Monument, the undisputed top dogs of Krugersdorp will make their shortest away trip of the year, a 5km journey to meet their flying under the radar steady progress makers town neighbours Noordheuwel.
This Virsekerbeker Cup Krugersdorp derby will be a Kyknet televised match on Saturday 01 June 2019.
Well-known on the national stage, Monnas have been raking up the silverware on offer. Most recently that success has been under the guidance of teacher and head coach Tjaart van der Walt (Garsfontein old boy), who in his own capacity has the last four Virsekerbeker premier titles in a row (Monnas in 2017-2018, Garsfontein 2015-2016).
In spite of injuries to a few key players, the Witbulle will have a combined total of 13 representatives at Craven Week and Academy Week 2019.
Noordheuwel heads into the match as the bottom 1st XV in the VB Cup. The season has been far from a failure though. Expected to be the whipping boys at the start, the Nories’ guts and determination has reflected in the score-lines thus far. The Krugersdorp derby will be a massive test for them through.
Although they don’t have the illustrious history of Monnas, of late Noordheuwel have been climbing the ranks. In 2016 they were a Beeld “Large Schools” league contender. A year later they were in the “Macro Schools” B-division. They won that league in 2017 and were meant to play in the Lions-Leopards-Valke top division in 2018. Virsekerbeker organisers then rearranged the whole setup ahead of the 2018 season. This meant Noordheuwel had to complete in the newly created VB Plate competition. As overall winners of that new league in 2018, they qualified to play in this year’s VB Cup against many of the best rugby schools in the Noordvaal. They have also captured the NWU Pukke Prestige title in 2019.
Through his efforts Springs old boy and Nories head coach Rocky Truter has forged out a useful school coaching CV for himself. Before arriving in Krugersdorp in 2016, he had a good run at Die Anker as the Valke school went from Beeld “Medium School” up to “Macro Schools” during that five year spell. Encouraging for the Noordheuwel support base is that he displays an aspiration to see his team settle in amongst its present company and go on to develop the school’s own rugby brand not just in the Wesrand or Noordvaal regions but across the entire country.
Results between Monument and Noordheuwel over the years:
# | Year | Mpnument | Noordheuwel |
---|---|---|---|
1 | 1986 | 13 | 16 |
2 | 1986 | 14 | 9 |
3 | 1987 | 28 | 0 |
4 | 1989 | 28 | 6 |
5 | 1994 | 60 | 5 |
6 | 1995 | 22 | 12 |
7 | 1996 | 74 | 3 |
8 | 2001 | 18 | 20 |
9 | 2002 | 24 | 10 |
10 | 2002 | 36 | 10 |
11 | 2003 | 18 | 11 |
12 | 2003 | 23 | 0 |
13 | 2004 | 95 | 12 |
14 | 2012 | 5 | 5 |
15 | 2013 | 61 | 12 |
16 | 2014 | 25 | 5 |
17 | 2015 | 55 | 10 |
AGGR. | 599 | 146 | |
AVG. | 35 | 9 |
@Transvaal: Hy het seker n fout gemaak. As ek so luister na hom Jen hy Monnas rugby
Ek hoop maar Noordheuwel volhard met hul intensiewe werwing
Hoop nie dit hou net solank oom Hans daar is en dan verdwyn hul weer vir 25 jaar
Die naaste wat ek ooit aan Noordheuwel gekom het was daai lekker Steakhouse wat rib specials het Maandae en Donderdagaande
Dink dit was eers n News Cafe
Hoop Nories hou langer as die News Cafe
@Smallies: Dan van Zyl (ex-Bok and St Alban’s old boy) was in charge of the Leinster academy a few years ago. I’m not sure if he still is? In addition to the stronger school system, stronger universities and much greater wealth, Leinster has a much larger population than Munster. However, Munster is very, very passionate about rugby – for most Munster fans, the performance of Munster is more important than the performance of Ireland.
..then there is Ulster, which is in a completely separate country! A multitalented kid growing up in Belfast will dream of competing for Great Britain in the Olympics, or for Northern Ireland in football, or for the whole of Ireland (i.e. Northern Ireland + Republic of Ireland) in rugby. Must be very confusing.
@Vleis: I know leinster has a very good acadamy and also they have arguably the strongest school system in Ireland
@Quagga: Congrats – you must be very proud!
@Bergskilpad: There aren’t any quotas, etc in Ireland…but there is plenty of politics too – especially between Leinster, Munster and Ulster. That said, they have much less talent and funding than we do in SA, so it shows what we can achieve with proper focus.
@Vleis: Yes he is.
@Vleis: Ligjare en strate voor ons bokkies span wat op suiwer meriete gekies word.
@Quagga: Yes, Horn is a big loss. Is Venter your lightie?
@Bergskilpad: The Irish u20 scrummie (Craig Casey) is rated by most Irish pundits as having the best pass in the whole of Ireland. His father was a scrummie coach and his uncle played scrummie for Munster, so there are photos of him throwing scrumie passes when he was just 2 years old!
He was granted a Munster sub-academy contract two years ago, but spent nearly 18 months on the sidelines due to injury…so many thought that he would be released in April this year. However, on return from injury, he played for Ireland u20s in the 6 nations in Feb/March and did very well. In fact, he did so well that Ulster offered him a full contract, which he turned down. Then, Leinster offered him a full contract with guaranteed game time this year. When Johann van Graan heard about the latter, he drove immediately to Casey’s home and offered him a full contract with Munster. He then played his first match for Munster, a month ago, against Connacht (off the bench) after a late injury to Connor Murray.
Horn is n helse knou.
Engeland en Ierland stel huidiglik die vlak van rugby asook die tempo.
@BartNel: Baie dankie hy geniet die ervaring, hoop net die ou kry meer game time. Baie hartseer oor Francke Horn. Hulle was roomies gewees in Stellenbosch. Ons sal hom mis op die veld. Hy het saam met ‘n paar goeie manne oor die afgelope paar maande kamer kon deel, insluitende Francois Klopper, Bunny Jacobs en Thakir Abrahams. Sy roomie in Rosario is Elrich Louw. Groot pelle geraak ook met Joe, Rikus, Marnus, Jay-Cee en JJ. Smee lekker vriendskappe wat hopelik nog jare sal hou op sowel as van die veld af. Dis mos maar waaroor die game eintlik gaan. Wag nog om te hoor wie kyk en wie jol teen Georgia. Daai pak voorspelers is wild.
@BoishaaiPa: Ek kan dink Muir Brandwag kon hard gewees het. Soos Selborne Grens en Queens Hangklip. Rooinekke en die Dutchies.
@Rainier: In my dae selfs die Handhaaf vs Albertyn derby was groot…En dan die Brandwag vs Muir..Engelsman vs Boer…Dit was groter in my tyd as Brandwag vs Daniel Pienaar.
Ek dink mense moet dit geniet as daar so ‘n lekker derby in die dorp is. Dis jammer dat wedstryde soos Grey/HTS/Sentraal en Selborne/Grens/Cambridge nie meer krag teen krag is nie. Selfs Queens/Hangklip en Pietersburg/Tom Naude het die dorpe aan die gons gehad.
@BoishaaiPa: Die veld storie is nou al amper net so afgesaag soos die Grey skeidsregter storie.
@Smallies: Ek het slegte nuus vir jou..Daai veld is al 4 of 5 jaar terug breer gemaak en is nou standaard grootte..glad nie meer die posseel nie..Dis darem nou al n koevert.
@Norieman: Daar is geen rede hoekom julle nie vir Kloof kan wen nie.
Tans is Kloof ( soos julle) in oorlewingstryd geekier om nie algeheel laaste in beker afdeling te eindig nie….dit is nou as skool
Julle kan hul gevoelige slag toedien as meerderheid van julle spanne wen….ek dink hul is nogal bekommerd.
Dit is redelik duidelik dat NH, Transvalia en Kloof die 3 laaste plekke gaan inneem op algehele prestasie…..so nbe wedstryde vir julle Saterdag
Ek wonder nog steeds wat Kloof gaan doen as hul gerelegeer word, plaat toe…alhoewel hul dit waarskynlik net-net sal vryspring…..maar sover sukkel hulle maar in Beker afdeling, behalwe 1stes se oorwinning oor Monnas, maar laer spanne beindruk nie juis nie
@MonnasOB: @Norieman: Selfs Ben Vorster het Astro, maar nie tartanbaan nie.
Weens verskeie redes lyk dit vir my NH het besluit om uit Monnas se skadu te beweeg, en self 1 van die top honde te word, en werk onverpoos voort.
Ons sal maar sien of hul dit gaan regkry op rugbygebied, die res staan hulle nie terug nie.
Vir interessantheid, kan iemand my die huidige leerlinggetal van beide skole gee?
Florida het laasjaar met 90 punte teen BV in VB skild afdeling verloor, maar vanjaar lyk dinge beter, en veral hul junior spanne doen nie sleg nie.
Jaar of 2 terug het hul 1stes dink 24-28/teen Affies verloor,
Hulle pogings jare terug om hulself te vestig as 1 van land se voorste rugbyskole het klaaglik misluk, maar hulle is stadig maar seker besig om terug te kom, waar skole soos , Die Fakkel , Vorentoe, Bastion etc maar van die rugby map verdwyn het.
Sal maar dophou hoe dinge verloop, maar soos Dylan sing. “The times, they are a-changing” en ek voorspel interessante verwikkelinge in die Wes Rand in vlge 5 jaar.
Vir NH kan ek net se, selfs al word julle dalk weer gerelegeer plaat toe, maak nou jaarlikse derby met Monnas vas.Dit het potensiaal om een van top derby’s in land te word, en uit die toeskouer getalle is dit duidelik dat Krugersdorp se mense dit wil he
@Vyfster: n Paar jaar gelede was daar sprake om n tartanbaan om die Ras te bou, soos Noordheuwel sin, was n bereidwillige ouer met n paar rand om te spaar bereid om die idee te oorweeg. Dit sou die voorkoms van die A rugbyveld aansienlik verander het, dus was die idee dood gebore. Noordheuwel area is bietjie ouer as die skool self, soos jy seker weet. Dit was in die vroëe 2000s deel van n groot ontploffing van eindomme wat nuut gebou is en jong gesinne wat ingetrek het. Daar is sedert 2010 se kant seker nie meet as 5 nuwe huise wat gebou is nie, die area van Rangeview is effe meer nuut, maar selfs dit het sedert 2010 min nuwe uitbreiding gewys. Dus, die ware rede waarom Noordheuwel begin meer kompeterende rugby speel het, het minder te doen met nuwe uitbreidings wat ontplof en meet te doene met die huis wat die skool gebruik as n koshuis om 20 plus kinders te huisves.
Om wyd te werf om jou sport te bevorder is nie vreemd vir skole insluitende Monument nie. Wat Noordheuwel net voor moet passop is dat hy nie sy identiteit verloor en in die proses sy gemeenskap vervreem ten koste van kortstondige sukses nie. Weet nie of iemand n skool met die naam van Hoërskool Florida kan onthou nie?
@Murrayfield ou pel jy hoef nie jouself te regverdig nie, ons het mos nou gese mooi vir julle vir die laaste 100 jaar. Julle rugby is goed.
@vyfster ja baie dankie, dis n helse kompliment vir Nories. Ons het regtig goeie fasiliteite, en soos jy se ongelukkig kan jy nie jou skool optel en skuif uit jou area uit nie, die area om ons is besig om uit sy nate uit te bars soveel so dat van die ouers hulle kinders in ander skole ook sit. Maar soos ek al gese het is die visie van die skool en personeel daar om gelukkige suksesvolle kinders in die groot wereld in te stuur.
Manne dis amper weer Saterdag. Groot skolerugby weer die naweek. Nories pak Kloof, en Kloof het vir Monnas die laaste 2 jaar gewen. Genade hier kom seker alweer n 80.
@Murrayfield: My son played rugby at Ruimsig on Saturday. I was very impressed with the whole facility – good field, good stands, good parking, good crowd, good beers…and even nice music out the loudspeaker!
@Vyfster: Monnas het ook ASTRO.. Hulle oefen op Ruimsig op die tartan.
Die mense in die nuwe uutbreiding stuur ook hulle kinners a Monnas.
Is daar enige ander skool in SA wat met tartan atletiekbaan kan spog?
Ek weet net van 1 ander , h/s Hans Strijdom in Naboomspruit nogal
Daardie baan is al meer as 40 jaar oud, het in 80’s self daarop gehardloop en dink dit was deur Sasol geborg, vir hulle skole atletiek reeks van destyds….net sodat die ou Verre Noord darem ook kunsbaan gehad het.
Ek het jare terug in Noordhewel gewoon
Die feit dat hulle uitstaande geriewe soos tartan baan, Astro etc het, dui vir my dat hul baie ernstig is.
Die demografiese verskuiwing en massiewe nuwe uitbreidings in area Noord van skool, laat my dink dat NH die vlge paar jaar gaan ontplof….Hulle het potential om 1 van top skole in land te word….op alle vlakke….don’t underestimate them
@apple: die boishaai veld is n unieke veld wat virseker sy plek in skole rugby verdien….menige seun het n staaltjie te vertel oor daai veld…ek dink ook dat dit nie moet verander nie daai lang smal veld loop saam met boishaai soos sout en asyn saam met slap tjips loop
@Smallies: i do apologise, i thought that given it has taken you even longer to continue using our field as an excuse, it would be par for the course!
Net ‘n regstelling op MonnasOB se post.
Die 1953 oud leerlinge sal omgekrap wees as jy meen Monnas het die Administrateurstrofee eers vir die eerste keer in 1955 gewen
@apple: neeeeeeeee rerig julle manne het 160 plus jaar gehad om n ander verskoning uit te dink……kom bietjie met iets oorspronklik uit man ???
@BartNel: As daar n voorwedstryd vir die Bokke vs All Black’s op Loftus is, dan is daar ook minder toeskouers… As die toets begin is die paviljoene gepak!!!
MONNAS OB het sekerlik net n punt gestaaf om te bewys dat in seker games teen anner Skole maak Nories die veld nat EN kleiner……… Monnas was net Gelukkig om een van die twee ” traps” te mis!!
Vol grappies
@Smallies: with time noordheuwel will realise that it is far cheaper to get the free state rugby union to suggest that they should appoint an old boy as referee – then you don’t need to be too sophisticated!
O ja. Nou dat ek daaraan dink. Met die o16 game was daar slegs n handjievol Monnas leerders. TV lieg nie. Miskien as hulle daar was toe die ander spanne gespeel het sou daar vir hulle plek op die pawiljoen gewees het. Of het hulle net opgedaag vir die Witbulle?
@Smallies: he he he .smallies jou masjien!
@BartNel: dit is die nuwe automatiese lyne en besproeiins stelsel wat slegs aktiveer as die openente die bal het ,state of the art …was vir jarre getoets en gefinetune op brugstraat????
By the way @Quagga. Dameon lekker gejol gisteraand.
Ek lees almal se kommentaar en dit is great! Nou die onder 16 game gekyk…. paar stellings maak wat sommiges op ons blog lekker die wetter in gaan maak.
@monnasob onder andere en my vriend murrayfield ook.
Eerstens nat veld.
Tydens die onder 16 game was daar nie een speler met ‘n vuil of bruin trui nie. So hoe nat was die veld nou eintlik of maak ons verskonings.
Monnas, wat op die dag baie goed was, het baie punte in die wye channels aangeteken. Presies die manier hoe hulle speel, om die bal lug te gee. So my vraag is, was die veld soveel kleiner as wat van die manne van praat.
Op die dag is baie drieë gedruk. Ek weet ook dat dit is hoe Nories wil speel.
Was die veld dan Droog en wyd as NH die bal gehad het en nat en klein as Monnas die bal gehad het?
Wenners hoef nie te verduidelik nie…
@murrayfield jou bees en @norieman jou yster
@Norieman: SO kuier ons skole saam na talle plaaslike wedstryde hier in die Kaap…
@Skopgraaf243: janee virseker n gevoelentheidjie hier….die manne moet bou aan die rivalry dut kan n classic derby word,veral as norries monnas so een of twee keer kous oor die kop kan trek,as jy weer sien is die helfte van die dorp wit en die ander helfte blou….dan kan ons van die wildeweste interskole praat
Hahhaha nee man nie regtig nie. Die kids is maatjies hulle het Saterdagaand saam gekuier, die afrigters van beide was nog laat in die klubhuis. Die twee skole se netbalspanne oefen nou saam teen mekaar vir Gauteng.
Ons is mos maar net rugbymanne en wil praat van die vaste 5 en vaste 6.
Maar die Ras van rooyen beter volgende jaar reg wees, wyd gemerk kurkdroog en hard gerol
@Skopgraaf243: Die Maan is van kaas, die Pous n Moslem en ‘n skaap n scrambler!!
@Skopgraaf243: ja nee lyk my ook so
@Smallies: dis soos fight klub, hulle gaan nie een dit erken nie.
Plastiek glimlaggies en handdrukkies!
@Smallies: Nie regtig nie….
Wat is die manne so sensitief hier,mens sou sweer daar is bad blood tussen die twee skole….
@Rugbyrealis: Dankie.. Monnas het 100% slaagsyfer gehad in 2018.
Kultuur doen Monnas nie sleg nie!!
@monnad ob
Jy sien. Well done. Dit vat n paar jaar se harde werk. 34 jaar van konstante harde oposisie en in die boonste liga bly speel. Hierdie kompetisie is amper 100 jaar oud, jy gaan nie net instap en alles oorheers nie.
Ek dink Noordheuwel kruip mooi, sny dalk al n paar tandjies ook ek sal moet kyk.
Lekker dag manne.
@Norieman: Monnas het die eerste keer die ou Admin beker in 1955 gewen, toe die skool 34 jaar oud was.
@murrayfield @die ken @monnas ob
Manne dit was n voorreg, julle rugby is baie goed, my skoolafrigter het vir Monnas losskakel gespeel ek dink in die 70’s, in 2000’s het hy steeds vertel van die wit truitjie wat in sy kas is. Nee julle rugby is baie goed en dit is te danke aan 100 jaar se harde werk, verskillende rolspelers wat ek nie almal ken nie Tjaart, Oom Hans, Wynie, oupa, vorige hoofde en huidige hoof en en en. Moet nie vergeet nie dat Noordheuwel nou eers 38 jaar oud is, ja hulle het nie altyd op die hoogste vlak gespeel nie maar eks nie seker of Monnas in hulle eerste 40 jaar die Beeldtrofee gewen het nie (afgesien hoeveel skole in daai jare kompeterend was, hoeveel rugbydirekteure daar was, hoeveel beurse daar was, hoeveel skole koshuise gehad het en en en) daar is mos nie baie wat ons aan die verlede kan doen nie, maar aan die toekoms is ons besig om hard te werk, ons wil n skool wees wat vir enige kind die beste moontlike gelentheid kan gee op alle vlakke, soos n Paarl Gim wat ver bo hulle gewig boks streef Noordheuwel om vir Afrikaanse leerlinge in Krugersdorp die beste skool te wees.
Dankie aan die ander skole wat wel Noordheuwel dophou.
Insiggewend al die kommentaar. Bietjie energie (wonder wat regtig verander het by Noordheuwel) en skielik is Noordheuwel kompeterend ook op die rugbyveld. Dalk n resep iewers gekry? Hoop daar is iemand wat leisels by Hans sal oorneem… Goed vir SA skolesport en dalk is daar nog n paar skole in die land wat kan baat by die resep…
@Murrayfield: Jammer maar lyk my ek het ‘n senuwee raakgeboor, wat die medies nie wil betaal nie. Ek sal maar my eie Wintersportblog begin, want volgens my is skole nie Provinsiale Rugbyunies nie, MAAR instellings waar akademie prioroteit is, en sport en kultuur daar is om by te dra tot die ontwikkeling van kinders.
@Die Ken: Boishaai het die woord ‘delayed option’ gepatenteer.
@Bergskilpad: Dankie vir die regstelling, dit ook! En klasbank. Net soos julle beken is vir “delayed options”
@Hastings: Jy lees verkeerd!!!
Daar is net een Kloof…. Waterkloof!!
@Murrayfield: Hoekom so venynig en neerhalend teenoor die Pretoria skole! As Noordheuwel vir Kloof wen met al hulle spanne soos wat jy voorspel – dan is dit nou maar so, die volgende dag gaan die son weer skyn in Pretoria!
@Die Ken: Is julle nie bekend vir toutrek ook nie?
@Wondermaar: Monnas is darem nie te vrot in atletiek, landloop en jukskei ook nie. Norieman moet miskien vir ons daardie sporte se uitslae ook uithaal, ek glo hy het dit iewers gestoor?
@MonnasOB: @Norieman: Puik vertonings in die meisiesporte en krieket. Julle kan trots wees op dit
Net nog bietjie tong in die kies. n Pel van my op varsity het altyd so kwaad geraak. As mense vir hom vra waar hy op skool was en hy sê “Noordheuwel”, het almal altyd gevra waar dit is. Wanneer hy dan sê dat dit in Krugersdorp is, het hul meestal geantwoord “ O, daar waar Monnas is”
@Norieman: Wel gedaan met jul uitslae wat jy uitgelig het. Dit staaf wel die siening van meeste oud Monumentare. Waar Monument hulself jaarliks nasionaal en selfs internasionaal meet, meet Noordheuwel hulself jaarliks net teen Monument.
Die feit dat die skole mekaar vir die eerste keer in 15 jaar, offisieël op die rugbyveld ontmoet het, is slegs aan Noordheuwel te danke. Toe jul getalle jul nie toegelaat het om aan die grootskole liga van die vorige beeld trofee formaat deel te neem nie, toe ontrek jul julself en speel net derbies en vriendskaplike wedstryde. Nie een keer is jul grootste kompetisie of kandidaat vir n regte derby genader nie. Dié jaar het jul met die blote feit dat jul n kans gestaan het om dalk een wedstryd te wen, sommer vir Toks en Tjops genooi om die land bewus te maak dat jul bestaan. Monument het deur die jare, ten spyte van die feit dat die skool se getalle in die laat 90s gedaal het na onder 650 leerders, deurlopend bly kompeteer teen wie okal voor hom gestaan het. Miskien as Noordheuwel in die tydperk ( toe hy in sy fleur was) beter munt geslaan het, was hy dalk nou buite Krugersdorp ook bekend. Monument in die groter konteks van die saak, boks nog altyd ver bo sy gewig, terwyl Noordheuwel nog altyd wegkruip as dinge moeilik begin raak. Dit is n ding wat van bo af in sy bestuur afgespoel het tot by sy leerders, wat jammer is want ek glo daar is menigde oud en huidige skoliere wat dalk nie hul volle potensiaal bereik het nie. Ons het altyd op skool die indruk gekry dat die leerders in Noordheuwel tervrede was met tweede beste, want waarom sal hy Noordheuwel kies bo Monnas? Min wetend, dat daar dalk baie belowende spelers daar rond geloop het, wie agv die skool se kultuur aanvaar het dat om homself te meet op dorpsvlak, genoeg was.Retories kan mens sekerlik die vraag afvra, watter skool sal vir n jong Afrikaner die beste platform bied met sy lewe daarbuite na skool!
Monument het deur die 4 dekades van Noordheuwel se bestaan talle meer wedstryde gewen as verloor op alle gebiede, maar dié is grootliks nikseggend in die oë van oud Monumentare sienende die aard en kultuur van die teenstander.
Ek glo elke oud Monumentaar hoop ter harte dat Noordheuwel dit kan regkry om in die A liga te bly, anders is dit dalk weer amper twee dekades voordat hul mekaar weer op die rugbyveld sien.
Ons sien uit om hul op die Ras te verwelkom volgende haar, ons sal jul met vriendelike gasvryheid ontvang, jul leerders sal almal plek hê op die pawiljoene, indien daar nie genoeg is nie, glo ek sal Monnas nog laat aanry ( ons het dit al menigde kere voorheen gedoen) ons sal Wêreldrugby se reëls rakende veldgrootte eerbiedig, ons sal selfs ons besproeing nie langer laat loop as gewoonlik die week voor die wedstryd nie. Al is ek nie tans betrokke by die skool nie, weet ek dat die bogenoemde sal gebeur, want vir Monument is niks snaaks nie, ons is alles gewoond. Ons het n goeie leerskool gehad!
@Rugbyrealis: Hierdie is ‘n…..skoolrugby blog…. Nie’n Winters Sport blog nie.
Dankie vir die inligting!
@Norieman: Sterkte vir 2020 met die Ruggas.
Well done met julle 521 onderskeidings.. en al julle Varsity Cup spelers…
Julle behoort Kloof met al julle rugby spanne te wen. @Wondermaar: Garsies moet Monnas mos maklik wen op rugby vlak.
@Norieman: Sterkte vir 2020 met die Ruggas.
Well done met julle 521 onderskeidings.. en al julle Varsity Cup spelers…
Julle behoort Kloof met al julle rugby spanne te wen.
Dink Nories en Kloof se wedstryde die naweek sal groot rol speel in finale puntestand
Iemand kan gerus die huidige logs en dan algehele skool punte tot op datum plaas, dat ons kan sien hoe lyk dinge
Wat gebeur as Waterkloof die skool is wat laaste eindig en plaat toe moet skuif?
Dis heel moontlik, behalwe 1stes se oorwinning oor Monnas verloor hul res, en dink nie hul sal semi’ s haal nie.
Die laer spanne speel ook nie juis wereld aan brand nie
Vir my lyk dit of dit tussen Nories en Kloof gaan wees vir relegasie
Valia se 1stes sukkel, maar juniors nie sleg nie
Wonder of Kloof weer Sal ontrek uit VIrsekerb as hul laaste eindig?
Ek vermoed hul sal relegasie net-net vryspring—-but you never know
Weet enigeiemand dalk of 1 of 2 spanne gerelegeer gaan word, aangesien daar 9 spanne in beker speel agv Kloof se toetrede laas jaar
Ek dink algeheel sal Kloof op beste nr 7 eindig, swakste nr9…so moontlike valbyl hang oor hulle.
@Norieman: Norieman jy kon dit nie beter uitgelig het nie en let well hou ons volgende jaar dop daai u16 groep seuns en soos jy gese het13 huidige Gr11 vir 2020 en dan n sterk groep U16 2019 en U15 vir 1st span 2021 dinge gebeur en ja Nories sal meer spanne kan speel volgende jaar.
@Norieman: Wow, dis indrukwekkend en gee bietjie perspektief.
@Norieman: Mmmmm ….. dankie vir daardie inligting
Sjoe lyk of monnas net n rugbyskool is?????
@rugbyrealis
Ek wou niks se nie omdat hierdie juis n rugby blog is. Maar jy is korrek. Noordheuwel werk baie baie hard om in die bekerafdeling te bly vanjaar, die rugbyprogram is in plek en die seuns en afrigters werk baie hard. Maar net vir interessantheids onthalwe wat 1ste spanne vanjaar aanbetref.
Noordheuwel vs Monnas.
Rugby – Noordheuwel 27 – 43 Monnas
Netbal – Noordheuwel 43 – 10 Monnas
Seunshokkie- Noordheuwel 4 – 0 Monnas
Dogtershokkie – Noordheuwel 2 – 1 Monnas
Krieket – Noordheuwel wen met 123 lopies.
Dan praat ons nie eers oor Noordheuwel se 521 onderskeidings nie.
Ons sien uit na volgende jaar se wedstryd op die Ras van rooyen veld, met die O/16 span wat opkom en die 13 graad 11 tans in die eerstespan wat nog oorbly sal ons dalk volgende jaar ook popcorn saambring en die show kyk.
@Murrayfield: Waak daarteen om die geheelprentjie mis te kyk en nie net na aantal rugbyspanne te kyk nie. Ek glo Noordheuwel sal op alle ander Wintersporte Monnas in nommers wat spanne betref klop, juis omdat hulle nie net rugby verabsoluteer nie, en dalk meer gebalanseerd is. Daar is ‘ n groter prentjie wat mens in ‘n skool vir beide geslagte nie moet miskyk nie.
I’ll probably have my share of fire and brimstone heading my way but if we can’t talk a bit of k#k what good is a blog like this ? I am sitting here wondering what this all means for Jozi schools’ recruitment prospects….suddenly there is another potentially good option for parents in the Wild Wild Woesrand to ponder….miskien is Oom Hans nie so dom as wat baie manne sou wou dink nie…maybee his ‘long game’ has been on point after all!
@beet: presies Beet en Murrayfield. Met NH se juniors wat goed gespeel het kan die volgende klompie jare se games vrek interessant wees. Goeie laerskool seuns in omgewing wat deur die twee skole opgeraap kan word en aangevul kan word deur skerp werwers wat weer lekker rugby kan opdis!
@beet: The nr of spectators was amazing and an injection in to schoolboy rugby in the Noord Vaal.
I do not think that a lot of people thought this will happen!
Hope this will be an advertisement for Beker Rugby!
A real, real l schoolboy derby.
I watched the second half of this match. Nories gave a very good account of themselves against a good Monnas team. Nories are 9th placed of the VB 1st XVs so far and Monnas although not top are probably favourites to play Garsies in the final at this stage (still a long way to go – fortunes can change). The Nories no.8 was an yster. He is u19 though and Monnas does have a surprisingly young team with a number of u17s (quality players), which I guess does offer opportunity for a physical player to make his presence felt.
The attendance was fantastic. The match really had a big local derby feel to it which was great. I though the enthusiasm of the Kyknet commentators also added to the vibe. Hopefully the VB schools can draw in more big crowds like this.
Goeie dag gewees, lekker harde Derby rugby. Die hoeveelheid toeskouers en geselsies in die dorp getuig daarvan.
@Quagga het die beste opsomming gegee. Beide die nommer 8’s was regtig goed.
Die grootheid van die game het op albei spanne invloed gehad. Monnas was op kritieke tye regtig goed en dit wys op die scoreboard. Presies wat gebeur as jy week in en uit taai wedstryde speel.
@Norieman: ek kan verstaan dat jy vir die seun wil opkom.
Maar as’n kaptein nie sy span kan beheer nie, wie gaan dit doen?
Is dit voortdurend nodig om geniepsig te wees?
En meeste rugbyspelers is goeie ouens van die veld af.
En die off the field tactics is nie ‘n nuutjie nie. Repeat offenders – nou dit is nie goeie sportmangees nie.
Stem dat die derby lekker kan wees vir Krugersdorp, maar dan moet dit soos goeie derbies dit betaam in goeie gees wees en die ander skool moet welkom voel.
Anders kan dit maklik gebeur dat Noordvaal Skole en Virseker optree. Is dit wat Noordheuwel wil he?
Ek is seker Noordheuwel kan mededingend wees sonder enige theatrics of geniepsigheid.
@Norieman: Ek dink die emosies het tussen die seuns op die veld te veel invloed gehad op normale spel by meeste spanne.
Monnas het al te veel sulke kwaliteit wedstryde gespeel om hulle te steur aan allerhande “off the field issues” soos ” die waterpyp het gebreuk” of die veld is smaller/ kleiner gemaak of daar was nie paviljoene vir die Monnas-skoliere nie!
Dit is jammer dat Noordheuwel nie C, D of meer senior spanne kon gee nie. Ek sal daarvan hou om die totale spanne se punte vir en teen te sien!
Volgens die VirSekerbeker logs lyk Monnas baie goed in al die A en B spanne.
Die realiteit egter is om die semi’s te maak vir al die Monnas spanne en as skool die algehele Rugbyskool wenner te wees en vir Nories om nie af te skuif na die Plaatafdeling
toe nie.
Hoop dat hierdie wedstryd sal in 2020 by Monnas plaasvind.
Sterkte vir Nories vir die res van die VirSekerpoel wedstryde.
Die 8 van Noordheuwel is aggresief op die veld. Glad nie van die veld af aggresief nie, hy is n goeie seun en goeie kontrak geteken vir die volgende 3 jaar by Montpellier. Hy was met n bloedmond van die veld af, bietjie bloed op n 8 se mond na n game is nie die ergste nie, laat my dink aan n goeie monnas 8 Torrie Meyer in 2003. Selfde speler. As die 8 van Noordheuwel n vuil speler was sou die seun van Monnas nie die veld afgestap het nie, kom kyk maar by Maximum training facilty wanneer die seuns boks, hy KAN maar. Maar hy verstaan rugby eindig wanneer die eindfluitjie blaas.
Ja teen Menlo het hy n geelkaart gekry. Hy is die kaptein van Noordheuwel en die skeidsregter het altwee kapteine (Noordheuwel en Menlo no 7) met n geelkaart afgestuur sodat hulle die res van die wedstryd hulle seuns kan beheer. Een geelkaart in 15 wedstryde met sulke aggressie is glad nie sleg nie. Bewys weer hy is nie vuil nie. Goeie rugbyspeler.
Wat n great dag. Geluk aan Monnas wat 8 uit 10 wedstryde gewen het. Geluk aan Noordheuwel se 2 spanne wat ook gewen het, dit sal net verbeter. Die dag was goed vir die dorp, dit was long overdue, dankie vir al die toeskouers wat kom ondersteun het daar was nog nie soveel mense langs die rugbyveld in Krugersdorp nie. Nou kan ons ook opbou na n Gim/Booishaai dag toe. Miskien in toekoms rugby, netbal en hokkie doen. Weet net nie waar al die mense gaan parkeer of sit nie.
Noordheuwel was sover in elke wedstryd kompeterend, ongelukkig wen dit nie wedstryde nie en hulle le onder op die log. Dis tyd vir n wen ook nou.
@RugbyU16: @Quagga: Soos @Skopgraaf243: se, hy het geelkaart teen Menlo gekry. Dit lyk dus of dit herhalend van aard is.
@Die Ken: en Skopgraaf is reg, kanaliseer na jou harde spel in die wedstryd dan is jy meer effektief.
Geelkaarte kos jou span.
@Die Ken: 100% dankie vir die terugvoer. Teen Helpies nie daai gesien nie, maar ek dink teen Helpies was daai ouens in met ‘n realistiese shot tot op die heel laaste beweging so die fokus was dalk anders. Mens moet ook seker nooit die pret wat so local derby afgee onderskat nie, veral nie ‘n tweestryd waarop mense gewag het tussen spelers nie. Bly die manne het ghoens gewys, hoogtyd dat iemand dit in ons sport doen vir ‘n slag (want Akker waai mos nou)
@Die Ken: Dankie… Monnas het sy vyf bonuspunte gekry… en eindelik gemaklik gewen.
Volgende jaar wag die Ras van Rooyenveld vir Nories.
@RugbyU16: @Quagga: Laat ek dit net duidelik maak. Ek het gese dis onnodig, want ek dink hy kan beter wees as hy sy aggressie kanaliseer. Ek het geensins gese dat die Monnas manne bang (of onnodiglik geintimideerd is daardeur nie). Ek dink ook nie sy “intimidasie” het gewerk nie, anders sou hy bes moontlik nie met ‘n bebloede mond die wedstryd geeinding het nie.
Wel ek het die wedstyd nou 2 keer gekyk,persoonlik die #8 van Noordheuwel glad nie vuil speeler nie.n Harde speeler inderdaad!Die no8 en no3 (reserve) van Monnas well kan bevraagteken word op die wyse wat hulle losgemaale binnegàan.
Maar soos gese is, die seuns is nou al groot en enige manier van intimedasie werk ook seker kyk maar NZ hulle is meesters daarvan.Rugbyman het Noordheuwel dan teen julle gespeel?(Garsies).@Rugbyman: @Rugbyman:
@Quagga: Hy was hul beste forward, maar kan beter wees as hy die off-the-ball goed stop. Laat my herinner aan Liam Messam, as sy kop reg is, is hy ‘n derduidewel…
@Die Ken: Die seuns is nou al mooi groot, so laat ek maar vra…..Teen Helpies was die Noordheuwel #8 vir my die speler met die grootste invloed op die spel. Hy was uitstaande. Hoe het die twee agstemanne teen mekaar opgeweeg Satedag, ek het nog nie die game kon kyk nie?
@Skopgraaf243: Stem. NH se agsteman (en haker) en heeldag gekarring. Heeltemal onnodig, maar hy’s teen die einde vd wedstryd goed op sy plek gesit
@RugbyU16: Noordheuwel
@Skopgraaf243: Goeie dag wil net uitvind is die Monnas speeler of dalk n speeler van Noordheuwel.
@Skopgraaf243: Ek dink helpies is het ‘n BAIE sterk span wat as hulle die dag aan is enige span kan klop!
Hoekom speel julle hulle weer? Is die volgende game ‘n friendly? Gister was die Virseker beker game as ek dit nie mis het nie?
@Rugbyman: nee ek stem hulle nie swak nie, maar ek dink persoonlik hulle het laasjaar n sterker span gehad.
Moet hulle allermins nie onderskat nie.
Ons speel hulle weer later vanjaar, so, miskien met tweede kans kan ons beter opposisie wees.
@Skopgraaf243: Ek dink nie dis ‘n swak helpmekaar span nie…
@Wondermaar: die kort antwoord sal lei op wat het goed verloop.
13 seuns in die drie BB spanne, talent is daar.
Teen ‘n swakker as gewoon Helpmekaar wat ons seker moes weg sit met 50+.
Dis Menlo se tweede verloor in Verseker beker.
Waar ander spanne momentum bou is ons amper agteruit van waar ons na EasterFestivals afgeskop het.
Baie soos rugby ondersteuners en rugby kenners/afrigters.
Party raak confused met twee.
@Rugbyman: die een speler wat week in en week uit almal wil boks.
Dit het ek nou al lankal by die seun opgemerk, en ek verseker jou hy helfte v energie in sy spel gee, as om die bakleiery, sal hy beter speler wees.
Hyt selfs vandag die fight ook verloor.
Hyt kaarte teen ons ook gekry, na vele waarskuwings.
@Skopgraaf243: Hoe nou?
@Skopgraaf243: Eat fout gegaan met menlo?
Baie swak dat spelers week in, en week uit wegkom met die ongeoorloofde spel.
Sou beter van betrokke afrigter verwag om daar teenoor op te tree teen betrokke speler.
Is daar dan geen kode vir dissipline nie?.
Dis reeds op die veld blootgestel en uitgewys. Dit hoort nie.
@Ricardo12Volkies2012: groot seuns van Noordheuwel, great game van hulle, maar swak game van Monnas. Baie individual.
Is dit net ek of is hierdie Noordheuwel span huge?
@Wonder: laastewoord was hy is hoofsaaklik verantwoordelik vir werwing by graad 8’s, en betrokke by u16’s se afrigting, praat onder korreksie
@Grizzly: Geen idee, sy kennis sal beslis getap word.
@Wonder: Isn’t he still the director Rugby?
Interessant dat 1ste wedstryd ooit tussen die 2 spanne deur Nories gewen is.
How is Hans, the former Monnas coach involved with Norries?