61 Comments

  1. Sterkte aan al die manne wat die Bloubulle hier gaan verteenwoording. Hou maar die 2 Affiemanne – Ruan de Swardt (losskakel) en Divan Henning (skrummie) dop. Kookwater skakelpaar wat daai agterlyn van hulle keer na keer gaan wegstuur. Geniet dit manne – speel die game wat julle daar gekry het en geniet elke oomblik

    ReplyReply
  2. Mos gesê die Affiemanne gaan goed doen en kan maar dopgehou word!

    Bulle wen 52-24 Sharks.
    Ruan de Swardt (losskakel) teken 29 van 52 punte aan en Divan Henning (Skrummie) aangewys as man of the match

    #affietrots

    ReplyReply
  3. Regstelling. Ruan de Swardt het 32 van sy span se punte aangeteken. Hy het onder andere ‘n drie gedruk en ‘n skepskop oorgesit. #pureklas

    ReplyReply
  4. @AffieOuer: Mooi Divan en Ruan.
    Ook geluk aan die 9 Garsies in die groep wat die 2 Affiemanne so mooi bygestaan het en ‘n ondersteunende rol gespeel het in die span se oorwinning. Wys net, gesamentlik is die Bulle sterker as wat die individuele skole is.

    ReplyReply
  5. @AffieOuer: Wat gaan aan by Grant Khomo? Is dit die Bulle wat nie so sterk is nie, of net die Leeus wat baie sterk is. Leeus se o.16B het Bulle ook geklop.

    ReplyReply
  6. @Djou: Eerstens baie geluk aan AL die manne in die 0/18 span. Ek verstaan die manne speel as ;n span saam en dan rol punte mos in :lol: Jammer ou @Djou was so opgewonde oor die Affiemanne dat ek nie erkenning gegee het aan die ander nie…

    o/16’s – wil nie op ouens se tone trap nie, maar julle weet mos daar is sterk reels by Grant Khomo en dikwels val ‘n paar spelers deur die gate….om plek te maak vir ander. Klink my die talent is aan die dun kant 8-O

    ReplyReply
  7. @Tang: No Tang, they lost 40-19.
    Hence my question whether it is a strong Lions team or somewhat below average Bulls team. I think AffieOuer gave the answer.

    ReplyReply
  8. @AffieOuer: My informante daardie kant sê vir my die span speel sulke aanskoulike rugby. Die De Swart seun is besig om in een van die beste loskakels in die land te ontaard. Spesiale speler wat met n loskakelbrein op sy skouers gebore is, groot aanspraakmaker vir die S.A keurders. Baie geluk ook aan die Henning seun van Affies met die speler van die wedsteyd toekenning, die 9 Garsies manne in die span, en al die ander spelers. Speel vir mekaar en maak mekaar trots. Bou voort op julle ongelooflike vertoning.

    ReplyReply
  9. @AffieOuer: Telling was 59 – 24 vir die BB en Ruan het 29 punte aangeteken. Puntemakers soos per SARU se website onder results. Dit was 3 strafskoppe en een drop en nie 4 strafskoppe en een drop nie. Ge-place, ge-drop en ge-score!!!

    ReplyReply
  10. My team of the day

    1 Lambertus Smith WP (Boland Landbou)
    2 Andries Engelbrecht Griffons (Welkom Gim)
    3 Lee-Marvin Mazibuko KZN (Michaelhouse)
    4 Maruis Kruger OFS (Grey College)
    5 Calvin Thubadi Lions (Jeppe)
    6 Sebatien de Marigny KZN (Hilton)
    7 Byron Ferreira Griffons (Welkom Gim)
    8 Kobus Lombard OFS (Sentraal)
    9 Zinedene Booysen SWD (Oakdale)
    10 Ruan de Swardt Bulls (Affies)
    11 Mike Mavovane WP (Rondebosch)
    12 Dawid Snyman OFS (Grey)
    13 Emile du Plessis EP (Pearson)
    14 Urzil Speelman Griffons (Welkom Gim)
    15 Tristan Leyds WP (Bishops)

    16 Bees Ferreira Bulls (Garsfontein)
    17 Jean-Pierre Smith WP (Bishops)
    18 Luke Fortuin Bulls (Garsfontein)
    19 Adriaan Coetzee SWD (Oudshoorn)
    20 Divan Henning Bulls (Affies)
    21 Keenan Williams Boland (New Orleans)
    22 Johan v d Walt OFS (Grey)
    23 Morne v d Berg Lions (Linden)

    ReplyReply
  11. Can’t understand this Academy Week…….Griffons only just finished against Limpopo but has to play first game in the morning………ridiculous

    ReplyReply
  12. @JPS_10: ok wat is n paar punte tussen vriende :mrgreen: Jammer manne dit is inderdaad 59-24. Die BB het teen so n tempo gescore dat dit n uitdaging was om by te bly met die tikkery :lol:

    ReplyReply
  13. Hier is die bepalings vir Grant Khomo dag 2. Soek nog vir Akademieweek s’n

    ReplyReply
  14. Ok bepalings vir Akademie week dag 2:
    A-veld
    8.45 Border vs GRIFFONS
    10.05 KZN VS ROOI VALKE
    11.25 BOLAND VS LEEUS
    12.45 PUMAS VS SWD
    14.15 EP VS WP en dan
    BULLE VS VRYSTAAT (tye lyk foutief)

    ReplyReply
  15. ACADEMY WEEK
    DAY 2……….My team for the day

    1 Lambertus Smith WP Boland Landbou
    2 Noko Nala Lions Jeppe
    3 Mashao Mukali Bulls Pretoria Boys High
    4 Maruis Kruger OFS Grey College
    5 Andrew Evans KZN Clifton
    6 Charl Serdyn WP HJS Paarl
    7 Donovan Stevens OP Brandwag
    8 Nico Fouche Lions Bastion
    9 Zinedene Booysen SWD Oakdale
    10 Jordan Chait WP SACS
    11 Tumi Khukhele OVS Sentraal
    12 Dawid Snyman OVS Grey College
    13 Marnus Boshoff OVS Grey College
    14 Munier Hartzenberg WP Leadership College
    15 Chuiner van Rooyen Lions Helpmekaar

    16 Gareth Heidtman Border Queens College
    17 Tiaan Coetzee OP Grey High
    18 Letho Dlamini Lions Linden
    19 Brendon Heymans Bulls Eldoraigne
    20 Sibonakaliso Dubazane KZN Glenwood
    21 Ruan de Swardt Bulls Affies
    22 Lincoln Daniels Bulls Garsfontein
    23 Tristan Leyds WP Bishops

    ReplyReply
  16. @Andre T: So, only the following 6 made the side on both days. I suppose some who played on day 1 did not play on day 2, so it might have been more.

    1 Lambertus Smith WP (Boland Landbou)
    4 Maruis Kruger OFS (Grey College)
    9 Zinedene Booysen SWD (Oakdale)
    10 Ruan de Swardt Bulls (Affies)
    12 Dawid Snyman OFS (Grey)
    15 Tristan Leyds WP (Bishops)

    ReplyReply
  17. Wow @BOG daai Vrystaat boere het ons behoorlik op ons tone gehou vandag! Welgedaan manne rugby het geseevier vandag. Aan die Bloubul manne geluk, ons is trots op julle. Goeie terugveg om uiteindelik 34-31 te wen! Nou sien ons uit na Donderdag. Vandag was n uitstekende toets.

    ReplyReply
  18. @Andre T: so happy to see Andrew Evans going well. He has been an excellent captain and dedicated player for Clifton for the last two years. At 2.05m this lad has a bright future ahead of him!

    ReplyReply
  19. @Djou Albei spanne het goed gespeel. Die buite senter v die Vrystaat het blykbaar die Bulle laat bont staan. Bulle het egter goeie veggees getoon en bly speel nadat 2 vinnige driee teen hulle gedruk is. Wind was beslis vandag n faktor!

    ReplyReply
  20. @Djou: Een van daai wedstryde waar die Cheetahs net hulself kan blameer vir die verloor. Soveel kanse gehad om die game te wen, maar geluk aan die Bulle. Om terug te kom van 28 – 14 wil gedoen wees. Gaan ‘n interesante game wees tussen WP en Bulle.

    ReplyReply
  21. @akw: nope! Briljante Garsfontein talent in die agterlyn het vir ons die knoop deurgehak. Daar was weer goeie samespel en op ‘n meer ernstige noot moet ‘n ou erken dat dit groot guts van ‘n span vat en ongelooflike spansamehorigheid om terug te kom van 28-14 af om die game te wen. Die manne het in my opinie hulle karakter gewys en respek daarmee afgedwing. #bloubultrots :mrgreen:

    ReplyReply
  22. Ek dink die Bulls was bitter gelukkig om teen OVS se klomp ‘no namers’ te wen…..daar is hope talent in die OVS buite Grey maar moet sê die Cherries in die span het amper die Groot Name laat val……….WP met ten minste 15 more

    ReplyReply
  23. @AbsolutMenlo: Ek hoor die bulls akademie manne sien hulself as BULLS (baie uitmuntende leerders laggend saam) en vandaar die samehorigheid en wil om vir mekaar te speel. Ons sien dit sover in die resultate! Geluk manne. Hou so aan!

    ReplyReply
  24. @boishaaipa baie geluk met julle oorwinning oor die Bulle vandag. Welgedaan met die 36-24 oor akademiespan en 33-12 by Grant Khomo

    ReplyReply
  25. What happened to the world class 9 and 10 today of the Bulls and the Huge pack made up of Affies and Garsfontein that are allowed to play together??? Apparently these boys should be in the CW side??? or is it SA schools? :?:

    ReplyReply
  26. @PRG 4 Life: @Bosveldpa: daar was 2 Affiemanne in die span. 9 en 10. Beide manne het hulle goed v hulle taak gekwyt. De Swardt op 10 het die meeste punte v d toernooi aangeteken.

    Die WP het gister as die wenners v d veld gestap – geluk! Dit was welverdiend.

    ReplyReply
  27. @PRG 4 Life: Jy het dit andersom: In die Cravenweekspan is omtrent die hele Affiespak en in die agterlyn is daar 3 outjies van Garsies. So, in die Akademiespan was daar geen Affievoorspeler nie, wel 2 Garsies, waarvan een van die “bench” af gespeel het.

    ReplyReply
  28. Humble Pie Gentleman, That Bulls team was played off the park yesterday and the score flatters them with the 2tries scored when the game was almost done. The way it was spoken about this team in the above comments epecially the halfback pairing is a dangerous game. :wink:

    ReplyReply
  29. @PRG 4 Life: ag nee man jy is van die pad af! Ons is bloot trots op ons seuns en let wel “IS” nie was nie. Ons het mos nou jou geluk te wens…of is jy ook een v daai manne wat glo die son kan net oor een kop skyn.

    As jy dit gemis het “geluuuuuuuukkkkk”

    Feit dat ons erkenning gee en trots is op ons seuns maak ons nie arrogant nie, net TROTS. As jy mooi lees sonder met filters sal jy dit dalk raaklees. Ontspan tog nou, gooi vir jou n glas goeie wyn en geniet julle wen 8)

    ReplyReply
  30. @PRG 4 Life: AffieOuer is spot on.
    PRG, you referred to the big Affies pack and then the Garsies backs – we just corrected you that our previous reference thereto was in terms of the Craven week team. So you mix our reference to the Craven week team with the Academy side.
    What we meant is that though the Pretoria schools might individually performed under par against the Cape schools, they might collectively perform better.
    Nevertheless, congrats again with the win at the Academy week. You have really good players in the Cape and I wish them the best for the future.

    ReplyReply
  31. Andre T, waar is notnagel, het hom laas by tuks final gesien vir monnas, meyer wat 7 speel het blykbaar 5 gespeel, en verder so deur die proewe, die leeus behoort dan n goeie pak te he, sou notnagel terugkom gaan dit groot verskil maak.Massyn is ook op goeie vorm.Monnas het glenwood maklik gewen,Swd gaan dalk moeilik wees.Hoe sien jy dit.Wnp is gunsrelinge vgl my.Pumas baie goed, veral hulle nr . Valke so so.

    ReplyReply
  32. @Mielieboer: Nothnagel was beseer en sal hopelik Dinsdag begin teen Natal.

    Ek dink die week gaan tussen WP en SWD wees met Pumas, Bulls, Lions of KZN wat dalk mag verras

    ReplyReply
  33. AndreT/Kattes, stem saam met jou voorspellings vir die week, ek verneem dat die vorm vd spelers deur die seisoen wel bydra tot die keuse vd SAS, so…in ag geneem die rekords van PBHS, PR en Monument behoort heelwat van hul spelers in ag geneem te word. Vir Monument was Len Massyn, Thomas Meyer en Ruan Vermaak kookwater(selfs buite hul posisies), dieselfde kan van PBHS se vaste 5 gese word. Dis die spanne wat mekaar opgekeil het die seisoen…die uitslae kon enige kant toe gegaan het. Affies se pak is goed, maar is nie getoets teen Monument en die spanne van die suide nie. Kyk ek na die top 5 spanne, is daar min wat genoem word vir die SAS….my mening.

    ReplyReply
  34. @Mielieboer: jy se affies is nie getoets nie, wanneer is monnas getoets. Beide het teen EGJ gespeel, Affies/bulle 2 keer en beide het egj/valke maar sleg 2de gekom. Dalk net is daar n paar verassings.

    ReplyReply
  35. @PRG 4 Life: Die Bulle se ondersteuners is bloot trots (met rede) op die vertoning van seuns wie se loopbane hulle al ‘n paar jaar volg. Niks vreemd daaraan nie. Daar is eerder iets vreemd aan jou opmerking. Dit klink amper asof jy op ‘n ander post reageer??? Boonop is daar seuns van Affies en Garsies wat saam speel vir mekaar, wat dit darem mos meer noemenswaardig maak, wen of verloor.

    ReplyReply
  36. pietretief: Inderdaad!! Affies-Monument sou die game vd jaar wees in die Noorde… Maak nie sin dat net 1 Leeu-speler genoem word vir moontlike SAS-speler?? Dit is as vorm deur jaar in ag geneem word.

    ReplyReply
  37. @Mielieboer: @pietretief: Stem dat Affies Monnas sou die bepalende game die jaar Noordvaal gewees het.

    Dink beide spanne is fantasties goed afgerig en speel as n unit saam baie beter as enige van die ander spanne en daarmee kom hulle weg met gebreke wat tog bly rugby n spansport van 15 (of eerder deesdae 22) spelers.

    ReplyReply
  38. @pietretief: Sjoe… monnas het darem teen paarl bh, paul roos, grey bloem, glennwood, boland landbou en nelspruit… al daai spanne dink ek was goeie toetse… Ek stem saam dat affies die jaar ‘n goeie pak het, maar in my opinie is die beste pak in die land hierdie jaar paarl bh sin…

    ReplyReply
  39. WP Academy side were excellent and deserve to win the final. There pack of forwards were supreme and were far over the Blue bulls side. The unsung hero of the day were definitely the Big Powerful tight head JP Smith who scored a hattrick of tries.

    The pack of forwards laid the foundation for the backs to score brilliant tries. Great inter play between the backs themselves created classy tries. Now they know” No julle wiet!!! WP jou lekker ding…

    ReplyReply
  40. Dit wel vir my voorkom as dit by provinsialisme kom tussen rugbyondersteuners by die samestelling van die Springbok span, then you have ain’t seen nothing yet as dit kom by die samestelling van die Bulls spanne as dit kom by subjektiwiteit onder die onderskeie skole se ondersteuners nie

    Die onderwerp handel oor Bulle rugby maar het sommer vinnig ontaard in toeeining van die skole wat die seuns verteenwoordig. Eish!

    ReplyReply

Leave a Reply