Menlopark wins the Tuks Skole Reeks 2016

While Monument was crowned as the 1st XV and overall rugby champions of the Tuks Reeks yet again, they lost their overall title to Menlopark who only joined the series this year.

Tuks Reeks Overall 2016 v2

 

Leave a Reply

34 Comments

  1. avatar
    #34 AbsolutMenlo

    Menlo 1 ste span hokkie wen Affies 2 – 1 Well done boys!

    ReplyReply
    19 May, 2016 at 15:35
  2. avatar
    #33 RnR

    @Valkie: As ek so na 2015 se log kyk en hoe die spanne ingedeel is 2016 dan wil dit vir my voorkom of dit wel die 1,2,3,4,8,7,6,5 metode is. Onthou dat daar 2 spanne onttrek het en Menlopark bygekom het, so ek dink die Tuks Bestuur het seker maar Menlopark n plekkie gegee waar hulle hul kon indruk,,,,, :mrgreen: :mrgreen:

    ReplyReply
    18 May, 2016 at 14:02
  3. avatar
    #32 Speartackle

    Geluk Menlo….hoe meer ek daaraan dink hoe meer merkwaardig word die prestasie,

    Well done Schalkie

    ReplyReply
    18 May, 2016 at 09:58
  4. avatar
    #31 AbsolutMenlo

    @RnR: Dankie!! As ons eerste span rugby net bietjie beter gedoen het…

    The biggest shaker in Tuks-reeks was Rustenburg. They were 11 rugby and overall 2015 and this year 6 rugby as well as overall….well done Rustenburg!

    ReplyReply
    18 May, 2016 at 09:56
  5. avatar
    #30 Valkie

    @RnR: Ek is ook nie seker hoe die skole ingedeel word nie, maar ek glo nie dat die 1,2,3 is nie. anders was Menlopark nie vanjaar in Groep 2 nie maar in Groep 4.

    Dit is gewoonlik rondom hierdie tyd dat volgende jaar se groepe aangewys word. Kom ons hoop dat daar nog ‘n skool bygekom het om gelyke getalle te kan hê. Dit sal goed wees as Waterkloof weer terug kom in die reeks.

    Ek sal ook verkies as die reeks net twee weke later begin om die atlete die geleentheid te gee om by die rugby, netball en hokkie te kan aansluit. Daar is genoeg tyd voor die Beeldtrofee om die Tuksreeks af te handel.

    ReplyReply
    18 May, 2016 at 09:52
  6. avatar
    #29 RnR

    @AbsolutMenlo: Great Stuff Menlopark!!

    Wie weet hoe die skole ingedeel gaan word volgende jaar?
    1 2 3 4
    8 7 6 5
    9 10 11 12
    16 15 14 13,,,,, so iets?

    ReplyReply
    18 May, 2016 at 07:46
  7. avatar
    #28 jakes

    @Djou: Ja Djou. EG Jansen se sport oor die algemeen is definitief op vinnige afwaartse kurwe.Ek het regtig nie meer veel inligting of direkte familie by EG Jansen nie. Ek is maar nou deesdae net supporter en hoor so through the grapevine, my neef se seun nou nog daar op skool.Daarom comment maar baie minder deesdae :lol: wat ek wel opgelet het is van die voormalige sterker sportsoorte by EGJ is besig om baie vinnig uit te sak. Hulle Netbal was altyd baie sterk en het teen die bestes in die land kompeteer,maar is besig om baie baie vinnig te val laaste 3 jaar of so. Die feit dat netbal laaste geiindig het in die Tuks reeks, is vir my ‘n skok. Atletiek was een van die sterktes in Noordvaal, in superintethoer A bond vir jare,maar laaste 3 jaar eweskielik groot insinking. Hierdie jaar is een van hul swakste atletiek spanne seker in 15 jaar en sak al hoe laar in die super atletiek liga. 6de uit 8 skole in die B afdeling geiendig in superinterhoer en daar is omtrent geen belowende junior atlete in hul span gewees die jaar. Die beste atlete die jaar was almal onder 17’s en 19’s.Hokkie ook besig om baie plek te verloor onder die meisies.. Dis op die oomblik net die rugby wat nog krag is in die skool.
    EK Weet nie of getalle minder word of wat nie, maar daar is definitief insinking in hul sport, dis net Rugby wat teen bestes kan kompeteer. Miskien kan iemand ons verdere inligting gee.

    ReplyReply
    17 May, 2016 at 21:59
  8. avatar
    #27 VanniLaeveld

    Ek glo Waterkloof is spyt oor hulle onttrek het aan die Tuksreeks. Dis makliker vir seunsskole om sg derbys te speel, maar vir ‘n gemengde skool moet die dogtersporte ook in gedagte gehou word. Tuksreeks bied vir amper elke sportkind in die skool, seuns en dogters, geleentheid om kwaliteit wedstryde te speel. Dis die rede hoekom Menlo ook uiteindelik ingeskryf het. Die ry Kimberley, Tzaneen, Bloem toe het hulle gevang, en dan altyd ‘n gespook om vir die dogters ook wedstryde te kry. Waterkloof kom dit nou agter. Die “erken ons het ‘n fout gemaak” oomblik moet nog net vir hulle aanbreek, en dit is moeilik.

    ReplyReply
    17 May, 2016 at 21:38
  9. avatar
    #26 vandieplaas

    @Hanswors: Ja, ek glo dat as n skool nie teen die beste skole in sy omgewing speel, omdat hy dalk bekommerd is oor verloor hier en daar, gaan jy maar agter uitgaan met tyd. Dit maak ook die opwinding oor skole rugby in die omgewing baie groter as jy plaaslike derbies speel. Kyk maar na die kaap se derbies elke jaar, dis soos n toets. Speel affies nog in die beeld?

    ReplyReply
    17 May, 2016 at 15:00
  10. avatar
    #25 Hanswors

    VANDIEPLAAS – ek stem saam – hulle sukkel om wedstryde te kry in die tyd van die Tuks reeks veral aan die begin met die uitspeel rondtes want dit is nog voor die vakansie. Daar is 3 wedstryde wat gespeel moet word voor die paas toernooie n aanvang neem.
    Hulle het hier en daar gespeel teen minder bekende skole wat nie noodwendig sterk is nie. Dit is nie goed nie – te veel ruggas is ook nie goed nie maar die onttrekking het teen n prys gekom – kyk maar na die ranglys. Waterkloof was een van min skole wat tien jaar in n ry elke jaar onder die top 10 skole was. Hulle is nou omtrent 130 ste!
    Die hoof het die Affies model kom toepas om meer derbies te speel………. daardie kite het ook nie gevlieg nie want dis te duur.
    So – quo vadis my volk …. waar gaan ons heen???????

    ReplyReply
    17 May, 2016 at 14:48
  11. avatar
    #24 vandieplaas

    @Hanswors: Ok, but i don’t really get that point, because they still played other games on the weakends the Tuks played didn’t they? @Valkie: Ook weer waar, maar is daar n ranglys vir die 14/15/16?

    ReplyReply
    17 May, 2016 at 13:53
  12. avatar
    #23 Hanswors

    Vandieplaas: Waterkloof pulled out 4 years ago – the “new” Principlal at that time said that they are playing too much rugby – so the losses recently has nothing to do with the fact that they are not playing Tuks reeks.

    ReplyReply
    17 May, 2016 at 13:01
  13. avatar
    #22 Valkie

    @vandieplaas: Dit sal moeilik wees om te bepaal omdat daar situasies is waar slegs die eerstespan speel of net die ander spanne.

    Wat ek wel graag sal wil sien is elke span (ouderdomsgroepe ook) se wen ratio per seisoen.

    ReplyReply
    17 May, 2016 at 12:43
  14. avatar
    #21 vandieplaas

    @Die Ken: @Valkie: Julle gee my nou n idee, Wat sal die top 30 skole rankings wees,as al die A spanne in gereken word? En nie net die eerste span?

    ReplyReply
    17 May, 2016 at 12:09
  15. avatar
    #20 vandieplaas

    @Valkie: Hulle moet tog die reeks wil uitbrei en bevorder? So sluit almal in en maak dit so toegangklik soos moontlik. Die dames klae al jare by my oor die netbal en hokkie tellings. Kyk bv na Wildeklawer mens sukkel on die netbal tellings as ook die junior rugby spanne se tellings te kry, behalwe as jy by n skool betrokke is.

    ReplyReply
    17 May, 2016 at 11:57
  16. avatar
    #19 Valkie

    @vandieplaas: Ek stem saam met jou. Dit is jammer daar is nie een Tuksreeks Webblad nie. Maar dis iets wat die Besluitnemers van die reeks moet doen. Die vraag is: Wie is die Besluitnemers van die reeks? Is dit ooms in gryspakke wat na-ure vergader en niemand onbekends in hulle spasie toelaat nie?

    ReplyReply
    17 May, 2016 at 10:19
  17. avatar
    #18 Die Ken

    @vandieplaas: @Ploegskaar: Dis waar, kom ons fokus dan liewers daarop, wie het die Algehele rugbytrofee gewen?

    ReplyReply
    17 May, 2016 at 08:34
  18. avatar
    #17 Die Ken

    @Speartackle: Monument het in die verlede altyd die jukskei gewen…jy sien, hoe maak jy seker n skool wen nie die heel-donderse-tyd nie, jy sluit die belangrike sportsoorte uit, i.e. Jukskei

    ReplyReply
    17 May, 2016 at 08:33
  19. avatar
    #16 vandieplaas

    @Ploegskaar: Nie almal kan in die eerste span speel, net 25 seuns, die ander spanne is ook belangrik om te meet hoe sterk die skool se rugby gaan wees in die toekoms.

    ReplyReply
    17 May, 2016 at 06:25
  20. avatar
    #15 vandieplaas

    @Djou: Het die tuksreeks nie n website nie? Dit sal tog baie help om die reeks te bevorder, en dan kan mens ook daar die tellings, logs ens gaan kyk. Ek het dit net baie moeilik gevind om die ander tellings, behalwe die eerste span rugby tellings, op te spoor, netbal,hokkie en dan ook die 14/15/16 2de/ 3de van die rugby.

    ReplyReply
    17 May, 2016 at 06:19
  21. avatar
    #14 BOG

    @Speartackle: Dit lyk vir my of jy baie gereeld en vinnig tussen Durban en Pretoria beweeg?

    ReplyReply
    17 May, 2016 at 00:45
  22. avatar
    #13 Bere007

    Baie geluk Menlo !!

    ReplyReply
    16 May, 2016 at 20:29
  23. avatar
    #12 Speartackle

    Ek het verlede week gesien Menlo oefen Vroteiertjie…….dit gaan ook seker deel van Tuksreeks word

    ReplyReply
    16 May, 2016 at 20:06
  24. avatar
    #11 Ploegskaar

    Allerlei perifirale goetertjies en stokperdjies en tydverwyle en storietjies, maar feit bly, Monnas se 1stes het die Tuks vir 1stes gewen. Mooi vir die wat die wawiele en kussinggevegte oordonder het, groot trekpleisters daai ????

    ReplyReply
    16 May, 2016 at 19:54
  25. avatar
    #10 Djou

    @vandieplaas: Ek dink nie die telling word deurlopend bekendgemaak nie – TUKS doen dit net aan die einde.

    ReplyReply
    16 May, 2016 at 19:28
  26. avatar
    #9 Djou

    @AbsolutMenlo: Baie geluk Menlo. Vier eersteplekke en 2 tweedeplekke sit nie in enigeen se broek nie. Dink Menlo sal landwyd baie goed doen in veelvuldige aktiwiteite.

    Wat ook verbaas is EG Jansen wat in 6 van die 9 aktiwiteite tweedelaaste of laaste was en in nog een derde laaste. Net ‘n skool vir eerste rugbyspan?? Dalk kan Jakes antwoord?

    ReplyReply
    16 May, 2016 at 19:26
  27. avatar
    #8 CharlesZA

    @Speartackle: Darts manne is unlucky dat hulle nie die cut gemaak het nie.

    ReplyReply
    16 May, 2016 at 19:24
  28. avatar
    #7 tzavosky

    @Speartackle: Ja, ek het ook nog altyd gewonder oor daai een – in die koerante is die skaakrubriek gewoonlik saam met die sudoku en oorlede Omar Sharif se brugrubriek – intellektuele aktiwiteite.

    Maar ou Nic Mallett is mos ‘n Oxford “Blues” in drie sportsoorte – rugby, krieket en brug.

    ReplyReply
    16 May, 2016 at 16:44
  29. avatar
    #6 Speartackle

    Ek sien Menlo sal hul skaak moet opknap,

    Nooit geweet skaak is n erkende sportsoort

    ReplyReply
    16 May, 2016 at 16:04
  30. avatar
    #5 vandieplaas

    @beet: Thank you, do any one know what the reason is that Waterkloof pulled out of the tuks? Was it because they lost a few games?

    ReplyReply
    16 May, 2016 at 12:55
  31. avatar
    #4 beet

    @vandieplaas: sorry yes athletics should read cross-country

    ReplyReply
    16 May, 2016 at 11:57
  32. avatar
    #3 vandieplaas

    @AbsolutMenlo: Geluk aan Menlopark! Uiteidelik het ons die telling van die reeks. Ek dink hulle moet dit volgende jaar deerlopend verskaf asb. Ek is verras met die atletiek afdeling?! Dis seker landloop? En nie atletiek, daar is nie n manier dat menlo so laag sou wees met atletiek.

    ReplyReply
    16 May, 2016 at 10:36
  33. avatar
    #2 Valkie

    Baie geluk aan Menlopark as algehele wenners. Dit wil gedoen wees om in jou eerste jaar al as wenners aangewys te word.

    Dankie ook vir Tuks wat die reeks borg, ons waardeer dit. Kom ons hoop daar is ‘n skool of drie by vir volgende jaar se toenooi. Dalk ‘n skool van Potch?

    Ek het ook ‘n vraag vir al ons kenners van skole rugby. Ek het afgelope naweek na twee buurskole se wedstryd gaan kyk wat in die plaaslike liga vir ‘groot skole’ speel. Die standaard en kwaliteit van die wedstryd was opvallend anders as die ‘makro skole’ se wedstryde. Is dit julle ervaring dat daar ‘n gaping bestaan tussen ‘groot skole’ en ‘makro skole’ se rugby, asook tussen ‘enkel medium’ en ‘dubbel medium’ skole? Beide skole is toevallig ook ‘dubbel medium’ skole.

    ReplyReply
    16 May, 2016 at 09:45
  34. avatar
    #1 AbsolutMenlo

    It was a great competition looking forward for 2017!
    The Reeks needs Waterkloof back in the mix. Come on Klofies!

    ReplyReply
    16 May, 2016 at 06:46