Blue Bulls u18 Craven Week & Academy Week 2015 teams

CRAVEN WEEK SCHOOL ACADEMY WEEK SCHOOL
1 Cabous Eloff Affies 1 Wernich Barnard Waterkloof
2 Schalk Erasmus Affies 2 Carl Wijburg Centurion
3 Shergin Fillies Waterkloof 3 Tiny Mokhari Pretoria BH
4 Ruben van Heerden Affies 4 Francois Karg Waterkloof
5 Henk Pretorius Affies 5 Junior Nonyakela Southdowns
6 Regardt du Plessis Affies 6 Katlego Mushi Southdowns
7 Phillip Krause Affies 7 Eduard Pretorius Waterkloof
8 Eduan Lubbe Affies 8 Reunen Buys-Du Plessis Pretoria BH
9 Embrose Papier Garsfontein 9 Divan Henning Affies
10 Eddie Fouche Affies 10 Ruan de Swardt Affies
11 Austin Davis Garsfontein 11 Shakeel Fredericks Garsfontein
12 Louritz van der Schyff Affies 12 Esje Esterhuyse Centurion
13 Stedman Gans Waterkloof 13 Chad Sias Wilgers
14 Abner van Reenen Garsfontein 14 Emelio Adonis Garsfontein
15 Andell Loubser Menlopark 15 Ruan Henning Garsfontein
16 Jeandre Jones Waterkloof 16 Bees Ferreira Garsfontein
17 Luyolo Qinela Southdowns 17 Stephano Matthysen Garsfontein
18 Niel Bezuidenhout Affies 18 Luke Fortuin Garsfontein
19 PJ Steenkamp Garsfontein 19 Jaco Bezuidenhout Garsfontein
20 Wayne van der Bank Menlopark 20 Lincoln Daniels Garsfontein
21 Runan Venter Waterkloof 21 Shawn Williams Garsfontein
22 Snowy Zondani Southdowns 22 Themba Mandlati Southdowns

48 Comments

  1. avatar
    #48 TuksStudent

    Ons Blou Bulle se spanne is al hier op kan iemand asb vir ons die Valke en Lions se spanne op sit as dit al bekent is .

    ReplyReply
    3 June, 2015 at 11:56
  2. avatar
    #47 knowthegame

    @Speartackle: linden dink ek is klein skole?

    ReplyReply
    3 June, 2015 at 10:29
  3. avatar
    #46 kosie

    @beet: Would it be too much to ask you to also post the Bulls U/19 Noordvaal team above? :oops:

    ReplyReply
    2 June, 2015 at 18:58
  4. avatar
    #45 Speartackle

    @knowthegame: Ek dink hulle moet net eers by Linden verbykom

    ReplyReply
    2 June, 2015 at 17:16
  5. avatar
    #44 knowthegame

    @Speartackle: Spear jou legend. Soos jy weet ek verstaan ni die game-vandaar my naam.Ek weet nie hoe goed monument is nie maar soos die onder 16 ouers by HPM rondstap dink ek nie julle kan wen nie…

    ReplyReply
    2 June, 2015 at 16:42
  6. avatar
    #43 Speartackle

    @knowthegame: Dink jy Helpmekaar se 0/16’s sal vir Monnas stamp?

    ReplyReply
    2 June, 2015 at 16:27
  7. avatar
    #42 knowthegame

    @Cappie: ek weet nie Cappie-ek nie so ingeklits nie en geen kinders meer :wink: op skool

    ReplyReply
    2 June, 2015 at 12:57
  8. avatar
    #41 BrotherBear

    @knowthegame, hehehe. Is dit ‘n lem of ‘n “knuckleduster” wat ek daar sien? Wiel nog nooit ophou draai nie. Man sal maar moet uithaal en wys met jeugweek resultate. Aan ander kant is hy in uitstekende posisie om PD te ontwikkel waar hy nou sy brood verdien. Sien net geen diepte in noordvaal PD deurkom nie. Iewers faal die sisteem? Om vir 11 PD manne voorsiening te maak (sommige wel verdiend) in GK en bitter min in ander spanne te he gaan nie veel uitrig vir werklike ontwikkeling.

    ReplyReply
    2 June, 2015 at 12:20
  9. avatar
    #40 Cappie

    @knowthegame: Het hulle al die Leeus spanne bekend gemaak?

    ReplyReply
    2 June, 2015 at 10:52
  10. avatar
    #39 knowthegame

    @BrotherBear: hoe kan n koor leier n koor kies as hy subjektief is teenoor n skool voordat die oudisies begin.As Hpm dan goed is -hoekom coach hulle caoch nie die span nie.Ek weet nie of jy bewus is van die feit nie,maar in Leeu skole rugby berus die finale besluit-en finale keuse by die afrigter-was deur die oefening :twisted:

    ReplyReply
    2 June, 2015 at 09:34
  11. avatar
    #38 Woltrui

    Persoonlik kan ek nie fout vind met die CW span. Die feit dat kombinasies gekies is gee die span dalk net die voorsprong tov samehorigheid wat broodnodig gaan wees teenoor die Wp, wie by verreweg die gunstelinge is om die toernooi te wen. Baie bly om te sien dat kinders van kleiner skole soos Oos Moot ook die geleentheid kry om op hoer vlak te kompiteer. Sou JP Alberts van die Oosies graag dalk net in die CW of Akademie span wou sien. Talentvolle mannetjie.

    ReplyReply
    1 June, 2015 at 21:39
  12. avatar
    #37 BrotherBear

    No 6 flank (blonde kop) in GK, no 7 (donkerkop) in akademie span. No 8 been gebreek.

    ReplyReply
    1 June, 2015 at 21:17
  13. avatar
    #36 4×4

    BrotherBear….is dit Helpies se onder 16 flank wat nie plek gekry het nie? As dit die geval is, is daai die 8ste Wonder

    ReplyReply
    1 June, 2015 at 21:02
  14. avatar
    #35 BrotherBear

    @beet Can share but will do after Tue game against Valke. Not officially published yet.

    ReplyReply
    1 June, 2015 at 20:31
  15. avatar
    #34 beet

    @BrotherBear: Do you know were I can get the teams?

    ReplyReply
    1 June, 2015 at 20:22
  16. avatar
    #33 BrotherBear

    @cappie @knowthwgame, julle weet ook net waar om te krap;-). Paar Helpies in GK o16 span, maar hele paar manne sleg ingedoen. No 7 flank, loskakel en scrummies staan kop en skouers uit. Moet egter plek maak vir PD en Monnas. Wag vir Beet om GK bietjie pop te maak dan gesels ons lekker. A en B span vir Bulle bietjie rondgestamp Afgelope Dinsdag, maar dis vroe dae.

    ReplyReply
    1 June, 2015 at 20:19
  17. avatar
    #32 Djou

    Ag ons weet mos wie Arno is wat net bietjie stir. :wink:

    Nou die groot vraag aan almal:
    Het die span die nodige skietgoed om die ander spanne te klop – gesien in die lig dat die Pretoriaskole maar gesukkel het teen die Kaapse skole. Ek is versigtig optimisties, veral omdat Affies se uitstekende lostrio daar is – en dan die flair van die Garsie agterspelers wat gewys het dat hulle agter ‘n wenpak dodelik is.

    ReplyReply
    1 June, 2015 at 19:29
  18. avatar
    #31 Rugbyman

    @AffieOuer: ek dink nie ons sal gou weer van arno45 hoor nie… ek hoop ook nie so nie…

    ReplyReply
    1 June, 2015 at 19:02
  19. avatar
    #30 4×4

    Baie geluk aan Affies en Garsies met julle groot groep verteenwoording in die CE en Akademie Week Spanne. Ek dink dit is veilig om ‘n aanname te maak dat die skole die volgende paar jaar die top skole in Pretoria sal wees.

    Manne julle sal ook onthou dat as ons iets postiefs en komplimenterende opmerkings wil maak ten aansien van ‘n seun, dit nie onvanpas sal wees as die seun identifiseer word nie.

    Arno45….Affies is voorwaar bevoorreg om sulke 2 uitmuntende losskakels te hê en soos Affies Ouer tereg verwys het hulle verskillende kwaliteite. Sover my kennis strek het Eddie reeds laasjaat deel gevorm van die Blou Bulle Craven Week Groep en vertrou ek dat die keurders dalk sy ondervinding as deurslaggewend geag het tydens die keuringsproses.

    Nie te min, as jy ‘n Affie ondsrsteuner is wees liewers trots op die manne en ek is oortuig daarvan dat in Affie Broederskap daar geen afgunstigheid tussen die seuns bestaan nie en is hulle heel waarskynlik trots op mekaar vir hulle onderskeie spanne behaal

    ReplyReply
    1 June, 2015 at 18:53
  20. avatar
    #29 AffieOuer

    @Hanswors: hanswors ek kan jou verseker dis nie n Affie ouer wat hom so gedra nie. Ons het vir beide daardie manne waardering en niemand sal so laag daal om twee Affie seuns so in die openbaar aan te val nie. Dit is bloot net nie wie ons is nie. Ek ken die jong manne se ouers en glo my hierdie debat op die blog is vir al almal n verleentheid. Kom ons fokus liewer op die positiewe en daal nie na dieselfde vlak nie. Ek stem met jou saam dat CW nie alles is nie en beslis nie die bepalende faktor is of jy n toekoms in rugby het al dan nie.

    ReplyReply
    1 June, 2015 at 18:26
  21. avatar
    #28 Hanswors

    @arno045: Ek weet nie hoekom vra jy vir ons die vraag nie, dink jy miskien ons kies die spanne? Ek neem aan jy is n Affie ouer of dat n affie by jou dogter kuier…..jy behoort van beter te weet! Kan ek vir jou n geheim vertel ou maat…. CRavenweek is nie alles nie. ons almal weet van baie seuns wat dit nie op skool gemaak het om verskeie redes en groot rugby gaan speel het later. Jou man sal sy beurt kry……

    ReplyReply
    1 June, 2015 at 18:04
  22. avatar
    #27 JPS_10

    @Arno04S: Jou kritiek is ongevraad en boonop is jou statistiek wat die twee spelers aan betref ook verkeerd!!!!
    “FIFO” !!!!!

    ReplyReply
    1 June, 2015 at 17:54
  23. avatar
    #26 Rugbyman

    @AffieOuer: ek stem met jou saam! Ek het ook reeds met beet gepraat… dis uiters onvanpas…

    ReplyReply
    1 June, 2015 at 15:28
  24. avatar
    #25 Cappie

    @knowthegame: Helpmekaar het ‘n goeie o’16 groep. Hulle het ook laasjaar as o’15s vir Affies gewen.

    ReplyReply
    1 June, 2015 at 15:15
  25. avatar
    #24 knowthegame

    @Cappie: ek sien affies het goeie verteenwoordiging in 0/16 groep.Helpmekaar het affies en waterkloof se 0/16 geklop hoop hulle het n paar seuns in Leeus groep want ek dink die afrigter is een van die anti helpmekaar grootskool vaandel draers

    ReplyReply
    1 June, 2015 at 14:57
  26. avatar
    #23 RuggaBoysDad

    @steyn:
    Al die spanne, o16/18/19 is gepubliseer op Facebook, by “Blue Bulls High School Rugby” bladsy.

    ReplyReply
    1 June, 2015 at 14:28
  27. avatar
    #22 steyn

    @Playa23: hi, waar kan ek die O/19 span sien wat gekies is. is die O/16 spanne al gekies
    groete

    ReplyReply
    1 June, 2015 at 14:24
  28. avatar
    #21 Cappie 1 June, 2015 at 14:23
  29. avatar
    #20 AffieOuer

    Manne ek wil vra dat ons asb dadelik sal ophou om kinders hier openlik op die blog te bespreek – dit is onvanpas!! Die seuns lees ook die blog en ek is seker dat elkeen van julle ongelukkig sou wees as mense te velde trek teen jou seun en sommer so op die naam!!! Ek kan julle verseker dat as ‘n ouer ek nie kan sit en kyk hoe party ouens vergeet om groot mense te wees nie….en vir die kinders op die blog wat julle self vergeet…gaan leer dis eksamen.
    @beet gryp asb in. Beide hierdie seuns verdien beter – as die manne nie dit kan respekteer nie, maak asb hulle stemme stil.

    ReplyReply
    1 June, 2015 at 14:12
  30. avatar
    #19 RuggaBoysDad

    @Rugbyman:
    @AffieOuer:
    Die span keuses sal seker altyd n bietjie emosie uitlok. Die is n feit. Een ding waaroor ons 3 kan saamstem, is dat die is onse spanne is, en ons sal hulle onvoorwaardelik ondersteun, want ons bloed bly blou. :-D

    ReplyReply
    1 June, 2015 at 14:11
  31. avatar
    #18 AffieOuer

    @RuggaBoysDad: Ek aanvaar dat daar altyd vrae sal wees oor spankeuses. Dit is egter ‘n feit dat daar geen keurders, onnies of afrigters betrokke was van “daai” skool nie. Die seuns is op meriete gekies net soos al die ander. Daar is ‘n ope uitnodiging na almal om die seuns ‘n bietjie dop te hou in aksie – hulle speel goeie rugby. As daar dus opinies is oor waar seuns moontlik kan wees in die toekoms is dit gebaseer op wat ouens nou sien. Dit is egter mos geen waarborg nie, net ‘n bespiegeling oor wat moontlik is!

    @Rugbyman wow…wel wel…dis baie interessant!

    ReplyReply
    1 June, 2015 at 13:56
  32. avatar
    #17 Rugbyman

    @RuggaBoysDad: ek stem ook nie saam met al die spankeuses nie, maar dis nou die span en ons sal hulle ondersteun… well done seuns in al 3 die spanne…! Julle kan trots voel!

    ReplyReply
    1 June, 2015 at 13:50
  33. avatar
    #16 Rugbyman

    @AffieOuer: 3 vd 4 garsie manne is ook nog o/17… jong spannetjie dus…

    ReplyReply
    1 June, 2015 at 13:47
  34. avatar
    #15 RuggaBoysDad

    @Djou:
    Oor jou komentaar van “Maar soos ek verstaan is Ruan se plek in volgende jaar se Cravenweekspan reeds bespreek.”… Dis nou vir jou iets daai…
    Dink jy volgende jaar se spanne alreeds gekies is? Ek sien toe op BBHSR se Facebook blad, waar die spanne gepubliseer was, dat n sekere “Deon” vra “Hoekom kies hulle nie net sommer die een skool se hele span, dis mos makliker, en dan hoef daar nie tyd gemors te word met proewe nie”. Dalk weet die ou meer as die res van ons?

    ReplyReply
    1 June, 2015 at 13:47
  35. avatar
    #14 AffieOuer

    n Interessante feit: Van die 10 Affies in die CW span is 6 van hulle nog in Gr 11!

    ReplyReply
    1 June, 2015 at 13:42
  36. avatar
    #13 knowthegame

    @Arno04S: dit klink of Ruan met jou dogter uit gaan.Raak rustig,iemand het reeds gese sy plek vir vlg jaar bespreek-wat my bekommer is,waar bespreek n mens, computicket of ticket pro :mrgreen:

    ReplyReply
    1 June, 2015 at 13:33
  37. avatar
    #12 valke

    @Arno04S: Vriend, baie manne het al gevoel dat die regte speler nie gekies is nie. Dis jou opinie.

    Die manne is reg. Om die seuns in te sleep is nooit ‘n goeie idee nie.

    Albei baie goeie spelers.

    ReplyReply
    1 June, 2015 at 13:25
  38. avatar
    #11 Rugbyman

    @Arno04S: Jy vat ‘n kind aan… dis onvanpas! Soos ek gese het, gaan lees asb die blog se reels…

    ReplyReply
    1 June, 2015 at 13:16
  39. avatar
    #10 AffieOuer

    Ek ken altwee die seuns en hulle spelpatrone. Die twee seuns speel verskillende style en altwee is great spelers. @Arno04s dis verkeerd om so emosioneel te reageer op die blog – dit doen niemand goed nie en veral nie die twee manne wat jy so openlik bespreek nie. Gaan koel ‘n bietjie af….
    Ek dink daar wag ‘n blink toekoms op beide die manne en hulle insluiting in onderskeidelik die CW en Akademiespan bevestig dat hulle talent het. Eddie ou seun as jy hier lees, geluk jy werk hard. Ruan ou seun, hou aan great rugby speel, jou effort sal beloon word. Jy het in die laaste twee games gewys dat jy baie rugby in jou lyf het en beslis deel is van die rugby scene van die toekoms. Hou aan werk!

    ReplyReply
    1 June, 2015 at 13:04
  40. avatar
    #9 Bere007

    Baie geluk aan al die spelers!! Baie sterkte en maak die Bulle trots !!

    ReplyReply
    1 June, 2015 at 12:53
  41. avatar
    #8 Rugbyman

    @Arno04S: Stadig boet! Die seun het homself nie gekies nie! Ons bash nie kinders op die site nie! Gaan lees asb die reels of soek n ander blog!!!

    ReplyReply
    1 June, 2015 at 12:31
  42. avatar
    #7 Playa23

    Baie geluk aan elke speler in al die spanne, Die BB het ook ‘n gedugte Noordvaal o/19 span gekies

    ReplyReply
    1 June, 2015 at 11:53
  43. avatar
    #6 Cappie

    @scrummie: Ruan is ‘n baie goeie loskakel, maar ek dink Eddie bied dalk nou meer aan, veral as die spanne ewe sterk is. Eddie het die jaar voorsprong op Ruan. Eddie het ook al heelwat drieë gedruk hierdie jaar teen sterk spanne soos Grey en Gimmies.

    ReplyReply
    1 June, 2015 at 11:45
  44. avatar
    #5 scrummie

    Arno04S : Ek dink wat Ruan gehelp het met sy punte is dat hy gejol het teen KES en Jeppe in Affies se weghol oorwinnings, dink nie Affies het sulke oorwinnings gehad voor Eddie se besering nie, seker as Eddie gejol het sou hy baie meer punte gehad het vanuit daai twee games. As ek verkeerd is vra ek onverskoning. Lekker dag verder.

    ReplyReply
    1 June, 2015 at 11:36
  45. avatar
    #4 Djou

    @Arno04S: Is hy Affies se eerstespanlosskakel?
    Eddie Fouche is ook goed. En rugby gaan nie net oor skoppe pale toe nie – veral nie op skolevlak nie. En daar is meer as een skopper in die Cravenweekspan.
    Maar soos ek verstaan is Ruan se plek in volgende jaar se Cravenweekspan reeds bespreek.

    ReplyReply
    1 June, 2015 at 11:34
  46. avatar
    #3 Djou

    Baie bly om die 7 Affiemanne in die pak voorspelers te sien. Dit gaan die agterspelers toelaat om hul ding te doen. Beslis ‘n span waarmee ander provinsies uitgedaag kan word.

    ReplyReply
    1 June, 2015 at 11:30
  47. avatar
    #2 Cappie

    Baie geluk aan elke speler wat die onderskeie spanne gehaal het. Gaan hou ons naam hoog daar in die koue Kaap.

    ReplyReply
    1 June, 2015 at 10:29
  48. avatar
    #1 AffieOuer

    Welgedaan aan al die Affiemanne. Julle is ysters en elkeen van julle verdien julle plek in die span. Saterdag se vertoning teen Jeppe was ‘n getuigskrif van uitstekende skolerugby waar elke ou sy werk great gedoen het en die ouens vir mekaar gespeel het. Ons sien uit na julle bydrae om die BB se naam hoog te hou by CW.

    Geluk ook aan elke ander seun wat verkies is tot die span. Daar is ongelooflike talent in hierdie span en een wat ons glo die ander spanne gaan laat bont staan in Stellenbosch. :lol:

    ReplyReply
    1 June, 2015 at 10:02

Leave a Reply