The finals of Die Burger’s Rugby Competiton for schools in the Western Province, Boland, SWD and Eastern Province will take place tomorrow in Paarl.
The big clash will be the finals in the Big School’s Division where Paarl Gymnasium (WP) will play against Outeniqua (SWD). The final will be played at Paarl Gym. Kick-off: 12:30 – Paarl Gym A Field;
Teams:
Paarl Gymnasium:
15- Grant Hermanus; 14 – Ruan Stander; 13 – Wayno Visagie; 12- Ryan Oosthuizen; 11 – JD du Toit; 10 – Wyatt Murphy; 9 – Brendon Nell; 8 – Rikus Bothma (capt), 7 – Jacques Vermeulen; 6 – Gareth Cilliers; 5 – JD Schickerling; 4 – Johan Momsen; 3 – DJ van Niekerk; 2 – Wilner Conradie; 1 – Gavin van der Berg.
Replacements: 16 – Jan-Louw de Jongh; 17 – Regardt Louw; 18 – Jaco Willemse; 19 – Luhandre Luus; 20 – Walter Smit; 21 – Dylon Faribridge; 22 – Andri Cooper.
Coaches: Christof Lotter and Hendrik Weber.
Outeniqua:
15: Hennie Barnard; 14: Leighton Eksteen; 13: Douw Schoeman;
12: Warrick Gelant (vice-capt); 11: Duhan van der Merwe; 10: Dewald Human; 9: Remu Malan; 8: Dian Koen; 7: Christopher Roelofse; 6: Geor Malan (capt); 5: Eduard Zandberg; 4: Hendri Storm; 3: Wynand de Necker; 2: Marnè Botha; 1: Gregory Nel.
Replacements: 16 – Le Roux Baard; 17: Stefaan Grundlingh;
18: Rian Kleyn; 19: Dirk Oosthuizen; 20: Keenan Tarentaal; 21: Anton Smit; 22: Corne de Klerk.
Coaches: Piet Cloete; Martin Oosthuizen; Jacques Wolfaardt.
Previous winners of the Big Schools Division in Die Burger Competition are:
2005 – Outeniqua;
2006 – Paul Roos;
2007 – Paarl Boys High;
2008 – Paarl Gymnasium;
2009 – Outeniqua;
2010 – Paarl Gymnasium;
2011 – Paarl Boys High;
2012 – Outeniqua
The final in the medium schools division of Die Burger’s competition will take place between Hermanus (Boland) and Nico Malan (Eastern Province).
Kick-off will be at 11:00.
Teams:
Hermanus:
15: Bevan Simmers; 14: Ian Cornelius; 13: Leolin Zas; 12: Andre-Pierre Gouws; 11: Nohen Fick; 10: Ewan Adams (capt); 9: Daan Otto; 8: Harry La Grange; 7: Vincent van Niekerk; 6: Jannie Du Toit; 5: Jaco Abel; 4: Wiltas Leeuwner; 3: Duane Romans; 2: Keenen Plaatjies; 1: Martin van Wyk.
Replacements: 16: Philip Le Roux; 17: Vitto Solomons; 18: Nico vd Westhuizen; 19: Dian Kemp; 20: Ruan Visser; 21: Nelius De Villiers; 22: Gerhard Kruger.
Coaches: Graham Bellingan en Ivanore Da Kosta
Nico Malan:
15: JP Myburgh; 14: Juan Maritz; 13: Selvyn Davids; 12:Luan Nieuwoudt;11:Dominik Uytenboogaardt; 10:Armand de Lange; 9:Ruben Botha;8:Gerhard Engelbrecht; 7:Willem Rautenbach; 6:Dean van der Westhuizen; 5: Percy Tshunungwa; 4:Alandre van Rooyen; 3: Wayne du Plessis; 2: Jonathan Louw; 1:Deon van der Westhuizen;
Replacements: 16: Stefan Gerber; 17: Dean Biggs; 18: Andries Jacobs; 19: Jean – Lee Meyer; 20: Darren Domingo; 21: Charlton Geswindt; 22: JJ Killian
Coaches: Gerrit Pienaar / Hein Vermeulen / Abe Smith.
The final of the small schools division of Die Burger’s competition will take place between Excelsior (WP) and Langenhoven (Riversdal, SWD). Kick-off at 09:30.
Teams:
Excelsior:
15- Lyale Marcus, 14 Eugene Raubenheimer,13 Daniel Joubert,12 Monre Lingeveldt ,11 Charlton Steyn,10 Dennis Cox ,9 Mickhail Philander, 8 Ryan Davids ,7 Mickhail Lavigre, 6 Denver Beukes ,5 – Jaydee Juluis ,4 Jurie Hanson ,3 Luvuezo Antonio 2 Tashriq Adams, 1 Chrissen Wynhand,
Replacements: 16 Diego Richardson 17 Zane Petersen 18 Tyler Faroe ,19 Denver Isaks ,20 Yusuf Afrika ,21 Noel Makiet ,22 Clint Damons
Coaches: Lawrence Titus,William Bernadie,Rodney Jacobs.
Langenhoven:
15: Wentzel October ; 14: Hiram Lewack ; 13: Heinrich Albertyn (capt) ; 12: Lewies Janse van Rensburg ; 11: Adrian Steyn ; 10: Remorgan Fielies ; 9: Chriswin Kortje ; 8: Frikkie Pietersen ; 7: Franquin September ; 6: Dean Morgan Juta ; 5: Daniel van Tonder ; 4: Andre van Staden (vice-capt) ; 3: Morne Meyer ; 2: Jaco Koen ; 1: Christof Gouws.
Replacements: 16: Willem Stapelberg ; 17: Theo Herselman ; 18: Jabula Mpembe ; 19: Jaydan Scholtz ; 20: Darryl Prins ; 21: Angelo Willemse ; 22: Lorenzo Witbooi ; 23: Jannes Bosman
Coaches: Pieter Franklin and Herman Maartens.
@Tjoppa, kan maar net hoop !
@Djou, as die Hugenote ding waar is, kan ek jou verseker dit kan nie goegekeur word nie. Dalk is dit die rede hoekom daar nie gekla word oor al die spelers wat hulle verloor nie. Hulle vervang hulle maar net weer uit die buurskole.
Ek is die eerste ou wat kla oor Hugenote en Transvalia nie in die Makro liga speel nie. Dalk moet hulle opskuif dan sal hulle spelers bly. Dalk moet ander skole hulle spelers uitlos, dan kan hulle opskuif. Wie sal die eerste skuif maak ???
@Djou: Ek was bewus van een seun en ek weet ‘n groot pel is genader om sy koshuisgelde te betaal. Hy het egter geweier en sy duidelike afkeur van die inisiatief gestel. Hartseer dag maar gaan beslis die geval onder die Dokter se aandag bring. My hartseer hart en papbek huil.
@Beet: Sevens tournaments underway. Two tournaments already played and heard that Garsfontein won both. If I’m not mistaken Garsfontein won the national 7’s last year.
This weekend it is the Pretoria-leg at Montana High school. The “stupid” organisers put all the strongest teams in one pool – Garsfontein, Affies and Blue Bulls invitational 7’s team. Maybe to give the schools in other pools the chance to play in the final.
@Tjoppa: Tel so paar by – en die pogings was blykbaar suksesvol. Maar dit is eintlik ou nuus.
Die “geheim” is eintlik die manne van Hugenote.
En hulle gaan na E. J….n – die skool se manne wat hierbo so mildelik onder ander skole inklim. Waaroor daar ook nie gepraat word nie is dat arme Hugenote jaarliks “geraid” word. En een pa met ‘n vet tjekboek betaal.
Wat ons maar altyd hier se is as jy in ‘n glashuis bly, …
Moenie dink dat dinge geheim gehou word nie. Als kom uit!
@Djou: Weet ongelukkig nie waarheen die helfte van Pietersburg gaan volgende jaar maar weet beslis pogings was aan die gang om belowedste seun na Affies te bring? Ek en my grootbek. Ongelukkig waar.
@valke: En jy se geen kinders in Pretoria nie? Weet jy of hoop jy?
@Tjoppa: Hi, het julle gemis, maar ook nie. Ek’s terug en lyk my nie veel gemis nie. Geluk aan EG Jansen en Paarl Gim. Jammer hulle het nie Affies gespeel nie.
Nietemin, lyk my dieselfde ou tema van spelers werf.
Kan enigiemand vir my vertel watter skool in die Oos-Rand die helfte van Hugenote in Springs se 0.14’s gewerf het, sommer in die middel van die seisoen. En waarheen gaan die helfte van Pietersburg se o.15’s volgende jaar? Net vir volledigheidshalwe sodat Ploegie ook sommer dinge hier in Noordvaal kan kom regstel.
Sjoe, ek het skaars geland en al die nuus oor wie gaan waarheen versprei soos ‘n veldbrand. En Menlo is dalk in 2015 in die NuPower, maar dit is nie so groot nuus nie.
@Tjoppa: sorry Tjoppa. Jou dalk verkeerd verstaan.
Jou vraag oor hoe die seun voel dink ek het jy self vroeer geantwoord.
Ego is nou belangriker. Pa se seun het ‘n bloubul kontrak. Maak nie nou saak wat later gebeur nie.
O ja, was in Pretoria in die army, soos die meeste van ons.
@valke: nee man bedoelde jy na die ouers in algemeen verwys.
Waar was jy in die army?
@Tjoppa: Stadig nou Oom. Waarvan praat jy. Ek het geen seun in enige Pretoria skool nie, sal ook nie he nie.
Genade, hoe het hierdie debat nou my seun geword.
As dit jou redenasie is, los maar. Nou glad nie lus om mekaar mis te verstaan vir die res van die dag nie.
@Ploegskaar: Ek het die mail gestuur – hou dit maar op ys asb Ploegie !
@BuffelsCM: Janee daai storie ken ek baie goed….
@BoishaaiPa: Myne ook, seker maar die mag van gewoonte….
@BoishaaiPa: Dis reg! Die skool waarna ek aanvanklik verwys het wat die speler gekoop het en waarna die ander skool geweier het om teen hulle te speel, is egter aan die Weste kant!
@BuffelsCM: Stuur asb. vir my ‘n e-pos met agtergrond sodat ek dit kan opvolg. Jy weet ek keur hierdie optrede ten strengste af onder n/voorstede hoërskole wat reeds spartel om die beste spelers uit hulle voeder laerskole te behou.
@BuffelsCM: My Apologie dan aan die westekant…
@Ploegskaar: Nie in hierdie geval nie! Nogal Oos van ons !!
@Tjoppa: wie moet vir wie sê sorry? Gim het bewys dat hy die beste was deur die jaar.
@Ploegskaar: Ja, daai kraai vlieg net reguit soontoe!
@wakker akker: hierdie was die 2 mees uitstaande spelers saam met Jacques Vermeulen.
@BoishaaiPa: Soos in Wes in 12de Laan af en dan skerp regs net voor Mcintyre?
@Ploegskaar: Ek vermoed meer Wes…Soos die kraai vlieg!..
@valke: Die helfte van ‘n verkeerde ding bly verkeerd. Of hoe se ek. Volgens jou as ek die lekker in die winkel opvreet en nie betaal steel ek nie MAAR as ek hom uitdra sonder om te betaal steel ek.
@valke: As jy jou seun ‘n “te koop” bordjie om sy nek hang het jy geen verder se nie. Punt. So as hy “gestockpile” word verdien jy dit. Ek wonder egter wat het jou seun daaroor te se gehad.
@Ploegskaar: In Pretoria het ons ‘n gesegde wat lei “meng jou met die semels en die varke (in Bulls truie) gaan jou opvreet.
@BuffelsCM: Lê die skool wat jou speler genader het rigting Suid of Noord van julle?
@bhkgpa: Sien stoopstats se man of the match was Kwagga 8 Dian Koen en Hermanus 15 van Gym.
@Tjoppa: @Ploegskaar: Dagsê menere! Blykbaar het die skole in die Noordelike voorstede reeds ‘n geruime tyd ‘n onderlinge ooreenkoms dat die skole nie by die ander in die streek sal spelers werf nie. Daar was egter verlede jaar of die seisoen voor dit, ‘n situasie waar die een skool geweier het om teen ‘n betrokke skool in die streek te speel, wat na bewering 1 van hul spelers gedurende die seisoen (of Junie-vakansie as ek reg onthou) gewerf het. Die gevolg was dat daardie Saterdag 300 spelers (10 spanne elk x 2 x 15) nie kon rugby speel nie a.g.v 1 speler wat gekoop is.
Dit is jammer as die onskuldiges daaronder moet deurloop.
Ek het nou ‘n geval gehad waar ‘n seun in my span (wat maar ‘n moeilike seisoen agter die rug het) genader is deur ‘n afrigter van ‘n skool nie te ver van ons nie. Die ma het gelukkig sterk gestaan en besef haar seun is gevestig in Bellville en dat hy nie gaan skuif nie. Geld was gelukkig ook nie vir hulle ‘n oorweging nie (hy is ‘n volle beurs aangbied) maar ander ouers kan dalk nie dieselfde voel nie. Wanneer ouers finansieel sukkel, is dit egter nie altyd maklik om “Nee” te sê nie.
Die seun was toevallig my span se voorspeler van die jaar.
@Tjoppa: Tjoppa, as die beste speler in sy posisie, op 0/16 vlak, in ons provinsie nie gekies word, vir ander redes as rugby, en hy voel die geleentheid wat ‘n Pretoria skool hom bied is tot sy voordeel, dan kan ek nie fout vind daarmee nie.
As die skool ‘n leemte in ‘n sekere posisie sien, en so seun is beskikbaar, gesels met hom oor ‘n moontlike skuif.
Sodra hulle “gestockpile” word en vol lee beloftes gepomp word, dan word daar nie meer in die kind se belang opgetree nie.
@Tjoppa: Dalk moet ons dan nie net die betrokke provinsie of skool kritiseer nie, maar ook minder simpatiseer met met ouers/kinders wat inkoop by die instansies. Miskien ‘n proses van natuurlike sifting dan, en sal ons binnekort die geldspelers en rugbyspelers kan ken aan die Unie/Provinsie wat hulle verteenwoordig. Regte Kaapse antwoord, van agter die pale
@Ploegskaar: Merkbaar baie seuns in van die top skole wat reeds aanbiedinge van die Bulle afwys om eerder na ander provinsies te gaan waar hulle weet hulle gaan speelkans kry. Maar ou Ploegie ongelukkig is die egos van ouers ook betrokke. Het vraag aan een van die top seuns in Stwane se ouers gevra wat gaan met sy seun gebeur as die Bulle hom uitspoeg. Hul antwoord was eenvoudig dat hulle en hul seun aan vandag dink more sorg vir homself.
@Tjoppa: Dalk nie ‘n oplossing nie, maar wel hoop. Was gisteraand by Stellenberg se rugbydinee bevoorreg om langs Aillistair Coetzee te sit en ‘n paar gedagtes oor skolerugby, kontraktering in die Unie en werwing oor die algemeen te wissel. In sy toespraak het hy ‘n hele paar wyshede kwytgeraak, maar die blywendste was dat die WP Unie, eerder as om bekend te staan as die Unie wat die meeste betaal, werk daarna om bekend te staan as die Unie wat die meeste geleenthede vir jong spelers skep. Hy het so vir Siya Kolisi en Jean Cooke, wat saam deur die stelsel gekom het, as voorbeeld gebruik. Eg is reeds ‘n huishoudelike naam, lg nou eers op almal se lippe. Dit gee my hoop Tjops, daar is nog kaalvoet seuns wat droom van ‘n groen trui eerder as ‘n SLS, en Unies wat hulle wil huisves.
@valke: Maar wanneer is dit dan verkeerd volgens jou? Een per posisie of twee of drie? Nee my maat dit is vanaf die eerste kind verkeerd. Punt.
Dit is ook die rede hoekom Affies nie meer teen Monnas speel nie. Sommer openlik probeer werf van die huidige iste span tydens wedstryde by Affies. En weereens weet vir ‘n feit van een voorval waar ouers seuns probeer werf het na Affies. Dus Affies nie onskuldig nie. Die laaste geval weet ek dr Edwards het blykbaar wel ingegryp. Maar ja wie dit ook al doen is VERKEERD.
@jakes: Die probleem is natuurlik dat die seuns van Pretoria die geleentheid ontneem word om hulle skole se top spanne te verteenwoordig. In my opinie moet die ouers van die skole waar dit plaas vind self op n stadium besef hulle kinders word benadeel en standpunt inneem.
@jakes: Jakes, vat nou maar een vir die span, of sal ek se bende ?
Ek dink Tjoppa verwys na ‘n comment wat ek so ruk terug gemaak het waarin ek gese het al die skole doen dit, moenie vir garsfontein stenig omdat hulle dit openlik doen nie. ( iets in daai rigting as ek reg onthou ).
Ongelukkig raak dit sommer nou so 3 per posisie ! Klink soos iets wat die Blou Bulle sou doen, en ons almal weet hoe hulle die seuns uitspoeg na so 6 maande.
@Ploegskaar: Ploegie ongelukkig gebruik hierdie manne geen kompas nie. Die “gode” wat hul dien ook nie. En ongelukkig is die wil en geld nie daar om die gemorse te stop nie. Is daar ‘n oplossing?
@jakes: Was een van julle bende gewees. Maar my verskoning. Ek is egter bly en hoop die hele rugby gemeenskap spreek hulle hierteen uit. Dit gaan egter volgens my mening net vererger.
@ Tjoppa- Nee meneer. Weet nie waarvan jy nou praat nie, kon dalk ‘n ander topic gewees, maar keur beslis nie die koop van spelers wat onder die “Pretoria” skole veral gebeur goed nie. Sou dit nooit gese het nie..
@jakes: Jakkalsie was jy nie die man wat met die manne van Garsies gese het ons moet die manier van “sake” doen aanvaar of agter raak nie? Vat so katvis.
@ Valke- stem 100% saam met jou. Nou dat valke skole veral begin wys hul kan dit doen, word hul spelers woes gesteel deur die “bure”en geld word voor die neuse gegooi. Nee regtig, dit raak belaglik. Skoolhoofde sal saam met staan en die skole uitwys en dit moet stop, en skole begin boycott. Selfs die ouers van die skole met die “tjekboeke” moet opstaan, want hulle seuns word weggegooi om vervang te word deur gekoopte spelers. Dis mos nie regverdige sportsmanskap onder skole nie. wat word die kinders al op skoolvlak geleer? Geld word bo lojaliteit geplaas.
Ek kry nogal die betrokke skool se huidige 0/16 heelagter jammer. Hy sal seker nooit eers sy skool se 2 de span verteenwoordig nie.
Die seun waarvan Ploeg praat is nou al die 3de heelagter wat genader is. Kyk ek so na hulle 7’s span verlede naweek, lyk dit my een het gebyt aan die aas.
@jakes: Hi Jakes. Die betrokke skool is die ergste, maar geensins die enigste in daai omgewing wat plunder onder die Valke skole, en in ander provinsies ook.
Daar word gereeld op hierdie blog gese dat die provinsie meer moet doen. Soos wat ? Ons het nie ‘n sterk senior span wat die seuns graag voor wil speel nie. Sal ook nooit he as die seuns bly weg beweeg nie.
Ander dag ‘n comment gelees dat Kempies en EG se 0/16 spanne maar redelik gemiddeld is. Hoe anders ??? helfde van die seuns speel in Pretoria !!
As jy net maak of jy kan rugby speel by Grant Khomo. of selfs die Vaal 0/16 toernooi, dan stroom die aanbiedinge in.
@ LindenPa- My persoonlike opinie is dat die ander skole die skole in ” pretoria” wat so aggresief spelers van ander skole steel en koop, ge”boycott” moet word. Hoofde van skole moet bymekaar kom en koppe stamp en die skuldige skole uitwys. Daar moet dan ‘n gesaamentlike boycott wees om nie teen die skole te speel nie. Dit raak belaglik..daar sal nou opgestaan moet word, want lyk maar daar is een spesifieke skool in Pretoria oos wat mal gaan.
@bhkgpa: DANKIE. Dra nie kennis van aankope nie.Glo daar is genoeg talent vir volgende jaar.Al wat ek weet is dat die Wp onder 19 volgende jaar n droom seisoen gaan belewe.Kan nie wag nie.
@Ploegskaar: Ploeg ek is hartseer om te se maar die Blou Bul Unie het n morele kompas nodig. Die Unie wat absoluut onlojaal teenoor hulle eie skole (Pretoria) se kinders is. Ongelukkig pluk ons nou in die Currie Beker kompetisie die vrugte daarvan.
@Ploegskaar: Ek verwys eintlik nie na die inligting rakende ons buurskool nie.
@Woltrui: Ek ken vir Meester Tony baie goed, hy sou akkuraat skryf wat hy vertel is. Vir hom is hulle ook goed bang, hy skroom nie om onder hulle in te klim nie. Maar wat hulle se en wat hulle doen is twee verskillende dinge. Dit se baie van hulle karakter, of eerder die gebrek daaraan. Dalk moet ons bloggers geld saamgooi vir ‘n morele kompas, jou bure het duidelik een nodig!
@wakker akker: ek die agsteman, Koen was baie goed. Oor die algemeen het kwaggas goed gespeel maar te min fases aanmekaar gesit en dit is waar gim die wedstryd gewen het, hulle het die bal net langer behou deur die fases as kwaggas. Is die gerugte waar dat kwaggas groot aankoop vir volgende jaar! Ek hoop regtig nie so nie.
@Ploegskaar: Ploeg na afloop van die Kwaggadag het daar n artikel in Stoopstats verskyn tov sogenaamde mites en gerugte. Ek neem aan jy verwys daarna? Ek slaan die Stoopstats blog hoog aan. Van die inligting in die artikel was egter totaal en al vals. Ek vermoed die skrywer sou dit nie aspris doen. Waarskynlik so gehoor en so oorgedra.
@Ploegskaar: Ploegie niks rein en edel nie. Maar ja seun by Transvalia ook miderbevoorreg en kort ontwikkeling. Wonder wat se die seun wat vervang is.
@PaarlBok: Paul wie? Dit is mos daai skool wat die wyn verkoop vir geldinsameling. Miskien dooswyn verkoop dit sal beter aftrek kry veral by sekere bloggers. Dooswyn en bokkoms.
@Deon: Vat my dop weg of kom roep die nursie dan sien jy ‘n moerige ou man. Maar andersins ‘n liefdevolle ou teddiebeer.
@Lindenpa: En dit nou na mense daar by die Kwaggas se 90ste vieringe wysgemaak is dat hul bedoelings edel en rein is en almal hulle verkeerd oordeel en veroordeel. Die deuntjie het dalk verander, maar die lirieke is duidelik nog dieselfde.
@Ploegskaar : So gepraat van die Pretoriase skool wat die manne so koop, ek verstaan Transvalia se skrumskakel wat hierdie jaar SA Skole gekry het, gaan ook volgende jaar soontoe. Hy het reeds by Transvalia `n volle beurs gehad, maar die skool het sy ouers skynbaar `n aardige bedrag kontant aangebied vir ‘relocation’ kostes. Dit het hulle oorreed om hom te skuif.
So verloor die skole wat die spelers grootgemaak het, teen skole wat die tjekboeke uithaal.
@Deon: As jy nog nie Eunice se meisies gesien het nie, dan het jy nog nie meisies gesien nie. Tensy dinge baie verander het sedert “my dae” natuurlik, maar ek twyfel. Ek neem kennis van jou kommentaar oor Affies, maar om as meisie/ susterskool te kwalifiseer, gaan oor meer as net feministiese gedrag . Die anatomie, oa speel nogal n geweldige rol- in my dae beslis en ek sou hoop, nog steeds.
Kwagga ondersteuners kan met reg trots wees op hul span. Hulle het in moeilike omstandighede hul heel beste gegee. Wat Gim aanbetref sal dit onregverdig wees om enige speler uit te sonder. 2013 sal onthou word as een van die beste seisoene nog vir ons Bloedworse. Alle krediet moet gaan aan die afrigters van die span. As jy Gim se wedstrydlyste kyk was 2013 ‘n moeilike een met weg wedstryde teen Paul Roos, Landbou, Outeniqua. Maar hy is met vlieende vaandels geslaag.
Tjoppa, ek probeer so hard om jou die moer in te maak, jy stel my heeltemal teleur.
@bhkgpa: Lees baie maar verstaan wat jy wil. Hou hul finale ranglys dop dan sal jy moet se sorrie Tjoppa.
@Koos Roos: Rus in vrede dan my vriend. Laat spook wees vir die ander skole in die land. Ek hoor die spoke loop weer fris daar in die Kaap. Passop
@Deon: Geen handdoek gegooi nie. Ongelukkig met die huidige bestel sal die no 1 posisie altyd betwisbaar wees. Maar onthou net dit is nie Affies se lys nie.
Die cheat op jou gholfkaart is heeltemal ‘n anderdag se storie. Sien daar lieg jy oor jou eie vermoe. Hier vier ons die prestasies van seuns nav ander se berekeninge en nie hul eie nie. Nogal ‘n groot verskil.
@Deon: op fnb se lys is daar net een nr 1 en dit is nie affies nie
@Tjoppa: En HOE moet ons dit weggesteek kry? Komaan ou Tjop, moenie ‘n man trap wat bietjie le nie, hy rus net. PASSOP!
Tjoppie, dis soos om op jou golfkaart te cheat en te sê jy is nr1. Saans, in jou bed, weet jy dit was ‘n professional foul. Jule het Gim se nr.1 gesteel deur die wit handdoek in te gooi, en die geskiedenis sal dit altyd aanhaal. Swak sportmanskap om daarna te spog.
@Deon: Gelukkig sal die geskiedenis nie julle gekerm onthou nie slegs dat al wat ‘n ranglys vanjaar Affies die no1 gemaak het. Punt. Se steeds jy probeer julle sukkel jaar wegsteek agter ‘n groot klomp blaf.
@Ploegskaar: Ma ploegie toe ek die manier van optrede vroeer die jaar veroordeel het is ek alles wat sleg en dom is toegevoeg. Baklei ons eers as ons die byt aan ons eie bas voel? Die werf van seuns is oneties en laakbaar. Punt.
@Knersus: Stadig stadig stadig die top span is tog alreeds aangewys.
@wakker akker: Ja Ploegie kan vleis gee, Paul Roos die wyn en ons mensie van die tehuis sal musiek verskaf.
@BOG: Ons moes elke jaar op die eerste weekdag in April by ds. Andrew Murray se standbeeld by die Teologiese Seminarium (Kweekskool) ruikers gaan lê. Ek was in PRG, soos my twee broers lank(10 jaar) voor my, in Huis Murray. Die maroen van PRG en Maties is die kleur van Murray. Ek het nog nooit van Eunice gehoor nie. Was onder die indruk Affies HSS was julle tweede susterskool waarna jy verwys het, en Tjoppie die hoofdirigente.
@ al die Gimmies : Knap gedaan, na ‘n bisarre, iets soos 20 games kan julle beswaarlik in 2013 as nr.1 betwyfel word, alhoewel my gevoel is dat hier na die einde van die seisoen toe ‘n volsterkte Grey span julle, en enige skool, op enige dag, sou “rol”.
@Tjoppa. Ontspan die boudspiere, dis nie so erg dat almal in hulle harte weet julle is nr.2 nie. Ek het laas week in Luxembourg gelees op ‘n T-Shirt dat : “Rehab is vir quitters”. En julle was DIÉ big time quitters in 2013, so, daar gaan julle, jy heel voor in die ry, na die rehab vir quitters. Nommer twee is nie sleg nie ou Tjops, moenie huil nie, dis baaaaaaie beter as nr 25, EN, dis steeds nr.1, maar net nommer 1 van die verloorders. Julle sou Gim nie kon wen nie, nie eers as Willie Roos geblaas het nie. Enjoy jou Loftuskoffie.
@valke: Absoluut skokkend, maar dalk is dit hoogtyd dat unies meer betrokke raak, soos wat nou met Ryan en die WP Unie wel die geval is. As jy in ag neem dat Bellville hom reeds in gr. 8 by Kasselsvlei gaan haal het en hom van daar ontwikkel en op alle vlakke na hom omgesien het, tot waar hy WP HP en WP GK gehaal het, wat meer kan Garsfontein bied? Hy is ook reeds geoogmerk vir die toekoms in die WP strukture, so dan kom ons terug na die “wat meer”, en dit, sy agtergrond in ag geneem, is laakbaar, oneties en skaamteloos opportunisties.
Wakker akker, ek het gedink julle verdediging was uitstaande en ons kom sien dat al julle spelers alles gegee het. Ek is ngroot fan van Gellant en hy was uitstaande. Hy doen so baie Donkie werk, Vd Merwe was gevaarlik Soos Altyd en Koen was skitterend. Human was stil en Eksteen het min kanse gekry. Dit is n skitterende span met seker die beste agterlyn wat ek nog op skole vlak gesien het. Julle kan met reg trots wees op n groot span! @predator, Gim het vier keer teen Kwaggas gespeel die afgelope 2 jaar en in Elke wedstryde het vdMerwe ten minste een strafskop teen hom Gekry vir ongeoorloofde spel. Vroeer vanjaar op George teen Gim is n strafskop omgedraai nadat hy n Gimmie sonder die bal gestamp het. Gaan kyk die video? Hy is n wonderlike speler, geen kwessie…
@Ploegskaar: ploeg, julle is gelukkig.
Ek verneem by EG werf Garsies sommer so 5 op ‘n slag.
As jy die bal kan raak vang sluit dit sommer ‘n Bul junior kontrak in !
@gimmie: Ek keur jou kommentaar rondom Duhan vd Merwe ten sterkste af. Hy het geensins ‘n dissipline probleem nie. Hy is ‘n gemerkte speler deur die hele land as gevolg van sy uitmuntende spel en driedruk vermoë. Hy was ook nog nie afgestuur vir vuilspel nie. Hy dra die Kwagga trui met trots en is sover my kennis strek ‘n baie nederige seun, en dit vir iemand wat SA al twee jaar in ‘n ry op Nasionale vlak teenwoordig het. Gee eerder erkenning aan een van die top skole rugbyspelers in SA soos wat ons erkenning gee aan Grant Hermanus, JD Schickerling , Jacques Vermeulen en julle kaptein Rikus Bothma. Voorwaar twee top skole in SA en die uitslae wys dit.
Ek kon nie die game bywoon of TV kyk nie weens ander verpligtinge, maar dit wil vir my lyk of die Gimmies ons weer met die pak forwards geklop het soos vroeg in die seisoen. Baie geluk aan ‘n puik skool met baie goeie rugby seuns. Sien julle weer volgende jaar dan probeer ons weer. Nou moet ek erken dat vir 2013 Paarl Gimnasium die top skole rugbyspan in Suid Afrika gehuisves het. Hoop dat Affies se manne volgende jaar geinspireerd genoeg gaan wees om die Suidelike spanne aan te vat.
Ek was baie bevoorreg om ook gister die wedstryd te kon sien. Bevoorreg omdat ek dink daar was meer as een toekomstige Springbok wat gespeel het en ook bevoorreg, want dit was twee uitstekende spanne met baie wedersydse repek vir mekaar. Na my mening was die wedstryd baie 50-50. Gim se lynstaanwerk het die game geswaai, sonder twyfel. Jakkals was n angel in die vlees van die kwaggas. Krediet moet aan die haker van gim gaan, dis d*nners moeilik om daai modderbal in daai stormsterk wind reguit in te gooi en hy het dit elke keer gedoen, wat ook gelei het tot gim se oordryf drie. Hermanus en wyat baie goed takties geskop en kwaggas se sukkelende lynstaan op die proef te stel. Kwaggas was egter ysters in verdediging en nooit opgehou veg nie. Vir my twee top spelers van die dag was Dian Koen van kwaggas en JD jakkals. Koen was yster! Bal uitstekend in die nat hanteer, vreesloos vededig en baie meters vir kwaggas gewen met bal in die hand. Jakkals gaan nog bok speel. Baie geluk gim, julle is sonder twyfel die top span van 2013, welverdiend. Die game was in n great gees gespeel, mag hierdie jong tradisie van kwaggas vs gim nog lank voortleef.
@gimmie: Wie en wat van die kwaggas se spel dink julle was goed.
@Gimmie – Die geelkaart vir VD Merwe – was dit ‘n spear tackle of ‘n tip tackle? Die speler is nooit neergegooi nie, maar neergesit. Speler is gestraf met tip tackle – verder is dit die eerste geelkaart wat VD Merwe hierdie jaar gekry het – so waar kom jy daaraan dat hy ‘n problem met dissipline het? Julle GIM speler het die bal gevat en hard in Kwagga speler se gesig gegooi – is dit dan nie ook ‘n geel kaart nie? Dink jy werklik dat as Kwaggas nie die 19 strafskoppe teen hulle gehad het, dat die telling anders sou wys nie? Dink egter dat die Kwaggas wel teen die Top Span in die land verloor het.Well done aan julle manne!
KnersUs, ek weet hulle is broers, albei top rugby manne, ek wou maar net bietjie reaksie lok by Boishaaiers. Wat die game betref: dit was taai maar Gim het omtrent 70persent van die tyd in Kwagga gebied spandeer. Ons het ook julle lynstane ontwrig soos op George. Wat die geelkaart betref,vdMerwe het n dissipline probleem en ons Almal weet dat n spear tackle ten minste n geelkaart is. Gim is ook swaar gestraf. Ek dink dit is duidelik oor die twee wedstryde dat Gim n meer gebalanseerde span is en ook meer as n span speel. Ek dink ook dat dit twee van die beste spolespanne in jare is!
@wakker akker: het jou nog nooit beledig nie, jy is mos maar die man wat goed is daarmee. Ek het jou nog net daarop gewys dat jy bietjie moet dink oor hoe jy kommentaar skryf, ons oud kwaggas is nie lief vir sulke mense met geen respek vir ander het nie. En rakende die agter die pale staan, ek het nie iemand agter die pale sien staan nie en in elkgeval was dit baie lekkerder op die pawiljoen.
Die seisoen is nou verby en ons kan nou lekker krieket kyk en volgende jaar weer hierdie gesprekke voortsit.
@Gimmie – weet jy dan nie dat die afrigter van Outeniqua en HJS broers is nie?
Baie geluk aan Gim met hulle wen, dit kon egter enige kant toe gegaan het. Kwaggas het 19 strafskoppe teen hulle gehad en ‘n geelkaart, maar nou ja, dit is een van daardie dinge. Gym het regtig ‘n baie goeie pak voorspelers wat baie hard gewerk het. Kan nogal dink dink beide spanne moeg moes wees om in daardie modder te speel.
@ BH Pa – het jou ook gesoek – maar nerens was ‘n pers sambreeltjie nie, behalwe naby my op die pawiljoen….
Sterkte volgende jaar aan al die spanne.
@Koos Roos: als reg geen kwaad gevoelens.Wens beet kan n bymekaarkom reel.Sal graag al die bloggers wil ontmoet. Dink dit sal baie interesant wees .
@wakker akker: Lees mooi ou maat voor jy blog. Ek het jou nie ‘n w*** genoem nie. Ek het opgemerk toe ek Gimmie se opmerkings lees waar hy jou Wakkerakker noem, dat mens dit maklik verkeerd kan spel. Ek het jou bloot gewaarsku dat daardie belediginkie al tevore hier geopper is. Daarna het ek opgemerk dat julle ten minste in die final was. Voorts dat julle dit al 3 keer gewen het. Nie juis beledigend nie of hoe? So volgende keer: Lees. Dink. En blog dan. As ek egter na sommige van jou opmerkings kyk, nou wel…. Net vir jou inligting, as jy ‘n boks vir my wil soek, ‘n lekker Grote asb?
@Koos Roos: w*** SE JY.JOU COMMIN VOCABULARY spreek van self.Mens pak goed in n d*** koos.
@bhkgpa: AS jy nou klaar beledig het .Hoekom was jy nie agter die pale met jou Boishaai hoedjie en saambreel nie.Het jou gesoek.
@Tjoppa: Ek het jou voorheen al kot toe gejaag.Gaan le nou en rus.
@gimmie: Naand nou eers by huis gekom.Sien suster en kie baie besig.Moet erken die manier van eenheid was baie opvallend.Wanneer julle forwards bal gedra het was daar altyd ondersteuning.JD het n baie goeie wedstryd gehad.hy regtig n yster om in n span te he.Die een stut onder korreksie dink Van den Berg mooi vertoon en gedoen wat gevra was van hom.Vermeulen redelike bestendige game met mooi sterk lopies.Rikus soos altyd sy kant gebring.maar volgens my die man wat alles reggedoen het,altyd op regte plek goeie hande en Paarl Gym die heeltyd op voorvoet gehou het ,is Mnr Grant Hermanus.Die man het regtig baie talent en sal in enige span n groot verskil maak.Nogmaals geluk en lof aan julle coaches.
Rugbyman of enige van jou Garsie holhangers, ek roep jou uit. Verduidelik gou vir my en die ander bloggers hier julle SMS aan Ryan Muller, Bellville en GK o16 heelagter. Vir eens het jy Te veel afgebyt maatjie, maar ek wag op jou antwoord.
Of bespreek ek n bietjie opgehoopte frustrasie by die galpille. Ek sien HJS coach het Outeniqua die week gehelp…
Joe manne, niemand stel belang in hoe julle mekaar beledig nie, kom ons gesels rugby, speel asb die baL en
Nie man nie…ek vind persoonlike aantuigings vervelig…ek se weer…kom ons gesels rugby!
@wakker akker: jy is regte ou suurgat, aanvaar daar is beter as julle, onthou die eerste stap na genesing is erkenning. As ek die diepte so kyk dan moet jy vinning erkenning doen anders is volgende jaar n nagmerrie
@wakker akker: jy moet nog maniere ook leer, in my tyd was dit n voorvereiste as jy n kwagga wou wees. Jy is die naam kwagga ondersteuner nie werd nie en is n klad op kwaggas se naam. Dit is regtig jammer dat sulke onopgevoede, ongemanierde persoon soos jy jou n kwagga ondersteuner noem, jy jaag regte kwagga ondersteuners weg met jou patetiese kommnetaar. Maar nou ja, ek verwag dit van iemand wat nooit in outeniqua was nie. Julle sal sukkel om volgende jaar die top 10 te haal so jy gaan nog swaar dae hê. Voorspoed daarmee
wakKerakker, pity about the weather,..Gym deserved to win the game…They controlled the game…compliments to 2 excellent teams…
Wel gedaan Gim, om die GCB temmers en no 3 in die land 2 keer te looi wil gedoen wees, so sement jy jou no 1 posisie. Welgedaan ook aan die Kwaggas met julle spog seisoen, opwindendste skole agterlyn wat ek in jare gesien het.
@wakker akker: Jy moet oppas ou maat. WakkerAkker klink baie soos W*** Akker en daai ou beledigingkie het ek al op hierdie site opgemerk. Spiestekkel kan hom dalk net uitpluk. Ten minste was julle al daar en merk ek ook op dat julle dit al 3keer gewen het.
well done Gym
wakKerakker, pity about the weather,..Gym deserved to win the game…
@Tjoppa: Ou Tjoppie, ok ma nooit ver weg van bietjie stir nie, of hoe?
@wakker akker: Nog ‘n akker in die varkies se trog! Lekker eet ouens!
@wakker akker: Om te dink ek het jou grootbek ondersteun no 4.
@bhkgpa: klim terug in jou kot.Jy moet meer rugby kyk en leer.jy klink soos iemand wat nooit in enige kompetisie deel kon he nie.sterkte met jou baba nederig ou vrou houding.
@wakker akker: ou akker ek hoop jy het nou n les geleer. Moenie voorbarige uitlatings maak nie en bly altyd nederig. Jy het die 2 toetse gedop met vorige uitsprake. Jy moet leer dat regte kwaggas nie so is nie, maar nou ja, dit het jou gebyt. Well done aan gim, die pak forwards het weer gewys as n eenheid het hulle nie hulle gelyke nie.
@gimmie: geluk. Julle was almal soos die skim. Nou nadat ek weg is nooi julle my. Sou lekker gewees het. Geniet julle oorwinning.
@gimmie: Baie geluk! Vermoed hy gaan ook nie opdaag nie.
Gim 16-10 wakker akker kom drink n dop
@BOG: Ons wou die Tempe girls try, maar hulle was reeds gevat deur ouens van Bloem in pakke op Sondae. Hulle wou ons nie beurt gee nie! Paar van hulle was ook besig met rugby proewe vir ‘n plekkie in die Cherries. Is dit waar die naam vandaan kom?
@Deon: Dr Andrew Murray was die eerste skoolhoof op Grey en was van Skotse afkoms en Presbiteriaanse agtergrond. In SA het hy NG geword en nadat hy uit Bloem weg is, het hy n groot rol gespeel in die herlewing in die WK en die totstandkoming van die teologiese instellings in Wellington en Stellenbosch. Hy het dosyne boeke geskryf wat tot vandag, internasionaal, herhaaldelik her-druk word. Terwyl hy “hoog ge-ag ” word in NG kringe, sou hy beslis vandag nie n lid van daardie instelling gewees het nie. Ek het baie van sy boeke gelees, en hy het die waarheid ervaar en kon dit nooit ontken nie. Andrew Murray se opvolger was Johannes Brill en twee van die drie koshuise by Grey is na hierdie twee here vernoem- Murrayhuis vir Gr 8/9 s en Brillhuis vir Gr 10s
@Deon: @Koos Roos: Hau, jy weet nie van Eunice nie? Oranje, in die algemeen, was vir die meer “mollige” Afrikaanssprekende dametjies en was ook bekend as die Afrikaanse klooster. Hulle was aan die ander kant van Bloemfontein en in my dae, moes jy met n pak op n Sondagmiddag gaan kuier het terwyl vd Afrikaanse nonne toegesien het dat daar geen sprake was van “samesmelting” tussen die twee skole nie- n spasie van n halwe meter tussen die vryers, was n voorvereiste. n Jaar of wat later op US (en seker ander kampusse ook) was hulle voels van n ander kleur, dikwels sonder vere. Dit was dus baie meer gerieflik (en voordelig ) om vlerk te sleep by Eunice en sedert my dae, is hulle nou langs Grey. Ek was die heeltyd onder die indruk dat julle DRIE susterskole gehad het en dat die Tempe Tigres een van julle satellietkampusse was? Moenie skaam wees vir die familie nie
Daar het julle dit nou. ‘n Beknopte opsomming van die lewe van ‘n jong Paul Roser! Dankie Deon. Ietsie interessants uit Blomfontein, Bog?
@BOG. Wat is Grey se tweede susterskool se naam? Ek was altyd onder die indruk julle susterskool is Oranje HMS? Ons het ook amptelik twee susterskole, Bloemhof HMS en Rhenish Girls’ High School. Ek was onder die indruk dis net ons wat twee susterskole het. Die twee susterskole se skoolgronde word in werklikheid net deur ‘n grensdraad geskei, en natuurlik word Markötter net geskei van Bloemhof deur nog ‘n grensdraad. Gevolglik is, los gesproke, PRG(Markötter), Bloemhof HMS, Rhenish GHS, Rhenish Primary en Laerskool Eikestad in een “blok”. In 1977, my eerste skooljaar, is ek skool toe as ‘n Laer Seunsskool PRG leerling, met PRG uniform. Van my jaarmaats was meisies, en het skool toe gekom as leerlinge van Laer Meisieskool Bloemhof. Rhenish Girls’ Primary het apart gebly, en die Engelsprekende seuns het ook skool gegaan in Laerskool PRG. Toe, vroeg in daardie jaar word die gealmalgameerde skool Laerskool Eikestad (amper eers Laerskool Matieland). So, Laerskool Eikestad het bestaan uit Afrikaanssprekende en Engelssprekende seuns, en Afrikaanssprekende dogters. Êrens later het Rhenish Girls’ Primary seuns begin inneem, ek dink in die middel 80’s, en verander na Rhenish Primary. Van daardie dag af was Eikestad Laer Afrikaansmedium, seuns en meisies, en Rhenish Primary Engelsmedium, seuns en meisies. Aanvanklik, in die 1800’s, was Rhenish natuurlik ‘n hoofsaaklik Duitsmedium skool. Op my Sub A en B (Graad 1 en 2) klasfotos het ek PRG klere aan, en die meisies Bloemhof klere aan. Vanaf Std 1 (graad 3) het ons almal Laerskool Eikestad uniforms aan. Later verskyn ek weer, in 1984, in PRG klere-my eerste jaar op Hoërskool, met hare, en nogal ‘n middelpaadjie. Mettertyd het die middelpaadjie baie breër geword, en vandag het ek twee sypaadjies, met een m…se middelpad. Soos ek verstaan is Grey se stigter/ko-stigterslid Andrew Murray, en sy seun, ook Adrew Murray, PRG se stigterslid.
@PaarlBok: @jakes: Affies en Grey het pragtige susterskole, Grey nogal twee. En boonop staan die meisies van skole soos Gim en EG Jansen tou om n gelukkie te kry. Nee, n Skewebeeld of “alle burgers op n hoop”, staan my nie aan nie
@ PaarlBok- het nou lekker gelag oor jou comment : ‘ Affies and Grey Bloem wont play in this. Their players are tired by now,Mostly the mixed schools, girls keep them fit.” Thanks vir die lekker lag
@PaarlBok: Hoe oud moet n mens wees om op die stoep te sit.Hoe sal ek weet hoe die legendariese Paarl Bok lyk.
@PaarlBok: Jy anderdag darem so bietjie daar by Stellenberg kon rondkyk na die nuwe astro, gym en klubhuis?
Kwagga Akker sal sommer van my stoep afkyk. Sal jou hand kom skud as jou span ons klaar pak gegee het.
Enige van die Blog se agente more in die Paarl.Ek weet van die boishaai pa met boishaai pet en n pienk sambreel onder die pale.Enige iemand anders.Ek sal beslis daar wees.
@jakes: Affies and Grey Bloem wont play in this. Their players are tired by now. Mostly the mixed schools, girls keep them fit.
Should be a cracker!! Could be a very good idea to arrange a national final between the Burger Champ and the Beeld trophy champ as from next year or in the future, in under 14/15/16 A teams and 1st team levels. Good attract a lot of interest…
wish the main game were televised……dont think I’ll be able to make it out to Paarl tomorrow