DATE | SCHOOL | SCHOOL | INFO | BROADCAST | ||
---|---|---|---|---|---|---|
Sat.03Aug | Garsfontein | 73 | 22 | Transvalia | Virsekerbeker Cup | |
Sat.03Aug | Menlopark | 22 | 15 | Monument | Virsekerbeker Cup | |
Sat.03Aug | HTS Middelburg | 31 | 36 | Waterkloof | Virsekerbeker Cup | |
Sat.03Aug | EG Jansen | 62 | 38 | Noordheuwel | Virsekerbeker Cup | |
Sat.03Aug | Eldoraigne | 17 | 18 | Marais Viljoen | Virsekerbeker Plate | |
Sat.03Aug | Ben Vorster | 95 | 17 | Zwartkop | Virsekerbeker Plate | |
Sat.03Aug | Ligbron | 48 | 07 | Midstream | Virsekerbeker Division 2 QF | |
Sat.03Aug | Pietersburg | 36 | 21 | Secunda | Virsekerbeker Division 2 QF | |
Sat.03Aug | Wesvalia | 40 | 15 | Ermelo | Virsekerbeker Division 2 QF | |
Sat.03Aug | Klerksdorp | 52 | 22 | Overkruin | Virsekerbeker Division 2 QF | |
Sat.03Aug | Maritzburg College | 25 | 36 | Glenwood | ||
Wed.31Jul | Daniel Pienaar | 33 | 19 | Nico Malan | ||
Sat.03Aug | Grey HS | 23 | 17 | Selborne | ||
Sat.03Aug | Hudson Park | 17 | 36 | Dale | ||
Sat.03Aug | Framesby | 22 | 14 | Outeniqua | ||
Sat.03Aug | Queen’s | 67 | 14 | Cambridge | ||
Sat.03Aug | St Andrew’s | 42 | 22 | Bishops | ||
Sat.03Aug | Pearson | 23 | 15 | Nico Malan | ||
Sat.03Aug | Muir | 25 | 41 | Graeme | ||
Sat.03Aug | Sentraal | 23 | 20 | Jim Fouche | Vrystaat Liga Final | |
Sat.03Aug | Welkom Gim | 22 | 22 | Goudveld | Giffons Liga Final (Gim wins) | |
Sat.03Aug | Stellenberg | 80 | 00 | DF Malan | ||
Sat.03Aug | Paarl Gim | 18 | 17 | HJS Paarl BH | PI : On SuperSport | |
Sat.03Aug | Boland Landbou | 10 | 28 | Paul Roos | ||
Sat.03Aug | SACS | 05 | 24 | Rondebosch | ||
Sat.03Aug | Oakdale | 26 | 57 | Grey College | ||
Sat.03Aug | Hugenote | 26 | 29 | Brackenfell | ||
Sat.03Aug | Milnerton | 13 | 38 | Durbanville | ||
Sat.03Aug | Primrose RFC | 10 | 43 | Bellville | ||
Sat.03Aug | Tygerberg | 29 | 31 | Swartland | ||
Sat.03Aug | Hermanus | 38 | 43 | Strand | ||
Sat.03Aug | Worcester Gim | 12 | 14 | Parel Vallei | ||
Sat.03Aug | HTS Bellville | 42 | 09 | WP Hubs |
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.
@Vyfster: 1 down 1 to go vir Helpies,
@Wonder: jy sien verkeerd.
Baie geluk Sentraal met die wen van die Vrystaat liga. Ek het hulle die begin van die jaar sien speel en wat n wonderlike span. Goeie afrigting strukture en Sentraal het begin hou aan n blink toekoms. Hou hulle dop hier kom n ding.
@Redheart: maar welkom hier maat??
@Vyfster: …ja dankie vir die teregwysing, Skollie, ek gun VERSEKER elkeen hulle plek in die finaal.
Weet nie hoe ek hulle kon weglaat, dit nadat hulle ‘n welverdiende plek tot die semifinale deurgedring het.
Veral die game teen Menlo se u16s. Was nogal naby.
So ook al die skole wat alles om stryd gewerp het om tot hulle uitspeel deur te dring, ongeag, hulle divisie.
Dit is net duidelik dat elkeen kans kry, om hulle tyd in die son te geniet.
…hoop elkeen neem sonskermpie, en gebruik elke kans.
Dis vanselfsprekend dat ander afdelings meer deelnemers sal hê.
Gemiddelde skool het maar stuk of 6 spanne.
MY FOKUS IS EGTER OM DIE BEKER,
EK VOLG WEL ANDER AFDELINGS SE UITSLAE!
En voor ek nog iemand verontwaardig ,welgedaan, en baie sterkte vir komende uitspeel wedstryde.
Heinde-en-verre
@Smallies: Definitief ‘n HTS man, maar sal nie nee sê vir ‘n skuimkop nie.
@Redheart: is dit n redheart omdat jy n HTS man is of omdat jy n Redheart en coke ou is….
Naand manne. Ek lees nou al ‘n geruime tyd die blog en het uiteindelik besluit om te begin saam gesels. Hoop ons kan gou goeie rugbyvriende raak. Sterkte aan almal se spanne in die semi-finale die naweek!
@Skopgraaf243: jy is verkeerd met jou stelling van net 5 skole wat in Virsekerbeker halfeind speel.
Noordheuwel se o16s is deur so 6 van die 9/skole in afdeling 1 Beker het verteenwoordigers in halfeind…Kloof , EG en Transvalia nie.
Onthou ook dat daar goeie 40 skole nog in uitspele van hul afdelings is
Afd 1 plaat is 7 van die 8 skole nog in semis, dink skild ook 6
Afd 2 is baie groot, daar is omtrent 65 wat daar meeding….dink nog so 10 het span daar in semis
Afd 3, 4 en 5 se eindstryd word Saterdag gespeel in Benoni….daar is swetterjoel skole betrokke, van Eric Louw in Messina wat mees noordelike skool in land is, tot Heilbronn en Sasolburg wat eintlik in Vrystaat is
Sterkte vir daardie skole ook…en gun Noordheuwel sy semifinaal
@Leelu: Thanks Leelu. Gaan tough wees teen Menlo, maar dis hoe ‘n semi-finaal hoort.
@Mr. Rooies: Baie dankie. Stem saam met jou. Goeie, spannende en lekker skool rugby. Lekker gees op die pawiljoen met geen “holding”, “not releasing” of ander aanmerkings. Was baie lekker om by julle te kon kuier. Sterkte aan jul onder 14 en 16 spanne met uitspele.
@Leelu: Baie dankie vir ‘n wonderlike dag wat in baie goeie gees teen julle gespeel is. Toeskouers het die spannende wedstryd propvol hardloop rugby baie geniet. Julle kan ongelooflik trots wees op julle 1e span wat vir julle baie vreugde verskaf het die afgelope jaar. Sterkte met jou seun se volkome herstel.
@AbsolutMenlo: Was ‘n wipplank game. Ons het in beseringstyd die wen drie gedruk. Julle verdien jul plek in die semi’s en het ‘n baie goeie kans om die beker te wen.
Hy het gespeel, maar nog nie 100%.
@Leelu: …. Nee! “go Bere” het meer van jou verwag …
Klink my julle het hom net net voor die einde deurgetrek teen die HTS M!?
Jou seun weer gespeel na besering?
@Skopgraaf243: Nee wat ou maat… ons respekteer al ons opponente! Ons gaan geensins Menlo onderskat nie! Menlo het laas heelwat beserings gehad toe ons gespeel het in Mei… Neewat, dis ‘n semifinaal – die span wat die hongerste is en hul kanse die beste gaan gebruik sal wen. In my oë is die game 50/50
@Grizzly: …niks om te kommer nie. Julle het ons nommer wanner dit by die rugby kom
Tussen twee semi’s het Garsies die makliker roete finaal toe, al dra Dup ‘n underdog leiband.
Al sit julle 15 poublou dromme oppi veld het julle ook beter kans.
Ekt actually gehoor met die groot tellings wat julle afgelope tyd opsit, gaan hulle Menlo se truie op hulle bors vaswerk, dat hulle ook goed voel onder die pale
Op ernstiger noot, dit gaan verseker goeie rugby wees.
Interresant tussen die 16 wedstryde om die Verseker beker, is daar slegs 5 skole wat verteenwoordig word.
Leeus: Monnas; Helpies
Bulle: Garsies; Menlo
Pumas; HTS Middelburg
@Wonder: ..dit dra soveel gewig soos julle nuwe borg:
“BOXER”
…sal julle truie betyds reg wees voor saterdag
@Leelu: Ek sou geld daarop sit dat ons Saterdag teen julle speel maar nou ja..
@AbsolutMenlo: Ja,Menlo beslis volslae gunstelinge. Dan nou net vir Monnas met hul tweedes gewen.
Veels geluk Garsies (Rugbyman, Djou en kie), Monnas (Murrayfield), Helpmekaar (Riempies en Quagga) en Menlo (AbsolutMenlo). Sterkte
Lekker wedstryd teen die Rooi Bulle gister. Het gedoen wat ons moes, maar Menlo het ons welverdiend uit semi finale gehou.
Sien daarna uit om onpartydig na Virseker wedstryde te gaan kyk …. GO BERE
@AbsolutMenlo: Dis nie die Bere manier nie… jy weet dit… Maar ons SAL opdaag, dit kan ek jou verseker…
@Grizzly: …. jy gaan lank soek
Wen of verloor en ons gaan drink ‘n bier … jy weet mos!
@Rugbyman: …. nee nee nou sit jy woorde in my mond!
…. lyk my julle is nie bekommerd nie en hoef net op te daag ….
@Rugbyman: Ja,dan soek ons vir @Skopgraaf243: en gaan drink n bier,kom ons wees goeie wenners/verloordes soos die Kapenaars.
@AbsolutMenlo: Lyk my julle het klaar gewen…
@Grizzly: … Menlo is daar en dus in met ‘n kans … uitspeel rugby op sy beste!!
2011 …. dit gaan die oorwinning net nog soeter maak … hy gaan kom … is net wanneer!
Sien jou Saterdag!?
@Grizzly: Nie bekommerd nie,ook nie oorgerus nie. Garsies het genoeg diepte. Vra net vir goeie ref
@AbsolutMenlo: Menlo n perd van ander kleur sat.Ten spyte van @Skopgraaf243: se comments is ek baie bekommerd,laas in 2011 Vir Garsies gewen,nie n kans gegee Vir uitspele,Garsies – daai 4 spelers…alles om voor te SPEEL..
@AbsolutMenlo: Ummm…”die wat my ken mag dalk net anders dink” …
Word die semis en finals dalk gestream?
@Murrayfield: Bees! Was lekker om Saterdag weer te kon chat! Sterkte vir Monnas Saterdag … hoop om julle in die finaal te sien!
@Skopgraaf243: Beweeg aan as jy dink Menlo is ‘ n Sirkus … jy het mos ‘n super power om op terug te val … almal weet teen die tyd jy het vir hulle uitgedraf.
Jy kan my noem net wat jy wil … die wat my ken mag dalk net anders dink!
Daar is ‘n tyd en plek om dinge aan te spreek, maar as die seisoen begin ondersteun die SPAN! Al die Menlo spanne se seuns en afrigters het die hele seisoen hard gewerk en verseker nie terug gesit.
4/4 spanne in die beker semi finale is seker nie te versmaai nie! Sit bietjie terug as ondersteuner en jy sal verbaas wees hoe ver Menlo rugby gekom het die laaste 7-8 jaar.
As jy my weer langs die veld sien kom maak kennis … ek weet nog steeds nie wie jy is!!
@Ricardo12Volkies2012: Monnas rus nooit spelers nie. Menlo se 015 en 016 het, net soos hulle eerstespan goed gespeel.
Ons vat hierdie verlore op die ken.
@Rugbyman: ek hoor jou maar wrintie, as jy spanne ken, danmaak alles sin
Die spanne oppie veld betrokke het alles gegee. Die gaan pure spankeuses
@Wonder: want eks net ouer en kannie die sirkus tem nie
Ek is oud Monumentaar, 3 jaar vir witbulle uitgedraf, en ondersteun nou my kinders se skool in Menlopark.
Absoluut Menlo, is jelly vis, geen ruggraad nie en spring deur hoepels soos sirkus leeu.
Ek comment nie uit rusbank nie, ek ken betrokke mense.
Die manne tas in donker waar Menlo moes die jaar met die betrokke talent net meer kon vermag, maar weereens sit die manne terug en dis mos kinders wat bepaal opdaag of nie vir spel.
@Kokkies Valia: Die bakleiery was na fluitjue geblaas het, niks ernstig nie. Dink dat was maar uiting gee aan emosies na baie belangrike en harde game. Almal gesoen en opgemaak binne minuut.
Nog ‘n great resultaat vir Framesby vs Outeniqua….
@Wonder: daar was so bietjie n bakleiery by onder 15’s. Ek weet nie wat met afrigter gebeur het nie. Was nie daar vir eerstes game nie, het 2 uur iets aangehad in Sasolburg.
@Vyfster: Dis reg weet jy het dit nie sleg bedoel nie
Garsies vs Helpmekaar Final.
Helpmekaar is due vir ‘n wen oor die Mighty Monnas.
@Vyfster: Sorry.. Ek maak ook lojale foute. Menlo was beter oor en uit. Laaste poel games gewees.
Semis is n ander…. Bees…
@Rugbyman: ?
Selfde wat Wynand my voor die game gesê het.
Sien julle Saterdag … sterkte vir die week!
Ek kan vir geen oomblik dink dat die game gegooi is nie! Dis geensins in Monnas se aard nie! Baie geluk Menlo! Ek het sommer so klein sidebet ook gewen teen ‘n vriend van my… ek het nogal gedink Menlo gaan wen!
Om eerlik te wees dink ek die 4 beste spanne is in die semis! Ek glo beide semis gaan oorlog wees!
@Wonder: BAIE bly hy verwys nou na Menlo as “julle” Hy is eintlik nowhere … indien Menlo 1 ste wen dan gee hy net tellings en as hulle verloor dan gooi hy klippe en raak persoonlik. Ware Menlo laat sy spoor … wen of verloor.
Darem het julle een ekstra ondersteuner Saterdag en ek is bly ….
@Skopgraaf243: Hoekom verwys jy na AM as julle, dit klink of jy jou distansieer van Menlo of is hy op die bestuurspan?
@AbsolutMenlo: so sê my was dit julle 15 eerste keuse spelers?
@Djou: Ek praat van die Garsie Menlo game … ai toggie.
@AbsolutMenlo: Genade lees jy nie die blog nie. Lees soms en probeer minder gatkruip.
@Skopgraaf243: het mos duidelik gese Menlo het paar beserings. Of lieg hy volgens jou?
@Djou: …. dink jy was by verkeerde game! Monnas het die laaste drie gedruk en daarmee hulle bonus punt verdien.
@Djou: …. op grond waarvan sê jy dit is ‘ n verswakte span?
Hoor graag van jou?
@AbsolutMenlo: Ek het werklik gehoop julle wen. Wil bitter graag weer teen Menlo speel. Maar die keer met ‘n game wat nie 12 minute langer duur as amptelike tyd nie. Julle het 2 mooi driee gedruk in daai 12 minute. Wys net, hou aan speel tot eindfluitjie blaas.
@Skopgraaf243: dit sal baie hartseer wees as daar tog geknoei was tussen Menlopark en Monument so op die einde van die seisoen om die bepalings te beinvloed. Virseker beker is ‘n briljante kompetisie en elke wedstryd was hard. Elke span moet op meriete verdien om die semi finale te haal. Indien dit so was hoop ek vir ‘n Helpmekaar/Garsfontein finaal.
@AbsolutMenlo: Baie geluk. Vir Menlo om met ‘n verswakte span vir Monnas wat sonder twyfel hul beste gebring het te klop, is ‘n besondere prestasie.
Dit is ‘n wen wat julle moet vier tot laatnag.
@Skopgraaf243: @AbsolutMenlo: Ok manne,geluk met die wen dis tog al wat tel. Garsies het vandag 3 spelers laat rus en die 4 Sa spelers het eers met telling op iets soos 50/10 opgekom, net om vir laaste keer vir die Bere te speel. Ek dink dit was baie slim om die 3 ouens te rus en die 4 spelers se subs game time te gee. Sterkte vir volgende naweek. Mag ons ‘n goeie,bekwame ref kry.
Dr EG Jansen het die laaste 2 wedstryde teen Menlopark en Noordheuwel hul seisoen op ‘n hoè noot afgesluit. Baie geluk EGJansen met jul puik vertonings die laaste twee weke. Dit was ‘n baie harde Virseker beker seisoen. So naby vir semi finale plek. Maar mens kan nie elke wedstryd op jou beste wees nie en die verloor teen Waterkloof waar EGJ die gunstelinge was,was die ongelukkige verskil. Volgende jaar sal EGJ weer terug wees.
@AbsolutMenlo: …en net hoekom sal dit nou wees?
Jy net die Watt-a uit jou ore haal.
@Wonder: weet net v beserings by Menlo
@Ricardo12Volkies2012: nee kannie sê v juniors by Monnas nie
@Wonder: …. moenie dat skograaf se trui jou deur mekaar maak nie!
@AbsolutMenlo: Was jy en Skopgraaf by selfde game? Jy sê Monnas het beste span gebring,nie volgens Skopgraaf nie,klink vermy na gekonkel,resultaat is vooraf vasgemaak. Rooibok of Kudu ?
@Kokkies Valia: Gelukkig het daar toe niks gekom van die groot baklei nie,lekker hardloop rugby by al die spanne. Wat het julle afrigter gedoen dat ref hom weggejaag het? Nog nooit in my lewe so iets gesien nie! Sommige ouens sê die ref het hom rooi kaart gegee. Kan die ref ooit vir afrigter rooie gee?
Menlo Menlo Menlo!
…. geen twyfel dat Monnas hulle beste gebring het en geen twyfel dat Menlo die GROOT wen verdien het nie. Geluk Dean en span!!
Menlo het vroeg in die wedstryd na ‘n uitstekende drie die voortou geneem en daar gebly. Menlo baie karakter gewys op verdediging en hulle kanse beter gebruik.
Geluk ook Menlo tweedes gelykop, 0/16 en 0/15 wenne.
MenloTrots!
@Murrayfield: Noem my MENEER SIENER
@Ricardo12Volkies2012: Nie bang nie,Garsies kan vir Menlo vat en wie ook al daarna.
@Skopgraaf243: Hoekom was Menlo nie op volle sterkte nie? Hulle het tog baie gehad om te verloor. Smaak my ook dit was gekook.
@Skopgraaf243: het Monnas spelers reg deur al die ouderdomsgroepe gerus?
@Ricardo12Volkies2012: goeie een :wink:….who knows…Helpies kan dalk verras
@Vyfster:
Moenie met ‘n ding begin nie, ons het dit nie nodig nie.
@Murrayfield:
@Wonder:
Ek sien hoe haal Helpmekaar sommer julle altwee uit, die een na die ander
Stellenberg 80 – 0 DF Malan
@jakes: sorry man, maar ek het reg gecall oor Menlo.
Julle het jul deel gedoen, teruggeveg van 0-14 en ver gewen, so julle kan trots voel
@Wonder: haha, ek en jy was reg oor Menlo uitslag, Murrayfield voel seker maar afgehaal
Eintlik logies dat Menlo sou wen, hul het veel meer op spel gehad…..semis gaan Monnas ander dier wees
@Wonder: ek en Wynand is nie vriende nie, maar ja, dis n knoeiery, ek het somme my hekgeld gaan terugvra
Menlo nie volspan, en Monnas het spelers laat rus.
Ek dink die wedstryd sou nie veel waarde inhou vir Monnas behalwe vir tuisveld voordeel, en beserings.
Semi was altyd teen Helpies.
Ben Vorster 95 -24 Zwartkop
Mooi Vossies….sorry Zwarries, hulle 1stes seker bly laaste liga wedstryd verby en seisoen klaar.
Hulle juniors is nie sleg nie
Volgende week semifinal teen Rustenburg….gaan close wees, hoop maar Vossies kan finaal haal
@Skopgraaf243: Jou vriend Murryfield is baie stil,wonder hoekom?
Framesby 22 14 Outeniqua
Waterkloof 36 31 HTS Middelburg
Paarl Vallei 14 12 Worcester Gim
Midstream 7 48 Ligbron
@Djou: Mens moet vir Menlo die krediet gee vir die wen, op die dag is enige iets moontlik. Weet nie hoe sterk span Monnas op die veld gehad nie maar dit gaan lelik backfire as hulle nie bonus gekry het vir close verloor.
@Wonder: Jy was reg!!!!!! Daar verloor Monnas toe.
Garsies ok gespeel, inaggenome dat hulle 7 spelers gerus het en eers in 2e helfte hul SA Skolespelers speelkans gegee het.
Leeuwenhof 24 19 Standerton
Garsfontein 73 22 Transvalia
Eldoraigne 17 18 Marais Viljoen
Landbou 10-28 PRG
@Skopgraaf243: Baie geluk.
@Murrayfield: Ek WONDER of daar moes seker baie beserings wees met so uitslag, of was julle verRAS?
Menlopark vs Monument
U14 5 19
U15 19 12
U16 20 14
1stxv 22 15
@Kokkies Valia: lol, ek bedoel nie sleg nie.
En die vorige 2 jaar kon julle waarlik breeborsloop
HTSM se 1stes het laasjaar veel erger seisoen as julle vanjaar beleef, en nou gaan dit heelwat beter, en veral hul juniors kook.
Klink vir my julle moet dalk so paar spelers uit Heidelberg gaan werf Ricardo kan jou dalk paar name gee
@Murrayfield: Dankie, so julle kort 1 punt vir tuis semi.
@Murrayfield: Sal sien wat die telbord sê.
@Djou: By die Skole waar die eerstespanne nr 1 en 2 eindig
@Murrayfield: Waar word die semi-finale gespeel?
@Wonder: Lyk my jy is Siener van Rensburg!!!
Duidelik ken jy nie nie Monnas nie!
@Ricardo12Volkies2012: hoop maar jy is reg. Transvalia nog niks gewen in Virseker reeks die jaar nie. Ek sal vir Garsies die wen gee.
@Wonder: Ek het glad nie so iets gehoor nie. Ek is glad nie een vir n bakleiery op n rugby veld nie. My seun weet, slaan hy, slaan ek. Ja daar was fights teen Noordheuwel en gaan nie uitbrei wat gebeur het nie en wie was skuldig nie. As jy slaan, rooi kaart, klaar. Geel werk nie vir my nie, al is dit my span. Niks lekkerder om n skoon game te kyk nie, skud jou opponent se hand, well done boys.
@Kokkies Valia:
Ek glo darem nie, glo dat dit Noordheuwel sal wees wat af gaan skuif. Baie om voor te speel in die laaste rondte. @Middies pa
Die dinge gaan interesant wees by die o14s en 1stes… almal het mekaar al geklop!
@2021: Jong Scheepers 8n die o 15 span lyk na n goeie speler
@Strepie: Strepie die wiel draai mos aanhoudend vir plattelandse skole. ek kan net Ploegskaar beaam. 2020 sal dit n bietjie beter gaan. Ons het by Oakdale 8 van die 15 is Gr.11 Bulletjies. Die baarde het darem harder geword vanjaar. Ons byt maar die spit af vanjaar. Ten minste stel Waterkloof een van afrigters aan as Direkteur van Rugby. Ons juniors doen heelgoed. Sterkte met julle Interskole.
Ek dink Menlo gaan morê vir Monnas raak ry.Monnas gaan net vir die 1 punt gaan en seker maak hulle eindig tweede,wen sal vir Monnas ‘n bonus wees,spelers gaan gerus word.
@Kokkies Valia: Wat dink jy van die storie wat rondte doen dat julle morê Garsies toe kom om te baklei?Kwaadwillig?
@Vyfster: Eina Vyfster, dit maak seer, maar jy is reg. Transvalie het ‘n baie slegte jaar en gaan seker af na die plaat toe. As gevolg van seuns wat uit die skool is, hetsy na ander skole of matriek geskryf het, het Valia nie daai diepte soos ander skole nie. Laas jaar se onder 16 seuns kon nie kans kry om 3de of 2de span te speel om gewoont te raak aan die druk by die eerstes nie. Hulle is van onder 16 dadelik 1ste span toe. Dit is maar hoe dit gaan. My seun speel onder 15 die jaar, so ek het nog ‘n paar jaar by Valia oor.
@Ricardo12Volkies2012: Al ons spanne speel teen Liggies behalwe die 1sres wat teen julle spee.
@Ricardo12Volkies2012: Lichtenburg.
Met ons resultate teen Florida en Hugenote het ons, onsself ook geen gunse gedoen nie. Maar nou jah, dit is hoe dit is.
@Middies pa:
Teen wie speel julle o15s?
Ek sal maar vir hulle skree aangesien ons o15s uit is en my ouers bly in Middelburg
@Ricardo12Volkies2012: Die drie is ongelukkig lang termyn beserings maar die span se koppe behoort beter te wees. Sterkte met die voorbereiding.
@Vyfster: Ja die manne is nog met ons. Speel eerstes hierdie jaar. Ag, elke sport het sy besering, soos hulle sê. Die semi’s gaan hard wees.
@Vyfster:
Jah nee die groot rede hoekom ek vir Lichtenburg die voortou gee is agv die spanne wat deurgaan semis toe, Middelburg ook ja! Maar Lichtenburg se spanne le mooi!
@Middies pa:
Hopelik is daardie 3 seuns terug vir die semis en dan kan dit nou ‘n klipharde krag teen krag wedstryd!
Volkskool sal moet die cheque boek uithaal vir die o15 span van die jaar, andersins gaan die spog o16 span oor 2 jaar nie veel aanvulling kry van hulle af nie. Volgende jaar se 1stes behoort ongelooflik te wees, ek sal so ver gaan as om te se te minste 4/5 Craven Week spelers (as hulle by die skool kan bly)
@Valkie: dinge kon veel egret gewees het…imagine jy het Transvalia of Durban high school se 1stes ondersteun
Transvalia het ek dink 14 uit 15 wedstryde verloor, enigste wen ironies teen DHS.
DHS verloor 13 uit 15, maar hul wen Westville , wat Affies geklop het….
Genoeg om jou polse af te kou uit frustrasie, maar ook hulle sal weer beter jaar beleef vlge jaar…dink Queens, Boland en Brackenfell sal hierdie jaar gou wil vergeet…
Maar die wiel draai altoos…..
@Strepie: Valke is diep beswaard oor sy geliefde Nelspruit se vertonings laaste paar jaar.
Laas jaar gedemote van Virseker se cup divisie ( top 9 skole), om sout in wond te Vryf maak hul nie hond haar af in plaat divisie ( vlge 8 skole) en eindig hul 2de laaste daar.
Hy wil nie hoor nie, maar hul gaan gou weer regkom….vlge jaar wen hul 1stes Boishaai op st Johns …hoor my lied, plaas julle bets nou
Ek hoor jou lag, maar dink 2016 was middel van Bois se 3 jaar winning streak, en ek het gesien hoe HJS bloed sweet om Nellies op st Johns te klop, dink eindtellin was 17 of 16 -11
Daardie dae sal weer kom.
Having said that, ek was laas jaar by Curro Nelspruit….blikskottels, daardie skool is goed gelee, miskien die beste uitsig van enige skool wat ek al gesien het, baie gerieflik naby paar smart nuwe woonbuurte gelee….ek kan dink hulle sal nogal aanloklik wees vir baie mense.
Maar soos Arnold Zchwarzeneger….”they’ll be back”!
Valkie is egter nie van die geduldige soort nie, maar gety draai vlge jaar terug vir Nellies
@Middies pa: ek hoor jou, voor die vakansie het ek absolutely geen twyfel gehad dat julle sal promoveer na plaat toe nie……en julle is steeds in die binne baan…….maar die Heidelberg games het my ietwat onkant gevang veral die 1ste span telling
So jul 1stes gaan semis teen mekaar speel, maar julle het tuisveldvoordeel…..reken dit gaan hard en close wees…..as julle tuisveldvoordeel kan benut is julle koppe deur, en sien ons julle vlge jaar in plaat.
Julle het 2 nederlae teen Ben Vorster laasjaar om te probeer wreek?
Ek het laasjaar met liga wedstryd so bietjie die Vossies gaan ondersteun, en as ek reg onthou was jul o16s nie te versmaai nie, so behoort goeie 1stes volgende jaar te he.
As ek reg onthou was Middies se o16 regtervleul absluut massief….miskien Jonah Lomu se groot nefie, maar min I mpak gehad…..groter as enige BV voorspeler…..swart speler,nes jul agsteman wat nog groter en meer gespierd was, en reuse wedstryd gehad het.
Onthou ek reg, is hulle nog by julle? Speel hul al vanjaar eerstes?
Anyway, kan nie wag vir al die semis en uitspele nie…gaan massive wees
@Valkie: Jy klink omtrent omgekrap?
….. en waar is Nelspruit vanjaar? O ja, dieselfde as verlede jaar…..no where!
Wat ń patetiese prestasie van wat veronderstel is om spogskool te wees!!
@Vyfster. Middies se eerste span het 3 spelers verloor agv beserings en dit het ‘n groot invloed gehad op ons spel na die vakansie. Volkies se 1ste, O16 en O14 spanne het goed gespeel en het verdien om te wen. Ons O15 span het self ‘n mooi telling opgesit en staan ‘n goeie kans oor die volgende twee weke.
Ons sien baie uit na die volgende twee weke. Alle spanne is in die uitspele en is of 1ste of 2de op onderskeie logs.
@Deon: Ek dink jou pos hierbo is baie onnodig en onvanpas,
Wanneer wen julle n slag weer meer as n handjievol teen HJS/Gim/Gcb saam meneer?
Ek stel voor julle kry eers jul eie huis in orde.
Dinge lyk donker by Prg en ek sukkel nog om te verstaan hoekom.
Interskole bly spesiaal en die band tussen Boishaai en Gim is iets unieks.
Merkwaardig hoe die “commodification” ( dankie Prophet, Pastor, spithipithi evaluator , Prof.-Nkandla School of Actuarial Sciences, Nzwere of the Nation, Dr. Jacob Zuma, vir daardie groot woord) van skool rugbyspelers die balans in HJS se guns geswaai het die laaste tyd. Ai, die HJS mafia, WMC-ing schoolboy rugby, Glenwood van die Wynland. Skud my kop en hoof. Go Gimmies, doen ‘n VF+ en slaan terug, of kry jul geldsake ook agtermekaar soos Boyshaai.
@Vyfster: née, nou maak dit nie sin nie, want dan gaan shield op 8 bly, miskien is daar ook nie relegasie uit shield nie, dan moet 2 van afd 2 opskuif…indien daar wel promosie en relegasie uit shield oor, sonder relegasie uit plaat sal daar 3 skole van afd 2 moet bykom om 9 te maak
Ek vermoed 1ste scenario meer waarskynlik, want ek het erens gelees dat daar definitief 2 uit afd 2 bykom….hoop maar iemand war weet dalk more bevestig
@tzavosky: soos ek verstaan
Laaste in Cup skuif af plaat toe, wenner plaat skuif op cup toe dus Cup bly 9 skole
Wenner van Shield skuif op Plaat toe, maar geen relegasie van uit plaat vanjaar nie….so nou het plaat effektief 1 bygekry en is ook 9 skole
In
Laaste in shield skuif af na afd 2…..top 2 skole van afd2 skuif op shield toe, dus netto wins 1 meer skool en voila…shield het ook dan 9 skole
@tzavosky: soos ek verstaan
Laaste in Cup skuif af plaat toe, wenner plaat skuif op cup toe dus Cup bly 9 skole
Wenner van Shield skuif op Plaat toe, maar geen relegasie van uit plaat vanjaar nie….so nou het plaat effektief 1 bygekry en is ook 9 skole
Laaste in shield skuif af na afd 2…..top 2 skole van afd2 skuif op shield toe, dus netto wins 1 meer skool en voila…shield het ook dan 9 skole
@Vyfster: Horie, maar hoe werk dit nou weer met die dat al drie seksies in Afd 1 volgende jaar 9 spanne gaan hê? Laaste in Cup skuif af Plaat toe, wenner in Plaat op Cup toe.
Die wenner van Shield skuif op Plaat toe, maar bly laaste in Plaat waar hy is, of skuif hy Shield toe met boonste twee van Shield wat opskuif om 9 spanne te maak? En word laaste in Shield gerelegeer Afd 2 toe, met 3 van Afd 2 wat opskuif Shield toe, of bly laaste in Shield daar, met boonste 2 van Afd 2 wat opskuif???
@Ricardo12Volkies2012: sjoe, dis goeie tellings.
Ek was vas oortuig Middelburg sou opskuif plaat toe, met Lichtenburg en julle kortkop agter.
Julle goeie vertoning teen Middelburg het julle nou real contenders vir promosie gemaak, en dit begin al hoe meer lyk of julle dalk kan deurgaan……alles hang maar af wat in die semis en finals gebeur van o14 tot 1stes.
Middelburg se verlore teen julle laat my dink julle seuns het bietjie harder as hulle geoefen tydens skoolvakansie
Maar daar moet nog baie water in see loop en dit gaan fassinerend wees om te sien wie die pyp gaan rook…..wonder ook wie gaan uitval afd 2 toe…lyk of Pietersburg,Ligbron en Klerksdorp mees realistiese kans het om vir Jeugland, Florida, Centurion , Hugenote of wie ook al uitval te vervang
Volkies Heidelberg speel teen H/S Kempton Park in hulle Virseker Beker “bye” naweek –
o19A HVH 42-18 HSKP
o19B HVH 17-24 HSKP
o16A HVH 57-0 HSKP
o14A HVH 29-24 HSKP
Nie slegte resultate nie, maar ek glo Lichtenburg sal heel waarskynlik opskuif Plaat toe, as hulle Bondesio kan hou as afrigter behoort hulle goed te vaar in komenende jare!
@Strepie: Eks nie seker nie maar sou reken dat hulle sal speel. Een naweek van die sportveld is genoeg vir hulle. Die matrieks wil nou soveel as moontlik vir oulaas speel.
@PaarlBok: Speel Paul Roos met hulle SA skole spelers of nie?
@Strepie: Verseker, PRG sukkel altyd op die plaas. n Taai wedstryd sonder beserings is net die regte medisyne vir PRG.
@Oakdale supporter: Hoe het dit gebeur dat n skool met soveel seuns in Grey teen julle speel met beduidend minder seuns.
Dit maak logies nie vir my sin nie.
@Strepie: Glo nie, met daai klein pak is ‘n swaar veld laaste ding wat hulle sal wil hê. Mind you, hulle het al letterlik op elke denkbare tipe veld op hulle moer gekry die jaar, so maak eintlik nie saak ??♂️
@Strepie: Af jaar soos ou Ploeg sê. Kyk maar weer volgende jaar. Met 80 seuns per ouderdoms groep moet jy ‘n paar sterre he. Soms gebeur dit nie. Ons vat die jaar soos hy kom en sien uit om volgende jaar weer hard terug te kom. Dis jammer om jou eerste fixture teen Grey in so ‘n jaar te moet kry, maar almal sal die naweek hul beste gee. Volgende naweek behoort een van die plaasskole darem te wen.
@Ploegskaar: Landbou spuit al heelweek die velde in die reen nat.
@Strepie: Nevermind die Paarl, ek kort ‘n slag ‘n goeie jaar ??? PRG sal ongelukkig te veel skietgoed hê vir Boland
@Ploegskaar: Die Paarl kort n sterk Boland Landbou.
Paul Roos moet ligloop vir julle die naweek.
@Strepie: Slapgat gesaai 2015 = swak oes 2019, vir Boland anyway. Saak is darem reggestel met latere innames en gesonde strukture is in plek gestel. 2020 aan behoort hulle darem weer bietjie te kan meeding
@Strepie: Ploegie is n legend Boland Landbouer, hy sal jou kan antwoord.
@PaarlBok: Inderdaad
@PaarlBok: Dit is vir my kommerwekkend hoe swak die twee landbouskole vanjaar vertoon, wat is die rede wat daarnatoe lei?
PRG en Grey teen die Boere op die plase gaan die ideale voorbereiding wees.
@Die Ken: ?
Ek is kinderlik opgewonde oor die naweek. Gaan my eerste interskole bywoon, na ses jaar innie Kaap. Ek hoop Elma Kapelma is daar om Gim te ondersteun, sodat daar darem iets vir die oog is en ek verstaan Boishaai fokus vanjaar net op die wen van hule hokkiespanne?! Mag die Paarlskool wen.
Afd 2 van Virsekerbeker speel die naweek al kwarteind, afd 3 en verder halfeind
Ek ken paar manne van Pietersburg, Secunda, Ligbron, Klerksdorp, Ermelo wat al erg stress, en ek is seker Midstream, Wesfalia, overkruin voel dieselfde
Een van my vriende se seun speel vir Dinamika se o15 span…..enigste span van hulle wat knockouts gehaal het……bel my saterdag toe hulle Ligbron se span naelskraap uitgeskakel het, hy is so hees geskree ek kan beswaarlik hoor wat hy se……ek vrees vir sy gesondheid in Saterdag se kwarteind
So sterkte aan al die spanne wat in laer afdelings van Virseker speel, al is hul naam nie op lys hierbo nie…..net in afd 2 is daar nog 2o skole in 32 kwarteinde van o14 tot 1stes betrokke. Geniet dit manne
@jakes: haha….ek het ook aanvanklik so gedink, maar hoe Nader ons aan tyd kom, hoe meer voel ek dat Menlo dit dalk op hul tuisveld kan deurtrek…..
Dit sal natuurlik sleg te nuus vir EG wees, but I just can’t shake that feeling
Bes moontlik is ek totaal verkeerd…..maar dinge begin nou interessant raak
Sterkte vir al die spanne!
Ek roep HTS Middelburg, Monument en EGJansen om te wen die naweek. Sterkte aan al die spanne vir die laaste rondte in die Virseker beker.