Updated with fixtures. The annual Pukke Skouspel will once again take place at the University of the North-West in Potchefstroom from Saturday 29 March to Wednesday 02 April 2014
Ten schools make up an interesting field, containing a number of 2013 season underachievers who are almost certain to set the record straight in the new year. The tournament that looks set to have a distinct Noord-Suid flavour about it. In the past the match-ups have produced entertaining rugby including a few upsets. Fixtures will be finalised during February 2014.
Fixtures and Results
DAY | DATE | SCHOOL | SCHOOL | ||
---|---|---|---|---|---|
Sat | 29/03/2014 | Drostdy | 24 | 27 | Potch Gim |
Sat | 29/03/2014 | Transvalia | 36 | 17 | Florida |
Sat | 29/03/2014 | Garsfontein | 39 | 30 | Boland Landbou |
Sat | 29/03/2014 | Outeniqua | 56 | 6 | Centurion |
Sat | 29/03/2014 | Framesby | 23 | 32 | Klerksdorp |
Mon | 31/03/2014 | Florida | 31 | 13 | Klerksdorp |
Mon | 31/03/2014 | Transvalia | 17 | 17 | Potch Gim |
Mon | 31/03/2014 | Boland Landbou | 26 | 13 | Centurion |
Mon | 31/03/2014 | Framesby | 10 | 3 | Drostdy |
Mon | 31/03/2014 | Outeniqua | 12 | 13 | Garsfontein |
Wed | 02/04/2014 | Outeniqua | 31 | 12 | Transvalia |
Wed | 02/04/2014 | Garsfontein | 68 | 14 | Potch Gim |
Wed | 02/04/2014 | Florida | 24 | 43 | Boland Landbou |
Wed | 02/04/2014 | Framesby | 31 | 14 | Centurion |
Wed | 02/04/2014 | Klerksdorp | 24 | 30 | Drostdy |
2013 Rankings
# | School | BHP 2013 Top 50 rank |
---|---|---|
1 | Outeniqua | 4 |
2 | Garsfontein | 7 |
3 | Drostdy | 19 |
4 | Centurion | 28 |
5 | Transvalia | 43 |
6 | Boland Landbou | 45 |
7 | Framesby | 48 |
8 | Klerksdorp | 49 |
9 | Florida | – |
10 | Potch Gymnasium | – |
@kierie: Ek merk Boland speel weereens nie hierdie jaar teen die Kwaggas nie. Laaste keer was daardie onsmaaklike wedstryd in George in 2012 toe Boland 2 rooikaarte gekry het, darem ‘n hartseer dag vir rugby gewees.
@kierie: Vir n ou wat Kwagga nie eers kan spel nie wonder ek of jy nie nog in die biertuin sit nie.
Is nou effens laat maar ek wil garsfontein gelukwens met hul wen oor kwaggas. Dit was voorwaar n klipharde wedstryd!!!@@ daar was verseker heelwat blapse van die skeidsregter wat kwaggas gesink het maar dit is nie garsies se skuld nie. Die ou wat vroeer gereken het dat garsies verder moes wen was verseker nie daar nie of hy het te veel in die biertuin gesit… as kwaga vat ek die verloor op die ken en ek wens garsfontein n suksesvolle seisoen toe….
@BoishaaiPa: Tuinsentrum?
Lyk ek vir jou na n ou met groenvingers?
@BoishaaiPa: Slegs n baie oppervlakkige kennis vd geesteswetenskap sal jou in staat stel om n gemeenskaplike streek/ afwyking te identifiseer.
@BOG: Hoe dan nou?..Jy weet mos ek is nie intelligent nie…hulle drie maak my deurmekaar , so elkeen met sy eie persoonlikheid!
En Johan “Loch Ness” Beyers is waarskynlik nader aan die waarheid.
@BoishaaiPa: Niemand is in beheer nie. Ek het werklik n meer intelligente vraag van jou verwag.
@Andre T: Lyk vir my julle werk almal te lekker saam daar in Klerksdorp se lifestyle Garden Centre!..Jy, ou Spiesie en Johan Beyers!…Wie is nou eintlik in beheer daar?..
@BOG: Dis darem nou n mooi manier om n ou alliansie terug te verwelkom. Die man wat die Kaapse Mafia oopgevlek het.
Welkom terug Johan ‘Elliott Ness’ Beyers.
@Bog: Jip, ek onthou daardie jare baie goed. Reitz het vir jare amper die hele Vrystaat en o.20-spanne verskaf!
In my tyd, sowat ‘n dekade later, het die Shimla en o.20 agterlyne grootliks uit OG bestaan, maar die voorspelers was van elders afkomstig. Onthou in my eerste jaar was Jannie Kotze en Johan Stronkhorst (albei van Florida) ‘n verwoestende flankpaar, Piet Bester een stut, Wessel Lightfoot (Diamantveld) was haker en Jan Vosloo van Edenburg die een slot saam met Nico Barnard. Helgard Muller en Andre Greyling was senters met Chris Kasselman (Wesselsbron) die losskakel. Gerbrand wat die vorige jaar saam met Helgard-hulle in matriek was is egter Bulle toe en die een vleuel (ek dink Leon Botha) het ophou speel en hom toegespits op verspring. Conrad de Beer (skrumskakel) is ek dink ook eers Noorde toe voor hy teruggekom het. Andre Joubert (Ladysmith) het later heelagter geword vir die span.
@Djou: Jare gelede, het daar net soveel OGs Stellenbosch toe gegaan as Kovsies, indien nie meer nie. Ek onthou een jaar het VS teen die WP gespeel met die O20s in n voorwedstryd, Dit was voor die dae van reserwes en uit die 60 spelers uit die 4 spanne, was 43 OGs en al vier kapteins- Morne Du Plessis, Johan Kleingeld, Robbie Blair en Stoffberg (nie Theuns nie) hy was heelagter (En ek weet ek herhaal die storie, in geval n wysheer genoodsaak voel om my daarop te wys.)
@Johan Beyers: Verkort hom van poeppoll na poephol. Jou voornaam was nie miskien Isak nie. Voor hy oorlog toe is, was hy Isak Beyers, maar hulle het die sak en eiers afgeskiet en na die oorlog was hy slegs bekend as I B
@Woltrui: Jy maak goeie punte wat betref die herkoms van die spelers. Ek meen daar is maar min Bloemfonteiners in Kovsies se o.20-span.
Maar in my tyd (jare gelede) was dit ook so – toe het die ouens van oral gekom om te studeer en rugby speel.
My punt is egter dat Kovsies nie naastenby soveel “dollars” as Tuks het om spelers te werf nie. Tuks het selfs geld om hul eie “high performance” hoërskool te bedryf en werf natuurlik ook leerders by ander skole. Maar te veel spelers help ook nie en dit is wat Kovsies gisteraand bewys het.
Ek meen Andre Tredoux (nie die een op die blog nie ) doen goeie werk by Kovsies om met min geld redelik goeie gehalte spelers te trek.
Hulle gaan waarskynlik grootliks ook die Vrystaat o.20-span uitmaak, terwyl die Bulle ‘n wyer keuse het omdat hulle meer spelers gekontrakteer het.
Mister Beet, please explain to me how to change my password to something easier please?
Daarsy, sien ek weer n paar ou bekendes hier
@Woltrui: Hulle moes miskien in die voorwedstryd gespeel het vir die Garsies/Outeniqua game.
@Djou: Tov gisteraand se Young Guns finaal. In ‘n tydperk waar al die Universiteite op groot skaal “pro” raak (as voorbeeld Griekwas se Gouws losskakel wie vir Shimlas se 1 stes gespeel het maar nou weer terug is by Griekwas) gee ek krediet aan Tuks. Ek vermoed die Tukkies Young Guns is die span wie die meeste plaaslike seuns (Pretoria skole) gebruik het in die kompetisie. Ek verstoud my om te se daar was gisteraand veel meer Pta boitjies in Tuks se span as wat daar Bloem Boitjies in die Shimlas span was. Daar was 8 Affies en 1 Klofie in die Tuks span van wie ek weet (daar was natuurlik ook 1 Affie wie teen sy ou maters gespeel het in die Shimlas span).
Krediet aan Shimlas-ek sien hulle het van ‘n hele aantal O/19 spelers gebruik gemaak wie weer volgende jaar vir hul beskikbaar sal wees. Hou gerus maar die oud Nellie Maartens, wie gisteraand as reserwe vir Shimlas opgekom het, dop. Frikken goeie speler. Tov Tuks weet ek nie hoekom word Pierre Schoeman op vaskop ingespan nie. Sy rugby word opgevoeter daardeur. In my opinie is hy n Loskop-was altyd en sal altyd een bly. Ons 10 het nie gister ‘n goeie wedstryd beleef nie. Te veel balle doelloos teruggegee aan Shimlas met planlose skopies. Ek vermoed die laaities was maar teleurgesteld in die lee pawiljoene. Alhoewel ‘n finaal kom die wedstryde darem nie naby die gees van bv interskole rugby nie.
Onthou al die Shimlas spelertjies is ook maar Vrystaat gekontrakteerde spelers. Vrystaat het in my opinie ‘n baie goeie-en groot-groep gekontrakteerde spelers
Ek “tan” maar, sodat ek met my besoeke aan SA aangesien word as “previously disadvantaged”
@BOG: Ja ou Bog, maar se my wat de hel doen jy heeldag daar in die woestyn? Jy kan tog seker nie heeldag in die sand le en speel nie?
@Andre T: Slegs kameelruiters. Hulle se reeds dat die definisie van n maagd in Egipte, n kameel is wat vinniger as n Egiptenaar kan hardloop.So ons ondersoek die kameel en as die nog reg is weet ons hy KAN hardloop. Van kamele gepraat- Van der Merwe voer een in na SA en hy gaan haal hom by die lughawe. Oppad huistoe, is hy lus vir n dop en stop toe oor by die kroeg. Toe hy uitkom is die ding weg. Toe die polisie n beskrywing soek (nog die ou polisie) se Van hy weet nie so mooi nie, maar hy is seker van een ding- di wyfie kameel.Toe die polisieman vra wat hom so seker maak hieroor se hy”Nie seker nie, maar toe ek in die pad af gery het, het ek iemand hoor se_ Kyk daardie groot doos op die kameel!”
@BOG: Hoe is die mededinging daar? Koop julle oorsese ruiters? Blykbaar n ruitertjie van Griekwastad wat baie potensiaal het.
@Andre T: Ek het reeds n stal “thorougbred” resies kameelperde in Sana, die hoofsetel.
@BOG: Maak dit vir jouself maklik en ondersteun die Yemen Dodgers
@Djou: Wat rugbyondersteuning op hierdie vlak, heers daar n bietjie interne verwarring by my. Ek is n oud matie, maar is nie so gemaklik met Stalinbosch van vandag nie. Ek kyk maar waar is die meeste OGs, maar as ek dit konsekwent moes doen, sal ek n Sharks ondersteuner moet word, en selfs ek het perke en beginsels.
Baie geluk aan Garsies, julle gaan amok maak hierdie jaar as dit so aangaan.
@BuffelsCM @Rugbyman: Dit is so hartseer dat sulke gevalle die “game” oorhoofs besoedel. Wonder of die mannetjies by die huis ook so braaf is.
@Bog: Die 0.20-Shimlas het darem guts gewys. Wys jou, Tuks en die Bulle kan 3 keer meer spelers kontrakteer, maar uiteindelik is dit net 15 op die veld.
@Rugbyman: So van klappe gepraat. Ek sal nie die kind (lafaard) se naam gee nie want netnou is die program verkeerd. Aan die einde van die Outeniqua / Waterkloof wedstryd in die Paarl het daar ‘n effens bakleiery uitgebreek. Die een reserwe van Outeniqua hardloop toe nader, spring in die lig oor een van sy spanmaats en slaan ‘n seun van Waterkloof. Lg of een van sy spanmaats gryp toe die slaner maar hy retireer sommer dadelik en lyk of hy wil weghardloop. Nadat die humeure bedaar het, het die meeste hand geskud maar mnr lafaard het weggeloop. Sies man!! Ons het nie sulke goed nodig in die game nie !!
Die WP se skeidsregtershoof het na die Outeniqua-afrigter gestap en vertel wat gebeur het. Blykbaar sou hulle hom uitsorteer. So ‘n mannetjie moet sommer huis toe gepos word op die bus na my mening. Outeniqua het nogal geod teruggekom in die game nadat hulle 27 – 9 agter was. 2 Verdoelde drieë het tot ‘n spannende einde gelei.
@Rugbyman: Dankie vir die terugvoer, altyd interessant om beide afrigters se perspektiewe te hoor. Dis ‘n jong Boland span, hulle sal nog baie leer hierdie jaar met meer as die helfte van die span in graad 11.
@Ploegskaar: Moet Boland krediet gee… hulle manne is kliphard en was lekker fisies… oulike 12 en 13…
Dat ek nou hierdie tyd vd nag moet reageer. Waaroor sal ek nou in ekstase wees? Shimlas se wen of Outeniqua se verloor? Maar Predator se verdwyning is vir my opvallend. Dink julle hy sal weer hier verskyn hierdie seisoen? Nie omdat hulle verloor het nie, maar agv die gewaagde voorspellings wat gemaak was. Die woord “vermorsel” roep ek in herinnering!
@Speartackle: dis soms skokkend om te hoor hoe ouers ander kinders kan slegse! Mens wonder dan watse tipe ouers hulle is… hy kan bly wees ackers is deesdae n rustige man… paar jaar terug sou hy vanoggend in n mond-en-kaak spesialis se wagkamer gesit het met sy neus op sy wang en sy tanne in n tissue toegedraai met sy vrou wat vir hom se: “sien jy nou… ek het jou kos gewaarsku…”
@Ploegskaar: Garsies was rerig nie goed teen boland nie… swak hantering het garsies gekos…
@Speartackle: hy kan dan blywees ackers het hom nie kom stilmaak nie… nie n kat wat jy sonder handskoene aanpak nie
@Rugbyman: Terugvoer op die Boland/Garsies game? Vlei die telling julle of Boland? Julle pak was 147Kg (19Kg/man) swaarder as die Boland manne verneem ek.
Waars die Predatoor vandag?
Een van Outeniqua ondersteuners was darem maar baie spraaksaam veral teenoor Garsies 7…….was op n staduim bang Ackers gaan hom kom stil maak. Dit verg seker baie selfbeheersing van n ouer as iemand jou kind so beledig.
@Rugbyman: Kom ons noem dit eerder dan………… so ietwat vooruitstrewend.
Nee, julle het mooi gespeel. Hulle was nooit regtig in die game. Daai geelkaart het julle amper gekos maar guts het seevier.
@Speartackle: Oorgewig? Eks n stoetbul in perfekte kondisie…. Hoe durf jy? 8) Ek begin sommer maandag gym na die opmerking!
Koppie effens seer vanoggend… het so paar lemonadetjies afgewurg na die game… my rubber arm was gedraai…
Dit verbaas my dat Framesby en Drostdy die 1ste dag so sleg slae gekry het. Vir my het hul heel skaflik gelyk.
Spelers wat vir my uitgestaan het:
Florida 9 en 15
Potch Gim 8 en 5
Transvalia 5 en 15
BL 9 en 10 en 2
Drostdy 7
Framesby 6
Outeniqua 5 en 10 en 15
Garsies 5 en 7 en 13
Speler van die dag – Garsies 13
@BoishaaiPa: Bog is seker in ekstase daaroor.
@Andre T: Daar’s altyd n eerste keer en gisteraand het Tuks young guns dit ook in die final ervaar teen Shimlas…Jammer daar moes uitgeskop word om n wenner te bepaal, maar Shimlas het dit verdien met hulle vasbyt rugby.
Blykbaar die eerste keer ooit dat Outeniqua in Potch verloor na 16 wedstryde met Puk Skouspel.
Olen Park bly maar n depressiewe stadion.
Wedstryd van die dag was egter Potch Gim teen Transvalia. 2 omgekrapte agttalle. Groot free for all net voor halftyd. Gim 8 n monster en Transvalia 5 kortkop agter. Was n lekker inklim game.
Dit gaan n groot span vat om Garstfontein vanjaar te klop. Lekker om n 13 so voluit te sien hardloop. Mooi Paultjie, hou Schoemies se naam hoog.
Baie geluk Garstfontein. Julle moes eintlik met 20 punte gewen het.
RM…….watter een van die 3 coaches was jy? Hoop nie die oorgewig een?
@Tjoppa: @Woltrui: tx manne…. was baie hard, maar o so lekkerrrrrr
@Rugbyman: Lekker man Lekker. Hard maar die wen soveel lekkerder. Ons gatte is seer en moet nou gaan slaap. Woensdag Waterkloof vs Paarl Gim.
@Rugbyman: Geluk Garsies!!
Garfontein 13 – 12 Outeniqua
Waar is predator…?
Sorry, Drostdy losing against Framesby, who lost against Klerksdorp – even worse actually.
Drostdy losing to both Klerksdorp and Potch Gim. What is going on there – considering the scores Grey Bloem and Monnas put up against these teams!
Garsfontein teen Outeniqua gaan ‘n interessante wedstryd wees. Twee top skole in die land teen mekaar.
@Rugbyman: Komaan Garsies. Maak ons Pretorianers trots. Sterkte Bere. Hoop julle doen die ding.
Waar word vandag se Skouspel wedstryde gespeel ?
I’ll tweet the scores from Potch today
@Speartackle1
@Rugbyman: Ek kom vandag n paar van jou manne dophou, groot planne met hulle.
@Predator: dankie predator, outeniqua het beslis n puik span! Ek sal egter aan die garsie manne jou boodskap en sentiment oordra…
@BOG: Ou Boggie, ek voel bietjie siekerig vanoggend maar ek gaan my bes probeer om in Potch uit te kom om vir jou die beste verslag ooit te skryf.
Ek dog jys nou al klaar met jou ekspedisie in Yemen. Pasop vir die oop vensters, stofstorms laat jou oge jeuk. Aan die anderkant is jy seker maar gewoond daaraan om baie stof te proe.
@Predator: Met daardie beskrywing van homself, wil hy jou defnitief mislei. Hunchback of Notre Dame is nader aan die waarheid. Andersins moet julle maar laat weet of ek wapens en ammunisie moet insamel en aanstuur vir julle manne in Afrika. Elk geval, dit word laat en moet ek gaan inkruip. Lekker om te slaap met oop vensters sonder diefwering. Selfs die muskiete is minder vennynig as hulle Afrika familie
Blou Bulle or any other bloggers: Does anyone have the fixtures for the Francois Swart Rugby Week at Affies over the Easter weekend? Please email me at Greenblooded88 at gmail dot com.
Thanks.
@Predator: Ek sien jou daar more. Kyk uit vir die aantreklike ou in n Monnas trui.
@Andre T: Nee wat Andre jy sal sien dat hierdie manne onderskat geen opponent nie. Dit gaan ‘n grootte wees sowaar. Die groot scores is nie altyd ‘n aanduiding van die span se capability nie. ek hou baie meer van close games , ..dit bring tog die beter in die speler uit.
@BOG: Jy kan maar spog met Grey, as iemand nou nog nie die verskil sien in die vlak van rugby wat by die superskole gespeel en die talent wat daar is nie, dan is daar ‘n leemte in jou rugby lewe of jy ignoreer dit om die telling vernedering sagter te maak. Darem wragtig ‘n lekker sport om oor te skryf veral die skole vlak.
Lyk my die goeie oefening wat Klerksdorp teen Monnas en Grey gekry het begin nou belofte toon. Soms is dit goed om so bietjie vermorsel te word.
Dit bring dan daai woede uit om die bogpraters stil te maak, of hoe ou Bog?
— vermorsel. Selfvertroue of arrogansie? Wonder wat die reaksie sou gewees het as ek dit van GCB sou gese het? Hoekom wonder ek nou daaroor? Maar daardie tellings hoort in die verlede- DIT IS GESKIEDENIS, of hoe?
Results Day 1:
Potch Gim 27 Drostdy 24
Transvalia 36 Florida 17
Garsies 39 Boland Landbou 30
Outeniqua 56 Centurion 6
Klerksdorp 36 Framesby 0
@Predator: Ek sal more daar wees om julle teen Garstfontein dop te hou. Ek dink nie julle moet hulle onderskat maar ek sien uit na n dag se ordentlike rugby.
Wat was die ander uitslae daar?
@Rugbyman: Ek dink die Kwaggas gaan Garsies oortuigend klop. Die Kwaggas se samespel is iets om te aanskou. Hierdie groep manne oefen al vanaf September 2013 saam. Die fiksheid en fisieke toestand van hierdie manne is tops . Die coaching span het hulle huiswerk deeglik gedoen. Daar is net daai iets omtrent die Kwaggas wat jou laat regop sit as dit by rugby kom.
Kwaggas klop Centurion 56-6 . Ek is oortuig ons gaan Transvalia ook vermorsel volgende week. Die rugby by die superskole is net eenvoudig op ‘n ander vlak. As ek so na die eerste twee games van die Kwaggas kyk , dan gaan die scoreboard weer ‘n uitsonderlike goeie span hierdie seisoen uitwys.
Vinnige , intense rugby van die afskop tot by die eindfluitjie,….blerrie lekker om na te kyk.
@Willem: Willem hou ons asb op hoogte van die tellings daar asb. Vandag is almal gaande oor die PE fees en eintlik is die ordentlike spanne vandag in Potch.
Goeie wen vir Gimmies.
Dis n fees…….om n Gimmie te wees.
Potch Gim klop Drosdy 27 – 24
The Tuks-Nupower series is now known as the Tuks series only. And the quarter finals are back giving a team losing one game another chance. So, with the Pukke in the middle of the Tuks series, it will provide a good guestimate of the strength of Outeniqua and Boland Landbou as they will play some teams at the Tuks series.
Must say the Tuks series has two strong pools C and D and to a lesser extent A. Group B looks weak compared to the other 3.
Group A: Monument, Rustenburg, Klerksdorp, Kemptonpark.
Group B: Ermelo, Pietersburg, Eldoraigne, Transvalia.
Group C: Nelspruit, Garsfontein, Marais Viljoen, Florida.
Group D: HTS Middelburg, EG Jansen, Centurion, Vereeniging Gimnasium
Two Pretoria teams vs two Western Cape teams – Centurion and Garsfontein vs Boland Landbou and Kwaggas. Nice match-ups indeed. Now, why can’t Wildeklawer do the same and arrange a Paarl Gim vs GCB. Perhaps Paarl Gim and GCB should participate in the Pukke Skouspel?
@Rugbyman: Hulle behoort beslis beter te vaar as hierdie jaar, mits die beserings wegbly. Kom ons sê dus ek is versigtig optimisties. 2015 sal hulle, in my opinie, witwarm wees.
Mmmmmmm Garsfontein vs Outeniqua en Boland Landbou…. lipleklekker rugby wat voorle! Ek verneem Outeniqua gaan weer rof wees in 2014… Verstaan ook die Garsies het weer n goeie span… Die 2tjies behoort mekaar te vat dat die bloed loop!
@Ploegskaar: Hoe lyk die manne vd plaas vir volgende jaar? Enige vooruitsig vir n warm span?
@Ploegskaar: Haha ek ruik ‘n rot in daai blender!
@BuffelsCM: Saam met die Bellville en Stellenberg trui in ‘n blender gegooi, dan kry jy mos swart
Self hoor ek ‘n mooi WP-rugby Unie truitjie sou nie onvanpas vir jou wees nie
@Ploegskaar: Nou het jy my bietjie verward!
Waar is die Boland trui dan?
@BuffelsCM: ‘n Neutrale trui is dalk beter vir iemand met soveel vingers op soveel polse….
@BuffelsCM: Beet is glo besig om vir my ‘n mooi t-hemp te ontwerp, maar in Durban draai die wiel duidelik maar stadig!
@Ploegskaar: Dalk is dit nou die tyd om jou Noordelike Voorstede hoed op te sit en ‘n Bellville-trui aan te trek!
@Ploegskaar: Ploegie, wat is dit met die nuwe kleur trui?? Het jy nou All Black gedraai of het Beet ‘n fout gemaak met die “nuwe” trui ??
No soft games here, with a couple of good potential match-ups.