Waterkloof beats Garsies in an epic battle! 36-34

Klofies first rugby team beat Garsies on Saturday, this after Waterkloof experienced three losses in a row. The match could have gone either way. Waterkloof beat Garsies 36 – 34 in a very tight match. The match was played in front of a crowd of about 5000 spectators. Garsfontein were optimistic. Their first team has never beaten Waterkloof.

Waterkloof’s forwards, coached by Burger Lindeque, are a formidable pack and they managed to win the game with brilliant defence and breakdown contesting. Waterkloof’s loose head prop and tight head prop Xander and Johan van Wyk were brilliant in the scrums. The two flankers Sean and David Joyce tackled ferociously and played fearlessly.

Garsfontein drew first blood when big lock Hyron Andrews scored their opening try. Klofies flyhalf Tinus de Beer replied with a penalty kick. Waterkloof took the lead with a few minutes left on the clock in the first half when centre Peet de Klerk scored a try and Tinus kicked the conversion.

Garsfontein kept their cool and in the dying minutes of the first half when Franco Naude capitalised on some Klofies bad handling and scored a try.

The second half started with Garsfontein’s hooker Blokkies de Jongh scoring a try.  Wing Dewald Lindeque of Waterkloof replied with a try. Both teams made a lot of handling errors in the second half but made up for it in the last 15 minutes of the match. Garsfontein started playing the match at a fast pace and Marquit September scored a try. Garsfontein lost a player in the backline to a yellow card and this disrupted their game.

Nothing seemed to disturb Waterkloof though and they slowly but surely took control with Wilbri Gunter and Tinus de Beer scoring tries. Garsfontein did not give up and Hyron Andrews scored his second try. In the dying minutes Waterkloof put a lot of pressure on Garsfontein and with one minute remaining prop Johan van Wyk dotted down to snatch the victory out of Garsfontein’s grasp. With the final kick Tinus de Beer remained calm under the immense pressure and kicked the winning points.

What an epic!

39 Comments

  1. avatar
    #39 Bulle

    @Rugbyman: Stem volkome saam met jou hoe beter die kompetisie daar is hoe beter vir die kinders. Solank die kinders net die geleentheid kry om teen die bestes te speel. En ja glo dit as jy wil ek is eintlik ‘n vrou en geniet dit regtig om al die interresante gesprekke te volg . Ja ons is mal oor die skool maar ek is seker elke skool het sy probleme goed of sleg. Op die einde van die dag gaan dit oor die kind wat gelukkig moet wees waar hy ookal is en dit moet die kind se keuse wees na watter skool hy ookal heen wil gaan al wat ek sal sê as daardie kind ‘n keuse gemaak het in Std 6(GR8) het hy sy keuse gemaak anders verraai hy sy skool. My dogter het ‘n keuse van ‘n beurs gehad en sy het dit nie gekies nie, wou na ander skool, na ‘n jaar was die skool nie meer lekker, nou ja ha pa het gesê jou keuse is gemaak jy sal da bly. Lekker dag en ja ek is regtig bly vir Garsfontein hulle het daardie boost nodig, maar dalk moet die werwing al in Gr 8 gedoen word en nie later nie, daar moet tog ‘n balans in die skool se rugby wees dit is nie net die 1ste span wat die skool maak nie, vir daardie Gr8 kind is dit net so belangrik om die beste te wees soos vir die 1ste span kind. Dankie nou het ek genoeg gesê. Mag rugby more seevier en die beste span wen tussen Kloof en Affies. Die kinders moet net hulle self geniet.

    ReplyReply
    24 May, 2013 at 14:34
  2. avatar
    #38 Rugbyman

    @Bulle: dit help nie om met julle affies manne te redeneer nie want julle verafgod die skool… julle behou affies die reg voor om die beste rugbyspelers te lok… hiers so bietjie slegte nuus… tye het verander… daar is nou ander skole wat ook die geleenthede bied wat affies bied… my opinie is dat dit BAIE gesond is vir rugby… meer seuns kry blootstelling op die hoogste vlak… of verkies jy dat top rugby spelers eerder moet 2de en 3de span by affies speel?

    ReplyReply
    24 May, 2013 at 13:23
  3. avatar
    #37 Rugbyman

    @Bulle: jys doodreg ou maat… selfde geld vir kinders wat na garsfontein, kloof of enige ander top skool toe gaan – dis hulle en hulle ouers se keuse… Die wereld van rugby is egter baie groter as Affies… daars anner skole ook wat net sulke goeie geleenthede bied! daarbuite en niemand dwing enige iemand om iewers heen te gaan nie. Almal aanvaar egter dat as n kind na garsfontein toe skuif is hy gekoop… dis egter nie waar nie! Kinders kom uit hulle vrye wil en is baie gelukkig soos by affies! Ek dank jou egter dat jy my punt staaf… mense maak keuses en ek respekteer hulle… maar moenie maak asof daar nooit iemand nuuts in affies “opdaag” nie… hulle bemark tog soos alle ander top skole! Wat betref die blou bulle keuring, ek het geen probleem daarmee nie. Woltrui het garsfontein gekritiseer oor daar nuwe kinders in gr.10 inkom… ek het bloot bewys dieseldfde gebeur maar by affies ook…

    ReplyReply
    24 May, 2013 at 13:16
  4. avatar
    #36 BuffelsCM

    @Bulle: Hallo Bulle: ek ken nie die omstandighede nie, maar jy maak ‘n geldige punt – altans as buitestaander lyk dit so vir my

    ReplyReply
    24 May, 2013 at 10:37
  5. avatar
    #35 Bulle

    @Rugbyman: Ek wil net graag vir jou sê of jy miskien al daaraan gedink het dat die ouers Affies nader om sy kind te skuif. Hoekom moet dit noodwendig die skool wees wat hulle nader. Al het daardie seun geskuif na Affies verlede jaar in die rugby seisoen is dit Dr Edwards se beleid dat daai seun glad nie mag speel daardie seisoen vir die skool nie so hy moet wag vir die volgende jaar, en glo my ek weet beslis waarvan ek praat. Wil jou ook net inlig dat daar 9 keurders is by die rugby proewe. Affies hoef nie te gaan bemark op hoerskole vlak nie hulle bemark hulle self deur hulle spel. Dalk moet jy bietjie dink of uitvind by daardie 2 seuns of dit nie hulle ouers is wat Affies gekontak het nie, en ek belowe jou Affies bemark hulle wel by laerskole soos enige skool, maar hoekom wil jy ‘n kind koop en sy hart is nie in daardie skool nie. Elke kind wat daar is is uit vrye wil en omdat hy daar wil wees. Seuns wat gewerf word belowe ek hou het geen respek vir daardie skool waarin hy is nie want hy is daar omdat hy MOET RUGBY speel en nie omdat hy regtig daar wil wees nie.

    ReplyReply
    24 May, 2013 at 10:29
  6. avatar
    #34 Rugbyman

    @Woltrui: Wollie, ek was lanklaas hier… Net 2 FEITE: Die 2 splinternuwe slotte in Affies se o/16 A span, die een wat laasjaar vir Florida o15A gespeel het en die ander een wat laasjaar vir Helpmekaar o/15A gespeel het (dis nou die twee manne wat beide 2 meter lank is – kyk gerus more teen Kloof na hulle) Hoe dan dat hulle nou skielik nuut in Affies is en sommer beide in die Grant Khomo span ook…? Het hulle nie julle slotte van laasjaar se plekke geneem nie, hulle van ‘n geleentheid ontmneem nie? jy is BAIE naief as jy dink Affies “bemark” slegs op laerskool vlak… Leef gerus met jou oogklappe en sus jouself aan die slaap in die bed saans met ‘n warm koppie melk….

    ReplyReply
    24 May, 2013 at 09:44
  7. avatar
    #33 Ploegskaar

    @Rugbyman: Beslis nie van myne nie, daarvoor het jy ‘n decanter en goeie glase nodig, nie bierglase gemonteer op ‘n hardhat, met strootjies nie. BTW, reël dat julle maar die Kwaggas gaan speel, julle is mos bang vir niks en dan kan baie van julle seuns sommer by hulle ouers gaan kuier en slaap, lekker koste-effektief.

    ReplyReply
    24 May, 2013 at 09:44
  8. avatar
    #32 Rugbyman

    @Woltrui: Haai Wollie… Jou kommentaar is so bietjie onregverdig… Ek (met my garsies avatar en al) het Kloof meer as een maal op die blog geluk gewens – spesifiek Klofiepa by name… Ek het laas gemoan oor die Pumas ref, maar nie ‘n woord gerep oor die ref tussen Garsies en Kloof nie… So jou lae houe in die kryt na Djou wat duidelik nie ‘n Garsie supporter is nie is so bietjie ongevraagd…? Het jy van Ploegskaar se rooiwyn geneem of wats aan die gang? Gaan lees gerus my posts oor die game, of lees jy net selektief…? :mrgreen:

    ReplyReply
    24 May, 2013 at 09:34
  9. avatar
    #31 Rugbyman

    @Woltrui: My avatar is steeds wat hy was Wollie….

    ReplyReply
    24 May, 2013 at 09:30
  10. avatar
    #30 Woltrui

    @BOG: Hehehehe. Verskoon maar die skryfstyl ou Bog. Probeer so tussen die werk deur ‘n goeie geveg met julle Blikore handhaaf. Om nie te praat van die visvoete en die souties nie. Gaan maar rof. :mrgreen:

    ReplyReply
    24 May, 2013 at 08:43
  11. avatar
    #29 Woltrui

    @Djou: Dankie Djou. Die “system 1” error seker die rede dat ek so moer baie pak gekry het as laaitie. Dankie vir die info. Dit help baie. Gaan die sielkundige nou in sy maai stuur.

    ReplyReply
    24 May, 2013 at 07:58
  12. avatar
    #28 Djou

    @Woltrui: Hoekom verwys jy heeltyd na my as julle wanneer jy van Garsies praat? Reeds aan jou gemeld wie ek ondersteun en ook dat jy uiters selektief lees. Jou gedrag en antwoorde word deur Kahnemann as ‘n “System 1 error” geklassifiseer, m.a.w. jou intuitiewe optrede oorheers die weldeurdagte. Dit kom by 95% van alle mense voor en is niks om oor skaam te wees nie. Die kuns is om dit te weet en aanpassings te maak en te verhoed dat dit voortdurend gebeur. Kahnemann het voots bevind dat intuitiewe optrede nie altyd verkeerd is nie.

    Ek dink ook nie veel van die dagblad nie – trouens ek probeer deesdae geen koerant te lees nie – maar ek onthou tog dat hulle in die geval net die boodskapper was. Die navorsing was deur ‘n onafhanklike maatskappy gedoen wat waarskynlik net die resultate in ‘n persverklaring gepubliseer het.

    ReplyReply
    23 May, 2013 at 19:47
  13. avatar
    #27 BOG

    @Woltrui: Ek het nou nie moeite gedoen om alles in detail te lees nie , maar laat my weet wanneer die sagtebanduitgawe beskikbaar sal wees- gratis natuurlik. Moet se, dit is n verligting om te verneem dat jy nie in die onderwys is nie. Dit was baie duidelik nie in die Vrystaat nie, maar in Tshwane is dit seker n moontlikheid- waarskynlik Engels of Wiskunde geletterdheid

    ReplyReply
    23 May, 2013 at 18:33
  14. avatar
    #26 Woltrui

    @Djou: Djou ek wou jou nog vra. Hoekom het al die Garsies ondersteuners skielik hul avatars verander na sg neutral spanne? Jy en Rugbyrealis. Al persoon wat die Garsies avatar het is Rugbyman. Nuwe bemarkingsbeleid van julle om julle as neutralis voor te doen?
    Wou jou ook nog vra? Na die Garsies/Kloof wedstryd het jy die volgende opmerkings gemaak. “Die keerpunt in die wedstryd. Verkeerde lynregterbeslissing toe hy besluit n bal is uit wat meer as n meter binne die speelveld was ……”.
    Na die verloor teen Nelspruit het julle net so gekla. Hoekom vat julle nie maar julle pak soos ‘n man nie en wens Kloof geluk met hulle oorwinning? Dink jy werklik ‘n lynregter van die BB Unie gaan ‘n bal wat n meter binne die veld land as uit aandui. :mrgreen:
    Tov die sg navorsing van die groot dagblad in Pretoria. Nader Bog om jou te vertel wat hy van die Dagblad se inligting dink.
    As jy dan oortuig is Affies koop spelers. Wonderlik. As jy so se dan koop hulle spelers.

    ReplyReply
    23 May, 2013 at 17:31
  15. avatar
    #25 Djou

    @Woltrui: Siestog, dit is al hoe ek op jou snobistiese aanmerkings kan reageer.
    Maar nietemin, jy is al ‘n stappie nader aan ‘n bekentenis.
    Affies doen net bekendstellings. As ander skole dit doen is dit werwing.
    As ‘n kind in Affies geborg word is dit nie ‘n beurs nie. As dieselfde by ‘n ander skool gebeur is dit beurse. Dubbele standaarde, maar soos ek genoem het dit maak glad nie vir my saak nie.
    Maar ek weet wat ek weet en as jy reg onthou, ek het genoem dat ek ‘n rugbyskrywer was en baie meer weet as wat jy dink. Maar ek het ordentlikheid en respekteer ander se privaatheid – die dat ek nie name sal noem nie. As ek jou ooit raakloop sal ek egter wel die name begin afryg. Sal sommer begin met my oorlede beste vriend se susterskind – wat terloops uit ‘n ander skool na Affies toe is met skoolgeld ten volle betaal. Hy is deesdae baie bekend. En dan sal ek sy maatjies begin opnoem.
    Groetnis tot die volgende tema en sterkte aan die Affieseuns vir Saterdag.

    ReplyReply
    23 May, 2013 at 16:17
  16. avatar
    #24 Woltrui

    @Djou: Ha ha ha. Half verwag jy gaan noem dat jy nie kan name noem nie.
    As Affies hulself bekend stel aan laerskool kinders by die toernooie en ook Opedag hou vir Laerskool kinders, vergelyk jy dus nou met die werwingsmetodes van Garsies.
    Wat doen julle vir die kinders wat bv in GR 10 is en losskakel vir die A span speel as daar nou skielik ‘n WP Grand Khomo speler opdaag om sy plek in te neem. Dink jy die kinders gaan dink die skool is lojaal teenoor hulle.
    Djou jy sal ‘n tendens by die groot seunskole reg oor die land aantref. Die outjies sal deur n vuur vir hulle skole loop. Twyfel of die outjie wat vir Garsies gespeel het en nou moet plekmaak vir die WP spelertjie, dieselfde gevoel teenoor sy skool sal he.

    ReplyReply
    23 May, 2013 at 13:00
  17. avatar
    #23 Djou

    @Woltrui: Eish, jy verwar “in perspektief stel” met verdedig. Ek het die feite oor skoolgeld wat deur “weldoeners” betaal word, in verskeie skole. Maar soos ons ooreengekom het op die webwerf sal ons nie name noem nie en ek skuil beslis nie daaragter nie. En ek sien niks verkeerd daarmee nie want iemand wat het, maak ‘n oordrag na “meestal” iemand wat nie het nie en help sodoende daardie persoon.
    Voorts, dit gaan nie oor Garsies nie, dit gaan oor die beginsel. Ek gebruik Garsies as ‘n voorbeeld. Topskole doen almal werwing. As bv. Affies nie werwing doen nie, waarom is hul “tentjie” gewoonlik by die Cravenweek vir laerskole.
    Ek trek nie Affies af nie, want kinders kry geleenthede daar en dit is ‘n goeie sportskool. Jy sien dinge verkeerd want jy lees selektief. Maar terwyl jy predik daaroor, waarom maak jy jouself skuldig aan jou eie stelling deur Garsies te kritiseer?
    Die navorsing was in die grootste Afrikaanse dagblad in Gauteng. Dit is ‘n aantal jare gelede deur ene Niekie van der Berg van RSG geopper op ‘n inbelprogram en die steun was oorwegend vir beurse – en ‘n ruk daarna het die vermelde navorsingresultate verskyn.

    ReplyReply
    23 May, 2013 at 12:09
  18. avatar
    #22 Woltrui

    @Djou:
    Djou van wat se navorsing praat jy wat daarop dui dat 66% mense ten gunste van beurse by skole is?
    Wie is die sg person by Affies wie se skoolgeld deur n ander “instelling/persoon” betaal word? (Ek kan se ek weet van ‘n seun wat deur byvoorbeeld Grey gekoop is. Ek se dit om n’ feit te staaf. Ek het geen bewyse dat dit werklik die geval is nie). As jy Garsies probeer beskerm-goed so. Moenie Affies in die proses probeer aftrek nie.

    ReplyReply
    23 May, 2013 at 10:25
  19. avatar
    #21 Djou

    @Woltrui
    1. Nie gedink jy is ‘n onderwyser nie – net gereageer op jou vraag aan my?
    2. ‘n Beurs beteken nie dat geen skoolfonds betaal word nie – iemand anders kan dit namens die student/leerder betaal. Ek wil glad nie in ‘n debat daaroor betrokke raak nie, maar ek weet vir ‘n feit van seuns in ‘n seunskool in Pretoria wie nie skoolgeld betaal nie sienende dat ‘n ander instelling/persoon dit betaal.
    3. Ja, jy is reg, ek het nie al die kennis oor Affies nie – net soos jy waarskynlik nie al die kennis oor ander skole het nie, maar steeds die reg het om jou opinie daaroor te lug.
    4. Dit is nie nodig om Garsies se beleid te verdedig nie. Hulle het die keuse om ‘n beleid te volg wat hulle wil en sommige gaan daarmee saamstem en ander nie. Na ek egter die situasie waarin hulle verkeer het nagevors het, verstaan ek waarom hulle die rigting ingeslaan het. Dit is immers in die eerste plek beurse wat hul bure aan hul leerders gebied het wat daartoe gelei het dat hulle nie hul eie spelers kon hou of werf nie. Interessant, indien jy navorsing volg sal jy weet dat dit getoon het dat meer as 66% ten gunste is van beurse – dus is jou stelling dat meeste rugbyliefhebbers daarteen gekant is gegrond op ‘n klein steekproef van mense met wie jy praat en ken.
    5. Ja, ek geniet dit hier in Pretoria en die Bulle is my tweede span. My seun het reeds sy Cheetahtrui vir ‘n Ligbloue verruil en is nou ‘s stoere Bul.

    ReplyReply
    23 May, 2013 at 08:38
  20. avatar
    #20 Woltrui

    @Djou: Goeiemore Djou.
    1. Ek is in my drome n onderwyser by Affies. Het niks met die onderwys te make nie.
    2. Affies gee nie beurse nie, hulle koop nie spelers nie. Al die spelers, van die in die 1ste span tot die in die 0/14 D span, se ouers betaal skoolfonds. Kinders wat na Affies kom na Graad 8 se ouers is verplaas of hulle bring die kinders na Affies om geleenthede aan die kinders te bied. Dr Edwards, die skoolhoof van Affies is totaal en al gekant teen die “koop” of plasing van skoliere. Ek twyfel of jy as Vrystater die nodige kennis het rakende Affies om jou te veel daaroor uit te laat.
    3. Jy kan Garsies se beleid soveel verdedig as wat jy wil. Die meeste rugby liefhebbers in Pretoria is gekant teen julle beleid. Dit ontneem seuns van Pretoria die voorreg om hulle skool se eerste span te verteenwoordig (dit is my opinie en ek wil nie graag daaroor debateer nie. Ek gaan nie my standpunt daaroor verander nie).
    4. As jy mooier woorde praat is dit goed so. Tien uit tien vir jou.
    5. Welkom in Pretoria. Hoop jy geniet die Rugby. Veral daar op Loftus is die kwaliteit beter as waaraan jy gewoond is. Hoop Beet kan jou trui verander na ‘n bloue voor die jaar uit is. :mrgreen:

    ReplyReply
    23 May, 2013 at 08:07
  21. avatar
    #19 Djou

    @Woltrui: Boet, ek is nie so wollerig nie en ek praat mooier woorde. As hy wil blog en ander wil slegmaak (en wil beweer daar is geen import in Affies nie), stel hy hom mos bloot vir kritiek en moet hy maar die punch vat. Dit is hoe die regte lewe binnekort vir hom gaan behandel. Dit is irrelevant of ek skoolgee by Garsies, net soos dit irrelevant is of jy skoolgee by Affies. Maar net ingeval, nee, ek is ‘n Cheetah – soos jy mos kan sien en my skool “feature” nog nie in die Top 20 nie. Ek kyk egter skolerugby en kan objektiewer wees oor Pretoriaskole as enigeen wat ‘n belang het by ‘n skool in Pretoria. Ek sal jou wel ‘n leidraad gee. Ek werk met stats en was tot onlangs ‘n vryskutrugbyskrywer – :-P tot die werk bietjie te veel geraak het.

    ReplyReply
    22 May, 2013 at 20:35
  22. avatar
    #18 Woltrui

    @Djou: Ag Jirre Djou. Moet jy nie nou ok begin met die bulletjie nie. Die laaitie is 17 jaar oud. Wonderlik om sy opinie te hoor. Gee jy skool by Garsies??

    ReplyReply
    22 May, 2013 at 16:51
  23. avatar
    #17 Djou

    @Ploegie: Was gister daar maar vanoggend terug in JHB. Weet steeds nie wat die punt is wat die Affie jongeling wil maak nie. Kommentaar lewer of punt maak? Iets te doen met hartseer kinders? Iets te doen met stywe handdrukke? Weet nie! Ek ek weet ook nie hoe ‘n skool dit regkry om te sing nie. Dalk die leerders in die skool, maar ‘n skool “Never”!

    ReplyReply
    22 May, 2013 at 15:27
  24. avatar
    #16 Ploegskaar

    @Djou: Jy more in Wellington? E-mail maar as jy ‘n paar pointers soek.

    ReplyReply
    21 May, 2013 at 21:50
  25. avatar
    #15 Djou

    @Affies: En jou punt is? 8-O

    ReplyReply
    21 May, 2013 at 21:14
  26. avatar
    #14 Bulle

    @Affies: Sover ek weet kan hulle 14 probeer 16 spanne bymekaar maak vir Saterdag teen Affies

    ReplyReply
    21 May, 2013 at 10:48
  27. avatar
    #13 BOG

    @Ploegskaar: Engels is nie vir Wolboude n derde taal nie- vir hom is dit n vreemde taal! :lol:

    ReplyReply
    21 May, 2013 at 04:33
  28. avatar
    #12 Affies

    Was by die wedstryd gewees en moet sê dit was ‘n goeie een, een ding wat vir my baie opvalled was, was Garsfontein se 5 of 6 imports wat na die tyd sak en as op die veld gehuil het terwyl die res van die manne mekaar ‘n stywe handdruk gegee het, toe die skool liedere uit volle borste gesing is deur albei skole, toe loop hulle, 8-O

    ReplyReply
    20 May, 2013 at 19:17
  29. avatar
    #11 Affies

    Weet enige iemand hoeveel spanne Waterkloof kan bymekaar skraap vir die naweek se Rugby?, Waterkloof se voorspelers het gewys hulle is op vir enige iets maar hulle agterlyn lyk maar power, Garsfontein kon nie dit ten volle benut nie en het amper by elke geleentheid baie skuins gehardloop.

    ReplyReply
    20 May, 2013 at 19:09
  30. avatar
    #10 Woltrui

    Kloofpa geluk met julle oorwinning. Kloof is ‘n kwaliteit span en het een eienskap wat ek nog altyd bewonder. Hope guts (amper net so groot soos die twee Blou Bul pere wat agter my bakkie se sleepstang hang). So tien jaar terug n semi finaal Nu Power wedstryd tussen Monnas en Kloof gekyk. Monnas was op die stadium die No 1 gelyste skool in SA en by ver die gunsteling om Kloof af te stof(Van Deventer, Sa skole flank, was Monnas se kaptein). Waar foeter Kloof toe vir Monnas in so triestige reentjie op. Vereenselwig altyd Kloof met die wedstryd.
    Genoeg gatgekruip. Vyande dan tot volgende week. :evil:

    ReplyReply
    20 May, 2013 at 16:51
  31. avatar
    #9 beet

    @Woltrui: @Woltrui: :mrgreen: :mrgreen: :mrgreen: :mrgreen: :mrgreen:

    ReplyReply
    20 May, 2013 at 16:37
  32. avatar
    #8 Woltrui

    Arther or Marther, stil appreciate the matchreport. Thank you Beet for the editing. Thank you the writer. Much appreciated. Pease ignore the clever ass farmer :mrgreen:

    ReplyReply
    20 May, 2013 at 16:37
  33. avatar
    #7 Woltrui

    Klink vir my of Tjopster die opstel geskryf het. 8-O

    ReplyReply
    20 May, 2013 at 16:34
  34. avatar
    #6 Woltrui

    @Ploegskaar: Thank you for the explanation. Had the family up and running looking for the f#2*#n dictionary. 8)

    ReplyReply
    20 May, 2013 at 16:32
  35. avatar
    #5 Ploegskaar

    @Woltrui: Voor Beet se redigering het dit gelees of ‘n Engels derdetaal spreker dit geskryf het.

    ReplyReply
    20 May, 2013 at 16:26
  36. avatar
    #4 Woltrui

    @Ploegskaar: Huh??

    ReplyReply
    20 May, 2013 at 16:11
  37. avatar
    #3 Ploegskaar

    @beet: :wink:

    ReplyReply
    20 May, 2013 at 15:53
  38. avatar
    #2 beet

    @Ploegskaar: :mrgreen:

    I made some changes.

    ReplyReply
    20 May, 2013 at 15:45
  39. avatar
    #1 Ploegskaar

    Did either Woltrui or a former NP cabinet member write this?

    ReplyReply
    20 May, 2013 at 15:28

Leave a Reply