The North-South Festival which was initially hosted by HTS Drostdy before Hoërskool Middelburg took a turn as part of their 100th birthday in 2018, will be held at HTS Daniel Pienaar in Uitenhage starting on Saturday 16 March 2019. Eight schools will take part in the expanded festival which caters for u14A, u15A, u16A and 1st XV matches.
NORTH | PLACE & UNION | SOUTH | PLACE & UNION |
---|---|---|---|
Ben Vorster | Tzaneen, Limpopo | Daniel Pienaar | Uitenhage, EP |
Marais Viljoen | Alberton, Lions | Drostdy | Worcester, Boland |
Middelburg | Middelburg, Pumas | Nico Malan | Humansdorp, EP |
Transvalia | Vanderbijlpark, Valke | Strand | Strand, WP |
FIXTURES
DATE | FIELD | A/G | NORTH | SOUTH | ||
---|---|---|---|---|---|---|
Sat 16Mar | A1 | u16 | Drostdy | Transvalia | ||
Sat 16Mar | A2 | u16 | Nico Malan | Ben Vorster | ||
Sat 16Mar | A3 | 1st XV | Strand | Middelburg | ||
Sat 16Mar | A4 | 1st XV | Nico Malan | Ben Vorster | ||
Sat 16Mar | A5 | 1st XV | Drostdy | Transvalia | ||
Sat 16Mar | A6 | 1st XV | Daniel Pienaar | Marais Viljoen | ||
Mon 18Mar | A1 | u16 | Strand | Marais Viljoen | ||
Mon 18Mar | A2 | u16 | Daniel Pienaar | Transvalia | ||
Mon 18Mar | A3 | 1st XV | Strand | Marais Viljoen | ||
Mon 18Mar | A4 | 1st XV | Daniel Pienaar | Transvalia | ||
Mon 18Mar | A5 | 1st XV | Nico Malan | Middelburg | ||
Mon 18Mar | A6 | 1st XV | Drostdy | Ben Vorster | ||
Wed 20Mar | A1 | 1st XV | Drostdy | Marais Viljoen | ||
Wed 20Mar | A2 | 1st XV | Strand | Ben Vorster | ||
Wed 20Mar | A3 | 1st XV | Daniel Pienaar | Middelburg | ||
Wed 20Mar | A4 | 1st XV | Nico Malan | Transvalia | ||
Sat 16Mar | B1 | u16 | Strand | Middelburg | ||
Sat 16Mar | B2 | u16 | Daniel Pienaar | Marais Viljoen | ||
Sat 16Mar | B3 | u15 | Nico Malan | Ben Vorster | ||
Sat 16Mar | B4 | u14 | Drostdy | Transvalia | ||
Sat 16Mar | B5 | u14 | Nico Malan | Ben Vorster | ||
Sat 16Mar | C1 | u15 | Daniel Pienaar | Marais Viljoen | ||
Sat 16Mar | C2 | u15 | Drostdy | Transvalia | ||
Sat 16Mar | C3 | u14 | Daniel Pienaar | Marais Viljoen | ||
Sat 16Mar | C4 | u14 | Strand | Middelburg | ||
Sat 16Mar | C5 | u15 | Strand | Middelburg | ||
Mon 18Mar | B1 | u14 | Drostdy | Ben Vorster | ||
Mon 18Mar | B2 | u16 | Nico Malan | Middelburg | ||
Mon 18Mar | B3 | u15 | Drostdy | Ben Vorster | ||
Mon 18Mar | B4 | u15 | Nico Malan | Middelburg | ||
Mon 18Mar | B5 | u15 | Daniel Pienaar | Transvalia | ||
Mon 18Mar | C1 | u15 | Daniel Pienaar | Transvalia | ||
Mon 18Mar | C2 | u14 | Strand | Marais Viljoen | ||
Mon 18Mar | C3 | u14 | Nico Malan | Middelburg | ||
Mon 18Mar | C4 | u14 | Strand | Marais Viljoen | ||
Mon 18Mar | C5 | u16 | Drostdy | Ben Vorster | ||
Wed 20Mar | B1 | u16 | Drostdy | Marais Viljoen | ||
Wed 20Mar | B2 | u16 | Strand | Ben Vorster | ||
Wed 20Mar | B3 | u16 | Daniel Pienaar | Middelburg | ||
Wed 20Mar | B4 | u16 | Nico Malan | Transvalia | ||
Wed 20Mar | C1 | u15 | Drostdy | Marais Viljoen | ||
Wed 20Mar | C2 | u15 | Strand | Ben Vorster | ||
Wed 20Mar | C3 | u15 | Daniel Pienaar | Middelburg | ||
Wed 20Mar | C4 | u15 | Nico Malan | Transvalia | ||
Wed 20Mar | Bergsig1 | u14 | Drostdy | Marais Viljoen | ||
Wed 20Mar | Bergsig2 | u14 | Strand | Ben Vorster | ||
Wed 20Mar | Bergsig3 | u14 | Daniel Pienaar | Middelburg | ||
Wed 20Mar | Bergsig4 | u14 | Nico Malan | Transvalia |
BV teen Strand
1stes w 58-0
016 w 55-13
015 w 37-15
014 w 46-0
Vandag se teenstand miskien NIE so waffers nie…
Maar goed gedoen Vossies.
Lyk my algeheel is hierdie Noord Suid deur Noorde gewen , so geluk aan BV , Transvalia, Middelburg en Marais Viljoen.
Lol..hierdie is meer legitiem , aangesien geen Sentrale skool die Suide verteenwoordig het nie.
Die top ranked noordelike skool laas jaar was hier en nie by Garsies nie (Valia)
Drostdy was die top ranked suidelike skool, en is bo al die noordelike skole , behalwe Helpies gerank, en ook bo meeste suidelike skole soos BL, Stellies, Durbies gerank
Maar laat ons maar al 2 Noord Suid toernooie se punte bymekaar tel…so ek verklaar die Noorde algehele wenners
,
@Kattes-Strofes: sterkte, ek glo die Brakke sal binnekort weer saam die groot honde blaf
@Die Ken: ja,nou omthou ek
Louis Vorster se pa Boet het Potch Volkies se krieketspan afgerig en hulle het die Admin beker vir krieket omtrent 15 jaar in ry gewen gewen
Insluitend 1 finaal teen BV op die Wanderers laat 70’s.
Hul het nie hul gelyke gehad daardie jare op krieketveld nie
@Vyfster: @Grizzly: Nope. Potch Volkies het in ’83 Admin gewen en Louis Vorster was die fly van Volkies, nie Gimmies nie
@Vyfster: HJS O14 het sonder 6 van hulle beter speler teen die donkies gespeel-moet erken hts het n great team
speel mos weer later die jaar teen mekaar-sal nader wees-hulle monaas met 36 -12 en hts middelburg met 61 -0 geklop op george
@Vyfster: Brakkies gaan verseker vanjaar en volgende jaar vreeslik swaartrek op senior vlak. Daar het net ongeveer 100 seuns van vanjaar se matrieks as graad 8 by die skool ingeskryf, waarvan ongeveer 20 rugby spelers is. In hul O/14 jaar was daar 7 spelers by die 1ste oefening. So ook die manne wat vanjaar die O/16 span is. Net genoeg spelers om een span vol te maak.
Nuwe skoolhoof is 2 jaar terug aangestel, en hy het dadelik sake begin omkeer.Nuwe gimnasuim gebou, fisios en kondisionerings afrigters aangestel, werwing en bemarking “opgejack” ens. Junior spanne (O/14 en O/15) lyk heel skaflik, en behoort vorentoe kompeterend te wees.
@Rainier: Weet ongelukkig nie. Hoor die Kwaggas het ook n morsige O/14 SPAN.
@Vyfster: ???
@tzavosky: Jou geheue is goed! Pa is darem ‘n OB. Bygesê hierdie groep het sedert gr8 maters van Garsfontein, Rustenburg, Paarl Gim, Rondebosch en binnekort Bethlehem Voortrekker bygekry. Geen beurse, net ouers of seuns wat die skool sien speel, skool besoek en skuif. Boland is nie ‘n middel tot ‘n doel, dis ‘n bestemming en ‘n broederskap vir ‘n leeftyd
@Kattes-Strofes: ja, hul lyk besonders verneem hul het Boishaai 21-0 geklop asook Grey Bloem gewen vanjaar.
Btw, wat gaan aan met die Brakkies se 1stes vanjaar?
Verloor met 50 teen Kemptonpark, en verloor teen Oosterlig by Oakdale
Oosterlig nie onder top 50 in Noordvaal nie.
Of speel hul dalk met verswakte span soos Valia….in elk geval, dis nog vroeg, hopelik kan hul seisoen nog omdraai, op daardie 2 uitslae geoordeel gaan julle swaar kry die seisoen.
Glo hulle sal terugbons .
@Kattes-Strofes: Speel hulle erens teen Outeniqua?
@Ploegskaar: So die Agter-Paarl se hoofstraat loop ook tot op Tzaneen!
@Vyfster: Wat betref die Donkies se O/14 span. Ek het elders op die blad reeds gesê dat hierdie Drosdy span gaan bitter moeilik geklop word vanjaar. Hulle het rerig alles. “Size”, spoed en “skills” ! Hulle is ook goed afgerig, en speel baie goed as n span saam. Eerlikwaar n “dream team” vir die toekoms, indien hulle voortbou met hul ontwikkeling.
@Ploegskaar: sal kyk of ek bietjie kan catchup
Ons almal is nogal bederf deur SSL die laaste paar dae, maar die vervlakste loadshedding neuk my wifi sein op, en tussendeur moet ek nog werk ook
Sterkte aan die seun, julle het mos altyd uitstekende scrummies…
Hoop hy doen goed vorentoe
@Vyfster: Kyk jy die Paarl Gim o16 toernooi op SSL? Julle o15 fly van verlede jaar speel bietjie 9 vir ons daar. Man lyk goed in die swart trui, lekker linkervoet
@Vyfster: Jys reg,Louis Vorster was cappi…
@Rainier: thanx, vir volledigheid sien ek BV se 1stes het 12-26 verloor teen die Donkies.
Veels geluk Drostdy, darem kon ons 016 deurskraap met n wen.
Bly wonderlik om te kan speel teen skole amper 1500 km weg …in my dae was Pretoria op net onder 400 km die verste weg wat ons ooit gespeel het.
Nou is Pta die naaste in die virseker Liga vir BV (behalwe na Nelspruit, wat effens korter afstand, maar langer busrit is)…ek moet bieg ek is nogal jaloers.. sou wat wou gee om destyds op sulke toernooie of KES Easter fest te speel…maar het toe nog nie bestaan nie…het darem 1 jaar op Ermelo se clover rugbyweek gespeel..teen Oos-Moot (verloor) en einste Transvalia (gewen)…OM was darem daardie jaar die verdedigende Admin beker kampioene…maar kon nie beker behou nie, dink Potch Gimmies het in 83 gewen, mag verkeerd wees.
Anyway, aan al die spanne, geniet die wonderlike geleenthede en bedank jul ouers ook maar, sekerlik is dit nogal finansieel hard op die sak
@Vyfster: Ek het vandag die BV Drostdy /15 game dopgehou. Dit was ‘n titaniese stryd met great ondersteuning. Donkies het hom deurgetrek op die einde.
Sien ook HTS Middelburg se 015 span wen vir Paarl Boys 27-22.
Dit is natuurlik weens al die Witbankers in HTSM se span span
Daar is ‘n mannetjie of 2 wat 2 jaar terug nog saam met my dogter in graad 7 op L/s Kragbron op Witbank was in die span
So, well done HTSM…maar ek claim dit as n combined Witbank/Middelburg oorwinning oor die Paarl
Aitsa, daar wen BV se 016s vir Drostdy 21-20
Mooi teruggekom van Saterdag se loesing
@Rainier: thanx vir terugvoer, waardeer baie.
Dink BV gaan vandag maar sukkel teen Drostdy, sien 014s het 79-7 verloor, 015 19-26. Lyk my die Donkies het ook n dreamteam op 014 vlak as ek al hul tellings betrag.
Bly die wedstryde teen NM was lekker kompeterend(behalwe 016s) en die 1stes en 015 kon darem naelskraap wen.
Verstommende feit (vlgs BHP se top 50), is dat Nico Malan al van 1851 bestaan
As dit waar is , is net SACS en Bishops op daardie top 50 lys ouer , en al die wynlandskole en Grey etc moet met groot respek na hul ouer medeskool opkyk
@Rainier: Daai 7 was een van twee BV spelers wat gekies was vir die SA o/18 7’s onlangs. Die ander een, wat ook die BV kaptein is, het ongelukkig 2 weke gelede teen Centurion sy dyspier beseer, so ek dink hulle speel op die oomblik sonder hom.
@Vyfster: Ek kon al 4 wedstryde tussen NM en BV kyk.
Die /14’s het 12-10 verloor. Dit was ‘n titaniese stryd en daai fris jong man op losskop van julle het soms geploeg met die NM manne – ek hoop NM het 15 fikse spelers vir vandag. Die skeidregter het karakter gebou beide kante toe en met sy laaste besluit julle arme ouers se naweek sekerlik bederf.
Die /15’s wen 22-19. Ek dink julle gaan moet klou aan die 13 en veral die 15, hy het basies man alleen die oorwinning aan BV besorg.
Die /16’s was vir 10 minute mededingend en toe gee die manne moed op.
Die 1ste span wedstryd wou nooit lekker aan die gang kom nie. Ek is seker albei spanne sal baie beter rugby speel later in die jaar. Hier aan die einde hardloop julle 7 basies die hele lengte van die veld, ek wag verstom om te dink dat hy amper onsigbaar was die res van die wedstryd. BV sal hopelik vandag die man meer geleentheid met bal in hand bewerkstellig, hy is groot en baie vinnig.
Ja,thanx almal.
Het intussen ook gelees dat dit nie Valia se 1ste keuse spelers is nie, baie jammer, laas jaar se titaniese stryd tussen die 2 was 1 van die seisoen se hoogtepunte.
Dink dis ietwat swak van Transvalia.
Sien dit so, as valia op Garsfontein se N/S gespeel het, sou hul die best ranked span uit die Noorde gewees het, vlgs BHP se final rankings laas jaar.
Wat sou die bloggers hier gese het as hul dieselfde daar gedoen het, en 100talle afgestaan het?
Nietemin, dis hulle besluit en geskiedenis sal feflekteer dat hulle 1stes 100 tal teen Drostdy afgestaan het.
Ek neem aan hul ouderdomsgroep spanne is wel hul ware A spanne?
Hul was meer kompeterend, maar het alles verloor en veral hul 014s is verbrysel deur Drostdy….laat gevaarligte flikker of hul volhoubaar sal kan kompeteer in beker afdeling van Virseker….nietemin, tyd sal leer.
Gister se wedstryde by N/S was baie aanskoulik, geluk aan al die spanne…doe zo voort!
@Rainier: ‘n Voorheen gerekende Noordelike Voorstede span het ‘n klompie jare gelede ‘n soortgelyke ding gedoen met die Oakdale toernooi – as ek reg onthou het hulle 1stes die volgende naweek by KES of St John’s gaan speel.
Nodeloos om te sê, die organiseerders was nie beïndruk nie, toe word hulle geloot om in die tweede wedstryd teen een van die Wes-Kaap se mindere ligte (maar nie totale paloekas nie) te speel, wat hulle toe ‘n pak slae gegee het – poetic justice.
Ek is seker hier is van die Oakdale manne op die blog wat dit kan onthou. So, miskien moet die organiseerders van die Suidelike Noord-Suid reël dat die Donkies se tweedes more teen hulle uitdraf.
@Rainier: peaches sou n paar spanne lelik opdraende gegee het ??
@Wondermaar: Gehoop hulle 2/3 span is sterker as Drostdy? Dis nonsens, kan jy die gekla en kerm indink sou Gim of HJS by NS opdaag met so ‘n span, of GCB daag met die Peaches op? Dis onaanvaarbaar.
Ek haal my hoed af vir transvalia, al het hulle geweet hul gaan verloor het hul , ander seuns die geleentheid gegee.( miskien het hul gehoop hul 2 en 3 spanne is sterker.
@Rainier: Ek het nie al die feite nie, maar blykbaar was die besluit gekommunikeer. Ek vermoed dit gaan dalk oor die finansiele las op ouers, Valia gaan Wildeklawer en Kearsney toe ook as ek dit nie mis het nie.Moes dalk eerder heeltemal onttrek het ?
@The O: Dis uiters swak. Hoekom die uitnodiging aanvaar, net om ‘n bespotting te maak van die toernooi?
@Rugbyman: @Vyfster, Transvalia het 23 spelers by die huis gelos, speel met 7 tweede span spelers en res 3des
@Vyfster: Transvalia se 1ste span is by die huis… drostdy het teen valia se 2de span gespeel… maak daarmee wat julle wil, maar glo my maar… transvalia se 1st choice spelers is nie daar nie…
@Vyfster: Kyk hulle uitslag teen Montana op Loftus,wen maar met 5 punte.
@Vyfster: Hulle het n gros van daai spelers af gestaan, Garsies,Menlo en,en,daar is n Valia blogger wat kan se hoeveel is weg.
@CharlesZA: thanx
Maar ons 014,15 16 en 1ste span speel maandag teen Drostdy
So almal in vir moeilike dag..
Vir di Donkies se 1stes om Valia , wat immers laasjaar onder top 10 in land was, met 100 punte te wen , is verstommend
Veral omdat vooraf voorspel is dat Valia beter span as laas jaar het.
Anyway, sterkte virrie Vossies
Gee hulle gas !
@Vyfster: Score is reg. Julle o14s is in vir n lang dag Maandag.
@Vyfster: hehehe. We are all champions!
I saw the following scores for 1st teams in the real North South tournament
Ben Vorster 18-15 Nico Malan
Middelburg 46-24 Strand
Daniel Pienaar 23-14 Marais Viljoen
All more or less expected, but then
Drostdy 106-3 Transvalia
Is this score correct? The nice thing of this tourno is that u14, u15 ,u16 and 1st teams of all 8 schools are there and play 3 games each…Transvalia copped fairly heavy losses in the age groups against Drostdy…but 106-3 seems hard to believe.
If true, the strongest team in the country might not be playing at Garsfontein , and I fear for Ben Vorster who plays Drostdy on Monday with all their teams teams
Does anyone has confirmation of that score?