel Pumas #1 vir plek in Kwart Finaal
Luiperde 1 Speel Pumas #2 vir plek in Kwart Finaal
Luiperde 2 Speel Bulls #2 vir plek in Kwart Finaal
En so speel hulle kwart finaal, semis en dan Finals. In die formaat sou Makro skole van 1 provinsie slegs teen Makro skole van ‘n ander provinsie speel.
Vanaf 2014, word dit geherstruktueer na die volgende formaat –
4 afdelings –
Afdeling 1 Oop vir enige “grootte” skool (die afdeling het 3 sub afdelings, Cup, Plate en Shield”
Afdeling 2 Groot skole
Afdeling 3 Medium Skole
Afdeling 4 Klein Skole
Afedling 2, 3 en 4 word nog in die ou formaat gespeel soos vroeër.
Afdeling 1 word soos volg bepaal / gespeel –
Elke sub-afdeling word deur 8 spanne gekompenteer (behalwe die Cup, daar was spesiale vergunning gemaak vir Waterkloof die jaar wat weer ingesluit is in Virseker Beker rugby. So die Cup word die jaar deur 9 spanne gespeel. Is nie seker of dit so gaan bly, miskien kan iemand terugvoering gee oor die situasie?)
Elke span speel mekaar 1 keer. Daar word dan ‘n punte leër bepaal, #1 en #4 en #2 en #3 speel dan teen mekaar in die semis en dan die wenners in die finaal.
Elke skool kry punte vir hulle A en B spanne vir wesstryde gespeel en gewen. Die skool wat onder aan die totale puntestand eindig word gerelegeer na ‘n laer afdeling en die skool met die meeste punte word gepromote na ‘n sterker liga (Wenners van die Cup word nie promote nie want daars geen hoêr liga nie en die verloorder van die klein skole kan nie gerelegeer word nie want daars geen laer liga nie).
Die wenners van afdeling 2 word gepromote na die Afdeling 1 Skild kompetisie en die verloorders van die skild kompitisie word gerelegeer na afdeling 2. Ens ens ens…
@Carl de Kock:
Ja hulle het, hou die rekord vir die meeste bekers.
@Smallies: Het Affies in die Administrateurs beker destyds gespeel?
@Murrayfield: EGJansen baie naby aan relugasie in 2020. Hulle sal hul volgende twee wedstryde teen Menlopark en Noordheuwel hulle beste moet doen om so veel as moontlik liga punte aan te teken,as hul nie wil afgesluif word na 2de liga toe nie. EGJ behoort in 2020 ‘n baie goeie 1ste span te he.
@Carl de Kock: Jy hoef dit nie vir ons se nie, ons kan dit aflei
@Carl de Kock: Affies jol tans net derbies en neem nie aan die virseker beker deel nie ,virseker beker is die administrateurs beker van vroer jare, basies n transvaal kampioenskaps reeks maar meeste engelse skole neem nie deel nie
Ek is baie onkundig met die Virsekerbeker.
Speel Affies ook in die toernooi en wat behels die toernooi?
@Murrayfield: eerste tel 2 vir speel en 2 vir wen.
Res 1 vir speel en 1 vir wen.
Wie tel.
1-3
A en B by 0/14, 0/15 en 0/16.
@Wonder: korrek.
Die finaal van afdeling 1 en 2 wil hulle graag op een plek hou. Om die Tv dekking te laat plaasvind.
Promosie Relegasie stand van VirSeker vir Beker Afdeling:
1. Helpies 123
2. Monnas. 117
3. HTS Middelburg 105
4. Menlopark 100
5. Garsies 96
6. Transvalia 92
7. Waterkloof 90
8. EG Jansen 90
9. Noordheuwel 88
Transvalia en Helpmekaar het al 7 wedstryde gespeel en die res 6 wedstryde
Slegs A en B spanne se punte tel, kry 1 punt vir deelname en 1 punt vir n wen.
@Rooibul: Finaal was verlede jaar by Tuks, neutrale venue. As ek jou reg verstaan is dit nie weer by Tuks nie en indien 2 Pta spanne finaal haal gaan nie een van hulle gasheer wees nie? Dis weird.
@Wonder:
Ja die semi is die 10de Aug by die 1stes spanne wat 1ste en 2des eindig.
Die Finaal is die 17de Aug en venue nou weer n debat.
Klink dit moet in Gauteng plaasvind om TV dekking moontlik te maak.
Pta het laasjaar hulle kans gehad. So nou leeus se beurt.
@Murrayfield: Dit gaan virseker n lekker rugbydag wees.
@Ricardo12Volkies2012:
Bly om te hoor dit gaan goed daar ook. Sukses resep daar is ook seker vir die eerste keer kan julle die seuns in heidelberg hou.
Sterkte en hou julle vorder dop.
@Rooibul: Gaan lekker wees Sat!!
@Rooibul:
Die feit dat 3 uit die 4 spanne o/14,o/16 en 1stes klaar kwalifiseer vir die semis is ongelooflik goed. Dis dieselfde skool wat paar jaar gelede gesukkel het om net in ‘n finaal van die Valke Groot Skole te kom. Hulle het nou die naweek ‘n bye. Maar al drie spanner het die span al gewen teen wie hulle in die semis gaan speel. o16 is ons grootste hoop vir die koppie, het ‘n gemiddelde telling van 45-7 die jaar… 1stes sukkel teen Lichtenburg, maar hopelik na die naweek se telling teen Middelburg kry hulle bietjie selfvertroue. o14 het nog net 1 verloor die jaar, maar die Jeugland span lyk warm. Maar met rugby kan enige iets op enige dag gebeur. Persoonlik voel ek nog 1 jaar in die liga sal goed wees vir die skool om bietjie te bou!
@Grizzly: Ja. Die Rooibulle se 0/14 en 0/16 reeds in semi, die 0/15 kan nog kwalifiseer met harde werk en n gelukkige bons van die bal hier en daar.
@Vyfster: Daai o/16’s van Nellies lyk na ‘n bulspan – hulle senters was groter as BV se slotte!
Maar jy weet, twee jaar terug was BV se o/16’s die swakste groep in die skool – ek was oortuig verlede jaar se o/16’s sou die meerderheid uitmaak van vanjaar se 1stes. Toe nie, aan die begin van die seisoen was daar net 2 o/17’s in die 1stes en hulle doen heel goed in die Plaat.
So, bottom line, ‘n mens moenie te veel lees in die onder ouderdom groepe se uitslae nie, daar loop baie water oor ‘n twee jaar periode.
En van die Plaat gepraat, ek geniet hierdie jaar baie meer omdat die 1ste spanne so na aan mekaar is, meestal 2-3 punt wenne. Baie beter as verlede jaar se weghol wenne waaruit niemand iets leer nie.
@Vyfster: Jy is werklikwaar ‘n vars briesie op die blog. Jy en die dok se stories is lekker om te lees, en dan altyd opbouend. Thanks daarvoor!
@knowthegame: Helpmekaar se juniors was strykdeur goed vanjaar – en hul eerstes ook. Was net Saterdag en teen Affies wat die 1stes gegly het. Teen Monnas het Helpmekaar goed teruggekom en nie enige span speel gelykop teen Boishaai nie.
@knowthegame: Garsies begin lyk na n heelagter fabriek,eers Abner,toe Scheepers en nou Strydom… maar Strydom is spesiaal,gebou soos n 7 flank, mens kan nie glo hys so vinnig en lig op sy voete nie.Aftrap wat Papier laat bloos dan verdedig hy nog soos n Trojaan ook…
@Valkie: ag née wat Valke , oor jaar of 2 is julle weer tussen top honde, julle is net te groot, dinge sal regkom.
Julle O16 span het BV behoorlik afgeransel, dink julle sal goeie 1stes vlge jaar he.
Jy is te pessimisties…..julle het vanjaar teen HTSM gespeel, en 1stes het met 2 punte verloor, ek ken nie res van tellings nie maar is seker julle was mededingend
Jy se dit is geen kuns om Nellies die laaste 3 of 4 jaar te klop nie…..maar laasjaar het julle naelskraap teen Helpies (2 punte) en Monnas (4 punte) in VB liga verloor , die 2 spanne wat VB finaal gehaal het.
2 jaar terug het julle makroskole finaal gehaal
Al verloor julle 2/3 wedstryde vanjaar is meeste close….net 2 wedstryde waar julle ver verloor het, en dit was vroeg in seisoen.
Gaan kyk nou na Transvalia se tellings vanjaar, of HTSM laasjaar…..horribaal.
,n skool soos Boland Landbou het baie groter pakke as julle gevat vanjaar….hulle is heel filosofies daaroor.
Die goeie nuus is dat niemand uit plaat gerelegeer word nie, 1 van uit skild gepromoveer, een na beker gepromoveer en een uit beker gerelegeer……dit is sodat beker, plaat en skild elkeen 9 spanne kan he.
Dit plaat julle in goeie posisie om vlge jaar aanslag te loods om terug in beker deel van afd te kom.
Sterkte daarmee
Wat Virseker beker makro skole betref, staan 2 spanne kop en skouers bo die ander uit.
Ek dink Monnas en Garsies baie beter as die ander. Saterdag die wedstryd tussen Helpies en Garsies bygewoon. Garsies makro pak en baie goeie agterlyn. 15 van Garsies witwarm. Helpies se ouderdom groepe kan op enige dag met bestes kompeteer.
@AntonT: Ja nee die weer was koud maar die rugby het ons almal warm gehou!Ek kon nie die tyd sien op die scoreboard nie maar het die wedstryd ook gevolg op digi tv om beter te kan sien en die eindfluitjie was so paar minute in beseringstyd geblaas.Dit was n lekker game en dis goed dat die manne bietjie in moeilike weer speel.Sien julle volgende jaar hier in die wynland??
@AntonT: Jou voorspellings van verlede week was baie naby aan korrek.
Die 1ste span van Outeniqua het regtig uitstekend gespeel. Ek het dit ook aan die afrigters na die tyd gesê. Die wedstryd was soos jy sê tot aan die einde in die weegskaal. Ek (en ek glo alle Gim-ondersteuners) was verlig toe die eindfluitjie blaas.
Ek wil net graag kommentaar lewer oor die speeltyd:ek gebruik reeds jare lank by elke wedstryd my stophorlosie want mens kan soms nie die telbord sien nie en dan weet mens ten minste self hoeveel tyd verby is. Op my horlosie is die eindfluitjie op 35 minute en 38 sekondes geblaas. ‘n Vriend wat op die pawiljoen was, het gesê dat die horlosie laat begin het in die 2de helfte. Alhoewel die tyd dalk nie op die telbord “verby was nie”, het die skeidsregter gelukkig ook sy eie horlosie. Dit is ook ‘n mens wat die telbord se horlosie beheer. Dalk moet julle uitvind wie vergeet het om die horlosie betyds te laat begin loop.
Julle kan baie trots wees op die 1ste span se vertoning.
Boishaai het weer die krane ordentlik oopgedraai die naweek, maar ek moet bieg – dit is n maer jaar vir Landbou.
Koppe af, bly nederig, werk hard, en kyk vorentoe.
@AntonT: Volvende jaar gaan Kwaggas n uitstekende span he. Hulle het regtig n uitstekende kans om volgende jaar onder die top 3 te eindig.
@Rooibul: Warm Pappa.. Warm!
@Spear: isn’t it 2…..3 GIM TIME YET?
@Grizzly: Stem saam . Ek dink Gim se span is yster en is beslis die gunstelinge.Gim se lynstane en dryfwerk is kommerwekkend goed en die span skop takties baie slim . Interskole bly onvoorspelbaar en uniek .
@Ploegskaar: Boland Landbou sal altyd ‘n puik span wees.Daar is kwaliteit talent in die laer ouderdom groepe .Jy doen goeie werk Ploegie .
@4×4: Dinge lyk goed, ook tyd..
@sharpshooter: Ek het ook gestaan en bibber en beef by die wedstryd. Ek is baie trots op Outeniqua se 1ste span. Hulle was die laaste 5 minute van die wedstryd op die aanval in Gim se kwartgebied. Een of twee keer wat ek gedink het Gim se agterlyn was onkant. En toe die ref die wedstryd ‘n minuut voor die amptelike tyd stop (die horlosie op ons puntebord hou aan loop al is daar stoppe in die wedstryd) dink ek was GIM baie verlig. Outeniqua het twee strafskoppe gemis. Gim een. En nee Outeniqua se voorspelers was in beheer van die wedstryd, maar kom ons los dit daar. Baie geluk aan Outeniqua se hokkie seuns wat die 0/14A, 016/A en 1ste span (4-0) westryde gewen het.
@Rooibul: Eks baie bly Vir die RooiBulle, Kan julle Al die Jnr afdelings wen Dink dit sal n eerste ooit wees.
Kom ons wag en Kyk…
@Rooibul: Het jy datums vir die beker afdeling? Ek neem aan dis ook 10 en 17 Aug. SA skole is 9/13/17 Aug.
@Grizzly: Die volgende spelers wat teen Kloof gespeel het Saterdag is weer volgende jaar daar: 1, 5, 6, 8, 10, 11, 13, 14 en 15. Dus behoort Affies volgende jaar kompeterend te wees. Die meer opgewondenheid egter oor die herstruktuering van Affies rugby wat die toestemming dra van die BL. Dit blyk dat hulle baie meer professioneel gaan wees in die toekoms rakende hulle benadering
@Murrayfield:
Nou raak die Virsekerbeker warm ne?
@sharpshooter: Op NS was Gim die beter span maar BH het gese dis early days en hulle was baie undercooked vir die toernooi.
Ons weet egter teen die tyd dat die beste span nie altyd interskole wen nie maar die een wat die graagste wil.
Bygese hierdie jaar imo is die spanne die beste gematch in n lang tyd.Dit gaan wie die kanse die beste gaam gebruik en verdediging.Ek se Gim omdat hulle bitter naby gekom het met swakker spanne en omdat tyd is
@jakes:
Ja. Heidelberg Volkskool sal nie lank in Skild afdeling wees nie.
Die Virsekerbeker finaal is 17 Aug by HS Alberton vir afdeling 1 en 2.
Semi die 10 Aug.
@Valkie: dit blyk dat Affies se agent nie meer werksaam is in Nelspruit nie, enige seuns wat oppad is van Nelspruit af na Affies toe daarvoor ons moet uitkom?
@apple: Long day at the office, but we will be back within the next few years
@Grizzly: Die weer was bad!Reen en nat veld maar Gim het eintlik gedomineer al se die scoreboard nie dieselfde nie.Interskole gaan baie groot wees hierdie jaar want ek kan nie sien dat daar n favourite gaan wees nie.Boishaai puik vertoning teen Landbou,welgedaan.
@ Rainier
Die Kwaggas het voorwaar ‘n goeie groep 014 manne ; maar hulle is beslis nie so oral gewerf soos wat party beweer nie.
Daar is slegs 3 seuns in die 15tal wat nie uit SWD kom nie.
En soos almal weet as n kind in swd wil groot rugby speel het hy net 2 skole om uit te kies.
Well done aan die kwaggas om die seuns in die provinsie te hou .
@Ploegskaar: well done to your u14s – they will remember for some time beating us at brug street on the main field – Boland always much better early in the morning on a winters day – they are used to working at that time
@Murrayfield: @Grizzly: Dankie vir julle saamstem.
Op die einde van die dag is die belangrikste dat ons kinders blootstelling kry op sportgebied en in ń gesonde / positiewe omgewing opgevoed word. Wen, ten alle koste, is nie alles nie, veral nie op skoolvlak nie. Maar om naweek na naweek pak te kry is nie positiewe groei nie…..sorry
@Murrayfield: Wanneer is Virseket semi- en finaal. Wil kyk of ek reelings kan tref om te gaan kyk?
@Wonder: Werk meestal Saterdagoggende.
@Valkie: Daars geen manier dat julle hoof/BL van hierdie forum weet nie…as enige nugter mens hier lees die afgelope 3 Jaar sou dinge nie so hand uit geruk het nie.
Begin on julle spelers te behou,dis n begin…Nellies kan weer Makro speel…met regte bestuur,die resources is daar…
Hulle is nie waar Garsies in 2010 was Nie..en kyk vandag.
Dit is en was en sal altyd n WILSBESLUIT wees.
@Murrayfield: Ek dog die spreekwoord is FIFO.
@Valkie: Ek ondersteun jou.
Vir my was Nellies ‘n great great rugbyskool! Dis verby, ons sal nie sommer weer vir Nellies teen die Makro Skole sien speel nie!
BL lede neem besluite wat Permanente skade veroorsaak! Egos, Egos, Egos!!
HTSM is op die regte pad… Jy wen nie al Menlo se juniors op een slag by Menlo nie. As ek reg is het HTSM 8 van die 10 wedstryde gewen Saterdag.
HTSM het aangepas en het ‘n plan!
Ons almal ken die spreekwoord….. ADAPT OR DIE!!
@tzavosky: @Vyfster: Baie gelyk met julle spanne wat teen Nellies gewen het, ons het self ń paar games teen julle gewen.
Dit is egter geen kuns om Nelspruit te wen nie nie, veral nie die laaste drie jaar nie. Die spreekwoordelike wiele het afgekom met NHS en rugby. Dit is heeltemal moontlik dat NHS volgende jaar in die skildkompetisie gaan speel.
Die eens trotse rugbyskool het blykbaar ook geen konkrete plan om dinge te verbeter nie, want dit is ń onheilige en onetiese situasie om te ‘werf’. Daar word ook niks gedoen aan die skole wat hier kom werf nie.
Atletiek, hokkie, swem en rugby word armer in die laeveld soos die stedelike skole kom aas.
Suur druiwe? Natuurlik is ek, lees bo en jy sal dit sien! Ek is kwaad omdat skolerugby (sport) verander het oor die laaste 10 jaar en hierdie skool weier om aan te pas……basta!
Kyk waar staan HTS Middelburg vanjaar, vind die antwoord en sê ek is verkeerd…….ek daag enige persoon by NHS!
@Chronicle: Was nie uitgesaai nie,baie lekkerder om in persoon daar te wees.
@Rainier: dit sal gied wees vir swd as beide oakdale en kwaggas sterk is…wens bloem kan nog n top skool
@Wonder: Nee, het nie geweet dit word gebeeldsend nie. Waar was dit op?
@Smallies: Hulle het verlede jaar wyd en suid gewerf om ‘n bulspan bymekaar te maak met die oog op die Eeufees jaar. En as mens kyk na die diepte in die groep gaan hulle gedug bly oor die volgende vier jaar.
@Rainier: Hulle beplan goed
@Smallies: Yip. juis wanneer die Gr 8’s van die jaar in matriek is.
@Rainier: het hulle nie n eeufees erns nie
Geluk Garsies, dit is ‘n mooi wen.
Ek sien die Kwagga /14’s het net-net teen Gim gewen – volgens gerugte gaan meeste van die baie warm Outeniqua /13 span volgende jaar Outeniqua toe. Daai G11/12 groep behoort baie sterk te wees as die seuns aanhou ontwikkel.
Menlo, Helpmekaar en Waterkloof elk met twee velore … nog baie om voor te speel! Saterdag … Menlo vs EG en Waterkloof vs Helpmekaar gaan bepalend wees.
Go MenloBoys!!
@Grizzly: Rustig maat… ons het nog twee games oor wat ons moet wen om 1 te eindig… dont count the chickens
@4×4: Geluk met julle interskole wen.Hoe lyk Affies volgende seisoen?Onthou jyt gese baie gr 11 in agterlyn…Gaan julle n span he om die wynlandskole vir n slag aan te vat?
@jakes: EG se eerstes was baie goed vandag!
Garsies se eerstes is seer sekerlik die gunsteling om VirSeker te vat.
…. Met EG wat die dinge kan omkrap die vlg paar weke vir semi’s…. ” There is trouble coming in Paradise….”
HTSM.. Daai juniors….beeste in wording.. Geluk GL!!
En…. Monnas is maar net Monnas!!
#bekerrugbyislekkee!
Moet se die Kwaggas vs Gim telling n surprise vir my.Is Gim besig om te slip en BH besig om te peak voor interskole? Gaan egter bly by my voorspeling vir n Gim wen..
Is Ek reg as ek se dat 1 speel 4,( Garsies vs Menlo/Kloof) en 2 en 3 speel(Monnas vs Helpies) speel semis.Beteken dit by final sal SAS spelers terug wees AS daai spanne final maak?
Amazing game deur Volkies Heidelberg, hulle het die een nodig gehad om nog kans te staan vir dis semi’s!
@Chronicle: Did you watch the game?
Menlo sowel as HTS M het ‘n paar uitstekende drieë gedruk. Menlo het HTS vir ‘n kort tydjie terug gelaat in die wedstryd, maar was voortdurend in beheer.
My gevoel … die Menlo span begin op die regte tyd peak! Sterkte vir Saterdag!! EG altyd ‘n moeilike span.
Baie geluk aan HTS se junior spanne …. Menlo was lanklaas so gekarnuffel op die vlak. Kom MenloBoys gee alles die laaste twee liga-wedstryde.
@Wonder: Ja, jy is reg. But probabilities had never been an exact science. If one assumption is wrong, it can smash the outcome.
But congrats on the win.
Monument het glo volgens gerugte vandag baie harde klippe gekou teen EGJansen vandag. Die telling vlei glo vir Monnas want EGJ was nog in die game tot laat in die 2de helfte. Laat insinking deur EGJ het die game geswaai en Monnas vinnig punte aangeteken. Kom ons hoop EGJansen kan voortou en Menlopark ‘n baie harde tyd gee volgende naweek. Dalk selfs vir ‘n verassing sorg. Kom EGJ. Koppe optel en speel soos hul kan teen Menlopark volgende Saterdag
Sjoe Volkskool Heidelberg verras met ‘n groot telling teen Middelburg. Hulle begin al hoe beter lyk. Well done.
Goeie dag by die kantoor vir Affies, Garsies en Memlo. Baie geluk seuns!!!
@Vyfster: Menlo teen Monnas gaan ook taai wees. Soos jy sê, nog baie kan gebeur. Garsies gaan daai 4 SA spelers mis.
@Wonder: my voorspelling hoog op die thread lyk darem op koers.
Garsies 1ste op log na liga fase dan Monnas, Helpies en Menlo
1 Klein probleem …laasjaar in afd 1 was die vlge 1ste spanne 1ste op log
Beker…..Helpmekaar
Plaat…..Noordheuwel
Skild…..Ben Vorster
Al 3 spanne het finaal gehaal, maar verloor teen onderskeidelik Monnas, Eldo’s en Oos-Moot
Dit het darem nie Noordhewel of Ben Vorster se promosie verhoed nie, maar bly bewys dat jy aangeskakel moet bly tot laaste fluitjie.
Garsies is tans die vormspan, maar enigeiets vorentoe nog moontlik
@tzavosky: jip, het self op digitv gekyk, was net so gebaffle deur daardie drie…….maar bly dat ons hom kon deurtrek.
Hulle maak my grys, dink dis 5de of 6de wedstryd vanjaar wat hul in laaste minuut of 2 beklink, maar dis lekker kykstof
Net jammer ek het 016 wedstryd ook gekyk, Vossies wragtie swak daar.
Baie trots op Inyati’s (2de span)…..hul het weer gewen met 2 punte…..die enigste span uit die 80 + spanne van al die skole in plaat afdeling wat nog onoorwonne is, meestal wen hul net net…..maar hulle weier om te verloor en het nog net 1 ligabepaling Oor.
Doen so voort Bulle, gaan vir nog ‘n unbeaten seisoen
@Chronicle: Jou permutasies en al die goed is nou lekker op die koffie.
Garsfontein op die staduim die leiers op eerste span vlak in Gauteng die seisoen die res is regtig , maar n geploeter. Wen of verloor.
@Vyfster: Stem, Cup is ‘n bridge too far vir BV.
Ek het die BV-Nellies wedstryd op DigiTV gekyk, en ek vat daai wen met ‘n smaail, want wragtag, daar was ‘n paar uiters verdagte beslissings. Nellies se drie net voor rustyd het soos ‘n blatante aanslaan gelyk, maar aan die ander kant, jy hou nie op speel voor die fluitjie blaas nie, so hopelik het ‘n paar manne vandag ‘n les geleer.
@Wonder:” Ons” is mos altyd ons, Garsies Gedog my lekker dag is ? toe
@Grizzly: Jy moet fokus,Garsies was weer warm vandag.
@Djou: thanx, née ek dink nie ons sal plaat algeheel wen nie, om op te skuif moet al jou spanne goed doen, nie net 1stes nie
Vandag het 1stes, O15A, en tweedes gewen terwyl al die b spanne verloor het
Dink net ons O15A en 1stes gaan semis maak…..dit is waar die punte le
Tans is al die skole baie gelyk, maar algeheel is Marais Viljoen met kortkop voor om te promoveer.
Sal baie lekker wees as dit dalk gebeur, maar ons sal maar klippe kou in daardie afdeling
@BoishaaiPa: wat jy van hope tellings in VB se is net so waar in wedstryde tussen die premier A skole in die Wes Kaap
Vandag se 1ste 2 tellings wat deur Komi is 60-14 en 42-14.
Vroeer verloor BL 19-53 teen Bishops, 3-59 teen Gim , maar wen Wynberg 62-31
Gim se 42-15 teen PR, 41-19 teen Sacs en 31-10 teen Bishops ook groot tellings
So kan ek aan gaan, moet seker bly wees dat Sacs en Wynberg teen julle onttrek het, ek sy om te dink hoe hoof daardie tellings sou wees
Dit is maar om te wys dat presides dieselfde tendens van groot oorwinnings tussen julle premier A skole is……
Die VB Is egter meer onvoorspelbaar en lewer meer verrassings op….laas jaar het Helpies vir Monnas in liga gewen, maar groot pak in finaal gevat.
Garsfontein het teen Transvalia en baie ver teen Monnas verloor in Tuks reeks (31-68), maar teruggekom en beide in VB se liga deel geklop, net om weer ver teen Monnas in semi finaal te verloor……dus tellings was 31-68, toe 49-39 en toe 14-45…..dit is wat dit nogal opwindend maak, moeilk om wenners te voorspel…al is tellings(nes by julle) soms baie hoog
Afrikaanse Hoër Seunskool teen Hoërskool Waterkloof 20 Junie 2019.
O/14
A teen A: Wen 34-5
B teen B: Wen 45-7
C teen C: Wen 52-0
O/15
A teen A: Verloor 17-19
B teen B: Wen 54-5
E teen C: Verloor 10-12
O/16
A teen A: Wen 45-19
B teen B: Wen 57-3
Oop spanne
9de teen 5de: Verloor 5-38
5de teen 4de: Wen 72-0
3de teen 3de: Wen 41-7
2de teen 2de: wen 61-20
Witbulle teen 1ste: Wen 44-27
Gespeel: 13
Gewen: 10
Verloor: 3
Gelykop: 0
Punte vir: 540
Punte teen: 162
Gemiddelde telling: 42-12 vir AHS
@Smallies: Eishhhhhh!
Paarl Gim het geswoeg met 11-8 wen teen Kwaggas. Wen is ‘n wen.
@Djou: 58 0
@Smallies: Score?
@Wonder: ?
Baie geluk Grey kollege baie mooi wen seuns….
@Djou: Skuus
@Wittes: Enige verdere telling daar?
@Vyfster: Enige wen op Nelspruit is ‘n goeie wen. Gaan julle volgende jaar opskuif bekerafdeling toe?
@Skopgraaf243: Wow, geluk maar waar is die verdediging.
@Wonder: Maar jy het my amper ‘n beroerte gegee.
Maar ek verstaan.???
Baie geluk Menlo! Benoud gewees op telling 38-34 maar mooi teruggetrek, 64 – 47 Hts Middelburg.
Baie geluk ook aan HTS met die wen v hulle juniors, daai u16 is ysters v julle
@Grizzly: @Djou: Ai manne,nou hoe verstaan julle nou so verkeerd. Wanneer jy by Helpmekaar rugby kyk sê die scoreboard Ons en Hulle. So Ons het 22 en Hulle het 50. Garsies het great gespeel,Hulle,wat eintlik Ons is,het vir Helpies,wat eintlik hulle is seergemaak
@Ploegskaar: daardie nr 3 van Boishaai is n beer….
@Djou: Dankie tog,mooi Bere!Eks oppad terug van die hospitaal
PRG 42-14 SACS
Hockey PRG 3-0 SACS
HJS 60 Landbou 14. Net te veel talent die jaar en uitstekend met turnovers convert.6,10,13 was ysters en 3 Sebastian gaan dit ver bring, en nog net gr11. Played HJS ??????
Ben Vorster 35-33 Nelspruit
Close, maar ons sal enige dag weg wen vat teen Nellies, dis nie maklik daar nie, so trots oppie Vossies.
@Grizzly: @Wonder: Score verkeerd om!
Garsies 50 Helpies 22. Pas bevestiging ontvang.
@Djou: Hoe verklaar mens daai score?Het almal gespeel?
@Wonder: Eish, groot loesing daardie.
Helpies lyk my was omgekrap na die Monnas game.
Kwaggas 5- Gim 5…..sitter gemis deur Kwagga fullback
Ons 22 HULLE 50
Manne wie het die kinders van HTS Middelburg so omgekrap, hulle het gekom om te jol, en nie vir die braai nie
Ek dink net die 3e span v Menlo het gewen.
Kom ons kyk wat doen 1ste span
Menlopark vs HTS Middelburg
U14 – 3 vs 26
U15 – 7 vs 14
U16 – 32 vs 36
Gaffel die rooi masjien ons vandag
Battle of the Grey’s vandag sterkte aan beide Grey’s ,julle is in n baie elite groep met twee uit drie in Suid Afrika….sal dit kwaai laaik om eendag n driehoek toernooi te sien met al drie skole op een plek
@Grizzly: Fight vir daai 4 de plek dan is dit uitklop rugby,enige iets dan moontlik…
@Ploegskaar : Sterkte vir more Ploegskaar . Gaan baie taai wees ! Ek gaan vir Boishaai met 1 punt maar enige iets is moontlik !
@AntonT: Sterkte vir more Anton . Gim het ongelooflike span so ek glo hul eerste span sal wen maar weet jou span sal hul bes gee !!
@Grizzly: …ons gaan meer as luck nodig hê, maar ek probeer myself oortuig om positief te bly vir kinders. Ek oorweeg selfs om te bedank, en myself beskikbaar te stel vir volgende jaar se afrigting as “coach vir die coaches” sou dit so aangaan.
NET OM VERSKIL TE MAAK
Daars ook nou al méer afrigters as by die Bulls. Miskien is dit die probleem dat elkeen hulle eie gameplan het, wie sal nou weet:lol: …met ‘n coach, 2xhulpcoaches, visio, defence coach, rugbyhoof, 10-ouers, stasie meester, burger meester, …ens, ens dit gaan VERSEKER lekker daar
@Skopgraaf243: Good luck met daai sleutel.
@Rugbyrealis: Forget it. He will never stop it.
So don’t waste your breath on …
@Spear: Spear besef jy nie dat in rugby is daar deesdae groot tellings in alle kompetisies.Superrugby: Bulle wen 40 – 5 teen Stormers maar verloor met 50 teen Chiefs. Moet die beker nou weggevat word daaroor? Nee EG Jansen het 38 punte aangeteken. Punt is dit is nie bekerrugby se skuld nie!! Bokke verloor 49- 0 teen Aus en 10 maande later wen hulle WB. Los asb nou die Beker – ding. Die reëls is van so aard dat jy baie vinnig 50 kan vat maar volgende week deel jy weer uit.
@BoishaaiPa: Ek het nogal die selfde ding gesit en dink,die final score is ook baie naby aan mekaar
@Carl de Kock: So I guess the menige oud-Greys must have been worried against Menlopark too. Because Grey was 22-7 behind just as the half time whistle was to go.
@Smallies: Dit was amper n herhaling van 2 jaar terug se game in Bloem.. 1ste helfte het Grey geslaan en elke keer het BH teruggekom metook n drie.. Maar kon niks oorskop nie.. Dink halftyd telling was 19-15 0f 21-15 in Grey se guns… Toe beleef BH n goue 10 minute in 2de helfte waar niks verkeerd loop nie en hulle sit die game weg.. Grey het soos nature hard teruggekom maar die verskil was net te groot… Baie dieselfse gebeur vanjaar.
Ek dink Boishaai het baie goed in die wedstryd gedoen. Menigde Grey oudskoliere seg dat hulle bekommerd was teen halftyd, maar ja – in die tweede helfte het ons n bietjie konsentrasie verloor, die reisgogga het ingeskop en Grey het soos natuurlik eenvoudig na die volgende rat oorgeskakel.
@BoishaaiPa: Boishaai was rof daai eerste helfte , dis nou nog een van die beste games van die jaar
@Rugbyman: Dit was ja..1ste helfte vir BH en 2de Helfte vir Grey..ongelukkig teken hulle einde van 2de helfte se telling op!
@Spear: ???
@Rugbyman: Bishops speel ook hardlooprugby ?
@Spear: Absoluut!
@Rugbyman: Hardlooprugby wen nie bekers nie. As ek saam met @BoishaaiPa na die kriekettellings kyk, moet daar meer op verdediging gekonsentreer word.
@Spear: Neewat dankie… ons geniet dit! Each to his own!
Beker rugby of te nie, Garsfontein sal in elk geval dieselfde tipe rugby speel… Ons probeer aantreklike, hardloop rugby te bevorder…
@Rugbyman: Stop die bekerrugby!
@BoishaaiPa: Ja… Grey se wen oor Boishaai was ook dan seker ‘n easy game as ek so na die score kyk… ?
Obviously is daar taaier games in die kompetisie as ander, maar geen span kan ‘n ander een onderskat nie…
@Rugbyman: As ek so na sommige tellings van vanjaar se VB kyk is ek geneig om nie met jou saam te stem nie…52-16, 44-27, 55-21, 92-12, 43-7, 50-22, 50-5, 80-38, 69-32…Dit lyk na redelike easy wenne vir my.
@Skopgraaf243: Jy is 100% reg! Daars geen easy game in die Virseker beker nie! As jy iemand onderskat sien jy jou gat! Glo my ek is terdee beus daarvan…
@Grizzly: Kommotikind, jy sal wel bewus wees van ál jou opponente vir die res van die jaar!
Jy van almal behoort teen die tyd, dat daai vier spelers ‘n teiken op julle rug geplaas het vir die res.
PS:
Ás en meen as , Menlo se coaches die sleutel kan kry vir die span, kan daar nog paar draaie gery word voor die jaar om is!
@Murrayfield: Ek sien hulle en weet, maar AM en skoppi is besig met my toe gooi ek hom so bietjie
@Grizzly: Moet nie worry oor Monnas nie.. Menlo is potent!!!!!
@Rugbyman: Menlo geen probleem, worry oor Monnas.
Die naweek is daar 58 verskillende wedstryde tussen Outeniqua en Paarl Gim.(Rugby , Hokkie en Netbal) Ons moet vir Knysna en Glenwood dankie se dat hulle van hulle rugby spanne beskikbaar gestel het om te help.
As ek realisties kyk dink ek Outeniqua sal 2 wedstryde in die rugby wen. 0/14A en 0/14B. Ek hou duimvas vir die eerstes!
@AbsolutMenlo: Kalm… Grizzly praat beslis nie namens ons nie… sy opinie rondom ons is sy eie… Menlo is altyd BAIE taai!
@Wonder: Ek het gekyk na die punteleer en verskeie permutasies getoets, gegewe die huidige punte. Wat ek hierbo gegee het is die uitkoms van waarskynlikheidstoetse, gegewe toekomstige teenstaanders.
Terloops jou 360 grade is korrek en Blou Lou se 180 grade is verkeerd.
@Carl de Kock: ‘glans
Iemand moet regtig n plan maak dat die SAS spelers nie uitgesluit word uit enige wedstryde van hulle betrokke skole teen die einde van die seisoen nie.
Soos bv, dit neem die glas van die Prg/Gcb wedstryd af..
Regtig, maak n plan die wat in beheer is, dit is nie so moeilik nie – daar is regtig baie meer ingewikkelder probleme in die wereld om op te los…
@Grizzly: …. ek praat in algemeen geen verwysing na Menlo. Weet mos julle hoef net op te daag teen Menlo?
@Skopgraaf243: @AbsolutMenlo: Ek praat van Monnas se game, Menlo pla my Nie sonder daai 4,Monnas wel.
@Grizzly: … daar was lanklaas beker rugby!
Speel die wedstryde soos hulle bepaal is?
@Grizzly: …klink my jy is alklaar besig om die tafel te dek, #NIEopvolsterkteNIE:twisted:
@AbsolutMenlo: Jy was so lanklaas hier jou Avatar is n spook!Monnas moet in stem vir skuif van wedstryd,maar hulle is ysters,wil die beste span speel anders beteken die wen niks
@Murrayfield: @Wonder: Indien Monnas daar sal wees? Grapkous. Waar anders sal hul wees?
@Chronicle: I don’t think Virseker agreed to move it last year.Garsies played without Jurich against Monnas.
@Chronicle:Jy reken Helpmekaar gaan Saterdag vir Garsfontein wen?
Sterkte vir die MenloBoys! Al die spanne nog in met ‘n kans.
Garsfontein vs Helpmekaar gaan groot wees die naweek.
@Murrayfield: Think Helpies will end tops, followed by Monnas, Garsfontein and Menlopark.
Monnas and Garsfontein will battle it out for a place in the final.
I think I read somewhere that Virseker semis and final will be moved to accommodate the schools with SA Schools players.
@Murrayfield: Ek hoop hulle skuif die games,het nog altyd met SA spelers.
@Rugbyman: lol….glad nie wat ek bedoel nie..
Tans reken ek Garsies gaan 1ste op log eindig, dan Monnas en Helpies wat vir 2 en 3 gaan uitbaklei, en waarskynlik Menlo op 4
2 en 3 gaan mos in semis teen mekaar speel, daarom dink ek Helpies/Monnas gaan weer mees waarskynlik in semis weer teen mekaar speel…..laat ons maar wag en sien
@Wonder: Indien Monnas daar sal wees ook sonder hulle twee beste.. Kom sie kom sa!
Garsies het baie baie diepte!
@Carl de Kock: Nie Grey nie…. Jammer… Hulle kan en het al sonder sulke spelers sukses behaal teen topskole.
Arme Grey.
Hulle verloor vir Venter, Wessels, Cronje (Kaptein) en Sesonke voor.
Haal 5 manne, en n kaptein, uit enige pak voorspelers uit – dit het n helse effek, of jy dit nou wil weet of nie.
@jakes: Dankie vir die kompliment. Het nie so groot telling verwag nie.EG sal nie gaan lê nie. Ons het baie diepte voor, die 3 seuns agter is werklik goed,sal meer sien,tyd vir graad 11 seuns om kanse te gebruik.
@Carl de Kock: Ek verstaan, sal graag wil hê die beste moet teen mekaar speel. Seuns,afrigters en ondersteuners verdien dit tog. Kan tog gereël word.
@Wonder: Garsfontein het genoeg diepte. Hulle hoef nie die games te skuif nie.
Kom ons hoop EGJansen verloor nie moed nie en tel hul koppe op teen Monument die naweek. Anders gaan die telling weer lelik wees.Sterkte EGJ. Nog 3 games oor vir die jaar. Moet nie handdoek ingooi nie.
@Wonder: Prg en Grey se wedstryd gaan aan ongeag wie en hoeveel SAS spelers betrokke is. Laat die manne speel en die diepte tel en hul ding doen!
@Djou: Saterdag se game tussen Helpmekaar en Garsies gaan waarskynlik bepaal wie eerste,tweede en derde eindig saam Monnas. Groot vraag is wie gaan vierde plek wat, Kloof of Menlo. Halfeind en finaal sonder SA skole spelers of sal die games geskyf word? Nogal onregverdig as jy sonder 4 spelers moet klaar kom.
@Vyfster: Yip, jy is reg. Lyk my jy klop Helpies deur die bal weg te hou van hulle en nie die bal te verloor onder druk nie.
Maar Virseker is hard en soos @Rugbyman: tereg opmerk en Waterkloof bewys het, enige span kan op die dag wen.
Glenwood Old Boys Day. Rugby vs Overport High School Horseflies. Very excited!
@Vyfster: Ag eks so bly daars net 2 spanne in die Virseker! Monnas en Helpies… Ons ander spanne sal dan maar baklei vir die 3de plek…
@Djou: lol….Goodman was die verskil met sy 3 briljante driee , maar kan Monnas hom nie bietjie meer kos gee nie , hy is darem wragtig maer verby.
Maar goed gespeel, jong man!
As ek Helpies se afrigter was, het ek my polse afgekou, veral in 1ste helfte..lol
Dink 5 strafskoppe kantlyn toe is nie uitgeskop nie, verdediging in middeveld non-existent, elke 2de lynstaanbal bo oor spelers se koppe gegooi….Basic foute.
2de helfte veel beter vir Helpies, maar nes hul binne trefafstand kom druk Goodman ‘n langafstand drie! Moes nogal frustrerend gewees het …..miskien pak hulle mekaar weer in semi of finaal vanjaar, ek sal nie te gerus wees as ek Monnas is nie, hul het gerieflik gewen….maar op ander dag kan dinge om draai….soos laasjaar se liga en finaal getuig
@4×4: Tx my maat! Baie trots!
Baie geluk Garsies met julle 3 manne in die SA Skole span en een in die A Span.
Het die Monnas vs Helpies gisteraand na die krieket en tennis gekyk.
Great game. Individuele briljantheid van Goodman het Helpies geklop. Beste gestruktureerde spel was Helpies in 2e helfte toe hulle begin bal kry en Monnas se verdedigers intrek en wyd speel. Sjoe, Botes het geleerde skopvoet, maar Goodman bring briljantheid.
WOW groot games die naweek. Ek dink HJS gaan Boland opvreet.
Outeniqua gaan Gim se eerste span verras en wen met 7. Grey Bloem gaan groot telling opsit teen Grey PE. Verrassing van die jaar vir my is Sentraal. Hulle is besig om kop op te tel. Hou hulle dop. Met nuwe afrigtings korps en n wil om te verbeter gaan dit goed op die oomblik.