Brendan Venter sluit aan en Hein Kriek sal steeds die eerstespan hoofafrigter wees.
Brief vanaf Frans van Niekerk, die Paul Roos hoof van rugby:
Die 2013 – seisoen is iets van die verlede, en steeds word daar in die sosiale media gegons oor dit wat was, en dit wat kom.
Globaal gesproke was dit vir Paul Roos ‘n uitsonderlike seisoen – die 26 spanne het ‘n wenpersentasie van 85% behaal – wat uitsonderlik is indien die kwaliteit van die opposisie in ag geneem word. Paul Roos kon ook talle Saterdae daarin slaag om bykans al die wedstryde van die dag te wen, en het boonop teen Grey College meer wedstryde gewen as verloor – wat altyd ‘n baie bevredigende situasie is.
Vir die eerstespan was dit ‘n teleurstellende jaar – tog is goeie oorwinnings oor skole soos SACS, Rondebosch, Wynberg, Maritzburg College en Glenwood behaal, en baie goeie vertonings teen skole soos Paarl Gim , Affies, HJS en Selborne gelewer. Daar was egter veel meer teleurstellings as vreugde – en uit die aard van die saak is dit ‘n aangeleentheid wat indringend bespreek is.
Die eerstespan is in goeie hande. Hein Kriek as hoofafrigter het ‘n bewese suksesrekord, is baie entoesiasties, beskik oor goeie kennis, en is nie bang om sy hande vuil te maak nie. Hy is ook uitgesproke daaroor dat hy sy eie toekoms in rugby sien, en nie noodwendig in die onderwys nie. Daar is dus baie op die spel vir hom – en ons weet ook dat hy vir ander afrigtingsgeleenthede aspireer – veral waar hy voltyds in diens van rugby kan staan. Die skool ondersteun die beginsel om personeel sowel as leerders optimaal te ontwikkel en te bemagtig. Paul Roos deins nie terug van hierdie verantwoordelikheid ter wille van korttermyn resultate nie. Vandaar die betrokkenheid van onder andere persone soos Dawie Snyman, Brendan Venter en Tiaan Snyman(skop-afrigter) wat Paul Roos se sport-filosofie ondersteun. Die skool het 100% vertroue in hierdie groep mense soos in al sy ander personeel. Lojaliteit, toewyding en passie vir Paul Roos is ononderhandelbare vereistes wat gestel word aan enige persoon aan wie ons die leerders toevertrou.
Dawie Snyman is ‘n ervare en deurwinterde afrigter – en die waarde wat hy toevoeg is enorm. Hy is een van die min ware rugby-filosowe, ‘n lewende ensiklopedie van kennis – en wat ‘n voorreg dat ons seuns en afrigters aan hom blootgestel kan word.
Boonop word die afrigtingspan vir die nuwe seisoen versterk met die betrokkenheid van Brendan Venter – wie se sukses by Saracens en die Sharks algemeen bekend is. Hy is ‘n goeie vriend van Paul Roos, en sy insette sal beslis baie waardevol wees.
Stephan Jordaan wat vanjaar die baie suksesvolle onder 16 span afgerig het sluit hom aan by die senior groep en sal verantwoordelik wees vir die Bituas en die C-span wat ‘n onder 17 span sal wees.
Die buite seisoen se ontwikkelingsprogram wat aangebied word deur die Stellenbosche Akademie vir Sport word baie goed deur die seuns ondersteun met baie positiewe resultate. Braam van Straaten, bygestaan deur Tiaan Snyman, het ‘n twee dae skopkliniek aangebied, ander interessante besluite is geneem , bv oor die struktuur waarvolgens die 0/19-spanne gaan funksioneer, hul wedstrydskedule, ens. Daar heers dus ‘n algehele gees van opgewondenheid en afwagting vir die nuwe seisoen.
Realisme is egter ook nodig. Uit die aard van die saak sal die feit dat Paul Roos nie finansiële aanbiedinge aan voornemende skoliere maak, beurse bied aan leerders om ooglopende leemtes in spanne te versterk nie, die skool se globale fokus op “all-round excellence”, die feit dat deelname aan somersport aangemoedig word [en rugby dus nie verabsoluteer word nie], en die werklikheid dat top hokkie-skole [wat Paul Roos inderdaad is] dit dikwels moeiliker vind om ook in rugby te presteer, dit veel moeiliker maak om weer ‘n top 3-span in Suid-Afrika te word.
Paul Roos se trotse rugbytradisie, die passie en lojaliteit van al die betrokkenes, en die sterk wil om te presteer, sal egter verseker dat Paul Roos spoedig weer sy regmatige plek tussen die top rugbyskole van die land inneem.
@Tjoppa. Was daar ooit iets soos werklike, afdwingbare, area-afbakening van skole se voedingsareas?
@Tjoppa: Dis darem maar nou n pot snol wat jy kwytraak. Die kanse is beter dat selfone en webblaaie sal verdwyn
@Ploegskaar: Stem 100% saam dit is open season wat nuwe graad 8’s betref maar dan moet die boeke sluit.
Ek wil graag, en het die ander aand, ‘n voorstel gemaak dat terug gekeer moet word na die area afbakening van skole. Dalk oudmodies maar sal die land se talent versprei en weer die tiertemmers van ouds laat herleef.
@GimOB: Ek twyfel of Gim gaan swaar lewe, sonder Rikus en Jaques wel ‘n ander proposisie, maar HJS, PRG en Gim sal steeds septer swaai met Oakdale wat ‘n paar spanne gaan roer.
Paul Roos en Boishaai het nou formidabele afrigtingspanne en gaan moeilik in toom gehou word! Die arme ander kaapse spanne gaan maar swaar lewe! Of hoe sê ek, Ploeg?
Maroon8 ???? Ek is.
@Deon: raak rustig ou
“Om te koop of nie te koop nie” “Om te ondersteun of nie te ondersteun nie” Hierdie is alles bloot semantiese vrae …
Boishaai ondersteun behoeftige kinders vroeg in hul skoolloopbane om volledige boishaaiers te raak.
Kinders kom in elk geval na ons toe. Die waglyste is lewenslank.
Deursigtigheid, menslikheid en regverdigheid is al manier om enigiets te doen.
Daar is ‘n duidelike verskil tussen ‘n geval waar ‘n leerder se kostes gedelg of gesubsidieer word, en waar ‘n ouer fondse ontvang om diskresionêr aan te wend.
@Tjoppa: Nee Tjops, hier moet ek respekvol met jou verskil. Daar is in my opinie niks mee fout en geen verskil tussen die beperkte aantal beurse wat skole tradisioneel uit skoolbefondsing aanbied, en borgskappe, of kom ons noem dit buitebeurse nie. Self bied ek ‘n buitebeurs/borgskap aan by ‘n plaaslike skool, nie aan spesifieke leerders nie, maar wel aan ‘n individu wat aan ‘n sekere kriteria voldoen. Dis beslis nie koop nie, eerder ‘n beurs wat nie uit skoolfondse kom nie. Die skool baat, die leerder baat en niemand word in my opinie te na gekom nie. Hier in die Kaap geld dit boonop net vir nuwe leerders en nie in die ouderdomsgroepe nie.
Om moet wel onderskei tussen bogenoemde en gevalle waar unies betrokke raak, ouers en/of kinders na graad 8 geherlokeer word en daar sakgeld of ander betalings aan ouers of kinders is. Met laasgenoemde het ek wel ‘n probleem, want die motiewe daaragter verskil ooglopend hemelsbreed en die unie en betrokke skool baat beslis meer as die leerder.
Ai tog en ek dog die griep het net vir my aangetas. Ploegie as ‘n ouer nie skoolgelde ens by ‘n skool hoef te betaal nie baat hy tog direk finansieel. As ‘n gemeenskap gaan ons moet besluit wat is reg of verkeerd. ‘n Klein verkeerd is volgens die ou siel dieselfde as ‘n groot verkeerd. DIE KOOP VAN KINDERS IS VERKEERD.
@Deon: Slegs in bitter uitsonderlike gevalle en gladnie by enige Kaapse skole nie, en selfs dan moet ek bieg, het ek nie bewyse nie.
Ploeg. Nooit geweet ouers baat direk finansieël nie. Dis te dik vir ‘n daalder.
@Deon: Die punt is dat skole as sulks dikwels gladnie by die proses betrokke is nie, maar bloot baat by die inisiatief, ambisies en finansies van partye wat die skool goedgesind is. 99/100 keer word net die leerder se skoolgelde, koshuisgelde en toergelde betaal, van buite op sy skoolrekening, soos wat sy ouers of familie sou, so om dit spesifiek uit wys sou moeilik en boonop nodeloos wees, want niemand word geskaad nie, of hoe? My grief is met addisionele finansiele aanvullings aan ouers en die leerder, die 1/100 hierbo na verwys, maar dit gebeur nie by die Kaapse skole nie
@Ploeg. As jy nog stadiger verduidelik sal jy miskien die strekking van jou eie woorde begin verstaan. Of dit nou parallele organe, geaffilieerdes of belanghebbendes is, iemand moet hierdie illuminati-agtige entiteite positief identifiseer sodat ons kan sien of dit feite of urban legend of skinderstories is. Ek self het geen probleem met “koop” nie, maar raak gou verveeld met ongeverifieerde “feite” wat heen en weer gegooi word tussen “die wat vir seker weet”.
@Deon: Sal nog een keer stadig verduidelik: Geen skool wat sy sout werd is werf of koop nie, maar belanghebbendes/geaffilieerdes wat deel is van parallele organe, of op eie inisiatief, identifiseer en befonds wel talentvolle leerders, by alle top skole en selfs premier B skole. Niks daarmee fout nie, maar dis hoe dit is.
@Maroon. Ek weet, maar dis moeilik om te glo as mens luister na die gerugte en hoeveelheid bloggers op verskeie sites wat weet van “ten minste een kind wat gekoop is” deur PRG, Gim, GCB, HJSP ens maar nie name wil noem nie want hmm??.
@Deon: Dit was nog altyd die beleid Deon.
@Playa: PRG has been locked (until further notice) A ” C” is not scraping through. In my days it was called a “first class” pass and it required quite an effort.
Stel Mnr van Niekerk dit dus kategories dat ons geen spelers koop of beurse aanbied nie? Op skrif?
@Speartackle: ………… ja, dan loer Hennie Bekker ook nog oor almal se skouers. Moet saamstem, die coaching staff lyk indrukwekkend.
Sjoe, dit lyk belowend, maar hoekom bly Dawie Snyman nog daar? Weet nie of dit so ‘n goeie besluit is nie. Ek sien daar by Boishaai is ook verander!!!!
Met hierdie span se afrigters, bestuur en bybehore kan n mens soos ou Mof altyd gese het…………gaan toer.
Dan nog nie eers gepraat van Hempies en MNR Rupert
@Tierklou: haal tog daai chippie van jou skouer af.
@Speartackle: Hehehehe…definitely not that. I get it now.
Is dit die Dawie Snyman wat die bal altyd eers laat hop het?
Sjoe, Dawie Snyman en Brendon Venter as braintrust. Kobus Burger en Boetie Bun Ferreira as waterboys. Wilfred Cupido dra die place bakkie aan. Boland Coetzee en Chippie Solomons hou stats. Dit klink na ‘n wenresep. Maar gaan Hein Kriek iets mag sê?
@Playa: That means he is now head of their medical team.
@PaarlBok: Oh I see…
…What does ‘sluit aan’ mean?
Look like the big rugby schools around here doing a bit of sport restructuring.
@Playa: Nope “Brendan Venter sluit aan en Hein Kriek sal steeds die eerstespan hoofafrigter wees”
13 years ago I did Afrikaans 2nd language at school and scraped through with a C in matric.
Could someone confirm that I read this correctly and that Brendan Venter is the new Paul Roos coach?
@PaarlBok: daar is so paar wat na ons toe kom, maar Boishaai was bedrywig in daai omgewing:)
Brendan is n uitstekende aanwins vir Paul Roos. Verstaan die meeste u13 Craven Week laaities gaan by Boishaai uitdraf. Ken so ‘n paar seuns, van hulle kom hoeka van die somerset strand omgewing.
@PaarlBok: Sy seun is ook ‘n goeie atleet. Die seun wat bo hom plek gekry het in die cw span kom ook.
Brendan se seun is volgende jaar by Paul Roos. Het net net uitgemis op WP se u13 Craven Week en speel ook provinsiaal hokkie. Geweet hy sal hier betrokke raak.
Boonop word die afrigtingspan vir die nuwe seisoen versterk met die betrokkenheid van Brendan Venter …………………………seker eerder die mediese span
@BOG: Mik hoog ou Bog Mik hoog
Vrede en liefde vir jou ook
Sarazens……………….Sharks…………Paarl Roos………………Vrede