Submitted by Oakdale:
PAUL ROOS BUIG DIE KNIE VOOR OAKDALE
Dit was tydens die tradisionele Akkerfees op Riversdal dat Paul Roos met 25 rugbyspanne aan ʼn besige sportdag teen die Hoër Landbouskool Oakdale deelgeneem het.
Die eerstespan wedstryd het aan alle verwagtinge van ʼn opwindende en aanskoulike o.19 skolewedstryd voldoen en was Paul Roos eerste op die telbord gevolg deur Darren Adonis, Oakdale se heelagter, met ʼn strafskop.
Gedurende die eerste helfte het Oakdale twee strafskoppe aangeteken deur Darren Adonis terwyl Paul Roos twee keer agter die doellyn gaan kuier deur onderskeidelik, Johan Joubert no. 7 flank en Hanré du Toit, flank verdoel deur Joshua Vermeulen die heelagter. Damian Willemse, losskakel het ook met ʼn strafskop; geslaag.
Na die halftyd telling 15-6 in die guns van Paul Roos het Oakdale vroeg in die tweede helfte teruggeslaan met loskopvoorry Dian Bleuler se drie wat verdoel is deur die heelagter Darren Adonis. ʼn Drie deur Tiaan Coetzee, skrumskakel van Paul Roos het na tien minute die telbord laat aanskuif na 20-13 vir Paul Roos.
ʼn Vinnige drie deur die vleuel Zinedine Booysen en verdoel deur Darren Adonis het die telling op ʼn mespunt gebalanseer op 20 elk.
Adonis het ʼn strafskop deur die pale gehaag om die wedstryd met 23-10 in Oakdale se guns te maak.
Dit was veral ʼn begeesterde Oakdale-span wat in die tweede helfte die tempo verhoog het en die meeste op die aanval was. Vir Paul Roos het die slot Ben-Jason Dixon sake moeilik gemaak in die lynstaan. Oakdale se beste spelers op die dag was Dian Bleuler, loskopstut, wat ʼn barshou in die vastelos gespeel het en Nicolus van Eeden, buitesenter, wat die Paul Roosers aan die raai gehou het.
Die tellings op die dag.
o.14A: 5-41 (Paul Roos)
o.14B: 8-35 (Paul Roos)
o.14C: 5-42 (Paul Roos)
o.14D: 22-26 (Paul Roos)
o.14E: 5-35 (Paul Roos)
o.15A: 12-18 (Paul Roos)
o.15B: 0-32 (Paul Roos)
o.15C: 5-50 (Paul Roos)
Oakdale o.15D vs Paul Roos o.15E: 14-29 (Paul Roos)
o.16A: 10-46 (Paul Roos)
o.16B: 0-17 (Paul Roos)
o.16C: 3-28 (Paul Roos)
Oakdale o.16D vs Paul Roos o.16E: 8-52 (Paul Roos)
o.19A: 23-20 (Oakdale)
o.19B: 17-27 (Paul Roos)
o.19C: 6-5 (Oakdale)
o.19D: 7-57 (Paul Roos)
o.19E: 5-32 (Paul Roos)
PUNTEMAKERS O.19A
HOËR LANDBOUSKOOL OAKDALE: (6) 23
Drieë: Dian Bleuler (1) en Zinedine Booysen (11).
Doelskoppe: Darren Adonis (15) x 2.
Strafskoppe: Darren Adonis (15) x 3.
PAUL ROOS GIMNASIUM: (15)20
Drieë: Hanré du Toit (6), Johan Joubert (7) en Tiaan Coetzee (9).
Doelskoppe: Joshua Vermeulen (15).
Strafskoppe: Damian Willemse (10).
Bae geluk Bulle! Dankie aan Paul Roos vir die kans om teen so ‘n spog skool te speel. Sterkte met die res van die seisoen en ek hoop jullie klop weer vir Grey Kollege die jaar.
@Oakdale supporter: Geluk aan julle en sterkte met die seisoen vorentoe.
oor skeidsregters is my meining dat die spelers moet aanpas. Jou hoor min wat die ref blameer as sy span gewen het en as jy verloor en kla oor n ref dan smaak dit soos suur druiwe.
Dit wat jy noem oor die 2de span klink goed. Maak nie saak hoe tegnies hy blaas nie, solank hy net konstant bly.
Ek het ‘n vraag wat niks met die topic te doen het nie maar wat my my ontstaan het by een van Saterdag se wedstryde op Oakdale, so ek vra hier vir opinies van mense wat dalk self skeidsregter is of meer evaring hieroor het as ek.
By Saterdag se 2e Span game tussen Oakdale en Paul Roos het die skeidsregter volgens my die game heeltemal dood geblaas. Ek sê nie hy het iets verkeerd gedoen nie, inteendeel ek dink hy was net te tegnies. Hordes lynstane is as skeef geblaas, flat passes almal as vorentoe en hoeveel skrums as onder voete gegooi.
Dit is albei kante toe, so niemand is bevoordeel, maar die game kon net nie aan die gang kom.
My vraag is hoe buigbaar kan ‘n ref wees.(As dit die regte woord is) om die vloei van ‘n wedstryd aan te help.
Eerstens wil ek vir Paul Roos dankie sê vir die wyse waarop die dag se rugby gespeel en ondersteun is.
Dan baie geluk aan die Oakdale eerste span. Ek het die oggend met ‘n paar van julle gesels en ek kon net aanvoel dat julle glo julle gaan die een deurtrek. Dit was op 1 na die enigste wen van die dag, maar beslis die belangrikste.
Dit was egter alles behalwe maklik. Paul Roos was ongelukkig om 2 losskakels aan beserings te verloor en met die telling op 20-20 het hulle ‘n haalbare strafskop gekry maar kantlyn toe gegaan. In my opinie was dit die stukkie geluk wat Oakdale nodig gehad het toe die bal agter die hoekvlag uitgeskop is. PR se lynstane was baie goed op die dag en dit sou ‘n gevaarlike situasie vir Oakdale gewees het as daar ‘n lynstaan naby die doellyn was.
Maar ‘n wen oor een van die wynland 4 op Oakdale is net soveel werd as enige beker.
Baie geluk ook aan al die spelers wat deel is van die SWD Craven week en Akedemie week spanne. Julle verdien dit.