School Rugby fixtures & results – week ending 06 August 2022

DATE SCHOOL SCHOOL INFO
Sat.06Aug Bishops 31 22 St Andrew’s
Sat.06Aug Outeniqua 22 21 HJS Paarl BH
Sat.06Aug Maritzburg College 34 30 KES
Sat.06Aug Durban HS 26 10 Parktown
Sat.06Aug Queen’s 19 22 Graeme
Sat.06Aug Selborne 33 13 Dale
Sat.06Aug Marlow 73 06 Daniel Pienaar
Sat.06Aug Brandwag (Uitenhage) 18 12 Nico Malan
Sat.06Aug Grens 12 38 Hudson Park
Sat.06Aug Stirling Cambridge
Sat.06Aug Grey HS 29 23 Muir
Sat.06Aug Monument 38 12 Menlopark
Sat.06Aug Waterkloof 65 00 HTS Middelburg
Sat.06Aug Garsfontein 43 15 EG Jansen
Sat.06Aug Helpmekaar 38 25 Marais Viljoen
Sat.06Aug Zwartkop 21 31 Ben Vorster
Sat.06Aug Transvalia Middelburg
Sat.06Aug Klerksdorp 17 13 Oos-Moot
Sat.06Aug Hugenote (Springs) 31 19 Eldoraigne
Sat.06Aug Ligbron 24 17 Jeugland
Sat.06Aug Heidelberg VS Lichtenburg
Sat.06Aug Alberton 22 30 Pietersburg
Sat.06Aug Wesvalia Die Anker
Sat.06Aug Secunda 64 12 Dr Malan
Sat.06Aug Pretoria BH 19 54 Affies
Sat.06Aug Potch Volkskool Centurion
Sat.06Aug Noord-Kaap Kalahari (Kuruman)
Sat.06Aug Voortrekker (Beth) 32 20 Witteberg
Sat.06Aug Trio 26 22 Welkom Gim
Sat.06Aug Duineveld Drostdy

75 Comments

  1. Noord Suid sal ook ‘n tipe gedaanteverwisseling moet ondergaan om relevant te bly!
    Huidig borg – ek dink Stadio – die Suidspanne se vliegkaartjie en koste.
    Noordspanne moet self betaal.
    Gim en Affies speel nie in Noord Suid teen mekaar nie want hulle het hul eie fixture. So ook Grey en Affies . So dis min of meer Gim/Boishaai/Paul Roos teen Monnas/Garsies/Kloof.
    Om nie elke keer dieselfde spanne in Noord Suid te hê nie sal die skole dalk 2 keer per jaar teen mekaar moet speel – in Noord Suid en hul inter, wat great sal wees.
    Verloor jy een dan kan jy regstel later.

    ReplyReply
  2. @Asterix: Aanvanklik Menlo, Kloof, Paarl Gim en ek dink Harrismith.
    Garsies en Outeniqua het toe ook bygekom na so 2 jaar.
    Toe word dit net groter en groter.

    ReplyReply
  3. @OUD ANKER: ja dink dit sal great wees maar glo nie dit gaan gou gebeur nie, die laerskole noord suid toernooi was hierdie jaar by boys high gehou terwyl die 1ste en 2 de spanne by Affies was. Weet nie wat is die regte benamings nie maar dink die “founding members” dink ek is garsies, menlo en kloof saam met paarl gim spesifiek slaptjips wie se idee dit was. Dalk kan rugbyman of murrayfield ons reghelp.

    ReplyReply
  4. @Asterix: Dankie vir die regwys van jou en Djou. Gaan PBHS ook deel van daardie Noord/Suid rotasie word? Hulle fasiliteite ook top notch en verdien ook dan om beter geleer ken te word.

    ReplyReply
  5. Jammer Affies en paarl bois het mekaar gemis die jaar.Affies wen gim en bois wen gim. ( best of the rest) al wat ek kan sê.

    ReplyReply
  6. @OUD ANKER: Nie na hul verloor teen monnas nie. Hierdie jaar met die verloor en 1 gelyk teen oakdale is grey so gewoonlik die beste span ( Die res van top 5 is best of the rest)

    ReplyReply
  7. @OUD ANKER: Nee, weet nie waar kom jy aan jou inligting nie. Affies is maar so 3 jaar deel van Noord Suid.
    Tradisioneel het dit rondgeskuif tussen die drie skole in Pretoria naamlik Kloof, Menlo en Garsies. Maar Affies het dit die laaste 2 jaar aangebied om op te vang vir die jare wat Affies nie deel was nie.
    Die rondskuif tussen skole is juis een van die dinge wat dit lekker maak sodat die besoekende skole ook die ander skole leer ken.
    As jy dit nou net by een skool wil hou voorsien ek probleme in die toekoms – en Noord Suid kan in die hek duik weens politiekery!

    ReplyReply
  8. @OUD ANKER: Middag OUD ANKER maar jou inligting oor Noord/Suid en tradisioneel by Affies is nie heeltemal korek nie, dit was vir Affies eers onlangs gegee vir hulle 100ste jaar vieringe maar dink toe agv die Covid gese hierdie jaar kan dit weer daar gehou word, die vorige toernooie was by Garsfontein, Menlopark en Waterkloof gehou. Affies as ek reg onthou was ook nie van die begin in die toernooi nie en het nie al twee dae gespeel nie. Ek dink volgende jaar is dit weer Waterkloof of Garsfontein se kans. Persoonlik dink ek dit was baie goed by Affies gewees hierdie jaar maar dink nie die ander Pta skole sal hulle kans net weer opoffer nie.

    ReplyReply
  9. Hi. Ja die Virseker beker wedstryd tussen Waterkloof en Noordheuwel se 1ste span wat op daai dag gewen het so 3 jaar terug het bepaal wie Grey se A spanne en wie B spanne speel.. Kloof ons gewen en teen Grey A spanne gespeel.. Nogals goed gewerk.

    ReplyReply
  10. @Wonderwolf: Tradisioneel word die Noord Suid by Affies aangebied, soos die Wildeklawer tradisioneel by Diamandveld aangebied word, so eks nie seker of daar ‘n goeie rede sal wees om dit te skuif nie?

    ReplyReply
  11. @PRondersteuner: Wel Garsfontein het vir Affies en PRG geklop en gelykop gespeel teen HJS. Daai is pretty much the cream of the crop teenstanders. Garsfontein se enigste blemish is die verloor teen Monnas wat hulle kan regstel in die moontlike Noordvaal finaal.

    ReplyReply
  12. @OUD ANKER: Grey en Garsfontein was die 2 mees konstante spanne vanjaar, maar die kwessie van Garsfontein se teenstanders sal maar altyd ‘n tameletjie wees totdat hulle besluit om ‘n trip of drie Kaap, Bfn en Natal toe te maak.

    ReplyReply
  13. @Djou: Sien daar is kenners op die platform wat reeds praat oor Noord Suid bepalings vir 2023. Weet jy dalk watter skool in Pretoria gaan dit aanbied in 2023? Moet of Menlo, Kloof of Garsies wees.

    ReplyReply
  14. @PRondersteuner: Inderdaad het Grey teen Gim verloor, my fout. As Garsfontein voortgaan en die Noordvaal titel wen (heel waarskynlik teen Monnas in die finaal) gaan Garsfontein bitter naby wees om as die beste 1e span van 2022 in SA te tel.

    ReplyReply
  15. @Strepie: Seker Sean en Jonny. Hy speel ‘n groot rol in Sean se sukses. Sean het Jonny gemis toe Sean by die Leeus was.
    Op ‘n ander noot, bedoel jy die Outeniqua-game moet voor jul interskole wees?
    Indien wel, wat gemaak as Outeniqua per ongeluk sou wen? Sou die rede vir so ‘n moontlike verloor wees dat die fokus reeds was op jul interskole die volgende week?

    ReplyReply
  16. @Strepie: Ek stem saam met jou. Seuns se koppe werk anders as volwassenes. Alles het vanjaar opgebou na die interskole, want NIEMAND het Boishaai kans gegee vir die interskole na Wildeklawer en die Rondebosch wedstryd nie. Die seuns het alles laasweek gegee.
    Die interskole moes mos eintlik hierdie naweek gewees het, maar toe is daar ‘n “double booking” by die stadion. Ek wonder of daardie ander wedstryd toe ooit gespeel was, want ek lees nêrens niks daarvan nie.

    ReplyReply
  17. Verbaas oor Trio van Kroonstad se wen oor Welkom Gimnasium. Slegs Gimmies se tweede verloor in 7 jaar in Noord Vrystaat liga.

    ReplyReply
  18. @PRondersteuner: Baie geluk aan Kwaggas, julle was honger en lus vir speel.
    Volgende jaar het Boishaai n kans om die bordjies te verhang – hopenlik voor interskole…

    ReplyReply
  19. @PRondersteuner: Boishaai moes NOOIT enige wedstryde post Interskole aanvaar het nie.

    Weereens n swak besluit, soos talle ander, deur die ou regime.

    Dankie tog Sean is terug.

    So leer ons en hopenlik maak HJS nie weer die fout nie.

    ReplyReply
  20. @Djou: Ek stem 100% saam jou, is dit Outeniqua se skuld as HJS nie emosioneel opgedaag het nie? Dis waarom ek ook nooit met argumente gaan saamstem as spanne verloor, omdat sekere spelers die dag vir watter rede ookal nie gespeel het nie. Outeniqua was waardige wenners, finish en klaar.

    ReplyReply
  21. @Djou: Ja nee so het ALMAL in 2022 hul GLY gehad en ook vir Baie goeie verassings gesorg. Is daar n top 10 onoorwonne 1ste span in 2022?????

    ReplyReply
  22. Almal wat emosionele en fisiese tamheid as rede vir Boishaai se verloor aanvoer wil ek vra, waarom sekere spanne na taai, intensiewe en uitputtende reekse soos Wildeklawer en Noord-Suid wel die Saterdag daarna kon wen.
    En of die Bokke dan nou Saterdag teen die All Blacks gaan verloor vanwee emosionele en fisiese uitputting?
    Ek weet nie, ek vra!
    Miskien moet Outeniqua eerder die krediet kry wat hulle verdien, as keersy van bovermelde redes.

    ReplyReply
  23. @OomPB: Hoe gaan dit werk? Wie van Garsfontein of Waterkloof se 1e span gaan dan teen Gim of HJS se 1e span speel? Beide Waterkloof en Garsfontein sal wil aanspraak maak op die 1e span wedstryd. Hoe gaan hulle besluit watter spanne van Kloof/Garsfontein gaan teen watter spanne van Gim of HJS speel? Beide Kloof en Garsfontein is trotse verskillende skole spanne en gaan die beste wedstryde vir hulself soek. Eks bevrees ek kan nie sien hoe gedeelde wedstryde kan werk nie.

    ReplyReply
  24. Ek dink dat daar ‘n hengse gelukwense moet gaan, nie net aan Ryno vd Merwe nie en Jaco Koch nie, maar aan al die afrigters van die Onder 14 span tot by die eerstes.
    As daat holisties gekyk wors na al die uitslae het die Onder 14 span 1 wedstryd verloor. Die Onder 15 span is onoorwonne, die Onder 16 span het 3 wedstryde verloor en die 1ste Span slegs 2. As daar na die sogenaamde rankings kan verwys, kon ek nie onthou wanneer laas al Affies se spanne in die Top 5 eindig nie.
    Wat die Wit Bulle se afrigting span aanbetref moes hulle die eerste helfde van die seisoen sonder die agterste ¾ klaarkom en die 2de gedeelte sonder 6,7 en 8.
    Die seuns wat daai skoene gevul het het die met onderskeiding gedoen.
    Affies Rugby is weer baie gesond, en di3 gerugte dat die skool besig om “af te gaan” is die seisoen ter rusted gelê.

    ReplyReply
  25. Ek dink dat daar ‘n hengse gelukwense moet gaan, nie net aan Ryno vd Merwe nie en Jaco Koch nie, maar aan al die afrigters van die Onder 14 span tot by die eerstes.
    As daar holisties gekyk word na al die uitslae het die Onder 14 span 1 wedstryd verloor. Die Onder 15 span is onoorwonne, die Onder 16 span het 3 wedstryde verloor en die 1ste Span slegs 2. As daar enige na sogenaamde rankings verwys kan word, kon ek nie onthou wanneer laas al Affies se spanne in die Top 5 eindig nie.
    Wat die Wit Bulle se afrigting span aanbetref moes hulle die eerste helfde van die seisoen sonder die agterste ¾ klaarkom en die 2de gedeelte sonder 6,7 en 8.
    Die seuns wat daai skoene gevul het het die met onderskeiding gedoen.
    Affies Rugby is weer baie gesond, en di3 gerugte dat die skool besig om “af te gaan” is die seisoen ter rusted gelê.

    ReplyReply
  26. Kwaggas vs Bois was n uitstekend game. Kwaggas was net honger vir die wen. Die hele dag was n reuse sukses.

    ReplyReply
  27. @Gimnasias: Natuurlik sal dit fantasties wees, maar die hoeveelheid spanne wat Garsfontein in die veld kan stoot teen Gim/HJS/ en Grey/PRG for that matter sal altyd ‘n tameletjie bly. Hoe justify Gim/Booishaai dit om Pta toe te reis vir slegs ‘n paar van hulle spanne omte speel? En sal dit nie regverdig wees as Garsfontein elke jaar moet afreis Kaap toe nie.

    ReplyReply
  28. Ek wens Garsfontein kan een keer per jaar as n instelling teen P Gim en Boishaai speel. Lyk my daai manne is warm daarbo.

    ReplyReply
  29. Menlopark 1ste hokkiespan wen Grey College in n spannende wedstryd 4-3 in Guschkie Toernooi.

    ReplyReply
  30. @Gimnasias: in die verlede het die Kaapse skole die Burger of News24 vir klein, medium oen groot skole gespeel na interskole. Die Paarlse skole het elke jaar gesukkel met dit.

    ReplyReply
  31. @jakes: Ek glo daarin om elke game voluit te speel en speel omte wen. Sodra jy na logs en moontlike teenstander scenarios vir die volgende wedstryd kyk verloor jy fokus en male sonder tal verloor jy dan die uitklop wedstryd, so as ek Monnas is speel 100% voluit soos met elke wedstryd teen Noordheuwel en vergeet van die log en teen wie hulle in die semis moet speel. Wat Monnas sal help wat motivering betref is dat dit die groot Krugersdorp derby is.

    ReplyReply
  32. @jakes: jip… 1 teen 4 en 2 teen 3… dis geensins uitgemaakte saak nie, maar Monnas sal 1 eindig omdat hulle punte verskil groot is… al wat eintlik nog kan verander is wie is 3 en 4 tussen EG en NH

    ReplyReply
  33. @Rugbyman:hoe werk die semis? 1 teen 4 en 2 teen 3 of hoe? So dis nog nie ‘n uitgemaakte saak dat Garsfontein/EGJ in die semis teen mekaar gaan speel nie. Baie kan nog in Monnas/Noordheuwel game gebeur. Monnas kort ook net 1 bonuspunt ook om bo aan log te bly al verloor hulle. Wonder hoe gaan hul die game benader Saterdag?

    ReplyReply
  34. Die wereld is op alle vlakke bietjie gelyk gemaak deur n UITSONDERLIKE GEBEURTENIS. Maak alles tot skolerugby weer meer gelyk en lekker!

    ReplyReply
  35. @Kerveros: My gevoel is ongeag hoe jy voel oor die afrigter dink ek nie dis reg om sy naam hier te noem en hom so te verneder via ‘n skuilnaam op ‘n openbare forum nie. Hy kan homself nie verdedig nie. As jy so groot probleem met hom het gaan sien hom persoonlik. Maar net my 2 sente.

    ReplyReply
  36. @Wonder: Dit kan wees dat hulle die Kwaggas onderskat het maar glo my, as jy in so Interskole betrokke was sou jy weet wat dit uit daai seuns vat. Dis n helse opbou vir 2 weke tot die Saterdag. Die druk is ongelooflik. n Skoolseun kan net soveel hanteer. Ek het dit met Gim ook gesien. Hul het nog altyd teen Kwaggas gesukkel na Interskole. Maar die jaar toe Gim die Kwaggas voor Interskolengekry het was die wedstryd in die Paarl en as ek reg onthou was die telling 53 – 0 vir Gim. Maar weereens, ek vat niks weg van die Kwaggas se wen gister nie. Ek is bly vir hulle en dit voorspel iets goeds vir volgende seisoen in hul feesjaar.

    ReplyReply
  37. @Rugby 4 Life: Die huidige log vd top 4 lyk soos volg:

    1. Monnas – 35 (1 game oor teen Noordheuwel)
    2. Garsfontein – 35 (geen games oor)
    3. EG – 25 (geen games oor)
    4. Noordheuwel- 24 (1 game oor teen Monnas)

    Hoop dit help

    ReplyReply
  38. @jakes: Môre manne. Hoop dit gaan goed met julle. Ja Monnas nommer 1 vir Noordvaal en Garsfontein 2. Ek sien die Noordvaal lys nogsteeds nie updated nie. As ek reg onthou laaste keer wat Noordvaal log updated was 28ste Mei. Goodness gracious ouens kan iemand asseblief die log update. Mooi dag!

    ReplyReply
  39. @Kerveros: Nog een wedstryd vir almal oor, maar Rustenburg en Nelspruit in stryd om op te skuif. Onder is Ben Vorster en Zwartkop. Middelburg lê in die middel rond.

    ReplyReply
  40. @Murrayfield: Top rugby skole het verskillende rugby afrigtings. Skrum, voorspeler, agterlyn, rugby ontleders, condition afrigting ens. Al die groepe se samewerking kom op die einde by mekaar om goeie spelers te kweek en ook goeie vaardighede agter te laat aan die seuns. Skole wat nie sulke stappe volg nie sien nie hulle seuns se volle talente raak nie. In kort die environment moet geskep word om dit ten volle uit te bring.

    ReplyReply
  41. @jakes: Ek stem 100% met jou saam. Die HJS en Gim derby moet hulle laaste wedstryd van die seisoen wees. Die PBHS/Affies derby het dit bewys veral die emosie van die graad 12s voor en na die wedstryd. Ek twyfel of dit so sou wees as die 2 spanne nog wedstryde sou moes speel.

    ReplyReply
  42. Miskien moet HJS en Paarl Gim hul seisoen so reel dat die groot game hul laaste op die kalender is vir die jaar.Net soos Affies/Pretoria Boys High hul seisoen met die tradisie eindig.

    ReplyReply
  43. @kantako: het nie die fisiese log nie maar volgens gerugte en praat onder korreksie by 1ste span op die oomblik is Monnas bo, 2 Garsfontein, 3 EGJ en 4 Waterkloof/Noordheuwel. Dit kan verander na volgende naweek se game tussen Monnas/Noordheuwel. Sal volgende naweek die finale log sien

    ReplyReply
  44. @Gimnasias: Emosioneel getap? Klink vir my of Hjs die Kwaggas onderskat het,hulle was on top of the world en nou moet hulle teen die Kwaggas speel. Ek hoop nie Garsies is emosioneel getap wanneer hulle oor twee weke weer teen EG speel nie.

    ReplyReply
  45. Alle goeie dinge kom een of ander tyd tot ‘n einde. So het baie Helpmekaar seniors gister hulle laaste wedstryd gespeel vir hulle skool. Dit is ‘n jammerte dat die seuns die laaste 2 jaar onder nuwe afrigter JJ Pienaar die donker kamers van Rugby beleef het. Daar word gesè – “Goeie afrigters kan mediocre spelers goed laat lyk op die veld, so kan swak afrigters ook goeie spelers swak laat vertoon op die veld” case of point is die All Blacks. JJ Pienaar wat 3 jaar lank vir die Goue Leeus gespeel het kon nie sy vaardighede as rugby speler oorskakel na afrigter toe nie. Tog het die skool hom geback en hom die goue staaf oorhandig om met die seuns se toekoms te speel. Die twee afrigters wat laat gaan is om plek te maak vir JJ Pienaar is in beheer gesit van die onder 14 en onder 16 spanne. Beide die spanne het die boonste leer van skole rugby in die Noord Vaal reeks beklee terwyl die senior spanne nou die laagste trappie van Noord Vaal beklee. Die Vibe van die skool se rugby is nou ook daarmee heen. Die eens trotse onder 14, onder 15 Virseker kampioene van Helpmekaar is stukkend. Die goeie afrigting van goeie spelers is gedaan gemaak. Die senior seuns se geesdrif vir Rugby is heelwaarskynlik geknak. Die seuns wat Matriek klaar maak die jaar se selfvertroue is seer gemaak en die meeste is klaar met rugby na skool. Rugby as geheel word erg seer gemaak dat enige persoon ‘n boksmart kaart kan kry om af te rig. Dan moet nie die direksie van Rugby onder Eugene Marais vergeet word nie. Onder sy leiding beklee Helpmekaar wel die boonste trap van die Noord Vaal rugby. Te danke aan die onder 14, onder 15 en onder 16 spanne. Die cream of the crop senior spanne, het misluk gefaal op en van die veld.

    ReplyReply
  46. @Jakkals: Groot wen vir ‘n great afrigtingspan en top skool!

    Rugby het ‘n manier om jou nederig te maak!

    ReplyReply
  47. Kwaggas het maar volgens my n gemiddelde span die jaar maar ek het die week vir n Kwagga pa, wie se seun in die die o/16A span vandag gespeel en ook gewen het gese dat hul n goeie kans het om te wen want Boishaai is wmosioneel getap na Interskole. Volgende jaar het die Kwaggas n goeie span sover ek weet en Boishaai het n hele paar St 9’s hierdie jaar in hul span so volgende jaar sal dit ook n baie goeie game wees tussen die 2 spanne. Maar well done aan Kwaggas, dis n great oorwinning.

    ReplyReply
  48. @Jakkals: HJS Paarl het ook baie spelers in SA o18 spanne. Maar almal het vandag gespeel. Die spanne kom eers 14 Aug bymekaar.

    ReplyReply
  49. Dit lyk of EGJansen en Garsfontein mekaar oor twee weke weer in die semis van Noordvaal gaan aanpak. Afhangende van Monnas/Noordheuwel game volgende naweek. Semis gaan baie harder wees

    ReplyReply
  50. @Wondermaar: Nee, Garsfontein het nie teen Grey gespeel nie, MAAR het net teen Monnas verloor sover en ‘n paar groot kanonne, Affies en PRG geklop en gelykop gespeel teen Paarl Bois. Ek sê wel tot DUSVER die seisoen dink ek Garsfontein is 2e beste 1e span rugby span.

    ReplyReply
  51. Well done aan Garsfontein, heel waarskynlik na Grey, die beste 1e span skole span in SA tot dusver die seisoen. As dit nie vir die verloor teen Monnas was nie sou hulle hard saam Grey geblaf het.

    ReplyReply
  52. PBHS vs Affies, 2e oudste skole derby in land. 15000 plus toeskouers vandag op Brooks. Wedersydse respek tussen spelers en toeskouers. Affies klop PBHS redelik maklik 54-19, maar PBHS speel met die tipe guts tot die bitter einde wat enige PBHS ondersteuner bitter trots sal maak. Nogmaals ‘n fantastiese advertensie vir skole rugby in die algemeen en derby rugby spesifiek. Well done Affies vir die wen, well done Candies vir julle guts.

    ReplyReply
  53. Selborne 33-13 Dale. What should have been a great game was spoiled by unsportsmanlike behavior by both teams and the crowd. A very ugly game to watch.

    ReplyReply
  54. :lol: Eks baie verbaas Kwaggas het gewen…veral oor n paar van hulle ysters by die SA O18s betrokke is…HJS is seker nog emosioneel en fisies moeg na laas week…

    ReplyReply

Leave a Reply