48 Comments

  1. Birchleigh moet een moewiese span he hierdie jaar! 8-O Het 8 spelers in die twee spanne in vergelyking met EG se 9 en Kempies se twee! :roll: In my dae op Kempton het ons, en al die ander skole in die omgewing, hulle gewoonlik met 40/50 punte gewen. Lyk vir my of my alma mater maar sukkel hierdie jaar want hulle het net soveel verteenwoordigers in die twee spanne soos Benoni High en Springs Boys!! :roll:

    ReplyReply
  2. @Skopgraaf243: Ek kan dit ook nie verstaan nie. Was verlede jaar Akademie A span vaskop, weet hy was beseer tydens Wildeklawer en het ook nie teen Transvalia gespeel, miskien is dit langtermyn

    ReplyReply
  3. @Vetseun: Niks het verander, Birchleigh vat nogsteeds houe by al die skole, dalk het dit iets uit te waai met n sekere keurder wat verbonde is aan die skool

    ReplyReply
  4. @Vetseun: Ja, ek is bly BV speel eerder teen spannetjies soos Centurion, Oos-Moot en Florida as teen Birchleigh!

    MAAR(ala Kattes)! As die gerugte wat ek hoor waar is, moet julle dêm bly wees julle speel nie teen Curro Heuwelkruin nie!

    ReplyReply
  5. @Vetseun: ja nee jy is doodreg.Volgens die spankeuses moet Birchleigh teen EGJansen en Transvalia kan kompeteer. Iets is nie reg hier nie. Ek het van Birchleigh se tellings gesien en die hoeveelheid spelers in die 2 spanne maak nie sin

    ReplyReply
  6. Dis ‘n grap.. Birchleigh .. maar ek dink mens kan sien hoekom. Gegewe Kempies se spel die laaste paar jaar is dit moeilik om enige van die spers i te sluit met diema ier waarop die tipe besluite geneem word. In teorie kan die beste 15 almal dalk in skole waarvan min al veholr het!

    ReplyReply
  7. @Vetseun: Wanneer was jy daar..in my dae was EG maar selle as Birchleigh.. ek onthou o s sterkste kompetisie was Goudrif.. .aar voorsprong was altyd so 20 pu te plus.

    ReplyReply
  8. @Smallies: @Richard Lowe: @jakes: @Bayern: Die enigste ding wat ek kan se is dat daar nog altyd maar issues was met spankeuses van skole se provinsiale spanne en dat die politieke landskap dit net nog verder kompliseer het. Ek dink dat as die Valke kon CW toe gaan met die hele Transvalia span, hulle ‘n paar ander provinsies se spanne lelik sou laat les opse het! :lol:

    @tzavosky: Jy spot! Soos ons tans sukkel is ek regtig bly ons speel nie teen hulle nie! :roll:

    @Bayern: Ek was in 88 in matriek. Jip, daardie dae was EG glad nie die krag wat hulle deesdae is nie. Ons het gewoonlik darem ons games teen Goudrif gewen maar het wel ‘n paar keer die fight verloor. :lol: Dit was interessante liga in die Oos Rand toe ons nog deel was van Transvaal provinsie. Spanne soos Elsburg, HTS Elspark ens. was altyd moeilik. In die dorp was die grote altyd teen Jeugland maar die rofste een was beslis Rhodesfield! Daai manne het sommer met die knuckle duster in die kous opgedraf! 8-O Kempton het in my matriekjaar oorgeskuif na Oos Transvaal toe so ek het net een jaar teen Hans Moore, Springs Tek en HS Skip Henderson (of te wel Hugenote! :lol: ) gespeel. Eerste twee was beslis in dieselfde klas as Goudrif terwyl omtrent die hele Hugenote span die CW span gehaal het daardie jaar!

    @Smallies: Het gelukkig nooit teen Delmas hoef te speel nie. Onthou wel een wedstryd in die St 5 teen Marble Hall. Magtag, daai ouens was groot. Hulle het tot swart beenhare gehad! :-o

    ReplyReply
  9. @Vetseun: 90 matriek in Stoffberg gewees, ja nee hoerskool Skipp Henderson was n bul span in daai tyd, en hulle het gereeld die Direkteurs trofee semis en finals gehaal

    ReplyReply
  10. @Smallies: Vertel my daarva! Ek het in St 9 eerste span gespeel toe ons teen hulle verloor het in semi op ons tuisveld 12-6. Chris Rossouw en Japie Mulder was in daai span. Ons het ‘n puik loskakel gehad maar daardie dag het hy sy skopskoene by die huis vergeet! :cry: In my Matriekjaar kry ons hulle toe in die Oos Transvaal finaal op Pam Brink stadion met Mnr Bobby Black die skeidsregter. Noodeloos om te se, ons het nie ‘n kans gestaan teen Skip se skool, sy stadion en skeidregter nie! :wink:

    ReplyReply
  11. @Vetseun: Jy praat van Marius Loubser die losskakel. Ek was 89 matriek (admin gewen daai jaar) My broer was 87 matriek ..ek onthou ons het so op ons mae gele langs die veld..in 87 stryd teen hugenote. Marius het een skop van voor eie 10 tree oorfesit.. maar ander gemis.

    ReplyReply
  12. Ek onthou een of ander storie dat die ref se neefie k Higenote span was daai dag…maar kan regtig niks van die game onthou om te sê of beste span gewen het of nie.. maar kan natuurlik o thou o s het geglo die ref het gekroek…soos maar altyd as jy close game verloor :wink:

    ReplyReply
  13. @Bayern: in 1989 na die amajuba week het almal gepraat dat Stoffberg en kempies die groot gunsteling spanne was, Stoffberg val toe in hulle tweede liga game die jaar vas teen ek dink Brakpan tegnies en is die res van die jaar onoorwonne maar die groit kempies Stoffberg game vind toe nooit plaas nie… Ja die oos rand het vir my baie herinderinge

    ReplyReply
  14. @Smallies: Ek onthou vir Frikkie. Ons was later saam in die koshuis op RAU.

    @Bayern: Ek en Mice het van 0/9 af saam gespeel. hy was ‘n ongelooflike talentvolle sportman. Kon enige iets met ‘n bal goed doen. Hy het so paar huise van ons af in die straat gebly en Vrydae middae het ek, hy en ander pel van ons, Wian Strydom, lekker gejol. Tuin krieket, lawn tennis, snoeker, darts, tafeltennis, jy noem dit ons het dit gespeel.

    Ons 87 span was in my opinie een van die bestes wat die skool nog gehad het. Ons moes daardie jaar die Direkteurstrofee gewen het. Dink nie dit was die ref nie. Ons het net nie regtig opgedaag nie en beide Mice en Maruis Nel die 9, het nie die beste dae beleef nie. Hulle was die spil waarom alles gedraai het en toe hulle sukkel, kon ons dit net nie bymekaarsit nie. Ek het in my matriekjaar saam met baie van die ouens gespeel wat die jaar daarna toe vir Nelspruit op hulle tuisveld in die finaal gewen het. Die Laeveld refs was daardie jare seker nog nie so erg soos wat hulle nou is nie want anders sou ons nooit daai game kon wen nie! :wink:

    Ek verstaan Mice se jonger broer is nou weer by julle rugby betrokke. Het hom twee jaar terug vir die eerste keer sedert skool weer gesien toe ons seuns saam vir Bulle se Noordvaal span gespeel het. Hy was Mice se grootste fan en al kon hy nooit self rugby speel nie as gevolg van sy voet, was hy gereeld by die oefeninge en elke Saterdag daar om met die emmertjie sand vir Mice op die veld vat as hy pale toe skop.

    ReplyReply
  15. @Vetseun: @Bayern: 2 goeie mense daardie Mice en Kwagga. Sien vir Kwagga nog gereeld. Mkice was baie baie goed gewees. Ek was in 82 in Kempies matriek gewees.

    Kempies was daardie tyd n groot krag gewees. Onthou nog die derbies teen Jeugland waar die paviljoene gepak was.

    Rondom die CW spanne dink ek die Valke maak elke jaar die fout met die wildcards wat hulle uit die hoed pluk met keuses van kleiner skole en dan backfire dit op CW. Kan nie glo dat Transvalia net 7 spelers in die A span het nie. Sou ten minste 10 tot 12 verwag. Dink dalk is die n geval van die reglemente oor die span samestelling wat dit veroorsaak.

    ReplyReply
  16. @MikeSt: Jammer om te hoor van jou seun se besering.. Sterkte daar.. Kempies het in 83 afgekom Ooskaap toe en teen Brandwag kom speel. Ons het die Vrydagaand vir die manne n braai gereel by een van ons meer “liberale” ouers.. Nodeloos om te sê met die bekende Ooskaap gasvryheid het n kis brandewyn of 2 sy verskyning gemaak later die aand… Die Kempie manne was baie sag die volgende oggend😁😁

    ReplyReply
  17. @MikeSt: Dan onthou jy seker daai wilde span van my alma mater Oos-Moot wat die Admin gevat het daai jaar,slegs die 2de skool na Affies en HTS John Vorster van Pta.Ek was in St2 daai jaar en die Moot het behoorlik gegons….@BoishaaiPa: @BoishaaiPa: :lol: :lol:

    ReplyReply
  18. @Vetseun: As ek reg onthou het Monnas, toe my Pa hul afgerig het, in die TVL semi-finaal teen Birchleigh gespeel – dit was die dae voor Oos-Tvl.

    ReplyReply
  19. @MikeSt: Jammer oor jou seun se besering. :cry: Klein wereld eintlik. Sien op ander thread manne kla oor pawiljoene wat maar legerig is. Jy is reg oor daai Jeugland games, was altyd tjok en blok.

    Ons sal maar moet sien wat doen Valke by CW maar ek dink hulle het geleentheid gemis om hierdie jaar goed te doen met die min Transvalia manne, maar ek verstaan ook wat jy bedoel oor die reglement! 8-O

    @Die Ken: Ja, Mice was Bootsman toe ek eerstejaar was. Ronald Elliot, wat ons 13 was in 87 was ook in Drom.

    @Die Ken: Ek kan nie onthou dat Birchleigh ooit so ver gevorder het in die Tvl dae nie? Ons het wel in 87 teen Monnas in Krugersdorp in die Tvl finaal gespeel en gewen! :wink:

    ReplyReply
  20. @MikeSt: Was jy saam Ernie Els of sy broer Dirk?Ek weet hys st 8 uit,maar het jy hom geken.Hyt al die comment gemaak dat hy 8ste man gespeel het,wat se rugbyspeler was hy?Dis nou as hy in Kempton was,ek weet hy het daar of in Germiston gebly.

    ReplyReply
  21. @BoishaaiPa: @Vetseun: Thx waardeer frats besering. Word more of vrydag gedoen dan weer 6 – 8 weke se rehab wat voorle.

    @Grizzly: Hy was oor na Jeugland toe gewees.

    @Vetseun: Dink amper jy was saam my broer gewees in matriek.

    @BoishaaiPa: Weet jy wie was die coaches wat saam daardie 83 span daar was. Dan sal ek die brannas ding kan glo. 83 span was self nie n slegte Kempie span nie.

    ReplyReply
  22. @MikeSt: Nee ek het geen idee wie die coaches was nie…hulle was nie saam by die braai nie. Die Kempie spelers het by ons spelers aan huis gebly so almal was uitgeplaas by opponente se huis..Die coaches het in die koshuis gebly..ekself het 2 manne gehad wat by ons gebly het en ons as twee spanne saam by n pel se Pa hulle gaan braai..Sonder toesig van coaches!

    ReplyReply
  23. @Vetseun: Dit was in 1984 toe hulle so ver gevorder het. 1987 was Brendan en Johnny Assor se jaar, of was dit 1986? My geheue verlaat my. 1985 tot so 1990 was Monnas se maer jare

    ReplyReply
  24. @MikeSt: Eish, die lewe van ‘n professionele rugbyspeler is allermins net altyd maanskyn en rose. Wat is jou broer se naam?

    @Die Ken: Ok, ek was in St 6 so duidelk nie mooi gefokus nie. :wink: Ja, hulle was die senterpaar in 87. Was nogal groot dag vir ons. Monnas 8 ouens in CW span gehad en Brendan in SA Skole span en ons net 2 in XV tal. Dink dit was amper dieselfde as wat verlede jaar met Centurion en EG gebeur het – hulle het ons onderskat en ons was uiters gemotiveerd.

    ReplyReply
  25. Ja die ou oos Transvaal. In my skole dae het Kempton park en veral Hugenote seunsskool rugby oorheers en was van die 2 sterkste rugby skole in die land. Brandwag van Benoni was ook baie sterk. Die beste en mees opwindenste skole wedstryd wat ek in my geskiedenis gesien het was 1991 Oos Transvaal semis.Bosman stadion in Brakpan was vol. Brandwag teen Hugenote seuns. Niemand het gedink Brandwag gaan Hugenote se groot voorspelers kan aanvat nie. Eindtelling was 9-9. Met ekstra 10 minute speeltyd per kant begin Hugenote se groot voorspelers moeg word maar rustyd nogsteeds 9 elk. Brandwag kry toe ‘n strafskop en skepskop om game te beklink. 15-9. Dit was Brandwag se grootste oorwinning seker in hul geskiedenis.

    ReplyReply
  26. @Vetseun: Ek onthou Wian Strydom ook goed… hy is onlangs by KPMG weg…om groener weiveld te soek. Hy was vrinne met my broer. Die ander senter was Ettiene de Vliers .. jy kon ook lekker hard tackle en hy en Japie het mekaar lekker gas gegee. Ander ou .. nie groot op rugby nie.. maar n karakter was Rolf Uys.

    Natuurlim sal ek sê 89 was die beste span want dis my jaar en kon die admin vat.. ek kan nie onthou wat in 88 gebeur het nie.

    ReplyReply
  27. @jakes: my beste skool pel Rudi Rohrs Het 91 gepost by hugenote, agsteman gejol daai game.. .. Was later by die ou wes transvaal, toe bulle en later swd..

    ReplyReply
  28. @Bayern: 89
    Toe drom by rau maar saam v bg. Name gespeel
    Ek self ook teen mice gespeel ou drom vs nuwe drom

    ReplyReply
  29. @Smallies: ja dit was nou een game wat ek nooit sal vergeet nie. Dis waar ek besef het hoe opwindend skole rugby kan wees.

    ReplyReply
  30. @Bayern: Ja, onthou vir Rolf. Goeie pel van Wian ook en groot grapkas.

    Dis nie vir my snaaks dat jy nie 88 onthou nie. Was nie die beste oesjaar nie – seker iets met die kaptein te doen gehad! :wink:

    Sterkte vir julle hierdie naweek by Eldo. Hoop julle kan ons ‘n guns doen. :lol: Ons het ons eie probleme teen Marais Viljoen. Hoop om die skip weer op koers te kry.

    ReplyReply
  31. @Vetseun: Ha hulle sal probeer maar ek glo nie .. sterkte teen Marais Viljoen.
    So laat ek dit gou se voor die naweek.. Kempies nog onoorwonne in Virsekerbeker die jaar :lol:

    ReplyReply
  32. Met 4 Birchleigh manne in die CW span was o s seker te bang om hulle op die rugbyveld aan te durf.. maar die hikkie tellings is ook soms ‘n goeie barrometer selfs al is dit die meisies…hier volg dit met Kempies se tellings eerste;

    o 14 A 9 0
    o 14 B 3 0
    o 15 A 6 0
    o 15 B 3 0
    o 16 A 10 0
    o 16 B 1 1
    2des 6 2
    eerstes 10 0

    ReplyReply

Leave a Reply