School Rugby fixtures & results – week ending 09 June 2018

DATE SCHOOL SCHOOL INFO BROADCAST
Sat.09Jun Wonderboom 18 03 Wilgers
Sat.09Jun Monument 39 49 Garsfontein Virsekerbeker Div1 Cup
Sat.09Jun HTS Middelburg 19 49 Menlopark Virsekerbeker Div1 Cup
Sat.09Jun Helpmekaar 29 10 EG Jansen Virsekerbeker Div1 Cup
Sat.09Jun Kempton Park 48 38 Noordheuwel Virsekerbeker Div1 Plate
Sat.09Jun Montana 32 24 Centurion Virsekerbeker Div1 Plate
Sat.09Jun Ben Vorster 30 12 Lichtenburg Virsekerbeker Div1 Shield
Sat.09Jun Middelburg 80 00 Jeugland Virsekerbeker Div1 Shield
Sat.09Jun Hugenote (Springs) Florida Virsekerbeker Div1 Shield
Sat.09Jun Westville 35 27 Maritzburg College
Sat.09Jun St Charles 19 26 Hilton
Sat.09Jun Michaelhouse 33 31 Clifton
Sat.09Jun Kingswood 66 05 Grens
Sat.09Jun Pearson 06 38 St Andrew’s
Sat.09Jun Stirling 06 23 Hudson Park
Sat.09Jun Queen’s 22 26 Graeme
Sat.09Jun Dale 62 22 Cambridge
Sat.09Jun Otto du Plessis 11 74 Brandwag
Sat.09Jun St Benedict’s 29 34 Kearsney
Sat.09Jun St Stithians 50 36 Pretoria BH
Sat.09Jun St David’s 17 19 St John’s
Sat.09Jun Boland Landbou 17 22 HJS Paarl BH SSL youtube link
Sat.09Jun Brackenfell X X Western Cape SS Cancelled
Sat.09Jun Bellville 28 27 Durbanville
Sat.09Jun HTS Bellville 00 45 DF Malan
Sat.09Jun Rondebosch 20 25 Bishops Supersport: FNB CC
Sat.09Jun Stellenberg 54 05 Milnerton
Sat.09Jun Wynberg 46 22 SACS

134 Comments

  1. Sien uit na klipharde wedstyde tussen Garsies en Monnas. Weet nie wat se games Monnas speel nie maar ek is seker Garsies weet dit gaan nie maklik wees nie.

    ReplyReply
  2. By Virseker Cup, roep ek al 4 die weg spanne. Valia, Garsies, Menlo en EG.
    Dan dink ek Boland gaan hom deurhak op die plaas.

    ReplyReply
  3. A mouth-watering Southern Suburb derby between Rondebosch and Bishops awaits on Saturday!

    Bishops have been impressive this season and have played some good, traditional running rugby. They’ll start the game as favourites. However, I think Bosch are more than capable of pulling an upset here…they’ve been on an upward curve in recent weeks and were impressive in how their tactics against SACS in the rain last week. Given it’ll be wet conditions again, if they can execute that game plan from last week, they stand more than a fighting chance. It’s going to be a cracker!

    (Gonna add in here the fact that Bosch are on a 5-match winning streak against Bishops, including 2 matches in recent years with victories over 50pts…psychological factor might come into effect, maybe?) :wink:

    Go Rondebosch!!

    ReplyReply
  4. Eerste keer in jare wat EG Jansen en Helpmekaar met al hul spanne kragte meet. Sterkte vir al die spanne. Dit gaan harde games wees. EGJ op “n high na laasnaweek teen Transvalia. Kom ons hoop hulle kan dit volhou met nog so goeie vertoning.

    ReplyReply
  5. @Hooit: ek hoop nie julle monnas manne dink ons onderskat julle nie… daai 60-tal is nog vars in die geheue… ek hoor via die grapevine julle hoef net op te draf en dan wen julle…

    Ons weet julle het ‘n BAIE goeie span…

    ReplyReply
  6. Sien uit na ‘n lekker harde dag van rugby more in Tzaneen…
    Die pad was lank, maar die manne sien baie uit na die kragmeting!

    ReplyReply
  7. @Plattelandseun: Welkom in Tzaneen , sien uit na sprankel rugby , beide spanne nog onoorwonne in hierdie jaar se Virsekerbeker , dit is amper soos ‘n provinsiale wedstryd …..Ben Vorster 13 seuns in Limpopo Provinsiale spanne en Lichtenburg 12 seuns in Luiperde spanne , …..maak jouself tuis en geniet die Laeveld!!!

    ReplyReply
  8. Great wen vir Boishaai oor Boland (22 – 17) in modderbad op die Plaas. Boishaai voorspelers domineer die vaste fasette en dryf ook baie goed. Gavin Mills, die Boland scrummie, was veral in die 1ste helfde skitterend vir Boland en het verseker gesorg dat die telling nie groter is nie. Vir Boishaai het sy kaptein en slot Adrian Alberts oudergewoonte sy hart uit gespeel. Aangenaam verras oor Boishaai se kliniese vertoning vandag, ondanks die moeilike speel toestande.

    ReplyReply
  9. Rondebosch 20-25 Bishops

    Congrats to Bishops on the win. Thought Bosch were a bit unlucky with some dodgy calls going against them (especially a yellow that was a blatant red early on), but some days you get those, and others you don’t.

    Was a great game to watch and look forward to the return fixture!

    ReplyReply
  10. Garsies 49-39 Monnas.
    Welgedaan manne, goeie wegwen.
    Monnas mooi teruggekom aan die einde

    ReplyReply
  11. Ben Vorster 30-12 Lichtenburg
    Mooi Vossies.
    BV wen 8/10 (dink 3rdes en 015B verloor), maar klink of meeste wedstryde baie kompeterend was, behalwe 016A wat BV 114-12 wen 8-O .
    sterkte vorentoe Liggies….veilig terugry….ons vlge paar wedstryde is weg, so dan is dit BV se beurt om die lang pad aan te durf, maak massiewe verskil.

    ReplyReply
  12. U14 EGJ 17 Helpmekaar 17
    U15 EGJ 26 Helpmekaar 17
    U16 EGJ 32 Helpmekaar 25
    2de EGJ 20 Helpmekaar 19

    ReplyReply
  13. @Vyfster: Was n harde dag! Lang pad maak die bene maar effe lam. Sal sien of ons jul weer in die final kry…

    ReplyReply
  14. @MikeSt: sjoe lyk na baie goeie games wat by die juniors en 2de spanne gespeel is. Baie close games. Helpmekaar se eerste lyk baie goed met die telling. EGJ se eerste sal nou heel waarskynlik nie meer die semis kan haal nie as hul nog 1 game verloor teen Monnas of Menlo.. Sover lyk Garsfontein, Transvalia en Helpmekaar goed vir semi finale plekke. Die ander gaan moet uitspook.

    ReplyReply
  15. Geluk Helpmekaar met die 1ste span wen oor EG Jansen. Lyk my al die games was hard veral by juniors en 2des waar EGJ net net bobaas was in al die games.

    ReplyReply
  16. @Kattes-Strofes: Boland verloor altyd met 5 punte teen Boishaai…3 uit die laaste 4 jaar (4de wedstryd met 7 verloor)…statisties is dit nogal rare verskynsel :wink:

    ReplyReply
  17. @tzavosky: go spuds :mrgreen:
    @Plattelandseun: ja , die kanse is goed dat hul dalk in semis of finale weer kragte sal meet….dan begin dit weer op 0-0
    Sal maar sien wat gebeur, Oos-Moot en Middelburg slyp ook hulle byle…anything is possible, dit is wat dit so lekker maak :wink: P/burg ook nie out of the running nie, hulle het immers gelykop gespeel teen HTSM op lge se tuisveld, en kan dalk ‘n kaart of 2 deurmekaar krap met ‘n verassing along the way

    ReplyReply
  18. @jakes: Ja Jakes jnrs baie guts gewys.

    1stes baie foute gemaak en nie kanse gebruik.

    2 moeilike laaste games oor.

    ReplyReply
  19. Welgedaan Helpmekaar met goeie rugby vandag. Goeie wen vir eerste span met al die foute wat hulle gemaak het en kanse nie gebruik. EG het hard probeer. Julle juniors wou bitter graag wen en het harder gewerk as Helpies – well done.

    ReplyReply
  20. @Hooit: met so baie Monnas spelers weer in Leeus, sien ek maar swarigheid en kners van tande vir Leeus skole span.

    ReplyReply
  21. @vetseun nou is almal in die plaat afdeling al gewen 😉 baie geluk @bayern dit was regtig n goeie wedstryd, Nories het n 14 punt voorsprong weg gegooi maar julle het julle kanse gebruik.

    ReplyReply
  22. @Rugbyman: Welgedaan afrigterspan en spelers. Totaal in beheer van wedstryd vanaf die begin tot einde. No.9 van Garsfontein .. BRILJANT .. ook no.15 .. Kaptein van Garsfontein n ware leier … no.2 van Monnas .. BRILJANT …. Virseker n absolute vertoonvenster van skolerugby :wink:

    ReplyReply
  23. U16a Menlo 39 – 36 Hts Middelburg
    U15a Menlo 27 – 24
    U14a Menlo 34 – 10

    ReplyReply
  24. @Skopgraaf243: Wel ons het julle gewaarsku teen Mpumalanga refs. Die meeste is onbeholpe en blatant oneerlik. En al word wedstryde op tv gewys gee hulle blykbaar nie om dat hul verneukery deur almal gesien word nie.
    En moenie die refs van die Leeus se juniorspanne weggooi nie. Eish.
    Virseker sal die refs issue moet uitwerk want dit kan gebeur dat skole gaan begin weier om daar te speel.

    ReplyReply
  25. @MikeSt: het geweet jy is bang. Almal ken my, en ek was oop en bloot. Selfs op TV. Ag nee, meer van jou verwag. Jy blyk baie wind te wees. Ek weet, was wind AF. Hehehe

    ReplyReply
  26. @Djou: Moenie Limpopo se refs weggooi… n Span staan gem 6 strafskoppe af per game dwarsdeur die puk prestige en virsekerbeker tot vandag toe… 29 strafskoppe teen die tuisspan se 7…
    Meestal op go forward bal… Interessant…

    ReplyReply
  27. Dankie Monnas vir ‘n dag se klipharde rugby! Die o/16s en 1ste span games was werkli uitstekende rugby van beide skole!

    ReplyReply
  28. @Plattelandseun: al hoe ‘n mens ‘n rowwe idee kan kry wat moontlik tussen 2 spanne gaan gebeur wat mekaar die 1ste keer in jare pak, is om na hul tellings teen gemeenskaplike teenstanders te kyk.
    Sover die jaar het Lichtenburg en Ben Vorster 4 gemeenskaplike teenstanders gehad wat vir rowwe vergelyking gebruik kan word.
    Hugenote : L/burg wen met 2, BV wen met 99
    Klerksdorp : L/burg verloor met 9, Bv wen met 8
    Jeugland : l/burg wen met 31, BV wen met 63
    Florida : L/burg wen met 18, BV wen met 81

    So elke enkele wedstryd het BV baie beter gevaar as L/Burg teen selfde teenstand….
    elke beroepswedder in die wereld sal voorspel dat BV sal wen. die klerksdorp wedstryd voorspel BV met 17, die res voorspel BV met heelwat weer. Spread is tussen 17 en 97 punte.

    BV wen met 18 wat presies korreleer met die Klerksdorp uitslae , dus bookies sou reg gewees het, maar hulle sou verwag het dat BV verder sou wen.
    dus suiwer statisies gesproke het L/burg met minder verloor as wat die syfers voorspel.

    Ek het ongelukkig nie al jul uitslae nie, en wedstryde vroeg vanjaar is te lank terug….maar dis insiggewend om net na beide skole se onlangse wedstryde teen Jeugland te kyk. Daarvolgens het L/burg in 2 wedstryde beter as BV teen Jeugland gevaar nl die 3rdes en 015B….presies die 2 wedstryde wat jul teen BV gewen het.
    Daar is ‘n verbasend goeie korrelasie tussen die “verwagte” en werklike tellings met L/burg wat telkens effe beter doen , behalwe die 100 tal wat jul 016’s afgestaan het.
    Die implikasie is dat statisties gesproke, die refs min tot- geen invloed op die uitslae gehad het nie (miskien geringe voordeel aan l/burg).

    Daar is natuurlik baie variables,soos beserings etc, wat oor 2 maande totaal ander omgewing skep, dalk wen Liggies vir BV met 50 dan, enigeiets is moontlik….so sterkte vorentoe, dinge gaan nog baie interessant raak.
    @Smallies: BV se beroemde “Spuds” se onoorwonne streak strek nou al oor 15 jaar :mrgreen: 15 jaar en….erm, 3 wedstryde om presies te wees….lol…laas ‘n 4rde span in 2003 uitgedraf wat hul laaste wedstryd gewen het..toe ‘n 15 jaar slumber, tot die reus ontwaak..en nou al 2 wedstryde vanjaar agter die blad :wink: . hul gaan nog flieks maak oor die span!

    ReplyReply
  29. @Vetseun: Sorry man, lyk my julle eerstes is seker nou uit die running?….een of 2 close uitslae teen julle, log kon heelwat anders gelyk het.
    Of kan julle nog die semi’s haal, dinge lyk baie vloeibaar in jul afdeling?

    ReplyReply
  30. @MikeSt: het lekker geslaap, dankie. Om weer terug te kom na die rugby; die mening ter plaatse is dat ‘n gereelde Helpies vs EG derby baie waarde vir beide skole sal bied.

    ReplyReply
  31. @Grizzly: Dankie! HTS juniorrs is goed en vooruitsigte vir hulle is daar. Ons 0/16 was weer gemaklik voor, maar was aan die einde gelukkig om te wen met HTS wat baie sterker geeindig het.

    @Grizzly: HTS 0/15 het nooit gaan lê en kookwater rugby gespeel!

    @Rugbyman: Baie geluk …. klink na ‘n oortuigende wen! Bere verseker nou die gunstelinge om die beker te vat …. so ook Bere 0/16.

    Dankie aan HTS vir ‘n lekker dag se SBR! Mens kan sien die rugby tradisie loop diep daar by HTS en dit gaan nog vir lank so wees.

    Geluk ook aan Helpies! Sien julle Saterdag by Menlo!!

    ReplyReply
  32. @Vyfster: stem dat statistiek baie goeie voorspeller kan wees. Dit haal egter nie wrang smaak uit die mond wanneer dit blyk asof ‘n skeidsregter onbevoeg of suiwer net bevooroordeeld is nie. Daar is mos altyd hoop, maak nie saak wat statistiek se nie.

    ReplyReply
  33. @AbsolutMenlo: Geluk met jul goeie uitslae teen HTS. Hul juniors is goed, danksy WM se hulp. Waar kom hul 9,10 en 12/14 by die 0/15 vandaan? Sou nogal snaaks gewees het as Hts vir Menlo wen mbv seuns wat WM daar geplaas het.

    ReplyReply
  34. @Rugbyman: Ek dra nie kennis van die geval … van my perspektief was dit ‘n great dag se rugby en indien daar wel so insident was is dit jammer, maar verseker geisoleerd.

    ReplyReply
  35. @Kattes-Strofes: nee wat Gavin Mills is die beste scrummy in die WP. Sy spel was puik vandag. Voorspelers isdankbaar vir scrummies wat hulle aanhoudend voorentoe speel. Lank laas n skopper op skool vlak gesien wat die bal 60m plus uitskop. Die Boishaai voorspelers het die krag uit die boere gedwing in die einde so hy het minder en minder bal ontvang. Sean het baie werk gedoen die week en sy planne het mooi uitgewerk…

    ReplyReply
  36. @AbsolutMenlo: Net in terme van gunstelinge by die 1ste spanne… die kompetisie is van so aard dat enige een vd spanne mekaar op die dag kan klop… as jy nie opdaag nie kry jy pak! Dis nog early days… ons is gelukkig nou vir eers klaar en kan bietjie rus… na die vakansie begin die business end vd Virseker!

    ReplyReply
  37. @Vyfster: Jong ek het selfde opposisie uitslae ook probeer met ons sukkelende eerstes maar xit maak gladnie sin nie. Die weg uitslae is amper beter as die tuis uitslae en aan die begin van die seisoen het dit amper goed begin. Egter te wisselvallig.. ek js nie na genoeg om te wet watte rol beserings ens gespeel het nie… maar die uitslae maak nie sin nie.

    Jou analiese is amper te foed om waar te wees … soos n rek vraestel waar al die getalle balanseer …! :)

    ReplyReply
  38. @Wonder: Ek sien Vyfster hou van stats…
    Die 3 groot scores waarop hul ry is:
    Hugenote- BV wen met 99 by BV
    Jeugland- BV wen met 63 by BV
    Florida- BV wen met 81 by BV
    Notice a trend?
    Se nie hul sou nie wen, maar…?
    Oos Moot- BV wen met 2 nie by BV

    Meeste mense sal se dat jy nie Phd in Astrofisika hoef te he om effe te wonder nie…

    ReplyReply
  39. @Plattelandseun: Dis nou stats wat mens laat wonder. Hulle doen regtig goed voor hul eie mense daarna raak hulle homesick. Miskien blaas dieselfde ref elke tuis game :idea:

    ReplyReply
  40. @Kattes-Strofes: It was a good performance considering the conditions. I guess we will see how the new look backline goes against Oakdale? One thing is clear interschools is fast approaching and Sean only has two more games left to get things sorted out before interschools. Lets just hope there is no more injuries.

    The u/14, 15 and 16’s also had good wins in the mud. Just unfortunate that the u/15 game was dominated by the ref’s whistle in the second half, the mud got the better of the two teams and mistakes spoiled the second half.

    ReplyReply
  41. @Murrayfield: Ek mis jou ook :mrgreen: Hoekom het jy nie die seuns by Garsies geplaas nie? Dog jy hou van ons. Ek hoor hulle kom van Brakkies af, gelukkig is dit nie meer as 1 500km van HTS af nie. Stier gaan sy seun stuur om jou te timmer as jy verder as 1 500km werf.

    Die seuns kan speel!

    ReplyReply
  42. @Murrayfield: @AbsolutMenlo: That u/15 result is not what I would have predicted after what I saw at Boishaai in the beginning of the season. The same could be said about their game against Monnas. There must be quite a few injuries or HTS and Monnas must have played out of their skins. I saw at the Boishaai tournament that Menlo don’t have much depth. I think if they can fix that they will be very hard to complete with.

    ReplyReply
  43. @Stier: This is cup rugby anything is possible! I’m going to stick my neck out …. Menlo u/15 will be there at the end!

    ReplyReply
  44. @Wonder: Daar is ‘n ander manier om daarna te kyk as bloot tuisveldvoordeel. Baie ouens sê ‘n mens kan nie veel waarde heg aan die rankingsisteme nie, maar volgens die gemiddelde gekombineerde ranking van 4 verskillende sites (waarvan een my eie is, bloot gedoen volgens wie wen/verloor teen wie) is Ben Vorster 27ste. Hoe dit vergelyk met hulle uitslae:

    Helpmekaar(16) – verloor 36-21 (weg)
    Jeppe(20) – verloor 29-26 (neutrale veld)
    Oos-Moot(33) – wen 52-50 (weg)
    Marlow(34) – wen 27-26 (neutraal)
    Northwood(69) – wen 38-28 (neutraal)
    Lichtenburg(70) – wen 30-12 (tuis)
    Centurion(74) – wen 39-8 (tuis)
    Frikkie Meyer(76) – wen 30-27 (tuis)
    Klerksdorp(80) – wen 13-5 (tuis)
    Jeugland(98) – wen 70-7 (tuis)
    Florida(100) – wen 99-13 (tuis)

    Indien enige van hierdie uitslae buite die verwagting val, is dit die twee teen Frikkie Meyer en Klerksdorp, maar dood moet altyd ‘n oorsaak hê.

    ReplyReply
  45. @Wonder: HTSM n paar nuwe manne by o15 gekry van Brakkies af? Jy seker hulle kom van daar? By o15 toernooi gesien hulle coach koop n paar Statspro DVDs van die WP invitational span. Moet ook se, ek sou geraai het dat Menlo hulle ten minste met 20 sou klop op o15 vlak.

    ReplyReply
  46. @CharlesZA: Dis moontlik dat ek die skool verkeerd het. Dis hoe ek onthou. Dat hulle vd Kaap af kom is korrek. Hulle is baie goeie spelers daarom van hulle die oog. Murrayfield sal jou alles kan vertel.

    Menlo se 0/15’s is baie goed. Ek dink nie iemand in Virseker gaan hulle die jaar keer nie, volgende jaar is dit ander storie.

    ReplyReply
  47. @Rugbyman: Geluk met gister se wen teen Monnas. Hoe lyk dit aan die beserings kant, 5 & 6 gister vroeg afgehaal. Dan ook Martin en Allen, gaan die twee nog kan speel die die jaar ? Ek weet hul het ernstige beserings opgedoen. Miskien sien ons hulle na die vakansie?

    ReplyReply
  48. @Wonder: Baie dankie! Niks fout met 5 en 6 nie… ons het vars bene op die bench gehad en het gevoel ons moet dit gebruik…

    Allen is ongelukkig klaar vir die jaar… baie sad… martin sal na die vakansie terug wees en so ook juandre…

    ReplyReply
  49. @knowthegame: baie sad.
    Geen ouer betrokkenheid nie.
    Maar ek hoop Menlo neem AGRESSIEWE stappe teen betrokke party. NIKS wat gebeur het regverdig sulke optrede nie!

    ReplyReply
  50. @Wonder: @BrotherBear: @Plattelandseun: Die game is op die veld gewen met 30-12 deur BV. Wat ‘n meer wrang smaak in die mond laat is as daar tersluikse opmerkings oor skeidsregters gemaak word deur sekere kommentators….en geen erkenning of krediet aan ‘n wenspan gegee word nie, per implikasie dat ‘n span slegs goed doen danksy refs .
    Dit gaan nie oor BV nie, dit gaan oor alle spanne.
    @Wonder:Miskien besef jy dit nie, maar opmerkings soos ” miskien blaas dieselfde ref al hul tuiswedstryde”, ” hulle doen net goed voor hul tuis skare, elders raak hulle homesick” ens is ongelooflik neerhalend en kleingeestig.

    dan is dit boonop oningelig. BV doen nog altyd goed weg van die huis, hulle eerste Beeld/virseker trofee is in 2008 gewen deur 4 opeenvolgende uitklopwedstryde weg van die huis te wen, en gekulmineer in ‘n oorwinning in JHB oor Helpmekaar, op dieselfde veld as wat saterdag op tv was…
    Hierdie jaar het ons spanne soos Marlow, Northwood, OM weg gewen, teen Jeppe met ‘n strafskop na sirene in JHB verloor. Enigste ander verloor was teen Helpmekaar in JHB met 36-21….min of meer wat ek,en ek is seker meeste neutrale toeskouers verwag het. Terloops, die laaste wedstryd tussen Helpmekaar en Liggies was laasjaar, Helpies het 89-27 gewen…..
    @Plattelandseun: Ons ry nie op die rug van uitslae teen Hugenote, Jeugland en Florida nie….ek maak dan juis die punt dat die uitslag presies korreleer met ons beide se tuiswedtyde teen Klerksdorp.
    Ongelukkig is daardie 3 spanne se 1stes baie swak vanjaar, Jeugland het gister met 80-0 teen Middelburg verloor….dit is seker ook BV en die ref se skuld dat hulle sukkel vanjaar :roll: Jy sal sien dat Oos-Moot baie sterker as die spanne is, weereens het ek ‘n baie gelykopstryd tussen BV en OM verwag en ek is seker ons was gelukkig om net net te wen….dankie tog dit was ‘n wegwedstryd, anders was dit seker ook die ref se skuld

    Hierdie is skolerugby wat veronderstel is om geniet te word, nie die 3rde wereld oorlog nie. weereens, miskien ontmoet ons weer vanjaar, as julle dan wen sal ek julle hartlik gelukwens en aangaan met nber dinge….ek belowe ek sal nie ‘n woord rep oor strafskoptellings en dies meer nie
    sterkte vir res van julle seisoen

    ReplyReply
  51. @Vyfster: Ek gun BV alles wat hul toekom. Dit is net snaaks dat al die groot wenne tuis is, laat dat jou nie ook dink nie?

    ReplyReply
  52. @Wonder: En waaraan laat Middelburg se 80-0 oor Jeugland jou dink in vergelyking met BV se 70-7 oor Jeugland ‘n week vantevore? Kom nou, ons wag op rasionele verklaring – Occam’s razor kan ‘n baie goeie hulpmiddel wees.

    ReplyReply
  53. @Skopgraaf243: Gewoonlik is die b span ref ‘n onderwyser van die tuisskool. In my ervaring is die ref meeste kere nie onpartydig nie en al die 50/50 calls gaan vir sy skool. Ek praat dit glad nie goed dat iemand die ref geslaan het nie maar kry gerus eers die feite. Hy bly tog net ‘n kind. Wat sal ‘n regverdige straf wees? Gaan iemand ondersoek doen oor hoe goed die ref geblaas het?

    ReplyReply
  54. @Vyfster: ok, my stelling was dalk net op skeidsregter issues gerig. Ek twyfel nie dat BV die wen verdien het nie.

    ReplyReply
  55. @Rugbyman: Dis goeie nuus. Saterdag se tempo was vinnig. Noudat ek terug dink aan die game, daar was baie min lynstane. Groot eerste skrum van Garsies en ook vaskop gevat.

    ReplyReply
  56. @tzavosky: Jy kan maar die onnodige inligting, wat dit ookal is, wegvat en self besluit wat die waarheid is. Ek nie lus vir die filosofiese gemors nie.

    ReplyReply
  57. @Wonder: OK, jy gee toe jy het nie die logiese denkvermoë om die ooreenkoms tussen die twee uitslae raak te sien nie. Sad.

    ReplyReply
  58. @Wonder: nee, dit is net logies,want die swakste teenstanders is tuis gespeel. Daar was ‘n paar tuiswedstryde wat ons net-net gewen het. dis seker nie BV se skuld dat die 3 swakste 1ste spanne in vanjaar se liga tuis teen BV moes speel nie.
    Daar is geen twyfel dat Hugenote, Jeugland en Florida se 1ste spanne vanjaar die laaste 3 plekke op die log sal inneem nie. Dit beteken nie hulle is swak skole nie, van hul junior spanne is baie goed, maar ongelukkig is hul 1stes nie opgewasse vanjaar nie, en kan hul net mekaar wen.

    Middelburg wen Jeugland 80-0 gister, BV wen Jeugland 70-7…..soortgelyke tellings, daar is ‘n groot verskil vanjaar tussen OM, BV , Middelburg, Lichtenburg wat omtrent dieselfde sterkte is, en die ander genoemde skole….eersgenoemde 4 kan enige span enige ander span op die dag wen, net soos al die spanne in Virseker plaat en cup baie gelyk is( behalwe HTSM, wat nie maklik enige span in cup sal wen vanjaar nie).

    Daar is ‘n ander faktor wat baie te doen het met daardie 3 groot tellings.
    Volg altyd ‘n spesifieke patroon…BV speel hoe tempo rugby, so as hul teen swakker spanne tuis speel speel die hitte en hoe humiditeit ‘n groot rol teen spanne wat minder goed gekondisioneer is….in die tipe wedstryd is die halftyd telling nooit te groot nie, maar dan vang die hitte die ander span en dan begin hul te moeg raak om te keer, en volg daar baie driee en hoe tellings…..1 wedstryd was die rustydtelling 21-13 met eindtelling in die 90’s.

    Sit nou ‘n sterk, fikse , goed gekondisioneerde span teen BV, en die telling bly laag.
    BV was gister 20-0 voor na 29 min in 1ste helfte …..halftyd was 20-5, eindtelling 30-12….dus Liggies het die 2de helfte ‘gewen’, ‘n pluimpie vir hul fiksheid en krag.

    Die ander spanne was dit net andersom, en die damwal het gebars.
    hierdie tipe tellings beegin al hoe meer normaal raak, wie sou 2 jaar terug voorspel EG wen HTSM 95-32?

    ReplyReply
  59. @Vyfster: Ons weet BV en OM is baie naby mekaar, soos wat die uitslag tussen die twee wys; ons weet Lichtenburg en Middelburg is baie naby mekaar soos wat twee uitslae tussen hulle bevestig. BV is die enigste een wat reeds al drie die swakker skole in die Skild gespeel het en met groot tellings gewen het.

    Maar daar is reeds ‘n patroon besig om te ontwikkel:

    Middelburg 80-0 Jeugland
    Lichtenburg 44-23 Jeugland
    Oos-Moot 63-3 Hugenote

    Ek voorspel die patroon van hoë tellings teen Florida, Hugenote en Jeugland gaan voortduur soos die ander drie hulle speel.

    ReplyReply
  60. @Vyfster: Ek is verbaas met wat BV jaarliks regkry. Ek dink hulle sal baie mededingend wees in Virseker se afdeling 1 sienende dat hulle so goed gedoen het teen Helpmekaar.
    Veral ook inaggenome dat Helpies een van die sterker skole is in die kompetisie. Ek dink selfs EG ondersteuners sal saamstem dat die teliing vir EG vlei teen ‘n baie goeie Helpiesspan.
    Sou graag wou sien hoe vaar BV teen Nelspruit.

    ReplyReply
  61. @Vyfster: Manne verstaan my mooi. Ek het nooit geimpliseer dat BV nie n baie goeie span het nie. Ek neem ook nie die wenne van hul af weg wat hul tuis verower het nie. Dis altyd moeilik om op Tzaneen te gaan speel met al die ander faktore wat bykom. Ek praat van die 50/50 calls by die rucks wat oorheersend Limpopo se kant toe gegaan het. Dit nadat Liggies gem 6 strafskoppe n game afstaan, hetsy in Luiperds, Leeus, Blou bul, self in die kaap op toer te Oakdale…
    Soos daar by ‘n vorige post gesê is: dis skole rugby, nie die 3de wêreld oorlog nie. Net so vra ek oor die boorvat wat ons speler op sy nek neergesit is. Deur die 90 gedraai en soos ‘n paal geplant. Heeltemal ongevraagd in die game. Geelkaart? Dai seun kon vanaand verlam gewees het!! Sulke calls maak die seuns negatief. En tereg ook so, want almal verdien regverdige calls, of hoe?

    ReplyReply
  62. @Djou: Ben Vorster , Oos Moot en Lichtenburg sal hulleself baie goed van hulle taak kan kwyt in die Plaat afdeling van Afdeling 1 ….die Beker afdeling sal dalk ‘n “bridge too far” wees , BV en OM het beide al hierdie jaar met Centurion en Klerksdorp afgereken en L/Burg met Marais Viloen , Noordheuwel en Zwartkops , almal skole in die plaat afdeling , Krag word egter bepaal deur al die spanne se uitslae(ek ongelukkig nie bekend met jnr spanne in plaat afdeling nie) …….Het enige iemand dalk ‘n idee hoe die semi’s en finale vie Afdeling 1 se bepalings werk … Ek verstaan 1 teen 4 en 2 teen 3 , maar verstaan dat VIRSEKER die reg voorbehou vir waar dit gaan plaasvind??

    ReplyReply
  63. Van die semi’s weet ek nie, maar rumour is dat die finals op neutral ground moet plaasvind…

    ReplyReply
  64. @Bloktrui: Uit al die tellings van die naweek hierbo geplaas deur Beet, is daar 7 van die Virseker beker afd 1….daarvolgens het die tuisspan 5 uit die 7 gewen.
    Weereens bewys wat almal weet, dit is ‘n groot voordeel om tuis te speel

    Aangesien die formaat in Virseker afd 1 (beker, plaat en skild) dieselfde is, 8 spanne wat in straight round robin elkeen teen elkeen speel….sal dit net regverdig wees as die semi’s en finale na die tuisveld van die hoer geplaasde span gaan….hoekom anders sloof spanne hul dan af, om ‘n goeie plek op log los te speel?

    Maar dit lyk al hoe meer of Kyknet/Virseker ter wille om tv dekking se koste laag te hou, dit op neutrale gronde sal laat plaasvind.
    Probleem is net, neutrale grond sal in Gauteng wees….wat dit nie werklik neutraal maak nie vir skole soos Nelspruit, Ben Vorster, Lichtenburg nie,
    Veronderstel dit word by Tuks gehou…se maar net as vb BV eindig 1ste op log en Oos-Moot 4rde…die outjie van Oos-Moot kan in sy ouerhuis slaap die aand voor tyd, die Vossie moet 6ure op ‘n bus sit, die 1ste span sal waarskynlik die vorige dag kom, so hul slaap in vreemde beddens…die ander junior spanne sal soos gewoonlik maar 2 uur die oggend in bus klim, ure lank ry, feitlik geen slaap kry nie……en dan moet hul ‘n uitklop wedstryd of finaal speel.
    Die Vossies is gewoond hieraan so ons speel maar waar ons gese word, maar dit sal jammer wees en ek dink ‘detract’ van ‘n fantastiese kompetisie as die spanne wat deur die hele liga fase die beste vertoon het, nie beloon word vir hul harde werk nie, ongeag wie die spanne mag wees

    ReplyReply
  65. @Plattelandseun: as daar so ‘n insident was, stuur asb ‘n video clip na die Limpopo rugby unie….hulle stel die refs aan wat blaas.

    dit bly vir my vreemd dat mense dink refs sal outomaties partydig wees vir skool uit hul eie provinsie. in my ondervinding dit meer gereeld die teenoorgestelde…BV stel tog nie die refs aan wat blaas vir die 1ste of A span liga wedstryde nie….die unie doen, gewoonlik is dit ouens uit Pietersburg uit wat nie so baie van ons hou nie…lol

    Sekerlik as Liggies tuis speel teen bv Florida, sal die Noordwes unie refs stuur van Klerksdorp, Potch of Rustenburg…..Rustenburgers voel vere vir Lichtenburg, Potch skole en Klerksdorp is tradisionele vyande…so vir my sal ref dalk nie baie van jul hou nie, heeltemal neutraal teen vreemde skool soos Florida staan en dalk onbewustelik ‘n paar 50/50 calls teen julle gee.

    ek glo egter nog steeds dat die meerderheid refs hul bes doen in wat ‘n ondankbare werk is, hulle doen dit uit liefde vir die spel en sonder hulle sal daar geen rugby wees nie.
    Hulle bly egter mense, en almal maak maar foute, ek dink dit balanseer maar oor tyd uit.

    as jy die wedstryd tussen die All Blacks en Frankryk gesien het, sou jy sien dat daar ‘n geelkaart teen Fransman uitgedeel is, wat selfs die All Black afrigter erken verkeerd was. daar is ook ‘n rooikaart oortreding gemis….as die ouens, met assistente, 20 tv kameras, kykweers uit 10 hoeke etc nog kan fouteer, hoe op aarde moet ‘n skole ref altyd foutloos wees.

    ek hoop ons kan die onderwerp afsluit en die res van seisoen geniet

    ReplyReply
  66. @Bayern: Geluk met die wen. Nee ek is nie so seker dit gaan close wees nie. Ons seisoen is op die afdraande pad. Kan dit net nie bymekaar sit nie. Soos menige male voorheen was ons Saterdag weer ons eie grootste viand. :cry: Hopelik doen die vakansie ons goed.

    @Norieman: Ja jy is reg! :lol: Maar daar is net een span wat nog niks gewen het!! :(

    @Vyfster: Sien my comments aan Bayern hierbo oor ons vertonings. Ek dink ook ons is nou uit die running, maar jy is reg, ons afdeling is baie op en af. Niemand wat regtig weghardloop daarmee nie. Ons het nog drie harde games oor na die vakansie – Noordheuwel, Kempton en Zwartkop. Daar is dus ‘n goeie kans dat ons die seisoen sonder ‘n liga wen kan afsluit!!! :cry:

    ReplyReply
  67. @ Odie14: Gavin Mills is the best scrumhalf in the WC that I have seen this season. I have watched him a few times and particularly against Bishops I thought he outplayed the Bishops scrumhalf until his injury (boot to the face)
    @BoschBoy: Bosch should have won the game in the last ten and made some poor/odd decisions, but I am sure the boys will learn from this. I was dissapointed all the age teams lost to Bishops, particularly the under 14 – on what I had seen this season I expected Bosch to win this.

    Wynberg had a great win (all the age groups won as well – what a turnaround at the school!) but the performance of the Wynberg hooker, Jason Alexander is standout. 5 tries – only one of which was from a pushover. Some supporters were saying this was the most complete performance by a Wynberg player in recent memory. He performed all his key tasks as a hooker as well the 5 tries. I know he is in the frame for Craven week selection as he should be.

    ReplyReply
  68. @Toffee: I’d be curious to hear from a Wynberg supporter what’s happened over the past few years. If memory serves, Wynberg performed very well prior to 2016, then Musikanth left and you produced poor results in 2016 and terrible results in 2017. Indeed, the 2016 1st team was supposed to be the “Dream Team” (they were ranked in the top 10 as u16s, won the headmasters grand slam, etc).

    Anyway, it seems to be back on track for all age groups again. What gives?

    ReplyReply
  69. @Toffee: I agree with you, I think Bosch should’ve got over the line at the end there. I think we also contested the breakdowns really well; there were many times that I felt we had got a legitimate turnover on the ground, but Bishops weren’t called for holding on. This is my biased opinion of course but I thought we contested it really well and were unlucky in quite a few cases there. That being said, this Bishops team is strong this year, and I’m proud of how my school almost pulled off the upset!

    I think you may be mistaken on our age-group results though…our U14s won, but our U15s and U16s lost.

    In terms of Wynberg, they are definitely having a renaissance this year. Good to see you guys back and being competitive! I’m looking forward to our return fixture against you, it should be a good game. Best of luck for rest of the season!

    ReplyReply
  70. @knowthegame: jislaaik, dit is al 8 jaar…alles vir jou gaan oor die Beeldtrofee finaal wat BV in 2010 teen Helpies gewen het.
    Dank vader BV het Beeld finaal in 2008 teen Helpies in JHB gewen, anders sou ons seker nooit die einde daarvan gehoor het nie.

    In 2015 wen Helpmekaar vir Oos-Moot 24-19 in Beeld semifinaal in Pta….1 toeskouer was so boos vir die ref dat hy hom agtervolg het na die parkeerplek, ref moes letterlik weghardloop, in sy kar spring en wegjaag. In die persoon se gemoed was hy vas oortuig die ref het Helpies laat wen…net soos jy oor 2010 glo.

    Die vraag is, was daardie toeskouer reg in sy evaluering , hy sal dit tot sy sterfbed glo….of was hy verkeerd? Was julle beide reg of beide verkeerd…of was hy verkeerd en jy reg, of andersom?

    die feit bly staan….BV en Helpmekaar speel sedert 2008 jaarliks teen mekaar (met 1of 2 uitsonderings) .

    Van 2008-2013 kon Helpies nie een keer teen BV wen nie, maak nie saak of dit weg of tuis was nie…dink dit was 3 weg vir BV en 2 tuisoorwinnings….maar Helpies het al hoe sterker begin word, in 2013 het BV met 31-28 deurgeskuur in Jhb.
    BV het daardie jare telkens gewen bloot omdat hul toe ‘n bietjie sterker as Helpies was….hulle het dan ook telkens die meerderheid van die ander wedstryde gewen

    Helpies het tot hul krediet al hoe harder begin werk, meer geinvesteer in hul rugby, ons het dit sien kom.
    Die draaipunt was in 2014…van toe af wen Helpies vir BV want hul is nou sterker.

    In die moeder van alle ironiee, wen Helpmekaar in 2014 hul 1ste wedstryd in hul geskiedenis teen BV….op BV se tuisveld teen die nare Limpopo refs….ek was daar, die telling was 30-23 en Helpies het oorwinning verdien. die res van die spanne was 4 oorwinnings elk, met een gelykop uitslag. Op ‘n mespunt gebalanseer, maar duidelik het die pendulum begin terugswaai en Helpies begin nou sterker raak as BV

    So it proved to be, van 2014-2018 wen Helpies al hul 1ste span wedstryde teen BV …wat 2 wegwedstryde en 2 tuis wedstryde insluit….vir 1ste keer in 2015, en weer in 16 en 17 verower hul die Beeld trofee vir groot skole, begin al hoe meer prominent raak, speel Wildeklawer en st Johns en word nou weer as ‘n top rugby skool geag

    daar is mos ‘n duidelike patroon, BV was ‘n sekere tydperk hoer geag, het op wildeklawer gespeel ens en het Helpies tuis en weg gewen 5x in ‘n ry.

    Nou is die situasie omgekeer Helpies heelwat sterker en wen BV 4x in ‘n ry, 2 keer weg, 2 keer tuis…..dus as jy goed genoeg is, sal jy daar wen….redelik voorspelbaar.
    EG Jansen het hele paar jaar gelede op mini toer teen Bv op Tzaneen gespeel en 24-23 gewen…want hulle was goed genoeg…ironies het hulle teen Merensky naelskraap verloor ( was omstreeks 2006 of 7 toe merensky nog goeie span gehad het). as jy met 1 punt op jou tuisveld verloor, kan jy seker aanneem skeidsregter was regverdig.

    aanvaar dit maar, dis nie maklik om daar te wen nie, weens baie spesifieke faktore, maar as jy goed genoeg is sal jy dit meestal regkry, niks met refs uit te waai nie.

    presies dieselfde faktore geld op Nelspruit, julle het hul naelskraap gewen daar want jul was goed genoeg om nie net nelspruit, maar ook die reis, hitte en hoer humiditeit te oorkom.
    Ek persoonlik het nog altyd vir Helpmekaar opgekom, oningeligtes daarop gewys dat Helpies die Administrateursbeker lank voor Affies of Monnas gewen het en altyd ‘n gerekende krag was, wat net vir tydjie minder goed gevaar het.
    Julle sukses het wel teen ‘n prys gekom, die laaste 4 of 5 jaar van die Beeld trofee het elke enkele skool in die leeus se grootskole afdeling geweier om teen julle te speel, weens jul werwings praktyke en krag.
    BV het darem gehelp dat julle in daardie dae wedstryde kon kry,nou het julle ons nie meer nodig nie, maaar dis vir ons steeds lekker om teen julle te speel…en darem het nog net Transvalia beter gevaar op jul tuisveld as ons sover vanjaar.

    So laat ons mekaar eerder respekteer en ophou ou koeie opgrawe .
    Na daardie 2014 wedstryd het Helpies se kaptein die skare toegespreek, vertel hoeveel respek en agting hy vir BV het, hoe lekker dit is om teen hulle te speel, en hoe trots dit hom maak om die 1ste helpie 1ste span kaptein te wees wat se span BV kon klop.
    In 2016 was ek by KES easter fees, toe die hele BV 1ste span opstaan en ST John’s toe loop om Helpies teen Booishaai te gaan ondersteun….dis mos hoe dit hoort

    ReplyReply
  71. @ Vleis: My humble opinion. Craig Childs, Kevin’s understudy was appointed Head of Rugby and he is very hands on (he also coaches at UCT) with all the teams and gives 100%+. So overall the school has improved through the age groups. I understand at under 14 they have recruited well. The under 19 team are coached by Justin Van Winkle who retired from rugby last year through injury (False Bay) and he is a highly underated coach who gets a lot out of the youngsters. Lastly, without trying to sound personal/critical, the previous headmaster was a “hockey man” and I do believe that can rub off on the school.I still believe that the school has a weakness which has been there for many years and that is that only the A&B teams receive proper coaching. Many a C or D team player at under 14 goes on to be a first team player. Watching this years under 14’s that may be changing as they all look well coached.

    ReplyReply
  72. @Djou: Die wedstryd was long in the making.Moet se die bal hantering aan alby kante was shocking.So ook die lynstaan calls van EG.Die ref was ook nie beste op die dag nie. 3 Hoog tackles op EG se 14 met slegs strafskoppe en geen kaart nie. Die 0/16A van EG het weer gewys waarom hulle die defending Champs is.Met GROOT hard gespeel en mooi terug gekom. Voorspel n EG / Garsfontein final by die 0/16A. Maar nog vroee dae…..

    ReplyReply
  73. @ BoschBoy
    My apologies so glad your under 14’s won. I checked the results now and saw a win ratio of 8 against 6 losses, so maybe not such a bad day!

    ReplyReply
  74. @Vyfster:Hi laat ek jou net gou reghelp.Ek hou baie van BV.Tzaneen is n great plek,lekker studente pelle van daai area gehad.Seuns soos Marcel S Scholtz het saam op Tuks gespeel.Ken Gert en Pieter goed en so kan ek aangaan.Jy is n ***** blogger en jou artikels is great en jou geheue om spelers/mense van verlede te onthou uitstekend.In fact ek geniet jou baie net soos die dokter.Ek stir maar net so nou en dan ,geen kinders meer op skool nie.Nie regtig meer n verbindnis nie met enige skool ni.Ek sal nie weer moan oor julle refs nie al is hulle super shit..sterkstaan :wink: :wink:

    ReplyReply
  75. @Vyfster: Ahem. jy moet jou feite regkry, Boetie!

    Die EG vs BV was in 2009 toe my laaitie in matriek was, en die wedstryd is by Merensky gespeel. Ek kan nie meer die presiese detail onthou nie, maar BV het daai ghym weggegooi met een sinnelose besluit.

    Dat Merensky vir EG gewen het, was nie snaaks nie, 2009 se 1stes was hulle dream team van Gr 8 af. Omdat dit my seun se jaargroep was, het ek die meeste van die Merensky seuns en baie van hulle ouers goed leer ken – nie een lid van daai span was van die Tzaneen omgewing nie, die manne het hulle wyd gaan haal.

    Ons het elke jaar redelik ver verloor teen hulle, soveel so dat hulle kaptein voor die derby bereid was om ‘n telling te waag in Rugby365 se voorskou – 36-22 vir Merensky (dit was hulle telling teen BV as o16’s). Die 2009 en 2010 matriekgroepe van BV was deur die ouderdomsgroepe ons swakste spanne, maar hulle het puik gekombineer en die derby 22-20 gewen.

    ReplyReply
  76. @Vyfster: En jy moet Know maar verskoon – hy het nou nog nie die verslag van die voorsitter van die BB skeidsregtersvereniging oor die gebeure van 2010 gelees nie, en nog minder het Sarel vd Walt van Beeld (‘n oud-Helpie) daaroor gerapporteer soos wat hy belowe het nie, na ‘n stortvloed van Beeld-briewe oor “kinders wie se drome verwoes is”.

    As die feite nie jou narratief pas nie, dan ignoreer jy dit bloot.

    ReplyReply
  77. @tzavosky:lol..thanx..so dit was 2009. Ek onthou maar die koerantberigte destyds wat in my kop vasgesteek het…Eg het BV met 1 punt gewen en ek dink met 2 punte teen Merensky verloor.
    nooit geweet dit was op Merensky se veld nie, goed om te weet …so EG kan darem nie spog met oorwinning op BV se heilige grond nie :mrgreen:

    Moes exciting tye gewees het 2006-2010….jou laaitie dus van 2005-2009 op skool…in daardie tyd het 1stes 2 beeldtrofee verower (1 gedeel), met 3rde een jaar later.
    maar die hoogtepunt was dan sekerlik die 2009 derby wen vir hul jaargroep, niks lekkerder as dit nie (veral as jy nie gunsteling was nie)! Was 2009 dan nie ook die jaar van die groot drama met Beeld play-offs teen Transvalia in vander Bijl nie?
    Indien wel, darie jare se dramas, intriges en spanning moes nogal iets gewees het om te beleef :twisted:

    Ja wat @knowthegame: is verskoon, hy weet in elk geval baie goed dat daardie 2 Beeldtrofee finale in 3 jaar ‘n nbe stimulus was vir helpies om hulself te verbeter, en kyk waar trek hulle nou…so hulle moet eintlik dankie se vir daardie 2 verlore:mrgreen:

    Interessant genoeg, daar is nog ‘n skool wat ons groot dank verskuldig is….ook min of meer in jou seun se tyd…..Jeppe Boys.
    hul het jaarlikse fixture teen BV begin, maar telkens met 50 + verloor….dit was 1 te veel vir van die old boys…die Theo Jackson fonds is begin en Jeppe is herbou as ‘n rugbyskool, kyk waar trek hulle nou…..al het hul onherkenbaar verbeter het Jeppe na ‘n hiatus van paar jaar weer teen BV gespeel, maar 2016 en 17 maar weer teen BV verloor…..2016 nogal op Ellispark met Wandile Simelane, Tyrone Green, Hajcivack (onspelbaar), en nog 1 ander SA skole speler.

    Maar nou vanjaar in 2018 het hul uiteindelik vir BV 1ste keer gewen, al was die Vossies 26-14 voor , en eindtelling 29-26.
    so die lang droogte is gebreek en al wat ek kan se, watch out vir Jeppe die vlge paar jaar :twisted: dieselfde gaan met Jeppe gebeur as wat met helpies gebeur het na hul BV 1ste maal gewen het….dis soos ‘n rite of passage, nou gaan hul hulself ook vestig as een van land se topskole, na hul 10 jaar terug ietwat van ‘n joke was….selfs EG het eers werklik ‘n topskool geword na hul BV oorwinning…lol…no thanx needed.

    Op ‘n meer ernstige noot….daar was ‘n paar ernstige beserings die laaste week in SBR, seun van Louis Trichardt (Koben) tans verlam…wil maar net sterkte aan hom en ander erg beseerdes se…ons glo julle sal herstel

    ReplyReply
  78. @Vyfster: Ja, dit was interessante tye (is eintlik nog). Ek dink dit was in 2006 dat BV en Mer in die Beeldfinaal vir mediumskole gespeel het (die makro-afdeling is ‘n jaar later ingestel, as ek reg onthou). Beeld het ‘n groot storie daarvan gemaak, want dit was die eerste keer dat twee skole van dieselfde plattelandse dorp in ‘n finaal speel.

    Dit was by Mer en die plek was gepak. Ek was aan diens die dag, maar het weggeglip met die boodskap dat hulle my net mag roep vir hartaanvalle en leeubyte. Die wedstryd het 20-20 geëindig met ‘n laaste strafskop na die sirene deur BV se losskakel van die kantlyn af.

    Toe roep hulle my vir ‘n kind met koorsstuipe en ek jaag terug dorp toe voor die skare uit. Net hier gestop toe my foon lui en hulle vra of ek nog by die veld is, want Piet Swart het ‘n hartaanval gekry. Daar was geen manier om deur die skare terug by die veld te kom nie, so wag ons toe maar vir die ambulans om hom in te bring (ek het intussen twee kollegas gebel om te kom help).

    Toe Piet daar opdaag, was daar geen twyfel dat hy ‘n STEMI gehad het nie en ons het hom dadelik streptokinase gespuit en gestaan en wag vir die EKG om te normaliseer, of vir die disritmieë om in te skop. Die een dominee het ook daar rondgehang, en terwyl ons wag vra hy of ons sal omgee as hy ‘n gebed doen. Ek sweer, terwyl hy bid, normaliseer die EKG – hy glo tot vandag toe dis sy gebed wat die ding gedoen het; ons weet wat ons weet! Jip, groot drama om daai ghym.

    My seun het in 2009 in daai ghym teen Valia gespeel en nogal die openingsdrie gedruk. Ek kon nie self daar wees nie, maar ons het ‘n gesinsreëling dat niemand ooit mag kla oor die ref nie, en daai aand kom hy baie moerig by die huis en sê hy weet hy mag niks oor die ref sê nie, maar hulle is die keer regtig bedonner.

    Blyk toe dat die ref, nadat hy die eindfluitjie geblaas het en die spelers al van die veld af begin stap het, op aanbeveling van die een lynregter terug gegaan het en ‘n drie aan Valia toegeken het, wat hulle 21-20 laat wen het.

    BV het die wedstryd op video gehad en het geäppèleer. By die appèlverhoor het hulle die video vir die paneel gespeel, maar die appèl is van die hand gewys op die basis dat die reëls nie definieer hoe ‘n eindfluitjie klink nie (wat inderdaad waar is!). Klerksdorp was daai jaar ‘n baie sterk span en het grootskole gewen, ek glo nie BV sou hulle kon wen in die semi’s nie. My seun verskil natuurlik hewig daaroor!

    So, ja, ons was al aan die ontvangkant ook, maar ‘n ou vat dit op die ken.

    ReplyReply
  79. Looking forward to the men from Braamfontein this weekend!
    Behoort kookwater rugby op te lewer!

    ReplyReply
  80. @tzavosky: :lol: priceless memories inderdaad. Piet Swart was voormalige skoolhoof van BV (vir die wat nie weet nie).
    Ek is paar jaar terug op ‘n whatsapp groepie gead deur Piet Smit wat maar tellings deurstuur vir ons ouers wat ver bly
    Lyk my hy is ook nou bygevoeg, want toevallig die Saterdag stuur hy ‘n boodskap van gelukwensing op die groep….eerste maal wat ek dit sien.

    Wat Transvalia betref, en die valke unie se paneel…ek moet toegee dit is ‘n baie vindingryke beslissing….haha…dis mos hoe jy ‘n technicality aanwend….nou nie juis in spirit of the law nie, maar voldoen seker aan letter of the law….mag die vlooie van ‘n duisend kamele die valke paneel se oksels beset :twisted:

    bly jammer, ek stem saam met jou seun, geen rede hoekom hul nie all the way kon gaan nie ….jislaaik dan sou hulle beeld grootskole 3 jaar in ‘n ry gewen het :lol:
    Ek kan dink hy was nie happy nie, maar so gaan dit maar…partykeer is die rugbygode aan jou kant, ander kere nie!

    ReplyReply
  81. @Vetseun: nee man, moenie so negatief wees nie :wink: ….3 wedstryde oor, sien dit eerder dat daar ‘n kans is dat jul al 3 kan wen, 15 punte versamel en insneak in die playoffs.
    Dikwels na ‘n vakansie, is dit asof seisoen oor begin en party spanne skielik baie beter speel…miskien gebeur dit met julle…..sterkte!
    Ek moet se Virseker het krag teen krag reggekry in plaat afdeling…verstommend hoe naby die uitslae is….maak dinge baie interessant

    ReplyReply
  82. @Vyfster: Daars ‘n verskil tussen negatief en realisties! Ek dink ons kanse om semis te haal is omtrent so goed soos die van die Bulle om Superrugby se uitspele te maak. :lol: Maar jys reg oor die vakansie. Miskien doen dit ons goed want dit breek die slegte momentum wat ons opgebou het en die seuns is dalk meer positief oor die laaste deel van die seisoen. Hoop veral dat ons matrieks, vir wie dit die einde van hulle skolerugby is, die gr 11s kan inspireer. Hou lui die gesegde – die hoop beskaam nooit!

    Jys reg oor die Plaat. Ek kan glad nie vir jou op hierdie stadium se wie dit gaan wen nie. Maar ook in die Beker afdeling is dinge redelik deurmekaar. Tellings is dalk nie so naby nie maar almal kan omtrent vir almal wen. Dis hoe dit moet wees – die beste span op die dag moet wen. Dis net in julle afdeling waar dinge bietjie eensydig is. Julle, OM en Lictenburg dink ek is beslis ‘n trappie bo die res met die Vossies wat nog steeds my roep is vir die wen. :wink:

    ReplyReply
  83. @Umtata: I’d also like to hear the answer to your question from any person in the know. I can’t remember such a weak Queens side ever!!!

    ReplyReply

Leave a Reply