The Blue Bulls will be hosting a rugby evening on Thursday 03 March 2016. Participating schools will be allowed to use 26 players on rotation in 25-min per half matches with no place kicking allowed.
15h00 | Merensky | 20-20 | Pretoria THS |
16h00 | Montana | 10-05 | Oos-Moot |
17h00 | Ben Vorster | 30-10 | Potch Gim |
18h00 | EG Jansen | 45-00 | Tuks Invitational |
19h00 | Jeppe | 50-10 | Zwartkop |
20h00 | Monument | 15-10 | Diamantveld |
21h00 | Welkom Gim | 25-15 | Waterkloof |
@beet – Have you seen some of the photos on the Blue Bulls Facebook page? Excellent photos.
Here is a shot of Monnas after their win against Diamantveld.
https://www.facebook.com/BullsOfficial/photos/pcb.1038251832899899/1038251619566587/?type=3&theater
@BrotherBear: Hahaha:)Wou nou die dag al die vraag vra toe julle hier bo so oor atletiek praat. Beet het gesukkel om my weer te registreer. Moes nou al vir ‘n jaar sit en net lees. Weet jy hoe frustrerend is dit. Dink dis omdat hy sukkel om my Gill College avatar te kry:)
@Die Ken: Het nie daar uitgekom nie, maar het wel hoogtepunte gesien. Hoop regte die voorspelers kan hulle man staan want daar is lekker spelers in die agterlyn.
@Rugbyman: Gaan die wedstryde opgeneem word? Sal graag Stellenberg se games wil sien, al is dit nie wonderlike kwaliteit nie.
@Kesduthcy: where did you miss the bus/taxi/lift, my dear friend?
@Die Ken, @kosie, @RnR: stem saam die 1e span wedstryd was bietjie frustrerend a.g.v. foute. Manne het tempo hoog gehou en aan beide kante kon ek sien spelers moet gewoond raak aan mekaar. Eldo se no 3 stut self ‘n yster en ‘n sterk derduiwel. Skeidsregter het baie foute oorgesien, veral “side entries” en oor die bal val in die losgemale. Punt wat ek opgemerk het was dat al die ander Eldo spanne se verdediging baie meer gestruktureerd en rotsvas was as Helpies, maar nie met 1e span. Albei spanne kan baie beter vertonings lower. Eldo het nou vir Klerksdorp en Helpies vir Affies, eerskomende naweek.
@kosie: Dankie, presies wat ek wou weet
@kosie: Perfekte opsomming van die wedstryd
Eldos se vories het Helpmekaar so effens frustreer die dat die nr2 n geelkaart gekry het,,,,kyk die man/seun is n reus en daar sal verseker baie van hom gelees en gesien word.
Eldos se agterlyn was glad nie op standaard nie, as ons sleutel spelers kan terugkom dan sal ons verseker n beter vertoning lewer.
Bietjie omgekrap oor die jong skeidsregters wat gebruik was, gehoor dit is juniors of studente wat hul gebruik het, foute weerskante gemaak wat ons as toeskouers so bietjie laat vloek het.
I see Kes have won the InterHigh Athletics in 2015. Is it true that Kes have won this event for the last four years? Does Affies have its full strenth team at the Interhigh every year?
@Die Ken: Hier is my siening van die wedstryd. ‘n Mens kon sien dit was albei spanne se eerste wedstryde. Die verstandhouding tussen die manne aan beide kante was nognie vlot nie.
Toe die manne opdraf het ek swarrigheid vir Eldo voorspel! Daar is ‘n paar reuse en goed geboude manne in Helpies se span. Hier dink ek spesifiek aan die nr 2. Goed geboude seun wat beslis die binnekant van ‘n gym ken. Eerste helfte was maar ‘n gejommel en kon geen span aan die gang kom nie. Te veel hanteer foute. Ek dink die vorries het goed opgeweeg teen mekaar en het geen pak oorheers nie. Eldo voorry dalk bietjie beter as Helpies. Helpies se slotte was beter as Eldo sin alhoewel Eldo so paar balle afgeneem het by Helpies in die lynstane. Losvoorspellers was daar nie veel te kies nie.
Agterlangs was helpies beslis beter. Die een vleuel is ‘n spoetvraat en as hy die bal in ‘n gat kry gaan hy druk. 2 van Helpies se driee het gekom na swak verdediging deur Eldo se agterlyn alhoewel ek moet byvoeg dat die tweede Helpies drie baie goed uitgevoer was. Ekstra man in die agterlyn het die overlap bewerkstellig en so het die vleuel sy spoed gebruik om te gaan druk.
Is enige van die spanne top 10 materiaal, nie soos hulle Saterdag gespeel het nie. Dis early days ek weet maar as enige van die spanne aspirasies het om onder die top 10 te wees sal hulle beslis baie moet verbeter.
Terloops Helpies het die O/14 en 15 gewen, Eldo die O/16 en 2 des. Albei spanne sal beslis verbeter soos die seisoen aangaan.
@4×4:
@Rugbyman: Hoofwedstryd op Affies se 100ste bestaanjaar….Sal ‘n goeie dag wees….
@CharlesZA: Ek neem aan jy’t toe n draai gaan gooi by Landbou rugbydag? Enige terugvoer, i.e. moet ons bekommerd wees oor julle en Boland?
@kosie: Gee vir ons bietjie daar n wedstrydverslag asb?
@4×4: Natuurlik het die seuns geen issues met mekaar nie… van wat ek hoor kan 2018 dalk 2020 word… eks seker jys slim genoeg om dit ook te bereken…
Garsies word deesdae ook na al die top toernooie genooi dat dit dalk meer sin maak dat hulle hulle self sal wil toets teen die sterkste spanne in ander provinsies as om ‘n game teen Affies te speel.
@Bosveldpa: Ek vermoed dat ons seker eers weer in 2018 teen Garsies sal deelneem….dink Rugbyman sal ‘n vinnige berekening kan doen en die rede aanvoer…..
Ek het gister eers Affies se proewe bygewoon voordat ek die Garsies game gaan kyk het en ek dink dat Affies ‘n belowende span in die veld kan stoot die jaar, inteendeel dit gaan eventueel gaan oor spankeuses en is ek dankbaar dat ek nie die keurders is nie.
Daar is baie talent en diepte so by so dat selfs die 2de span sal kan saamgesels met 1ste spanne die jaar.
Ons sou bitter graag teen Garsies wou meeding, want irrelevant wat al die ringkoppe van die onderskeie skole te sê het, is daar ‘n geweldige goeie gees onder die onderskeie skole se kinders.
@Bosveldpa: Ons speel Saterdag teen EG Jansen… hulle sal ‘n perd van ‘n ander kleur wees en ons sal heelwat moet verbeter op saterdag se game…
Ons speel in die Noord/Suid toernooi die vakansie by Garsfontein teen Paarl Gim en Outeniqua… die ander skole betrokke is Waterkloof, Menlo, Kempton, Boland Landbou en Stellenberg… Jy kan gerus kom kyk dit sal puik rugby wees… Die twee game dae is Saterdag 19 Maart en Dinsdag 22 Maart… al 8 skole se 1ste en 2de spanne speel daar so dis rugby heeldag lank…
Dankie, dit klaar dit op. Scenario waaraan ek gedink het was dat as n kind laat skooltoe is en njaar sou moes oordoen om een of ander rede maar tog wil rugbyspeel dit vir n laerspan sal kan doen. Maar ja logika seevier ook seker en dan sal so n geval by klubrugby betrokke moet raak.
Wie is Garsf se vlge game? Speel julle affies die jaar dalk op een vd Paasweke?
@Bosveldpa: dankie… dink ek…
Nee geen seun wat 20 word of is op skool ma vir enige skool span rugby speel nie…
Baie geluk @rugbyman met ‘n bitter mooi oorwinning teenoor Menlo. Baie goed. Lyk na n lekker groepie waarmee julle gaan werk.
@djou, as jy nie die tong in kies opmerking van my verstaan nie sê ek jammer vir jou eie kortsigtigheid. Lees weer, dit gaan oor die reels van die ouderdomsgroep situasie. Ongelukkig het ek die leerder/spelers se naam gebruik omdat dit juis reeds boontoe gebruik is in konteks met oudersdomgroep. Bedoelende dat ALLE spelers wat moontlik in so n situaise beland agv watter rede ookal uit die sisteem gehaal kan word. Jou opmerking lees die spreekwoordelike berg van n molshoop.
En dis sal uiters stupid van my wees om die talent van die speler te misken.
So om dit dan vir jou makliker te maak…
Beteken dit dat spelers wat hulle om een of ander rede in so n situasie bevind dan 3de span speel as hulle o/20 is.
FT Helpies 21 -7 Eldo. Helpies backline the difference. Well done Helpies
@CharlesZA: stress pappa… stress…
@Rugbyman: Moet jy nie slaap nie? Of is dit die stres wat jou wakker hou.
@Djou: Soos gewoonlik kan jy sy kommentaar met die minagting wat dit verdien hanteer… soos gewoonlik weet hy glad nie waarvan hy praat nie… soos gewoonlik is sy opmerkings nydig teenoor garsfontein… en so kan ek aangaan soos gewoonlik…
@Bosveldpa: Jammer om dit te sê Bosveldpa, maar jy is ‘n lafaard.
Die reel hier dat ons nie seuns swartsmeer nie. Tog vind jy dit noodsaaklik om ‘n baie belowende speler te beledig met jou onvanpaste nydigheid en waarskynlik ook rassisme.
Net vir jou inligting. Hy het nooit gedruip nie en is vanjaar in matriek.
Jy skuld die seun ‘n verskoning!
@Bosveldpa:
Wie’s jou team daar in die Bosveld vanjaar? Pieties, Ben Voster of dalk Merensky?.. in my speeljare was Tom Naude die span om te klop as jy Verre Noord gepraat het .. snaaks hoe dinge verander ne
Soos altyd interessant om julle ingeligdes se kommentaar te lees, veral in die begin van die jaar.
Slimmes die jaar is die Garsf rugbyman, Affies se 4×4 klink ergerlik slim, Babbelaas soos gewoonlik en dan verder net ‘n blêrderey, jaar in en jaar uit.
Sal hierdie jaar beslis meer by Pretoria en omliggende wedstryde uitkom. Begin sommer more met Menlo en Garsf. Ek verstaan ook nie die ouderdomsgroep ding nie, beteken dit dat ouens soos papier dan volgende jaar 3de span moet speel, as hulle o/20 is?
@Die Ken : Hier by Eldoraigne is ons baie liefdevol ons soen groet die vreemde dames en gee drukkies aan die hardebaarde
@Babbelas :
1. Stander
2. Engelbrecht
3. Smit
4. Kotze
5. Meyer
6. Pelser
7. Otto
8. van Wyk
9. Claassen
10. Kriel
11. Koltzow
12. Kotze
13. van den Berg
14. Lawless
15. van Sittert
@Die Ken : Hier by Eldoraigne is ons baie liefdevol ons soen groet die vreemde dames en gee drukkies aan die hardebaarde
@Babbelas : Ja ek het n XV tal, maar nog nie die reserwes nie, hulle hou nog n captains run vanmiddag.
Mag ek span inligting post hierso?
@RnR: Het jy dalk die Eldo span vir more?
Welkom Gimnasium has a massive pack of forwards and a very strong team this year. Beating Waterkloof 25-15, although a ‘warm up game’ it was still a surprise.
@BrotherBear: Dankie. Ek wou nounet die tye deurgee. Vreemd dat die O/14 wedstryd net 40 minute is rustyd ingesluit.
@STUT: Helpies vs Eldoraign 1e spanne speel 13h00 by Eldos.
@kosie: Ladyboys?
Van wat ek hoor het kloof met dertig sy eerstes en tweedes gespeel ook glo twee geel kaarte gekry in n helfte wat 25min lank is.Hulle sal moet kliek voor saterdag teen Nellies ander is daar groot moeilikheid wat wag.
@Die Ken: stem saam… ek was nie daar om te kyk nie… die tyd sal leer…
@Rugbyman: Oefenwedstrydmentaliteit (glo ek) want ek kan nie glo dat Kloof so sleg vanjaar is nie. Inteendeel, ek verwag n paar verrassings van Kloof af.
@Die Ken: Wie weet, dalk is ons
@Rugbyman: Very interesting score. From what family tell me Welkom Gim have one of their strongest teams in years boosted by some recruits from Goudveld. Seems their acadamy is paying dividends for them.
Funny how schoolboy rugby differs year from year. Two years ago Goudveld beat Welkom Gim. It won’t happen this year
@kosie: @RnR: Kan julle Eldos manne asb jul liefde vir mekaar en geheimsinnigheid op whatsapp of so iets uiter. Julle klink soos 2 tienermeisies!
From what I have heard, waterkloof went down to welkom gimnasium 15 – 25…
@beet: I get that error all the time btw.
@jakes: Monnas and Diamantveld both looking ahead to good seasons I’m sure
Thanks all for the scores except whoever keeps posting that 504 gateway timed out score.
Monument 15- Diatmantveld 10. Very good game
@kosie: thanks Kosie. Much too early days en kan nie te veel lees in vandag se game. Die 01 ste groot toets vir EGJ is 12 Maart teen Garsfontein
Jeppe 50 – 15 Zwartkop
@RnR:
@jakes: Wow dis indrukwekkend. Ja… EG gaan hierdie jaar ‘n moeilike span wees. Die Tuks invitational mag dalk nie die beste span wees nie maar vir EG om geen punte af te staan nie bewys hul ingesteldheid. Geluk
@jakes: die span is dinsdag bymekaar gesit, 2 tuks koshuise se eerstejaars is gebruik vir die span.
RnR het nie idee nie sal graag self wil uitvind. Miskien kan iemand ons laat weet
Uit watse skole was die Tuks Invitational gekies?
EG Jansen 45- Tuks invitational 0. Tuks invitational had some massive boys in their pack but this EG JANSEN team. Lets not give too mu h away to early in the season, but oh boy, tough times ahead for EGJ opponents in 2016
@kosie: Ja my blog naam kom van Rum en Raasberrie af,,,lol,,,nee jy is reg, nou is die vraag of ek weet wie jy is???
Ahemm….. Ben Vorster 30-10 Potch Gim…..take note Beet, it is now regarded as official game..lol…we want some ranking points!
@beet
There are some scores coming through:
Merensky 19A 20 – 20 Pretoria HTS 19A
Montana 19A 10 – 5 Oos-Moot 19A
@RnR: Nou verstaan ek ook waar jou blog naam vandaan kom Mnr K. Ek weet ook ‘n paar meisies gaan Saterdag rugby gaan kyk en hul knieë gaan lam wees.
@RnR: Welkom op die blog. Mag jy die rugby en kennis van die geleerde manne geniet so tussen die nonsens pratery.
@Andre T: Net die normale Golfdag soos elke jaar…
@Andre T:
Goeiemiddag almal, ek geniet dit vreeslik baie om die manne se kommentaar te lees oor al die verskillende onderwerpe.
Ek is ‘n Eldo ouer met ‘n tweeling wat die jaar vir Eldo’s se 1ste XV speel.
Ons Eldos sien verskriklik uit na Saterdag om Helpmekaar te verwelkom.
Met die beserings in ons geledere plaas dit glad nie n demper in die seuns se gemoed nie.
Ons weet Helpmekaar het die jaar seker hul sterkste 1ste XV tal in baie jare, so dit maak die opwagting soveel meer spesiaal.
@kosie: Lol…..dog ek is die Dick
@Andre T: En elke Tom Dick en Andre?
@kosie: Nonsens….elke Kosie, Jan en Piet kan sokkie
@Andre T: @Vleis: I am being given credit for acts of movement that I am not capable of doing. Sokkie or any other act of movement classified as dancing is alien to me.
@Vleis: Lol…no ou Vleis…..I cant sokkie either……only okes like Bog, Kosie and Cappie sokkie…..I think Brotherbear is another possible dutchie that sokkies
@Andre T: My flight and hotel accomodation are booked. I just need to attend a few lang-arm lessons and I’m all set! Need to practice that little flick of the leg on the turn.
@BoishaaiPa: Ek hoor daar is n groot fondsinsameling by Pearl Valley vandag
@BoishaaiPa: So he is a George Campbell supporter now?
@Andre T: We will send Balikibaba to go represent us there..he lives on Natal Northcoast nowadays
@Vleis: Coco’s…..downstairs at the Sands…..please do not gate crash
@Andre T: Is your wedding reception being hosted at the Oyster Box, the Beverly Hills or the Atholton Primary School hall?
@kosie: Ja, sal graag wil sien hoe die manne opweeg. Van ons manne ook nog uit a.g.v. beserings en volgende vlak atletiek. Hoop die reentjie bly weg vir lekker hardloop rugby. Sal eerste rugby besoek aan Eldoraign wees – lekker vorige kuiers daar gehad.
@STUT: Ek het nognie die amptelike program gesien nie maar 1 ste span speel gewoonlik tussen 12:15 en 12:30. Sal laat weet sodra die amptelike program uit is
@Kosie. Hoe laat is afskop vir die Eldo vs Helpies 1e span game?
@4×4: Ek trou ongelukkig Saterdag in Umhlanga en is baie spyt ek mis die Menlo/ Garsfontein stryd maar as n man moet…..dan moet jy
@BrotherBear: Gaan jy Satetdag gaan kyk? Daar is 2 kritieke beserings agterlangs by Eldo. Altwee by atletiek opgedoen. Ek sal myself langsaam haas na Eldo Saterdag vir die rugby
@4X4, @kosie: proewe vandag gespeel. Lyk my daar is heelwat talent en niemand wat gewaai het nie. Saterdag met ‘n BB ref gaan maar altyd nagmerrie wees. Spanne more bekend.
@4×4: Daar sal Saterdag ‘n baie goeie aanduiding van Helpmekaar sterkte wees. Hulle sal darem al ‘n wedstryd agter die blad hê as hulle teen Affies uitdraf.
Kom ons kyk wat gebeur Saterdag.
ANDRE T….as jy draai by proewe wou maak stel ek voor dat Saterdag beste opsie is….al die atlete terug en die meeste spanne dan gesif.
@Andre T: Beoog jy om die sirkus uit te saai? Dink die games van 17h00 kan ‘n lekker wees om te kyk. Gimmies laasjaar baie goed gevaar en Ben Vorster is nooi sleg nie en daai Monnas-Diamantveld moet die game van die dag wees
@BrotherBear: Is julle span al in orde vir volgende naweek? Gaan die Van Deventer seun op skrumskakel uitdraf?
@Kattes-Strofes: Die mannetjie kan nie net diskus gooi en gewigstoot nie….hy is bedrieglik vinnig ook vir daai grootte. Sy ouers persoonlike vriende van my en julle het nie net ‘n goeie rugby speler gekry nie maar ook uitmuntende ouers wat al klaar passievol is oor die skool….my kaartjies reeds bespreek vir Wildeklawer…sal die die beoogde game van die jaar wil misloop nie.
@Andre T: Dag se Mr T. As far as I’m aware, the kick-off times tomorrow evening are:
15h00: Merensky vs Pretoria Technical High School
16h00: Oos Moot vs Montana
17h00: Ben Vorster vs Potchefstroom Gymnasium
18h00: EG Jansen vs TUKS Invitational
19h00: Jeppe vs Zwartkop
20h00: Monument vs Diamantveld
21h00: Waterkloof vs Welkom Gymnasium
@4×4: Dankie dat jy genoem het dat daardie o/16 seun nie deur Boishaai gekoop is nie. Mense wil mos altyd vinnig vingers wys.
Die jong man het reeds naam gemaak op die atletiek baan . n Paar rekords gebreek en was ook deel van Boishaai se Top 10 span wat weer die atletiek kompetisie by Grey Bloem gewen het.
Het hom nog nie op die rugby veld in aksie gesien nie,maar indien mens die stories kan glo, en kyk na sy fisieke bou, sien ek baie daarna uit om hom op die veld te sien.
Ja! Hoor ook goeie stories oor Affies se eerste span vanjaar.Sterkte ook vir julle, tot by Wlideklawer, waar ons gaan kragte meet.
@Cappie, @4X4; baie geluk met die Affies seuns span se pragtige uitslae in gister se Atletiek. Punt van orde is dat Helpmekaar skool die algehele wenner was, met minder kinders in totaal as Affies seuns. Is ook seker semanties, maar belangrik om te noem. Sien julle volgende Saterdag op die Plaas. Ons het minder groot name, maar glo dit gaan goeie rugby wees.
Pretoria A-bond seunsatletiekuitslae:
Affies 1285
Prestige College 1169
Menlopark 1143
Garsfontein 1030
Waterkloof 972
Montana 968
Zwartkops 937
Eldoraigne 887
NWU Puk Interhoër seunsatletiekuitslae:
Affies 414
Helpmekaar 349
Monument 319
Kempton Park 316
Garsfontein 312
Waterkloof 308
Nelspruit 284
Transvalia 242
Hoe laat begin hierdie sirkus vanmiddag?
@4×4: 11. CRISTIAAN STRYDOM EN 13. LAURITZ VAN DER SCHYFF
@4×4: skuus bedoel 13. Mauritz
Andre…de Swart is ‘n groot talent en dink ek hy mag dalk die binnebaan hê omdat hy laasjaar gespeel het. Goedhals het laasjaar grant komo gespeel en is opgeneem in SARU se hoë profiel oefengroep ( jy sal dalk my kan korrigeer op die korrekte benaming). Daar is egtet gerugte wat die rondte doen dat Goedhals dalk sterk oorweeg kan word op 15. Ek vermoed die agterlyn kan dalk so lyk…9. Jack/Mulder, 10. De Swart, 12. Potgieter, 13Christiaan ( senter 2015) 11. Christiaan (vleuel 2015), 14 meiring, 15. Goedhals.
@4×4: Is de Swardt nie meer die gunsteling om 10 te dra?
Baie geluk aan garsies wat die onder 18 aflos gewen het op interhoër en Menlo wat die gekombineerde atletiek kampioene is en Affies wat die seuns en meisies kampioene
Die Affie manne het sedert Maandag proewe gespeel wat myns insiens niks seggend is nie. Die atlete mag eers Donderdag tot Saterdag Proewe speel aangesien hulle gisteraand nog aan die PUK atletiek reeks deelgeneem (en gewen) het. Die krieket spelers speel in die Nasionale T20 eindtryd gedurende die Maart skoolvakansie dus is dit nog in die duister of die rugby spelers die span gaan speel….deurslaggewend want Patches is nog by krieket betrokke.
Wat die Affie Rugby die jaar aanbetref kan ek aanvoer dat die onder 14’s baie gesond lyk…groot bulle in die pak en skills in die agterlyn…uit 313 seuns dink ek hulle sal tot by ‘n G-Span kan volmaak. Die onder 15’s lyk aansienlik beter as laasjaar, testostoroon blyk ‘n wenner te wees.
Die onder 16’s het ‘n paar belangrike spelers afgestaan en dit hulle briljante 8str man aan Boishaai…nee hy is nie gekoop nie, sy pa is die nuwe CEO van ‘n farmaseutiese maatskappy en dan die eerste span…myns insien defnitief weer ‘n top 5 die jaar, met 11 spelers van laasjaar oor en die onder 16 wat gate moet vul kan dit ‘n bulspan word.
Die 7 grant komo seuns van 2015 gaan nie net gelate aanvaat dat die 11 witbulle wat oor is van laasjaar net in die span gaan instap nie….en dan lyk FA Meiring se seun na ‘n spoedvraat op die punt, Potgieter die senter, goedhals die loskakel, Mulder die skrumskakel en Van Zyl die haker lyk baie goed gekondisioneer…en du preez ‘n 201m slot….gaan ‘n interresante jaar wees
@MonnasOB, @Skoorsteen, @Hooit. Of dit nou amptelike oefeninge is of nie, ek is seker almal is kliphard aan die voorberei. Die atlete wens ook heimlik die seisoen kom nou tot ‘n einde en die kontak kan begin. Baie opgewonde oor menige moontlike kombinasies van spelers. Grootste toets is of talentvolle manne van verskillende ouderdomsgroepe kan saamspeel en mekaar so gou moontlik vind. Lekker om bietjie diepte te he – is seker dit gaan nodig wees. Ou rekords is interesant, maar bied min versekering van sukses. Al wat ek wel van seker is; “dit gaan klipsteen hard wees”.
@Hooit: Die wedstryd op 12 Mrt tussen Affies en Helpmekaar gaan interesant wees. Affies het op onder 16 en 15 teen die o17 groep van Helpmekaar verloor
@Die Ken: Stem saam. Saterdag is die een wat saak maak vir die rugby kenner. Helpies is meer persoonlik veral by die o/17 seuns agv Helpies se sterk o/17 groep waarteen Monnas nooit gespeel het nie. As die Noordvaal 7’s game van 2014, toe hul nog o/15 was enige aanduiding is van die Maandag game gaan dit baie goed wees. Ek is seker Helpies sien ook uit daarna. Albei spanne moet egter verby Saterdag kom met geen of min beserings om Maandag hul stempel af te druk.
@Die Ken: Net n ou grappie. Kan self nie wag vir die seisoen om af te skop nie. Sien uit na st Johns, daar gaan n paar groot wedstryde wees.
@MonnasOB: Fokus op die Saterdag by St Johns…dit is die game wat saak maak. @Skoorsteen: Soos jy weet het die meeste skole (wat hul pond werd is) reeds einde 2015 begin litte losmaak
@BrotherBear: Monnas is nie bekommerd oor finale hekkie nie, baie meer gestress oor die laaste maandag by St Johns…. Die dag wat jou slimmighede beproef word! Hoop Helpies is voorbereid….
@Hooit: Sjoe maar julle begin vroeg. Laat niks aan die toeval oor nie
Monnas speel alreeds proewe op 18 Feb. Die seuns oefen al van vroeg Jan. Die Tuks reeks begin alreeds 5Maart. Monnas het n loslooitjie, hul speel eers 12Maart so dit is n goeie finale proewe vir hul en om skerper te wees vir hul 1ste ‘liga’ game.
@Hooit: Quite strange to see this kind of fixture. The summer sport season effectively ends on 1 March and many (balanced) schools only start their trials around the 2nd or 3rd. To my mind the external competition effect will not be healthy for these kids and risk of injury is quite high so soon in the season. Better for coaches to also have an internal look at combinations under controlled circumstances. But then I hear some teams have been training since end of last year. Hope the pressure does not get too much and they fall over the last hurdles ;-)
Affies speel proewe van 1 – 5 Maart. Die toernooi is te vroeg.
Monnas sou teen Affies speel. Wonder wat het fout gegaan?