Francois Swart – Affies u15 Festival 2017

SLOT DATE U15 TEAM U15 TEAM
1 10-Apr KES 20 7 Nelspruit
2 10-Apr Jeppe 14 23 Eldoraigne
3 10-Apr Kearsney 14 15 Waterkloof
4 10-Apr Affies 55 7 Zwartkop
5 10-Apr Maritzburg College 21 50 EG Jansen
6 10-Apr Helpmekaar 24 12 Kempton
1 11-Apr KES 24 5 Kempton Park
2 11-Apr Maritzburg College 7 7 Waterkloof
3 11-Apr Kearsney 17 14 Eldoraigne
4 11-Apr Helpmekaar 10 5 Zwartkop
5 11-Apr Jeppe 5 45 EG Jansen
6 11-Apr Affies 83 0 Nelspruit
1 13-Apr KES 14 12 Waterkloof
2 13-Apr Kearsney 10 22 Helpmekaar
3 13-Apr Maritzburg College 14 17 Eldoraigne
4 13-Apr Jeppe 20 12 Nelspruit
5 13-Apr Kempton 15 15 Zwartkop
6 13-Apr Affies 12 12 EG Jansen

Leave a Reply

86 Comments

  1. avatar
    #86 Ooorkant Loftus

    @Vyfster,
    jammer ek kom nou terug na jou toe eers, was bietjie na die Kruger toe gewees.
    Ja jy is reg oor Oom Boet Vorster.
    Hy was lank betrokke by Volkies met die krieket met vele krieket spelers wat uitstekend was agv sy betrokkenheid.
    Oos Moot was daai jare n gedugte faktor nie net in rugby nie maar wel ook in atletiek en krieket met name soos jy reeds genoem het.

    ReplyReply
    24 April, 2017 at 08:06
  2. avatar
    #85 Ooorkant Loftus

    @ Grizzly,
    Jammer ek reageer nou eers, was in die wildtuin gewees tot onlangs.
    Yip ek bly nog steeds daar innie die “boere lokasie” soos van ons dit daar noem.
    Ek is n ou C R Swart leerder met my suster wat in Oos Moot was.
    As gevolg van kerke en hul jeug vereenigings asook verskillende sport soorte het ons met vele ander skole innie Moot hegte bande gesmee in die laat sewentigs en vroee tagtigs.
    Mooi tye daai gewees!
    Kon nog tot laat op jou “dikwiel” in die straate rond ry…

    ReplyReply
    24 April, 2017 at 08:01
  3. avatar
    #84 Laevelder

    @Grizzly: Heyneke was nie in NHS maar wel in Bergvlam (ook in die dorp) op skool

    ReplyReply
    21 April, 2017 at 15:41
  4. avatar
    #83 Grizzly

    @AbsolutMenlo: O ja,hoe kan ek vergeet,op n ernstige noot,dit lyk of die 0/15 deur die bank n goeie groep,close contestant kompetisie is,nie soos bv by die 0/14 waar julle die oorweldigende gunstelinge is nie,ek sien zwartkop ook mooi span,wat was laas jaar se telling van Beeld tussen ons?

    ReplyReply
    14 April, 2017 at 13:34
  5. avatar
    #82 AbsolutMenlo

    @Grizzly: Julle is ook verseker reeds daar aangesien die ander Makro skole in Pretoria mos nie teen ons wil speel nie.

    ReplyReply
    14 April, 2017 at 13:09
  6. avatar
    #81 Grizzly

    @4×4: Goeie uitslag,as ek reg lees het affies verkeerde opsies uit geoefen,EG my baie beindruk toe ons in TUKS gespeel het,ek het nie die game gesien nie,sterkte vorentoe.@AbsolutMenlo: Uitspeel vir wat se plek? :-P Ek sien Garsies se naam skitter in afwesigheid op die staduim van die geveg … :-P

    ReplyReply
    14 April, 2017 at 12:38
  7. avatar
    #80 4×4

    @AbsolutMenlo: Sterkte vir julle uitspele sal verseker dit kom kyk.

    @sewes: Ek het geensins enige venyn in jou opmerking gelees nie.

    ReplyReply
    14 April, 2017 at 06:34
  8. avatar
    #79 AbsolutMenlo

    @4×4: Goeie wedstryd! Affies teveel besit weg geskop. EGJ 12, 4 en 2 uitstekend.
    Sien uit na die Menlo/EGJ herontmoeting in Virseker uitspele.

    ReplyReply
    13 April, 2017 at 21:51
  9. avatar
    #78 sewes

    @4×4:askies ek het dit nie so bedoel nie het vandag die game gekyk maak nie saak waar die manne vandaan kom nie het baie guts gewys en gaan die jaar baie beter doen as laas jaar en egj is bulle net jammer oor die pappas langs die veld, maar laat jou introspeksie oor jou eie gedrag langs die veld doen(soms)

    ReplyReply
    13 April, 2017 at 19:07
  10. avatar
    #77 Grizzly

    @Laevelder: Ek weet van Duane en Heyneke,maar nie geweet van daai yster Schutte Bekker kom daarvan jul kontrei!Ek het hom hoog gerate,sterk baldraer,verwoestende verdediger,kliphard!Jammer hy moes in daai span in daai tyd vir NTVL speel toe hulle weer hulself was,baie soos vandag se span,Garsies het naby die double gekom in 2015 maar net net teen n baie goeie Kloof span verloor in die finaal,toevallig in Potch.

    ReplyReply
    13 April, 2017 at 17:48
  11. avatar
    #76 4×4

    Baie geluk aan beide Affies en EG Jansen vir die gees waarin die wedstryd gespeel was. Dit was kliphard en aanskoulik. Persoonlil dink ek Affies kan gelukkig wees met die gelykop uitslag. EGJ was baie goed op.die grond terwyl Affies se pak fotos vanuit die agterlyn geneem het wat ek toeskryf aan die 83 game teem Nelspruit.

    Affies se agterlyn het nie ritme nie en wonder ek of die 15 wat laajaar senter gespeel het nie die antwoord op 12 is nie. Die 12 lyk vir my meer na ‘n 15 en sou ek die verskuiwing maak. Dink dit sal meer flair en slaankrag bied.

    Affies, Menlo en EGJ kan myns insiens almal in Top 5 eindig die jaar…nog so paar groot hekkies wat voorlê.

    @sewes. Daar is ‘n haker wat voorry speel wat einde laasjaar van Heidelberg geskuif het en die buite senter het van Kempton Park geskuif. Albei baie goeie spelers. Ons het ongelukkig een van.ons sterre weer aan julle afgestaan. Die steriods waarna jy verwyd is ‘n paar manne waarvoor ek baie respek het en baie hoog as afrigters ag synde Jan Grabe en niemand anders as Heyneke Meyer se seun wat die span afrig nie. O ja, en dan spuit ons die manne mos nog binneaars mayonnaise :twisted: :twisted:.

    Ek dink persoonlik dat ‘n afrigter baie in die seuns se lewe kan inspreek en Jan Grabe het die vermoe.om seuns te coach en tot ‘n ander vlak te motiveer

    ReplyReply
    13 April, 2017 at 15:17
  12. avatar
    #75 Grizzly

    @Grizzly: Behalwe natuurlik Oos-Moot in ’82.

    ReplyReply
    13 April, 2017 at 14:35
  13. avatar
    #74 Saartjie

    Francois Swart 0/15 Rugby toernooi Dag 3 uitslae:
    Affies 12 – 12 EG Jansen

    ReplyReply
    13 April, 2017 at 14:33
  14. avatar
    #73 Grizzly

    @Vyfster: Ek het oom Boet by die krieket week vir 0/13 by Earstens ontmoet in 2013,louis se sussie se kind en my lat Titans daar verteenwoordig,dit was kort na Louis se dood en my gebreek om die Oom so te sien,hy het die beker 9 uit 12 keer gewen,hoop om jou eendag ander intresante stories te kan vertel,’74 het John Voster van die moot toevallig die rugby gewen,behalwe vir affies moes pta toe lank wag voordat kloof hom weer kon wen.

    ReplyReply
    13 April, 2017 at 14:31
  15. avatar
    #72 Vyfster

    @oorkant loftus: thanx virrie memory, as ek reg onthou was een van die Engelbrecht broers in OM se agterlyn die SA skole kampioen in die 400m en die ander broer 2de in die 200m..miskien kan Oppiemoot bevestig..ek is heel impressed that ek die skrummie se naam kon onthou na 34 jaar, seker omdat hy om my (wat flank gespeel het), gesnipe het vir die wendrie! @Grizzly: goeie vraag re die krieket en rugby….ek praat slegs van geheue af, maar as ek reg onthou was Louis Vorster se pa Boet, die afrigter van Potch Volkskool se 1ste krieket span, en het hulle in die 70’s en 80’s iets soos 16 jaar in ‘n ry die Adminbeker vir krieket gewen!!! BV het ook omstreeks ’74 finaal teen hulle op Wanderers gespeel, maar soos alle spanne moes hulle maar die knie buig…daar was nou vir jou ‘n dreamteam, sou ek reken!

    ReplyReply
    13 April, 2017 at 14:15
  16. avatar
    #71 Saartjie

    Uitslae dag 3 Francois Swart Rugby toernooi by Affies:
    KES 14 – 12 Waterkloof
    Helpmekaar 22 – 10 Kearsney
    Eldoraigne 17 – 14 Maritzburg College
    Jeppe 20 – 12 Nelspruit
    Zwartkop 15 – 15 Kempton Park
    Affies en EG Jansen nog besig

    ReplyReply
    13 April, 2017 at 14:09
  17. avatar
    #70 Grizzly

    @Ooorkant Loftus: Jou yster!Dankie,altyd lekker om die feite te kry,ek was 10 jaar oud en daai ouens was helde.Beide onnies klas gekry maar nie baie van Gert gehou nie.Is jy van die Moot?

    ReplyReply
    13 April, 2017 at 13:45
  18. avatar
    #69 Ooorkant Loftus

    @ VYFSTER, Grizzly & Oppiemoot,

    1982 Direkteurs Trofee Wenners – OOS MOOT Hoerskool.

    Opponente in Finaal: Pietersburg 15 – 10 (Loftus)
    Opponente in Semi – Finaal: Transvalia Telling ??
    N Tvl Finaal teen Gerrit Maritz 7 – 6
    N Tvl Semi Finaal vs Affies gewen ( L C de Villiers)
    Span Lys:
    15 Nico Engelbrecht
    14 Pieter Engelbrecht
    13 Lourens van der Berg
    12 Dewet Herschelman
    11 Corinus Frylinck
    10 Van der Walt Kriek
    9 Kobus Vorster
    8 Herman Blom
    7 Riaan Barnard
    6 Giljam Viljoen
    5 Koos Theron / Tinus van Zyl
    4 Gert Rothman KAPT
    3 Jan “Kudu” Groenewald
    2 Joggie Jansen
    1 Hilde Roodt
    Coach: Danny Dannhauser / Gert v d Westhuizen
    • Gelderblom is beseer in N Tvl finaal en vervang met 13.

    ReplyReply
    13 April, 2017 at 13:04
  19. avatar
    #68 Ooorkant Loftus

    @ VYSTER OPPIEMOOT & GRIZZLY
    Oos-Moot was goed daai jare. Nie net in rugby nie maar ook in atletiek en krieket.
    Die skrumskakel was Kobus Vorster, die haker Joggie Jansen met n goeie maat van my sy Loskop Jan “Kudu” Groenewald.
    Voor en agter ws almal sterre in eie reg. Soos gemeld was spoed nie n tekort in die span nie.(Frylinck op vleuel en die Gelderbloms op senter)
    Ek dink weer die finaal was op Loftus maar teen Potch Gim.
    Rothman was die kaptein as ek nou sy Van regspel en reg onthou. Hy was n los voorspeler, dink agsteman amper ??
    Kriek was die losskakel met Dannhauser die coach, n ex C R Swart onnie.
    Sal by “Kudu” bietjie kers opsteek oor die res van die span.

    ReplyReply
    13 April, 2017 at 12:38
  20. avatar
    #67 Rugger fan

    Please send Kearsney & Maritzburg College scores when available

    ReplyReply
    13 April, 2017 at 11:50
  21. avatar
    #66 Laevelder

    @Grizzly: Schutte Bekker en Pieter Barnard het naby gekom, Schutte was onderkaptein van NHS 89 rugbyspan wat in die finaal verloor het, hy was ook deel van die 89 krieketspan wat wel die direkteurs gewen het.Pieter Barnard was die rugbyspan kaptein, nie seker of hy kaptein by die krieket ook was nie .. heel moontlik.. sal in die jaarblad moet loer.. dalk was Schutte kaptein.. was n giftige snelbouler en vurige agsteman.. dink hy was NHS se tweede Bok daardie tyd na Nico Wegner.Sederdien het Duane Vermeulen en Marnitz Boshoff (slegs een toets)ook Bokke geword en dan natuurlik Werner Kok met sewes

    ReplyReply
    13 April, 2017 at 10:42
  22. avatar
    #65 Vyfster

    @ Rugbyfun: thanx man, Engelbrecht klink meer reg…was darem 34 jaar terug, maar hulle was goed @ Oppimoot…interessant van die Kobus ou, hy was glibberig om die skrum! ja die 2 skole vat maar beurte om mekaar pak te gee die laaste paar jaar, weeg nogal mooi teen mekaar op….dink 2 jaar terug het jul eerstes ons gewen, laas jaar was daardie ongelukkige busongeluk wat die wedstryd gekelder het @ Roger well done to KES, I rate Kloof so its a good win….thanx for nothing, now BV are gonna feel the wrath of kloof on saturday…it can become ugly!

    ReplyReply
    13 April, 2017 at 10:42
  23. avatar
    #64 Grizzly

    @oppimoot: Net n paar Moot ysters,Hendrik Verwoerd:Naas,Daruis Botha,Uli Schmidt,wonderboom:Jan Wolmerans,Braam van Straaten,John Vorster:Jaques en Geo Cronje,Tiaan Snyman,Oos-Moot:Andre Skinner,FH odendal:Joost van der Westhuizen,ek weet ek vergeet n paar!

    ReplyReply
    13 April, 2017 at 10:39
  24. avatar
    #63 Roger

    KES 14 Klofsies 12

    good results for KES – unbeaten – well done

    ReplyReply
    13 April, 2017 at 10:07
  25. avatar
    #62 Grizzly

    @Vyfster: Dankie vir lekker lees,net n ander trivia vraag,het iemand anders as louis Vorster beide admin bekers vir rugby en krieket as kaptein in ’83 gewen?@Skopgraaf243: Onthou ek se nie wen nie!Meer kompeterend,die gap vernou en dan moet hy uitgewis wees teen 2019@RugbyFun: Regtig jammer om te hoor,was jy in daai span,of skool?@AbsolutMenlo: Nee man,net super afrigting! :wink:

    ReplyReply
    13 April, 2017 at 09:39
  26. avatar
    #61 AbsolutMenlo

    @Saartjie:
    Dankie!
    @Grizzly:
    Ja/Nee so het ons al gewoond geraak dat julle spanne so bietjie verander na die vakansies, maar Menlo is mos maar altyd reg vir ‘n challenge!
    Sien jou langs die veld en ek bel jou sommer vandag … Grizzly! :lol:

    ReplyReply
    13 April, 2017 at 08:59
  27. avatar
    #60 RugbyFun

    @Vyfster: Dit was die Engelbrecht tweeling Nico en Pieter. Pieter is so paar jaar gelede oorlede, baie tragies, Nico is adjunkhoof by Laerskool Thabazimbi.

    ReplyReply
    13 April, 2017 at 08:32
  28. avatar
    #59 oppimoot

    @Vyfster: Kobus (srummie) is steeds met afrigting betrokke by Oos Moot. Sy seun speel ook hierdie jaar skrumskakel vir die eerste span. Ek moet sê BV het lekker houe uitgedeel toe ons daar gekuier het. Julle O 15 span is baie goed, hulle het ons daar in Tzaneen en weer in die Hansieweek Finaal goed pak gegee.

    ReplyReply
    13 April, 2017 at 06:23
  29. avatar
    #58 Vyfster

    @Grizzly: ek onthou die Gelderblom ?tweeling van Oos-Moot, ek het teen hul gespeel. Kon goed onthou hoe ek as std 8 laaitie in 82 die Admin finaal op ‘n volgepakte Loftus (dink was voorwedstryd vir NTVL?WP gewees) tussen Oos-Moot en Pietersburg dopgehou het…as ek reg onthou het Oos -Moot 15-10 gewen. Dink die Gelderblom broers was senter en vleul/heelagter en blitsvinnig……Vlge jaar in 83 toe speel ek 1ste span, en ons open die Clover rugby week op Ermelo met wedstryd teen einste Oos-Moot wat glo omtrent 11 spelers van vorige jaar se kampioenspan oorgehou het….ons ry 2 uur die oggend Ermelo toe, met die idee om so 10 uur daar te wees en bietjie te rus dan (wedstryd en toernooi sou amptelik 2 uur begin), nodeloos om te se breek die bleddie bus 2x langs pad en ons kom eers na 1 in Ermelo aan….moes maar vinnig eet, verklee en begin speel. Ons span was nie so bad nie, ons het voor die vakansie vir Nelspruit en Rob Ferreira geklop, maar ons was ook nou nie leeu temmers nie…..Nietemin, rustyd loop ons nog iets soos 12-9 voor (tot die verbasing van die skare..lol), maar 2de helfte neem hulle oor en wen rondom 24-15 as ek reg onthou…..die Gelderblom broers was goed, maar daar was ‘n ander speler wat ons geknak het, hul scrummie…dink sy naam was Kobus, wat 2 drie in 2e helfte gedruk het om game vir Oosies te wen….Vir ons was dit ‘n groot eer om so ‘n toernooi te open deur teen die verdedigende admin/direkteurstrofee kampioenspan te speel en darem redelik kompeterend te wees….was baie lekker toernooi gewees….ek sien darem Ben Vorster het ‘n week of 2 terug vir Oos-Moot 32-8 in Puk reeks gewen, so ons nederlaag is darem gewreek!

    ReplyReply
    13 April, 2017 at 00:39
  30. avatar
    #57 Skopgraaf243

    4×4…ek moet sê julle het baie reggekry met die huidige u15 groep. Veral na aanvanklike hoë verwagtinge 2016.
    Sal goed wees om die uitslag te sien na die game teen EG.
    Ek dink dis great om die ontwikkeling van die ramme so deur die ouderdom groepe dop te hou. Die verskil jr na jr tog in 1 of 2 uitmuntende spelers. Aanvullend of deur die worsmasjien :mrgreen:
    Nietemin sterkte met more se game.
    Oh boereplaas…of is dit Affie guts!

    ReplyReply
    12 April, 2017 at 22:56
  31. avatar
    #56 Skopgraaf243

    @Grizzly…game on !
    U16 seker ons sterkste span tot dusver.
    Ek kan verkeerd wees maar hoewel enige iets op die dag kan gebeur, sterkte met daai een!

    ReplyReply
    12 April, 2017 at 22:49
  32. avatar
    #55 sewes

    @4×4:Die span is duidelik nie die span van laas jaar nie het glo n klomp nuwe aanwinste by gekry die seuns het natuurlik self geskuif, moet se n totaal en ander span as laas jaar kloof 15-15 affies ek dink die telling gaan aansienlik anders lyk die jaar affies12-19 helpies die jaar affies51-13 helpies ontwikkeling op steroids? kempies en eldos is skole wat redelike verliese gehad het.
    @Grizzly: say no more!!

    ReplyReply
    12 April, 2017 at 19:50
  33. avatar
    #54 Grizzly

    @AbsolutMenlo: Hi daar Menlo,onthou om my te bel,ek skat ons 0/14 sal met enige iets tussen 60 en 80 punte teen julle verloor,die beeld wenners van verlede jaar(0/14) het n paar manne terug en is amper weer die span van verlede jaar,als in plek met die 1stes vir 2017 en 18,die FOKUS verskuif nou na die jaar se 0/16,sal heeltemal n ander span wees in Verseker as in Tuks,sien uit om hulle aan julle voor te stel,sien jou langs die veld!

    ReplyReply
    12 April, 2017 at 18:19
  34. avatar
    #53 4×4

    @AbsolutMenlo: Die onder 15’s is besig om mooi te ontwikkel en ek vermoed dat hulle onder Top 10 hierdie jaar behoort te eindig…wesenlike verbetering van 43ste laasjaar.

    Ek het ook die EGJ en Jeppe game gekyk en stem volkome saam met jou opmerking dat hulle ‘n baie sterk span is en behoort dit ‘n baie goeie kragmeting te wees.

    ReplyReply
    12 April, 2017 at 17:31
  35. avatar
    #52 Saartjie

    Wedstryd is 13:30

    ReplyReply
    12 April, 2017 at 16:58
  36. avatar
    #51 AbsolutMenlo

    @4×4: Affies teen EGJ gaan baie interessant wees more. EGJ het gelykop gespeel teen Menlo in Tuks en is een van die voorste O/15 spanne in Noordvaal.
    Weet jy hoe laat is die game?

    ReplyReply
    12 April, 2017 at 13:11
  37. avatar
    #50 Valkie

    Ek wonder wie het gedink dis ‘n goeie idee om ons o/15 span teen Affies te laat speel? Aan die ander kant in die verlede het ons teen Affies gespeel by die toenooi, maar nog nooit so pak gekry nie….of tenminste nie so ver as wat my geheue strek nie. Dis ‘n swaar een om te vat.

    ReplyReply
    12 April, 2017 at 10:41
  38. avatar
    #49 4×4

    @Skopgraaf243: Dink ons onder 14 en 15 sal met julle kan kompeteer…julle onder 16’s duidelik in ander klas

    ReplyReply
    11 April, 2017 at 22:38
  39. avatar
    #48 Skopgraaf243

    Affies lyk goed vir hul 100 jaar bestaan! :-P …hou so aan.
    Hopelik kan ons erns n Menlo game inwerk al is dit op fees naweek!

    ReplyReply
    11 April, 2017 at 21:37
  40. avatar
    #47 Saartjie

    @Quagga: :-D ek sal jou een ding sê, hulle is goed afgerig en die manne speel as ‘n eenheid. Vandag was egter nie kompetisie nie en hulle het alle fasette oorheers. Hulle speel Donderdag in die hoof wedstryd teen EG Jansen, wat ek dink beslis beter kompetisie gaan wees. EG, soos Affies, lekker spoed agter in die middelveld en op die punte. Affies ‘n haker wat soos ‘n vleuel hardloop en EG paar groot ysters voor wat fisies is. Gaan ‘n grote wees.

    ReplyReply
    11 April, 2017 at 18:24
  41. avatar
    #46 Quagga

    @Saartjie: Baie dankie. Ai, ek sien Affies sukkel bietjie op hulle eie fees.

    ReplyReply
    11 April, 2017 at 18:10
  42. avatar
    #45 Saartjie

    Vandag se uitslae by Affies: Francois Swart 0/15 Rugby toernooi:
    KES 24-5 Kempton Park
    Maritzburg College 7-7 Waterkloof
    Kearsney College 17-14 Eldoraigne
    Helpmekaar 10-5 Zwartkop
    Jeppe 5-45 EG Jansen
    Affies 83-0 Nelspruit

    ReplyReply
    11 April, 2017 at 17:51
  43. avatar
    #44 Quagga

    Hoe lyk dinge daar by Affies vandag manne?

    ReplyReply
    11 April, 2017 at 17:38
  44. avatar
    #43 Grizzly

    @BrotherBear: Hi,gebore pretorianer,Oos-Moot class of ’89,my seun deel van 0/16 wat teen Menlo in Beeld finaal verloor het,ek lees die blog so paar jaar,ek is op my eie!Mal oor wat daar by Garsies gebeur…

    ReplyReply
    11 April, 2017 at 15:09
  45. avatar
    #42 Laevelder

    @Grizzly: Ken hul nie Grizzly.. maar die van klink bekend..seker hier is/of was onlangs Gelderblom kinders ook in NHS

    ReplyReply
    11 April, 2017 at 15:06
  46. avatar
    #41 BrotherBear

    @Grizzly: haai daar. Is jy soos in deel van die beer (dier) familie of een van daai siwwe om klippies en sand te skei?

    ReplyReply
    11 April, 2017 at 14:58
  47. avatar
    #40 Grizzly

    @Laevelder: Vlokkie se klong nou in Oos-Moot in gr.12,self n goeie speler,onthou iemmand die Gelderblom broers van Oos-Moot se admin wen span van ’82,Hannes en Sakkie Gelderblom?

    ReplyReply
    11 April, 2017 at 14:42
  48. avatar
    #39 Laevelder

    @Valkie: nee man.. ek se nie dis jy nie :) Ek’t gese ek ken die ou met die mullet

    ReplyReply
    11 April, 2017 at 14:34
  49. avatar
    #38 Valkie

    @Laevelder: @Speartackle: Julle laat my lag. 88 was ek reeds jare uit die skool. Was nooit in NHS nie. Mullet…..ek, nooit in my lewe nie :mrgreen:

    ReplyReply
    11 April, 2017 at 14:31
  50. avatar
    #37 Laevelder

    @oppimoot: Cool .. ons hom net geken as Vlokkie.. ja hy was baie goed.. dink dit kon miskien die einste Piet Joubert gewees het wat kon bygedra het tot sy knie issues.. hoop dit was n le-git tackle gewees.. maar Vlokkie moes die veld verlaat na slegs n paar minute teen Nellies in 88.. dink ons kon 6-3 die dag wen

    ReplyReply
    11 April, 2017 at 13:38
  51. avatar
    #36 Rugger fan

    College – Waterkloof 7 all draw

    ReplyReply
    11 April, 2017 at 13:33
  52. avatar
    #35 oppimoot

    @Laevelder: Joost en Kobus Vlok (nie Vlok Cilliers) was 2 jaar voor my in FH Odendaal. Jy is reg, hulle was ‘n dodelike kombinasie. Ek is seker dat as Kobus nie met so baie beserings gesukkel het nie (sy knieë wou nie meer nie), sou hy dalk ook hoë hoogtes met rugby kon bereik. Ek gesels nou die dag met Riaan Botha, hulle sentermaat en oud SA Paalspring kampioen. dit is sy opinie ook oor Kobus.

    ReplyReply
    11 April, 2017 at 13:19
  53. avatar
    #34 Speartackle

    Moes eers mooi kyk….amper gedog dis Harold Volbrecht

    ReplyReply
    11 April, 2017 at 13:17
  54. avatar
    #33 Speartackle

    @Laevelder: Hy het soos n klein Johnny du Plooy gelyk

    ReplyReply
    11 April, 2017 at 13:16
  55. avatar
    #32 Laevelder

    @Speartackle: :wink: nee soos wat ek kan onthou van hom op skool beslis nie aan die bang of swak kant nie!

    ReplyReply
    11 April, 2017 at 13:14
  56. avatar
    #31 Speartackle

    @Laevelder: Lol….ek kon daai dag sien hy was nie bang om die groot Monna ouers lip te gee

    ReplyReply
    11 April, 2017 at 13:02
  57. avatar
    #30 Laevelder

    @Speartackle: Jy sal my seker nie glo nie maar ek ken hom persoonlik :) Hy was seker een van die beste scrummies wat Nellies gehad het in my tyd.. het 88 & 89 vir ons gespeel(gloriejare.. 88 verloor teen Lichtenburg wat toe uiteindelik Direkteurs gewen het, en 89 in finaal verloor teen Kempies). Seker een van die sterkste scrummies wat ek al beleef het.. onthou nog duidelik hoe hy n groot flank wat op die grond gele het by die losskrum met sy een hand opgetel het en verplaas het ewe rustig aan die regte kant.. het later in 1990 vir NTVL onder 19’s of 0/20’s moes compete met Joost wat saam Vlok Cilliers giftige skakelpaar van FH Odendaal was rondom 88 en 89. Hy is n nice ou .. al het hy n mullet! In die koshuis was hy Piet Joubert se roommate (Piet het later vir die Bulle en Pumas gespeel.. net so ster speler.. wat afskoppe gelove het… arme receivers)

    ReplyReply
    11 April, 2017 at 12:39
  58. avatar
    #29 Speartackle

    @Laevelder: Ek soek nog daai ou met die mullet….dink steeds dis Valkie…….mullets het hul oorsprong in Klerksdorp gehad

    ReplyReply
    11 April, 2017 at 12:16
  59. avatar
    #28 Roger

    KES 24 Kempies 5

    ReplyReply
    11 April, 2017 at 12:13
  60. avatar
    #27 4×4

    Is enige van julle by die Francois Swart Week?

    ReplyReply
    11 April, 2017 at 12:11
  61. avatar
    #26 Laevelder

    @Speartackle: Spies jou rowwe bliksem!

    ReplyReply
    11 April, 2017 at 11:56
  62. avatar
    #25 Speartackle

    Julle Nelspruiters moet nou ophou vir komplimente vis, julle is altyd stadige beginners en vat altyd eers vlam met Beeld trofee

    ReplyReply
    11 April, 2017 at 11:42
  63. avatar
    #24 Laevelder

    @Valkie: Ons twee het ernstig nog nooit ontmoet nie! Ek is nie op personeel, BL of deel van afrigting nie .. ook nie n ouer van die skool nie. Ek kyk hoogstens 3 Rhino games per jaar.. betrokke by n NGO wat vereis dat ek baie naweke in Swaziland of Mosambiek is.. jy is welkom om my e-pos by Beet te kry maar ek is seker jy sal teleurgesteld wees om agter te kom dat ek soos ek al baie gese het hier.. net n doodgewone oud-Nellie is wat hul rugby verskriklik geniet!

    ReplyReply
    11 April, 2017 at 10:45
  64. avatar
    #23 Valkie

    @Laevelder: Ek waardeer jou ‘input’ en ons praat dieselfde taal m.a.w. ons sê dieselfde goed net beitjie anders. Dis asof jy my e-mails lees wat ek vir skool of vir sekere mense daar stuur. Ek is ook seker jy weet wie ek is, maar jy kruip steeds weg….. :lol: Dis okay, dit maak nie saak nie want ek weet jy het NHS se belange en welstand ook op jou hart.

    Laat my toe om die ook net kortliks te sê na aanleiding van iets waaraan jy geraak het. As ons rugbyseuns verloor hokkie toe is daar redes en daardie redes moet aangespreek word. ‘n Seun soos Henco Pieters hoort op die rugbyveld en nie op die hokkieveld nie en so daar vele ander seuns. Ons kan nie ons rug draai op seuns wat na ander sportsoorte toe oorloop nie, daar MOET met hulle gepraat word en probleme moet uitgesorteer word. Ek sê maar net.

    @Murrayfield: Ons kry binnekort ‘n nuwe hoof by NHS wat beleid dalk kan verander of aanpas rondom sport en dies meer. Ons wag dus om te hoor wie ons liewe Dr Swanepoel se skoene gaan moet volstaan. Ek sê glad nie dat NHS no 1 in die land moet wees nie, maar ek sê ons moet kompeterend bly en skole in ons omgewing probeer hulle bes om ons te verswak deur Puma o/13 spelers se ouers aanbiedinge te maak wat hulle glad nie kan weier nie en dit is waarvoor ons ‘n nuwe strategie nodig het.

    My seuns en dogter het aanbiedinge gehad van ander skole, maar ek’t geweier want vir my gaan dit oor die feit dat ek nie te koop is nie en ek wou my kinders in die beste skool in die Laeveld hê…..miskien ‘n kortsigtige en eng rede maar dit werk vir my persoonlik. Ander ouers voel anders daaroor en dis hulle goeie reg.

    Genoeg gebabbel……Kom Laevelder ons vat hande en maak seker ons sport by NHS groei tot hoër hoogtes.

    ReplyReply
    11 April, 2017 at 09:27
  65. avatar
    #22 Murrayfield

    @Laevelder: Jip Garsies sal goed wees. Elke skool se rugbymodel is anders. Hoop Garsies sal hulle juniors goed “ontwikkel” Kyk hoe kook hulle eerstes!!Gaan tough wees vir Monnas!

    ReplyReply
    11 April, 2017 at 08:55
  66. avatar
    #21 Laevelder

    @Murrayfield: Stem saam jou op al jou comments en dit gebeur hier.. niks teen BB of Valkie nie..ek love hul input op die site..al is spear my favourite! my punt is net om positief te bly en te besef elke jaar is nie n droom jaar nie..Kyk na Garsies die jaar.. hul juniors het nog nie na reg gekom in 2017 maar dit beteken nie noodwendig daar is groot probleme en dat hul rugby oppad suide toe is.. ek glo dit nie vir n minuut nie..glo hul is ook hier om te bly! daarmee se ek nie daar moet net ge-smile en wave word en issues onder die mat ingesweep word nie.. issues moet mee gedeel word asap en almal is geregtig op sy opinie.. en om deel te wees van die oplossing!

    ReplyReply
    11 April, 2017 at 08:29
  67. avatar
    #20 Murrayfield

    @Laevelder: Rugby is net n voertuig in die lewe om ons almal nederig temaak, verskil temaak, ons skole te ondersteun, vriende temaak, ens! Dit is lekker om te lees wat se al julle katnaels oor julle skole en passie waarvoor ons almal emosies wys, grappe maak oor verskillende skole! My opinie is dat indien n skool se rugby verswak MOET daar gekyk word hoekom dit so is…baie kere is die BL van n skool te blameer vir die aanstel van hoofde/ persone wat egos het en n skool se rugbykultuur opneuk!! Hou so aan Brotherbear, Valkie ens!

    ReplyReply
    11 April, 2017 at 08:13
  68. avatar
    #19 Laevelder

    @Valkie: Ja ek is deeglik bewus daarvan,privaatskole invest ook in afrigters en ons het n baie goeie afrigter afgestaan 3/4 jaar terug wat nou een van die privaatskole se hulp-afrigters is vir hul eerstes.. bygese het van hul leerders weer NHS toe gekom vir verskeie redes waarvan Afrikaanse onderrig en kultuur, kompeterende kompetisie strukture in al die mainstream sporte soorte maar net van die redes is. Feite is dat issues soos werwing,politieke inmenging in sport, kwotas, buffelsfontein rowwe bliksems wat verkies om nou eerder hokkie bokkies te wees, rommelstatus, uitstekende hoofde wat aanbeweeg ens. is uitdagings is vir al die skole.. maar mag daar altyd die oorbly wat aanhou glo, beplan, baklei, effort insit om n skool op die rugbymap te laat bly!Mag die klok aanhou lui en irritterend in ons opponente se ore raas.. Ja party jare sal hy harder lui as ander jare.. maar so loop dinge maar. Mag die ouens aan die stuur van sake aanhou streef na excellence.. sal dit nie great wees as ons kan opskuif nie.. ons haal die Top 20 so gemiddeld 3 uit elke 5 jaar tans.. immagine dus Top 10 en nog groter drome as dit!

    ReplyReply
    11 April, 2017 at 07:55
  69. avatar
    #18 kokkie

    @Valkie: gelukkig weet ons by nou dat n sterk o16 span verseker nie n sterk o 19 span nie, so ek sal nie te ge worried wees nie, PRG se o 16’s van laas jaar het net hul laaste wedstryd teen Grey verloor, en ek voorsien glad nie dat ons huidige o19’s n soortgelyke seisoen sal he nie, hoop wel eks verkeerd :mrgreen: tyd sal leer!

    ReplyReply
    10 April, 2017 at 19:14
  70. avatar
    #17 Saartjie

    Helpmekaar 24-12 Kempton Park

    ReplyReply
    10 April, 2017 at 18:19
  71. avatar
    #16 Saartjie

    Waterkloof 15-14 Kearsney College
    Affies 55-7 Zwartkop
    EG Jansen 50-21 Maritzburg College

    ReplyReply
    10 April, 2017 at 17:30
  72. avatar
    #15 Valkie

    @Laevelder: Ek hoor jou. Jy weet ook seker dat ander skole in ons onmiddelike omgewing erenstige werwing doen van hierdie jaar af waarteen ons nie kan of wil kompeteer nie.

    ReplyReply
    10 April, 2017 at 16:26
  73. avatar
    #14 Laevelder

    @Valkie: Ek verstaan jou frustrasie maar glo my NHS rugby is nie oppad af nie. Yes the 0/15 & 0/16 arent performing as we would love them to. I believe both teams are on they way up..(0/16 from deep down).. Remember both of them are still missing key players returning from SA’s athletics.. and they will add great value to the team in weeks and months to come.I have realised that especially the juniors got slow starts to their seasons the last 3 years.. slow out of the blocks in Tuks but vastly emproving as the season progressing.. take last years 0/16’s as an example.,they won only one or two of their first 8 games and then they came right and lost to a very strong Menlo 0/16 in last year’s Beeld semi’s.Our first and second team as well as the 0/14 A&B sides are pretty decent and will keep even Top 10 sides very busy I’m sure! On the right hand of the screen there is a table of the Top 50 schools over the last five years.. and we are up there in 17th place., I know that counts for nothing and a school can quickly lose their edge and the spin off of that over a couple of years can be devastating.. but I firmly believe that the Rhino’s will continue to produce quality sides over the years to come.Ek weet jy is nie n negatiewe persoon nie.. soos ek hou ons van wen.. so kom ons hoop al die spanne doen meer as wat ons verwag van hulle die jaar.. ek glo hul sal!

    ReplyReply
    10 April, 2017 at 15:45
  74. avatar
    #13 BrotherBear

    @Valkie: my comment in jest. I can see you are very passionate and concerned. Remember that nearly all non-boys schools have swings and roundabouts – some more than others. Can I assume that you guys do not actively source or attract players or is it coaching, or both?

    ReplyReply
    10 April, 2017 at 15:36
  75. avatar
    #12 Valkie

    @BrotherBear: There is no secret to my identity. Everybody in town knows me. I am on record at school for speaking my mind as to where we (NHS) are heading towards.

    Rugby is my passion, and I will always stand up and be counted for the game. The teams I support is part of the passion and I want to see growth in a positive, competitive but fair and honest way. I have haters on the highest levels of rugby because I am not scared to say what I think. CEOs on the local franchises have threatened me with legal action in the past for speaking my mind. Yet I’m no super hero and just, like you, a normal member of the public that hardly anybody knows.

    ReplyReply
    10 April, 2017 at 15:30
  76. avatar
    #11 BrotherBear

    @Valkie: can you see the benefit of really being able to say what you believe is right, without being crucified in public? Just asking.

    ReplyReply
    10 April, 2017 at 15:13
  77. avatar
    #10 BrotherBear

    @Valkie: it my be a very good KES side.

    ReplyReply
    10 April, 2017 at 15:10
  78. avatar
    #9 Valkie

    @Hooit: No way, after this last remark I am public enemy number 1. Sorry, but that is how I feel about the current state of affairs.

    ReplyReply
    10 April, 2017 at 14:37
  79. avatar
    #8 Hooit

    @Valkie: Play nice now. You must still braai with them on Sunday.

    ReplyReply
    10 April, 2017 at 14:06
  80. avatar
    #7 Valkie

    @Roger: I think, and it’s only my personal opinion, from what I have noticed over the last two years or so our rugby is going down south fast. I’m only a concerned parent and the school will differ from me.

    ReplyReply
    10 April, 2017 at 14:06
  81. avatar
    #6 Roger

    @Valkie: why – is it a weaker year for Nellies?

    ReplyReply
    10 April, 2017 at 13:53
  82. avatar
    #5 Valkie

    Ja well, why am I not surprised at the score….

    ReplyReply
    10 April, 2017 at 13:47
  83. avatar
    #4 Roger

    KES beat Nelspruit 20-7

    ReplyReply
    10 April, 2017 at 13:40
  84. avatar
    #3 sewes

    eldo 23-14 jeppe
    kes 20-7 nelspruit

    ReplyReply
    10 April, 2017 at 13:40
  85. avatar
    #2 Valkie

    Dit sal nice wees as ons die tellings kan kry.

    @RnR: Ek sien julle het maklike games. Ons aan die anderkant gaan weer bloed sweet.

    ReplyReply
    10 April, 2017 at 12:12
  86. avatar
    #1 RnR

    Is daar dalk streaming?
    Hou ons asb op hoogte met tellings

    ReplyReply
    10 April, 2017 at 09:00