Rank | Team | Avg |
---|---|---|
1 | Grey College | 4.46 |
2 | HJS Paarl | 4.35 |
3 | Paarl Gim | 4.23 |
4 | KES | 4.10 |
5 | Monument | 3.94 |
6 | Grey PE | 3.90 |
7 | Paul Roos | 3.79 |
8 | SACS | 3.65 |
9 | Glenwood | 3.51 |
10 | Affies | 3.50 |
11 | HTS Drostdy | 3.45 |
12 | Kearsney | 3.25 |
13 | Boland Landbou | 3.17 |
14 | Helpmekaar | 3.11 |
15 | Bishops | 2.98 |
16 | Waterkloof | 2.94 |
17 | Rondebosch | 2.88 |
18 | Brackenfell | 2.88 |
19 | DHS | 2.81 |
20 | Oakdale | 2.75 |
21 | Menlopark | 2.74 |
22 | Noord-Kaap | 2.70 |
23 | Stellenberg | 2.68 |
24 | Framesby | 2.67 |
25 | Transvalia | 2.66 |
26 | St Johns | 2.63 |
27 | Eldoraigne | 2.63 |
28 | Nelspruit | 2.55 |
29 | Hilton | 2.50 |
30 | St Andrews | 2.43 |
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.
@knowthegame: Ek “skuil” nie, ek is maar altyd hier. Praat net hier wanneer dit nodig is, andersins praat ek elders wanneer dit nodig is!
@CharlesZA: Jy mag dalk reg wees, ek het vergeet van die graad neges se dinge in die senior koshuis. Graad agt hoef hulle net te worry oor die skool se dinge, die graad agt koshuis is nog pret.
@Stier: sorry stier meet me Saturday and we chat….but Charles has a point.
@Stier: Dis mos die jaar wat hulle na die senior koshuis toe gaan. Manne sukkel om by te hou by al die skoene polish, beddens opmaak en ander manne se agterstewe skoon vee.
@odie15: come on you can’t just leave it there…..your theory is?
@tzavosky: @tzavosky: Baie dankie vir die inligting dr.Ek het geweet as ek so bietjie bollie praat jy uit jou skuilplek sou kom
@Stier: I see you made a huge observation!!!! U15 is a mystery in Boishaai but I have a theory as the last decade attests for exactly what you seeing…
@knowthegame: Interesaant om te sien jou seun was kaptein van die Vossies, wie sou kan raai! Maar ek neem aan dit was ‘n Freudiaanse glips van die vinger.
OK, ek lees ook nou maar hier op die blog van die verwikkelinge en het ‘n bietjie navraag gedoen. BV gaan definitief nie speel nie, weet nie van PHS nie.
BV se redes? Hulle sê vir my die 7 wedstryde van die afgelope 18 dae het sy tol geëis itv beserings, uitputting, gatvolheid en algemene melankolie, en hulle het nie die diepte om die lame, sick en lazies te vervang nie. So daar is geen punt nie.
Ter illustrasie: BV klop Oos-Moot 34-8 in die PUK-reeks; O-M klop Nico Malan 55-22 op Oudtshoorn terwyl BV 52-10 verloor teen NM. Dit vertel ‘n storie, ek is net nie seker wat nie.
Hulle sê vir my hulle wil eerder hergroepeer en hulle seisoen probeer omdraai, en dan (as hulle dinge uitwerk), sien hulle Helpies in elk geval in die Virseker kwartfinaal. Ek hoop nie hulle is besig om bere af te slag nie…
@Riempies: Ek watch hom
@Speartackle: Tjorts. Hy skree darem nie vir die ref nie. Hardloop op as manne pyn het.
@Riempies: Ek hoor julle medic hardloop ook op en af langs die kantlyn en skree op ref en spelers…..hulke mag nie hoor
Tjorts
@Hooit: ag nee dan kan dit nie tel maar KES of Helpies…..wie ookal wen ….sal dit loud and clear erken
@Speartackle: Selfde formaat as Loftus games. 20/25 min met geen skoppe pale toe nie. Maar anders gewone games.
@Hooit: wWaterkloof, Garsfontein en Parktown.
@Hooit: Het hulle al teen KES gespeel?
Is hierdie proewe games 70 minute gewone games of is dit nog soos in ou dae wat die ref sommer fluitjie blaas en sê kom ons skrum sommer gou hier of vat n tikskoppie daar met jou een hand agter jou rug en die opposisie moet jou toe oë soek?
@Riempies: Op n meer ernstige noot nou wie is oor in julle amptelike seisoen?
@Speartackle: 2 van hulle het darem nog Leeu games wat voorlê.
@Riempies: julle seisoen basies verby nou….net Garsfontein en Lichtenburg oor?
@Speartackle: en Suid en Noord. Snap snap.
@Riempies: Snap
@knowthegame: ja maar onthou hul oefen net n uur per week want die busse ry vroeg Wes en Oosrand toe
@knowthegame: Tweede helfde se fiksheid stem ek met jou saam. Nog soveel meer rede hoekom hulle moet games speel. Soos ek al voorheen gese het 3 ure se oefening as span nie naastenby genoeg nie. Veral nie op die vlak nie.
Bus tye bly maar n probleem.
@Speartackle: kyk spear ek nooit die game gespeel nie en leer nog.Ek baie boeke gelees oor die game van maanne soos Dok,Dr Apies,Alan Zondagh en Nelie Smit en ou met die naam Naas.Basies die ABC van Rugby.Ek volg natuurlik sosiale media en so verbreed ek my kennis, ek het ook so 2 keer Helpies sien speel.15 en 6 dead certs.9 Baie naby en so ook een senter,7 flank moet n kans he.4 slot ook nogal oulik,net bietjie lig maar iemand wat vorentoe n goeie slot kan word met USN ens.Dink egter spelers nie so fiks nie.Doen altyd goed 1 helfte,sukkel 2 helfte of verloor game in 2 helfte
@Speartackle: Eerste geleentheid wat ons kry. Hopelik ietsie nat ook.
@Riempies: Nooi vir my en Knowthegame na n Helpies braai…..vir Hoit ook……dink ons sal lekker lag……en Monnas wors eet
@Speartackle: Moet erken nie gedink dit gaan so naby wees nie.
Skuld my nou niks. Jy mos nou erken dat jy verkeerd was. Tot die volgende keer. Dan miskien my beurt.
As almal ma jou sin vir humor gehad het sou hierdie landjie van ons so lekka plek gewees het.
@Hooit: Dit is ook nou nie of hulle die reuse gewen het
Sy en satyn…….kamma kamma
@Hooit: @Riempies:
Okay so played 7 …won 4….lost 3
Ek was darem amper reg
So Rieme….ek skuld jou……wat wil jy hê?
@Speartackle: Welkom Gim. Jeppe. Eldoraigne en 1 span op st johns
@Speartackle: Jy sien. Ouderdom! Te veel…. en drank gaan nog jou ondergang beteken.
@Riempies: Ek eerbiedig my weddenskappe……wat het ons nou weer gewed?
JUlle het voor WK al teen Affies, Paarl Roos en Nelspruit verloor……teen wie het julle almal gewen?
@Speartackle: jong, ek het hele paar seuns in span wat almal goed gespeel het. Dink die gene kom definitief van moeders af.
@Speartackle: die game word op die veld uitgesort en ons klop definitief nie op eie bors soos hele paar ander perre.
Praatjies hier is meer soos die Zoeloes mekaar voor Shaka se tyd aangepak het – of hoe ou grote?
@Speartackle: 2 of het jy vergeet. Nou dat ek daaraan dink. Jy skuld my nog oor n wettenskap wat ons aangegaan het! Iets oor meer verloor as wen voor Wildeklawer. Ma ja jy soek so baie skoor en met daardie ouderdom probleem van jou kan jy seker nie onthou nie.
@BrotherBear: Jou seun het n fantastiese WK gehad, hy lyk na n koelkop plat op die aarde mannetjie…….waar het hy aan jou gekom?
@Speartackle: almal stap in en almal kan verbeter.
‘n “Average” Helpie speler sit enige tyd ‘n goeie Monnas speler ore aan. Net omdat hulle met meer as lyf speel ;-)
@BrotherBear: Dalk irriteer dit hulle dat julle so vol selfvertroue op sosiale media en in kuber is
@knowthegame: nee wat, met hierdie span het ons nog elke jaar vir albei “verre-noord” skole goed afgeransel – maak nie saak waar ons speel.
Kan net nie verstaan hoekom hulle skielik nie so goed speel nie. Daar is baie goeie talent by albei skole.
Vir Ben Vorster kan dit nie oor finansies wees nie – hulle fasiliteite spreek van sterk kapitaal.
@knowthegame: Hoeveel van die Helpie spelers dink jy behoort in Lions CW span in te stap en wie dink jy moet verbeter?
@knowthegame: Ek persoonlik ry more. Mal oor Tzaneen. Vir ons wat hier in stad vasgekeur is is dit een van die vriendelikste plekke waar ons nog gespeel het. Een jaar daar weg met n paar sakkies lemoene wat een van die plaaslike boere vir ons Johannesburgers geskenk het.
Nie n woord sleg oor hulle te se nie. Verstaan net nie die besluit nie. Kostes mag miskien n rede wees. Taai tye.
@Speartackle: Nee my laaste seun laas jaar kaptein gewees van vossies,nou by WP instituut, so ek ni regtig meer betrokke nie.Riempies maak wilde opmerkings om te se hulle sal graag Tzaneen toe ry.Kom ek stel dit so,met Limpopo skeidsregters en vlagmanne speel ek helpies elke week op Tzaneen en ons behoort n moerse goeie kans te he.Miskien kan TZAVOSKY ons meer inligting gee oor nuutste verwikkelinge
@Speartackle: Jis jy kan vir k.k soek.
@Riempies: Knowthegame weet mos alles, en ek weet hy n groot Ben Vorster aanhanger
@Hooit: Of teen Monnas
@Speartackle: Spies ek het nie redes gehoor nie. Ek hoop regtig dit is eerder die geval. Miskien in daardie geval kon hul gevra het dan ry ons na hulle toe. Ons is mal oor Tzaneen. Wat Pietersburg aanbetref sou ons na hulle toe gegaan het.
Miskien kan @Vyfster vir ons meer inligting gee.
@Speartackle: Dalk vir hulle n wedstryd teen Vrede reel.
@Riempies: Dalk is daar ander redes, finansieel of vervoer
Kan nie dink daai 2 spogskole is bang nie
Net vir my snaak hoe jy wag tot middel van seisoen om te sien hoe goed die span is voordat jy besluit om teen hulle te speel. Of wag jy om te sien hoe goed jou span is??
@Riempies: En Lichtenburg in die finaal!
@knowthegame: En John Orr Tegnies
@Riempies: derem nog Linden en Randburg
@Riempies: Glo hierdie is die begin van nog. Jul toekoms le in Makro. Nog nie te laat om hierdie jasr albte skuif nie. Beeld nog nie begin nie.
Nou net verneem dat Ben Voster en Pietersburg ontrek het om teen Helpies te speel. Voor iemand my stening dit gehoor vanaf n betroubare bron maar nog nie offisiele komunikasie van skool af nie.
Wat n jammerte.
@Kattes-Strofes: Ja dit is waar wat jy seg. Hierdie jaar se o/16 span het verlede jaar amper alles verloor en hierdie jaar wen hulle nog al hulle games. Ons o/15’s weer sukkel om te wen die jaar en hulle het verlede jaar onder die top o/14 spanne geeindig. Dit lyk my eers van o/16 begin van die seuns hulle voete vind.
@Playa: Sorry – at Wildeklawer not KERF
One has to go some time back to find a top 30 with no Selborne in it …even worse, to find one with none of the Border Colleges in it.
Good to see the likes of Brackenfell and Stellenberg punching hard. Stellies really impressed me against HTS Middelburg at KERF. They just need to work on their discipline – it may cost them big in the WP season. I enjoyed watching their center combination.
@Ploegskaar: Ja baie mense praat ook oor hulle 9 en 10. Dit gaan maar moeilik wees om die wolwe weg te hou.
Interessant, as ek reg is , is hier net 3 spanne op lys wat nog al hul wedstryde vanjaar gewen het….GCB, SACS en KES. (dit sluit oorsese wedstryde en gelykop uitslae in)
Ek onthou iemand het vroer vanjaar voorspel dat KES nie een wedstryd teen die suidelike voorstede skole sal wen vanjaar nie….na maklike oorwinnings oor Bishops, Wynberg en Rondebosch wonder ek wat seg die persoon nou…..KES het ook met ‘n goeie Waterkloof afgereken…….maar Affies, Monnas en Kloof (weer) le en wag, gaan interessant wees om te sien of hulle hul peil kan behou….
Sover vanjaar is KES, Kloof en SACS vir my die “verrassings”, terwyl Outeniqua, HTSM, en EG teleurstel met hul wisselvalligheid…Helpmekaar begin nou sy voete vind..oor BV praat ek nie eers nie, na goeie begin met maklike oorwinnings oor ondermeer Oos Moot, Jeppe, Kingswood….selfs ‘n kleiner nederlaag teen Waterkloof as wat Paul Roos gelei het, kan ek nog sluk, maar die wiele het nou heeltemal afgekom in laaste 3 wedstryde…..hoop maar hul kan hergoepeer.
Op hierdie stadium begin dit lyk na ‘n straight shootout tussen GCB en HJS vir nr 1 vanjaar…..mag die beste span wen!
@Ploegskaar: Gaan daai manne ander kant van Eversdal weg nuwe tuiste kry?
@Stier: Dit nou selfde Durbanville wat 2 Swartland o14’s oorgetrek het? Maar o weë as iemand met die o16 12 of 14 praat, dan is daar ‘n volslae gemoedsbekakking. Vergeet van Garsfontein, hier eet die PremB ouens sommer mekaar!
@HE: Ja, dalk een agter en een voor wat eers week of wat later sal terugwees, maar dit gaan anyway knor, ons manne speel maar poef daar in upper-Bellville
@Stier: Hulle het die laaste drie jaar goeie onder 14 groepe gehad, dus baie goeie o/14 tot o/16 spanne.
@Ploegskaar: Dus almal fiks en gesond teen 3 Junie…
@BrotherBear: No problems ! Ek het al agtergekom dat jy ook lief is om te “stir”
Ek wil net vir oulaas iets kwytraak oor junior/ouderdoms spanne. Dit is al oor en oor bewys dat goeie junior spanne nie noodwendig altyd opeindig in goeie 1ste spanne nie. Groei, ontwikkeling en goeie (of slegte) afrigting het n baie groot impak hier vanaf graad 9 se kant.n Goeie coach kan n gemiddelde span heelwat beter laat presteer, terwyl die omgekeerde natuurlik ook waar is.En sommige jong manne wat uitblinkers was, sak partykeer vir verskeie redes uit, terwyl ander, minder talentvolle manne weer, weens genoemde feite, en harde werk, weer mooi deurkom.
@HE: Ek het ook gehoor Durbanville is besig om groot dinge te doen. Ek weet hulle het ‘n goeie onder 14 groep maar diepte kan ‘n probleem word. Dalk moet hulle vir Garsies vra of hulle nie maar eerder die seuns hier in die Kaap kan los nie? Ons het baie skole wat ook kinders kan ontwikkel of hoe?
@HE: Paar niggles, sal so stuk stuk terug kom oor volgende 3 weke
@Ploegskaar:Ons hoop maar. Sien Boland het gister sonder n paar van hul blitse agterlngs gespeel…was hul beseer of net gerus?
@Kattes-Strofes: Ou Kattes-Strofes, jy weet mos ek gooi dit soos ek dit sien, sonder voorbehoud of vrees – no disrespect intended.
@Atlantic: @HE Hy moet asb nooit ‘n fluitjie of pypie blaas nie, sal beide altyd dop
@Atlantic: Dankie vir die mooi woorde ! Weet nie so mooi van die legend storie nie.Indien jy my so goed ken, sal jy weet dat ek beslis dit nie sou maak in die diplomatieke korps nie.Ek sê n ding soos ek dit sien en beleef. En ja! Ek is beslis ook nie altyd reg nie.Het oor die jare al baie mense ontstel, selfs van my Boishaai pelle, en naby familie, met my opmerkings.Ek is egter nou al te lelik en oud, en het genoeg sakke sout gevreet, om my te veel te steur aan fyn besnaarde mense.Ek probeer darem steeds om nie die jong manne wat aanjaag, uit te wys op n forum soos hiedie nie.
En ja ! Brakkies sal sukkel indien hulle beserings kry. Soos ek gesê het, Stellenberg beslis in die binnebaan.
@Ploegskaar: …..ons gun hom sy aftrede…
@Ploegskaar: Teer punt…moet dit toegee.
@Kattes-Strofes: Moet my asb nie verkeerd verstaan nie, is maar te bly as enige van die noordelike voorstede se skole hul stem dikmaak, maar tensy Brackenfell n baie goeie 2de span en o/16 span het is dit onwaarskynlik dat hulle n krag gaan wees volgende jaar. Durbanville ontwikkel die laaste 3 jaar hul rugby dieselfde as wat Stellenberg reeds die laaste 6 jaar doen en hul gaan die vrugte pluk. Ek gun Brackenfell alle krediet wat hul toekom, maar ek dink daar word te veel gelees in laasjaar se wen ( welverdiend soos dit was). Kom ons kyk maar hoe loop die jaar, nog baie moeilike games wat vir alby skole voorle.
@Atlantic: Gaan Hans weer die jaar by julle blaas?
@Kattes-Strofes: Kattes , jy is n Legend my vriend ….toevallig ken ons mekaar goed. Ek het oor die jare baie respek vir jou insigte opgebou en jy ken jou rugby op skole en klubvlak. Ons skuld Brakkies een , so ek moet versigtig wees wat ek se Ek voel net nie dat Brakkies diezelfde diepte as Stellies het nie ……
@AntonT: Durbanville het gister 41-17 teen Windhoek verloor by die Wynberg Festival…..Sien uit om jul oor 2 weke by ons te verwelkom en te onthaal….
@HE: Ek het net gevoel, dat in die lig van die feit dat n mede blogger genoem het dat die uitnodigings na Wildeklawer gaan blykbaar oor die top 20 skole op die ranglys, dat indien Brakkies weer vanjaar goed vaar, soos verlede jaar toe hulle vir Stellies geklop het om die “titel”, dat hulle dan mos ook n uitnodiging verdien. Die kwessie van junior spanne is mos nie hier ter sprake nie, of hoe ? Wie sê dat hulle nie ook n bietjie werwing gaan doen om gebreke aan te spreek vir die toekoms nie ?Ek het wel sulke sprake gehoor.
Ek was ook al n paar keer by Wildeklawer, en daar was maar altyd n span of twee wat maar gesukkel het.Meeste van die nie- tradisionele rugby skole sukkel om jaar na jaar n goeie span in die veld te stoot. So om in een jaar goed te vaar, beteken nie dat jy volgende jaar weer gaan stem dik maak nie
En die feit dat hulle vanjaar teen Outeniqua en naelskraaps teen Menlo verloor het, behoort nie teen hulle te tel nie. Stellies het ook nog nie vanjaar een van die groot skole hier plaaslik kon klop nie en die spanne by Wildeklawer (Eg Jansen en HTS Middelburg) vertoon maar bra wisselvallig vanjaar.
Wil darem byvoeg dat ek bly is vir Stellies en ook trots is op hul uitslae.Julle speel tans goeie rugby en begin beslis druk toepas op die groot bere. Ek ken toevallig die coaches baie goed, en het respek vir hulle.Die skool doen baie moeite vir hul rugby, en verdien dus beslis hul uitnodigings na die toernooie. My gevoel is net dat Brakkies ook sulke behandeling verdien, indien hulle kan voortbou op hul vertonings die afgelope jaar, of wat !
En wat betref die uitslae van Stellies en Brakkies teen Oudshoorn. Stellies het bitter ver gewen terwyl Brakkies naelskraps gewen by die Tony Stoops toernooi, wat ek bygewoon het. Maar…. Brakkies het met omtrent al sy reserwes gespeel en sy twee invloedryke slotte was besig met SA atletiek en WP loskakel was beseer. Die uitslae van die twee skole teen Menlo gee vir my meer n aanduiding oor die twee skole se krag, met Stellies op die stadium beslis in die binnebaan.
Ag no ways man, where is House?????? We beat Kearsney and Kearsney beat other teams on that list. Which makes us better than those teams. Therefore we should be ranked somewhere between Kearsney and Monnas.
@HE: Ou Kattes-Strofes is al bitter lank in die omtes en verstaan die uitsonderlike mag van die pen.
In any event, half of mankind’s decisions are based on perceptions, created by “others”. But what the hell, who does’nt like a challenge.
@Kattes-Strofes: Dis duidelik dat Brackenfell na aan jou hart is en ek is self bly dat hul 1st span tans goed doen. Ek dink egter nie hul bepalingslys kan vergelyk word met die van Stellenberg as dit by die sterk skole kom nie. Die vraag is natuurlik in wie se plek? Stellenberg het reeds sy staal gewys en ek dink dat Drostdy en Durbanville deur die ouderdomsgroepe heelwat sterker as Brackenfell is en n beter kans staan.
Durbanville het net net teen Welkom Gim verloor (33-30) en vir Swartland ‘n pak gegee. Ek sal hulle nie afskryf nie.
Brackenfell het 15-27 teen Outeniqua verloor en 29 – 31 teen Menlopark. Hulle kon vir Oudtshoorn net net klop (24 -21) terwyl Stellenberg Oudtshoorn geklop het (38- 0) Ek kan nie sien dat Brackenfell in die top 20 gaan bly nie.
verloor
@Kattes-Strofes: Ek het Durbanville die naweek sien speel en was maar teleurgesteld ….Stellenberg speel nog teen : Outeniqua , Grey , Rondebosch , Wynberg , Drostdy , Boland-Landbou …Ek was nie bewus dat Brackenfell teen Outeniqua en MenloPark gespeel het nie ……wat het Brakkies teen hulle gemaak ?
@Atlantic: Brackenfell speel darem ook vanjaar teen Hugenote van Wellington, wat gister met Rondebosch afgereken het. Dan hoor ek Durbanville het ook glad nie n vrot span nie. So hulle speel dus (uitsluitend vir Durbanville) drie “sterk” skole (Sacs, Hugenote en Stellenberg) teenoor Stellenberg se vier. Moet egter toegee. Julle het aanvanklik sterker teenstanders gehad, maar hulle het darem ook reeds teen Outeniqua, Menlo en Ben Vorster gespeel, wat nie te versmaai is nie.Indien hulle beseringsvry bly, kan hulle vorentoe miskien verras, soos verlede jaar.
@sewes: Stem saam met jou Sewes …..Ek voorspel ook dat Stellenberg die seisoen in top 15 sal afsluit ….speel nog teen HTS Drostdy ( 11 ) ,Boland-Landbou ( 13 ) , Rondebosch ( 17 ) en Brackenfell ( 18 ). ….. moeilik om te se hoe sterk Brackenfell ( 18 ) werklik is aangesien hul heel seisoen net teen 2 “sterk” spanne nl. SACS en Stellenberg gaan speel wat nogal n jammerte is……
@Rainier: praat jy……
@Smallies: Miskien moet ons ‘n Wolram petisie begin.
@Kattes-Strofes: geensins daai jong Abner het my nogals beindruk saterdag….
Daar is n klomp spanne wat nog net teen st nowhere en st elsewhere gespeel het.Kloof speel slegs nie teen drie van die huidige top tien nie.Volgens my is die top 15 op die oomblik nader aan die vlg.
1.grey
2.gim
3.hjs
4.paul roos
5.ahs
6.glenwood
7.monnas
8.helpmekaar
9.kes
10.waterkloof
11.sacs
12.boland
13.drostdy
14.oakdale
15.stelenberg
@Kattes-Strofes: Laaste sêding van my kant hieroor. n Kampioen bly die kampioen tot hy geklop word, of hoe ? Daar is nog baie water wat moet loop en n hele rits taai toffies wat op ons wag, maar terwyl die trein nog loop, sal ons maar die vure stook. En as die trein ontspoor, sal ons hom weer optel en aanhou probeer. Dit is mos hoe die ou lewe met n mens maak.
Lyk reg Grey weer bo en WP streek weer 9 skole in die top 23.
Niemand onderskat julle voor nie, maar dit is waar Boishaai julle sal moet stop as hulle wil wen. Solank daai backline nie goeie bal kry nie het ons ‘n kans.
@Smallies: Reg so ! Moet egter ook nie Boishaai se agterspelers onderskat nie ! Dit kan jou ook duuuuuuuuuuuuuuuur te staan kom….soos n paar ander spanne al gevoel het vanjaar.
@Kattes-Strofes: moenie grey se voories onderskat nie mnr dit kan jou duuuuuuuuuuur te staan kom….. Soos n paar spanne al gevoel het die jaar
Nou ja ! Rankings begin nou meer ware krag deurgee, en sal al meer soos die seisoen vorder. Die wedstryd tussen no.1 en no.2 oor twee weke gaan beslis n riller wees. Boishaai se hardwerkende voorries teen Grey se giftige “backs”. Watertand goed , sê ek !!
Dan ook bly om my ander span, Brackenfell (vir die 1ste keer glo ek sedert die ontstaan van rankings) onder die top 20 te sien. Welgedaan ! En as ek die manne wat die sê het moet glo, kan julle n uitnodiging na Wideklawer verwag, indien julle dit kan volhou.
Sien ook n hele paar nuwelinge (nie in ouderdom nie, maar wel in jare laas op rankings) in die nuutste lys.
Lyk vir my dat Drosdy het ook n goeie span vanjaar, na n paar maer jare.
Sien nie vir marlow nie….
Was dit hier wat die manne gese het dat skole soos Brackenfell nie selfde kwaliteit as van die privaat skole in Gauteng is nie?