On TV – Supersport 210 at 14h50
The Affies Witbulle have to quickly put Monday’s massive Wildeklawer game against HJS Paarl Boy’s High behind them and prepare for an onslaught of equally great proportions when they take on the “Le Bleus” of Grey College in what will be one of the high profile matches of 2016 and a defining match in terms of the national number one position for 2016. Although Affies lost for the first time this year, going down 29-25 to undefeated Paarl Boys’ High, their chances of claiming top place in SA are still very much alive. Equally so for Grey College who are also unbeaten so far in 2016. Whether Saturday’s losing team gets eliminated from challenging for top berth is also far from conclusive. There are several hard matches ahead for both including HJS versus Grey College. Also very much still in the race are Glenwood who are yet to lose a match and Paarl Gymnasium who have only lost one game this season.
Affies – Grey College
The matches between the tops schools from Pretoria and Bloemfontein has produced some very attacking rugby and high scores in recent years. An aggregate of 252 points at an average of 63 per game in the last four meetings to be precise.
2012 | Affies | 35 | 29 | Grey College |
11/05/2013 | Grey College | 31 | 37 | Affies |
10/05/2014 | Affies | 31 | 42 | Grey College |
09/05/2015 | Grey College | 18 | 29 | Affies |
Akw. Daai was n omgekrapte span gewees ek kan dink jy as youngster was maar skrikkerig.
@Hanswors: Ek was in 1988 op UPE en het /20 gespeel die dag teen Despatch. Dir reserve stut vir die 1ste span kry seer in die 1st reserves wedstryd en hulle vra my om te bench in sy plek. Net voor halftyd kry ons vasskop seer en ek moet opgaan. Despatch se losskop was Oom Frans Erasmus, met Tobie Hanekom op haker, Willie Meyer op vasskop, Adri Geldenhuys en Armand du Preez op slot, Elandre en Sieg op flank en Pote op agsteman. Ek het myself saggies natgepiepie…
Met die 1ste skrum vat Frans my om die skouer en sê “Ons staan net, ok”. Selfs met dit was dit soos om teen ‘n baksteenmuur te sak.
Om as student teen Swifts en Old Collegians te speel was nie lekker nie… Al wat jy sien is die rooi masjien, en dan word jy gemoer.
Ironies genoeg was daar 3 1995 Wereld Beker wenners daai dag in Despatch op die veld, em nie 1 het vir Despatch gespeel nie.
@Babbelas: Soos jy heerlike dae daar langs die Loftus B en C velde beleef. Ek onthou ‘n dag in 1980 toe Weermag teen Tuks gespeel het op die B-veld en Wmg se heelagter beseer geraak het en die veld moes verlaat. Roep hulle kaptein die regtervleuel en sê hy moet gaan heelagter speel. “Reg, luitenant,” sê die troep.
Daai outjie was Johan Heunis en sy pad Springbokspan toe het hier reg voor my oë gebeur!
‘n Ander keer sit ‘n klompie van ons op die hoofpawiljoen en Harry Viljoen wat toe vir Wmg gespeel het kom verby gestap. Eugene Pelser wat jy genoem het, was by, ook Willie Storm wat ook ‘n paar wedstryde vir NTvl gespeel het, Ettienne Potgieter (seun van Lucas, die wapenkenner) en ‘n paar ander ouens. Ettienne het saam met Harry vir Tvl CW gespeel, en hy roep hom nader.
Vra Harry op ‘n kol vir Willie wat hy swot. “Medies,” sê Willie. “Nee, man, ek bedoel, waarvoor leer jy?” Toe Harry Bok-afrigter word, het ek aan daai episode gedink en my bedenkinge gehad!
@BoishaaiPa: Ja, ek dink hy het net-net die 70s gemaak. Maar dit was n lekker era vir rugby- toe OP nog n redelike krag was. Nooit die CC gewen nie, maar dit was altyd n stryd op Boet Erasmus, vir spelers en toeskouers. Vir spelers agv die gewaarborgde fights en toeskouers om op te staan van daai lae sitplekke. As jy gesit het, was jou kniekoppe langs jou ore. En dan natuurlik Fonnie Du Plooy se resultate n bietjie later. Nou raak ek nostalgies. En dit was hartseer toe ek onlangs n foto gesien het van Boet Erasmus- net n bouval.
@BOG: Maar hy was weer so bietjie voor die 70’s crowd..Hy het in 60’s vir OP gespeel..Dink hy het hier rondom 70 klaar gemaak…Ek het hom nooit sien speel nie ek was te klein…maar die manne wat ek opgenoem het het ek persoonlik sien speel as laerskool klong en was by n troue van George Rautenbach se suster waar al die manne teenwoordig was…ook by die “after party” ..
@BOG: Ek dink hy het ook by Oud Collegians gespeel…maar hy het by Parks gespeel ja.
@BoishaaiPa: Wat van die Godfather van vuil spelers- Gawie Carelse? Hy het mos vir Park klub gespeel of is ek verkeerd?
@Hanswors: Daai OP garde was nog lig in die broek in vergeleke met hulle 70’s groep…George Rautenbach en Schalk Burger, Doug Jeffreys, Tiekie Transell, Dennis Campher, Boelie Serfontein…daai manne was nou hard!
@Hanswors: Ek onthou nog hoe vreemd dit vir my was om by WSK se velde te kom daar in Voortrekkerhoogte en alles is geel!..Ons hier uit die Kaap was gewoond aan groen,nat en sagte velde…ek het stut pressure gekry dat ek sulke moerse eelte gehad het later!
@Babbelas: Ek het self paar games in Carlton liga gespeel vir Weermag…maar hier in die 3rde liga rond as 20 jarige!..Daai was self redelik harde games!..Die 0/20 liga was baie meer beskaafd!
Die beste fights ook gesien in daardie tyd veral as manne soos die Stoop broers van Namibie en Nartjies Nortje bietjie die pap kom dik aanmaak het op Loftus.
Die OP was ook altyd nag gewees met Domkrag Erasmus , Adri Geldenhuis en sy slotmaat Armand du Preez , Draad Olifant ens in hulle geledere.
Babbelas: Waar is die goeie ou dae heen? Daai era se spelers het nog gespeel vir die trots. Pote Fourie wat kaalvoet opdaag en dan kry wyle Jan Lock seer en Pote sak op vaskop en skrum die wit waks uit die teenstanders uit. Daardie tyd was daar nie goed soos spesialis reserwes in elke posisie nie en ook nie uncontested skrums nie!
Uli Schimdt het as student ‘n pel van hom wat siek geword het se Comrades nommer gevat, 31 Mei Comrades gehardloop en was weer Dinsdag 1 Junie op sy pos by Tuks se oefening
@BoishaaiPa: Eugene Pelser, bekende ortopeed wat ook vir die Bulle gespeel het, was ook daai jare by 1 Mil.
Pta Weermag het ‘n sterk span gehad met al die rugby spelers wat diensplig gedoen het. Pta Polisie ook!
In daai jare was daar nog Dinsdae middae voor die Saterdag Currie Cup games nog Carlton Games wat gedien het as proewe ook. Vir net R2 het ek as student menigte games daar by gewoon. As mens tussen die A en B veld gestaan het as bv Quins teen Tuks en Polisie teen Weermag speel was daar ten minste 8 Springbokke in aksie op die 2 velde en ‘n menigte provinsiale spelers
@Babbelas: Hy het my in ’86 daar by 1 Mil gehelp met n enkel wat afgeskop was vir Weermag u/20 teen Tuks u/20..
@Vyfster: Dink daai laerskool was Eben Swemmer. Naas hulle het in Terblanche str gebly.
Uli is sedert 2006 in Australia.
@Affiedorp: Uli was by Hendrik Verwoerd in matriek. 2 jaar na Naas. Sy Pa het vir Oostelikies gespeel maar was later jare ‘n kolonel in die SAGD. Uli het net vir weermag gespeel toe hy sy diensplig as dokter by 1 Mil gedoen het.
@Vyfster: Ek het onlangs gehoor dat Uli in Voortrekkerhoogte gematrikuleer het. Was sy pa nie in die staandemag gewees nie? Weermag was ook Uli se rugbyklub in die dae toe hy nog vir Noord-Transvaal gespeel het.
@BHP: dis eintlik ‘n fassinerende vraag….hoekom is Uli Schmidt na h/s Hendrik Verwoerd toe en nie na Affies soos sy pa nie…….die skole is nie eers so ver van mekaar nie.
Ek weet Naas hulle was in laerskool in Gezina….net so entjie straataf, kan om die dood nie l/s se naam onthou nie…..maar miskien was dit maar so iets, al sy laerskoolpelle gaan na HV toe, en hy wou saam.
Sy pa was ‘n bedonnerde man…ek weet hy het vir Uli kwaai gedryf om te presteer…miskien was hy net nie lus virrie verkeer oor Tom Jenkins en Eastwood na Affies elke dag nie…en was dit bloot geriefliker
Wonder of iemand hier dalk meer weet?
@Vyfster:EK dink in 1980 het Bris Affies driee keer gewen die jaar en in finaal verloor teen Hugenote van Springes. Het ook Ronnie Levin aan Menlo af gestaan die jaar daarna.Ek hoor op die oomblik speel vyf seun vanuit Brits omgewing in makro skole eerste spanne .Baie hatrseer.
@Vyfster: Niks nuuts nie. Affies nader nog steeds in 2016 kinders om Affies toe te kom, hetsy op ope dae, jaarlikse Reinhardt Miller rugby dag ens.
As ek so na die artikel rakende Nedbank se bewerings lees dat Naas na bewering 5 identiteits dokumente het wonder ek watter een van sy 5 persoonlikhede Affies sou genader het
@Vyfster: Ek wonder hoekom is Uli nie na sy Pa se Alma Mater toe nie?…Die oorspronklike blou bul Louis is tog n Affie old boy.
lol…weird that die ‘proof’ that Affies spelers uit ander hoerskole al vir ten minste 40 jaar afrokkel vandag in die Beeld verskyn het…en onthul deur niemand anders as Naas Botha nogal…hehe
so ‘n uittreksel
‘Botha het aangename herinneringe aan toe hy in die 1970’s as leerling aan die Hoërskool Hendrik Verwoerd deelgeneem het aan die Administrateurs-
beker-kompetisie, soos die kompetisie toe geheet het.
Om spelers te “koop” is nie ’n nuwe ding nie, het hy gesê. Die voormalige Bok-skrumskakel Dirk de Vos het hom genader het om Affies toe te kom.
Botha se skopskoen was die grootste rede hoekom Hendrik Verwoerd Affies in 1975 uit die kompetisie geskakel het.
Hy meen die klagte dat die wenmotief in kompetisierugby te groot is, is ongegrond.’
classic…dan skakel Hendrik Verwoerd skooltjie in PTA nog vir Affies uit…..lol….ek wonder of enige blogger buite PTA eers weet van h/s Hendrik Verwoerd in die moot…maar hulle het Naas en Darius Botha, asook Uli Scmidt opgelewer
@Ploegskaar: Uitstekende ontleding Ploegie. Al wat ek kan byse is: “if you want to score points, you need a ball in hand”. How you get the ball in hand seems to be a mystery to some.
@BrotherBear: Vir jou en mede-fynproewer @4×4, kombinasie van Affies se gebrek aan lynspoed op verdediging en Grey se lynspoed en intensiteit op aanval verduidelik dat Affies traag voorgekom het en daar spasie vir Grey was om aan te val. Soos opgemerk verkies Affies multi-fases/kontak as 1ste aanvalsopsie en Grey kontak/fases as ‘n laaste opsie. Dus ‘n geval van teenstellende speelstyle, maar, beide kan ewe effektief wees indien dit teen tempo gespeel word en akkuraatheid is van kardinale belang. Affies se tempo, uitvoering en akkuraatheid was bloot nie op par op die dag nie, op ‘n ander dag teen ‘n beter tempo kon dit effektief wees. Ouens moet nie te hard op die coaches wees nie, hulle bepaal die A & D strukture en spelstyl, maar as die laaties (wat soos enige skoolseuns een dag op en ander dag af is) dit nie uitvoer nie, kan dinge maar skeef loop.
My advies aan die Affie manne sal wees om stationary conditioning te staak en te fokus op cardio en core res van seisoen, dalk te werk op ‘n 10/12/13 of 13/14 D drill met meer lynspoed en ‘n paar handling drills en plays met 7 & 11 wat van 1, 3 en 12 hardloop
@PaarlBok: van ‘n Facebook post af….ongelukkig het die outeur daarvan nie sy naam gegee nie anders sou ek defnitief aan hom erkenning gegee het
@BrotherBear: Stem. Blyk dat Grey dieper gespeel het op die aanval wat hulle geleentheid gegee het om spasie te identifiseer en na die spasie te speel. Hulle het ook geoffload voordat kontak gemaak is en het die heelagter so te sê die heletyd op aanval gebruik om man oor te skep.
Affies se verdediging patroon moet bevraagteken word want dit blyk of hulle Grey toegelaat het om tot op die voordeelyn te speel in plaas daarvan om hulle agter die voordeelyn te tackle, vernaam as ag geslaap word op hoe diep Grey gespeel het. Dan lyk dit of Affies ook outside in verdediging het in plaas van inside out…..wat ook spasie buite geskep het.
Verskil moet wees dat Grey Affies op DVD of by wyse van streaming ontleed het en Affies van ‘n beta videomasjien op ‘n swart en wit skerm gebruik gemaak het.
Dan blyk dit of die afrigters wakker geskrik het en is die agterlyn soos vroeër in die jaar deur my voorspel uit eindelik gekies….ek dink egter met respek op spelpeil moet Mulder baie sterk oorweeg word vir die Nr 9 Trui……..
@4X4: het nou kans gehad om na Affies / Grey wedstryd te kyk. Groot verskil vir my was “shocking” verdediging deur Affies. Grey was dan ook redelik meedoenloos en net aangehou tot krake gewys het en spoed toegepas.
???? – ek sal ma vanuit di pabiljun die denge bitjie dophou…. Het ou katvis vani perel al sy formules uitgesort wonner ek?
@Gatiep: Solank jy n volledige trui kry. Ek sien hier is manne wat so 1/2, 1/2 die trui dra -seker waar klein Kosie of Sannie in n ander skool is. En soos jy kan sien, is Beet nie so streng hier met wat jy mag se nie. Anders as die “Koshuisvader”, is nie ek of Andre T of sy swaer, Speartackle al ooit deur hom geskors nie. En dit se baie. Net nie n ander ou se ma vloek nie, of in AT se geval, een van sy skoonmas nie.
Bog – ek mut eers wee dai trui verdien!! Moet eers al die paroolvoorwaardes nakom en gekies word!! Dis mos ni sommer net van dai trui ori kop trek ni!?
Muti lat ek djo vang skenner ni – dissi mooi om agter mense se rugge te prt nie!! Parool voorwaardes is streng ma ek mos well connected …? Die spannetjie vani vlaktes mak my somme wee trots!! Viva!! Die bos is nog my woning… En ek sien uit na ons afsprakie oor so 2weke hier opi buurdorp…kla my deapheat uitgehaal en die hammies begin strek! Jle moet die spasie net dophou onse spannetjie begin momentum kry!! Viva!!
@Gatiep: Kry vir jou n hemp Hercules. Wanneer is jy toe vrygelaat?
@Gatiep: Lekker Hercules…….juis oor jou geskinder gister
Sien meeste vani ou rakkers hang steeds hier rond!! En my spannetjie vani vlaktes begin nou mooi momentum opbou… Ek hou jle outjies dop hier vanuit my container langs markotter!! Viva!!
@PaarlBok: Bokkie!! Jy is reg ou maat! Daar moet nog baie water in die see loop voordat daar ernstig gepraat kan word van n moontlike top posisie. Boishaai het nog n spul taai tameletjies wat voorle!
Soos ek elders in n ander thread gese het, verstaan ek nie die meeste bloggers se mening dat dit n uitgemaakte saak is dat of, Grey, Affies ,of Boishaai gaan eindig as die moontlike top span nie. Gimmies, Glenwood, Paul Roos en Oakdale het volgens my ook nog n gelyke kans om daai titel in te palm. Dit kort net 1 of 2 verlore van die eersgenoemdes, en die speelveld is weer gelyk.
@Naastrolia: Natuurlik is jy reg oor ons fokus wat eers op Stellenberg moet wees. Ek klim maar op die “band-wagon”, wat betref die Grey wedstryd. Ons coaches is gelukkig darem bietjie meer wys, en sal sorg dat die span nie fokus verloor nie, glo ek.
Wat betref die Affies- Grey wedstryd. Ek stem saam met diegene wat se dat Maandag se taai stryd teen Boishaai baie uit Affies, fisies, sowel as geestelik gehaal het. n Mens kon veral in die 2de helfde sien dat die wil, en/of die energie net nie meer daar was om al die gate toe te stop teen n puik Grey nie. Ek wil glo dat indien die 2 mekaar weer op n ander geleentheid sou ontmoet, dat die telling bale nader sal wees, met Grey nog steeds aan die wenkant.
Is grey net soveel beter as die res of het Affies n Af(fies) dag gehad?
@Kattes-Strofes: Sjoe en die week daana kom julle Markotter toe.
Dis n breeze teen interskole.
@Kattes-Strofes – ons moet eers oor Stellenberg worry.
En ek glo ons het die agterlym om vir Grey in toom te kan hou. Se nie HJS gaan wen nie maar die is nie n span wat mens soma met 50 punte gaan klop nie. of so wil ek glo.
@PaarlBok: Saterdag 21 Mei. Weer nog n”MAY-DAY”!!
@Speartackle: maar die effies ROFLMAO!
Ek kan vandag met trots sê, en alhoewel dit gereeld baie moeilik gegaan het, dat ek elke sent self betaal het vir my kinders op skool – van skoolgeld, fone, toks, krieket bats, toere, toernooie, golfstokke, sakke, Footjoy skoene, Titleist balle, GPS’e en selfs effies.
NIEMAND het my kind besit
@Kattes-Strofes: Sterkte my mater. Wanneer speel julle?
@4×4: Waar het jy daai een vandaan gecopy?
FROM A RUGBY PARENT (or any sport!):
One of my friends asked “Why do you pay so much money and spend so much time running around for your son to play rugby?” Well I have a confession to make: I don’t pay for my son’s rugby training or his kit, mouthguard or boots. Or even his hundreds of rugby balls.
So, if I am not paying for rugby, what am I paying for?
– I pay for those moments when my boy becomes so tired he feels like quitting but doesn’t..
– I pay for the opportunity that my boy can have and will have to make life-long friendships.
– I pay for the chance that he may have amazing coaches that will teach him that rugby is not just about game plans but about life.
– I pay for my child to learn to be disciplined.
– I pay for my boy to learn to take care of his body.
– I pay for my son to learn to work with others and to be a proud, supportive, kind and respectful team member.
– I pay for my child to learn to deal with disappointment, when he doesn’t get that try he hoped for, or dropped the ball despite having practiced a thousand times, but still gets up and is determined to do his BEST next time…
– I pay for my boy to learn to make and accomplish goals.
– I pay for my son to learn that it takes hours and hours and hours and hours of hard work and practice to create a champion, and that success does not happen overnight.
– I pay so that my son can be on the pitch instead of in front of a screen…
I could go on but, to be short, I don’t pay for rugby; I pay for the opportunities that rugby provides my child to develop attributes that will serve him well throughout his life, and give him the opportunity to bless the lives of others. From what I have seen for many years, I think it is a great investment!
@Roger: Totally agree, that is why those 4 are nearly always in the top 5 every year. Different league altogether. Imagine having never lost a game in your high school career, must be so weird! I actually think it isn’t so great not knowing how to lose..
@Roger: Have a look at the Affies rugby website. Their lower teams often play the 1st/A teams of other schools…and win! For example, their 4ths beat HTS Tuine by 66 to 3, while their 9ths lost by only 22 to 0 v Pretoria THS 1sts.
@Grasshopper: there are four “super schools” (if you will) in SA that are competitive from 10th to U14F – Affies, Grey Bloem, Paarl Boys and Paul Roos – the rest suck the hind tit.
KES, College, Westville, Glenwood, Rondebosch, Grey High, PBHS, Jeppe, Selborne, SACS, Rondebosch etc etc etc get klapped by similar scores when they step into the super league. 1st and A team might burglar the occasional win but lower down is messy.
Paarl Gim, Monnas, Waterkloof, Landbou, Garsies, Jansies etc might win a few more at A and 1st team level than the above schools but also get klapped at the lower levels (if they can even put out a team).
Nuff said!
@Greenman: Here you go, 5 year analysis since 2010 vs Grey Bloem, it’s bleak reading! 2012 was cancelled due to snow in the berg, thank goodness.
Name Total
Played: 118
Won: 4
Drew: 1
Lost: 113
Points for: 641
Points against: 5973
Avg score: 5-51
% win: 3.39%
Worst Loss: 137-0
There have been more than 10 scores over 100! It’s complete madness. I can post each year if you wish to give some more perspective.
4 wins in 5 years & avg score of over 50 points doesn’t look like decent competition to me. Sorry, I get you passionate about the 1st team and A teams but that is who should be playing Grey Bloem, not the rest. Rather play Hilton or something.
@Greenman: You cant translate the scores of the lower teams as a norm. Usually they are very competitive. Those were almost “freak” results and very little should be read into them. You can also expect the younger teams to be less consistent with their performances, I suppose, especially away from their mothers. But see what happens to them in the yrs to come. The policy has always been to focus coaching from the lower sides up, letting the players in the “lower” teams pressurize the players in the teams above them. I always like to use Boom Prinsloo as an example of true development and I hope I have my facts right (apologies if I dont) He played U14 D, U 15 C, U16 B ? and in 2007, he played for probably the best first team GCB has had. He went on to play SA 7s where he was player of the year.
@PaarlBok: Stry nie met jou oor die moontlike uitslag nie.Moet egter net meld dat die veld al velede jaar baie wyer gemaak is. Boishaai spog ook mos in die laaste paar jaar met n paar spoedvrate, en maak nie meer net staat op hul altyd gedugte agttal nie.
Grey is verseker egter steeds die groot gunsteling, inagnemend die uitslae van beide skole teen Affies. Dan was Grey ook maar oor die afgelope paar jare baas in die onderskeie ouderdoms groepe, van hierdie jaar se senior groep: 2012 -O/14 : – GREY 19 – HJS 11 ; 2013 – O/15:- GREY 19 – HJS 7; 2014- O/16: -Grey 19- HJS 9.Verlede jaar, toe die meeste van hulle nog Seccies gespeel het, het hulle darem n wen geproe teen die Grey Cherries. Die tellings was darem redelik naby, met Grey wat n liefde het om 19 punte aan te teken!
@Grasshopper: They had not moved out of 2nd gear after end March until Saterday past to be honest. WK was disappointing for all involved, but if they keep to the standard set against Bosch, they should at least be competitive for the rest of the season
@Greenman: It’s overall results, the rest means AFKALL. First Team and various A team will complete no problem. The rest don’t have fun and it’s a kuk trip for them. As Hopper indicated play a school that will be compeative overall. Maybe stagger the lower games then. That’s an idea.
@Bush: hahaha, you’ll be surprised how much we actually agree on in real-life, not this virtual world. I wind up people on here for a reason…to keep it interesting. I’ll do the analysis of Glenwood vs Grey over a period of time, the picture will be the same…
@Naastrolia: Dit gaan hulle taaiste game wees met die klein veldtjie. Maar dit gaan nog steeds nie help nie.
@Bush: @Grasshopper:
14F: 53-0 Affies
14E: 62-0 Affies
14D: 15-0 Affies
15F: 60-0 Affies
15E: 10-12 Grey
15D: 0-6 Grey
16F: 38-0 Affies
16E: 49-0 Affies
16D: 29-5 Affies
16C: 14-5 Affies
competitive as per discussion and Grasshoppers point? Do the calculation lower down.
@Greenman: Ave Score Affies vs Grey 21-14 very competitive. Not averaging near the 50’s. I’m with Hopper on this one. Flip did or have I agreed on something with Hopper
@Grasshopper: So what happened Grey vs Affies Boet as far as these lower down means. Maybe Grey should only play Affies at Wildeklawer then, don’t you think.
@Grasshopper: That’s that animal farm stuff I was talking about
@Greenman: Again you have blinkers on boet, it’s not only the 1st team and A teams that count. It’s those lower down too. No point in playing Grey Bloem every year if the B, C, D & E teams all get pasted 50 points plus. Rather play Grey Bloem at Wildeklawer then at A team level only. I have watched Glenwood at Affies, same thing. Just a complete pasting in the lower teams. Rather play a KES, Jeppe, PBHS or Parktown for better match-ups down the line.
@Ploegskaar: I was impressed with BL at Wildeklawer, look a well drilled unit. Should beat all the Southern Suburb sides this season.
@Grasshopper: Its on the day! We just haven’t had the day since 2006 but then again, why do you want to go and see the bloodbath! Pick another game. I will pick up the pieces after the “bloodbath” and move on. That’s what we do. 8)
@PaarlBok: Baie indrukwekkend maar Boishaai, Gim en PRG is ook uitstekend op dreef tans, die manne gaan ongetwyfeld alle Kaapse opposisie verpletter res van die seisoen, ons kan net sowel maar die punte stuur
Paarlbok – dink jy nie HJS sal hulle in die Paarl kan tem nie?
@Greenman: Sorry, wait….an avg loss of 47-9 isn’t a blood bath? OK, it’s just a drubbing! 95-0! Take the A teams away and it would be worse.
Grey was indrukwekkend saterdag. Geen span gaan hulle vanjaar klop nie.
@BOG: @Grasshopper: Bog, it is very difficult to split but I have a responsibility towards my kid and his current school. There is no bloodbath. There is only games you win and loose. Otherwise Glenwood is stupid having this derby. I think we competitive until shown otherwise. Lets see how it goes but I wont predict this to be a bloodbath. Back your boytjies!
P.S loved the Affies Grey game. Walking tall I was at klub 600. Where is Cappie now!
@Playa: I think it has to do with my mother having been the Head of School at a prominent girls school in Cape Town. It’s not acceptance by any means just high on the list.
@Grasshopper: Impressive that you got your son REGISTERED at SACS while still in nappies. Some of us, have had to wait till 2 years before Grade R to APPLY, as per SACS policy. Some animals are more equal than others in the animal farm I guess
@BOG: I would be extremely happy with a win per decade vs Grey Bloem, so 2016 would be a good time to do it considering our first and only win was in 2006!
@Grasshopper: And of course, as an OG, Greenman has his bets wedged (split -is that what they call it?)
@Greenman: 2015 vs Grey Bloem in Bloemfontein;
Played: 19
Won: 1
Drew: 1
Lost: 17
Points for: 175
Points against: 830
Avg score: 9-47
Five Biggest losses, 95-0, 97-8, 78-3, 76-5 & 71-3. The 71-3 was for the 2nd team. We dreaming if we think we are in the Grey Bloem league, not even close. The 1st team obviously have a chance, they must always believe that. But everything is going to need to go right for Glenwood to win, a bit like in 2006. However, that 2006 Grey side was far weaker than this one. Don’t get me wrong I am an optimist but there is a difference between being positive and dumb…
@Greenman: Mate, it is bloodbath in 95% of the games. The A team is the only area we compete. I’m not ass creeping, it’s fact. I think the best we have done vs Grey is winning 2 games on the day. They usually rack up over 1000 points on the day, if that isn’t a bloodbath I’m not sure what is.
@Grasshopper: Why you so negative about Glenwoods potential i.e Bloodbath against Grey (142). Are you a supporter or a doom predictor! Stop ass creeping everyone that crits you.
@BOG: Half and half, so might go back with very little at this rate. UK? Well Aus and NZ are more difficult regarding 457 visa’s etc and I have a UK passport.
@AffieOuer: interresant om te sien hoe goed Ben Vorster se ouderdom spanne gedoen het @helpmekaar,hulle doen beslis iets reg en Tskakovsky of wat ook al naam nou weer,inligting is dat vlagmanne nie in lug gespring het as BV gescore het nie—dinge lyk goed daar in Tzaneen
Baie geluk Grey dit was skrikwekkend.
Ek is nie verbaas dat grey gewen het nie maar eder op die manier.
Ek dink eerlikwaar die HJS wedstrijd het n groot inpak gehad op Affies en ook die feit dat dit dalk werklik Grey se eerste kompiterende wedstryd was – wel toe nie op die ou einde nie. Maar mens kon sien hulle was baie meer vars vir die wedstryd. Daai 1 helde wedstryde het beslis gehelp.
Ek dink hulle is gubsteking vie die HJS wedstryd maar ek hoop maar net nie daar word weer 50punte aangeteken nie want hjs en affies was baie naby aan mekaar
Die nasionale kompetisie is oppad….whether you like it or not
@AffieOuer: Jammer, sien dit is OudAffie wat die tellings deurgegee het en nie AffieOuer nie.
Jammer Oud-Affie dat ek krediet vir die verkeerde perswoon gegee het. Maar wiskunde bly wiskunde!
@Grasshopper: Well, you cannot say that you were not warned. I hope that you left the bulk of your cash in the UK and not like me, bring the little I had, back to SA at the astronomical rate of R3,20 for the Pound.But the UK?
@robbie: Elders beveel ek aan dat die GCB skoolhoof se blog op FB gelees word, waar hy spesifiek sport mededinging tussen skole in perspektief, stel met verwysing na die interskole tussen GCB en Affies, hierdie pas afgelope naweek.
@BOG: nope, he is registered at SACS, St Peters, St Stithians, Pridwin and a couple of others. But really he will probably end up in a UK school the way SA is in rapid decline
@robbie: dankie, beslis die mees sinvolste op en aanmerking wat sedert Saterdag gemaak is. Beste opgesom! Punt!
En dan @4×4, jy ook verder op oor die uitslae en gebeure van Saterdag. Raakgevat!
Julle kan met eer en trots die bungalow-bill statusse deel die week.
@CharlesZA: Bo en behalwe spanne deur @kosie genoem, speel Leeus O/18 proewe vanmiddag by Monnas (van 3 uit af) en Helpmekaar speel Saterdag teen Pietersburg – friendly met vele sport-kodes by Helpmekaar en Wits.
Nasionale kompetisie – daar is min of weinig ondersteuning daarvoor in die Kaap. Die nadele daaraan oorskrei by verre enige voordele. Speel net die eerstespanne – wat van die res ? Watter voordeel trek die toeskouers as die span ver moet reis ? Hoe behou jy belangstelling in ander spanne ? Die ergste is egter die koste. Ek dink ons skole het nou reeds die verste punt insake professionaliteit bereik. Waarvoor speel SKOOLSEUNS ? Dit is ‘n sport, soms meer ernstig as ander tye, maar nogtans ‘n sport wat vir plesier gespeel word.
@Grasshopper: Dont leave it too late to enroll little Hopper. We normally do it at birth.
@CharlesZA: Die naweek kan jy jou verlustig in die volgende wedstryde: In PTA: Menlo – Diamantveld by Menlo (moet net nie voor 7 by Menlo wees nie want Andre T doen sy oggend oefeninge daar in die strate om Menlo en jy mag dalk skrik ); PBHS – Westville by PBHS en in JHB: Affies – Kes by Kes en dan Jeppe – St Stithians by Saints.
Takes your pick, pays your money and enjoy!
Looked a very competitive day out with Affies showing more depth than Grey, but that could be down to sheer numbers of players. Obviously the Grey A to C sides are really strong and that shows. I think if this was played in Bloem a few of the closer ones could have been reversed. God only knows what the 1st team score in Bloem could have been. Thank goodness Glenwood are playing Grey in Durbs otherwise it could become a blood bath. Maybe Grey Bloem should play in the Varsity Cup or Shield
@Babbelas: Ag asseblief. n Span se sukses word nie slegs gemeet aan hoeveel keer hy die CC gewen het nie.Hulle het dit in elk geval meer as een maal gedoen. Maar gerieflikheidshalwe, fokus jy op hierdie punt, terwyl jy die kern van dit wat ek gese het, heeltemal mis. En terloops, ek wonder hoeveel keer het ander provinsiale spanne, nie met Grey ossies geploeg nie?
@Speartackle: Ek dog Justin Marshall het Bobby se knieg af geskop, was Schalk ook betrokke?
Ja, ek het ook ‘n hekel daar aan as mense die woorde “Bok Legendes” so los rond gooi veral as hulle nog aktiewe spelers is.
@Speartackle: Jip, dis nie meer lank of die top 15/20 speel net teen mekaar op tv en as jy daai boot mis is dit verby.
Op ander noot, is in die wondelike Gauteng die week. Enige games/proewe wat mens kan bywoon?
@BOG:
Jy sê: “Die Vrystaat het ook tot n paar jaar gelede “Grey” rugby gespeel, tot groot tevredenheid van hulle ondersteuners en met sukses”
Tot voor 2005 het die Vrystaat die CC 1 keer gewen in 1976. Sukses? Ek twyfel…
Van 2005 nog 3 keer toe hulle begin af sien het van hulle ou styl.
@pietretief: Daai nasionale kompetisie sal nog kom…..geld sal praat
@Speartackle: dink AB het laas vir affies in bekker finaal gespeel. Dink daar is te veel bekkers, beeld of ou admin soos ons dit ken, dis maar die een wat saak maak, sal daar van hou as hulle dit doen soos die FA cup en alle manne kans gee om ook die groot honne te speel.
@pietretief: Oom Piet daai was nie spesifiek teen Affies gerig…dit was maar net om te beklemtoon hoe memories gerank word…..niemand onthou WK of St Johns of n friendly so veel as n Beker finaal……en jy kan regtig vir Federer, Ronaldo of selfs ou AB of Faf gaan vra…..alhoewel ek dink nie lg het al ooit in n Beker finaal gespeel
@Djou: ai ou maat is dit altyd nodig om n song and dance v als te maak? Ek het nie die tellings gepubliseer nie… Jou relaas en energie op die onderwerp is frightning. Geen Affie ondersteuner het probeer spog nie, die wyse v rapportering gebeur dikwels so op d blog (en deur verskeie ander ouens ook). Los tog maar vir Affies uit en fokus op jou eie span- glo my j sal baie gelukkiger deur die lewe gaan. Ons het omontwonde erkenning gegee vir Grey vir die wen – hulle was die beter span! Is dit so moeilik om dankie te sê en aan te beweeg? Daar is n spreekwoord “as j verloor sê niks, as j wen sê nog minder”
@Speartackle: oom 1….ook het ons vas geval teen Helpmekaar, eerste keer in die geskiedenis, ooo ja ek ek dink ons het ook teen Paul Roos en Outeniqua en ek kan nie onthou teen wie ons nog verloor het nie.
Spiesi dis snaaks na wildeklawer was julle maar stil en nou skree jy weer klip hard. Lekker om manne te skop as hulle bitji lê.
@Speartackle: Daar is net 2 ooglopende foute in jou stelling: 2060 sal een of beide die bure dalk al altheimers hê en sal Oom 1 al seker vergeet het dat hy eintlik vir die ander span uitgedraf het wat ‘n helse pakslae gekry het en ten tweede sal sy kinders geen benul hê wat rugby is nie want die sport sal verseker voor die wit renoster uitgesterf wees in Suid-Afrika.
@Boishaaipa: was jy nie op Brandwag of iets op skool nie…sal nie weet nie, jy skryf nie oor hulle nie, maar oor boishaai…jy noem jouself Boishaaipa…tog het jy dit teen die wat meer betrokke by hul seun se skole is as by hulle alma mater….maak geen sin vir my nie…tenminste dra ek die trui van die skool waar ek was
@kattes: die Burger mag ‘n veel ouer koerant as die beeld wees…..maar die beeld is die voortsetting van die Administrateursbeker…’n amper 100 jaar oue toernooi waar daar geen gelyke hoegenaamd in die Kaap voor bestaan nie…die tradisies en drama daarom rival enigeiets van enige plek.
Die Admin en direkteurstrofeefinale is meestal regstreeks op TV uitgesaai deur die nasionale uitsaaier, jare voordat ander skole rugby wedstryde op TV uitgesaai is…baie van die classic clashes op tv double bv as beeldtrofee wedstryde.
Die groot rede hoekom beeld nie regstreeks op tv uitgesaai word nie, is juis waarin sy bekoring le…..tot 6 dae voor die tyd het jy geen benul waar en tussen wie die finaal gaan plaasvind nie…terwyl jy al jaar voor tyd presies weet watter spanne speel Premier en classic clashes teen mekaar…asook die datums van die feeste….so jy kan ‘n jaar voor tyd beplan…essensieel in vandag se kommersiele wereld, voorheen was die SAUK se begroting nie winsgedrewe nie en hul kon op kort kennisgewing en geweldige koste ‘n finaal gaan uitsaai op lichtenburg of nelspruit of waarookal.
die finale was nog altyd groot afferes, en is in verlede meestal op loftus, Ellispark, pam brink en olenpark gespeel as plaaslike of stadspan finaal haal….maar hy is ook op Wolmaransstad, Potgietersrus, Groblersdal Zeerust en sulke plekke gespeel….daar is werklik niks wat die ander provinsies het wat daarmee vergelyk nie, en ek dink julle weet dit goed genoeg…..dit bly die mees uniekste toernooi in land.
hoekom dink julle word wildeklawer op ‘n Maandag uitgesaai.maar nie op saterdag nie…don’t fool yourself…soos julle tereg se doen die ouens hul navorsing en daar is hopeloos te veel ander sportgeleenthede wat veel meer kykers trek op ‘n saterdag, maar op ‘n maandag is daar bokkerol, so darom kan hul al die wedstryde uitsaai….dit is baie dooie tyd wat gelukkig vir ons deur hulle gevul word…but let’s not fool ourself….van al my familie en vriende is ek die enigste wat soms skole rugby wedstryde op TV kyk…selfs vir my swaer wat op GCB was, is dit hopeloos te veel moeite.
Maar julle is natuurlik anders, in julle huishoudings sit man, vrou en kinders vasgenaal voor tv, met buurman, buurvrou en ‘n horde vriende wat saamkyk elke wedstryd…lol
@Losbal: Jy was n bietjie onsamehangend gewees met die kommentaar. Vertaal asseblief vir my? En moenie bekommerd wees oor die eiendomsmark nie. Die toestroming vanuit die Ooskaap en die onvermydelike afgradering van SA tot rommelstatus, behoort dit te neutraliseer. In n paar jaar se tyd, sal hulle jou smeek om te koop. O ja, Kaapstad se status as 3e mees gewelddadigste stad ter wereld, sal ook help.
Dis die jaar 2060…..dis 17h00 in Onrus se woonwapark…..2 families sit en kuier by aparte vure langs mekaar…..oor en weer geselsery ontstaan…..rugby is die onderwerp…..later skolerugby…….Oom 1 vra Oom 2 oor sy skooldae…..Oom 1 sê hy was deel van die Monna span wat in 2016 die Super 16 Tuksreeks gewen het
……Oom 2 sê…….”ai….ek was in die Affie span wat daai jaar 53-29 teen Grey verloor het…..maar ek het groot pelle gemaak wat ek 46 jaar laas gesien het”
Daar is net een moerse verskil waaraan julle nie aandag skenk nie….skole rugby is nie n loopbaan nie…dis n deel van opvoeding… 95% van daai seuns speel nooit groot rugby na skool nie. En T…hoe sterk is daai beker skole se old boys?…ek sien hulle is meer betrokke by hul seuns se skool as hulle eie!
@Losbal: eintlik is ons maar net vrek jaloers.
@BrotherBear: nee hel, hier is klaar genoeg van julle in die Kaap!
Bly waar julle is – business sense en al. Julle foeter ons eiendomsmark heeltemal op…ons gewone ouens kan nie meeding nie.
Los ons maar hier die kolonie van kuier en wyn.
Al beker waarin ons belangstel is ‘n wynbeker en so nou en dan die Currie-beker.
@Speartackle: gaan dit oor BMT of die rugby gemeenskap wat glo nie genoeg getransformeer is nie? Manne praat van nepotisme en allerhande groot woorde. Bekers of friendlies vir ons regtig ewe opwindend. Miskien moet ons so bietjie besigheid-sense afstuur Kaap toe sodat ouens vir ‘n slag iets kan organise en nie net kuier en wyn drink nie. Smaak my dis net die local spelers wat daar blitzig is.
Ons het nou wel al 2 keer die wereldbekers met moerse luck gewen maar die feit dat SA sportmanne behalwe golfspelers, geensins BMT het en bitter min bekers wen is maar die bewys dat al hierdie friendlies werk nie.
Dit is goed en wel om jarelange maatjies te maak en saam met hulle stront in kroeë en om braaivleisvlammetjies te praat maar dit gaan jou nie die beste in die wereld maak…..en ons wil tog die beste wees…..of wil ons maar net deelnemers wees eerder as aanspraakmakerd????……..en indien jy regtig lief is vir die spel
@Affieouer
Dankie vir jou moeite met onderstaande tellings wat jy op ‘n ander “thread” gepubliseer het.
Net een ding en dit is die melding van die totale gemiddelde telling heelonder – om 28 onafhanklike gebeure se tellings bymekaar te tel en ‘n gemiddeld uit te werk is soos om appels en pere byeen te voeg en dan ‘n gemiddeld te bereken – mens kan dit doen, maar dit beteken absoluut niks nie – omdat die gebeure onafhanklik is.
Dit is soos om ‘n muntstuk op te skiet en te dink dat die wet van gemiddeldes sal geld elke keer as jy die muntstuk opskiet. Elke loting is egter onafhanklik en het niks te doen met die vorige een nie en wat voorheen gebeur het sal geen invloed hê op die volgende loting nie.
Nietemin, dankie hiervoor. Lyk of Affies hoofsaaklik koning kraai in die D, E, en F-spanne en Grey by A, B, en C.
Afrikaanse Hoër Seunskool vs Grey Kollege Tellings.
Saterdag 7 Mei 2016
14F: 53-0 Affies
14E: 62-0 Affies
14D: 15-0 Affies
14C: 0-22 Grey
14B: 14-19 Grey
14A: 8-17 Grey
15F: 60-0 Affies
15E: 10-12 Grey
15D: 0-6 Grey
15C: 3-45 Grey
15B: 5-7 Grey
15A: 13-31 Grey
16F: 38-0 Affies
16E: 49-0 Affies
16D: 29-5 Affies
16C: 14-5 Affies
16B: 11-21 Grey
16A: 6-15 Grey
10e: 7-26 Grey
9e: 24-7 Affies
8e: 5-0 Affies
7e: 5-5 Gelykop
6e: 5-36 Grey
5e: 5-10 Grey
4e: 28-31 Grey
3e: 56-5 Affies
2e: 25-20 Affies
1e: 29-53 Grey
Gespeel: 28
Grey Kollege: 15
Affies: 12
Gelykop: 1
Affies Punte: 579
Grey Punte: 398
Gemiddelde telling: 21- 14 in Affies se guns.
Die neiging wêreldwyd is bekerrugby – soos ‘n Rugby-wêreldbeker, Sesnasiesbeker, Rugby Championshipbeker, Curriebeker, ITM-cup, Heineken Cup ens ens. Almal speel om die beker te wen.
Daar is geen rede waarom ‘n derby nie deel kan wees van bekerrugby.
So om te probeer motiveer dat derbies meer sin maak as bekerrugby is om te prober motiveer dat Suid-Afrikaanse ekonomiese omstandighede ‘n groter invloed op die randwisselkoers het as internasionale gebeure. Dit is net onmoontlik.
@Ploegskaar: Ek sukkel bietjie om Skalla as n legend te erken…..seker maar oor die Justin Marshall storie…..maar net my opinie
Wonder watter games sou legends soos Naas Botha, Louis Schmidt, Mof en Frik, gaan kyk het?
@Speartackle: Ek sou Skalla by Carel Dup en Oom Mannetjies gooi, ignoreer sy laaste 2 jaar
@Ploegskaar: Ploegie! Jy is ook reg! Miskien moes ek liewer gese het n hele aantal Bokke wat old-boys is. Nietemin! Dit bly n groot okkasie met van ons land se voormalige, en huidige top spelers, wat dit bywoon. Beide skole se seuns (en ouers) is maar groot oog om hierdie manne in lewende lywe te sien,en met hulle skouers te skuur.!
@BOG: Bog! Twak ! en Onsin! Natuurlk is jy reg! Grey, en natuurlik baie ander, kan seker dieselfde se. Maar vir n toppie vanaf Jack Parow se gebuurtes, en n stoutgat leerling in n skool aan die verkeerde kant van die spoorlyn (JJ du PREEZ), wat nie eers meer bestaan nie, is dit beslis n groot oog geleentheid. En ja! Ek bly n trotse old boy van my Alma Mater, en glo darem (hopelik) hulle het my ook n hele paar goeie waardes geleer.
Lyk my daar in die Paarl kweek hulle net voorspeler legendes.
Ek is noe seker of mens Carel en Guthro in dieselfde lys van legendes kan noem nie, en Frans moet seker eers permanent die Stormers 3 posisie sy eie maak om ‘n ware legende te wees.
Ek glo Hansie sou graag die GCB games wou bywoon, maar nou ja.
@BOG: he he oom Bog. Jy is baie funny. Dat mens so betolleld kan raak oor ‘n skool en sy bekendes bly vreemd.
Ek wonder wat sielkundiges die verskynsel noem?
@Ploegskaar: Ek kry net 2…wie is die ander een?
@Kattes-Strofes: Jy is baie vrygewig, daar is tops 3 legendes op daai lys van jou
@Losbal: Hansie het erken dat hy gefouteer het, maar glo my as ons elkeen n balansstaat van ons lewens opstel, dan sal Hansie beter vertoon as meeste van ons. En is dit nou waaragtig jou redes waarom ek “eenogig” is? As daar bekendes onder julle was, kon ek nou dieselfde vraag aan jou gestel het, maar wraggies, ek kan nie aan eniges dink nie. @Kattes-Strofes: Ek dink darem nie die rugby “celebrities” woon net daardie wedstryd by nie.
@Kattes-Strofes: Ek hoop ou T wil jou nog so bietjie tart want ek geniet jou opstelle….masr ou K…..dis Moedersdag…..gaan gesels bietjie met vroulief…..of gaan maak vir haar n ‘beker’ koffie en voel hoe voel dit om een vas te hou….lol
@Andre T: Weet nou nie so mooi wat jy bedoel met pappas wat bakhand staan vir n kontrak nie. Ek ken toevallig n hele paar agente, en weet verseker dat hulle maar puntenerig is wanneer hulle besluit wie hulle op hul boeke wil he. So!! In my oppinie sal dit jou niks baat indien jou klong nie die nodige talent het nie, om rugby n loopbaan te maak nie. Onthou! die agente se salarisse kom uit die verdienste van hul spelers, en indien hulle n klomp “wannabees” kontrakteer, is hulle beslis gedoem!
Nou dat jy van ons interskole teen die Gimmies gepraat het. Waar in die wereld kry mens dat rugby legendes soos Jean de Villiers, Kobus Wiese, Balie Swart,Schalk BUrger (Gim), Mannetjies Roux, Carel du Plessis, Corne Krige,Guthrow Steenkamp, Frans Malherbe(Boishaai) , en nog talle andere, die moeite doen om n skole wedstryd by te woon nie. Dit bly n geleentheid waar vet, of maer, arm, of ryk, mooi of lelik, vir n week lank n geleentheid kry om te beleef, wat ,al is jy nie eers n old boy nie, jou altyd sal blyby. Mens ontmoet ondersteuners van die 2 skole wat van oor die wye wereld reis om die geleentheid by te woon! Sjoe!! Ek raak sommer nou al opgewonde!
@Trots HJS (Tandem): he he. Bog glo nou nog Hansie was eintlik eerlik, daai Griekwstadmannetjie is steeds onskuldig en Steve Hofmeyer verdien meer literêre toekennings as Breyten.
En nou gaan hy weer vir ons die Bram Fischer storie vertel.
@Trots HJS (Tandem): “Eenogig”? Wat het ek gese wat NIE waar is wat my kwansuis eenogig maak? Dis jou goeie reg om dit te se, maar jy moet darem motiveer. As ek vir jou se jy is n poeppol, dan sal ek darem vir jou se hoekom ek so se.
@Andre T: T,tjie! Die feit dat Supersport, FNB Classics , Beeld , Die Burger, Tuks, of Premier Skole, nog selde, indien ooit oorweeg het om regstreekse uitsendings van die beker rugby , selfs finale, op tv te borg, moet mos ook boekdele spreek, of hoe? Genoemde instansies is beslis gretig om hul naam te bevorder onder Jan publiek, en sou beslis die nodige navorsing gedoen het om die algemene publiek se belangstelling te ondersoek.
So ja!! Augustus bly masief! Of jy daarvan hou , of nie. Die media is beslis op hoogte van die belangrikheid van daardie geleentheid, en gee met goeie reg die nodige aandag.
Die einste pappas watse skole nie meer bekerrugby speel of eerder aan derby’s of interskole glo…..staan al van 0/16 af bakhand voor agente en unies om die beste deal vir hul seuns te beding om n jaar na skool te begin bekerrugby speel.
Die naaste wat die Kapenaars aan bekerrugby kom is in Augustus om die Paarl Beker…….en kyk hoe groot scene maak hulle daarvan..
Manne !! Julle kan mor en grom oor al die bekers. Aan die einde van die dag bly die beste rugby skool steeds die span, wat in alle omstandighede, staande gebly het , en ge-seevier het, onder enige kondisies. Nie dat ek wil voorgee ons is altyd die beste nie, maar !! To be be the best , you should beat the best, of mis ek iets ?? Grey Bloem het oor baie jare gewys wat nodig is om hiedie status te bereik, sonder enige beker. So ja! Ons wil beslis nie windgat begin klink nie, maar het ook besef , dat indien jy rerig wil naam maak, jou vertonings onder alle omstandighede, kardinaal is in jou status op die skole rugby ranglys. En dit bly n feit, hoe jy ook al daarna kyk !!
@BOG: Ek dink nie dit is moontlik om iemand meer eenogig as jy te ontmoet nie .
@OudAffie: Awesome stats against two great schools. All that counts is the final game, nothing else matters?
Die mense op Cradock en omstreke praat nog lang stukke oor Marlow se wen in die Burger kompetisie.
Die situasie in die Weskaap en Tswane is nie vergelykbaar nie, die 2 groot seunskole speel glad nie teen plaaslike skole nie en Kloof, MP en Garsies wil nie 4 maal teenmekaar speel om ‘n seisoen vol te maak nie.
Dus is Tuks en Beeld belangrik.
@BuffelsCM: Dankie
Die seun van Grey wat flou geval het is Heinz en terugvoer is dat hy ‘n virus infeksie het, nie breinvliesontsteking nie. Hy sal more vir scan gaan in Bloem om te uit te vind wat die konvulsies veroorsaak het.
@Andre T:Dis baie waar ek mis die tuks reeks kloof is twee jaar deur kemptonpark uit geskakkel met een punt nadat kloof die volslae gunsteling was,in 2012 ek dink het kloof in die finaal teen Centurion in beseeringstyd verloor toe die no14 na die hooter die bal oor die kantlyn gegooi het en nie uit geskop het nie CENT het n strafskop gekry en gaan druk die game met een punt gewen.Beker rugby is ongelooflik onvoorspelbaar en enige span kan wen gewoonlik die een wie die hongerste vir die wen is
En onthou maar my voorspelling vandag….daar sal nog n nasionale uitklopkompetisie in die toekoms wees….money will talk and much harder than these year long friendships.
Ek probeer niemand oortuig om vir bekers te speel….ek dink net dit is nogal baie eenvoudig dat daar baie meer pressure as die friendlies is. Vra maar vir oud Affies of Klofies wat wel vir bekers gespeel het. En daai paar Burger games wat gespeel word is nie naastenby n ware weergawe……imagine n kwarteind stryd teen BL of Oakdale op hul plase en jy weet as jy verloor gaan jy huistoe. Dit maak jou ryper vir die lewe vorentoe
@Babbelas: GCB speel al “Barbarian” rugby- soos jy dit stel, vir meer as n eeu en hulle rekord spreek vanself. Of speel die Barbarians nie dalk Grey rugby nie? Net minder gereeld en minder ge-oefen. Die Vrystaat het ook tot n paar jaar gelede “Grey” rugby gespeel, tot groot tevredenheid van hulle ondersteuners en met sukses. Maar toe word HM Springbokafrigter met n N Tvl mentaliteit waaraan al die “Super” spanne moes konformeer, en die res is geskiedenis.Murray Mexted het n paar jaar gelede gese dat wat hom opval met skolerugby in SA, is die gebrek aan vaardighede, met twee uitsonderings. Die een was GCB en die ander, n Kaapse skool. Miskien moet meer skole oorweeg om “Barbarian” rugby te begin speel, maar dan sal hulle die ontwikkeling en vaardighede van hulle spelers, van O 13 vlak, regdeur die O14 F spanne tot by die Eerstes, verbeter. Dan sal hulle ook moontlik 8 uit 10 jaar die top span wees. Om spelers te werf of te koop in Gr11 vir n goeie of redelike Eerste span vir een of twee seisoene, gaan niks help nie.
@Andre T: T’tjie!! Hier in die Kaap het ons ook n uitklop kompetisie vir n beker. Die Burger, wat ook n baie ouer koerant as Beeld is (lol), se kompetisie is ook n uitklop kompetisie. En raai wie is die houer van die groot skole trofee wat die eindstryd teen Outeniqua gewen het ?? So ja!! Ons kan ook in uitklopkompetisies perform.!
Die verskil is net dat ons Wes Kapenaars nie so n groot ophef daarvan maak nie. Vir ons is die jare lange vriendskaps bande met ander skole meer belangrik as n beker. Moet nie n fout maak nie. Op die veld word geen genade gegee, of gevra nie. Maar daarna word respek wedersyds getoon, wen of verloor. En dit is mos ook n belangrike fase in n jong mens se opvoeding.
Ek se nie julle in die Noorde is verkeerd nie, dit is maar ons Slaapstad mense se houding.
Laastens! Enige skool wat wil aanspraak maak op die titel as top rugby skool, moet maar weet dat alle wedstryde, beker, vriendskaplik of feeste, belangrik is om Jan publiek te oortuig van jou aanspraak. Die groot feeste kry baie media dekking, en alle skole is bewus daarvan, en berei hulle so voor, met dit in gedagte. So die feit dat fees rugby nie so belangrik is nie, hou ook nie vir my water nie. Hoekom dan uitnodigings aanvaar indien dit as minderwaardig beskou word?
Nietemin, Baie geluk aan al die beker wenners. Dit beteken beslis baie vir talle mense en krediet moet ook dus gegee word dat die harde werk beloon is.
Afrikaanse Hoër Seunskool vs Grey Kollege Tellings.
Saterdag 7 Mei 2016
14F: 53-0 Affies
14E: 62-0 Affies
14D: 15-0 Affies
14C: 0-22 Grey
14B: 14-19 Grey
14A: 8-17 Grey
15F: 60-0 Affies
15E: 10-12 Grey
15D: 0-6 Grey
15C: 3-45 Grey
15B: 5-7 Grey
15A: 13-31 Grey
16F: 38-0 Affies
16E: 49-0 Affies
16D: 29-5 Affies
16C: 14-5 Affies
16B: 11-21 Grey
16A: 6-15 Grey
10e: 7-26 Grey
9e: 24-7 Affies
8e: 5-0 Affies
7e: 5-5 Gelykop
6e: 5-36 Grey
5e: 5-10 Grey
4e: 28-31 Grey
3e: 56-5 Affies
2e: 25-20 Affies
1e: 29-53 Grey
Gespeel: 28
Grey Kollege: 15
Affies: 12
Gelykop: 1
Affies Punte: 579
Grey Punte: 398
Gemiddelde telling: 21- 14 in Affies se guns.
Geluk aan Grey Kollege se eerstes met gister se wen.
Ek het self na die wedstryd op tv gekyk. Ek dink Grey het met die beter wedstrydplan gewen.
Kan iemand van Grey asb net vir hulle 7 flank sê hy is baie gelukkig om die wedstryd te kon voltooi. Daardie trap op die kop van die Affies speler hoort nie tuis in rugby nie, en as hy so wil speel gaan hy nie ver kom in rugby nie.
@Rugbyman: Dankie vir jou opinie wat in wese staaf wat my opinie is. Ons moet leer om spasie te indentifiseer, iets wat Grey gister briljant gedoen het en ek stem saam met Affie Ouer..:.die span het myne insiens slegs teen Helpmekaar vir mekaar gespeel, en sal weer die beginsel moet leer dat die seun wat die drie maak geniet meer erkenning as die seun wat die drie druk.
@OudUppie: Baie geluk net jou seun se uitmuntende spel gister..en hou ons asb op hoogte van die seun nooit lekker om kinders te sien seer kry of siek word nie
Dit gaan nie oor trots of n sakwapen nie dit gaan oor BMT en watter games is belangriker as ander. Jy moet beker rugby speel om daai pressure situasies aan te leer…..dis makliker om lopies in die nette te kry as in die middel.
Ek sou net bitter graag die big boys in uitklop kompetisies wou sien….dis al.
Dit is so bietjie anders as al hierdie friendlies…..
@4×4: Ek het met groot gewag uit gesien om die game op TV te kyk maar was telleurgesteld in die kwaliteit rugby. Meerderheid van die driee was die gevolg van swak verdedinging of foute van die opponente. Hier het veral Affies hulle skuldig daar aan gemaak om sagte driee af te staan. Laas week teen Boishaai was dit dieselfde.
Barbarian rugby werk net as die oppenente swak verdedig. Goeie pressure rugby sal 80 % die Barbarian vlinder rugby klop.
Van die Bulle ‘n unie geword het in 1938 het hulle die Currie Beker die meeste keer gewen van alle unies met hulle tipe rugby. 3 keer Super rugby wenners, hoogste score ooit met 92 vs 3 teen Reds. Klop Stormers 75 vs 14. Hoogste telling ooit in ‘n Super eindtryd 2010 teen Chiefs iets soos 46 vs 15.
Dit gaan nie oor watter tipe rugby jy speel nie, maar hoe jy dit toe pas
@OudUppie: Baie geluk met Grey se skitterende vertoning. Dit was regtig uitstekend!!
Baie geluk ook OudUppie met jou seun se vertoning….baie talentvol en ek sal hom beslis voortaan dophou.
@Rugbyman: Ek dink jy slaan die spyker op die kop met jou opsomming. Dit is ongelukkig so dat as jy oor die jare gewoond was dat jou voorspelers dinge sal deurtrek wanneer jy swaarkry (en dit het nog nie baie gebeur nie) maar die opposisie speel met so ‘n hoë tempo, die spelers half nie meer weet wat om te doen (om die wedstryd te swaai) nie.
Ter versagting van Affies moet mens sê dat die wedstryd teen Boishaai baie “krag getap het”…..min spanne sou egter op die dag vir Grey kon klop.
@OudUppie: The obvious advantage that GC has is coaching and conditioning. Their structure on attack and defense was brilliant and their overall conditioning noticeable.
@Andre T: Ek dink daar is iets fout met jou etos as trots vir jou skool en sy wapen nie genoeg motivering is om te wen nie en jy het n stukkie silwerware nodig om jou aan te help.
Vandag skyn die son weer in Pta! Dalk nie so warm soos gister nie maar ons Affie seuns het karakter!! Vandag begin vd res v ons seisoen????
Ons seuns sal moet leer saamspeel. DIT was gister die verskil op die veld! Grey speel onselfsugtige 15 man rugby in teenstelling met Affies. n Paar kopwurms kort dringend aangespreek te word!
@Rugbyman: Het ongelukkig nog nie al die uitslae nie. Weet ons o/14’s het drie verloor en o/15’s een. Dan het derdes en Cherries ook verloor.
@David: Baie dankie vir die kompliment. Verseker ‘n baie trotse pa. Hierdie is ‘n baie spesiale groep seuns met uitstekende afrigters. Gister was ‘n spanpoging soos lanklaas gesien.
@OudUppie: In totaal, wat was die wedstryde se uitslae… hoeveel het grey op die dag gewen en hoeveel affies?
@4×4: Die dokters kon nog nie gisteraand met sekerheid vasstel wat fout was nie. Sal laat weet as ons meer inligting kry.
@kwartlyn: @4×4: Manne, ek moet darem opkom vir affies se 1ste span coaches… ek dink die span is goed afgerig en speel baie gestrutureerd! Die 1ste span afrigters is bekwame manne… ek dink die probleme, en dis slegs my beskeie mening is, die volgende:
Affies kom weg met die manier van speel teen die spanne wat nie fisies opgewasse is om daardie groot monsters van hulle te stop nie… Affies se manier van speel is baie effektief as mens fisies domineer en dit werk goed solank hulle oor die voordeellyn kom. Sodra hulle egter teen n span te staan kom wat hulle 1ste tackles maak en affies nie oor die voordeellyn kom nie begin hulle sukkel! As jy gewoond is daaraan om fisies te domineer en weg te kom deur nie die spasie aan te val nie, sal jy nie pass nie al is dit die regte opsie… Affies speel na hulle sterkpunt toe (die pak), maar sal variasie moet inbring… ek glo hulle was so klein bietjie in n comfort zone voor Grey omdat hulle moontlik boishaai moes gewen het… ek het hierdie gesien kom en voorspel dit al aan my affie vriende vir n paar weke… ek het geweet grey sal affies fisies kan match en daarom dan my voorspelling…
Ek vermoed ook dat die probleem van wenne gebasseer op fisies dominasie van o14 af al kom… weereens kom affies weg daarmee op junior vlak teen meeste skole… Dis dalk n mindset wat so bietjie moet verander verla noudat affies se o14s nie meer so erg kan domineer soos moontlik 6+ jare terug nie…
My kommentaar is geensins kritiek op affies se 1ste span afrigters nie – soos reeds genoem dink ek hulle is uitstekende afrigters! Ek dink wel die stelsel by affies skep hierdie probleem en ek sien dit al vir etlike jare!
Ons by garsies word baiekeer daarvan beskuldig dat ons te veel hol met die bal en dis seker so… Ons val soms ook op ons swaard agv daarvan! Ons probeer egter meer balans in ons rugby inbring en om nie te stagneer nie… ons 31 – 13 verloor teen grey bring dalk nou so bietjie meer perspektief, veral gesien in die lig dat ons 4 skoppe gemis het en n onderskep drie afgestaan het wat n 14 punte swaai was… Wens net ons seuns wil meer konstant wees en daaraan sal ons baie hard in die volgende 2 weke voor helpies werk!
Laastens baie geluk aan Grey en ook wessel du plessis en sy afrigtingspan! Julle het puik rugby opgedis! Dit met loskakel no. 4, en sonder julle bul 7 flank, en 1ste keuse 13…. sjoe! Skrikwekkende talent!
The morning after the night before, eish! Wat ‘n dag in GCB se rugby geskiedenis. Die Scotts was baie aangenaam gisteraand Aan Affies, baie dankie vir julle gasvryheid en ‘n dag vol opwinding. Julle kan julle koppe hoog hou – om twee sulke taai wedstryde binne 4 dae te speel sal altyd moeilik wees. Nou wag Selborne.
Grey must be the best rugby school in the world, I just can’t think of any overseas team that could beat them. I’m coming down to Durbs to watch the Grey vs Glenwood game, not expecting a win just to watch Grey in the flesh…
En Andre T woon net wedstryde by as daar n kroeg is. Sy inligting kry hy maar van die toeskouers- dus tweedehands.
@4×4: Jammer, ek was nie daar nie. Miskien kan Ouduppie jou vraag beantwoord. Hy sit in die “enjinkamer”.
Twyfel of Bog enigsens sal weet wat op pawiljoene gebeur….glo nie hy was al by n game vir 10 jaar….dalk langer
@BOG: Is die seun wat op die paviljoen flou geword het darem weer op die been. Gesien Dr Kelbrick was vinnig by hom gewees en het geruime tydjie noodhulp toegepas.
@Kattes-Strofes: Ja my maat Beker rugby is maar n ander ball game….selfs Affies het so nou en dan een gewen tot die pressure te erg geraak het. Sekere spanne lig hul standaarde baie hoêr as daar iets in die trofeekas kan staan in vergelyking met al hierdie Feestelike Friendlies en “derbies” .
Sou eintlik graag wou sien hoe al hierdie groot “Hype” skole gevaar het as hulle daaraan deelgeneem het week in en week uit.
Vra maar vir Affies en Waterkloof
…..dit is nie jou maat
Dit leer nogal om die “groot” games te wen
@Ringo: No, but I think the two schools with the best record against them over an extended period, are Monnas and Queens College
Mense mense dit is vandag weer bewys en sal in die toekoms weer so wees julle STAMPKAR EN EK MOET DIT WEER SE STAMPKAR rugby werk nie asb julle in die blou bul land probeer dit elke jaar en dit werk nie. Dit is hoekom arme Nolis poog om dit te verander tot hy sien dat die soort rugby nie werk nie. Dit is ook so dat die Kiwi-rugby daarvan hou om teen ons te speel want hulle weet hier kom net een soort rugby na hulle kant toe speel die balle wyd en speel wat voor jou is en druk driee na willekeur, en as julle my nie glo nie kyk oor so paar weke na die baba bokkies dit is hulle voorland. Grey het vandag gewys speel wat voor jou is en vermy kontak so maklik.
@Andre T: T,tjie!! Baie geluk , ou vrind.Verstaan mos nie hoe julle ouens daar bo een week kook op die veld nie, en net daarna weer sommer tjommel nie. Maar soos ek hiebo gese het, dit is mos wat die rugby so lekker maak. Hoop jy geniet n kouetjie op die sege!!
@Kattes-Strofes: Kattes my ou maat jou geld was vandag op die verkeerde span….mens moet maar oppas vir n gekwesde Wit Bul
watched a bit off the game on tv today the strength of those young men was freightening wow…. congratulations to them they are truly SBR royalty …. I wonder if they are any teams with a winning overall record against them
@Zion: Ek stem!! Net byvoeg! n Mens moet maar versigtig wees om verskillende wedstryde waarin n sekere span betrokke is , te gebruik as n verwysings raamwerk. Om te dink n span wat byvoorbeeld by n toernooi soos St. Johns, of Wildeklawer nie juis die wereld aan die brand gespeel het nie, is nie heeltemaal so goed nie, kan jou lelik laat bloos. Daar is gans te veel veranderlikes in rugby om mens toe te laat om n konkrete stelling te maak.En dit is mos wat skool rugby so lekker interresant maak, of hoe?
Wow Grey, dit was ‘n wow vertoning
15 man rugby, elke man het sy meer as genoeg gegee, en dan nog die losskael wat so vroeg af is, voorwaar ‘n puik, puik, puik vertoning
Dis nie dat Affies sleg was nie, maar die manne van Bloem het iets spesiaal gebring vandag wat ek nie in die Wildeklawer gesien het nie, en wat ek dink geen span kan stop met so vertoning nie.
@BOG: Well done Grey, that Grey Machine is an awesome team. Glad to hear they put it together today
@4×4: sjoe… ontsteld is so bietjie van n understatement? Dink darem nie dis als die coaches se skuld nie…
Nee man Affies!
Interessante brokkie nuus. Ek lees elders dat dit die eerste keer is dat Affies 50 punte afgestaan het, ooit. Kan iemand bevestig of dit wel so is? Die hoogste telling wat Grey teen hulle aangeteken het, was 46-10 in 2007.
Wow Grey wat ‘n wen ! Die groot uitslag is verstommend . Ek het nie woorde om die resultaat te beskrywe nie ! Welgedaan . En om al die A span games so gemaklik te wen is ‘n reuse uitslag !
Eerste dinge eerste….Baie geluk aan Grey julle was by verre die beter span vandag en het verdien om te wen.
Reg nou gaan ek ook se wat ek wil se……Dit het soos “n seer puisie uitgestaan vandag dat dat die Affies se eerste span coaches ook by die Blou Bulle se strukture betrokke is, en kan ek dit demonstreer deur die game plan….stamkar 1, stampkar 2, stapkar 3, stamkar 4, stampkar 5…..halftyd agter tyd vir plan B….Plan B, stamkar 6, stampkar 7, stampkar 8, stampkar 9, stamkar 10…great game plan 53-29.
Dan rig ek myself tot doe Affie 1ste span….seuns julle natuurlike talente word op ‘n onnatuurlike wyse uit julle afgerig, hou julle koppe hoog want julle het volgens die geindoktroneerde blou bulle game plan julle beste gegee en is ons trots op julle dat julle Affie Guts gewys het en nooit gaan le het nie.
Dan net die volgende stukke advies, dalk is dit tyd om tog maar te oorweeg om professionele konsultante te betrek by Affie Rugby want dit is duidelik dat daar baie hulp benodig word…..soos ek voorheen gese het ‘n HOD graad maak jou nie noodwendig ‘n goeie rugby afrigter nie.
Ek verstaan dat Helgard Muller by Grey se agterlyn gehelp het.,,,,,en was dit darem nie ooglopend sigbaar nie….nou wonder ek of Affies nie dalk die kundigheid van Braam Els, FA Meiring, Chris Maree, JP du Plooy ens…..kan gebruik om die afrigters te assisteer nie……..dalk miskien in 2018?????????????
Die Grey manne lyk lus vir speel. Briljante hardloop rugby. En om te dink 5 van daardie agterlynspelers is nou eers in graad 11
Wow, dit was onverwags.
GCB het perfekte rugby gespeel om Affies se tande te trek. Tempo, tempo en tempo.
Miskien was PBH en GCB met 4 dae rus nie die slimste beplanning nie.
Wil ook net vir Affies se kaptein, Schalk Erasmus sterkte toewens. Hy is sy oupa se naamgenoot, en ek weet van Laerskool was sy oupa sekerlik sy grootste ondersteuner. Klein Schalk het en Oupa Schalk was baie naby aan mekaar gewees. Oupa Schalk is gister oorlede, en almal wat hom geken het gaan hom mis, hy was `n spesiale saggeaarde mens. Sterkte Schalkie, ons dink aan jou , en aan Oupa Schalk, R.I.V
@OudUppie: Jy kan n baie trotse Pa wees vanaand. Jou seun was briljant en lyk na n nederige seun. Baie geluk Grey, ek het dit glad nie verwag nie. Affies bly n baie goeie span, was net nie jul dag nie.
Respek Grey Bloem! Affies van die veld af gespeel. Grey ook al die A span wedstryde gewen.
Grey steeds, soos die afgelope 50 jaar, by ver die beste rugby skool in SA. Ons kan maar net “watch and learn”.
Wow. Greyt Grey! Sit nie in enige span se broek om 50 teen Affies op te stapel nie. Hard luck Affies. Was ‘n manmoedige poging.
GCB 53 Affies 29. Nou vir Brugstraat.@OudUppie: Geluk met jou spruit se persoonlike bydrae. Hy sal dit sekerlik vir lank onthou
Geluk Grey! Op die dag was julle die beter span
@David:
Is dit al die A spanne se uitslae?
@David: Moenie die bergfietsry vergeet nie- GCB 100-97
@Kattes-Strofes: Ek stem saam daai jong bokkies gaan sukkel, Dawie Theron wil net stamp kar rugby speel. Ons het laas jaar gesien dat die losies groot en sterk was, maar het gesukkel om by die afbreek punte uit te kom. Hulle sal moet meer moeite doen om by meer U/19 games uit te kom om meer spelers te sien speel wat in vorm is. Ek dink dis hoog tyd vir nuwe jonger couches by die U/20.
Baie sterkte vir Affies en ook Nellies.
0/14 Grey 17-8 Affies
0/15 Grey 31-13 Affies
0/16 Grey 15-6 Affies
@Losbal: Maar net een van die twee is Greyt.
Twee great skole. Twee great spanne. Too close to call vir my.
Geniet hom!
Game 14:55 SS210 vir die wat nie kan maak nie.
Affies v Grey
@OudUppie: Jy is baie beskeie. Die seun met dieselfde van as jy, kan ook heelbo gaan draai. Ek kyk met onverdeelde aandag more. Dit gaan taai wees. Een of twee oomblikke van briljantheid gaan die wa deur n klipperige drif trek.
@Trots HJS (Tandem): Ek roep n draw.
Baie sterkte vir beide Affies en Grey . Dit gaan reuse stryd wees . As ek moet waag met telling dan dink ek Grey met 3 punte .
@Calamari: Sover my kennis strek is net die 8 en 13 onder 17.
Ook baie sterkte aan Affies en Grey met more se groot stryd. Voorwaar een van die grootste skole kragmetings op die skole kalender, met welverdiende media aandag.
Weet nie hoe om hier n voorspelling te waag nie. Indien Affies nie Maandag in so n taai stryd betrokke was nie, was hulle beslis my gunstelinge. n Mens sal moet sien watter uitwerking daardie wedstryd, fisies, sowel as geestelik, op die Affies manne het. Die uitslag kan hul moraal laat sak, of alternatief so motiveer dat hulle selfs nog beter kan wil speel.
Weer dink ek dat, soos Boishaai, indien Grey die Affies se voorsprong (indien enige) kan beperk tot laat in die wedstryd, sal hulle hom deurtrek op die einde. Grey is oor die jare bekend vir hul speel tot en met die eind fluitjie, en soos nou weer gesien teen Oakdale, het dit nog nie verander nie.
Boishaai, wat vanjaar nog net een van sy nege wedstryde tuis gespeel het, het van volgende week af n program so reg uit die hel.
Hulle speel die volgende 5 weke agter mekaar teen van die sterkste skole in die land. Die volgorde is soos volg: Stellenberg(tuis), Grey Bloem (tuis), Paul Roos(weg), Oakdale (tuis)en Boland Landbou(weg).
Daarna volg nog Rondebosch(tuis),Sacs(weg), Paarl Gim (Faure straat) en Drosdy(tuis). Ek glo as jy uit so n program(en die skole wat reeds gespeel is) met so 3 verlore kan weg kom in n seisoen, het jy beslis nie te vrot gevaar nie, of hoe?
n Bietjie van die onderwerp af. Ek het vandag die Junior Bokkies se oefen wedstryd teen die WP Instutuut gekyk op Stellenbosch.Nou kyk, as die jong Bokkies so gaan speel in die wereld toernooi, wag daar groot slae op ons . Die WP manne, wat vanselfsprekend hoogs gemotiveerd was om n punt te bewys, het die Bokkies omtrent laat bontstaan. Laasgenoemde het op die ou end met 22-19 gewen, maar Dawie Theron moes n hele paar keer hard met sy troepe praat. Veral agterlangs, het die WP gate gevind in die Bokkies se verdediging. Laasgenoemde het veral staatgemaak op hul sterk rol-maal bewegings vanaf lynstane.
Moet egter weer noem dat hierdie n begaafde groep spelers is wat WP gekontrakteer het. Benewens die grootste meerderheid van verlede jaar se Cravenweek kampioen span, Is nog puik spelers van ander provinsies ook bekom. Kan nie sien hoe enige ander provinsie hulle sal klop in die 0/19 Curriebeker kompetisie nie.
@Calamari: Daars nie regtig iemand wat ek kan uitsonder nie. Koegelenberg kon in my opinie die jaar SA skole kry, maar hy’s beseer. Daar kan verseker nog van die outjies sterre word, maar vir nou gaan dit ‘n groot spanpoging verg om Affies te klop.
@OudUppie: Die Nr1 het a paar jaar terug vir St Stithian’s gespeel. Hoekom het hy GCB verlaat and toe weer terug gekom?
@Vleis: Koegelenberg is uit vir die seisoen. Nr1 is terug v besering.
@OudUppie: Dankie@Calamari: Sleutelspelers is 1 – 23.@Vleis: I think Ouduppie said that he was out for the season- ligaments??
@OudUppie: Is your no. 1 back from injury? What happened to the centre Koegelenberg?
@OudUppie: Ek weet Grey hou nie van manne uitsonder nie, en ja dit gaan n span poging kos om Affies te troef, maar ek wil tog vra – wie is die sleutel spelers’ in die Grey span?
Affies span?
@BOG: 1 Tristan Spies (u18)
2 Mathew Wessels (u18)
3 Gideo Beukes (u18)
4 Jaco van Tonder (u18)
5 Jaco de Beer (u18)
6 Wian Klopper (u18)
7 Juan Venter (u18)
8 Dian Schoonees (u18)
9 Rewan Kruger (u18)
10 Christoffer Schreuder (u17)
11 Marnus Boshoff (u18)
12 Rikus Pretorius (u17)
13 Janco van Heyningen (u17)
14 Henk Cilliers (u17)
15 David Kriel (u17)
@Andre T:
Ja dit, of ek weet seker net wat aangaan in die span wat ek ondersteun. ??
@BrotherBear: Nee, gaan lees maar weer wat ek gese het.@OudUppie: Jy het nie dalk vir ons die span met hulle ouderdomme daarby nie?
Ek dink nie ek was ooit in my eie speeldae so op my senuwees vir ‘n wedstryd nie Dit gaan ‘n besonderse poging van GCB verg om Affies op hul tuisveld te troef. As Grey dit kan regkry om Affies se makro pak in toom te hou kan ons dalk vir ‘n verrassing sorg. Indien nie gaan dit ‘n lang middag word. Sal reeds vroeg my plek inneem – wat ‘n dag se rugby om na uit te sien.
@calamari
Is HJS teen stellenberg en dan teen Grey?
ITV die naweek se wedstryd sal ek vir Grey “back”
Ek voel hulle is baie meer uitgerus, Affies en ska ars 4 dae terug dalk die hardste wedstryd van hulle jaar gehad en om dan teen n onoorwonne uitgeruste Grey wat revenge soek te speel is nie maklik nie
@BOG: jou laaste stelling is heeltemal korrek maar vertel nie die hele storie nie. My kommentaar het uitgebrei op span samestelling uit ouderdomsgroepe. Jou stelling dat daar “hier en daar” ‘n O/18 speler is, is nie korrek. Indien jou definisie gebruik word dan speel daar O/20’s in van die spanne – of hoe nou?
@BrotherBear: Nee, geen “regstelling” nie. Dit bly steeds n O19 kompetisie. Wat noem PRG hulle eerstes? O19 A of O18A ? Soos hulle se, “I rest my case”@4×4: Ons het nie te doen met net nog n “resessietjie” nie. Hierdie is die grote, met skuld die onderliggende probleem- berge daarvan. En vele mense gaan dit binnekort uitvind- selfs die wie tans gerieflik sit en dit nie eers as n vae moontlikheid beskou nie. The jungle has changed. Dit is waarom selfs die diewe in die staatstruktuur nou die “GEPF” begin plunder. Selfs die tesourie is leeg gesteel.
Affies met 8
@4×4 @chief @BrotherBear dankie vir die inligting mense ek waardeer dit. Dit help my baie. Mag die beste span wen Saterdag.
Boishaai rus bietjie die naweek en lek hulle wonde wat hulle opgedoen het teen die titane van Petoors.
Volgende naweek is die eerste van twee groottes daaropeenvolgend.
@chief: Chief klink of jy langnaweek hou
Daar is 5 Graad 11’s almal in die agterlyn. Losskakel, binnesenter, buitesenter, regter vleuel en dan heelagter. Daar is ook geen seun in die span wat die jaar 19 word nie so GC bestaan uit ‘n volledige 018, saam met die vyf O17’s.
@BOG: Net ‘n regstelling: Verreweg die meeste seuns wat vir skole se eerste en tweede spanne (neem nou maar net as voorbeeld) is inderwaarheid O/18 of O/17. Daar is minder as 5% wat O/19 is (waarskynlik nader aan 1%). Die enigste rede om dit ‘n O/19 toernooi te noem is om hulle ook toe te laat om te kan speel – geen probleem.
Verseker maak dit ‘n groot verskil indien jy een of meer baie talentvolle O/19’s in jou span het.
Hoe het Fulton Allem n mijoener geword?
Deur die ander 7 miljoen te blaas wat sy pa hom agtergelaat het
@Calamari: Die gerugte het al lange die rondte gedoen in Pretoria….die harder ekonomie is ingenaakbaar en nie almal is gevrywaar om dit te ontkom nie. Ek kan op my een hand tel van 5 miljoeners wat ek Ken wat gesekwestreer was, oogestaan het en weer miljoeners geword het…..dink Naas gaan ook in daai klas val!
Cape Times: Naas Botha gesekwistreer?
@4×4: Het gehoor daar is saterdag 5 Graad 11’s in d agterlyn. Voor weet ek nie.
Lippeleklekker rugby! My kop sê Affies, maar my hart sê Grey.
Affies met 11.
Ons span hierdie jaar bestaan net uit ondervinding 18’s. Ons gaan nie weer by ‘n argument betrokke raak nie vernaam omdat daar redesign bestaan waarom seuns in hulle matriek jaar 19 word.
Soos reeds gesê ons seuns ag dit ‘n voorreg om teen Grey te speel, met of sonder onder 18 in die span. Inteendeel lyk dit vir my of Grey die jaar met baie 17 jariges speel in hulle span speel….BOG hoeveel Graad11’s is in Grey se span?
@Quagga: Hoekom lees jy nie doodeenvoudig nie? Regdeur SA, is die opespanne, n O19 kompetisie. Hoe eenvoudig is dit nie? Ek se weer, in hierdie geval, se beide GCB en Affies, dat dit hulle O19 A spanne is en O19 B, C, D — Die feit dat daar hier en daar n kind is, veral onder die Gr 11s,wie O18 is,is bloot toevallig. Maar dit bly n O19 kompetisie- regdeur die land.
@Djou ou as jy nie weet nie bly net stil. Ek vra omdat ek wil weet. Ek vra omdat ek gehoor het daar is heelparty o19 spelers in sommige van die top skole en omdat ek self eersdaags voor so groot besluit en moontlike geleentheid staan. As dié nie die forum is om so eenvoudige vraag te vra waar baie kundige mense is oor spesifieke spanne se detail nie dan is dit so maar ek neem kennis van jou antwoord.
@sewes: Dead horse + stick
Grey met +20
Dit is n O 19 kompetisie. Dit is Grey O19 A teen Affies O19 A. Die vraag dan, moet eerder wees hoeveel, in daardie spanne, reg tot by die tiendes, is NIE O19 nie? En dit geld regdeur SA. CW is die uitsondering waar almal O18 moet wees.
@sewes: Jy mis die punt. Party mense is begaan oor o.19’s. Ons gee nie om nie. Dis Grey vs Affies.
@Djou:Ek verstaan nie mooi die o/17 0/19 ding nie. Volgens boksmart mag n speller nie twee ouderdomme op speel nie n o11 mag nie 013 op laerskool speel nie hoekom verskil dit op hoerskool is daar op klub vlak nie n 0/19 liga nie.
@Quagga: Ons stel nie belang of dit o17 of o.19 is nie en Affies ook nie. Dis Grey teen Affies.
Baie sterkte aan albei spanne. Gaan ‘n groot geleentheid wees en vir die eerste keer vanjaar gaan ons almal kan sien hoe lyk Grey College regtig teen een van die top 3 spanne. Ek dink as Grey speel soos in die 2e helfde Maandag gaan hulle nie geklop word nie. Hulle moet egter eers verby daai puik pak voorspelers van Affies kom. Die stryd om die losbal gaan dalk deuslaggewend wees. Ek wonder hoeveel o19 spelers is in daai spanne as iemand dalk weet.
28 games dis fantasties kan nie wag nie!
Mag die seuns n veilige reis he en n beseringsvrye naweek. Dankie aan Affies vir hulle gebruiklike gasvryheid. Mag die beste op die dag wen, en ek gaan nou nie n huigelaar wees en nie se dat ek natuurlik hoop dat dit GCB sal wees nie. Vive la Grey !!!
Maak dit 4 wenne in ‘n 5 jaar tydperk.
2012: Affies wen 35-29
2013: Affies wen 37-31
2014: Grey wen 42-31
2015: Affies wen 29-18
2016: ???
Affies se rekord v GREY COLLEGE is:
Gespeel: 40
GREY: 29
AFFIES: 6
GELYKOP: 5
Grey en Affies het 2 preodes van interskole:
1923-1974
Gespeel: 16
GREY: 15
AFFIES: 0
GELYKOP: 1
en
1992-2015
Gespeel: 24
GREY: 14
AFFIES: 6
GELYKOP: 4
Baie respek vir daardie skool, altyd ‘n eer om jouself te meet teen Grey College. Mag die beste span wen Saterdag!