TEAM | Free State u18 CW | TEAM | Free State u18 AW | ||
1 | Dian Venter | Grey College | 1 | Zaine van Zyl | Fichardtpark |
2 | Liam van Wyk | Grey College | 2 | MJ Hattingh | Fichardtpark |
3 | Danie Kruger | Grey College | 3 | Marinus Oosthuizen | Grey College |
4 | Heinrich Theron | Grey College | 4 | Renier Grobler | Grey College |
5 | AJ Meyer | Grey College | 5 | Peter Tembo | Fichardtpark |
6 | Xander Smit | Grey College | 6 | Lisakanya Taba | Burgersdorp |
7 | Juliun Cosmo | Grey College | 7 | David du Toit | Grey College |
8 | Liam Santos | Grey College | 8 | Marcel Coetzee | Grey College |
9 | Philip McLaren | Grey College | 9 | Bernard Wessels | Grey College |
10 | Alzeadon Felix | Grey College | 10 | Okuhle Dyani | Burgersdorp |
11 | Siyabonga Kenny | Grey College | 11 | Ruben Cilliers | Grey College |
12 | Pieter vd Merwe | Grey College | 12 | Junior Titoti | Fichardtpark |
13 | Ethan Adams | Grey College | 13 | Thristan Maree | Grey College |
14 | Pretorius Ekeji | Grey College | 14 | Phiew Mkunjane | Louis Botha |
15 | Donelle Hendriks | Grey College | 15 | Heinz Stockenstrom | Grey College |
16 | Emile McGeer | Grey College | 16 | Itumeleng Mokhati | Jim Fouche |
17 | Tserilitso Shongwe | Louis Botha | 17 | Hloni Mkhwane | St Andrew’s School |
18 | Kutlwano Tukulu | Louis Botha | 18 | Molaoa Oregolele | Louis Botha |
19 | Buko Mlali | Fichardtpark | 19 | Temba Nomganga | Louis Botha |
20 | Kwanda Tokwe | Louis Botha | 20 | Mokoena Rapeo | Louis Botha |
21 | Sherwin Buys | Grey College | 21 | Pule Motsilili | Fichardtpark |
22 | Toriq Schambreel | Grey College | 22 | Jan-Hendrik vd Linden | Grey College |
23 | Abcobile Pate | Burgersdorp | 23 | Rorisang Masoeu | Grey College |
Does anyone have the Free State u13 Craven Week team? Im interested to see how many from a very powerful Grey College Primary u13A made the provincial side!
@BoishaaiPa (Comment #53)
O ja, die advokaat in Tierkloof. Great ou klaarblyklik. Hy het by die Swarte gekoop. de Buys was duidelik enig in sy soort.
@Deon (Comment #23)
Net buite Baardskeerdersbos het n vriend van my n klein “winery” en bottel sy wyne onder die naam Giant Periwinkle…wynmaker is Pierre Rabie…een van hulle rooi versnitte is genaamd die Coenraad de Buys..oor n paar bottels van sy naam sy storie gehoor.Unieke karakter gewees.
@wanza_15 (Comment #51)
They normally send ABCD ,teams a lot of the D team players actually make it to the second round of trails
For Grey to have 28 guys across the teams, how many do they send to the initial trials? 28 could easily mean they send their entire 1st and 2nd team, AND some 3rd team players? Scary!
@tuts (Comment #45)
Howzit Tuts. The injury he sustained during the Affies match was not as bad as it appeared to be. He will only be out for a few weeks but should be ready for CW
@Deon (Comment #47)
St 7 Geskiedenis op Stoffberg stel nie teleur nie ….
@Smallies (Comment #44)

@Smallies (Comment #43)
Daar is nie iets soos gebrekkige kennis nie, mens leer mos maar net, soos ek ook. Langa was knopneus, korrek. Ek het nie geskiedenis geneem nie so ek het ook nog ‘n gaping in my kennis rondom Moorddrift en die Slag van Schoemansdal. En natuurlik die aggressiewe Makado en rustige Sekukhune. Nog baie wat ek moet leer.
@tuts (Comment #45)
He was not playing this past weekend ….
is Ethan Adams not injured?
@Deon (Comment #42)
Bloem is lekker plek lekker kak as jy teen Grey moet speel en kak lekker as jy die plek ken ….Boerie ly aan klein trilletjie sindroom so als wat groter as 2,5 cm is is vir hom kak
@Deon (Comment #41)
Nou gaan ek my akEdemiese kennis of gebrek daaraan uitstal ….Die Knopneuse was was betrokke by die beleg van Makapansgat nie waar nie
@Smallies (Comment #40)
Darem nie te kak nie, net mediocre. Klink my dit gaan beter met die akademie as rugby? Wat is die 7/31 storie? Bloem is ‘n kostelike dorpie, daar stem ek nie saam met Boerie.
@tzavosky (Comment #39)
Ek onthou nou ek het in Erasmus Smit se 1800’s dagboek gelees van die Knopneuse. Tsongas.
@Kaya 85 (Comment #37)
Ja but apparently their akEdemie is kak….
@Deon (Comment #34)
Jao Albasini, was die Portugese se verteenwoordiger in SA, ‘n winkel naby Skukuza gehad (die ruïnes is nog daar) en met ‘n Afrikaanse vrou van Lydenburg getrou. Ook die opperhoof van die “Knopneuse” geword en hom naby Levubu gevestig. Ek het al van sy nasate hier raakgeloop – Afrikaanssprekende Albasini’s.
@boerboel (Comment #35)
1 !
@Smallies (Comment #20)
Oostenryk ditto…
As far as the FS team goes….really really like Cosmo, Felix, McLaren,vd Merwe and Ejike….oh and the rest of Grey. I can’t see another provincial team having their cohesion by the time CW arrives.
@boerboel (Comment #35)
grey nie meer onder top 5 seunskole in sa- rugby op a span level nog kompeterend- akedemie nowhere ander sporte average- gaan nie beter raak nie- bloem is n k plek
ja ovs sal nir top 5 maak nie- geleidelike agteruitgang duidelik-grey kon net 7/31 games wnn teen affies- 14 jaar laas nuwe springbok– die in koop werk tot op n punt
@tzavosky (Comment #32)
En toe verdwyn hy op pad Lourenco Marques toe. Daar was mos ‘n Italianer na wie ‘n dam en ‘n nedersetting daarbo by jou vernoem is, Albasini , ook ‘n de Buys tipe karakter as ek reg onthou.
@tzavosky (Comment #30)
Natuurlik, asemrowend. Was al op van Wyksdorp se basaar ook toe ek in my ou lewe op ‘n werksfunksie vir ‘n week by Rooiberg Wildreservaat was. Onvergeetlik. Die landdros van van Wyksdorp se dogter het ook saam met my op Stellenbosch geswot.
@Deon (Comment #23)
Ou Coenraad de Buys was ‘n karakter, en het ‘n inskrywing in die SA Biografiese Woordeboek. Sy “last stand” was natuurlik hier bo by ons op ‘n plekkie genaamd Buysdorp, tussen Louis Trichardt en Vivo.
@Smallies (Comment #27)
Kareedouw is pragtig. Ek dink daardie meubelmaker het toegemaak. Hulle en Fechters op Knysna het darem maar die pragtigste meubels van inheemse bome gemaak, en soms swarthout.
@Deon (Comment #26)
So, ek neem aan jy het ook al Rooibergpas van Van Wyksdorp Calitzdorp toe gery?
@tzavosky (Comment #28)
Beslis nie my mense nie🤣🤣🤣
@Smallies (Comment #22)
Nee, ek het nou onthou, die van waaraan ek dink is Duminy, maar hulle is van Franse herkoms.
@Deon (Comment #26)
Nope het nog nie daar agter n boom gestaan nie
En ek dink jy verstaan my verkeerd Ek LAAIK DAAI PLEKKE ,hulle is die teenoorgestelde van shabby ,not shabby🤣🤣veral Kareedow laaik daai plek kwaai
@Smallies (Comment #25)
Smaak verskil. Vir my is dit pragtig en rustig. Mal oor Baviaanskloof ook. Ek verlang glad nie terug na die stad of die nuwe Stellenbosch nie. Te woelig. Hoe mens vrywillig in ‘n stad eerder as teen die berg by Joubertina of Krakeel bly is my verstoke. Was jy al op van Wyksdorp?
@Deon (Comment #23)
Krakeel Joubertina Kareedow is nog steeds nie shabby nie ,ek vermoed in daardie jare was dit baie soos Baviaans Kloof net meer oop
@Smallies (Comment #22)
Baie baie Mulders en Mullers in die Herbertsdale area, op die oewers van die Gouritzrivier, maar dis Langtou-kloof en nie Langkloof.
@tzavosky (Comment #19)
Ek sou wat wou gee om Kogmanskloof, Robberg, Krakeel, Joubertina in daardie era te gesien het, deur die oë van van Plettenberg, Burger, Thunberg, Le Vaillant, Sparman, miskien gelukkig genoeg gewees het om in die groot gees van die Langkloof, Coenraad de Buys vas te loop.
@tzavosky (Comment #21)
Dis nie Mulder nie 🤣🤣🤣Baie het in Swellendam ook gevestig
@Smallies (Comment #20)
Ek probeer nou dink, daar is heelwat Mulders in en om Riversdal, maar daar is ‘n ander van van Duitse herkoms wat taamlik volop daar is en omtrent net daar voorkom, maar dit het my nou ontgaan.
@tzavosky (Comment #19)
My voorgeslagte kom van Oostenryk en het hulle net na die sondvloed in Riversdal gevestig …daar is nou nog van hulle daar dink ek
@Deon (Comment #12)
Daar was ‘n Burger as soldaat saam met Goewerneur Van Plettenberg op sy verkenningstog deur die Suid-Kaap. By Robberg het hulle ‘n baken geplant om die oosgrens van die kolonie aan te dui – Van Plettenbergbaken. Toe is hulle oor die berg en met die Langkloof en Klein-Karoo terug. Genoemde Burger was baie beïndruk met die area agter Kogmanskloof en vir sy dienste tydens die ekspedisie het hy grond gekry by “Agter-Kogmanskloof” wat later Montagu sou word.
Dis waar ons vandaan kom, maar tydens my vroeë kinderjare het my lyn van die uitgebreide familie grootliks tussen Buffeljagsrivier en Heidelberg gebly.
@tzavosky (Comment #16)
Dis ‘n mooi herinnering. Ons het (ek weet nie hoe dit nou werk nie) aan atletiek deelgeneem in die WP, Boland en WP Platteland reeks. Ek DINK daar is nou ‘n verband tussen laasgenoemde twee.
@Deon (Comment #15)
Defnitief…
@Deon (Comment #10)
Way back in time het wat ons nou ken as SWD, Boland en WP almal onder WP skole-atletiek geval. Bonnievale, Swellendam en Heidelberg het onder SWD geval (maar Montagu Boland!). In 1974 het hulle SWD uitgeskop (die hoekom is ‘n lang storie), en ek was in daai 1ste SWD atletiekspan SA’s toe.
@Smallies (Comment #13)
Ja dis goed vir hulle en vir SBR.
@tzavosky (Comment #8)
Daar is ook ‘n verskil tussen die Rûens en Ruggens, wat lank gelede net Ruggensveld was. Lg is in die Rooi-Strandveld. dis nou as mens bloot Klipdale/Protem en Ouplaas aksente gebruik om dit te bepaal.
@Deon (Comment #7)
Grappies op n stokkie, na dat die ou NOK weg geval het ,het die skole van die Noord Oos Kaap nie regtig n rugby tuiste gehad nie en die beste wat hulle voor kon hoop was so n paar laaitys in die OP platteland CW span, van OP CW was daar geen sprake nie so dan en wan het n O16 seun die Grant Khomo span gehaal,toe OP platteland weg gevat word in 2017 het saru basies skole rugby op die Noord Oos Kaap en Ooskaap Karoo keel om gedraai soos wat net hulle kan ….Burgerdorp en Aliwal Noord het maar bly OP proewe speel maar dit was n soos om teen n windstorm te poep.Burgersdorp en Aliwal se laerskole het al reeds in 2010 se kant geskuif Vrystaat toe en nou het BHS ook geskuif ,ek hoop regtig Aliwal doen dit ook ,maar ek het nie hoop nie ….Burgerdorp het met die skuif nuwe lewe geblaas in hulle rugby en ek hoop,nee ek weet hulle gaan die vrugte daarvan pluk….
@tzavosky (Comment #8)
Vanaf die Koo, wat dan van Arangieskop? Woon die Burgers in die Klein-Karoo of die Boland? Hoe werk Hessekwaskloof, Tradouw en Stormsvlei dan?
Lag altyd lekker as Coenie de Villiers sing van die kambros in die Klein-Karoo. ook maar lekker deurmekaar.
@Smallies (Comment #9)
Skerp.
@tzavosky (Comment #8)
Dok, Bredasdorp tot Heidelberg val in die Suid-Boland vir atletiek, genuine.
@Deon (Comment #7)
Ja maar jy vergeet dat die Stormberg komando aan die Vrystaatkant geveg het ne so eintlik is die Noord Oos Kaap n ere streek van die Vrystaat🤣🤣🤣
@Deon (Comment #7)
Heidelberg Suid-Boland? Nee, man, Heidelberg, Swellendam, Riviersonderend, Napier, Bredasdorp is in die Rûens volgens my voorsate. Ons ouens van die Klein-Karoo verstaan grense -> van die Koo tot by De Rust, tussen die Langeberg en Swartberg, done, dusted!
O, en jy moet “Rûens” met ‘n Suid-Kaapse bgei sê!
@agter_die_pale_pa (Comment #6)
. Dis NET julle wat wonder hoe dit werk. Dis makliker as bekerrugby verstaan. Dis ook maar ‘n lekker tong-in-die-kies strontpraatstorie.
Ons kla nie, ou Smallies is gereeld aan die moan daaroor dan val die hele Blikoorkoor in. Worcester is in die Boland, ‘n uitvloeisel van die WP, ek dink 1938 rond, en soms geag (korrek geag) Wynland. Die Wynland is ook in die Swartland en die Wynland is in die WP, Heidelberg is in die SWD en soms Suid-Boland, maar almal in die Wes-Kaap. Die Wynland is ook in SWD en in die Overstrand wat in die Overberg is. Die Strandveld is ook Wynland en in beide die Overberg en SWD. Die Haasvlakte en Zoetendalsvlakte is in die Wynland, in die Kaap Agulhas streek, en in die Suid-Kaap en in die Overberg. Maar almal in die Wes-Kaap. Soos die Suid-Kaap en SWD ook, en die Akkedisberg streek is in beide Kaap-Agulhas en die Overstrand. Niemand is nog na ‘n ander provinsie geskuif nie. Soos Burgersdorp nie. Dis erg drasties en boonop onkonstitusioneel
@Deon (Comment #2)
Niemand (behalwe seker die Kaapse skole) kla oor die feit dat Stb en Prl WP rugby speel nie, almal wonder maar net waarom dieselfde reels nie vir alle sportsoorte in daardie dorpe geld nie. My 10 jaar in Worcester was heeltemal te min om die eeu-oue politiek in WP/Boland rugby te probeer verstaan.
@Smallies (Comment #3)
Is Malmesbury in die Swartland, Wynland of Boland. Is Bredasdorp/Swellendam/Heidelberp Kaap in die Suid-Boland of SWD? Of is almal in die Wes-Kaap?
@Smallies (Comment #3)
Wys my een amptelike kaart met Boland grense, of gee my een verwysing na ‘n amptelike provinsie genaamd Boland, soos mens Oos-Kaap en Vrystaat kry?
@Deon (Comment ek verstaan van my Skoonma af dat Burgersdorp die dienste van WP skole rugby se kaartograaf spesiaal bekom het om hulle nuwe Vrystaat grense aan te pas…en nee hy het net soos die WP slegs die skool geskuif die dorp is steeds in die Noord Oos Kaap
@Smallies (Comment #1)
Wonderlik hoe mens ‘n hele dorp uit een amptelike provinsie oplig en skuif bo-oor ‘n vasgestelde geografiese grens, na ‘n ander amptelike provinsie, maar dan kla oor die Wynlandstreek wat al sedert die 1800’s in die WP was, nog lank voor die ongedefinieerde, wisselende begrippe van Boland en Wynland bestaan het, plekke sonder grense waarvoor elke ou sy eie definisie het.
Bliksem well done Burgersdorp 3 Seuns in is fantasties,vir jare moes julle maar tevrede wees met OP platteland akademie span spelers ,julle skuif Vrystaat toe was n damm goeie een…