Waterkloof’s awesome 2019 fixture list

Sadly Klofies won’t be part of the excellent Virsekerbeker Cup competition in 2019 but what a lekker fixture list they have compiled for the season. A major but welcomed surprise is the trip to George to play the Outeniqua Kwaggas on 09 August 2019.

# DATE EVENT
1 Sat 02Mar Waterkloof Montana
2 Sat 09Mar Helpmekaar Waterkloof
3 Fri 15Mar Waterkloof Boland Landbou Noord-Suid
4 Tue 19Mar Waterkloof Durbanville Noord-Suid
5 Sat 06Apr Waterkloof Nelspruit
6 Sat 13Apr Waterkloof Tranvalia
7 Thu 18Apr Waterkloof TBA KES Easter Rugby Festival
8 Sat 20Apr Waterkloof TBA KES Easter Rugby Festival
9 Sat 27Apr Waterkloof Grey College
10 Thu 02May Welkom Gim Waterkloof Wildeklawer
11 Sat 04May Diamandveld Waterkloof Wildeklawer
12 Sat 11May Waterkloof Monument
13 Sat 18May Waterkloof Menlopark
14 Sat 25May Waterkloof KES
15 Sat 01Jun Noordheuwel Waterkloof
16 Sat 13Jul
17 Sat 20Jul Affies Waterkloof
18 Sat 27Jul Jeppe Waterkloof
19 Fri 09Aug Outeniqua Waterkloof

35 Comments

  1. avatar
    #35 tzavosky

    @Grizzly: Ek ken Leon baie goed van sy Tzaneen dae en het lief en leed met hom gedeel. Ook dikwels daarna met hom gepraat toe hy hoof by Lichtenburg geword het, maar het ‘n bietjie kontak verloor vandat hy by julle is.

    Uit ervaring weet ek egter die hoof kan dit nie alleen doen nie – verhoudings tussen skole word dikwels deur die BHL’e bepaal.

    ReplyReply
    17 November, 2018 at 17:06
  2. avatar
    #34 2021

    @Vyfster: Vyfster lekker om te lees hoeveel goeie afrigters vanuit BV na groter skole gaan. Ons skolesport het goeie afrigters nodig wat die wese van skoolkinders verstaan. Baie geluk.
    Jou opmerking t.o.v. Hein is n baie interresante een. Hy het in 2019 n enorme taak op hande.Die span wat hy volgende jaar gaan afrig het n paar ekstra tree om op te maak. Verder is 2019 se o/16 groep n baie sterk kompetisie groep. Dus gaan dit n enorme vuurdoop wees vir hom. Ek moet uitwys dat daar n paar baie talentvolle afrigters op die oomblik by Paarl Gim se junior spanne is, wat sterk kompeteerders sal wees as Pieter na die volgende geleentheid aanbeweeg. Dus gaan jou woorde dalk profetiese woorde word. Sien uit na jou stelling in die toekoms..

    ReplyReply
    17 November, 2018 at 12:22
  3. avatar
    #33 Grizzly

    @tzavosky: Leon Bantjies, Garsies se hoof is n Yster en die gebaar is tipies van hom.Hys op Alle vlakke by die Skool betrokke en is n rugby man.Ek hoor jou,my hoop is Vir 2020,Ek glo dit gaan gebeur.

    ReplyReply
    17 November, 2018 at 11:56
  4. avatar
    #32 tzavosky

    @Grizzly: Gisteraand was BV se (laat in die jaar) rugbydinee en ek het kans gehad om met Kloof se nuwe hoof te praat – hy sê Garsies se hoof was die eerste ou wat hom gekontak het om geluk te sê. So, ek skat dis ‘n goeie begin, maar hulle sal waarskynlik die BHL’e met mekaar moet laat praat.

    ReplyReply
    17 November, 2018 at 11:28
  5. avatar
    #31 Grizzly

    @sewes: Jys reg,Klofies wen,baie geluk.

    ReplyReply
    12 November, 2018 at 10:01
  6. avatar
    #30 sewes

    @Grizzly: As ek dit reg het was dit ook Kloof teen Garsies.

    ReplyReply
    12 November, 2018 at 08:12
  7. avatar
    #29 Grizzly

    @sewes: Nee,wie was in die final,Nou gegoogle maar kry niks.Ja,Soos @Vyfster of @Tzavosky se met albei van Tzaneen en hopenlik vriende/kennise,is die nie speel nie hopenlik in 2020 op n einde.Albei skole sal Moet doen wat nodig is on dit te maak werk,tot n vergelyk Kom as daar issues is wat krap.Die derby is n moet vir almal betrokke,spesifiek vir die kinders van albei skole.

    ReplyReply
    11 November, 2018 at 17:32
  8. avatar
    #28 sewes

    @Grizzly: Het juis nou in geloer op die blog om te sien of iemand die score het lees deesdae maar min die blog.
    Baie geluk! Weet jy wat was die o\15 se uitslag?Net bly om te sien ons speel darmteen mekaar(belaglik)

    ReplyReply
    11 November, 2018 at 10:28
  9. avatar
    #27 Grizzly

    @sewes: Het jy en @Leelu enige belang by krieket?Wat n awesome final tussen Kloof en Garsies.Geluk aan Garsies met die GM Noordvaal trofee….Eerste keer wat hulle champs is.Die game is in die final over gewen.Great stuff Ysbere!!

    ReplyReply
    11 November, 2018 at 10:19
  10. avatar
    #26 Vyfster

    @tzavosky: jo dis NIE goeie nuus nie
    .so Monnas het ons krieketafrigters gevat, Paarl Gim ons rugbyafrigter en nou ook netbal afrigter
    Waterkloof ons hoof…alles in laaste 2 jaar
    Moet dit seker as aweregse kompliment vat :wink: Bly Hein doen goed by PG …gaan nog by slaptjips oorneem, mark my words.
    Wonder of me Fasondini die 4rdes sal Kan coach, terwyl sy waarneem :lol:
    Sterkte vir hul almal , veral vir kloof se nuwe hoof…dit moet nogal ‘n taai toffee wees.
    Jy is reg , sy voorgangers was reuse in hul veld
    Piet Swart president van Sa skool hoofde vereniging her diep spore getrap, Basie Janson het na BV hoof geword van Potch Gimmies, wat veral destyds 1 van die 3 gesogste hoofde poste in ou transvaal was, veral weens noue band met Pukke.

    Sover ek weet was sy pa onder andere hoof van Merensky en later direkteur van onderwys in Transvaal.

    Wonder wst Kloof se ouers terugskouend van dr Becker van destyds dink. Almal weet van sy seun natuurlik asook sy finansiele ongerymdhede…maar hy het wel vir Kloof tot groot hoogste gelei.
    ..wat doen die man deesdae?

    ReplyReply
    1 November, 2018 at 21:18
  11. avatar
    #25 AntonT

    @Rainier: Volgende jaar se o/14 groep is in Gr12 wanneer die skool ‘n 100 jaar oud word. So daar word dalk meer van hulle verwag as gewoonlik…

    ReplyReply
    1 November, 2018 at 17:31
  12. avatar
    #24 Smallies

    @tzavosky: daai klein skooltjie boks nogals ver bokand sy gewigs klas as ek so na sy oponente laasjaar kyk

    ReplyReply
    31 October, 2018 at 18:22
  13. avatar
    #23 tzavosky

    Weet jy, ja, ek het nie ‘n te groot pyn as van ons afrigters daai kant toe skuif vir groter blootstelling nie. Juis vandag lekker gesels met Paarl Gim se o14 afrigter van die afgelope twee jaar, wat voorheen by BV afgerig het. Ek hoor hy is bevorder tot PG se o16 afrigter vir volgende jaar, wat ek goed vind – nooit getwyfel oor die man se vermoëns nie.

    Anders gestel, in my seun se Gr11 jaar gaan speel ons die Pta been van die destydse Atlantic 7’s. By die beamptevergadering die oggend vra een ou, “Van waar is hierdie BV?” Sê ‘n ander, “Man dis so ‘n k*k klein skooltjie van die Laeveld.” Raai, toe wen die “k*k klein skooltjie” die toernooi, en daai afrigter wat nou by PG is, was toe ook die 7’s afrigter.

    ReplyReply
    31 October, 2018 at 18:15
  14. avatar
    #22 Smallies

    @tzavosky: daai straat loop in twee rigtings my maat,vra maar die Boishaai manne met watter pad hulle ikon op ry JHB toe

    ReplyReply
    31 October, 2018 at 14:19
  15. avatar
    #21 tzavosky

    @Vyfster: Jip, ek deel jou opinie oor hoe Chris de Nysschen uit Piet Swart se massiewe skaduwee geklim het en sy eie persoon geword het, krediet daarvoor.

    Maar daar is nog slegte(r) nuus – BV se 1ste netbalspanafrigter, wat hulle ‘n top16 skool in die land gemaak het, is op pad Paarl Gim toe. Dis soos @Ploegskaar gesê het, Paarl se hoofstraat loop tot op Tzaneen!

    ReplyReply
    31 October, 2018 at 12:51
  16. avatar
    #20 Rainier

    @AntonT: Julle manne is ernstig oor julle rugby. Volgende jaar se /14 groep se assessering klaar gedoen en oefenprogramme opgestel en uitgedeel. Baie indrukwekkend. 3 van ons staatmakers speel volgende jaar by julle, ek is seker hulle gaan dit baie geniet.

    ReplyReply
    31 October, 2018 at 06:59
  17. avatar
    #19 Vyfster

    Gepraat van Bulle se prestige rugbydag
    Daar is iets wat ek nie kan kleinkry nie.
    Dit is ‘n spesiale dag vir die skoolspanne Bulle spelers word aan hulle toegeken word bietjie bederf..
    Maar die groot aantrekkingskrag is due geleentheid om op Loftus Versveld se stadion te speel
    Iets wat min skolespelers ervaar
    As Beet se program reg is ..
    Speel die einste Waterkloof en Ben Vorster om 5 PM in stadion geen mekaar.
    OP presies selfde tyd speel Sentraal bam Bloemfontein en Ben Viljoen van Grobletsdal teen mekaar op die B veld.
    Enigste 2 spanne wat op B veld speel, terwyl die ander 16 spanne almal in die stadion speel
    Is dit nie ietwzt can “n klap in die gesig nie?
    Of is dit net ek wat so voel?
    Ek speel eerder 7 am op stadion, as 5 PM op B veld.
    Veral as almal gaan kyk hoe BV vir WK pakgee :lol: :lol:

    Ok, ek weet BV het laaste 2 Kerr by KES teen Kloof verloor, maar was darem redelik close :lol: close

    Terug by punt, jy kan nie 18 skole uitnooi, en 2 soos uitgeworpenes behandel NIE.. so ek hoop die organiseerders mask plan met Sentraal en Ben Viljoen

    ReplyReply
    30 October, 2018 at 22:59
  18. avatar
    #18 Vyfster

    Ironies en heel toevallig speel Kloof en Ben Vorster in een van die 1ste wedstryde van die jaar teenmekaar
    Dit word nie hierbo aangetoon nie, maar hul pak mekaar op die Bulle sr prestige rugby dag op Loftus.
    Seker die hoof sal maar gemengde gevoelens he daardie dag.
    Tzavosky is reg , ek ken hom nie juis nie net 2 Keer ontmoet
    1ste keer kort na sy aanstelling as BV se hoof.
    Tot my skande get ek hom ietwat lig in die broek geskat op eerste taksering ,en hy het ooggebrek wat nogal opvallend is met 1ste ontmoeting,maar hy was ‘n goeie hoof en sal ‘n aanwins vir WK wees , veral as hy goeie BL agter hom het. Hy het my verkeerd bewys, en sy omgee , passie en harde werk vir BV het nie ongesiens verbygegaan nie.
    Alle sterkte vir hom en sy familie, sy vrou dink ek is ook in die onderwys so sy sal ook waarde toevoeg.

    ReplyReply
    30 October, 2018 at 22:22
  19. avatar
    #17 Grizzly

    @tzavosky: Dankie,Ek hoop hy kan sanity na PTA toe bring en sy eie besluite neem en hom nie laat voorskryf.Hy sal tyd nodig he in die stoel maar baie sterkte aan hom en Kloof…

    ReplyReply
    29 October, 2018 at 18:39
  20. avatar
    #16 tzavosky

    @Grizzly: Ek dink ek ken hom dalk beter as @Vyfster, wat nie hier woonagtig is nie, maar goed op hoogte is van wat hier gebeur.

    Nee, hy is nie uit en uit ‘n rugbyman nie, meer ‘n kultuurman, wat alle aspekte van die skool steun en sorg dat hy daarby betrokke is.

    ReplyReply
    29 October, 2018 at 18:21
  21. avatar
    #15 Grizzly

    @tzavosky: Dit sal great wees…Kan @Vyfster ons bietjie meer agtergrond gee..Is hy n rugby man?

    ReplyReply
    29 October, 2018 at 18:02
  22. avatar
    #14 tzavosky

    @AntonT: Die ander punt is, met Garsies se hoof ‘n oud-onderhoof van Merensky, is daar dalk ‘n moontlikheid dat die twee skole kan vrede maak, hoewel die twee nie in dieselfde tyd op Tzaneen was nie.

    ReplyReply
    29 October, 2018 at 17:01
  23. avatar
    #13 tzavosky

    @AntonT: Jip, dis eers vandag bekend gemaak hier. Interessant hoe vinnig sulke nuus trek – direk na ek gehoor het (soort van uit die perd se bek) het ek dit op ons gesin se Whatsapp groep genoem, toe laat weet my dogter in Nederland sy het klaar gehoor!

    In elk geval, groot verlies vir BV, aangesien hulle beroemde Spuds span nou sy afrigter verloor! :twisted: :twisted: :twisted:

    ReplyReply
    29 October, 2018 at 16:58
  24. avatar
    #12 AntonT

    Ek sien Ben Voster se hoof het die pos daar by julle aanvaar…interessant! Chris Denysschen

    ReplyReply
    29 October, 2018 at 16:21
  25. avatar
    #11 sewes

    @AntonT: Sterkte daai is n strawwe een.Lyk my die vlg twee jaar het julle die “dream team” daai o\16 van julle het min games verloor hoop (hoop nie :twisted: )hulle kan dit vol hou.

    ReplyReply
    25 October, 2018 at 20:46
  26. avatar
    #10 AntonT

    Gaan lekker wees om ons laaste wedstryd volgende jaar teen Waterkloof te speel. ‘n Rowwe speellys wat op ons wag. Met Affies, Grey College, Paarl Gim, Paarl boys high, Oakdale, Drostdy, Garsfontein, Stellenberg, Durbanville, Framesby en Noord Kaap wat op ons wag. Dan nog twee internationale spanne.

    Dit gaan ‘n interressante jaar wees. As ek kyk na hoeveel eerste span spelers hierdie jaar gr11 was en die spelers wat uit die o/16 groep kom , dink ek dit mag dalk net ‘n goeie jaar vir die kwaggas wees.

    ReplyReply
    24 October, 2018 at 17:39
  27. avatar
    #9 Leelu

    @Grizzly: Stem. Garsie derby en Virseker :lol:

    ReplyReply
    19 October, 2018 at 10:16
  28. avatar
    #8 sewes

    @BlouLou: @Grizzly: Stem saam!

    ReplyReply
    19 October, 2018 at 08:09
  29. avatar
    #7 Grizzly

    @Leelu: Hoop dit gaan n goeie Jaar wees,nou moet net die Garsie derby weer gespeel word.

    ReplyReply
    19 October, 2018 at 08:03
  30. avatar
    #6 beet

    Sorry guys. I think I jumped the gun on the Klofies vs Glenwood fixture. It’s definitely HTS vs Glenwood on 13 July 2019

    ReplyReply
    18 October, 2018 at 20:42
  31. avatar
    #5 Leelu

    Sterkte vir 2019. Glo, hoop en bid dat dit ‘n goeie rugby jaar sal wees. Goed om te sien dat ons weer teen Nelspruit speel asook die derby teen Tranvalia.

    ReplyReply
    18 October, 2018 at 20:34
  32. avatar
    #4 Rooibul

    Hier moet ‘n fout wees.
    Soos ek verneem speel Glenwood die 13 Julie teen HTS Middelburg.

    ReplyReply
    18 October, 2018 at 19:10
  33. avatar
    #3 BlouLou

    Hoop rerig die manne lewer beter resultate. Die 1stes van 2019 gaan sekerlik sterker staan as 2018, maar die o/16 het n ernstige paar vrae om te beantwoord. Die 2018 druppels ( o/14 span) het goed reggemaak aan die einde van die seisoen met mooi wenne teen Jeppe KES en Affies, so daar word meer van die groep verwag. Hopelik sien Kloof af van die beleid om net in graad 8 beurse aan te bied en neem hulle n meer gebalanseerde uitkyk op die hele storie. ( veral met die nuwe bestuur, hoof en sporthoof ). Maar weereens n relatiewe wille lys. Nie seker enigemad anders is bereid om soveel top 10 skole te trotseer nie

    ReplyReply
    18 October, 2018 at 16:38
  34. avatar
    #2 Cappie

    Goeie program vir Klofies. Ek sien hulle speel met die uitsondering van ‘n paar spanne in elk geval teen meeste van die spanne wat in die Virsekerreeks deelneem. Hoe dit ookal sy, lekker gebalanseerde schedule met ‘n paar top skole teen wie hulle speel. Sterkte vir volgende jaar Klofies. Sien uit na die wedstryd op 20 Julie.

    ReplyReply
    18 October, 2018 at 16:31
  35. avatar
    #1 sewes

    Geluk aan die manne by Kloof great program.Hoop daar is genoeg diepte, dit raak straf hier na die einde toe.
    Soveel so vir in die niet verdwyn en dat niemand meer teen ons gaan wil speel nie.

    ReplyReply
    18 October, 2018 at 16:21

Leave a Reply