Blue Bulls Craven Week, Academy Week Teams 2018

Blue Bulls Craven Week Blue Bulls Craven Week B
1 Dewald Donald 1 of 14 Affies 1 Jaco Britz 8 of 15 Menlopark
2 Janco Uys 2 of 14 Affies 2 Enrique Coutriers 9 of 15 Menlopark
3 Tapuwanshe Katete 1 of 5 St Alban’s 3 Gerhard Viljoen 10 of 15 Menlopark
4 Christiaan Kamffer 3 of 14 Affies 4 Simon Miller 2 of 5 St Alban’s
5 Reynhard Roets 1 of 13 Garsfontein 5 Gerhard vd Bijl 11 of 15 Menlopark
6 Johandre Buitendag 2 of 13 Garsfontein 6 Khanya Jada 2 of 4 Pretoria BH
7 Luan Potgieter 1 of 15 Menlopark 7 Adolf Visser 7 of 14 Affies
8 Divan Venter 2 of 15 Menlopark 8 George Oosthuizen 8 of 14 Affies
9 Bernard vd Linde 3 of 15 Menlopark 9 Divan Roelofse 1 of 5 Waterkloof
10 Reghardt Roets 4 of 14 Affies 10 Keanen Wessels 12 of 15 Menlopark
11 Nusuko Balloi 4 of 15 Menlopark 11 Biopelo Kgatlhane 2 of 5 Waterkloof
12 Dian Nordier 5 of 14 Affies 12 Ruan Oosthuizen 13 of 15 Menlopark
13 Diego Appollis 3 of 13 Garsfontein 13 Steffan Alberts 9 of 14 Affies
14 Jayden Visagie 4 of 13 Garsfontein 14 Bongani Ndlovu 1 of 1 FH Odendaal
15 Campwill Willemse 5 of 13 Garsfontein 15 Dieter Craford 10 of 14 Affies
16 Dewald Pienaar 5 of 15 Menlopark 16 Eduan Swart 1 of 1 Oos-Moot
17 Braillon Brand 6 of 13 Garsfontein 17 Warren Nkobane 1 of 1 Cornwall
18 Sarel Joubert 6 of 14 Affies 18 Nolan Pienaar 14 of 15 Menlopark
19 Kgala Mothomogato 1 of 4 Pretoria BH 19 Siseko Mvenya 3 of 5 St Alban’s
20 Marchelle Mombers 6 of 15 Menlopark 20 Junior Snyman 8 of 13 Garsfontein
21 Maarvin Petersen 1 of 1 Eldoraigne 21 Geraldo Flusk 9 of 13 Garsfontein
22 Jurich Claassen 7 of 13 Garsfontein 22 Renaldo Daniels 4 of 5 St Alban’s
23 Shurwen Smith 7 of 15 Menlopark 23 Wesly Dammons 1 of 3 Overkruin
Blue Bulls Academy Week Blue Bulls Academy Week B
1 Tafodswa Kumbiria 5 of 5 St Alban’s 1 Mike Chawasaira Erasmus
2 JL du Toit 11 of 14 Affies 2 Gerald Pulane Wonderboom
3 Reinardt Nel 3 of 4 Pretoria BH 3 Barend Bezuidenhout Eldoraigne
4 Kabelo Machumana 1 of 2 Pretoria Tech 4 Roelf van Heerden Zwartkop
5 Aldo Landsberg 10 of 13 Garsfontein 5 Lesego Sebulele Tuine
6 Ribone Qacha 1 of 3 Southdowns 6 Ruan Botha Eldoraigne
7 Jaryd Scheepers 11 of 13 Garsfontein 7 Charles Luhange Curro H
8 Trevor Shullhane 2 of 2 Pretoria Tech 8 Rohen Labuschagne Wonderboom
9 Steyn vd Spuy 12 of 14 Affies 9 Hilton Olivier Eldoraigne
10 Dillon Olckers 12 of 13 Garsfontein 10 Eathan Wentzel Centurion
11 Eddie Wesso 15 of 15 Menlopark 11 Alberto Maarman Zwartkop
12 Tabiso Maropa 1 of 1 Wilgers 12 Kiano Fourie Sutherland
13 Brendon Katzke 3 of 5 Waterkloof 13 Shane Bolton Eldoraigne
14 Dwaine Peterson 2 of 3 Overkruin 14 Bronwan Arries Centurion
15 Keanon Dammons 3 of 3 Overkruin 15 Hakiem Rapmea Midstream
16 Ricardo Botha 13 of 13 Garsfontein 16 Larro Delport Zwartkop
17 Ayanda Cole 2 of 3 Southdowns 17 CW van Zyl Erasmus
18 Jason Hatting 4 of 5 Waterkloof 18 Kagomolo Kotetsa Margalies
19 Zander Schmidt 13 of 14 Affies 19 Duncan du Plessis Centurion
20 Tafadzwa Pikirayi 4 of 4 Pretoria BH 20 AJ Nel Wonderboom
21 Julian Bogner 5 of 5 Waterkloof 21 Wilber Bijl Sutherland
22 Mihlali Bam 3 of 3 Southdowns 22 Chris Ganyne Voortrekkerhoogte
23 Landi Mahlangu 14 of 14 Affies 23 Nolo Skoskana Akasia

119 Comments

  1. Ek sien die beste 9 in Pta het toe darem die CW span gehaal! :wink: Baie bly vir hom. Geluk Glen!

    Geluk aan al die seuns wat spanne gemaak het. Hoop julle gaan die Bulle trots maak in die Paarl.

    ReplyReply
  2. @Vetseun: Ek dink persoonlik daars min verskil tussen die twee 9’s van Garsfontein en Menlopark, maar Garsfontein seun het seker op toer by sy skool presteer want hy’t gladnie só beindruk saterdag dat ek kan sê hys beter as Menlo 9 nie.
    Menlo 9 offer net soveel meer.
    PLUS hys ekstra stelskopper.

    ReplyReply
  3. @Skopgraaf243: Almal is geregtig op hulle opinie… maar ek gaan verseker nie toelaat dat jy my 9 so afskiet op ‘n openbare forum nie… terloops kan garsies se 9 ook pale toe skop… ek gaan nie julle 9 kritiseer nie, so ek stel voor jy kritiseer nie ons sin nie… beide seuns is in die span… so kom ons support hulle dan beide…

    ReplyReply
  4. Kyk ek reg dat Juandre Scheepers nerens in ‘n span is nie.

    Is die man beseer?

    ReplyReply
  5. @Djou: nee wat… niks met klas te doen nie… ek vat geen seun hier aan nie, en ek dink nie dit hoort hier nie…

    ReplyReply
  6. @Rugbyman: As ek dit reg het is Garsies se no.9 ook in Gr.11..hy het reefs 0/15 Bulle verteenwoordig..ook 0/16 en nou 0/18 ..dink keurders het regte keuse gemaak..Grizzly ek sal hom op 9 begin

    ReplyReply
  7. @Rugbyman: As hy besluit om op rugby te fokus na skool kan hy dit ver bring. 2 dinge wat geld nie kan koop nie – spoed en genoeg talent om die game vir jouself stadig te maak en van albei het hy hope.

    Ek voel baie jammer vir hom – een van die spelers wat mens op ‘n “crappy” dag van JBay af PE toe laat ry om hom te sien speel.

    ReplyReply
  8. Die balans van die Bulls span laat my dink hulle is die vroee gunstelinge vir CW.. Baie goeie span volgens my beskeie opinie.
    @Rugbyman: Ek hoor daar is n Paarl senter oppad na julle toe. Goeie aanwins vir julle.

    ReplyReply
  9. @Rugbyman: aijajai…van waar kom jy gasie ek skiet niemand af nie. Net dat hy my nie in saterdag se wedstryd so beindruk het om te sê hy is beter nie.
    As jy meer daarvan wil dink, maak dit deel van die bere se sirkus, en vat jou twee clowns saam in Grizzly en Djou :-D
    …Rainier is dit nie verby jou bed tyd nie nie :idea: vir goeie oordeel moet jy rus in kry!

    ReplyReply
  10. @Skopgraaf243: Ek is van mening dat Garsfontein 9 ‘n briljante (een van die beste) “ball players” is wat ek gesien het. Hy is ‘n onvoorspelbare talent wat die opposisie altyd aan die raai hou. Daar wag ‘n groot toekoms op hom.

    Volwassenes baklei nie kinders nie :oops:

    @Grizzly: Baie dankie. :mrgreen:

    ReplyReply
  11. Warren Nkobane had a bit of a fall from grace. He played in the No.1 jersey for the Bulls CW team last year. This year he’s double digit jersey wearer for their Craven Week B team

    ReplyReply
  12. @Leelu: What happened to the 12 that played /16 GK with Diego? I cannot remember his name, but they were great together.

    ReplyReply
  13. @Leelu: dit kan wel so wees dat hy so goed is, en ek wens elke kind net die beste toe om geleenthede en na hulle drome te strewe.
    Ek lees egter Rugbyman verwys die 9 sal heel moontlik sy fokus na krieket skuif na skool. So dan is hy egter een van daardie kinders wat vrot van die talent is.
    …om te verskil hoef nie altyd in bakleiery te ontaard nie, respekteer mekaar se verskillende sienings ook.

    Ons sien julle more aand, bring maar ietsie om warm te hou.

    ReplyReply
  14. @Skopgraaf243: Nee… ek verwys na ons 15 wat gaan fokus op krieket na skool… hy het provinsiale krieket laasjaar reeds gespeel…

    Ek het niks neerhalend teenoor jou geskryf nie, maar soos jy weet speel ons nie kinders teen mekaar af op die blog nie… Jou en Djou en Grizzly se tiff het niks met my te doen nie… ek kon heelwat te sê gehad het oor heelparty seuns wat in die cw spanne is maar ek doen dit nie… die seuns kies nie hulself nie…

    Ons 9 is briljant en sy basics is uitstekend onder andere sy aangee… daarmee saam beskik hy oor geweldig baie x-faktor…

    Die Bere sirkus was gelukkig darem saterdag genoeg om julle te klop… :wink:

    Lekker aand…

    ReplyReply
  15. @Skopgraaf243: Clown se jy ou grapgat..Sit Sat se bitterpil nog in jou keel vas..jy beter hom afsluk,Sat is om die draai en die Dr wil nuwe medisyne uitdeel..😂😂Ek sien julle het 7 in die CW span en 7 In die 15 tal,baie geluk.So Kloof speel basies teen n CW span..ek sal punte stuur as ek hulle was,hulle blyk geen kans te staan nie.As die onmoontlike gebeur en hulle wen julle,siennende dat hulle net 2 in die 15 tal het,wat se afleiding moet mens maak??

    ReplyReply
  16. Baie geluk aan al die seun wat gekies is….aan die wat nie gekies is nie …. moenie ophou glo in jouself nie…..”Hippokrasie” op sy beste …. seuns moet nou saam met mekaar in n span speel maar broer hulle mag net nie teen mekaar speel nie …..

    ReplyReply
  17. @Rainier: Belaglik, Bogner is saam met Appollis die beste senters in die land,nou is hy reserwe vir die C span 8-O.
    @Grizzly: So, ons het n punt om te bewys.Ek stel voor aan die keurders, kom watch vanaand vir Julian.Lyk my nie julle woon wedstryde by nie.

    ReplyReply
  18. Nice to see five St Alban’s boys in the various teams – one in the A team, three in the B team and one in the C team. The latter is the younger brother of Michael Kumbirai – the Stormers prop. The B team starting lock is only in grade 11, so is in a good position to make the A team next year.

    I watched the 2nd half of the WK v KES game a few weeks ago and am very surprised that there aren’t more Klofies players in the various teams. I can’t remember exactly which WK players stood out, but I seem to remember one of the centres and the loose forwards were very good – I think the 6 and 8. I won’t be surprised if WK beats MP tomorrow, which will leave a lot of egg on the selectors faces. That is not to say that the MP players do not deserves their spots, as I’m sure that they do, but rather, that there are too few WK players.

    ReplyReply
  19. @sewes: @Vleis: Die Wk 13 en 8,en 15 van Garsies was in die Bulls span wat GK gewen het…Ek is onder koreksie maar 15 en 13 deel van SARU Green Sqaud.Dit sal niemand by die keurders pla as Kloof more wen nie….

    ReplyReply
  20. @Grizzly: My son didn’t even bother to go to the Bulls CW trials, partly as he had committed to a 1st team cricket tour to the UK over a similar period as CW, but also as he knew that he would not get a fair deal. That said, it seems that Kennedy Tsimba has moved things in the right direction in recent years. I’m not saying that St Alban’s should have many players in the teams but this year’s amount of five seems fair, as the team has won 12 and lost only 2…with only two terrible performances (v Boys High and Muir)

    ReplyReply
  21. @Grizzly: @sewes: @Rainier: @Rugbyman:
    Ek weet die 15 van Garsies sowel as die 8 van WK was deel van die 2016 GK span maar kon nou nie eers die CW se C span maak nie. En nou gaan hulle moontlik nie die Rugby kontrakte aangebied word waarvoor hulle so hard gewerk het nie.
    Hulle het albei al provinsiaal krieket gespeel op Hoerskool. Dis ‘n jammerte dat SA rugby nou hierdie kwaliteit rugby spelers kan verloor a.g.v coaches wat nie die regte besluite maak nie. As ek die seuns was sou ek ook krieket gekies het.

    ReplyReply
  22. @Outsider: Wat bedoel jy met “a.g.v. coaches wat nie die regte besluite maak nie”? Verwys jy na skoolafrigters of CW keurders/afrigters?

    ReplyReply
  23. @Rugbyman: @Grizzly: @Bere007:
    Gaan dit buiten sporig wees om te vra hoe 5 seuns wat saterdag 2des uitgedraf het, in die 3 Craven week spanne is terwyl sommige van die 1ste span spelers dit nie gemaak het nie?

    ReplyReply
  24. @Outsider: Nee jys reg.Mens wil nie altyd klae gatte wees nie maar wragtig as ons nie die Forum kan gebruik om mense tot orde te roep nie,waar anders.As jy mooi sien kla mense oor skool grense en gaan dit net oor die seuns wat gatvol is vir onregverdigeid.Hierdie is elke jaar se storie…hopenlik steur die mense wat werf hulle lankal nie meer te veel aan CW nie.Glad nie meer die barometer nie.

    ReplyReply
  25. @Grizzly: Dink jy nie die unies moet hulle keurders roteer sodat elke skool in een of ander tyd geleentheid (verteenwoordiging) het om spanne te kies. Dan dink ek afrigters moet dalk ook nie langer as n sekere aantal jare by een span wees nie. Vernuwing mag dalk ook suksesse bring.

    ReplyReply
  26. @Leelu: Baie geluk met jou seun se insluiting in die Cravenweek XV. Hy verdien dit uit en uit. Uitgeblink in verloorwedstryde en wenwedstryde.
    @sewes: @Leelu: Bogner se weglating is net ongelooflik. Hy en Appollis was skitterend op o.16-vlak as kombinasie. Dink julle die feit dat hy op 14 vir Kloof speel en daar deur keurders oorweeg is dalk die rede is vir sy weglating?@Rugbyman: Dat die 15 op krieket gaan fokus is werklik nie ‘n goeie rede vir sy weglating uit enige van die spanne nie.
    Dit skep die indruk dat die keurders eers uitvind of ‘n speler gaan aanhou rugby speel na skool voor hulle hom gaan kies. Nou, as dit wel so is, dan moes Affies se 10 wat SA Skolekleure in rugby en krieket gekry het en besluit het om rugby te los, nie vir die Bulle se Cravenweekspan gekies gewees het nie. Maar hy is gekies.
    Dit is mos dubbele standaarde, gegewe dat Garsies se 15 ook 14 en 11 kan speel en onder die top 2 heelagters in Pretoria is.

    ReplyReply
  27. @Outsider: Op ‘n kol – baie jare terug – het ‘n speler uit Grey se 5e span vir die Cheetahs in die Cravenweek gespeel. Maar dit was die Vrystaat se eie probleem gewees aangesien hulle bykans niks op ontwikkeling gefokus het nie.
    Die vraag is, hoeveel doen die Bulle self vir ontwikkeling, of laat hulle dit maar aan die skole oor? Ek weet nie, daarom vra ek!

    ReplyReply
  28. @BoishaaiPa: Ek vermoed jy weet nie dat die Leeus die Bulle in ‘n oefenwedstryd opgefoeter het nie. En die Bullespan wat teen die Leeus verloor het is baie dieselfde as die een wat nou Cravenweek toe gaan. So, van gebalanseerd met ‘n kans om goed te doen op Cravenweek weet ek nie so mooi nie.
    Maar ek hoop die seuns kwyt hulle goed van hulle taak en gebruik die verloor teen die Leeus as motivering om goed te doen!

    ReplyReply
  29. @oppimoot: Twee goed,met die 15 tal wat ook CW speel het die Bulle n gulde kans gehad om die seuns van die Moot,Noord van die berg,Suid skole en res van Pta n KANS te gee om hulself op die verhoog te gaan bewys…die geleentheid is gekaap deur …….Dan het jy gehoor die Dept van basiese onderwys (die regering),gaan ingryp oor dissipliene probleme by Affies 8-O 8-O Die Dept gaan die Bastion van dissipliene,dissipliene leer…My hoop is op Willem Straus,hys nou eers n paar maande baas by die Bulle,hy sal homself vergewis van rugby op voetsoolvlak.

    ReplyReply
  30. @Djou:
    Dit sou wel die geval gewees het as nie net 2 uit die 5 seuns waarna ek verwys ontwikkeling verwant was nie.

    ReplyReply
  31. @Grizzly: @oppimoot:
    Die seuns van die “kleiner” skole is wel die geleentheid gegee in die Akademie XV span om hulself op die verhoog te gaan bewys. Jy sal geen Makro skool spelers in die span sien nie. Die 2de Akademie span is spesifiek vir hierdie doel en ek dink dit is great vir die seuns.

    ReplyReply
  32. @Grizzly: Die aanname wat jy self gemaak het op die gesprekforum van die Virseker fixtures oor my betrokkenheid by NV bestuur was jou eie … die inligting wat ek aan jou deurgegee het is in die openbare domain reeds vanaf 2017. Die vraag wat ek aan jou vra is omdat hierdie n forum is oor skolerugby…jy maak die stelling dat iemand die proses gekaap het…ek wil graag weet wie het dit gekaap?

    ReplyReply
  33. @Outsider: Ek verstaan wat jy bedoel!
    Maar ons moet andersins verlief neem met die reels. Uiteindelik is dit “for the greater good”. Wat ek egter mis, is dat daar nie konsekwentheid is nie.
    Soos Beet genoem het, sommige seuns wat verlede jaar gespeel het is afgegradeer na Akademiespanne en sommige wat verlede jaar in die Noordvaalspan was het vanjaar nie een van 4 spanne gemaak nie. En dis nie dat hulle slegter was nie. Inteendeel, hulle was strate beter.

    ReplyReply
  34. @Outsider: So wat jy sê is dat die seuns van “kleiner” skole nie goed genoeg is om
    In die eerste drie spanne te speel nie en daarom word hulle ‘n guns bewys deur insluiting in vierde span??

    ReplyReply
  35. @Outsider: Korreksie – So die Bulle se skolevereniging se….. dat die seuns van “kleiner”skole nie goed genoeg is om in die eerste drie spannete speel nie en daarom word ‘n hulle ‘n guns bewys deur insluiting in vierde span! As dit die manier is hoe die besluitnemers redeneer, kan ek die Bulle se prestasies die laaste klompie jare by CW verstaan!

    ReplyReply
  36. @Vetseun: Jy verstaan verkeerd. Die besluit benadeel eerder seuns in Affies, Menlo, Garsies en Kloof.
    Soos jy sal merk is daar seuns van Eldo, Oos-Moot, Overkruin ens in die 2 Cravenweekspanne, maar geen seun van Affies, Menlo, Garsies en Kloof in die Akademie XV, hoewel laasgenoemde 4 skole wel seuns in die Akademie XV kon gehad het!

    ReplyReply
  37. @Grizzly: Die aardskuddende pet-episode se eerste artikel wat ene Jeanne Marie Versluis oor berih het so gebrekkig was dat ‘n opvolg sepie gevolg het waarin een van Rapport se verslaggewers egter vir die eerste keer moeite gedoen het om met Affies se Hoof ‘n onderhoud te voer. Dit skets ‘n heel ander beeld soos as wat gepen is. Dit het my laat besef dat die enigste waarheid op HIERDIE blog verskyn en van nou af is dit taboe met Netwerk 24, Naspers ens. As dit nie op die blog verskyn nie is dit van alle waarheid ontbloot

    ReplyReply
  38. @Rainier: Ek was baie beindruk met Garsies se 15, die Scheepers lat. Met sy hardloop styl en opsieneming het hy my baie aan Eduan Keyter laat dink. Dink ons sal heel waarskynlik na CW weer van die Bul hoor

    ReplyReply
  39. @4×4: Gaan kyk op Maroela media na Affies verweer en hoe hulle die situasie onmiddelik hanteer het,skep soos jy se heeltemal ander prentjie…

    ReplyReply
  40. @4×4: Sy weglating is vir my ‘n ongelooflike onreg – om hom nie te ag as een van die top 3 heelagters in Pta nie is pleinweg net korrup en veragtelik.

    ReplyReply
  41. @4×4: Ja, dink dis 11.
    Stem ook oor Media24. Hulle het bv. Garsies nooit kans gegee om hul kant te stel na Waterkloof-sage nie. Baie eensydige en bevooroordeelde beriggewing. Ons het uiters swak joernaliste.

    ReplyReply
  42. @Djou: Ek vertrou joernaliste se berigewing net soveel soos dit wat uit n politikus se mond kom..Ek het toevallig die naweek gesien hoe die “komediant” Schalk vd Merwe ook op een of ander program galbraak oor die Affies episode..lyk my hy probeer Jimmy Fallon namaak, maar laat dit maar daar. Die feit is dat mense individue se optredes vereenselwig met die waardes van die betrokke instituut waaraan hulle gekoppel word. Dit is natuurlik heel belaglik want geen skool waarvan ek weet sal sulke gedrag en waardes goedkeur nie. Dit is ongelukkig so dat daar altyd gefokus sal word op die negatiewe en nie op die 99% goeie produkte nie, maar die 1% swak produk, wat in elke geval nie n uitkoms van die waardes is nie, maar wel een van huislike opvoeding van die individu.

    Sensasie verkoop ongelukkig die nuus en as jy nou gaan krap gaan jy orals maar n rofie kry wat gaan bloei. n Instituut kan nie verantwoordlik gehou word vir die optrede van individue in hulle privaat hoedanighede nie.

    ReplyReply
  43. @Djou: Nee, ek verstaan reg. Hoe op dees aarde benadeel die besluit seuns van Menlo, Affies en Garsfontein??? Hulle het onderskeidelik 15, 14 en 13 spelers in die drie top spanne!! Daar is nie meer van hulle oor om in die Akademie XV tal te speel nie! Ander ander kant van jou argument het Kloof 5, Overkruin 3 en Eldo en Oos Moot net 1 speler in die top drie spanne, waarvan maar net 5 in die top twee spanne is. So as mens hierna kyk is dit duidelik dat volgens die besluitnemers en keurders spelers in Eldo, Oos Moot, Zwartkop, Centurion, Montana, ens. maar net goed genoeg is om die nommers vol te maak in ‘n Bulle vierde span!! :(

    ReplyReply
  44. @Vetseun: Wel, die enigste manier om uit te vind of hulle goed genoeg is, is indien hulle van volgende jaar af vriendskaplike wedstryde teen mekaar speel.
    Dan, daar is 23 spelers in ‘n groep – nie net 15 nie – daar is dus meer as 20 oor wat vir die Akademie XV oorweeg kon word!
    Ek hou self nie van die besluit nie, want dit beteken dat die top spelers nie ALMAL vir die Akademie XV oorweeg word nie. Maar dit is ‘n geleentheid vir die ander skole om hul staal te wys.

    ReplyReply
  45. @Vetseun: As jy kyk na seuns wat uitgemis het, agv die reel rondom die akademie XV, Waterkloof 6 en 7, Garsfontein 15, affies se vleuls. Ek kan nog ‘n paar noem, wat Djou probeer oorbring is dat dit vir niemand ideal is nie. Persoonlik dink ek dat ‘n seun soos Eldo se 15 hoer sou gespeel het as dit nie was om ander te akkommodeer nie. Dis die systeem is daar om skole gelukkig te hou en nie te bevordering van die seuns nie.

    ReplyReply
  46. @Vetseun: Miskien moet die Bulle die feit dat daar 2 spanne by die Cravenweek speel gebruik om dan ‘n profesionele span (skole wat werf/koop of dalk deur unie gekontrakteer is) saamstel, en dan die tweede span uit die sg amateurskole saamstel. Dalk word daar iemand raakgesien wat dalk nooit andersins gesien sou wees nie.

    ReplyReply
  47. @oppimoot: Die “step up” vanaf Virseker Plaat na Cravenweek rugby is ongelooflik groot. As voorbeeld – Waterkloof wen vir Noordheuwel met 60 punte, Waterkloof verloor teen Paul Roos met 60, HJS met 40 en GIM met 40 punte. Wat dink jy gaan die resultaat wees indien ‘n gekombineerde Virseker Plaat span teen die WP Cravenweek span speel?

    My beskeie mening is kies die beste spelers – indien dit wel sou gebeur is ek oortuig daarvan dat Waterkloof se 6, 7 en 8 (wat die hele seisoen teen top spanne en spelers kompeteer) een van die Blou Bul spanne sou maak.

    ReplyReply
  48. @Djou: Dit sal nie werk nie,jy praat van 1 of 2 spelers per span,talentvolle seuns wat verlore gaan omdat hulle ouers met reg hulle nie na een van die 4 Oos skole wil skuif nie.In span verband gaan daai skole altyd te sterk wees.@pietretief: Jys reg,maar die fout is bo,in die A en B span waar daar verkeerd gekies is,maak 10 plekke oop oor boeties wat daar is en daars baie plek vir die spelers wat jy noem plus nog wat daar hoort.@oppimoot: Van die 70’s,80’s smeek,pleit die seuns om n Moot span proewe toe te stuur…dit sal nooit gebeur nie want wat as….in die 90’s het die 3 Suidskole na vore getree met dieselfde argument….Kies die bestes van ons in een span en ons sal niemand teleurstel nie…My oplossing,op proewe kan die Oos skole 2 spanne kies,A en B met 30 spelers per span,Maw 60 uit Affies,Garsies,Menlo en Kloof.Noord van Kerk str n span met 30,die C span en Suid van Kerk met 30 die D span.Hou dan proewe maar moe NIE die spanne meng nie.Kry sover moontlik keurders verteenwoordigend.As dit REGVERDIG gedoen word sal die res van Pta speel om een van daai spanne te haal en nie CW nie,hoekom?Want hy weet as hy een van die 2 spanne haal het hy n realistiese kans op CW….Dis al wat elke seun vra…

    ReplyReply
  49. @Djou: Is dit nie waarvoor daar proewe is nie??
    So jy se dat selfs die reserwes in die groot skole beter is as die spelers in die klein skole?? :!:
    @oppimoot: @pietretief: @Leelu: Dit gaan nie hier oor skole wat hulle staal moet wys of in watter Virseker divisie jy speel nie. Dit gaan oor kies die beste speler vir die posisie ongeag van watter skool af hy kom!!

    Al wat ek se is dat daar ook briljante individuele spelers in die kleiner skole in die dorp is – al speel ons maar in die nie so taai Plaat en Skild afdelings! :wink: Kyk ook na hulle en moet nie net na die prestasies van die groot skole se spanne kyk en aanneem dat as individue, hulle spelers beter is as die seuns uit die kleiner skole nie. Daar is baie voorbeelde van seuns wat in klein skole was, nooit CW gespeel het nie en wat suksesvolle beroepspelers geword het. Het daai kind se natuurlike talent dan eers na skool ontwikkel? Ek dink nie so nie.

    ReplyReply
  50. @Vetseun: Net n ding oor die keurders verteenwoordiging,maw 2 uit die Oos skole,1 elk uit die Noord en Suid spanne met n sameroeper van die Unie aangestel deur die president homself.

    ReplyReply
  51. @Vetseun: Ek stem saam met jou – daar is emmers vol talent in die kleiner skole. Probleem is dat hulle nie weekliks teen die sterker spelers kompeteer. Die “step up” in intensiteit en tempo van laer liga na top liga is baie groot. Daar is baie laer liga seuns wat sal kan aanpas en die “step up” kan maak (Ethan), maar vir sommiges sal die sprong net te groot wees.

    @Grizzly: Om net 60 seuns van Waterkloof, Affies, Garsfontein en Menlo na die proewe te stuur sal baie onregverdig wees. Ten minste 92 seuns van bogenoemde skole moet proewe speel :roll:

    ReplyReply
  52. Dis n span per skool,maak dan al 4 spanne 35.Dis 140 seuns waarvan daar 92 oorbly,48 moet uitval,glo die groot sifting is gedoen voor hierdie proewe.

    ReplyReply
  53. @Djou: Stem saam, speel vriendskaplike wedstryde teen mekaar. Maak planne om jou skool sterker te maak.

    Meeste Springbokke kom van sterker Unies af. Feite

    ReplyReply
  54. @Grizzly: daai era het gekom en gegaan en die meeste van daai manne het Springbokke geword uit tuks uit. Vandag sal niemand van hulle eers by tuks uitgekom het nie, of hulle geswot het of nie.@Vetseun: ongelukkig gaan dit nie altyd oor die seuns nie maar watter skool se keurder die meeste geraas maak.

    ReplyReply
  55. @Vetseun: Ek voel en stem saam met jou.As ek dit nou reg het het HS Brits in 1980 in die halfeind van die direkteers trofee teen Hugenote Springs verloor daai selfde jaar klop hulle Affies drie keer maar slegs een speller is goed genoeg vir Noord-Transvaal.
    Soms word nie eens die beste van die groot skole genooi na die proewe nie.Vrydag aand se o16 game tussen KloofMenlo is n bewys daar van. Kloof het Menlo se groot pak n les geleer maar net twee seuns is in die C span ek glo al agt van Menlo is in die A|B spanne.
    Die ergste vir my is dat die boodskap wat uit gestuur word is:Jy sal net Bulle kry as jy in Affies,Menlo,Garsis en in n minder mate in Kloof is.

    ReplyReply
  56. @sewes: … en Menlo wen 39-10 met verskeie spelers wat beseer is. Menlo seker weer net lucky 😃😃😃

    ReplyReply
  57. @Vetseun: Ek dink daar is seuns in die ander skole wat die talent en deursettingsvermoe het om Cravenweek te maak.
    Wat nodig is vir hulle om dit te doen is om weekliks teen die sterkste moontlike teenstand hul man te staan. Hul skole is hul “drawback” want hulle moet besluit om gereeld teen sterk spanne te speel. M.a.w. waar jy minder tyd en spasie het om die regte besluite te maak en waar een fout punte teen jou is.
    Vir die seuns om hulself te bewys sal dit goed wees om friendlies teen die sogenaamde sterker skole te speel.
    Hulle het in die verlede, maar dinge is nou anders.

    ReplyReply
  58. Weet iemand dalk in watter skole Marco van Staden , Jason Jenkins , Roelof Smit , Franco Mostert, en Jacques van Rooyen was.
    Net om ‘n paar te noem.

    ReplyReply
  59. @Transvaal: Jenkins in St Albans; Van Staden in Bekker; Smit in Hangklip en Waterkloof, Van Rooyen in Pretoria Noord en Esterhuizen in Klerksdorp. Soos ek dit het. Mag verkeerd wees.

    ReplyReply
  60. @Grizzly: Ek weet glad nie hoe die keurders gekies word nie, maar ‘n groter verspreiding moet in teorie kan werk.

    @Leelu: Ek verstaan jou argument oor die “step up” en jy is reg dat die meerderheid van die seuns dit nie sal kan doen nie. Ek praat van die 1, 2 of 3 ouens in ‘n span wat dit wel sal kan doen. Ek het doelbewus nie name genoem nie, maar die seun wat jy van praat is beslis een van daai spesiale seuns wie se spel net van krag tot krag sou gaan indien hy die geleentheid gekry het om in beter geselskap te speel.

    @pietretief: Amen!

    @sewes: Jy slaan die spyker op die kop! Ouers van talentvolle laerskool seuns gaan twee keer begin dink voor hulle hulle kinders in kleiner skole sit want die kind se kans om provinsiaal te speel is amper nul. Dus gaan die krag van die kleiner skole se rugby net agteruit gaan terwyl die groter manne met oorskot talent gaan sit wat dalk B of C span rugby moet speel. Nie seker vir wie dit goed is nie?? :cry:

    @Djou: Jy is reg, maar dis amper ‘n hoender of eier situasie. Ons het tot onlangs toe nog in die Tuks reeks teen die groot kanonne gespeel maar as gevolg van my punt hierbo aan @sewes: het ons nie die resources gehad om met hulle te kompeteer nie. Ons het dus weekliks groot tellings teen ons gekry. Selfs die paar talentvolle individue het dan ook gesukkel. Nou speel ons in die PUK reeks teen skole van ons portuur en alhoewel dit ‘n trappie laer is, is ek oortuig daarvan dat dit beter is vir die ontwikkeling van die talentvolle individue. Ek dink ook nie die friendlies waarvan jy praat gaan gou weer gebeur nie. Daar is net nie genoeg tyd daarvoor nie en die groter skole dink ek ook nie sal die aptyt daarvoor he nie.

    Hierdie is ‘n oer oue probleem en was al daar toe ek op skool was. Ek het ook nie die oplossing vir die probleem nie. Elke jaar met die kies van die spanne is daar issues en ek dink nie mens gaan dit ooit regkry nie. Dit is net vir my hartseer dat kinders wat geleenthede verdien, dalk nie ‘n kans gaan kry omdat hulle in die “verkeerde”skole is. Maar nou ja, die lewe is beslis nie altyd regverdig nie en miskien maak sulke ervarings van hulle beter volwassenes.

    ReplyReply
  61. @Vetseun: As ek kyk na waar bogenoemde manne op skool was kom net Kloof ter sprake,na Smith in Hangklip was…nie n clue waar dit is nie…almal sogenoemde kleiner skole.So daai argument van trad rugbyskool of jou kanse is nul ook dan by die deur uit.Hierdie stelsel gaan rugby in Pta stadigaan dood maak..Soos reeds genoem is CR Swart,Silverton,Langenhoven,Pta-Wes,Voortrekkerhoogte rubyloos…n tragedie om die minste te se.Dis n kwessie van n jaar of 2 dan volg FH Odendal,Dr.Hendrik Verwoerd,Elandspoort,Hercules,Akasia, Gerrit Maritz en nog.Dis 11 skole waar die ovaalbal uitgesterf het of wat besig is,natuurlik is daar ander faktore ook..Maar uitsluitsel bly n groot oorsaak.

    ReplyReply
  62. @Vetseun: my hart bloei vir daai kids wat jy van praat,ek sien dit baie.Jy moet maar die keuse maak vroeg of jou kind goed genoeg gaan wees om n lewe uit die game te maak.In Johannesburg is dit maklik..as jou seun in running wil wees vir CW of enige ander verteenwoordigende span=Monument.Maak nie saak of jy mediocre is nie as jy eerste span speel is jy daar,of 2 span of selfs 3 e span.Dit is hoe dit is.Die beste is,as jy nie al “getag” is nie van gr 8 af nie maar jy is die beste in gr12 is jou kans 10%.Ek vat nie kanse op 10%.Ek weet ek het al baie voorheen hier oor gebitch op blok maar in 2012 het Monnas 29 spelers in drie spanne gehad,dit is om van te k…z

    ReplyReply
  63. @Grizzly: hangklip is n hoerskool in Queenstown in die oos kaap, min of meer 450 tot 550 kinders, waarvan seker so 200 seuns is, speel fnb classic clashes teen aliwal noord…. Hulle ouderdom spanne is gewoonlik maar nie baie kompeterend teen aliwal nie maar eerste span is altyd kliphard

    ReplyReply
  64. @Grizzly: Hangklip het as skool al begin in die laat 1800’s, dink dit was eers Queens Laerskool gewees.

    Was altyd baie klein skool met sterk rugby, het elke jaar teen Queens gespeel en dit was altyd ‘n baie goeie derby op 1ste span vlak.

    ReplyReply
  65. Manne, daar is sekere reels waaraan die keurders moet voldoen wanneer spanne gekies word.
    Noudat die Bulle 4 spanne het is daar bykomende reels.
    En die reels is die rede waarom die 4e span lyk soos hy lyk en die ander 3 soos hulle lyk.
    Wenk: Kyk of daar enige spelers van skole in die eerste 3 spanne in die 4e span is en of daar enige spelers van skole in die 4e span in die ander 3 spanne is.

    ReplyReply
  66. @Grizzly: Die ironie,op n ander thread praat jy van C R Swart.Die moot en die weste van PTA bly maar die melkkoei van die skole in die ooste, Kloof in gesluit juis oor die CW/GK ding.As ons so bekommerd is oor rugby is dit mos nie n goeie ding om net vier top skole in pta te he nie. Ons kommer moet nie le net by opheffing nie en dat slegs jou eie skool hierby baat nie.Dit is egter n moeilike een en ek self het nie al die antwoorde hierop nie.

    ReplyReply
  67. @sewes: Jy is reg. Maar onthou vir amper 20 jaar was daar net 2 top skole on Pta. Nou is daar al 4. En indien ander skole effens harder werk kan dit 6 word.

    ReplyReply
  68. @Djou: Jys reg,my geld is op Oos-Moot,Montana en een van die 3 Suid skole.Baie trots op ons 4 spogskole.@sewes: Dis wat ek probeer tuis bring.Ek hoop mense wat n verskil kan maak lees hier,daarom die gekerm deur my.Ek weet baie gee wel om.Net duidelikheid,ek se glad nie dis die 4 skole se skuld dat die ander nie meer rugby speel nie,inteendeel.Dis hoekom ek n groot fan is van Garsies en Menlo al was my klong nie daar nie.wat hulle die laaste 5 jaar doen moet nou as bloudruk vir Oos-Moot,Montana,Cent,Eldos ens wees om dieselfde te PROBEER doen.Maar as die skole uitgesluit word gaan hulle dit moeilik regkry.Niemand gaan my vertel daar is nie kinders wat goed genoeg is nie.Jaar na jaar gebeur dieselfde en ons hande is afgekap.Die system beskerm homself.Wat die res van die skole aanbetref gaan dit nog erger onder die laerskole….Dit gaan mos n sneeubal effek he tov die ondersteuningsbasis van rugby tot op die hoogste vlak.AL MY SEUNS SE PELLE HET ENGLISH PREMIER SIDES wat hulle ondersteun…Belangstelling begin taan…Ek weet nie of net ek dit sien nie..dit maak my bang.As die ondersteuners weg is,gone is die TV regte en die geld,dit kan in een generasie gebeur.Dis hoekom ek so bly is oor n skool soos Transvalia en Stellies…en nervous raak oor Nellies en HTS…elke jaar verloor ons n ou boom.Miskien is ek net paranooies maar ek wil graag eendag as dit gebeur my kleinseuns laerskool rugby en daarna sien speel….nie sokker nie :mrgreen:

    ReplyReply
  69. @McCulleys Workshop: I was referring to Bernard vd Linde, the Menlo 9. My comment was tongue in cheek. :wink: It was a topic that generated very emotional responses from certain bloggers so I just stirred the pot a bit. In my opinion he is the best in Pta but I must admit there are other 9s in town that are also very good like Garsies, Kloof, Eldo.

    ReplyReply
  70. @Djou: van al die rugby wat ek al die jaar gekyk het is daar nog net een scrummie gewees wat ek dink vir Ross push, en hy is n garsfontein

    ReplyReply
  71. @Smallies: Ek hoor – Ross is goed – maar Glenwood se scrummie is ook goed! Gaan ‘n lekker tweestryd wees wanneer Grey en GW speel! Het nog nie Marlow se 9 gespien speel nie.

    ReplyReply
  72. Ek rate die Noordheuwel 9. Hy het ongelukkig nie enige van die Lions spanne gemaak. :roll:

    ReplyReply
  73. @CharlesZA: ja op boishaai fees en WK, ek bly egter by my assesment Ross en Garsies 9 is die beste twwe, lw dis n persoonlike assesment, ek sal glenwood 9 weer rate as hy teen Ross gespeel het

    ReplyReply
  74. @Leelu: was laasjaar in Akademiese span. Moet nie die Waterkloof 9 weggooi nie. Hy en WK #7 het game teen Monnas gewen.

    ReplyReply
  75. What’s going on with the Bulls U18 Craven Week sqaud ?

    Watched the game in Nelspruit last weekend against the Sharks and they seemed to rely only on Apollis

    Sharks was all over them ????😳😳😳😳

    https://youtu.be/jh3nRVZSC9M

    ReplyReply

Leave a Reply