DATE | SCHOOL | SCHOOL | EVENT | ||
---|---|---|---|---|---|
Sat.11Mar | Diamantveld | – | – | Affies | |
Sat.18Mar | Helpmekaar | – | – | Affies | |
Sat.25Mar | Paarl Gim | – | – | Affies | |
Thu.13Apr | Affies | – | – | Hilton | St John’s ERF |
Sat.15Apr | Affies | – | – | Florida | St John’s ERF |
Mon.17Apr | HJS Paarl BH | – | – | Affies | St John’s ERF |
Sat.29Apr | Affies | – | – | Paul Roos | Wildeklawer |
Mon.01May | Affies | – | – | Outeniqua | Wildeklawer |
Sat.06May | Grey College | – | – | Affies | |
Sat.13May | Affies | – | – | KES | |
Sat.20May | Affies | – | – | Westville | |
Sat.27May | Affies | – | – | Jeppe | |
Sat.03Jun | Affies | – | – | Waterkloof | |
Sat.29Jul | Affies | – | – | Maritzburg College | |
Sat.12Aug | Affies | – | – | Pretoria BH |
@Andre T: Hi Andre…senter met die meeste flair wat ek nog gesien het.
@4×4: Was Willie van Oudshoorn in daai 84 Gimmie span?
@JPS_10: Eerste keer wat my seun Dr Kelbrick besoek het was ek so 10 minute onder kruisverhoor geplaas om die 1984 span te bespreek. Wat my opgeval het was dat Dr Kelbrick nog elke Gimmie speler by naam kon onthou. Ek vermoed dat daai skyn drie ‘n swenk, systap en swaeltjie duik ingesluit het?
Dr Kelbrick se liefdie vir die sport en Affie Rugby blyk geen grense te hê nie!
@4×4:
Ek dink nie jy gaan veel wys word uit die video van die 1984 halfeind tussen Affies en Potch Gim. oor oor die tydsduur van beseringstyd nie.
Wat jy wel sal sien is dat Henry Kelbrick die huidige spandokter van Affies se 1e span die aanloop tot die drie begin het en ‘n skyn drie gedruk het van vreugde na Mark Minnaar in die hoek gedruk het.
Die skeidsregter was van O.Tvl.
@Bere007: Onthou. Garsies is ook ‘n dubbel meduim skool. Hulle praat Afrikaans sowel as capie ( dialek van afrikaans). En die enigste rede hoekom Affies Ingelse skole speel is om hulle bloot te stel aan ons afrikaanse kultuur.
@Laevelder: Uitstekend!
@Cappie: … ons kon darm in 89 vir Affies in die semi’s wen.. het ook vir Paul Roos kon klop in 89
@Cappie:
jipp dit was 14-20 Daai 88 team van ons was beter as die een wat in 89 in die finaal verloor het.. volgens my..
@4×4: Ek weet Lichtenburg het Affies in 1988 in die semifinaal van die Direkteurstrofee getroef en het daarna teen Hans Merensky in die finaal gewen. Ek dink die kwarteindstryd van Lichtenburg was hoeka teen Nelspruit gewees.
@LAEVELDER: Potch Gim sal volgende jaar weer op die map wees. Ek wag nog juis vir ‘n video van ‘n pel waar Potch Gim se 1984 dream team amper Affies in die semi finaal van die Direkteurs Trofee geklop het……ons is nog nie seker of Affies in die 9de of 11de minuut in beserings tyd die wenpunte aangeteken het nie. Ek sal finaliteit kry as die video onder oe neem.
@4×4: hoop maar jy bedoel teen Potch Gimmies.. nee joke net..altyd n voorreg om Affies te jol ..veral na n loesing
@Andre T: Jy bang. Nou is ek te bang om te vra waarvoor jy bang is. Nou sal ons maar saam bang wees.
@LAEVELDER: Daar is ‘n game oop op 5 Augustus 2017….Ons sal julle natuurlik met ope arms verwelkom!!
@Hooit: Mense het my nou bang gepraat
@Andre T: Dit blyk my dit is nie meer n gerug nie maar n feit.
@Valkie: Ek sal maar op genoeg koue drankies en tjops beslag lê by Wildeklawer. Glo die dreamteam naam sal baie gebruik word daar.
Ek ook gehoor hy is op die skool terrein opgemerk so gaan niks bevestig totdat daar amptelike nuus is nie. As mens al die gerugte nou hoor tussen die seuns en pappas in Monnas behoort daar darem so 5 huidige Monnas seuns in die 1ste span te speel met al die nuwe manne wat oppad is volgende jaar. Kort nog een van FS en Kaap dan kan hul ons sommer die SA skole span noem. Maar soos ek sê als gerugte so sal maar sien wat realiseer.
@Andre T: Mag miskien die werwer gewees,maar hy het Helpies seker 5 Grootskool Bekers gekos in 7/8 jaar in Beeld.Kan nie n krokodil leer byt ni
@Valkie: Blykbaar!
@Riempies: @Andre T: Ek het gehoor en gedink …..dis al…..o en bevestig (is dit skinder?) …..
@BoishaaiPa: OOOO!!! Sien daar het julle my alweer in die K.K!!
Pleit glad nie onskuldig nie. Bly om te sien jy nog hier Pa! Jou kuite al afgeblaas. Sien daar nou n paar manne wat soos jy se kakstories verkondig.
@Andre T: Jong weet nie mooi waar om weg te kruip nie.
Om die woord gerug te gebruik is maar net so goed soos om te skinder..Kry eers die feite op die tafel voor daar “gerugte” versprei word want as jy kakstories loop en rondvertel moet nie daarna onskuldig pleit as jy aangevat word nie!
@Riempies: Is jy nog nie omsingel deur n paar Old Boys nie. Jy moet pasop hulle het hoofkwartiere in JHB, Pretoria, Londen, Sydney en in Nepal
@Valkie: Isn’t he part of Menlo Park’s ” Maatskappy” ?
@Valkie: Julle manne moet pasop oor gerugte. My kop amper afgebyt laas toe ek iets oor gerugte gese het.
@Andre T: Ek het ook daardie gerug gehoor. Dit kan nie goed wees vir so ‘n persoon om so baie van werk te verander nie. Later begin ‘n ou se CV soos ‘n slagveld lyk en niemand wil aan hom vat nie.
@Hooit: @Riempies: Lyk of Affies tevrede is met hulle program vir volgende jaar. Blykbaar is al die skole nie so gelukkig nie.
Hooit, gelukkig het ek nie daai woord van jou gebruik vir Helpmekaar se span nie……so ek gee die vuur en rooster …… daar sal natuurlik ook ys en broodjie wees…….
Is die *gerug” nou waar dat Helpmekaar se Dream Team werwer Monnas toe gaan?
@Hooit:
@Riempies: Ja Nee. Ek braai volgende jaar heeljaar op ander se onkoste. Ek was net op n koue een maar sien Helpmekaar heg meer waarde aan die Dreamteam. Hulle gee tjops ook.
@Ploegskaar: Verlede het geen impak op 2017 se resultate nie.
@Ploegskaar: Dankie, lyk soos Boland se wegtrui. Nooit! Junior uitslae is baie relevant!
Julle almal skuld Hooit n bier en n tjoppie vir die misbruik en oor gebruik van die term “Dream Team” .
Sterkte aan Affies dit is n rugby skedule wat baie skole hul voortande voor sal gee!!
@Ploegskaar: Lyk my elke skool het volgende jaar n Dream Team behalwe Monnas. Soos Hooit noem wonder ek hoeveel flanke en stutte volgende jaar gaan senter speel veral as ek hoor n agterlynafrigter gaan die forwards afrig. Hoop daai forwards gaan mooi lyne hardloop met fopsker bewegings en so paar up and unders ook
@Cappie:
Ek hoor jou en kan dit in n mate verstaan.Sal nogsteeds eerder die Tuks en Beeld opsie verkies as ek jul was.Sou Tuks en Beeld/virseker speel, Wildeklawer,en 3 Derbys n jaar. Een elke jaar teen Grey,een teen Paarl (een jaar Gim een jaar Boishaai) en dan die jaarlikse derby om die souties in plek te hou (een jaar Glenwood ander jaar Westville).Dit sal beteken so 18/19 per jaar wat bietjie meer is as jul 15 nou.. maar nogsteeds minder as Monnas se gemiddeld van 22/23.En dis eintlik lekker om meer as een keer teen n aartsvyand te staan te kom.. gee kans vir bordjies verhang of n back to back wen(of verloor). Ek dink nogsteeds Affies sal oor die lantermyn nogsteeds die span wees wat hul name die meeste sal grafeer op die bekers..miskien nie meer so gereeld soos in die verlede nie.. maar nogsteeds baie prominent..n 10 jaar periode mag dalk so lyk op die beker.. Affies, EG Jansen, HTS Middelburg,Garsfontein,Affies,Monnas,Garsfontein ,Affies,Nellies,Monnas…..Maar wie weet eintlik.. vandag se Naspers,Anglo,BHP Billiton mag dalk anderste daaruit sien oor 10/15 jaar? Hoop regtig nie skole rugby gaan die pad volg van ons nasionale span nie…Kom ons bly maar positief en skrum saam ten gunste van sterk en vry van politieke inmenging (ten minste op plaaslike skoolvlak.. provinsiaal klaar te laat).. Sien uit na volgende jaar
@Ploegskaar: Rekords is in die verlede. Dit bepaal nie die toekoms nie
@Bere007: Dit is volgens my hartseer dat Affies tot in die Kaap moet vlieg om 22 games te kry, ek vermoed dit is die rede hoekom hul nie teen hul “Afrikaanse” bure speel nie?
@Cappie: Rugby, hokkie en landloop was genoem in ‘n vorige artikel. Ek glo alle spanne sal deelneem- ek dink dit is belangrik om die tipiese derby-dag atmosfeer te skep!
@Andre T: Jou maatjies is seker dan nie van die Weskaap nie, want daar is nie een ster of naamspeler volgende jaar nie. Daar is ook, soos gewoonlik, geen verwagtinge nie, juis nog minder vir 2017, want HJS se droomspan en die magtige Gimnasium masjien wag
@Hooit: Rekord lees speel 5, wen 1, verloor 4, so 50/50 storie gaan nie lekker werk nie. Daardie underdog status werk ook mooi met julle Noordvaal bure, maar as jy Boland speel, is jy altyd die oorweldigende gunsteling, geniet die druk
@Die Ken: Mooi trui, jou amper nie herKen nie. Jy moet darem byvoeg, dat Monnas se o17/18 groep, danksy ‘n tydige migrasie van oos na wes, so bietjie anders daarna uitsien. So junior uitslae is irrelevant
Skies ek wou eintlik hier post maar gisteraand was rof.
Wat ek wou sê een van my ander gunsteling spannetjies, Boland Landbou, het volgens my Kaapse maatjies ook n sogenaamde Dream Team volgende jaar.
Groot verwagtinge om as nr 1 in die Paarl te eindig wat ek wel glo hulle kan as beserings hul met rus laat.
@Ploegskaar: O ja en jy skuld my nou ook n koue een. Kopiereg!
@Ploegskaar: Spoed in die agterlyn kan ek bevestig sodra ons weet watter flank volgende jaar senter speel.
@Ploegskaar: Jy het dan gelees Riempies skryf ek mik te hoog vir posisie nommer 2. Ek glo darem nie die span gaan Monnas in die skande steek nie maar gaan virseker hard moet werk vir elke wen. Glo Wildeklawer se 2 games is 50/50. Gelukkig het julle al stutte en slotte so jul is dan gunsteling sover. Ons soek nog. Laat weet jou sodra ons hul kry dan is dit weer 50/50.
@Bere007: as hulle hul naam verander gaan jy dan ophou moan……..
@Ploegskaar: Nou pra jy lekker stront! En gebaseer op die junior vertonings van vlg jaar se 0/18s, gaan Monnas ‘n 2012 herlewe. @Hooit: Boland gaan n helse pak innie veld stoot met spoed agter.
Mooi man …. Kry Affies wedstryde vir 22 spanne teen elke ander span ? .. Die groot grap is die helfte van die wedstryde is teen Engelse skole want hulle trek mos hulle neuse op vir hulle Afrikaanse buurskole reg langsaan…maar hulle noem hulle self Afrikaans Hoer Seuns… Dalk tyd vir n naamsverandering na 100 jaar ?
@Hooit: Ek verneem Monnas het self ‘n Dreamteam bymekaargetrek wat almal gaan verpletter. Is vertroulik ingelig Monnas gaan Boland se maer stutte, klein slotte en stadige agterlyn by Wildeklawer verwoes, die wen is gegewe en reserwes sal glo begin
@Skoorsteen: Soos die Helpie manne praat het ek kopiereg op die Dreamteam naam so jy skuld my nou n koue een vir die gebruik daarvan.???
Dink Affies gaan reeds in hulle 2 de wedstryd ‘n moontlike problem teen die dream team hê
@Gimoldboy: Ek is nog nie seker nie, maar klink my hulle vlieg wel af. Ek weet ook nie presies hoeveel gaan deelneem en in watter sporte nie. Kan ook nie wag om te hoor nie.
@LAEVELDER: Ek dink die derbies werk baie goed vir hulle. Affies neem deel aan 10 derbies, vyf weg en vyf tuis waar al die moontlike spanne in al die moontlike kategorieë teen mekaar meeding. Maksimum deelname vir almal.
Ek dink hulle kan dit oorweeg om twee keer ‘n jaar teen Grey te speel, wat die beste uit beide skole haal.
Nege van die 15 wedstryde is teen ander seunskole, alhowel nie altyd in derbies nie. Slegs ses teen co-ed skole.
Met beker wedstryde kan twee skole tot vier keer teen mekaar speel in ‘n seisoen. Ek verstout my om te sê, maar ek dink Garsies het byvoorbeeld drie keer teen EGJ, twee keer teen Monnas en twee keer teen Menlo gespeel.
Nog ‘n waarneming in die skedule is dat Affies ses van hulle wedstryde teen Engelse seunskole speel.
@Cappie: Ons het nie veel van n keuse hieronder nie..jul dalk..as jul vir Bekers weer wil speel ..dalk sal dit die Gauteng games meer maak of hoe
@LAEVELDER: Onthou jy het altyd genoem van al die wegwedstryde wat Nellies het. Affies se 10de wedstryd teen Kes is hul eerste tuiswedstryd. Daarna het hulle nog 4 tuis teen Westville, Jeppe, Waterkloof en teen ddie manne oorkant die spoorlyn. Die wedstryd teen Maritzburg is ook weg. Hulle gaan dus lekker toer hierdie jaar.
Kimberley
Joburg
Paarl
Joburg (x3)
Kimerley (x2)
Bloemfontein
en later
Pietermaritzburg
@Cappie:
Stem saam jou oor die 5 moeilike games..volgens my : Helpies, Gim,Boishaai,Paul R & Grey. Outeniqua sal ook kompeterend wees en Hilton kan ook moeilik raak volgende jaar..van 13 Mei behoort dit gemakliker te gaan.. maar nie een van die laaste 6 kan onderskat word nie.. en veral nie Kloof nie..hul lig hul game altyd teen Affies. Sterkte vir julle!
@Cappie: Al enige info van Pretoria oor hoe die logistiek gaan werk agter die Affies-Gim derby? Kinderlik opgewonde om die manne van Pretoria in die regte kant ( ) van die Paarl te verwelkom.
Ek is bly om te sien die bestes vat die bestes die seisoen aan. Ongeag van wie bo aan die ranglyste eindig kom Augustus 2017 se einde sal dit wel, sonder enige twyfel, verdien.
Ek merk ook op Affies speel teen nr 1, 2, 3, 5 en 6 van die top 50 rankings oor die afgelope vyf jaar. Hulle self is nr 4, dus speel hulle die ander top 5.
Vyf baie taai wedstryde daar wat moelik gewen gaan word deur Affies. Besluit maar self watter vyf dit is.