The unique 2020 version of the u21 Championship will exclude the Leopards, and involve the remaining five unions playing in a congested one round tournament in Johannesburg from 04-30 October 2020. Catch the Livestream action compliments of SchoolSportsLive.com
Link to matches:
https://www.youtube.com/results?search_query=u21+currie+cup+2020
@Cappie: Ja, genadiglik het die getalle by die noodeenheid aansienlik afgeneem die afgelope 10 dae. ICU nog vol, ons kon ons kraamsaal terugkleim met minder Covids in die sale, maar res steeds feitlik vol. Meeste personeel wat siek geraak het terug by die werk, een kollega (en sy vrou) nog baie siek. Ons wag op die vaksien!
@tzavosky: Het julle darem ook nou ‘n afname in Covid opnames?
@Cappie: Presies wat die oorspronklike idee agter “flatten the curve” was, om die druk op die gesondheidstelsel te verlig. En toe dink ons dis oor en die ekonomie moet gered word – boom! Gebakte pere.
@tzavosky: Dit is ‘n krisis. Ek lees oral hoe word hospitale in die media sleg gesê omdat hulle nie pasiênte kan help nie.
@Cappie: Nee, dit bly ‘n slagveld – voorverlede nag het ons 7 sterftes gehad, en die hospitaal bly vol, moeilik om ander nood te hanteer.
Die druk op ons noodeenheid is so effens verlig deurdat die ambulansdienste op “divert” geplaas is – dit beteken hulle mag nie ‘n privaatpasiënt van ‘n provinsiale hospitaal na ons toe bring nie, en ook dat buitedokters eers moet skakel en ‘n bed reserveer (as daar een beskikbaar is) voor hulle ‘n pasiënt direk stuur.
Daar is talle wat in die algemene saal lê, maar eintlik in die ICU hoort – ander hospitale het dieselfde probleem, so jy kan hulle nêrens heen stuur nie.
@tzavosky: Gaan dit darem al bietjie beter by die hospitaal? Ek sien die Limpopo-syfers is baie hoog die laaste ruk.
@tzavosky: Sterkte dit is inderdaad krisis tye.
Niemand sê as jy verantwoordelik handel jy nie COVID gaan kry nie, inteendeel.
Die keuse moet egter myne wees. Elke persoon wat wil werk om kos op die tafel te sit is essential.
@Cappie: Watter hospitaal – Tzaneen Mediclinic.
Rakende die “verafgeleë platteland” – dis ons daai! Dit lyk of dinge die afgelope week effens afplat by ons, MAAR derduisende mense het oor Kersfees vanaf Gauteng hier by hulle families kom deurbring, wat bygedra het tot ons dilemma. Daai mense is nou terug Gauteng toe en ek sien op News24 Steve Biko sukkel om kop bo water te hou. Dis ‘n omvattende krisis wat nie net op die platteland afspeel nie.
Oor “verantwoordelik” wees soos @AbsolutMenlo genoem het, dis nie so eenvoudig nie. Baie van die siekes wat ons sien is mense wat dienste lewer – die vrou wat die till slaan by die supermark, onderwysers, polisiemanne, ens. My broer se seun van 42 lê in Capegate Mediclinic op ‘n ventilator – hy bedryf ‘n auto-eletrisiën onderneming en het niks onverantwoordeliks gedoen nie, behalwe sy werk.
So, ek dink ons moet versigtig wees met wat ons sê, Covid kan met enige iemand gebeur, sonder dat hulle noodwendig onverantwoordelik was.
@tzavosky: Dit klink nie baie goed nie. Ek is regtig jammer. Ek hoop regtig dit gaan beter gaan vorentoe. @tzavosky: Watter hospitaal is dit?
Ek sien gister was die meeste sterftes in een dag sedert die uitbreek van die pandemie in SA.
@AbsolutMenlo: Ek stem saam. Dis baie belangrik dat elkeen verantwoordelikheid moet neem van sy aksies mbt Covid-19 en respek moet hê vir mekaar. Ek reken baie meer as 1.2m mense het al Covid gehad. Almal toets nie, aangesien almal nie so baie siek word nie. Mense weet nou al wat is die simptome en gaan maar net in selfisolasie. Nie eers te praat van die verafgeleë mense in die platteland wat nie gemaklike toegang het tot mediese behandeling nie. Ek wil nie weet hoe lyk dit in die klinieke in die platteland nie.
@Cappie: Ons nuutste statistiek:
30 sterftes van Maart tot einde November.
11 sterftes uit 113 opgeneemde pasiënte vir Desember.
48 sterftes uit 111 pasiënte vir die eerste 10 dae van Januarie.
Dis ‘n slagveld!
Voorspoedige nuwe jaar vir almal!
Mag skolerugby 2021 afskop en nie deur vrees gedryf word nie… al lyk dit reeds asof dit nie die geval gaan wees nie.
COVID is ‘n realiteit, maar die lewe moet aangaan … ‘n nuwe normaal @Cappie: waar die onus moet oorgaan na elke individu om te besluit wat is sy risk appetite vir COVID.
Reëls en regulasies van die regering wen dalk so bietjie tyd “flatten the curve” maar ten koste van menigde wat hul werk en besighede verloor terwyl hulle bereid was om verantwoordelik te handel.
@Cappie: “More of the same!” ‘n Lang tou by die hospitaaldeur toe ek vanoggend daar weg is, ook by die lab langsaan. 13 sterftes oor die naweek. Verpleegpersoneel sigbaar getroumatiseer, asook ander pasiënte wat dit aanskou.
Ek sien Steve Biko in Pretoria het dieselfde situasie, en dit gaan erger word met mense wat teruggekeer het na die vakansie.
Terloops, ek sien Rapport spekuleer dat SARU ‘n verbod gaan plaas op amateurrugby (wat skole insluit) tot einde Junie. Bye-bye skolerugby 2021.
@tzavosky: Voorspoedige nuwe jaar vir almal. Ek vertrou dinge sal baie meer voorvarend (ek vermy die woord “Positief”) wees vir almal hierdie jaar. Mag alles terugkeer na normaal, al is dit ‘n nuwe normaal. @tzavosky: Is baie insiggewende eerstehandse terugvoer wat jy gee met betrekking tot die stand van die gesondheidstelsel op die grond. Sal gaaf wees as jy ons op hoogte kan hou daarvan.
Sterkte vir die jaar vir almal.
@tzavosky: Sorry to hear – what a nightmare!
@Vleis: Thanks, Vleis, my 2nd test came back -ve and I seem fine, my colleague is improving as well.
But it’s chaotic at our hospital, with at times 6 ambulances waiting in a queue to drop severely ill patients, some are receiving emergency oxygen in the parking lot, all the wards converted to Covid care units, including half of the maternity ward, off duty colleagues being called in to help work away the backlog. 2-3 deaths per day.
Anyone still insisting “it’s only a bad flu”, please come and volunteer to help with access control, or help the funeral parlours to remove the bodies, very little training needed for that.
@tzavosky: Good luck – hope that you get through it safely and quickly.
@Gatskop: Dankie, ek is nog steeds asimptomaties en het my gister weer laat toets, wag vir die uitslag, want ek wil net ‘n slag bietjie wegkom saam met die familie die naweek.
My vrou het -ve getoets, so ek is hoopvol.
Ander kollega ook +ve, maar hy het koors en is erg lyfseer en moeg.
@tzavosky: Baie sterkte vir jou en jou familie.
Hoop almal is veilig.
So, gister het SA 1miljoen Covid gevalle verbygesteek, en ons ervaar dit plaaslik. Ons ICU is vol net met Covid pasiënte, en daar is ‘n 30-stuks in die algemene saal op suurstof, waarvan sommiges in ICU hoort. Ons sien so 2 sterftes per dag.
Dis chaos by ons noodeenheid en by tye moet ons ekstra dokters inroep om te kom help. Op my 8uur skof Vrydag het 6/11 pasiënte +ve getoets, met nog wat vroeër +ve getoets het en baie siek is. Ons ervaar ‘n tekort aan verpleegpersoneel.
Op my nagskof Saterdag het ek dat die lab tegnikus my ook toets; vandag het die uitslag +ve teruggekom. Ek is asimptomaties, maar moet nou tuis isoleer.
(Net sodat julle weet as julle dalk nie weer van my hoor nie!)
@Gatskop: Al wat ek vir jou kan sê, is ons generasie het bederf geraak en weet nie wat dit is om opofferings te maak nie.
Daar was ‘n generasie wat die Boereoorlog, WOI, die 1918 Griepepidemie, die 1933 Depressie, WoII en die 1950’s Polio-epidemie deurleef het.
@tzavosky: Ja dis nie so rof soos dit klink nie. Die staats hospitaal hier het plek vir 49 pasiente. Die privaat hospitaal het minder as 39 plekke beskikbaar.
So ja dis redelik vol, maar moenie te veel na die media luister nie. Dinge is onder beheer in die Suid kaap.
Die strande is vol en die karevaan plekke ook.
Redelike kanselasies met die wonderlike regering van ons wat nie die lockdown gebruik het vir enige beplanning nie. Hulle verstaan nog nie dat almal, soos in almal in Suid Afrika bloodgestel gaan word aan die virus nie.
As hulle gaan wag vir n cure gaan hulle die volgende 10 rugby seisoene afstel.
Ongelukkig gaan daar 10 talle mense dood van die virus.
Daar gaan egter 1000de mense dood agv die feit dat hulle nie behandeling kry vir ander siektes nie. Die TB sterfte syfer in die Wes Kaap het ontplof en blybaar is daar van die, 7.9miljoen mense wat op vigs medisyne is, meer as 3miljoen wat nie by klinieke uitkom nie agv die briljante beplanning wat ons mee sit agv covid.
Ons sal seker weer al die skole toemaak omdat 1 onderwyser positief getoets het maar nie siek was nie.
Die regering het sover elke hofsaak verloor omdat hulle nie die wetenskap van pandemie behandeling (covid) verstaan of nie.
Weereens klink dit seker of ek nie omgee vir mense wat siek is nie, maar dis onwaar.
Ek dink die behandeling is egter meer skadelik as die oplossing.
@Gatskop: Ek weet nie wie “hulle” is nie, en ek hoor ook niks van hulle nie. Ek hoor wel dat die Suid-Kaapse hospitale pasiënte moet oorplaas Kaap toe omdat hulle kapasiteit bereik het, en dat privaathospitale in die Kaap pasiënte oorplaas na die Carel Bremer hospitaal omdat hulle kapasitiet bereik het, en ek sien Mediclinic het alle elektiewe operasies in die Wes-Kaap, wat die Tuinroete insluit, opgeskort het.
Maar dis nie net daar nie, ons ICU by Tzaneen Mediclinic is die afgelope week so vol van die Covids, dat ons pasiënte met hartaanvalle en dergelike krisisse in die algemene sale moet behandel. Die nasionale syfers lieg nie, ons sien dit ook hier op grondvlak.
Teen die huidige tempo kan ons skolerugby vir 2021 ook koebaai wuif.
@tzavosky: Ek sien daars nou mediese groepe wat ernstige vra beging vra oor die resultate van die toetse wat op die Balito Rage gedoen is.
Omdat dit as voorbeeld genoem is deur Al Presidente…. Gaan hulle dit moontlike opvolg rn weer toets. Selfs in tronke en op passeries skepe waat daar langtermyn blootstelling is was die max infeksie rate 41%. Op daai rage in n kort tyd was dit 91%. Hulle ruik n rot…
@Gatskop: Ons sal moet wag en sien – laas wat ek gehoor het, het 32 van hulle kontakte tuis ook positief getoets. Dit mag die oupa of ouma met diabetes wees, ons weet nie, en dis te gou om te sê wat gaan gebeur.
@tzavosky: Hoeveel van daai matrieks is dood?
@Gatskop: Jy ken mos die gesegde, ” ‘n Pessimis is ‘n Optimis met Ervaring”.
Kyk nou maar net hoe het die matriek Rage uitgedraai…
@tzavosky: Ja die kanse dat sport gaan gebeur is seker skraal..Het maar positiewe gedagtes probeer.
@Gatskop: Wel, ek hoop so. Maar met ‘n skerp styging in Covid gevalle, provinsiale spelers wat tans weekliks getoets moet word (en sekere wedstryde gekanselleer is), wonder ek hoe skole dit gaan bekostig om 10+ spanne weekliks te toets, as ‘n mens aanvaar dieselfde maatreëls gaan geld.
2021 gaan n groot seisoen wees. Alle sport gaan volledig aangaan en n wonderlike seisoen wees.
….
@Steve K: It exists, but since you received no reply in 3 days, I ‘ll say it is in deep hibernation!
Nothing to talk and argue about, and with the 2021 season probably also in the balance, chances are it will continue.
Is the Schoolboy Rugby page still active? There have been no posts for over a month now…..
Die wonde van WP begin wys, hierdie snoek is vrot..
Well done Bulls.
They have a very special group of players.
@Strepie: Solank die krag in die Wes-Kaap le en die trofees in die Noorde staan is dit fine met my…..
@AbsolutMenlo: Well said!Also to the Garsies boys.In my very limited opinion I rate Bernard as the next big thing in Sa rugby.Imho he is Robert du Preez,Joost and Fourie in one player.
I know it’s a big statement but from inside info I understand Jake also rate him very highly.
Congratulations Bulls! Especially the Menlo Boys: Divan Venter, Bernard v/d Linde and Nolan Pienaar!!
Champions!
@Strepie: Good luck to him, but I feel sorry for Travis, who has been very unlucky with injuries.
I see that there are 14 Wits players in the match-day squad…and would’ve been 15 if Travis was not injured.
@Trots HJS (Tandem): Can the major clubs (Maties, Ikeys, False Bay, Villagers, Hamiltons, etc) not get together and sort out the crisis at WP?
@Strepie: Eers more.
Leeuwelpies wat vandag in die 0/21 finaal speel word deur die merkwaardige en uiters talentvolle Franke Horn aangevoer. Oud Boishaaier, maak ons trots.
@Vleis: Terrible Management, only interested in politics , nepotism etc
Krag le maar in die Weskaap,
Blameer die admin, nie die spelers.
@tzavosky: Agreed…and the poor performances of the team when the top is rotten should not be surprising, but nevertheless often is.
@Vleis: You’ll have to look at the Boardroom squabbles to answer that question, I think.
What’s happening to WP rugby? They have the strongest schools in the country and the strongest VC teams, so their u21 side should be sensational…but they got thrashed by the Lions yesterday.
Skitterend Leeus.
En daar trap die Lions toe die Bulls. Dit was n verrassing, maar daai Lions span is uitstekend. Die o/21 toernooi is werklik n uitstekende reeks met ongelooflike spelers.
Uit die o/21 spanne kan mens n span kies wat menigde ander lande se senior spanne sal klop.
Die no3 van die Lions was ongelooflik gewees. Ek gaan nie eers probeer om sy naam en van te spel nie. Dis n jammerte dat Wessels nie gespeel het nie. Dit sou n goeie 2 stryd gewees het.
No streaming yesterday?
@Gatskop: Vrystaat moes nogals baie getackle het in die wedstyd. Stem saam, die Bulle lyk baie goed.
Cheetahs moes nooit daai game teen die Bulls verloor het nie. Hulle lynstane was regtig pateties. Hoekom nie eerder pale toe skop as jy sien jou lynstane gaan verkeer op die dag nie. Dis n te trotse afrigter wat nie kan aanpas nie….. hoop hulle het n ordentlike geselsie met die afrigter na die tyd.
Baie geluk aan die Bulle. Hulle het regtig n baie goeie gebalanseerde span met hope agterspeler talent.
There are a lot of Wits players in the Lions squad. I count about 20.
@Gatskop: wat die Cheetahs se wen merkwaardig gemaak het is dat 5 starters nie gespeelhet nie
Wp was skokkend. Die spelers het regyig net ongemotiveerd en doelloos gelyk. Wessels van die Bulle het weereens gewys hy is n moontlike superster.
Die Cheetahs vs Lions games was regtig uitstekend. Vir Cheetahs het Korff en Van Wyk regtig uitgestaan, Lions was ongelukkig om nie die een te wen nie. Hulle agterlyn het heelwat beter as die Cheetahs gelyk. Horn op heelagter was heeltyd gevaarlik.