Noordvaal agrees to expand the four A-division leagues for 2024

The majority of Noordvaal schools favoured the proposal to expand the number of schools in each league for 2024.

The result is the Noordvaal Cup will now contain 10 schools while the Plate, Shield and Bowl all grow from 8 to 9 schools.

This means no school gets relegated. That’s good news for Menlopark, HTS Middelburg, Lichtenburg and Dr Malan.

Several schools who finished below first place in their respective leagues get promoted. Amongst them Oos-Moot, Pietersburg, Wesvalia, Potchefstroom Gymnasium, Wagpos and Brandwag from Benoni.

 

75 Comments

  1. avatar
    #75 4×4

    Twee mans staan langs die skoolveld en rugby kyk en een gil die die heeltyd bevele en komentaar na alles en almal op die veld. Duidelik een van die “rusbank rugby kenners” , tot die ander een naderhand nader staan en sê “watter een is jou seun ?? Ek wil vir hom vertel hoe swak hy is en watter groot $*^% hy is !! ”

    Die eerste antwoord baie kwaad ” hoekom wil jy dit doen ??” en die tweede sê “want jy doen dit heeltyd met my seun !!!!!!! ”
    HY antwoord  “ag vlieg hel toe man ek doen dit nie!! By the way , watter een is jou seun?? En die ander man antwoord , ……..”die ref !”

    ReplyReply
    19 September, 2023 at 09:55
  2. avatar
    #74 4×4

    @AbsolutMenlo:laaste wat ek LA Law gekyk het word weergawes gewoonlik getoets deur onder andere getuies te roep. Het jy julle BL lid se nommer of moet ek dit vir jou aanstuur dan toets jy die weergawe.
    Vir een of ander rede blyk dit dat jy bitter graag daai kruisondervraging wil vermy

    ReplyReply
    19 September, 2023 at 09:46
  3. avatar
    #73 AbsolutMenlo

    @Rainier: Jy is 100% reg dit is nie ‘n regsgeding nie dit is fake news!

    ReplyReply
    18 September, 2023 at 21:05
  4. avatar
    #72 Leelu

    @OudAffie: Ek stem 100% saam met jou sentiment. Reëls geld vir almal en niemand is verhewe bo die gereg.

    Hierdie is rugbyspelende kinders wat benadeel word. Hulle het geen idee hoekom dinge gebeur en die reels wat dalk hul drome ontspoor/verpletter. Veroordeel eerder die “gewoonte misdadigers” wat Noordvaal skoolrugby oorneem en weggooi wanneer die skool nie meer hul doel dien. Ek verstaan jou strewe na geregtigheid, maar verstaan asseblief my passie vir ons seuns en hul toekoms.

    ReplyReply
    18 September, 2023 at 19:22
  5. avatar
    #71 4×4

    @AbsolutMenlo: soos voorheen gemeld en ek gaan dit vir die laaste keer sê, gaan drink ‘n koppie koffie saam met julle BL lid verantwoordelik vir finansies. Toets gerus wat ek voorheen gekommunikeer het met hom. Hy was in die vergadering, dan kry jy dit sommer direk uit die perd se bek!

    ReplyReply
    18 September, 2023 at 17:03
  6. avatar
    #70 Rainier

    @AbsolutMenlo: Jy is nou belaglik. Hierdie is nie ‘n regsgeding nie.

    ReplyReply
    18 September, 2023 at 12:52
  7. avatar
    #69 AbsolutMenlo

    @Djou: Geen argument van my kant. Wie beweer (@4×4) moet bewys indien nie is dit fake news gegee deur ‘n troll.

    ReplyReply
    18 September, 2023 at 06:25
  8. avatar
    #68 Djou

    @AbsolutMenlo: ‘n Opregte wenk. Moet liewer nie verder argumenteer nie.

    ReplyReply
    17 September, 2023 at 19:58
  9. avatar
    #67 4×4

    @AbsolutMenlo: ek verwag glad nie dat jy bewyse hoef te kry nie, maar gee vir jou ‘n direkte bron by julle BL se details wat die vergadering bygewoon het. So klankbord dit gerus met hom, dit sal ‘n baie goeie expert getuie wees voordat jy jou saak sluit

    ReplyReply
    17 September, 2023 at 13:55
  10. avatar
    #66 Kaya 85

    I don’t see how “lawyers letters” or threats of legal action could become a reason for the changes… what was the supposed action that would cause harm needing legal remedy?

    ReplyReply
    17 September, 2023 at 12:26
  11. avatar
    #65 AbsolutMenlo

    @4×4: :-D :-D :-D Hoe sê hulle “I rest my case”. Wat ‘n joke … jy maak aantuigings waar bewyse na @beet gestuur sou word en nou moet ek die bewyse vir jou kry.

    Nog ‘n beter idee gaan drink koffie saam @Rainier se betroubare bron wat jou dalk sal kan help … :wink:

    ReplyReply
    17 September, 2023 at 10:45
  12. avatar
    #64 Djou

    @Asterix:
    Kyk koud en sonder emosie en vooroordeel na die feite en probeer om nie afleidings of aannames te maak nie. Want jy is heeltemal op die verkeerde pad.
    Oud Affie sit dit mooi uiteen!
    Hierdie is nie ‘n geval van een of ander nie, jy kan beide simpatiseer met ander skole wat gerelegeer is, en saamstem met die besluite wat Noordvaal nou geneem het.
    Om dit vir jou duideliker te maak – indien een van die skole wat voorheen gerelegeer is die Menlo-roete van “prokureursbriewe skryf” gevolg het, was die skool nie gerelegeer nie. Wat dan waarskynlik sou gebeur het is dat die reels oor die verloor van punte reeds toe al duideliker omskryf sou gewees het. En dan het ons nie vandag die situasie gehad nie.
    Dis nie moeilik om te verstaan nie – en
    beantwoord ook jou vraag hoe een skool soveel invloed kan uitoefen om die stelsel te verander.

    ReplyReply
    17 September, 2023 at 10:20
  13. avatar
    #63 Asterix

    @Djou: , Soos jy nou noem die reels was so duidelik en voorheen toegepas ens. Hoekom as Menlo dan verkeerd was sou die meerderheid skole ingestem het, hoekom sou die ander skole wat voorheen moes skuif dan net Menlo se versoek aanvaar het. Briewe kan mos gekryf word maar as jy verkeerd is is jy mos verkeerd.
    Ek weet van die o/14 en o/15c spanne en die feit dat sekere skole 7 spelers op die veld gestuur het net om sekere reels kamstig te probeer nakom.
    Maar soos voorheen noem ek dink dit is genoeg van die gesprek. Duidelik het jy soos ‘n ander blogger ‘n groot probleem met Menlo, vir my gaan dit oor die rugby vir die seuns, Ek is bly Menlo en 7 ander skole het weer ‘n geleentheid gekry vir volgende jaar. Glo as ‘n skool sal hulle beter doen. My fokus sal bietjie meer by ‘n ander skool wees maar sal hulle en die ander pretoria skole nogsteeds dophou en hulle die beste toe wens in die toernooi.

    ReplyReply
    17 September, 2023 at 09:47
  14. avatar
    #62 Djou

    @Asterix: Verkeerd, geen agenda nie.
    Ek sê dinge soos dit is, die werklike feite, maak nie saak wie betrokke is nie. Jy hou nie daarvan nie omrede Menlo betrokke is. Punt.
    Wanneer jy nie die feite het nie bespiegel jy en maak verskonings. Daar is ‘n alternatief. Kry die feite en praat dan. Waarom doen jy nie liewer dit nie?
    Dis soos om daai “magic potion” by Getafix te kry. Doen moeite en kry die feite, want daarmee vergroot jou kans om die regte ding te sê en te doen.

    Ek het die feite en gaan jou ‘n wenk gee.
    Dit het alles te doen met die deelname en punte wat jy kry vir bv C-spanne. Menlo kon nie teen elke opponent genoeg C-spanne in die veld stoot nie en het punte verloor. Die kernpunt in die “korrespondensie” was: hoeveel punte moes Menlo verloor en was die reels duidelik genoeg daaroor?

    Dit is waarom ek simpatiseer met skole wat in die verlede gerelegeer is. Hulle het die reëls aanvaar soos dit is in terme van die bedoeling daarvan.

    ReplyReply
    17 September, 2023 at 08:41
  15. avatar
    #61 4×4

    @AbsolutMenlo: gaan drink gerus ‘n koppie koffie saam met julle BL verantwoordelik vir finansies, hy was immers in die vergadering, dan kom jy terug en rapporteer of die vergadering bestaan het al dan nie

    ReplyReply
    17 September, 2023 at 06:45
  16. avatar
    #60 4×4

    @AbsolutMenlo: al wat jy moet doen is maak ‘n afspraak met julle BL, dan kry jy dit sommer eerstehands daar. Hulle is seker mense met integriteit, so ek neem aan hulle sal alles vir jou openbaar

    ReplyReply
    17 September, 2023 at 06:32
  17. avatar
    #59 AbsolutMenlo

    @VanniLaeveld: Dalk is dit HTS Middelburg van Mpumalanga wat dit ge orchestrate het wat in die selfde bootjie as Menlo en ander is…!?

    Maar ja soos @Asterix: stel as dit een skool is wat die verandering bewerkstellig het is dit impressive.

    ReplyReply
    16 September, 2023 at 10:22
  18. avatar
    #58 VanniLaeveld

    @OudAffie: Dankie Oudaffie en Djou vir julle oopkop kommentaar. Vir ons buite Pretoria is dit duidelik wat gebeur het. Volstaan maar deur te sê dat die verandering nie sou gebeur het as Marais Viljoen of Nelspruit laaste geëindig het nie. Die afgelope twee jaar is twee Mpumalanga skole gerelegeer, geen haan het gekraai daaroor nie.

    Baie slim skuif om dit te verdoesel saam met die vergroting na 9 skole van die ander afdelings, ‘n skuif wat elk geval oor gepraat is voor die Menlo sage. Die plan was om al 4 afdelings ewe groot te maak met 9 skole elk.

    Ons moet dalk ook net terugdink hoekom was al die afdelings 8 skole en die Beker 9 skole? Dit was omdat ‘n ander goue Pretoria skool nie bereid was om onder te begin nie. Their wish was also granted.

    ReplyReply
    16 September, 2023 at 09:44
  19. avatar
    #57 AbsolutMenlo

    @OudAffie: Sien uit na 2024 … dit is waaroor dit gaan SBR!

    ReplyReply
    16 September, 2023 at 09:15
  20. avatar
    #56 OudAffie

    @AbsolutMenlo: Jy is korrek, nie net Menlo is bevoordeel uit die besluit nie, dit is net dat Menlo die een is wat die meeste voordeel trek uit die besluit.

    Weereens korrek, Die reeks het al baie verander, maar as daar elke 2 of 3 jaar verandering is, dan sit ons met Super Rugby 2011-2019, en dit was mos baie pret vir almal. Die reeks het in die verlede defnitief nie so baie verander soos in die laaste 8 jaar nie. Dit was in teen deel redelik konstand met die formaat. Maar ieder geval, ons mag en kan verskil van mening.

    My punt was maar eintlik net as ‘n buitestander lyk dit maar lekker deurmekaar en vol politiek, nes ek dit onthou pre 2006 toe ‘n ander klein PTA skool ook deelgeneem het. Mag Menlo se 2024 beter wees as 2023. Julle kan nie jul 2de kans opmors nie, ‘n 3de kans sal besonders wees.

    ReplyReply
    16 September, 2023 at 08:53
  21. avatar
    #55 Asterix

    @Djou: ok Djou duidekik het jy net een agenda en stel nie belang om dit soos volwassenes te bepreek nie, jy is seker reg, Een skool het dit reggekry om nadat hulle verkeerd was 36 ander skole to dwing om ‘n 100 jaar oue kompitiesie te verander ten nadeel van al die ander skole en die kompitisie net sodat hulle in ander liga speel vir een jaar. Kyk dan is hulle regtig impressive,
    Dink ek sal maar soos jou ander kolegas maak en ook liewers nie verder aangaan oor die onderwerp nie, ek is in elk geval heeltemal te oningelig.

    ReplyReply
    16 September, 2023 at 08:50
  22. avatar
    #54 AbsolutMenlo

    @OudAffie: Nie net Menlo is “bevoordeel” deur die besluit nie – lees die artikel mooi.

    Tydsberekening van die verandering maak vir my sin na die einde van een seisoen en voor die begin van ‘n nuwe seisoen – ons mag verskil.

    Die struktuur van die kompitisie het al baie in die 100 plus jaar verander dink nie die integriteit van die kompitisie is nou in gedrang nie – ons mag verskil tyd sal leer.

    ReplyReply
    16 September, 2023 at 08:18
  23. avatar
    #53 Djou

    @OudAffie: 100% reg. Sommige skole is meer gelyk as ander.🥶
    @Asterix:
    Obelix skaam hom al vir al jou verskonings! 😄😄😄😄

    ReplyReply
    15 September, 2023 at 22:51
  24. avatar
    #52 Kantman

    @Wonderwolf: Waar val jy uit?

    ReplyReply
    15 September, 2023 at 22:11
  25. avatar
    #51 Wonderwolf

    @AbsolutMenlo: Sien jy is BAIE emosioneel..het jy al opgevolg by Beet oor @4×4 se bewyse, of was dit net “lawaai”

    ReplyReply
    15 September, 2023 at 15:35
  26. avatar
    #50 Smallies

    @kantako: Baie dankie elke bietjie help

    ReplyReply
    15 September, 2023 at 11:47
  27. avatar
    #49 kantako

    @Smallies: shame dis nice. Ek sal vir die man n bydrae maak. Ek whats app jou Smallies

    ReplyReply
    15 September, 2023 at 11:09
  28. avatar
    #48 Asterix

    @OudAffie: Ek dink jy skryf my navraag net baie beter as wat ek probeer het, soos ek die artikel verstaan was daar al lankal besin om die afdelings groter te maak, daar was ook prokureurs briewe maar oor spanne punte en ander redes. Dit voel vir my net of die opskrifte van Menlo is gelukkig word daar nou gese dit alles hulle toedien. Dit is presies hoekom ek se dit sal beter wees as daar offisieel verduidelik word, ons moet ook onthou daar het 4 ander spanne ook gebaat wat nie afgeskuif het nie en ‘n paar ekstra wat opgeskuif het, dalk het hulle iets gedoen en nie menlo nie :lol: , soos ook genoem die oorgrote meerderheid skole het ingestem, hoekom sou ‘n skool wat voorheen afgeskuif het nou instem dat die skole nie afskuif as dit nie reg is nie.

    Ongelukkig weet ek nie die regte redes nie en bespiegel maar net, maar voel net die aanhoudende negatiewe kommentaar aan Menlo van is nie reg nie, as daar nie feite beskikbaar is nie. maar dalk is ek ook net een van die oningeligte en weet al die ander wat so afgaan teen Menlo dalk meer feite.

    Ek sal maar volgende jaar by jou moet kom leer hoe om die regte vrae te vra :wink:

    ReplyReply
    15 September, 2023 at 11:03
  29. avatar
    #47 OudAffie

    @Leelu: Ek hoor baie mooi jou redenasie, maar tog laat dit ‘n nare smaak. Hoe kan mens sê net sekere spanne kan op en af skuif want ander is te belangrik. Dit sal wees om te sê die All Balacks moet elke Wêreld Beker in die Kwart eers inkom want hulle is te balngrik vir die geldmaak kant om minskien uit te val in die groepfase? Ek stem dat Menlo/Garsfontein/Kloof baie belangrik is vir die Blou Bulle se skole strukture, maar om te sê hulle het ‘n vrye pas om bo te bly want hulle is te belangrik is mos nie reg nie? Integriteit van ‘n Skolereeks van 100 plus jaar word bietjie afgewater of hoe dan nou?

    ReplyReply
    15 September, 2023 at 09:42
  30. avatar
    #46 OudAffie

    @Rugbyman: Ek stem saam dit sou slegs gewees het vir PTA skole indien Menlo afgeskuif het, maar is die integriteit van die kompitisie nie ook belangrik nie??? Dan kan Noordvaal mos net vooraf sê Skole A, B en C mag nie gerelugeer word nie, rede is hulle is te belangrik, en skole D, E en F gaan mekaar aanvat vir regulasie?

    ReplyReply
    15 September, 2023 at 09:36
  31. avatar
    #45 OudAffie

    @AbsolutMenlo: Hulle kan mos nie nou wys hulle hoort daar nie, rugby gesproke het hulle juis gewys in 2023 hulle hoort NIE daar nie. Hierdie los net ‘n slegte smaak want die stelsel werk solank die regte skole op en af skuif elke jaar, sodra die verkeerde skole afskuif dan verander ons sommer die stelsel/stuktuur. Dit is hoe dit vir my as ‘n buitestander lyk. Ek is seker elke skool wat al ooit gerelegeer was, elke span sal direk na die relegasie ook graag ‘n 2de kans wil hê.

    Indien Noordvaal die vergroting van die hele kompitisie langtermyn beplan het, is hulle tydsberekening van komiese aard en iemand moet sekerlik soos ‘n p@eph@l voel!

    ReplyReply
    15 September, 2023 at 09:31
  32. avatar
    #44 Smallies

    Ok so ek is nou nie seker of ek die mag post nie ,Beet kan afhaal as hy dink dis verkeerd.
    Daar is n outjie wat vandag begin stap het van Aliwal Noord af na Bloemfontein, sy jongste boetie is gekies vir die O15 VKB span wat na Frankryk toer einde van die jaar dit is sy poging om geld vir sy boeta in te samel,Indien van julle dalk sou belang stel on die outjie te help reply asb en dan sal ek die bank besonderhede hier post as dit reg is met Admin

    ReplyReply
    15 September, 2023 at 08:43
  33. avatar
    #43 Grizzly

    @AbsolutMenlo: Eks uit op die subject.Sterkte met jul proses vorentoe.As jy my n week ken dan sal jy weet ek soek niks minder as n masjien Menlo nie.Hoe sterker hoe beter vir rugby in Pta.

    ReplyReply
    15 September, 2023 at 07:54
  34. avatar
    #42 AbsolutMenlo

    @Grizzly: Ek neem aan jy ken die Menlo rugby struktuur en presies waar die geadverteerde pos inpas …!? Indien nie maak jy net lawaai.

    PS. Net laasjaar het Gars hulle rugby direkteur pos geadverteer en onderhoude gevoer … het jou toe glad nie hoor lawaai maak oor die proses nie…. :wink:

    ReplyReply
    15 September, 2023 at 07:29
  35. avatar
    #41 AbsolutMenlo

    @Asterix: … jy sal altyd welkom wees by Menlo!!

    Ek persoonlik waardeer jou objektiewe geen agenda kommentaar!

    ReplyReply
    15 September, 2023 at 07:19
  36. avatar
    #40 AbsolutMenlo

    @Leelu: Stem saam … kom ons ondersteun al die skole!

    … en as iemand issues het met die numwe opset vat dit op met NoordVaal.

    … en as iemand voel Menlo verdien dit nie is dit ‘n regverdigbare opinie. Dit is nou vir Menlo om te wys hulle hoort daar.

    ReplyReply
    15 September, 2023 at 07:14
  37. avatar
    #39 Asterix

    @Grizzly: Ek stem saam met wat jy se, ek nie meer by die skool as ouer nie so hoor ook maar die inligting van ander, so nie seker wat daar aangaan nie. Maar ek stem saam met jou oor die aanstelling.

    My stelling oor die jaar of wat is omdat hulle huidige 2023 o/16 en o/15 groep redelik sterk volgens my was so glo oor n jaar of 2 sal hulle die oopspan wees, die huidige o/17 7’s doen ook baie goed, maar jy is reg, hulle kort iemand bo wat help met die regte besluite.

    ReplyReply
    15 September, 2023 at 06:19
  38. avatar
    #38 Grizzly

    @Asterix: Wat betref jou post oor jy dink hulle gaan nog n jaar of wat sukkel…sien hulle adverteer weer die pos..rerig?

    Hoe as jy in so situasie is en die oplossing is voor jou,jy weer die risiko loop om foute te maak?

    Gaan haal n direkteur wat jy WEET die situasie gaan draai,nie een wat jou op n onderhoud oortuig hy gaan dit doen nie.

    Die probleem is die regte mense soek gewoonlik mandate en resources en dis moeilik om beheer af te staan.

    As jy die regte persoon aan stel en hom Carte blanche gee sal binne n paar jaar vir jou n reus terug gee.

    ReplyReply
    15 September, 2023 at 05:47
  39. avatar
    #37 Grizzly

    @Djou: Die comment waarna ek gesoek het is jou laaste een,spot on.Presies op gesom hoe ek oor die aangeleentheid voel.

    Mark my words,die compo sal binne n paar jaar weer verklein word.Ouers gaan kla,BL gaan kla en hoofde gaan geen ander keuse he om dit na management oor te dra nie.

    Te veel wedstryde,missmatches wat gaan plaas vind,skole wat hard aan hul programme gewerk het wat nou aan festivals sal moet ontrek omdat die compo vroeer moet begin.

    Imo sal die compo baie beter af wees as daar n daadwerklike poging in gaan om die engelse skole soos al so baie op die blog bespreek is betrokke te kry.

    Klein bly eksklesief.By die cup maak dit maklik om af te skuif,moer moeilik om op te skuif en border line onmoontlik om die ding te wen…soos n paar dekades terug.

    ReplyReply
    15 September, 2023 at 04:48
  40. avatar
    #36 Leelu

    @AbsolutMenlo: Wel gedaan. Ongeag die onderliggende omstadighede is dit in Bulle rugby se belang dat Menlo in die beker afdeling bly. Dit maak geen sin om ‘n invloedryke en vermoeënde skool weg te gooi nie. Selfde met Tukkies en die Varsity Cup. @Rugbyman: Jy verdien my respek, nie net as afrigter, maar vir jou insig, respek vir die kinders en liefde vir die sport.

    ReplyReply
    14 September, 2023 at 20:54
  41. avatar
    #35 Wonderwolf

    @AbsolutMenlo: As ek reg onthou sou @4×4 sy “bewyse” vir Beet gestuur het om te “besluit” of hy dit wou bekendmaak op die blog.

    ReplyReply
    14 September, 2023 at 20:29
  42. avatar
    #34 Kantman

    Na aanleiding van hierdie kommentaar is Garsfontein blykbaar nou finaal ontslae van die “almal haat ons” label en is die label nou vierkantig op ‘n ander skool.

    ReplyReply
    14 September, 2023 at 18:52
  43. avatar
    #33 AbsolutMenlo

    @Grizzly: As jy dink Menlo verdien dit nie sê dit dan, no problem … maar hoekom al die ongegronde aantuigings…

    ReplyReply
    14 September, 2023 at 18:49
  44. avatar
    #32 Asterix

    @Djou: lyk my jy is weer besig met een of ander meestersgraad, as hulle verkeerd was sou hulle afgeskuif het, jy hoef nie tussen die lyne te lees om te sien hulle is nie afgeskuif nie omdat die meerderheid skole so besluit het.

    ReplyReply
    14 September, 2023 at 18:43
  45. avatar
    #31 Djou

    @Asterix: Ek het dit sag probeer stel, gedink jy sal tussen die lyne lees.
    Reguit gestel – hou op verskonings maak. Dit gaan nie goed af nie.
    Waar ek vandaan kom en steeds is, as jy droogmaak, vat die punch, staan op, maak reg en doen beter. Wat jy nie doen nie is verskonings maak en kerm en protesteer wanneer jy droogmaak.

    ReplyReply
    14 September, 2023 at 18:32
  46. avatar
    #30 Asterix

    @Rugbyman: Ek te oningelig om te weet wat regtig gebeur het so sal dit nou ook maar daar los.
    Moet se nogal bly dat Oos moot opgeskuif het, sal graag wik sien wat hulle 1ste span in die Plaat kan doen, jammer dat midstream nie kon opbeweeg na die A afdeling nie, hulle 1ste span gewoonlik baie sterk die afgelope paar jaar.
    Weet nie of jy by 7s betrokke is nie maar geluk met julle wen oor Affies laas week, Affies se 7’s baie sterk.

    ReplyReply
    14 September, 2023 at 17:14
  47. avatar
    #29 Rugbyman

    Agggg manne… legal briewe of te nie… my twee sente… eks bly menlo het gebly! As mens na die groter prentjie kyk sou dit sleg gewees het vir Pretoria se rugby as hulle afgeskuif het! Verder gaan ek geensins by die debat betrokke raak nie! Lekker middag!

    ReplyReply
    14 September, 2023 at 16:49
  48. avatar
    #28 Grizzly

    @AbsolutMenlo: Ek gaan nie eers probeer verduidelik nie,meeste verstaan die korolasie tussen geld en die regte uitslag by vergaderings.

    Ek het ook nie n probleem gehad dat hulle afskuif nie,hulle het dit verdien.Ek het n probleem dat hulle bly,hulle verdien dit nie.

    ReplyReply
    14 September, 2023 at 16:27
  49. avatar
    #27 AbsolutMenlo

    @Grizzly: … verstaan nie lekker nie! Eers praat jy van mamon nou raadsale … so wat is jou aantuiging?
    Wag ook nog steeds vir @4×4 se breaking Menlo news, @Renier se betroubare bron, @Djou se prokureursbriewe en nou jou mamon / raadsaal bewyse.

    Ek het geen probleem gehad dat Die Menlo moes afskuif nie, maar aanvaar en is baie bly vir die majority NoordVaal schools decision.

    ReplyReply
    14 September, 2023 at 15:47
  50. avatar
    #26 Grizzly

    @AbsolutMenlo: 🤣🤣Jy ken my beter as dit so ek sal jou straight se.As ons nie op die veld wen nie wen ons in die raadsale.

    Jy sal naief verby wees as jy dink dis toeval die jaar wat Die Menlo afskuif.If anything moes die cup verklein word met geen uitspele nie.1 en 2 op die log speel die final.

    Die ding is reeds te lank en uit gerek en te diep in die Matrieks se rekord.

    Menlo is imo die beste gemengde skool in SA.Ek het al honderd kere die Kapenaars en almal gedaag om die teendeel te bewys maar hulle verdwyn as die subject op kom.

    Hulle moes hierdie een op die ken gevat het en hulle kritics gewys het hulle kan die ding om draai en die cup binne n paar jaar wen.

    ReplyReply
    14 September, 2023 at 15:00
  51. avatar
    #25 Asterix

    @Smallies: Persoonlik dink ek hulle gaan dalk nog so jaar sukkel, sien hulle adverteer weer vir nuwe afrigter, maar kom ons hoop hulle kan net bietjie beter doen want hierdie jaar was darem baie erg, ek volgende jaar seker nou bietjie meer by die nuwe skool wees maar sal hulle nog so van die kant af dophou en meeste van die tyd darem ondersteun.

    ReplyReply
    14 September, 2023 at 14:28
  52. avatar
    #24 Asterix

    @Djou: Ek verstaan nie wat jy bedoel met afwater nie, of Menlo was verkeerd of hulle was reg met wat hulle ook gedoen het, die feit dat almal hulle nou slegse en vir alles blameer op al die websites, is net vir my verkeerd as hulle reg was, of selfs nie eers met al die besluite betrokke was nie. Ek is dalk nie so bevoorreg soos jy om al die inligting te he nie, so ek maak net die stelling dat ek nie dink hulle het die mag om 35 skole te oortuig en ‘n hele kompetisie vir almal kan verander net oor hulle nie wou afskuif nie, maar soos ek se ek het nie al die inligting nie en dit is hoekom ek vra dat dit dan offisieel bekend gemaak word aan ons oningeligte ondersteuners.

    ReplyReply
    14 September, 2023 at 14:25
  53. avatar
    #23 Djou

    @Asterix: Dit help nie jy probeer die ding afwater omdat jy van Menlo hou nie. Briewe is gestuur – feit, uit en gedaan. En ek verneem goeie punte is gemaak.
    Die besluit het ‘n moontlike regsgeding vermy.
    Punt is egter al die skole het die nuwe formaat ondersteun – so, kom ons laat dit daar en ondersteun ons skole.

    ReplyReply
    14 September, 2023 at 13:58
  54. avatar
    #22 Djou

    @AbsolutMenlo: Ja, elders, waar meer inligting gegee is. En terloops, ons weet al lankal van die briewe. As jy nie geweet het nie is jy oningelig.
    Maar ek hoop Menlo doen beter in 2024.

    ReplyReply
    14 September, 2023 at 13:52
  55. avatar
    #21 Smallies

    @Asterix: ja nee wat ek dink dat Menlo n break gevang het met hierdie beslissing….hulle geluk,ten spyte van hulle rugby wat net swakkerig is as mens dit met die res van die beker spanne vergelyk is dit steeds n topklas skool.Geen leerder daar is swakker af as by enige ander skool in PTA nie

    ReplyReply
    14 September, 2023 at 13:37
  56. avatar
    #20 Asterix

    @Smallies: as mens die artikel mooi lees sal mens sien dat hulle se dat daar al baie vroeer in die jaar begin praat was oor vergroting van die afdelings, dit is net lekker vir ander mense om altyd die groter skole te wil blameer vir alles, Garsfontein het al hulle kritici stil gespeel en gewys wat hulle kan doen, nou moet ‘n ander skool gesoek word om sleg gese te word.

    Jy weet daar is eintlik baie skole wat met “Die” begin :wink:

    ReplyReply
    14 September, 2023 at 13:20
  57. avatar
    #19 AbsolutMenlo

    @Cappie: … lees die artikel dit is duidelik wat gebeur het.

    ReplyReply
    14 September, 2023 at 12:55
  58. avatar
    #18 Smallies

    @Asterix: ek dink ook nie hulle het soveel mag nie…..maar aan die anderkant as jou skool se naam begin met… Die …..😂😂😂😂

    ReplyReply
    14 September, 2023 at 12:35
  59. avatar
    #17 Cappie

    @AbsolutMenlo: Geen idee hoe dit gebeur het nie. Ek sê net dankie. My dogter was ook in Menlo, so dis goed vir hulle. Alhoewel ek dink dit sou beter gewees het om net eers bietjie hulle voete te vind in ‘n laer afdeling en hulle self weer op te werk.

    ReplyReply
    14 September, 2023 at 12:29
  60. avatar
    #16 Asterix

    @Djou: Ek dink dit sal goed wees vir Noordvaal om offisieel te reageer oor hulle besluit, ek mag verkeerd wees maar persoonlik kan ek nie sien dat Menlo soveel invloed en mag het, dat wanneer hulle sogenaamde briewe stuur, dat die oorgrote meerderheid van skole oortuig word en dan besluit dat geen skool moet “gerelegate” word nie en dat daar by die ander afdelings 2 of meer skole moet opskuif nie, net om Menlo gelukkig te hou nie. (meer as 35 skole)
    Sien orals word daar net genoem van Menlo wat nie afskuif nie, en wat van al die ander skole wat nie afskuif en ekstra skole wat opskuif nie. Soos julle weet het ek nog altyd gese Menlo is een van my spanne wat ek ondersteun, en as hulle moes afskuif was dit reg met my as dit korrek was en hulle dit verdien, hoekom is daar dan briewe en hoekom het almal ingestem, is daar dan iets verkeerds gewees by Noordvaal?

    ReplyReply
    14 September, 2023 at 12:01
  61. avatar
    #15 jakes

    @SB Rugby: ek stem saam. Dit is miskien te veel wedstryde. Die cup afdeling is baie hard naweek na naweek.11 wedstryde dan om tot in die finaal te kom in die liga alleen. Kearsney easter games sal moet afskaal na 2 games per skool en nie meer 3 nie. Indien hul 3 festivals speel is dit 6 games. Plus 11 in die liga. Dis klaar 17 games. Dan craven weke en als. Al die ander kompetisies soos NWU Puk reeks en so aan sal dalk gekanselleer moet word.

    ReplyReply
    14 September, 2023 at 11:52
  62. avatar
    #14 Rainier

    @Cappie: Ek dink albei instansies het baie lesse geleer oor die afgelope 12 maande.

    ReplyReply
    14 September, 2023 at 11:38
  63. avatar
    #13 AbsolutMenlo

    @Djou: … “lees elders” … say no more …

    ReplyReply
    14 September, 2023 at 11:36
  64. avatar
    #12 AbsolutMenlo

    @Cappie: Hoekom? Wat het Menlo gedoen … please share? Volgens die artikel was dit ‘n NoordVaal majority decision.

    ReplyReply
    14 September, 2023 at 11:17
  65. avatar
    #11 Cappie

    @AbsolutMenlo: En… Lichtenburg sê ook dankie. Alhoewel ek dink hulle moes maar deur die stelsel werk. Af beweeg, perform en dan weer op beweeg. Net soos Tukkies dit maar moet doen.

    ReplyReply
    14 September, 2023 at 11:16
  66. avatar
    #10 Djou

    @AbsolutMenlo: Ek lees elders Menlo het prokureursbriewe geskryf aan Noordvaal. Nou waarom so?

    ReplyReply
    14 September, 2023 at 11:15
  67. avatar
    #9 Cappie

    Tukkies moet by Menlo leer.

    ReplyReply
    14 September, 2023 at 11:05
  68. avatar
    #8 SB Rugby

    @jakes: Ek stem nie saam met die veranderinge nie, dit raak teveel. Jakes, kom ons gebruik EG as n voorbeeld wat se festival sal hulle wil los Noord -suid ? Easter ? Wildeklawer ? Ek dink nie skole wat in die 3 festivals speel sal dit wil los nie.

    ReplyReply
    14 September, 2023 at 10:41
  69. avatar
    #7 Smallies

    Bly om Brandwag terug te sien in die A afdeling ,voormalige wenners van die Administrateurs beker en het die Beeld trofee vir groot skole n paar keer gewen ….

    ReplyReply
    14 September, 2023 at 10:07
  70. avatar
    #6 AbsolutMenlo

    @Grizzly: … en jou punt!? Begin jy ook nou uit die heup skiet?

    ReplyReply
    14 September, 2023 at 07:50
  71. avatar
    #5 Grizzly

    @AbsolutMenlo: Moet nooit die mag van mamon onderskat nie.

    ReplyReply
    14 September, 2023 at 07:24
  72. avatar
    #4 AbsolutMenlo

    Goeie nuus vir Menlo!

    ReplyReply
    14 September, 2023 at 07:11
  73. avatar
    #3 jakes

    @OudAffie: die B afdeling speel skole in hul provinsiale streke teen mekaar. Die wenners en naaswenners van elke streek deur na volgende rondtes toe.Soos oud direkteurstrofee formula gewerk het.

    ReplyReply
    13 September, 2023 at 21:26
  74. avatar
    #2 jakes

    Goeie nuus. Welkom Brandwag Benoni ook nou opgeskuif na die A divisie. Well done. Die skole in die beker afdeling gaan harde rugby wees.10 spanne. 9 wedstryde. Semis en finaal bygetel is 11 wedstryde in die liga alleen. Miskien sal die skole minder festivals moet speel aan die begin van die jaar dan.

    ReplyReply
    13 September, 2023 at 21:24
  75. avatar
    #1 OudAffie

    Hoe werk Afdeling B en ondertoe?

    ReplyReply
    13 September, 2023 at 20:49

Leave a Reply