School Rugby fixtures & results – week ending 15 April 2023

School Rugby fixtures & results – week ending 15 April 2023

DATE SCHOOL SCHOOL INFO
Sat.15Apr Menlopark 64 00 Nelspruit NWU Skolesportreeks
Sat.15Apr Transvalia 13 40 EG Jansen NWU Skolesportreeks
Sat.15Apr Kempton Park 48 26 Eldoraigne NWU Skolesportreeks
Sat.15Apr Klerksdorp 22 17 HTS Middelburg NWU Skolesportreeks
Sat.15Apr Noordheuwel 69 22 Die Anker NWU Prestige 1-8
Sat.15Apr Oos-Moot 37 30 Rustenburg NWU Prestige 1-8
Sat.15Apr Wesvalia 29 30 Heidelberg VS NWU Prestige 1-8
Sat.15Apr Middelburg 24 11 Marais Viljoen NWU Prestige 1-8
Sat.15Apr Potch VS 05 35 Hugenote (Springs) NWU Prestige 9-16
Sat.15Apr Montana 46 10 Osterlig NWU Prestige 9-16
Sat.15Apr Jeugland 24 32 Potch Gim NWU Prestige 9-16
Sat.15Apr Zwartkop 21 34 Lichtenburg NWU Prestige 9-16
Sat.15Apr Glenwood 22 29 Northwood
Sat.15Apr Durban HS 24 20 Westville
Sat.15Apr Maritzburg College 33 05 Clifton
Sat.15Apr Outeniqua 17 19 Grey College
Sat.15Apr Stellenberg 10 17 Boland Landbou
Sat.15Apr Paarl Gim 33 11 Wynberg
Sat.15Apr Oakdale 20 17 HJS Paarl BH
Sat.15Apr Paul Roos 39 24 Grey HS
Sat.15Apr Rondebosch 19 35 Durbanville
Sat.15Apr SACS 38 27 Brackenfell
Sat.15Apr Langenhoven Gim 05 41 Nico Malan
Sat.15Apr Charlie Hofmeyr 17 17 Strand
Sat.15Apr DF Malan 47 31 Parel Vallei
Sat.15Apr Marlow 21 07 Brandwag (Uitenhage)
Sat.15Apr Dale 46 17 Grens
Sat.15Apr Graeme 57 05 Port Rex
Sat.15Apr Selborne 22 25 Pearson
Sat.15Apr Hudson Park 43 29 Cambridge
Sat.15Apr Daniel Pienaar 19 13 Bergsig
Sat.15Apr Queen’s 75 14 Stirling
Sat.15Apr Affies 38 45 Garsfontein
Sat.15Apr KES 28 19 Pretoria BH
Sat.15Apr Jeppe 30 24 Monument
Sat.15Apr Ellisras 17 19 Parktown
Sat.15Apr John Vorster 10 57 Secunda
Sat.15Apr Pietersburg 19 00 Tom Naude
Sat.15Apr Voortrekker (Beth) 24 18 Trio
Sat.15Apr Welkom Gim 59 07 Hentie Cilliers
Sat.15Apr Jim Fouche 33 39 Fichardtpark
Sat.15Apr Goudveld 19 23 Witteberg
Sat.15Apr Upington 43 31 Diamantveld
Sat.15Apr Duineveld 86 06 Kalahari
Sat.15Apr Landboudal 43 22 Sentraal

167 Comments

  1. avatar
    #167 Djou

    @Strepie: Hou ons steeds op hoogte asb.

    ReplyReply
    17 April, 2023 at 17:42
  2. avatar
    #166 Strepie

    @Djou: Ek stem saam, ek het groter tellings verwag nadat ek die opstelle van n paar wyse manne hier gelees het (voor Saterdag).
    Die tellings was heel ‘respectable’.

    Knap gedaan Garsfontein!

    ReplyReply
    17 April, 2023 at 13:34
  3. avatar
    #165 Djou

    @Strepie: Garsies se o.14 en mindere mate o.15 reeds baie beter. Gee hulle kans. Soos Rugbyman sê dis ‘n 3 jaar program. Maar sal nooit genoeg spanne vir Affies hê nie.
    Die eerstes en 2es is elk geval 90% reeds van junior dae af in Garsies.

    ReplyReply
    17 April, 2023 at 13:29
  4. avatar
    #164 Djou

    @Strepie: So bly vir julle. Hoop op ‘n totale herstel. Geduld, sommer baie daarvan, vir die hele familie. Baie sterkte!!!!

    ReplyReply
    17 April, 2023 at 13:19
  5. avatar
    #163 Smallies

    @Strepie: welkom terug ou strepe…

    ReplyReply
    17 April, 2023 at 13:05
  6. avatar
    #162 Strepie

    Middag.
    Ek is in n beter ‘head space’ nou.
    Dit gaan goed met Chris onder omstandighede.
    Elke dag n bietjie beter en ons kan net hoop,vertrou en bid op volkome herstel.

    Ek merk op dieselfde misluke karakters maak nou hul verskyning hier op SBR.
    Ek het al die rugbywedstryde die naweek gevolg, en my indrukke rondom die meer prominente wedstryde is as volg (in kort):

    Oakdale/Boishaai – Baie geluk aan die Bulle van Riversdal – julle was hongerder en wou wen. Aan my Alma Mater – 6 wedstryde in 16 dae kon jy die tamheid in die manne sien, ons speel elke week beter. Geen verskonings tov die skeidsregter nie, en ek vat NIKS weg van die Oakdale manne nie – knap gedaan.

    Kwaggas/Gcb – Grey is baie fiks, geweldige tempo met min foute. Kwaggas het hul kanse gehad, maar nie gebruik nie. GCB kan baie gelukkig wees dat die geel kaart nie n rooie was nie.

    Affies/Garsies – Baie geluk aan Garsfontein, in my opinie n beter span as Affies. Julle is beslis hier om te bly, kry nou die ander ouderdomsgroepe ook so goed, ek glo dit kan gedoen word as die wil sterk genoeg is. Julle speel mooi rugby en is goed afgerig.

    Ek luister graag in.

    ReplyReply
    17 April, 2023 at 12:29
  7. avatar
    #161 Monas

    @OUD ANKER: Beslis my seun speel in die Noordheuwel span en ook genoem na al die wedstryde op Noord /Suid en St John’s teen Boland Landbou was die Anker span sover die hardste game die jaar ‘n klompie harde en groot seuns in die Anker groep en gaan lê ook nie vinnig nie.

    ReplyReply
    17 April, 2023 at 10:00
  8. avatar
    #160 PRondersteuner

    @OomPB: Daar is 6 gr11’s in die span sover ek weet.

    ReplyReply
    17 April, 2023 at 08:46
  9. avatar
    #159 Ploegskaar

    @kantako: For me JT was up there since last year, really appreciate his feel for the game

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 22:47
  10. avatar
    #158 kantako

    @Ploegskaar: for me Noordheuwel has the best 10 I have seen so far this year.

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 22:07
  11. avatar
    #157 Ploegskaar

    @Asterix: Noordheuwel can beat any team on their day. Exceptional 10, 13 and 15. If you get your pre-game analysis wrong, you will suffer

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 21:11
  12. avatar
    #156 Ploegskaar

    @Kaya 85: Great observations, thank you. Sticking to what and why some read here 👏🏻👏🏻👏🏻

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 21:08
  13. avatar
    #155 Asterix

    @Kaya 85: The Noordvaal beker is going to be fun to watch, agree Garsfontein defnitely with the inside lane but think Noordheuwel and Monnas is going to make it interesting.

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 20:45
  14. avatar
    #154 Kaya 85

    Grey’s reaction atfter the Outeniqua game says a lot about the type of pressure Outeniqua put on them throughout that game…although the home team lost, that is one exceptional team, and their derby with Oakdale is once again shaping to be an Epic encounter. After a slow suttering start to the season, Oakdale were just in ‘beast mode’ tearing into HJS. Noordheuwel with some awesome pace out wide…same with Durbanville.

    Coming back to the Monnas game v Jeppe. Although Monnas tried to open the game up by running multiple backline phases from the kick-off reception, interestingly all 4 their tries came from forwards or drives…while Jeppe carved them up out wide.

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 20:41
  15. avatar
    #153 Kaya 85

    Congrats to Garsfontein and Bere supporters. To knock over Affies at home, after defeating them last year too … and exceptional strike running and 15 man skills by Garsies. Favorites for the Virseker Beker?

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 20:34
  16. avatar
    #152 OomPB

    @PRondersteuner: PRG het my verbaas. Lyk na n baie Jong span.

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 20:34
  17. avatar
    #151 Kaya 85

    @Dixon’s: upsets all over the place this year so far

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 20:32
  18. avatar
    #150 Dixon’s

    I still cannot believe Glenwood lost that game. tactically very poor. not using their strengths. too many 1st phase issues.

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 20:22
  19. avatar
    #149 Asterix

    @Kaya 85: I know they normally win the combined A event in Pta but not sure how strong they are compared to the rest of the country.

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 18:58
  20. avatar
    #148 Kaya 85

    @Asterix: and correct me if I’m wrong, but Menlo has a decent Swimming set up too.

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 18:43
  21. avatar
    #147 OUD ANKER

    @Asterix: Baie waar, dis jammer ‘n Affie 0/14D of E span kan nie elke week teen ‘n Grey 0/14D of E span kragte meet nie. Dit gaan altyd die probleem en debat wees as ‘n 20 span seun skool gemeet word teen ‘n 11 span gemengde skool.

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 17:19
  22. avatar
    #146 Asterix

    @OUD ANKER: Ons het gister bietjie die groot game teen Affies en Gars gaan kyk. Een ding wat my opgeval het by die jonger ouderdomme is die hoeveelheid talent wat eintlik velore gaan (en ek se dit met respek). Dink daar is heelwat seuns in Affies se laer spanne wat sal instap in die A spanne by van die ander gemengde skole. Hopelik gaan hulle nie almal verlore op ‘n later stadium nie.

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 16:47
  23. avatar
    #145 OUD ANKER

    @Asterix: Ek stem, PBHS reel ook tradisioneel hul wedstryde om al hulle spanne game time te gee, so dit gaan heel waarskynlik ‘n gestoei wees om PBHS deel van die PTA wedstryde te kry.

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 16:46
  24. avatar
    #144 Asterix

    @OUD ANKER: Jy is 100% reg, ek hoop eintlik dat hulle ook teen waterkloof, Gars en Menlo kan speel as deel van die Pta cup maar selfde probleem as by Affies die gemengde skole kan nie genoeg games vir hulle gee nie

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 16:39
  25. avatar
    #143 OUD ANKER

    @Asterix: Vir my gaan dit dat AL die groot PTA skole goed vaar om die Kaapse skole ‘n run vir hulle money te gee. So as ek sê AL die PTA sluit ek PBHS in, want ek het ‘n kleintjie dood aan die tradisioneel Afrikaanse rugby skole snobisme.

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 16:35
  26. avatar
    #142 Monas

    @OUD ANKER:

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 16:08
  27. avatar
    #141 Asterix

    @OUD ANKER: Soos ek verstaan was daar baie veranderinge in afrigters korps by Menlo en het hulle veral laas jaar baie beserings gehad onder hulle beter spelers, selfde probleem hierdie jaar by noord suid met baie beserings, hulle het ongelukkig nie genoeg diepte om dit te cover soos ek verstaan nie. Ek sien wel die juniors begin weer beter doen so dalk kan hulle weer regkom, maar glo dit gaan seker bietjie tyd vat. Soos op ander post genoem ek hoop hulle kan by garsfontein leer om dalk die diepte beter te maak. Vir mybis dit belangrik dat die 4 groot afrikaanse skole in pta bly goed doen.

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 15:53
  28. avatar
    #140 Asterix

    @kantako: Duidelik het jy ‘n persoonlike probleem met Menlo, enige iemand wat iets weet van atletiek weet dat hulle as ‘n gemengde skool seker die beste in die land is, affies seuns wen egter steeds hulle as seuns alleen. Jy verwys na net selektiewe deelname, hulle neem net aan die NwU byeenkoms wat jy verwys as superinterhoer nie deel nie, en daar is redes daarvoor. Selfs Affies stuur nie eers enige toekouers na die byeenkoms nie. Die formaat is daar oor bietjie anders met die gewone interhoer byeenkoms. Meeste skole by die NWU is ook die preroria skole waarteen Menlo presies die vorige vrydag deelgeneem en baie ver gewen het. As jy bietjie na hierdie jaar se uitslae by SA’s gaan kyk sal jy duidelik dalk bietjie beter verstaan. Hierdie is ‘n rugbybsite en duidelik weet jy miskien bietjie meer oor Rugby so miskien moet jy maar jou kommentaar liewers by Rugby hou. Weet nie in watse skool jy was nie maar hulle het nie laas in 2019 gewen nie, hulle het gister gewen. Maar dalk het jy daarvan vergeet dit is 24 uur terug. En as jy wonder my kind is nog in laerskool so ek nie betrokke by Menlo nie, maar ek maak seker ek het al die inligting oor al die skole voor ek komentaar oor hulle wil lewer.

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 15:45
  29. avatar
    #139 kantako

    @AbsolutMenlo: ek het nou gaan kyk, was vinnig verveeld. Julle rugby verwys nog na die 2019 Virsekerbeker finaal, shame dis laas wanneer julle gewen het. Julle atletiek verwys nog na 2022 se ASA kampioenskappe se 14 medaljes. Het julle dan geen medaljes vanjaar gewen nie ? Julle is dan die beste in die land ?

    Julle gaan daai bemarkingshoof moet inroep. Terloops ek sien ook dat personeel wat al getrou het steeds op hulle vorige vanne op julle website is. Shocking tjom.

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 14:59
  30. avatar
    #138 kantako

    @AbsolutMenlo: hoeveelste was julle in die Super Inter ?

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 14:48
  31. avatar
    #137 AbsolutMenlo

    @kantako: Jy is welkom om Menlopark se tuisblad te gaan besoek vir al Menlopark se atletiek en ander prestasies … dit behoort jou vir ‘n ruk besig te hou.

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 14:39
  32. avatar
    #136 AbsolutMenlo

    @VanniLaeveld: Die manne kan nou lekker gaan rus hulle volgende wedstryd is eers 6 Mei.
    Sterkte met die res van die seisoen!

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 14:22
  33. avatar
    #135 kantako

    @Jakkals: Gerhard Holtshauzen die vorige coach. Ek dink hy coach nou by Oakdale of daar iewers

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 14:09
  34. avatar
    #134 OUD ANKER

    @kantako: Ek sou nie jou kommentaar oor Nelspruit beter kon verwoord nie!

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 13:49
  35. avatar
    #133 Jakkals

    @kantako: Wie is Haullie?

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 13:48
  36. avatar
    #132 kantako

    @OUD ANKER: presies. Waar is daai dream team wat nou omtrent bo moes wees wat die BEES my van vertel het so paar jare gelede ? Menlo moet soos in Atletiek maar dalk eerder net selektief deelneem anders gaan hulle binnekort saam Die Anker in n liga speel.

    Nelspruit ? Ok manne, hier is my opinie. Behalwe dat hulle pateties vertoon die laaste paar jare nadat hulle Garsies in die finaal gewen het nie te lank terug nie. Hulle verloor selfs nou teen Secunda

    Spelers laat rus ? Hoe stupid is die afrigters ? As jy spelers wil laat rus dan speel jy nie in so baie wedstryde in so min weke nie. As jy spelers wil laat rus dan onttrek jy ten volle n fixture. Jy laat nie n 2de span (wat baie swakker is as n reeds swak 1ste span) speel teen n 1ste span wat nog in die A afdeling is nie. Dit is mos selfmoord, jy vra mos nou vir beserings. Nou moet daai arme 2de span seun of selfs n 3de span seun op die bank opkom in so wedstryd en sy lyf heeldag op die spel sit. Selfs die enkele 1ste span seuns gaan nou soveel harder moet werk om jou kak coaching te regverdig. Jaag daai coaches weg man, dit is glad nie veilig nie en geen belange van die seuns was in ag geneem nie. Loop stert tussen die bene, kry n borg en gaan haal vir Haullie terug daar op die plaas laat hy weer kom afrig.

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 12:33
  37. avatar
    #131 PRondersteuner

    Goeie wen PRG. Kan sien die span begin nou saamwerk en gel. Nog baie dinge waaraan hulle moet werk, maar dit lyk al baie beter as teen Monnas. Veral die tip tackles. 5 geelkaarte gaan nie werk teen beter spanne nie.

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 12:29
  38. avatar
    #130 JongMatie

    @Wonder: kan ons beter kommentators vir SSS kry, enige manier, want genade….die twee knape wat uitgesaai het, Affies/Bere praat die grootste klomp snert

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 12:17
  39. avatar
    #129 OUD ANKER

    @VanniLaeveld: Okay, maak sin, ek kon ook nie die telling verstaan nie, want Menlo speel juis nie die wêreld aan die brand die seisoen nie, maar nou moet mens die Menlo manne vra, is dit nie ‘n teken van op watse vlak Menlo is op die stadium dat Nelspruit dit selfs oorweeg het om ‘n “2e” span in die veld te stoot nie?

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 12:16
  40. avatar
    #128 Wonder

    @VanniLaeveld: Ok, maak sin, was my gevoel Nellies beter is wat die telbord wys.

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 10:18
  41. avatar
    #127 Smallies

    @Djou: Die kaapse seuns wat noorde toe verhuis kry natuurlik ook die added unfair advantage dar hulle longe soveel beter werk agv die hoogte bo seevlak en die verhoogde lug besoedeling …dis n wen wen vir hulle om in die Noorde te gaan jol ,virseker beker🤣🤣🤣

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 10:13
  42. avatar
    #126 Mate

    Ek dink Secunda moet n re- match kry teen PRG

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 09:59
  43. avatar
    #125 Djou

    @VanniLaeveld: Ek het so iets gehoor. Hoop Nellies kom weer reg!

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 09:59
  44. avatar
    #124 Djou

    @Mate: Hy behoort te wees. Ek is pro-invoer uit die Kaap. Daar is net te veel talent wat nou kans kry op die hoogste vlak van skolerugby.

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 09:50
  45. avatar
    #123 VanniLaeveld

    @Wonder: Nie om iets van Menlo weg te vat nie, maar eerder om die telling teen Nelspruit in perspektief te sien.
    Nelspruit se afrigters het besluit om na ‘n woeste 5 wedstryde oor die vakansie (Noord/Suid en St.Johns) die meeste 1ste span spelers te laat rus teen Menlo. Dit was dus ‘n oorwegend 2de span wat gister opgedraf het.

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 09:37
  46. avatar
    #122 Mate

    @Djou:
    Wonder dat Ouboet nie n Monna fan is

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 09:02
  47. avatar
    #121 Smallies

    @Mate: 5 of 7 ,ek persoonlik dink 7 is sy beste posisie

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 08:57
  48. avatar
    #120 Djou

    @SB Rugby: Behalwe as hulle weer spelers invoer van ander provinsies vir semi en finals.
    Sien Monnas het lekker in Kaap gewerf – sommer 6 in die eerstespan.
    Dink dis ‘n rekord vir enige skool in Noordvaal.

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 08:57
  49. avatar
    #119 Mate

    @Smallies:
    Watter posisie speel Stopforth?
    Hy gaan ver kom
    Nie net nog n Schoolboy Wonder

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 08:52
  50. avatar
    #118 Smallies

    @Mate: JJ Theron 1.95m 109 kg,Kyk die kwaggas se 5 net so n groot seun

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 08:48
  51. avatar
    #117 Mate

    @Wonder:
    Joondalup
    Google dit

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 08:35
  52. avatar
    #116 Mate

    @Smallies:
    Grey se voorspelers lyk atleties groot
    Ek weet nie wie daai 8ste man is maar hy moet dadelik Montpellier toe
    Klein Duane

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 08:34
  53. avatar
    #115 OUD ANKER

    @kantako: Die Anker het actually glad nie sleg teen Noordheuwel gevaar nie ten spyte wat die telling sê en in ag genome die 2 liga kloof tussen die 2 spanne en dan natuurlik ‘n lekker game vir Noordheuwel om hulself verder te slyp. Watch out Monnas.

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 08:33
  54. avatar
    #114 Wonder

    @Mate: Wel done, jy is vroeg klaar. Xbox of Playstation gespeel? :lol:

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 08:33
  55. avatar
    #113 Smallies

    @Mate: Ek dink Kwaggas sin is groter,veral die voory

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 08:28
  56. avatar
    #112 Mate

    @Smallies:
    Ek gaan nou weer daai Grey game kyk
    Ek is absoluut verstom met daai Grey agttal
    Kan iemand dalk bevestig of dit die grootste skole agttal ooit is ?

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 08:23
  57. avatar
    #111 Smallies

    @Mate: Brakpanners speel mos nie rerig golf nie ….meer kar dice en so ,neewat gee my n visstok en n dam dan is ek happy hoe minder mense daar hoe beter…

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 08:23
  58. avatar
    #110 Mate

    @Smallies:
    Nee Smallies
    Ek het nie gedink jy is iemand wat so gou quit nie
    Waar is die Brakpan in jou?

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 08:21
  59. avatar
    #109 Smallies

    @Mate: ek het Vrydag my eerste golf game gespeel,na die eerste putjie het ek my geleende stokke terug gegee en loop suip🤣🤣🤣

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 08:18
  60. avatar
    #108 Mate

    Vanoggend
    77
    36 punte

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 08:12
  61. avatar
    #107 Wonder

    @Mate: My seun het so bietjie rugby gespeel, c span en later so bietjie hokkie, so nee die angle gaan nie werk nie. Hy het self vroeg in sy jong lewe besef hy moet sport net geniet en eerder op akademie fokus, 6 onderskeidings is glad nie sleg nie. Wanneer laas kon jy 80 breek? Slaan net reguit. :lol:

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 08:05
  62. avatar
    #106 SB Rugby

    @Djou: Djou en sodra die beker rugby begin moet hulle ook maar ligloop ……. Dink nie ek hoef veel meer tese nie

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 07:35
  63. avatar
    #105 kantako

    @oudanker het jy vir ons dalk 1ste span tellings en juniors van die Pukke reeks ?

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 07:11
  64. avatar
    #104 Wonder

    @AbsolutMenlo: Geluk,massive telling vir Menlo.

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 07:05
  65. avatar
    #103 Mate

    @Jakkals:
    Wonder Jnr het baie pakslar van Monnas ontvang en pappiebeer het nie daarvan gehou

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 07:04
  66. avatar
    #102 Wonder

    @Mate: 0/10 vir daai een. Ek haat nie vir Monnas nie,sommige van hul doggy praktyke staan my nie aan nie soos om speler in te vlieg vanaf Grey PE vir finaal,onttrek SA skole spelers weens beweerde beserings maar paar dae later is hulle piekfyn en speel vir Monnas in finale.

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 07:03
  67. avatar
    #101 Djou

    @Mate: Jeppe is werklik goed vanjaar. Monnas speel eers wanneer bekerrugby begin.

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 06:52
  68. avatar
    #100 Jakkals

    @Mate: vertel my meer

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 05:31
  69. avatar
    #99 Mate

    @Wonder:
    Ek dink jou haat vir Monnas is waarskynlik veroorsaak deur al kleinboet se teleurstellings

    ReplyReply
    16 April, 2023 at 00:38
  70. avatar
    #98 Wonder

    @Kaya 85: Not sure why you are suprised,Jeppe has a good side.

    ReplyReply
    15 April, 2023 at 22:51
  71. avatar
    #97 Wonder

    @Jakkals: Who cares?

    ReplyReply
    15 April, 2023 at 22:47
  72. avatar
    #96 Kaya 85

    @Jakkals: @Mate: @Grizzly: Slightly surprised with Jeppe’s win over Monument, but not surprised that I called it….a close game in the 20s/

    ReplyReply
    15 April, 2023 at 22:40
  73. avatar
    #95 Smallies

    Well done Fichies JF is nie pushovers nie…

    ReplyReply
    15 April, 2023 at 22:03
  74. avatar
    #94 AbsolutMenlo

    Welldone Menlo … top class vertoning. Game vir game.

    ReplyReply
    15 April, 2023 at 20:42
  75. avatar
    #93 Wonder

    @Mate: Hoe voel jou hoofpyn? Pop ‘n lekker steek hoofpyn pil.

    ReplyReply
    15 April, 2023 at 19:18
  76. avatar
    #92 Jakkals

    Wat gaan aan by Monnas?

    ReplyReply
    15 April, 2023 at 19:17
  77. avatar
    #91 Kantman

    DHS 24 – 13 Westville ?

    ReplyReply
    15 April, 2023 at 19:08
  78. avatar
    #90 Gimnasias

    @Mate: Ek is baie bly dat Boland Landbou n slag opstaan. Dis omtrent tyd. En ja, die ander Paarl skole is reg om gepluk te word die jaar.

    ReplyReply
    15 April, 2023 at 16:32
  79. avatar
    #89 Gimnasias

    @Kantman: Nie gedink Oakdale gaan dit regkry nie. Hul sukkel maar die jaar. Well done Oakdale!

    ReplyReply
    15 April, 2023 at 16:29
  80. avatar
    #88 Mate

    Ai ai ai
    Dit was kookwater skolerugby vandag
    Gelyktydig 5 games gekyk
    Ek dink die telling vlei Affies
    Grey is ongelooflik tough
    Outeniqua het kanse gehad, dit verspeel
    All time low vir Monnas
    HJS se strukture lyk my nog n moerse probleem
    Ek dink Landbou gaan die beste in die Paarl wees vanjaar

    ReplyReply
    15 April, 2023 at 15:59
  81. avatar
    #87 Kantman

    KES 28 – 19 PBHS

    ReplyReply
    15 April, 2023 at 15:53
  82. avatar
    #86 Kantman

    @Grizzly: Die Top 3 op hierdie stadium is konstant baie goed. Maar tuisveld en moegheid is dalk grootste faktor?

    ReplyReply
    15 April, 2023 at 15:42
  83. avatar
    #85 Kantman

    Grey 19 – 17 Outeniqua

    ReplyReply
    15 April, 2023 at 15:40
  84. avatar
    #84 Grizzly

    @Kantman: Hoe verklaar n ou Garsies se score teen Oakdale?

    ReplyReply
    15 April, 2023 at 15:38
  85. avatar
    #83 Grizzly

    @Kantman: Hierdie Jeppe span wild die jaar.

    ReplyReply
    15 April, 2023 at 15:37
  86. avatar
    #82 Grizzly

    Baie geluk aan die Bere.Ek sal die game later kyk maar verstaan dit was n masive terug veg poging van Affies,baie geluk.

    Die Bere span kan iets spesiaal doen hierdie jaar,Wildeklawer die groot toets.

    ReplyReply
    15 April, 2023 at 15:36
  87. avatar
    #81 Djou

    @Kantman: Sal jou gelukwensing aan die span oordra!

    ReplyReply
    15 April, 2023 at 15:16
  88. avatar
    #80 Kantman

    Paul Roos 39 – 24 Grey High

    ReplyReply
    15 April, 2023 at 15:15
  89. avatar
    #79 Kantman

    @Djou: Geluk Garsfontein

    ReplyReply
    15 April, 2023 at 15:14
  90. avatar
    #78 Kantman

    Jeppe 30 – 24 Monnas

    ReplyReply
    15 April, 2023 at 15:14
  91. avatar
    #77 Djou

    45-38 Garsies wen 1ste keer op Affies se tuisveld.

    ReplyReply
    15 April, 2023 at 14:59
  92. avatar
    #76 Kantman

    Oakdale 20 – 17 HJS

    ReplyReply
    15 April, 2023 at 14:58
  93. avatar
    #75 Kantman

    Charlies 17 – 17 vs Strand

    ReplyReply
    15 April, 2023 at 14:56
  94. avatar
    #74 Ouboet

    @kantako: Ek hoop so
    Pieter Roussouw was die hele 2de helfte langs die veld.
    Plus 5 spelers van die 2de span is wel op die bank vir die A-span

    ReplyReply
    15 April, 2023 at 13:21
  95. avatar
    #73 Smallies

    @Ouboet: seker as hulle goed genoeg is ….

    ReplyReply
    15 April, 2023 at 12:43
  96. avatar
    #72 kantako

    @Ouboet: wanneer hulle goed genoeg is.

    Ek sien Selborne het baie swart spelers en Jeppe ook. Hopelik kry n paar wit seuns ook n free ride om net bietjie A span te kan speel, dalk ook net bietjie Cravenweek baadjies en as hulle regtig niks doen na die Junie vakansie nie kan hulle bietjie kans kry in die SA skole span ?

    Jys reg, dis tyd dat ons bietjie vir ALMAL kans gee

    ReplyReply
    15 April, 2023 at 11:13
  97. avatar
    #71 4×4

    @Rainier: nee man, een swaeltjie maak mos nou nie’n somer nie

    ReplyReply
    15 April, 2023 at 10:49
  98. avatar
    #70 Ouboet

    Gim O/19 B span vs Wynberg
    Gim B span se Nommers 1,10, 11, 14 & 15 almal swart spelers.
    Ek wonder wanna van hulle in Pieter Roussouw se A span opgetrek gaan word 🤔

    ReplyReply
    15 April, 2023 at 09:57
  99. avatar
    #69 Rainier

    @Ploegskaar: Hulle sukkel soms om die engel vlerke onder die Klub 600 baadjies in te vou.

    ReplyReply
    15 April, 2023 at 09:30
  100. avatar
    #68 Rainier

    @4×4: Hoekom 5? Is 1 nie genoeg nie?

    ReplyReply
    15 April, 2023 at 09:02
  101. avatar
    #67 Djou

    @OudAffie: Die skolewet verbied skole om behoeftiges weg te wys. As jy nie skoolgeld kan bekostig nie, dan kry die skool ‘n subsidie van die regering af. Dis nie naastenby genoeg nie, maar dis hoe finansiële bystand werk.
    Sogenaamde finansiële bystand vir ouers (huishouding, nie individu nie) wat minder as R70 000 per maand verdien, is beslis nie bystand vir behoeftiges nie. Huishoudings wat R70 000 per maand verdien val in die top 3% inkomsteverdieners in SA. Dit gesê, ‘n huishouding is in die (top) 20ste persentiel indien die huishouding se inkomste R20 000 per maand is. Die ouers kwalifiseer nie vir staatsubsidies nie.
    So, finansiële bystand vir die top verdieners verskil van finansiële bystand vir behoeftiges, en is niks anders as ‘n beurs nie. Maar wanneer dit finansiële bystand genoem word kan dit ook uit skoolfonds of ander bronne gefinansier word.
    En dit maak nie saak of daar voorwaardes is of nie!
    So, daar het jy die feite en kan ons hopelik die punt met rus laat!
    Geniet die wedstryd.
    Terloops, ek het ‘n manier hoe julle die gemiddelde telling met vrug kan gebruik, maw van werklike waarde kan wees. Ek sal dit vir 4×4 gee, wat dit kan oordra aan jou!

    ReplyReply
    15 April, 2023 at 07:35
  102. avatar
    #66 4×4

    @OudAffie: ek stem saam Affies deel nie beurse uit nie, maar daar is tog oud alumni wat wel seuns help, alhoewel nie noodwendig beperk tot rugby.
    Ek dink die blote feit dat die hele eerste span die jaar, met uitsondering van ‘n seun wat in in Januarie van sy graad 9 jaar by Affies opgedaag het getuig nogals daarvan dat seuns deur die ranks kom em nie ingekoop word in Graad 11 om tekortkominge aan te vul nie.
    Die Boishaaimanne, Paul Roos en Paarl Gim manne, hoe lyk die samestelling van julle 1ste span die jaar, het hulle deur die ranks gekom of is daar ingeshop?

    ReplyReply
    14 April, 2023 at 23:27
  103. avatar
    #65 4×4

    @Rainier: stuur vir Djou die name van 5 kinders waarvan jy weet wat deur Affies of Klub 600 geborg, gebeurs, fge finansiele hulp is sedert 2013. Ek en hy drink Oros dinsdag dan sal ek dit net hom verifeer. Aangesien dit nie op die openbare Forum gedoen word nie, sal die kinders nog steeds beskerm word!@OudAffie:

    ReplyReply
    14 April, 2023 at 23:21
  104. avatar
    #64 4×4

    @Rainier: stuur vir Djou die name van 5 kinders waarvan jy weet wat deur Affies of Klub 600 geborg, gebeurs, fge finansiele hulp is sedert 2013. Ek en hy drink Oros dinsdag dan sal ek dit net hom verifeer. Aangesien dit nie op die openbare Forum gedoen word nie, sal die kinders nog steeds beskerm word!

    ReplyReply
    14 April, 2023 at 23:17
  105. avatar
    #63 Ploegskaar

    @OudAffie: Dankie vir die terugvoer, dit klink rein en edel

    ReplyReply
    14 April, 2023 at 23:16
  106. avatar
    #62 OudAffie

    @Ploegskaar: Klub600 is die skool se rugbyondersteunersklub. (600 want die jaarlikse fooi is R600.00) Die skool het ook ‘n Marathonklub, Fietsryklub ens. Die klub word beslis nie gebruik om seuns deur beurse te lok nie. Affies deel nie rugbybeurse uit nie,

    ReplyReply
    14 April, 2023 at 21:55
  107. avatar
    #61 Ploegskaar

    @OudAffie: Geen idee wat Klub600 se voorwaardes is nie, maar in ander skole bly ‘n geholpe seun, ongeag. Hoe werk dit daar?

    ReplyReply
    14 April, 2023 at 21:37
  108. avatar
    #60 OudAffie

    @Djou: Skole wat finansiële bystand/beurse gee met die voorwaarde dat die seun rugby moet speel, verander al daai goeie intensies in ‘n mooi groot middelvinger teenoor daai gesin, want net as hy rugby speel is hy eintlik goed genoeg om in daai skool te wees dan.

    Dit verskil mos heeltemal van finansiële bystand indien die gesin nie skoolgeld kan bekostig nie, watokal die drempel is. Daai seun kan rugby speel, maar as hy nie wil nie en eerder iets ander wil doen, is daar geen probleem nie. Ek belowe jou sodra daai voorwaarde seun besluit hy is moeg vir rugby dan gaan die skool eerste staan om skoolgeld te eis.

    Jy sien as jy net lees sal jy sien die woord “voorwaarde” maak al die verskil in daai kontrak.

    ReplyReply
    14 April, 2023 at 20:53
  109. avatar
    #59 Djou

    @OudAffie: Laas wat ek gehoor het kan jy finansiële bystand kry as jou huishoudinginkomste minder as R750 000 per jaar is. Kan nou meer wees!

    ReplyReply
    14 April, 2023 at 18:39
  110. avatar
    #58 Djou

    @OudAffie: Soos Rainier sê finansiële bystand en ‘n beurs is dieselfde ding. As jy dit ‘n ander naam gee gaan dit nie die ding verander nie.

    ReplyReply
    14 April, 2023 at 18:37
  111. avatar
    #57 OudAffie

    @Rainier: Finansiële bystand met die voorwaarde dat jy rugby SAL speel en finansiële bystand vir kinders/gesinne wat nie skoolgeld kan bekostig nie, is nie dieselfde ding nie.

    ReplyReply
    14 April, 2023 at 15:51
  112. avatar
    #56 Rainier

    @kantako: Sommige skole noem dit beurse, sommige skole noem dit finansieele bystand.

    Sommige skole noem dit werwing, sommige skole noem dit ‘n delayed option.

    Lees maar fyn tussen die lyne…

    ReplyReply
    14 April, 2023 at 14:58
  113. avatar
    #55 kantako

    @OudAffie: great antwoord dankie. Dis lekker om te hoor wat in die binnekant aangaan van een van die Top rugbyprogramme in die land.

    ReplyReply
    14 April, 2023 at 13:52
  114. avatar
    #54 Kantman

    @OudAffie: Baie dankie vir die moeite met jou antwoord

    ReplyReply
    14 April, 2023 at 13:37
  115. avatar
    #53 OudAffie

    @kantako: Ek dink wat die skool se laer spanne ook ‘n sukses maak is die feit dat die skool vir elke span minstens 12 wedstrtyde ‘n jaar reël. Die skool reël ook minstens 3 oefeninge ‘n week per span, A tot G, ook ek dink dit moedig die seuns baie aan as hulle sien hulle kry ook afrigting by top afrigters, is ook uitgenooi as ‘n Fourie of Victor by die skool is, die skool doen baie om deelname aan te moedig maar dit is baie maklik om dus deel te neem as daar soveel moeite is van die skool se kant in terme van afrigting, genoeg oefensessies en genoeg wedstryde. Dit dra alles by dat daar elke jaar 150-180 seuns per ouderdomsgroep opdraag vir proewe.

    ReplyReply
    14 April, 2023 at 12:43
  116. avatar
    #52 OudAffie

    @kantako: Ek gaan nie op ‘n platvorm afrigters kritiseer of slegsê nie, maar jy is nie heeltemal reg of verkeerd nie. Jaco is ‘n puik afrigter en is tans in sy 8ste jaar by die eerstespan betrokke. Hy is ‘n Affie man deur en deur en doen ongelooflik baie vir die skool. Ek dink egter dit was meer ‘n geval van Hy kon nie hoof van rugby en eerstespanafrigter en hoof van die gimnasium wees, ook by koshuis betrokke wees en alles 100% doen nie. Ek dink eerlikwaar nie hy is ‘n slegte afrigter nie. Die skool het eerder bykomende hulp ingebring as om soos baie rugby unies net onslae te raak van mense (Agrigters).

    Ek sal sê Affies het ook tussen 2014 en 2019 effe terug gekap teen buiteafrigters spesifiek by die rugbyprogram wat slegs by rugby betrokke was. En steeds doen, selfs die Jacobs broers is onderwysers en blyk dit steeds die skool se vereiste te wees. Baie partye, Nico, Oud Affies en ander partye binne en buite die skool het meer tot ‘n besluit gekom dat die skool iets sal moet doen eerder as ‘n interne rewolusie wat plaas gevind het. Affies het ‘n paar gemiddelde seisoene beleef namekaar en niemand was baie tevrede nie.

    Ryno, die Jacobs broers en ‘n paar buite afrigters is betrek, strukture het verander intern en afrigters rondgeskuif. Die ouderdomsgroepe is meer belein tot ‘n algehele rugby plan en wedstryd plan as wat elke afrigter wat sy eie ding doen, elke ouderdomsgroep het sy eie rugbyhoof en die afrigters kry meer opleiding en algehele beleining met ‘n groot rugbyplan by die skool. Die skool konsentreer beide om steeds vir elke span 12 plus wedstryde te gee en A-Spanne wat moet kompiteer met die bestes van die land.

    Nie dat wat voorheen gebeur so slegs was nie, ek dink net daar wat nie dieselfde vlak van algehele beleining by die skool nie.

    Ek weet ook met Ryno se aanstelling was een van die vereistes langtermyn, d.w.s die skool wou nie iemand hê wat net 3 tot 5 jaar betrokke raak, moontlik sukses bereik en dan aanbeweeg nie. Ryno het met ‘n duidelike langtermyn plan gekom wat inpas by die skool se rugby tradisies. Beide vir die gesondheid van die skool se algehele rugbyplan, deelname van 30 spanne asook die A-spanne en sukses van die Witbulle. Die skool het steeds nie, en ter goede so, nie ingegee in terme van beurse aan rugbyspelers nie.

    Hoe is dit vir ‘n antwoord.

    LW. Ek is ‘n Oud-Affie en is nie betrokke by die skool nie, Ek praat ook nie namens die skool nie.

    ReplyReply
    14 April, 2023 at 12:24
  117. avatar
    #51 kantako

    @OudAffie: is die Jacobs broers nie daar agv Nico Serfontein nie ? Ons almal weet hoe hard hy hulle push in die sisteem, was mos van Border na Durban en nou Affies. Nico sit mos in op daardie onderhoude, ons weet hys n groot Affie man.

    Fourie was n groot deel van Ryno se aansteliing ne? so vertel n vriend my. Affie old boys was nie baie happy met die stand van sake by Affie rugby nie, Jaco was nie op scratch nie en Sakkie wou nie weer bo coach nie ?

    Met jou stats sal jy seker meer weet en nie bang wees om met ons te deel nie ?

    Ek het Rugbyman al 2 keer gevra oor hulle junior rugby program maar hy ignore my net.

    ReplyReply
    13 April, 2023 at 22:27
  118. avatar
    #50 Carpe diem

    @OudAffie: Dit blyk, volgens die statistieke wat jy aanhaal, dat Gim voor, sowel as sedert 2014 n beter wen-rekord teen Affies het nl 7/6 voor 2014, en 4/1 sedert 2014.

    ReplyReply
    13 April, 2023 at 20:35
  119. avatar
    #49 Jakkals

    @Middies pa: Dankie Middies. Sterkte vir julle ook

    ReplyReply
    13 April, 2023 at 19:16
  120. avatar
    #48 Kantman

    Ek dink Charlies gaan vir Strand trap

    ReplyReply
    13 April, 2023 at 18:01
  121. avatar
    #47 Middies pa

    @Jakkals: Ek sien Middies se eerstes speel Marais Viljoen die naweek op Zwartkop. Sterkte en mag dit ‘n aanskoulike en skoon wedstryd wees en mag die beste span wen.

    ReplyReply
    13 April, 2023 at 14:56
  122. avatar
    #46 OudAffie

    @JongMatie: Jy wil nie weet nie, maar ja. Tussen 1995 en 2012 wat dit presies anderom. AHS WEN 7 EN HSJ WEN 2.

    Kyk, met alles wat ek sê, ek ontneem ander spanne nooit van hul wenne nie. Ek sal hoe moeilik dit okal mag wees altyd die wenspan gelukwens.

    ReplyReply
    13 April, 2023 at 12:05
  123. avatar
    #45 JongMatie

    @OudAffie: Lyk of HJS, Affies se -bogey’ span is

    ReplyReply
    13 April, 2023 at 11:50
  124. avatar
    #44 OudAffie

    @kantako: Jy sien met Ryno by AHS en die nuwe rugbyprogram wat hy gebring het, saam Affies se rugby geskiedenis as tradisioneel een van die top 5 groot rugbyskole, wil Affies nie dit as ‘n upset sien nie.

    Affies wil te minste helfde van die wedstryde teen Grey, Gim, Paul Roos en HJS wen. Affies se rekords teen al daai skole is puik en behalwe nou Grey, omtrent 50/50 teen die ander 4. Na 2013 het Affies gedip (Ek praat van eerstespanne) teen daai skole en probeer bitter hard om meer gereeld te wen.

    Affies se rekords teen daai skole is:

    Paul Roos: 10 gewen, 10 verloor, 2 Gelykop
    Paarl Gim: 7 gewen, 11 Verloor, 2 Gelykop
    HJS: 12 gewen, 12 verloor, geen Gelykop
    Grey: 6 gewen, 34 verloor, 5 Gelykop.

    Nou neem slegs sedert 2014.

    Paul Roos: 3 gewen, 2 verloor, geen Gelykop
    Paarl Gim: 1 gewen, 4 Verloor, 1 Gelykop
    HJS: geen gewen, 5 verloor, geen Gelykop
    Grey: 1 gewen, 5 verloor, geen Gelykop

    D.W.S behalwe met Grey wat natuurlik die top honde is, het Affies net vir Paul Roos se nommer, die Paarl Skole het Affies verby gegaan in die laaste 5 jaar, Waar Affies voor 2014 beter rekords teen albei gehad het (Meer wen as verloor).

    Dus sê ek maar net, Affies wil nie die 5de skool wees as jy kyk na daai 5 skole nie, hulle wil defnitief meer op gelyke voet wees en wenne moet nie upsets wees nie, maar of die norm of meer gelyk, verstaan?

    Dit is grootendeels hoekom Ryno en die Jacobs broers by Affies betrek is.

    ReplyReply
    13 April, 2023 at 11:21
  125. avatar
    #43 Jakkals

    Groot games die naweek!
    Grey vs Kwaggas (Grey)
    DHS vs Westville (DHS)
    Jeppe vs Monnas (Jeppe met die upset)
    Affies vs Garsies (Affies het gaan oefen hoe om skoppe te vang en te posisioneer en sal beter wees as by N/S. Gaan n close game wen).

    Nog groot games maar die 4 stel ek veral in belang.

    HJS is beter as Oakdale maar is bekommerd dat hulle baie moeg gaan wees.

    ReplyReply
    13 April, 2023 at 11:07
  126. avatar
    #42 kantako

    @OudAffie: dankie. Was n goeie game. Amper n upset gewees, maar Affies het alles gehou vir die HJS game en dit het amper gewerk.

    ReplyReply
    12 April, 2023 at 14:50
  127. avatar
    #41 Zion

    @Gimnasias:
    Met Wynberg se wen teen Durbanville & Helpmekaar is hulle span sekerlik nie sleg nie
    Aan die ander kant is Gim (19A) op die oomblik op ‘n goeie dag “gemiddeld”, so kan maar net hoop en duim vashou vir beter performance Saterdag.

    ReplyReply
    12 April, 2023 at 14:26
  128. avatar
    #40 OudAffie

    @kantako: Telling was 28-24 te danke aan ‘n drie in die laaste 5 min. Was heel wedstryd agter gewees teen Florida.

    ReplyReply
    12 April, 2023 at 11:32
  129. avatar
    #39 kantako

    @OudAffie: jammer ek dink dalk aan die Florida game. Het julle nie daar teen Florida verloor of gelykop gespeel nie ? Nietemin die punt wat ek in daardie post maak gaan nie oor Affies nie dit gaan oor Virsekerbeker en skole wat nie in dit speel nie.

    Snaaks Affies het in 2004 teen Nelspruit verloor ek dink daai 2004 Affies span was baie goed met Len Olivier en daai Woeste 8ste man ens. Bul span van Affies gewees. Witbul

    ReplyReply
    12 April, 2023 at 10:38
  130. avatar
    #38 Mate

    The reason a lot of the top schools didn’t play the past weekend was because the boys wanted to watch the golf

    ReplyReply
    12 April, 2023 at 09:53
  131. avatar
    #37 Smallies

    @JongMatie: ek vermoed dat dit is hoekom Grey nie die naweek gespeel het nie …

    ReplyReply
    12 April, 2023 at 09:42
  132. avatar
    #36 JongMatie

    @Kaya 85: Boishaai must not take credit, they should address this issue in a very serious manner and have a good old talk to the person that has to take responsibility for allowing these young boys having to play so many games in such a short space of time.

    Absolutely STUPID.

    ReplyReply
    12 April, 2023 at 09:38
  133. avatar
    #35 Kaya 85

    @kantako: The KES field not so small, but it does run at a gradient, so the 2nd half Paarl played “uphill” which explains why they just couldn’t cross the line all those times they came close. But seriously, Boishaai must get credit for taking on 5 games in such a short time, plus playing after their No. 8’s injury and operation must have taken an emotional toll on the lads, knowing their brother-in-arms in ICU.

    ReplyReply
    12 April, 2023 at 09:35
  134. avatar
    #34 Kantman

    @Wonder: :wink:

    ReplyReply
    12 April, 2023 at 09:25
  135. avatar
    #33 OudAffie

    @kantako: Jy verwys na die 2017 St Jones Festival. Korreksie: Affies het 10-14 verloor teen HJS. En Affies het nie verloor teen Nelspruit nie. Affies het laas in 2004 teen Nelspruit verloor. Het nie in 2017 teen hulle gespeel nie. Hulle het ook teen Hilton en Florida gespeel by die Festival en albei gewen.

    ReplyReply
    12 April, 2023 at 09:08
  136. avatar
    #32 Ploegskaar

    @CharlesZA: Ek is te oud vir o14/15 games, maar jy weet dit 😂😂😂. Sal so rondom 12:00 daar wees vir ‘n in en uit, stadsverkeer is nou wild vir my!

    ReplyReply
    11 April, 2023 at 21:46
  137. avatar
    #31 Grant

    @kantako: Monnas is Ingles !!!! Werklik so ??? Nee meneer. Monnas was pure Afrikaans nou dual medium because of necessity. Maar Ingels , nooit so nie.

    ReplyReply
    11 April, 2023 at 21:26
  138. avatar
    #30 CharlesZA

    @Ploegskaar: Ou Ploeg, ek koop ongelukkig nie die underdog tag nie. Onoorwonne span(enigste Wynland een) teen span wat al 3 keer verloor het uit 5. Glo julle is favourites met so 7 punte. Gaan n lekker dag se rugby wees met 17 games tussen die skole. Hoop om jou so 8:15 langs die A veld te sien vir die o14 game.

    ReplyReply
    11 April, 2023 at 21:13
  139. avatar
    #29 Wonder

    @Kantman: Affies beslis gunstellinge met tuisveld voordeel.

    ReplyReply
    11 April, 2023 at 21:07
  140. avatar
    #28 Ploegskaar

    @Kantman: Ja ons is 2/4 weg teen Stellenberg sedert 2013. Stellenberg het ons ook ordentlik gewiks op die Plaas verlede jaar. Dink Stellenberg kon ook onoorwonne gewees het as die bal reg gespring het in ‘n paar games en is werklik ‘n puik afgerigte span met paar regte ysters die jaar. Die hart sê Boland, maar dink die hekkie gaan weer te hoog wees. Nietemin sal ons daar wees om te ondersteun en met oud laerskool vriende en oud bure blad te skud

    ReplyReply
    11 April, 2023 at 20:18
  141. avatar
    #27 OUD ANKER

    @kantako: Jy is heel waarskynlik reg in jou opsomming van hoekom sekere skole in die beker kompetisies speel en ander nie.

    ReplyReply
    11 April, 2023 at 20:11
  142. avatar
    #26 Deon

    @Smallies: ‘n Dame dra een rokkie/frokkie en twee sokkies, nie twee rokkies/frokkies en een sokkie nie, het een van my eks skoonmoeders altyd gesê.

    ReplyReply
    11 April, 2023 at 20:08
  143. avatar
    #25 Kantman

    Close wedstryde en piesangskille …
    – Affies gaan ‘n haas uit die hoed moet ruk as hulle Garsfontein wil wen met hoe hulle tans speel. Maar dit is twee uitgeslape afrigters teen mekaar, en beide spanne is goed uitgerus.
    – Vars Oakdale op die plaas wat nog na ‘n wen soek, teen ‘n HJS wat dalk moeg kan wees na ‘n harde skedule.
    – PBHS weg teen KES, wie weet wie gaan opdaag op die dag?
    – Onooorwonne Boland weg teen Stellenberg wat ‘n ruskans gehad het en paar keer naelskraaps verloor het.
    – Westville tuis teen DHS, en hulle is blykbaar nie lief vir mekaar nie.
    Ek sal tuisveld spanne voordeel gee

    ReplyReply
    11 April, 2023 at 19:45
  144. avatar
    #24 Smallies

    @Gimnasias: dis juis hoekom ek se dit kan interresant raak ….hulle dink Gim is kwesbaar

    ReplyReply
    11 April, 2023 at 18:30
  145. avatar
    #23 Favourite

    @OomPB: gaan hard en taai wees. Daai Grey span kan die tempo lig.

    ReplyReply
    11 April, 2023 at 18:06
  146. avatar
    #22 kantako

    @JongMatie: waar is bo ? Verwys jy dat die Virsekerbeker hoer kwaliteit van rugby is ? Daar is 3 groepe in die Virsekerbeker (groep 1,2,3) en elke groep het 3 afdelings (Beker, Plaat, skild) in die Virsekerbeker, en elke afdeling het 8 skole.
    Dus groep 1 het 24 skole wat speel op promosie relugasie.

    Secunda speel in afdeling 2. Ek dink Skild of Beker, nietemin Secunda is iewers na die eerste 24 skole. Het hulle nie vroeg in die Jaar n Paul Roos of iemand skrik gemaak nie ?

    KES het vir HJS gespeel na hulle 500 games in n paar weke gespeel het, in JHB op n klein veld, na die tragiese besering van een van die spelers. Dit alles speel n groot rol.

    Tydens HJS se golden 3 jaar run, het hulle met 1 punt op die St Johns Festival teen Affies gewen, nadat die ref n drie nie toegelaat het nie. Affies het in die selfde festival teen Nelspruit verloor.

    Jy kan nooit se een toernooi of liga of watokal is beter en sterker as ander nie, daarom se ek dit werk soos dit tans is, amper krag teen krag op n gereelde basis. Die Engelse skole het hulle fixtures en dit werk vir hulle rugby program, en die Noordvaal skole speel in hulle ligas en dit werk vir hulle.

    Ek het niks teen die Engelse skole nie, Monnas is die defending champs en hulle is Engels.

    ReplyReply
    11 April, 2023 at 17:58
  147. avatar
    #21 Gimnasias

    @Smallies: Ek het nog nie Wynberg sien speel nie maar hulle het so nou en dan n lekker 1ste span. Maar die skole hier onder gaan kom vir Gim want hul het die afgelope tyd n baie gemiddelde Gimspan gesien wat se agterlyn geen skietgoed het nie. Min dat Kaapse skole die kans kry om Gim te klop. Die game van die naweek sal Grey/Kwaggas wees.

    ReplyReply
    11 April, 2023 at 15:23
  148. avatar
    #20 JongMatie

    @kantako: KES HJS was n great voorbeeld dat die Engelse skole daar bo hoort!

    ReplyReply
    11 April, 2023 at 15:08
  149. avatar
    #19 kantako

    @OUD ANKER: virsekerbeker is net vir A en B spanne. Die Engelse skole sowel as Affies het almal 20 spanne plus. Alhoewel hulle laer spanne nie baie goed is nie, verkies hulle fixtures wat vir hulle tradisioneel games vir al hulle spanne gee.

    Ek sien bv Die Anker se O/16 het op n toer teen Affies se D span gespeel.

    Ek dink op die oomblik werk dit soos dit is, moet nie karring aan iets wat werk nie. Laat hulle speel wie hulle speel en laat die Beker skole speel in hulle verskeie afdelings.

    Daar is wel geleenthede op 1ste span vlak waar die Engelse skole teen Afrikaanse skole speel soms kry hulle pak en soms is dit naby.

    ReplyReply
    11 April, 2023 at 14:32
  150. avatar
    #18 JongMatie

    @Rainier: Skitterende inisiatief by AF Markotter, kan nou n seisoenkaartjie bekom vir ruppie.

    ReplyReply
    11 April, 2023 at 13:18
  151. avatar
    #17 Rainier

    @JongMatie: As jy kyk na Pta Boys se wedstrydbepalings vir 2023 sal jy sien hulle speel reeds 21 wedstryde. Ek weet nie lekker waar hulle nog ‘n beker kompetisie gaan inpas nie.

    ReplyReply
    11 April, 2023 at 12:58
  152. avatar
    #16 JongMatie

    @OUD ANKER: Miskien hou hulle nie van om vir silwerware te speel nie, ek weet nie..

    ReplyReply
    11 April, 2023 at 12:49
  153. avatar
    #15 OUD ANKER

    @JongMatie: Ek stem, PBHS, KES en Jeppe bv. sal verseker (no pun intended) ‘n aanwins vir die Virseker beker (of wat die naam ookal die jaar is) wees.

    ReplyReply
    11 April, 2023 at 12:33
  154. avatar
    #14 Smallies

    @JongMatie: ja hulle het my ou Shimla spannetjie bietjie op gevrommel…ek en n pel praat vandag nogal dat die twee spanne wat die final gehaal het nie naastenby so afhanklik is van Unie spelers soos ander Varsities nie…

    ReplyReply
    11 April, 2023 at 11:37
  155. avatar
    #13 JongMatie

    @Smallies: Ikeys gisteraand was n plesier om na te kyk.

    ReplyReply
    11 April, 2023 at 11:33
  156. avatar
    #12 Smallies

    @Smallies: Springs boys high het wel die beste Kadet orkes aan die Rand gehad en het Wits komandement vir jare oorheers ,dink hulle was n paar keer nasionale kampioene ook gewees

    ReplyReply
    11 April, 2023 at 11:27
  157. avatar
    #11 Smallies

    @OudAffie: daar leer ek ook weer iets vandag ,het nie geweet nie ,ek kan onthou dat ons nooit teen skole soos Brakpan High en Springs boys high gespeel het nie,alhoewel hulle rugby gespeel het…in teen deel Springs old boys was op n tyd n blerrie sterk klub gewees en daai souties kon jol

    ReplyReply
    11 April, 2023 at 11:24
  158. avatar
    #10 OudAffie

    @Smallies: Hulle het, lank lank gelede. Omtrent in die beginjare. PBHS het al die trofee gewen meer as een keer. En toe stop dit net. Ek praat van die 20’s en 30’s

    ReplyReply
    11 April, 2023 at 11:19
  159. avatar
    #9 Smallies

    @JongMatie: Stem saam met jou

    ReplyReply
    11 April, 2023 at 11:14
  160. avatar
    #8 JongMatie

    @Smallies: Ek dink die die skole wat wel speel. mis n trick deur nie die skole te betrek nie.

    ReplyReply
    11 April, 2023 at 11:13
  161. avatar
    #7 Smallies

    @JongMatie: ek dink nie hulle het ooit gespeel nie…

    ReplyReply
    11 April, 2023 at 11:05
  162. avatar
    #6 Smallies

    @JongMatie: Kan jou nie antwoord nie ,hulle het seker maar hulle tradisionele games en hou daarby

    ReplyReply
    11 April, 2023 at 11:04
  163. avatar
    #5 JongMatie

    @Smallies: Hoekom speel die engelse skole in Gauteng nie in die Virseker beker nie?

    ReplyReply
    11 April, 2023 at 10:58
  164. avatar
    #4 Smallies

    @OomPB: n paar lekker games Gim Wynberg het ook potensiaal en in Bloem sal die Fichies Jim Fouche game ook n lekker een wees,Fichies dink ek sal te min skietgoed vir JF he

    ReplyReply
    11 April, 2023 at 10:56
  165. avatar
    #3 Kaya 85

    Kaya’s Predictions:

    Menlo 24- 16 Nelspruit
    Transvalia beats EGJ ( an upset)
    Eldoraigne Smashes Kempies ( too rough)
    Glenwood 30 – 12 Northwood
    DHS 26 – 20 Westville (Fireworks)
    Grey 35 – 28 Outeniqua ( High paced game non stop)
    Stellenberg 21 – 21 Boland Landbou ( home ground advantage to help Stellenb)
    Paarl Gim 25 – Wynberg 9
    Oakdale 17 – 44 HJS Paarl BH ( HJS’s 6th game in 16 days ouch)
    Paul Roos 20 – 22 Grey High School (upset)
    Rondebosch 26 – 19 Durbanville (nit another upset)
    Dale Beats Grens
    Garsie Bere 16 – 26 Affies (turning the tables)
    KES 25 – 20 Pretoria Boys (could be a good one)
    Jeppe 22 – 20 Monument (the Bagpipes creating a frenzy in the northwest corner of the ground)

    ReplyReply
    11 April, 2023 at 09:38
  166. avatar
    #2 Kaya 85

    Fantastic Easter weekend of schoolboy rugby!! So many good teams, so many teams with ‘professional’ approach and attitude to the game…I mean that in the positive sense, not the dark side although let’s admit, it is there. But exceptionally good talent out there in dozens of school teams.

    ReplyReply
    11 April, 2023 at 09:23
  167. avatar
    #1 OomPB

    Regte rugby begin. Kwaggas vs Grey sekerlik die Grote.

    ReplyReply
    11 April, 2023 at 06:35

Leave a Reply