Hoof-rugbyafrigter Hoër Jongenskool Paarl

Een van die mees gesogte SA skolerugby werksgeleenthede / one of the most prestigious jobs in SA schoolboy rugby is up for grabs:

Aansoeke vir die posisie van hoof-rugbyafrigter word ingewag.

Posbeskrywing:

Die persoon sal onder meer verantwoordelik wees vir die afrigting van die eerste span, die bestuur van die HJS-afrigtingsprogram, asook die koördinering van die interne rugbyontwikkelstrategie. Hierdie posisie vereis sterk leierseienskappe, die nodige kwalifikasies, ervaring end kennis van die Suid-Afrikaanse skolerugby-milieu.

‘n Mededingende salaris word aangebied

Doen aansoek by:

Die Skoolhoof
headmaster@paarlboyshigh.org.za en merk u aansoek: Hoof-rugbyafrigter.
Tel: 021 872 2875

Sluitingsdatum: 18 Oktober 2013
Indien u teen 08 November 2013 geen reaksie ontvang het nie, moet u aanvaar dat die aansoek onsuksesvol was.

 

English translation:

Applications for the position of head rugby coach are being accepted

Job description:

The person will be responsible for coaching the first team, managing the HJS coaching program, as well as the coordination of the internal rugby development strategy. This position requires strong leadership skills, the necessary qualifications, experience and knowledge of the South African Schools rugby environment.

A competitive salary is offered

Apply at:

The Principal
headmaster@paarlboyshigh.org.za and mark your application: hoof-rugbyafrigter
Tel: 021 872 2875

Closing date: 18 October 2013
If you have not received a response by 08 November 2013, please accept that the application was unsuccessful.

24 Comments

  1. avatar
    #24 Tjoppa

    @BOG: Nee twee redes. Eerstens hou ek daarvan om my boudjies warm te bak in die midaag son. Tweedens as jy die perseel ken sal jy weet dat die uitkyk daarvandaan pragtig is. Oor die fantasiee sal jy mos weet ou bog op ons ouderdom fantasieer ons nie meer nie. Want al waaroor ons dink sal ons dood beteken. Kort, asemrowend maar besliste dood.

    ReplyReply
    11 October, 2013 at 11:58
  2. avatar
    #23 BOG

    Ek het begrip waarom oudste so sterk aandring op die sonkamer. Die katterakke is al so dig oor die ou oe, dat al die sonlig essensieel is vir sy onuitvoerbare fantasiee.

    ReplyReply
    11 October, 2013 at 08:38
  3. avatar
    #22 Tjoppa

    @BoishaaiPa: Naas Rossouw?

    ReplyReply
    10 October, 2013 at 15:53
  4. avatar
    #21 BoishaaiPa

    @Tjoppa: Ek sal nog die ander een ook dalk kans gee…hy het net nie altyd die materiaal om mee te werk nie, maar hy doen nie te sleg nie!

    ReplyReply
    10 October, 2013 at 15:51
  5. avatar
    #20 BoishaaiPa

    @Tjoppa: Jy moet onthou daai Joppie kom saam met amper 150 jaar se rugby tradisie en rugby trots, maar ook meer as net rugby!…Dit kom ook saam met geweldige druk van verskeie oorde oor een groot game!..Dit kom ook saam met druk van werk met eks provinsiale spelers , afrigters en ook Internasionale afrigters en spelers wat almal beskikbaar is vir raadgewing en bystand en hoe om al hierdie inligting reg te kanaliseer terug na die spelers!…

    ReplyReply
    10 October, 2013 at 15:49
  6. avatar
    #19 Tjoppa

    @BoishaaiPa: Op ‘n ernstige noot. Ek weet net van een.

    ReplyReply
    10 October, 2013 at 15:43
  7. avatar
    #18 BoishaaiPa

    @BuffelsCM: Dis oraait CM…jy kan maar pendel!…ek sal hulle maar gaan oppas as hulle bang word!

    ReplyReply
    10 October, 2013 at 15:43
  8. avatar
    #17 BoishaaiPa

    @Tjoppa: No names no pack drill!..Ek gaan my darem nie so ooplaat vir abuse nie!…lol

    ReplyReply
    10 October, 2013 at 15:40
  9. avatar
    #16 BuffelsCM

    @BoishaaiPa: Ek dink nie my vrou gaan daarvan hou as ek die woonstelletjie met die 2 juffroutjies deel nie
    :wink:

    ReplyReply
    10 October, 2013 at 15:40
  10. avatar
    #15 Tjoppa

    @BoishaaiPa: Wie wie wie?

    ReplyReply
    10 October, 2013 at 15:34
  11. avatar
    #14 BoishaaiPa

    @Tjoppa: Los maar vir Pote daar by Tuks asb….Ek weet net van 2 Pta skole wie se coaches dalk pedigree het vir die joppie :mrgreen:

    ReplyReply
    10 October, 2013 at 15:32
  12. avatar
    #13 BoishaaiPa

    @BuffelsCM: Ek sal vir jou n goeie woordjie insit!

    ReplyReply
    10 October, 2013 at 15:29
  13. avatar
    #12 BoishaaiPa

    @BuffelsCM: Het jy aansoek gedoen? :mrgreen:

    ReplyReply
    10 October, 2013 at 15:27
  14. avatar
    #11 Tjoppa

    @BoishaaiPa: Grappies eenkant ek hoor tot vier van die groter skole se coaches in Pretoria gaan aansoek doen. Miskien kan ons Pote ompraat om eerder daar by julle te gaan coach en Tuks uitlos, :mrgreen:

    ReplyReply
    10 October, 2013 at 15:20
  15. avatar
    #10 BoishaaiPa

    Onder sulke omstandighede sal ek self aansoek doen!…lol :mrgreen:

    ReplyReply
    10 October, 2013 at 15:13
  16. avatar
    #9 Tjoppa

    @BoishaaiPa: Solank die kinners net nie snork nie. Sal alles ok wees. Die sonkamer is egter nie onderhandelbaar nie. Maar sulke jong geselskap is elke dag aanvaarbaar. :mrgreen:

    ReplyReply
    10 October, 2013 at 15:07
  17. avatar
    #8 BoishaaiPa

    @Tjoppa: Ek dink meeste van die voorwaardes sal aanvaarbaar wees…ons sal egter probleem ondervind met die woonstelletjie…jy sal dit ongelukkig moet deel met die twee ongetroude 20 jarige juffies wat LO en Musiek gee….en hulle het die sonkamer gevat!

    ReplyReply
    10 October, 2013 at 15:00
  18. avatar
    #7 Tjoppa

    @BoishaaiPa: Ek wil graag aansoek doen maar het ‘n paar vereistes.

    1) Geen druk om te presteer nie. As die oes maar skraal is is dit nie noodwendig die boer se skuld nie. Ek glo daaraan dat die seuns hul passie en liefde van die game in ‘n omgewing moet uitleef waar prestasie ondergeskik is aan persoonlike genot.
    2) Gratis suurstof veral gedurende wedstryde.
    3) ‘n Woonstelletjie naby die kombuis van die koshuis. Ek kan nie meer so ver stap soos jare tevore nie. Verkieslik met die middagson wat in die slaapkamer op my bed skyn.
    4) Geskenke van verkiesbare seuns/ouers is toelaatbaar. Dit sal nie die spankeuses beinvloed nie maar ‘n bribe is maar oraait. Veral aan die begin van die seisoen. As dit pap reen moet ‘n man mos skep.
    5) Drie jaar kontrak is ‘n vereiste. Geen prestasie klousules nie. Moet egter ‘n escape clause he as ek ander poste aangebied word. Nie dat ek sal wil gaan nie, as ek aftrek Kaap toe is ek mos ‘n Capie, maar die skool moet verstaan dat ek nog altyd die vuur in my het om Interasionaal af te rig.

    BoishaaiPa as jy die goeters met die skool bespreek is ek in.

    O ja amper vergeet ek die belangrikste. My salaris.

    1) Ek drink nie uit ‘n papsak nie. ‘n Blikbeker sal doen. Slegs rooi wyn.
    2) ‘n Shofer om te kan cafie toe stuur as die twak opraak. Dit sal help as hy indegenous is wat dan kan hy die medisinale twakkies sommer local source.
    3) Twee etes per dag en ‘n kosblikkie vir die middag. Ek eet egter nie konfyt nie. Marmite is fine maar Wedwouw is verkieslik.
    4) Die tannie wat die flat skoonmaak moet jonger as 54 wees. En sy moet asseblief voor twee klaarmaak. Geen stofsuier as ek wil rus in die middag nie.
    5) En 54.67c per week. In kontant asseblief.

    ReplyReply
    10 October, 2013 at 14:29
  19. avatar
    #6 BoishaaiPa

    @PaarlBok: Dis juis die punt..Daar is nie n probleem nie. Dit is n herstruktuering en verskuiwing van funksies. Volgende vraag….

    ReplyReply
    10 October, 2013 at 14:09
  20. avatar
    #5 PaarlBok

    @BoishaaiPa: Vertel ons dan. Waar is die probleem?

    ReplyReply
    10 October, 2013 at 13:37
  21. avatar
    #4 BoishaaiPa

    Moenie bespiegel nie..vra as julle nie weet nie!

    ReplyReply
    10 October, 2013 at 13:27
  22. avatar
    #3 PaarlBok

    Nuwe pos? Dan bly hy seker as rugby organiseerder. Het gedink hy het te veel ysters in die vuur. As Boishaai hom laat gaan dan is hulle heeltemal mal.

    ReplyReply
    10 October, 2013 at 08:39
  23. avatar
    #2 BuffelsCM

    @BuiteBreek: Elmo bly daar maar hulle skep blykbaar ‘n nuwe pos

    ReplyReply
    10 October, 2013 at 08:30
  24. avatar
    #1 BuiteBreek

    Waarheen gaan Elmo dan?

    ReplyReply
    9 October, 2013 at 20:24

Leave a Reply