Karootoernooi 2017

In Oudthoorn

SLOT DATE SCHOOL SCHOOL INFO
Sat.29Apr Ben Vorster 17 59 Brackenfell
Sat.29Apr Langenhoven Gim 12 71 Jim Fouche
Sat.29Apr Oudtshoorn 15 10 Worcester Gim
Sat.29Apr Marlow 29 24 Menlopark
Sat.29Apr Schoonspruit 22 17 De Kuilen
Sat.29Apr Nico Malan 22 55 Oos-Moot
Mon.01May Ben Vorster 10 52 Nico Malan
Mon.01May Brackenfell 29 31 Menlopark
Mon.01May Oudtshoorn 05 46 Marlow
Mon.01May Langenhoven Gim 27 26 Schoonspruit
Mon.01May De Kuilen 09 15 Jim Fouche
Mon.01May Worcester Gim 17 33 Oos-Moot

Leave a Reply

50 Comments

  1. avatar
    #50 oppimoot

    @STONEY: Dankie Stoney, ons het nie ‘n goeie begin gehad die seisoen nie (tellings wys dit). Daar is egter baie talent in die span om weer kompeterend te wees in die Virseker Beker vir Groot skole (skole met minder as 600 seuns). Ons liga by die Bulle begin amptelik die naweek, so ons sal hard werk om te verbeter op ons standaard. Sterkte vir almal.

    ReplyReply
    2 May, 2017 at 12:17
  2. avatar
    #49 Kattes-Strofes

    @AbsolutMenlo: Bly dat iemand anders ook n slag goeie kommentaar oor Brackenfell lewer.Hulle het weer n heel bruikbare span vanjaar, en ek glo dat hulle sal weer die span wees wat saam met Stellenberg dit sal uitspook om die WP se nie amptelike Eerste Liga titel. Nog beslis nie in die klas van die Wynland spanne nie, maar behoort hul man te kan staan teen die meeste van die Suidelike voorstede se Premier Liga spanne, met hier en daar selfs n oorwinning moontlik.

    Baie geluk met jul oorwinning. Menlo is beslis Absoluut n skool om mee rekening te hou in die toekoms. Ek het verlede jaar se Beeld eindstryde by Garsies gaan kyk, en was aangenaam verras met jul juniors.Heelwat talent wat gaan deurkom !

    ReplyReply
    2 May, 2017 at 11:52
  3. avatar
    #48 Rainier

    Was enigiemand by die toernooi?

    Indien wel kan ek bietjie terugvoer kry oor hoe die 13 van Marlow gespeel het?

    ReplyReply
    2 May, 2017 at 11:07
  4. avatar
    #47 STONEY

    Mooi wolramme. Super trots na die naweek. Oos Moot het baie goed gelyk.

    ReplyReply
    2 May, 2017 at 10:28
  5. avatar
    #46 AbsolutMenlo

    Baie geluk Menlo 31-29 wen teen ‘n baie goeie Brackenfell span! AbsolutTrots!

    @oppimoot: Baie geluk Oos-Moot welgedaan!

    ReplyReply
    1 May, 2017 at 13:13
  6. avatar
    #45 oppimoot

    Baie trots op die Blou Golf van Oos-Moot. 2 wenne deurgetrek. Veilig terugry manne

    ReplyReply
    1 May, 2017 at 12:34
  7. avatar
    #44 tzavosky

    Nico Malan 52-10 Ben Vorster.

    Die wiele is besig om deeglik af te kom…

    Welgedaan NM!

    ReplyReply
    1 May, 2017 at 12:10
  8. avatar
    #43 AbsolutMenlo

    @STONEY: … soos Saterdag reeds gemeld baie geluk met Marlow se wen.

    Nee wat moet jou nie aan “ek hoor” stories steur nie. Menlo het respek vir al hulle teenstanders en Saterdag was geen uitsondering nie.

    Sterkte aan al die spanne more! Go Menlo!!

    ReplyReply
    30 April, 2017 at 22:10
  9. avatar
    #42 beet

    @tzavosky: Thank you

    ReplyReply
    30 April, 2017 at 19:17
  10. avatar
    #41 STONEY

    Ja nee daar val n ou groote toe teen die wolramme gister. Menlo se ingesteldheid het hul gekos. Ek hoor hul het sommer uit die hoek op die veld in n bondel opgestap.

    Wel more vat die wolramme oudtshoorn. Ek weet die wolramme sal hul nie onderskat want wolramme respekteer hul teenstanders.

    ReplyReply
    30 April, 2017 at 18:59
  11. avatar
    #40 tzavosky

    @beet:

    A Field:

    Ben Vorster vs Nico Malan
    Oos-Moot vs Worcester Gim
    Menlopark vs Brackenfell
    Oudtshoorn vs Marlow

    B Field:

    Jim Fouche vs De Kuilen
    Schoonspruit vs Langenhoven Gim

    ReplyReply
    30 April, 2017 at 18:23
  12. avatar
    #39 beet

    If anyone has the official fixture list for tomorrow, please forward it.

    ReplyReply
    30 April, 2017 at 16:56
  13. avatar
    #38 beet

    @tzavosky: I got feedback that fitness was an issue for Nico Malan. That result and the Brackenfell one were huge surprises for sure.

    ReplyReply
    30 April, 2017 at 16:56
  14. avatar
    #37 tzavosky

    Sien ek reg, Oos-Moot het Nico Malan 55-22 gewen? Dis nogal ‘n verrassing, want BV het O-M vroeër die seisoen 34-8 geklop.

    Nogtans, well done O-M, Brackenfell en Marlow!

    ReplyReply
    29 April, 2017 at 16:49
  15. avatar
    #36 Smallies

    @AbsolutMenlo: ja nee daai plaas skooltjie aan die walle van die visrivier weet hoe om die pap sommer lekker dik aan te maak

    ReplyReply
    29 April, 2017 at 16:19
  16. avatar
    #35 AbsolutMenlo

    Klink my dit was ‘n riller tussen Menlo en Marlow. Wel gradaan Marlow met ‘n 29-24 wen!!

    ReplyReply
    29 April, 2017 at 15:59
  17. avatar
    #34 Kattes-Strofes

    @Vyfster: Dok ! Ek wou jou nou net teregwys oor die een elk storie.Nietemin,Brakkies het beslis n uitnodiging verdien na hierdie jaar se Wildeklawer. Ek vermoed egter dat hulle nie so sterk gaan wees die volgende twee plus jare nie. Beste plaaslike laerskool manne (wat gewoonlik baie talentvol is en altyd goed verteenwoordig word in die WP o/13 Cravenweek span) word maar oudergewoonte deur die bekende rugbyskole opge-eis, terwyl Stellenberg ook nou n bedreiging is met n aggresiewe werwings aksie. Ek bly steeds n “rustende” ondersteuner van jou span, wat so elke dan en wan, die groot honde stamp !

    ReplyReply
    29 April, 2017 at 14:03
  18. avatar
    #33 Vyfster

    Sorry, my mistake..sien die Brakkies het die Vossies 2 jaar terug ook geklop, dus is dit 2-1 vir hulle…..sover ek weet is hulle volgens getalle die heel grootste skool in die Wes Kaap….so ek sal my nie daaroor verknies nie, maar lyk my as hulle hul plaaslike talent kan behou, sal hul moeilik geklop word….hulle het laasjaar Stellenberg geklop, so as hul op die trant voortgaan speel hul binnekort Wildeklawer in Stellies se plek!
    BV het al op wildeklawer gespeel, en ek is nou nog vies vir die strafskop in beseringstyd wat Boland landbou oorgesit het om met 1 punt te wen (iets soos 18-17)…lol…anyway, sterkte aan al die spanne vir oorblywende wedstryde!

    ReplyReply
    29 April, 2017 at 13:14
  19. avatar
    #32 Vyfster

    @ Vleis : thanx , sal so maak….. ongelukkig is die meeste van my afrikaanse maters in Pretoria te arm vir St Albans..he he!
    Ongelukkig het die Brakkies ons vandag ‘n hewige loesing toegedien….dink 57-19….eina, ek kan nie ‘n groter nederlaag in my lewe onthou nie.
    Geluk Brackenfell, darem het ons julle laas jaar gewen, so dis 1-1, en sal dus vlge jaar weer moet speel., ek het verwag BV gaan verloor, maar wragtig nie so ver nie.

    Bewys net my (en Tzavosky) se teoriee, ek weet hulle sukkel altyd as hul vroeg in die oggend speel, lol .. dit was seker onder 20 grade toe hul 9 uur opdraf, en daar moes seker ‘n wind gewaai het …make no mistake, BV sou steeds verloor het later in die dag, maar darem met ‘n meer respektabele telling!

    ReplyReply
    29 April, 2017 at 12:57
  20. avatar
    #31 BuiteBreek

    @Bush: The Wors is strong in that one. :mrgreen:

    ReplyReply
    29 April, 2017 at 08:44
  21. avatar
    #30 Bush

    @Speartackle: Spear I will bring some more Wors from Grobbies it’s for all the expats, exblogger and for a special sister I’m in love with. It’s called “Kom Terug” it will unite us, it will make us one with the wors. It will make SBR strong again

    ReplyReply
    29 April, 2017 at 08:02
  22. avatar
    #29 Vleis

    @Vyfster: P.S. Good luck for tomorrow.

    ReplyReply
    28 April, 2017 at 22:57
  23. avatar
    #28 Vleis

    @Vyfster: LOL…we’ll take that as a compliment. That said, the afrikaans numbers are not as large as you would think. For example, last year, in the starting 1st team there were about three boys with afrikaans parents and one or two with one afrikaans parent and one english. With the new coach, I think that the non-white player numbers will increase, which is great…much like the fantastic work that you guys are doing at BV. I have a soft spot for BV, Dale, Queens, Jeppe, KES, etc. That said, please tell all your afrikaans mates who live in Pretoria to send their boys to St Albans. Dankie. :lol:

    ReplyReply
    28 April, 2017 at 21:36
  24. avatar
    #27 Vyfster

    Thanx…definitief groter challenge as Worcester Gim, hopenlik kan hul laas jaar se wen herhaal

    ReplyReply
    28 April, 2017 at 21:09
  25. avatar
    #26 tzavosky

    @Vyfster: Bevestiging gekry, Brackenfell more en NM Maandag.

    ReplyReply
    28 April, 2017 at 18:11
  26. avatar
    #25 Vyfster

    @Vleis: lol..ja, BV het gelykop teen St Albans gespeel….maar ons sien St Albans nie as ‘n volledige ‘soutie’ skool nie….ek het so 3 (ryk) pelle in Pta wat seuns in St Albans het of gehad het…so ek dink daar is ‘n redelike persentasie Afrikaanse outjies daar

    Wat is regte program? Volgens ander page speel BV op d1 teen Brackenfell (soos laasjaar) en d2 teen Nico Malan….terwyl hierbo hulle teen NM en dan teen Worcester Gim speel? Ons kon die Brakke darem laasjaar tem, maar dit sal definitief moeiliker wees vanjaar as program dalk verander het

    Sterkte vir ons netbal dogters ook wat by Wildeklawer speel!

    ReplyReply
    28 April, 2017 at 17:35
  27. avatar
    #24 Speartackle

    Hoop daar is lekker Karoo wors om te braai

    ReplyReply
    28 April, 2017 at 16:13
  28. avatar
    #23 Kattes-Strofes

    Hou gerus maar vir Brackenfell ook dop. Verlede seisoen die top span in die liga net onder die WP se Premierliga, nadat hulle o.a. vir Tygerberg en Stellenberg geklop het. Laasgenoemde bestaan mos uit die 4 Wynland skole (insluitend Boland Lanbou) en die 4 Engelse skole, Bishops, SACS, Wynberg en Rondebosch.Die Brakkies het vanjaar weer n heel bruikbare pak voorspelers en agterlangs is daar n paar gevaar manne , wat die Cravenweek heelagter/loskakel Quan Eymann insluit.

    ReplyReply
    28 April, 2017 at 15:05
  29. avatar
    #22 AbsolutMenlo

    @oppimoot: Verseker! Sterkte aan julle manne! Ons en julle sal maar Pretoria se naam moet hoog hou. :mrgreen:

    ReplyReply
    28 April, 2017 at 12:42
  30. avatar
    #21 Vleis

    @Vyfster: BV hou daarvan om teen groot Engelse seunskole te speel, maar hulle sukkel a bietjie teen die klein ‘soutie’ skole soos St Alban’s. :lol: :wink:

    ReplyReply
    28 April, 2017 at 12:29
  31. avatar
    #20 oppimoot

    @AbsolutMenlo: Dink julle manne nie ook dat dit lekker sou wees indien die wedstryde ook iewers “gestream” kon wees nie. Hierdie is self vreemde waters vir ons Oos-Mooters. sien wel uit na die geleendheid om te leer en iets nuuts te ervaar.

    ReplyReply
    28 April, 2017 at 12:19
  32. avatar
    #19 AbsolutMenlo

    @STONEY: Hierdie is ‘n moeilike een om te call, bykans al die spannee speel nie gereeld teen mekaar nie en na my mening een van die redes wat die toernooi baie interessant gaan maak. Ek dink Menlo en Marlow het 2013 by KES teen mekaar gespeel met Menlo wat ‘n BAIE harde wedstryd net net kon deur trek. Sterkte aan al die spanne! Go Menlo!!!

    ReplyReply
    28 April, 2017 at 08:11
  33. avatar
    #18 tzavosky

    @Vyfster: Hier is die resep om BV te klop: reël ‘n koel dag (onder 20 grade) met ‘n redelike wind – Tzaneeners ken nie wind nie en dit maak hulle moerse senuweeagtig! Moenie teen hulle speel as die temperatuur oor 30 grade gaan en die humiditeit oor 60% is nie, veral nie met swart truie aan nie.

    Daar is ‘n ander manier ook om hulle te wen, maar ek sal te veel verklap as ek dit sê. En daar is ‘n manier om teen hulle te speel wat jou ‘n verloor sal waarborg, maar dit sal ek ook nie sê nie!

    ReplyReply
    25 April, 2017 at 23:34
  34. avatar
    #17 Vyfster

    @Tzavosky@Stoney:Goeie storie oor Gainsford!
    Marlow/Menlo gaan taai en close game wees, sal nie verrassing wees as Marlow wen nie….hul het immers Eldoraigne gewen by KES en vroeer gelykop teen Grey PE gespeel, maar miskien is Menlo net net gunsteling…..maar hard sal dit wel wees!
    Ben Vorster sal baie goed moet speel om Nico Malan te klop, so ek is ook nie gerus oor die vossies nie….NM se uitslae vanjaar baie insiggewend ….5 uit 6 gewen….net een wedstryd teen Kearsney met 1 punt verloor (29-30)
    As in ag geneem word dat Kearsney op hul Oos kaap toer vir einste Marlow (23-7) en Framesby (23-0) oenskynlik gemaklik geklop het maar gebars het teen NM, mag NM dalk baie sterker vanjaar wees as wat mense dink.
    Gaan 2 baie interessante games wees, dink ek….hoop maar BV kan dit deurtrek.

    Daar is 2 dinge van BV wat ek weet….hulle hou daarvan om teen groot Engelse seunskole te speel, en verloor nie maklik teen die ‘souties’ nie laasjaar Kes, St Davids en Jeppe op ‘n streep gewen, maar tussendeur teen Marlow verloor.
    Vanjaar Kingswood en Jeppe op Kes gewen, maar teen Waterkloof verloor….en onverklaarbaar teen Centurion in hul laaste wedstryd verloor.

    Dan sukkel hul altyd as hul vroeg in oggend moet speel, geen idee hoekom nie…laasjaar by Kes dag 1 hoofwedstryd teen Kes gewen, toe die 1ste wedstryd van dag 2 teen Marlow verloor, dag 3 later gespeel en weer gewen…so kan ek baie vbe noem
    Lyk my hulle speel al 2 dae vroeg, so ek hoop maar nie patroon herhaal homself nie.
    Hulle het laasjaar goed gedoen op Oudsthoorn deur Brackenfell en Voortrekker Bethlehem te wen…..so go Vossies!

    Sterkte aan al die ander spanne ook, ek hoop julle geniet dit baie!

    ReplyReply
    25 April, 2017 at 22:42
  35. avatar
    #16 tzavosky

    @STONEY: Jong, daai klomp van julle is ‘n moeilike lot en is altyd in met ‘n kans, soos wat BV verlede jaar op die 2de dag by KES agtergekom het. Ek is ook nie gerus oor BV teen NicoM nie.

    ReplyReply
    25 April, 2017 at 21:56
  36. avatar
    #15 STONEY

    @STONEY: Dit gaan n harde game wees.

    ReplyReply
    25 April, 2017 at 21:22
  37. avatar
    #14 STONEY

    @tzavosky: Stem maar hoop Marlow verras teen Menlo.

    ReplyReply
    25 April, 2017 at 21:21
  38. avatar
    #13 tzavosky

    @STONEY: Ek sal die aas vat:

    Sa:
    BV(w) vs NMal
    DeK(w) w SSpr
    OM(w) w WorcG
    LangG v JimF(w)
    MPark(w) v Marl
    Oudts v Bfel(w)

    Ma:
    BV(w) v WorcG
    OM v NMal(w)
    MPark(w) v Bfel
    Oudts v Marl(w)
    JimF(w) v SSpr
    DeK(w) v LangG

    Natuurlik, hoe die manne pelle maak en kuier oor die naweek, kan ‘n groot verskil maak aan uitslae!

    ReplyReply
    25 April, 2017 at 21:10
  39. avatar
    #12 STONEY

    Wie gaan braaf wees en voorspellings waag?

    ReplyReply
    25 April, 2017 at 17:49
  40. avatar
    #11 Murrayfield

    Dit is n weereens n bewys dat daar soveel rugbytalent is in SA! Sterkte vir di spanne wat deelneem! Go Menlo!!

    ReplyReply
    25 April, 2017 at 06:41
  41. avatar
    #10 tzavosky

    @Speartackle: Kom nou Spear, gras is nie op Vrede uitgevind nie! Was jy al op Barrydale?

    ReplyReply
    24 April, 2017 at 23:27
  42. avatar
    #9 tzavosky

    @Vyfster: Nee, hy was ‘n bietjie voor my tyd (‘n klein bietjie!). Maar op Barrydale was daar die Snymans, 12 kinders, rof. Een van hulle was Sakkie, omtrent 10 jaar ouer as ek en bevriend met ‘n ouer broer van my. Naweke het hulle van die stad af gekom om vir Barrydale te speel, ek was in die hoërskool en het ook vir die dorpspan gespeel.

    Nou Sakkie was die ou wat teen Gainsford gespeel het, wat terloops ‘n moerse gentleman was, soos die storie sal getuig. Sakkie sê met die eerste bal wat hy kry, trap hy binnetoe af, verby Gf en score onder die pale. “You are good, kid,” sê Gf.

    Toe kry Gf die bal en Sakkie gelyk en hy têkkel hom plat. “You’re really good!” Volgende bal klop Sakkie hom aan die buitekant en score weer. You’re really, really good.”

    Daarna sê hy is Gf bo-oor, links, regs en weerskante van hom verby en was hy nie weer in die game nie!

    ReplyReply
    24 April, 2017 at 23:25
  43. avatar
    #8 Speartackle

    @tzavosky: Het julle darem op gras gespeel?

    ReplyReply
    24 April, 2017 at 22:03
  44. avatar
    #7 Vyfster

    @Tzavosky: He he…was dit jy?…en kon jy Gainsford darem getackle kry?

    ReplyReply
    24 April, 2017 at 21:51
  45. avatar
    #6 tzavosky

    @Speartackle: ‘n Stukkie nuttelose inligting. Toe die wêreld nog jonk was het BW onder WP geval. John Gainsford en Keith Oxley het op BW gaan werk as agente vir ‘n groot vleismaatskappy, toe word die unie-grense verander sodat BW onder SWD val – oornag het SWD twee Springbokke gehad.

    Ek ken ‘n nice storie van ‘n Barrydale skoollaaitie wat vir die dorpspan teen BW gaan speel het met Gainsford sy direkte opponent.

    ReplyReply
    24 April, 2017 at 16:52
  46. avatar
    #5 STONEY

    In Oudtshoorn.

    ReplyReply
    24 April, 2017 at 15:49
  47. avatar
    #4 Speartackle

    Toe ek nog n Boland Nomad was het ons elke jaar n Karootoernooi teen OVS Nomads in Beaufort Wes gespeel

    Daar het mens dors geword…..die oorspronlike Karoo…..Trueman Prince vallei

    ReplyReply
    24 April, 2017 at 15:30
  48. avatar
    #3 Kattes-Strofes

    Where does this tournament take place ? I think it is at Oudshoorn, but can someone please confirm. Never the less! A number of good match ups, and some usefull sides in the line-up.

    ReplyReply
    24 April, 2017 at 15:19
  49. avatar
    #2 STONEY

    @CharlesZA: Almal speel 2 games volgens die program. Menlo en BV gaan moeilik geklop word. Menlo se rugby mooi opgetel.

    ReplyReply
    24 April, 2017 at 11:50
  50. avatar
    #1 CharlesZA

    Ben Vorster and Nico Malan only 1 game?

    ReplyReply
    24 April, 2017 at 08:59