Live on SuperSport
# | GREY COLLEGE | PAARL BOYS HIGH |
---|---|---|
1 | Andrew du Plessis | Thomas du Toit (c). |
2 | Martin Wipplinger | Daniel du Plessis |
3 | Ruan Kramer | Derrick Marais |
4 | Dylan Harlen | Matthew le Roux |
5 | De Wet Bezuidenhout | Hein Kritzinger |
6 | Luan Reynders | Charlton Jonas |
7 | Marius Louw (c). | JJ van der Spuy |
8 | Andries Kriek | Charl-Francois du Toit |
9 | Heinrich Sander | Paul de Wet |
10 | Dwayne Wessels | Stephan Gouws |
11 | Henry Immelman | Ferlin Vers |
12 | Carel Durow | Luan Boshoff |
13 | Stephen Rautenbach | Curtley Grain |
14 | Theo Ferreira | Keenan van Wyk |
15 | EW Viljoen | Dante van der Merwe |
@Galpil: Welkom terug my Galpil pel. Sterkte vir 2014 en hoop dit gaan sommer goed gaan met jou!
@Galpil: Seenwense vir jou ook
@BOG: Whatever. Dit was net n regstelling van n o/14 game se score
@BOG: Om teen Grey te wen is n groot prestasie, en dit is n kompliment . Ek geniet dit as die seuns daar speel. Ons het nou 3 jaar in n ry daarheen getoer (o/12 , o/13 , en o14) Dit bly n hoogtepunt. Ek het niemand herinner nie, net n regstelling gemaak.
@Queenian: 1948 seems to be quite a historic year. Even Speartackle/ Andre T has tried to convince me that GCB lost that hear to Vrede for the Fichardt Shield. I do know Connaught House- I had lunch there . @rugbyfan: Safari Suits, came after 1948, in crimplene.Brylcreme for the hair and an aliminium comb, were important fashion accessories. I know, because that was my era, but that particular craze never tickled my fancy.@Galpil: Moenie dat ek jou begin herinner aan n paar tellings nie- ek kan!
@PaarlBok: Dis hoogtyd
@BoishaaiPa: Ek is nou eers 2 dae op die forum Ek lees al die ou nuus en vang maar op, al is dit 8 maande later. Ek help maar net die ou reg met die telling. Niks daarmee fout “if you know what i mean”
@Queenian: Most likely found they played in “Veldskoene” and kaki safari suits.
@BOG: Of interest speaking about history did you know that in 1948 there was a tournament held in Rouxville for smaller schools 1st teams were Grey was represented by a Koshuis team and Queens by a team from what was know in those days as Old Connaught and dew to 4 teams not arriving they landed up playing each other 3 times in 2 days and all 3 games were drawn 0-0 and the 3rd day was spent fixing buildings at the Rouxville school which had being damaged in a Tornado 2 months earlier.
@PaarlBok: Jammer van die jonger spanne-miskien skep hulle nog moed
@BoishaaiPa: Kan nie wag nie. gaan awesome wees. 8)
@PaarlBok: Pasop..jou wens word dalk binnekort waar!…
Dammit het nou net gedink dat Grey uiteindelik die sewe jaar droogte opgeskort het om teen Gim in 2014 te speel.
@BoishaaiPa: n Demonstrasie van die gesegde, “ou koeie uit die sloot grawe”@Galpil: Wat was die telling tussen die O14 C span in 1958?
@Galpil: Eish ou Galpil..ek weet dinge daar aan die Weskus gebeur stadiger as hier by ons, maar 8 maande na die tyd vir n antwoord?…
@BOG: Die o/14A telling was HJS 43 vs Grey 6
@BoishaaiPa: Dit wys slegs dat die WP spanne nie noodwendig die TOP Vaal spanne pak nie. Baie insiggewend is dat 6 van die Top 10 spanne waar krag teen krag geevalueer word, Tjampions League, kom van die Vaal area. Dus menere top rugbyskole in die land beslis in die Noorde van die land. Dankie NVBU.
@Rooikat: n Rooikat is nie ‘n diertjie om mee te speel nie. Los nou die ding se stert uit. Volgens die NoordVaal bloggers Unie se ranglys domineer die Noordvaal spanne, gemaklik
@BoishaaiPa Waar krap jy al die statistiek uit? Baie dankie dis regtig insiggewend. Waarom dink jy vaar die Wes Kaap beter ten spyte van ‘n laer bevolking en minder geld as die Noorde? Kyk bv na Johannesburg nie een skool uit die groot stad in die top 10 nie.
Wat ook natuurlik spreek van die Wes Kaapse dominansie is die feit dat hulle posisies 3 tot 6 beklee wat nogal indrukwekkend is.
@Queenian: No JJS boys but there was 1 Queenian so thanks
You see the JJS boys go to Queens and the Queens boys go to GCB
@BoishaaiPa: WP with Paarl Gym/Boishaai/PRG and maybe count in Bishops and a few others have alot more depth than most.
@BOG: How many of the JJS boys were playing i recon the Paarl Boys must have had a lot of items missing out the changing room afterwards.
@BoishaaiPa: Dankie BHP. Baie interesant. Vir ons NV SBR ondersteuners natuurlik nie lekker om die statistiek te sien.
@Woltrui: En hier is nog n stukkie statistiek wat ek vir jou het….Ek het al die uitslae van die meeste Top 50 skole die laaste 5 jaar. In 216 wedstryde gespeel tussen al Wes-Kaap(WP, Boland en SWD) en NoordVaal skole (Dis nou Bulls, Valke, Lions, Pumas ens) wen WK 131 en NV 85.
@Djou: Dis die skole oor al die ranglyste wat laaste 5 jaar die mees gereeldste in Top 20 was. My eie een bevestig presies dieselfde.
@Woltrui..Dit is miskien waar vir 2013….Onthou jy wys nou net n paar topskole uit…Daar is nog baie ander wat ook teen mekaar speel….maar kom ons gebruik Wildeklawer as n maatstaf. Sedert 2009 was daar 34 Wedstryde tussen NoordVaal en Wes-Kaap spanne. WK wen 18, NV wen 16…baie gelykop.
@BHP: Is dit volgens jou formule-ranglys, of volgens ander ranglyste ook?
@Rooikat: Rooikat weens Wildeklawer en Maritzburrow se 150st kon nie veel Noord suid spanne die jaar teen mekaar speel nie. Die spanne wat wel gespeel het dui op ‘n besliste wen vir die Gauteng spanne. Kloof klop Boishigh. Affies klop Paul Roos. Transvalia klop Oakdale.
In die “SBR combo rankings-18 May 2013” op die SBR web werf, waar ranglyste gekombineer word om op ‘n gemideld te kom, is daar 8 Noordvaal spanne in die top 20. 4 Spanne van die WP. In die top 10 is daar 5 Noord Gauteng skole en op verstek 3 WP skole.
Ek verwys jou dan ook terug na die wyse Griek Euclesiasis se goue reel. 8)
Dankie vir die stats BoishaaiPa. Lyk my ek het toe nie kat aan die stert beet nie. Woltrui trap nog net meer klei met sy verduideliking hoe die Noorde se skole onder mekaar verloor maar verduidelik nog nie waarom die Wes Kaap meer in die top 20 het met minder geld en getalle in die streek nie.
@BOG: Nee Bog in Pretoria word hulle ook voorgetrek want die BB refs ook altyd pak slae gekry by Affies. Dus waar Affies ook deelneem refs teen hulle.
@Tjoppa: O ?, maw dit sluit al die wenne in Pretoria in ? Hoe verklaar jy dit? Het julle dan altyd VS refs “ingevoer” vir die wedstryde daar ? (Di nou die wie nie internasionale blasers geword het nie)
@BOG: Geluk met die wen. Julle het uitstekend gespeel in daai eerste stansa, Gim sou swaar geleef het teen julle saterdag. Ons het stoom nou verloor.
@PaarlBok: Ou Boks, ek gaan jou ignoreer vandag. Dit is soms die beste manier om n stout kind te hanteer. Vang n middagslapie.
Bog= Grey Bloem met die mond saam op die forum maar EW Viljoen = Grey Bloem op die rugbyveld.
@BOG: Nee ek verwys na GESKIEDENIS ouer as 1 jaar Bog. Om so ‘n stelling te maak vir een mistykie sal selfs my omkrap. Geskiedenis word nie oor slegs een jaar geformuleer nie. Hoe dan nou Bog?
@Tjoppa: Eerste wysheid uit jou mond. Ek neem aan jy verwys na die GCB / Affies wedstryd? Mooi man- jy kom reg!@BoishaaiPa: Ek hoop julle het die hokkiewen geniet. Ek het gehoor dat die hokkieprobleem aangespreek word.
@rugbyfan: Behalwe as jy in Bloem speel.
@PaarlBok: Dankie, maar ons het sommer ons eie guts gewys…Die Gimmies kan vir eers hulle sn hou.
@Rooikat: Maar Katje jy behaal net sulke resultate as jy beestrokke het om die regte kudde aan te ry. Boland Landbou het heelwat minder seuns en behaal ook uitstekende resultate. Het juis aan Ploeg gese ons moet een of twee trokke koop vir die skooltjie. Ek verneem hul stalle is reeds vol maar is seker hul kan ‘n paar dailys akkomodeer. Hoor juis daar is grond neffens Alfons uitgesit vir nog stalle in 2015.
Geluk ook aan Boishaai se 1ste hokkiespan met ‘n groot oorwinning!
Geluk aan Bog=Grey Bloem se span. Goeie oorwinning en het gedink na 20 minute hier kom ‘n halwe ton! Krediet vir Boishaai wat pragtig terug geveg en Gimmie Guts gewys het. Pragtige wedstryd en ‘n advertensie vir skole rugby.
Well the best team always wins
@BoishaaiPa: Amper op my rug geval toe ek sien daar is 2 OVS skole in bg ranglys. Na betragting gesien dit is OVS en Griekwas saam
Skole soos HTS Middelburg, Kempton Park en Centurion stof gereeld die groot Noordvaal skole soos Kloof, EG en Monnas af. As voorbeeld het Kempton Park en Centurion laasjaar vir Monnas, EG en Kloof getroef in ondermeer die Nu Power – en Beeld trofee. Die laaste wedstryd tussen Affies en HTS Middelburg in 2010 is deur HTS in Pretoria gewen.
Onthou die goue reel van die wyse Griek Euclesiasis: When in doubt. Always go with the team the furthest from the coast. Preferable the team opposite the Vaal river.
@Woltrui: Wollies..Volgens die laaste 5 jaar was die volgende skole die mees gereeld in Top 20 gewees….
Team
Grey College
AHS (Affies)
HJS Paarl
Paarl Gim
Paul Roos
Outeniqua
Waterkloof
Noord-Kaap
Monument
Glenwood
Grey PE
KES
Boland Landbou
St Andrews
Selborne
Maritzburg College
Bishops
Rondebosch
HTS Drostdy
EG Jansen
Dus 5 Noord-Vaal skole (Affies, WK, KES, Monnas en EG)
8 Wes-Kaap skole (HJS, Gim, PRG, Out, R’Bosch, Bishps, Dros, Bol Landb)
2 KZN Skole (GW, MC)
2 OVS/Griekwas Skole (Grey en NK)
3 OosKaap skole
@BOG: Het haar glad nie sien blaas op die A-Veld of die Oval nie..Sy kon dalk “gerelegate” gewees het daar na die agterste velde, maar ek het haar glad nie gesien nie!..
@Rooikat: Rooikat ek dink jy het die (rooi)kat aan die stert beet tov Gauteng skole. Tov top 5 skole produseer Noordvaal gereeld 2 of 3 spanne. Boland 2 of 3 spanne en Vrystaat 1 span. Nie regtig Kaapse skole in die top 5 vir die afgelope 15 jaar of wat. In Gauteng en Noordvaal area is daar, net soos in die groter Wes Kaap streek, puik rugby skole. Buiten die bekendes wat jy genoem het lewer die volgende skole ook puik spanne op: Centurion, Menlopark, Eldorain (hierdie jaar bietjie af), KES, EG Jansen, HTS Middelburg, Nelspruit, Ben Vorster ensovoorts ensovoorts (Nog hordes wat ek kan noem) Vermoed getalle gewys is daar baie meer skole in Noordvaal wat kompeterende spanne lewer as in die Wes Kaap.
@Rooikat: Hoor dat Grey A ook n klomp Bokke opgelewer het!
@BoishaaiPa: Hoe het daardie O15 ref van twee jaar gelede, “perform” Saterdag?
@Tjoppa, gegewe jou kennis oor die Gauteng rugby het ek die volgende vraag aan jou, iets waaroor ek al baie gewonder het.
Waarom produseer Gauteng so min top rugbyskole. Tans is dit net Affies, Kloof en Monument wat regtig gereeld in die top 5 eindig. Gegewe Gauteng se hoe bevolking en geld vir ontwikkeling van sport is die logiese afleiding dat rugby veral in Pretoria onder die oorhoofse bestuur van die Bulle goeie rugbyskole sal oplewer.
Dan is daar nog die tendens soos ek van die kommentaar hier aflei dat baie van die goeie Gauteng spelers van Kaapse skole kom soos iemand opgemerk het oor die Garsfontein span.
In vergelyking hiermee produseer die Kaapse skole en selfs Grey B op sy eie meer goeie spelers as die Gauteng skole.
Well done Grey
@Tjoppa en Djou ek stem saam met julle Kloof het verseker die beste wedstryd van hul seisoen gehad en soos ek verstaan moes hulle die wedstryd wen (maar was nie daar nie so ek sal nie weet nie) Tjoppa ek is ook nie ‘n Gimmie nie en het geen verbintenis met die skool nie, maar van al die top rugby skole in die land is Gim die een wat ek die meeste respekteer bloot omdat die skool slegs ongeveer 581 seuns het en teen ander skole wat meer as 800 seuns het suksesvol kompeteer. Hierbenewens is die skool ook nog in ‘n radius van 40km van drie ander vooraanstaande rugbyskole gelee, derhalwe is die kompetisie om spelers te werf straf.
Dus Tjoppa raak ek nie grootgat oor my skool nie maar dit staan soos ‘n paal bo water uit dat Gim die jaar tot op hede geen twyfel gelaat het dat hulle die beste span is nie. Hul oorwinnings was ook oortuigend veral die een oor die Kwaggas wat ek dink die tweede sterkste span is die jaar. Gim kan soos enige span volgende week verloor maar teen die top skole het hulle reeds hulself bewys. Dis jammer dat Gim nie by die twee rugbyweke teen Affies of Grey B gespeel het nie, laasjaar het hulle juis Grey B by so week 45-28 geklop. Gim kan volgende jaar moontlik ‘n swakker jaar beleef dis mos maar hoe dit gaan hul onder 16 groep lyk juis nie so sterk nie.
Ek het geen pyne met Kloof nie gee maar ook net my nederige opinie op grond van die resultate.
@BoishaaiPa: Good to hear .
@Tandem: A great time was had by all yes!…Miskien nie die seccies nie, maar ons ondersteuners het weer lekker gekuier saam met die OG’s. Ek eers vanaand net voor 6 hier in Kaap aangeland. Darem nie te uitgeput nie…n man leer darem deur die jare hoe om die naweek te benader.
@Tjoppa: Tx, for that. 3 weke dan!
@Djou: Ongelukkig bot toe gemoker oor die bietjie wat ek reeds laat val het. Maar het Beet belowe hy sal voor al die ander die wonderlike nuus met almal kan deel.
@Tjoppa: Jip, so ook die Ploegskare. Maar wat van daardie wenk? Of is jou lippe gesnoer?
@Djou: So ook ‘n Boland Landbou in die Kaap.
@Rooikat: Soos Tjoppa is ek ook nie ‘n Klofie-ondersteuner nie. Maar indien enige span tot 7 van sy 1stespanspelers verloor, gaan die resultate ook maar broekskeur gaan teen ander topspanne. Waterkloof het die beserings nooit as verskoning gebruik vir hul wankelrige vertonings op Wildeklawer en teen Noord-Kaap nie. Maar hul vertoning teen Garsies en Affies – met nog nie eens al hul spelers terug nie – is ‘n baie beter weergawe van die spelers se vermoëns.
@BOG: Tannie Emsie wil my nie gelyk gee nie. Ek dink sy wil net geld maak hier by ons. Toe ou buurvrou Maandag met die laaste lesing opspring en skreeu die Uwe en Goerge van no 16 is varke en sal dit vir altyd bly toe se Antie Emsie elke mens het goed in hom. Ou buurvrou antwoord sewe stem tone te hoog terug. As dit so is is ons sin so diep weggebere en na ses en setig jaar in elk geval in sy moer in. Dit net oor ons haar bleddy kat wat die biltong nie wil uitlos nie met Nair gewas het. So ‘n stuitige ou vrou. Maar miskien is sy tog reg he Bog.
Did Boishaai Pa had a good time in Bloem ?
@Rooikat: Meneer, as dit jou beter gaan laat voel, ek is beslis nie ‘n Waterkloof ondersteuner nie, maar ek beskou myself as gevolg van verskeie redes as redelik ingelig betreffende hoerskool rugby veral in die Gauteng. Maar terselfde tyd leer ek elke dag en beskou my dus ook nie as ‘n kenner nie.
My stellings weereens Waterkloof het in drie dae die twee top skole spanne in die land aangedurf met ‘n erg ontwrigte span. Hul spel die afgelope twee weke toon beslis ‘n duidelike opwaartse kurwe waar ondersteuners van Kwaggas en Paarl Gim weer ‘n afwaarste kurwe bemerk. Dit is ‘n lang seisoen en waar min skole diepte het waar beserings geen effek gaan he op die spelpeil van spanne nie.
Dus geen verskonings vir Kloof se spelpeil nie. Maar onthou die woorde, om grootgat te raak oor jou skool sit jy jouself net op om ‘n groot verleentheid te ervaar. Die manne van Kloof hanteer die teleurstellings volgens my met waardigheid. Hoop nadat dit met jou gebeur gaan jy dieselfde karaktertrekke ten toon stel.
@BuffelsCM: Ek moet my hoed afhaal vir julle afrigters,.. ouers wat die groter prentjie sien!!!! nou vra jy baie,…almal glo mos hul seuntjie is die volgende Springbok ,…baie al gewonder of hierdie ouers se optrede nie ‘n produk van hulle onvervulde drome is nie,..maar dan het ek ook al ma’s ervaar wat jou oe sal uitgrou as jy iets verkeerd se van haar seuntjie,…dan is my teorie nie geldig nie. Dit is seker maar die minder lekker deel van die skoolsport,…jammer dat die optrede soms selfs die grense van ” common ” oorskry,…funny game die rugby!!!!
@Tjoppa Dis altyd vir my jammer as mense op hierdie internet forums nie kan redeneer nie en dan ander persoonlik probeer aftakel soos jy nou na my as ‘n outjie probeer verwys. Hou by die feite dis die wyse waarop ingeligte mense argumenteer los maar die persoonlike aanvalle. Gelukkig was die wedstryd teen Gim op tv uitgesaai en almal kon sien Kloof was nie opgewasse teen Gim nie. Jy praat van 3 dae en 2 wedstryde al die spanne het die program gevolg en baie ander spanne het in die tweede wedstyd skaflik vertoon. Wat is die verskoning teen Outeniqua Kloof was mos uitgerus vir die eerste wedstryd?
Wat is jou verskoning vir Kloof se verloor teen Noord Kaap? Ag nee wat aanvaar dit maar vriend Kloof beleef ‘n swak seisoen en is nie op die standaard van sommige vorige jare nie. Selfs jul hulp afrigter Naas Botha het op tv erken die span het swak gevaar by die wilde klawer naweek.
@Predator: Ek stem 100% saam met jou! En weer: jammer as ek verkeerd oorgekom het – ek is nie so ‘n mens nie. Ek probeer regtig ten spyte van alles die kinders voorop stel!
Ek is seker dat die groot skole ook baie kritiek kry. Ek rig af by ‘n “gewone skool”, m.a.w geen groot name nie ens, maar is altyd trots op wat die skool bereik en wat dit vir my “gewone” kinders beteken!
Ek het ook op my dag ‘n bietjie rugby gespeel en die kinders is vandag regtig bevoorreg met al die fasiliteite ens wat aan hulle gebied word. Die bietjie wat ek in rugby bereik het, was deur harde werk (wat volgens my steeds die belangrikste is!) en ongelukkig nie wat ek op skool geleer het nie. Ek was bevoorreg om na skool uitstekende afrigters te gehad het!
Almal kry egter nie daardie geleenthede nie!
Daarom glo ek dat die ouers en kritici wat teen die kantlyn staan ook ‘n bietjie meer moet terugstaan en na die groter prentjie kyk: hulle is “after all” slegs kinders en rugby of enige sport is nie die ” be all or end all” van alles nie!
@BOG:…….. diep ou BOG,…. baie diep!!!!!
@BuffelsCM: ‘n ” Awesome ” skool met baie goeie fasiliteite vir kinders om sy potensiaal ten volle te ontwikkel. ‘n Groot ” effort ” word deur die personeel van hierdie skool ingesit. Ek is ‘n trotse ouer van Outeniqua en het baie respek vir die effort wat al die top skole insit om die kinders ‘n geleentheid tot ‘n goeie loopbaan te gee,…’n ondankbare werk waar kritiek meestal die botoon vier,..dis jammer!!!!
Jy kan al die mooi dinge aan hulle voorhou, maar as hulle 6 uur per dag blootgestel word aan sogenaamde “sterre” van watter aard ookal, wie se gedrag n vark sal laat bloos, sal hulle binnekort soos n vark gedra. En soos ek altyd se, dan is dit amper te laat, want jy kan n vark in laventel bad, pienk linte aan sy ore vasmaak, hy bly n vark. Hy (of sy) word nie daardeur n Franse poedel nie. Nou, hoe is daai vir filisofie? Eintlik net dekselse common sense, ne?
@BOG: Ja Bog dit is ‘n mondvol maar definitief goed om te lees: gaan dit beslis hou vir toekomstige gebruik.
Ek het onlangs iets gelees wat Nathan Sharpe geskryf het: “Tough times don’t last, tough people do”. Baie kort, maar volgens my baie kragtig !
Laat ons nou nie te filosofies raak op die Sondag nie! Mens moet maar voortdurend aan die seuns werk – nie net fisies nie maar in hulle koppe ook – soos jy genoem het van die O/14s se koppe
@BuffelsCM: Ek weet ek het die volgende al verskeie kere hier geplak, maar ek dink dit sluit mooi aan by dit wat jy noem hierbo en jy sal dit moontlik waardeer.Dit is n aanhaling van Lou Holtz, hoofafrigter van Notre Dame Univ. in die VSA.: Ability is what you are capable of doing. Motivation determines what you do.Attitude determines how well you do it. What is attitude? It is the inward feeling expressed by behaviour. Its the “advance man”of our true selves. The roots of attitude are hidden, but the fruit is always visible. Your attitude is your best friend or worst enemy. It draws people to you or repells people from you. It is never content until it is expressed. Attitude determines your success or failure in life. It is a choice, and your attitude is never based on circumstances” Kry n jong mens om dit te verstaan en hy of sy is halfpad na die wenpaal.
@Predator: Goed dankie – ek is bly as jy dit so sien!
Dit bly ‘n ondankbare werk en ek weet ook nie wat die oplossing(s) is nie. Ek weet die Unies probeer op skoolvlak reeds skeidsregters “kweek”. Dit is dalk die regte pad om te volg. Sodoende kan jonger manne op laer vlakke reeds leer en hopelik die leer klim as skeidsregters. Ek voel net dat sommige skeidsregters nie meer kan bybly by die pas van die seuns nie.
Nog iets oor Outeniqua. Die eerste keer dat ek die skool besoek het, was jare gelede vir ‘n tennistoernooi. Ek was verstom oor die fasiliteite – dit het vir my soos ‘n klein dorpie gelyk. Ek glo ander groot skole lyk ook dalk so. Ek hoop die seuns (en dogters) waardeer wat hulle daar het !
@Djou: As ek na die scores kyk oor die laaste paar weke kan ek duidelik sien dat van die spanne laer af op die ” rankings ” baie beter rugby begin speel het en die top 5 glad nie rustig kan slaap nie. ‘n Goeie refleksie van hoe ” tough ” die premier liga geword het. Hoop die seuns se lywe kan die “punishment ” nog vat vir die volgende 4 maande,… nogal “scary ” as jy daaraan dink!!
@BuffelsCM: Het dit definitief nie as ‘n aanval op die Kwaggas se week gesien nie,maar dankie vir die positiewe kommentaar. Die sport van rugby het so kompeterend geword en veral op skoolvlak ( dit het ‘n groot impak op die beeld van ‘n skool ) dat die professionele benadering wat deur die skole toegepas word geweldig druk sit op ander aspekte van die sport ( bv, skeidsregters , organiseerders ) en om nie eers van die borge te praat nie. Ek voel partydae dat ons die hitte net so bietjie moet afstel sodat die seuns net die sport kan geniet,… op hulle vlak “anyway”. Seker ‘n onmoontlike taak in vandag se tye,..ek glo ook dat daar te vroeg te veel druk op die seuns geplaas word om te presteer, en dit het sy kop begin uitsteek toe hulle beurse aan seuns begin toeken het om rugby te speel, ( daar is ‘n onderliggende druk op hierdie seuns om ten alle tye 110% te presteer ),..hoe dan nou anders ook,…hulle het dan geld op jou bestee!!!,..en dis in my opinie die slegte kant van waar skoolrugby hom vandag in bevind.
@Tandem: You sound a bit dissapointed in their selections, Remember that this happens all over SA. In every province there is certain schools that dominate the trials for Cravenweek. Certain schools perform well against the best schools from the other provinces and I believe this tends to influence the selectors with a bias towards the players of that performing school. Cravenweek should not be the only platform anymore where the boys can show their skill. There are too many very skilled players that are not chosen for whatever reason they can find. I have witnessed, spoken to many a selector and attended quite a few trials from U/13 to U/18 in my life and I believe that this fenomenon has not changed in the past 20 years that I have passionately followed schoolboy rugby. It is sad but true,……it is time that SARU lay down new rules and methods ( dont know if any exists anyway ).
@Predator: Terloops, ek het nog altyd vir die seuns gesê dat al word die verkeerde beslissing gemaak, hulle dit nie kan verander nie. Dus aanvaar dit en moet nooit met die skeidsregter terugpraat nie. Hy het die finale sê op die veld. Dit bly steeds my uitgangspunt.
Ek was ook op ‘n stadium ‘n skeidsregter en weet watter skerp tonge daarbuite is !
Probeer net verstaan wat ek sê asb. Dit is geensins ‘n persoonlike aanval op die Kwagga Week nie.
@Predator: Ek weet dit is ‘n ondankbare werk – daarmee stry ek nie !!
Die organiseerders is bewus daarvan en ek weet hulle hande is afgekap en kan nie die skeidsregters “beheer” nie. Heelwat van ons het met Wium en die ander manne gepraat (in ‘n goeie gees – vra hom self)
Jy is reg dit is ‘n puik georganiseerde week! ‘n Mens kan nie egter nie daarvan wegkom dat ‘n skeidsregter wat nie op standaard is nie, ongelukkig ‘n bepalende faktor in ‘n wedstryd kan wees. As hy egter 30 meter agter die spel is en verkeerde beslissings maak, kan dit mos nie reg wees nie.
Jy is reg: ons werk aan ons foute en die kommentaar hierbo het van die ander span se afrigters gekom !
Terloops, op die terrein van die Kwaggas is daar orals die mooiste “spreuke” (ek weet nie hoe om dit anders te noem nie) en die een wat ek nou gaan noem, gebruik ek steeds as motivering vir die seuns:
“Ek kan…, ek wil…, ek het reeds begin…., ek het onbeperkte potensiaal” Dit is iets wat ek nooit sal vergeet nie en is volgens my besondere inspirerende woorde !!
@BuffelsCM: Dit is amazing dat die skeidsregters altyd “useless”, skelm, blind, gewetenloos, en al die ander kru woorde wat nog uitgedink is. Die kommentaar kom 99% gewoonlik van die verloorspan se coach of ouers. In my opinie het ‘n ref ook ‘n goeie of slegte game soos die spelers. HY KAN NIE ALLES SIEN WAT GEBEUR NIE, ek het al myself wys gemaak dat die ref blaas wat HY sien en nie wat JY sien nie. Dit gaan my verstand te bowe dat hierdie ouens nog bereid is om te blaas , want nerens anders op die aarde word jy soveel herinner aan jou tekortkominge as op die rugbyveld nie. Die Kwagga week is ‘n baie goed georganiseerde sport toernooi deur Outeniqua en derhalwe gebruik ons die SWD unie om die skeidsregters te voorsien vir die week.SWD se skeidsregters doen presies dieselfde kursusse en skryf dieselfde eksamens as die res van Suid Afrika ,…….vat jou verloor soos dit ‘n goeie sportman betaam en gaan werk aan die foute wat jou die game gekos het,…dit geld eintlik vir die coaches en ouers ook. Ouers is ‘n groot bepalende faktor in die manier hoe ‘n kind leer om nederlae te verwerk.
@Predator: Dit is waar. Maar met Kloof wat nou bykans al hul beseerdes terug het (ek meen dit was bykans die helfte van die span wat uit was), is hulle ‘n totaal ander span as die een wat by Wildeklawer gespeel het. Mens kon die groot verskil tussen 1ste en 2de spanspelers reeds in hul wedstryd teen Garsies sien. En hul kaptein is steeds uit (ek weet alle spanne het beserings, maar dit het die Klofies baie erg gery). Dink tog as al die Klofies beskikbaar is, hulle nou goeie teenstand kan bied vir die Kwaggas.
@Djou: Kwaggas het Waterkloof alreeds oortuigend geklop. Affies is die enigste top span wat nog nie teen gespeel is nie.
@BuffelsCM: Ek het elders oor die O 14 iets gese. Ek dink dit gaan meer oor n “kop probleem” eerder as n gebrek aan vaardighede. Maar, klaarblyklik het Boishaai n besonderse groep O 14s( Drie vd 4 verlore was O14 spanne) Na George, het die span 17-0 voorgeloop teen Monnas, maar 17-34 verloor( met etlike beserings) Gister, het hulle met 6-0 voorgeloop teen halftyd, maar met daardie telling verloor. Dan kan daar sekerlik n paar vrae oor ingesteldheid, gevra word? Of is ek verkeerd? Ek is die laaste ou wie sal ontken dat daar probleme is met skeidsregters, en dit sien ons op die hoogste vlak. Hoeveel erger is dit nie, namate mens na die “laer” spanne beweeg nie. Maar om die VS (en SWD) uit te sonder, is om werklikhede te ignoreer.@Tjoppa: Ongeag waar hulle op die “ranglys” eindig, sal hulle prestasies vir meeste skole steeds as baie suksesvol beskou word. Dit wys maar net met watter hoe standaarde hulle gemeet word. Ek dobbel nie, maar miskien moet ek n uitsondering maak. Watter 6 nommers sal jy NIE speel nie.
@gimmie: Gimmie I thought you know : WP see PRG as a WP young academy . You don’t need to be good to be selected by WP as long as you are associated with PRG .Merit is not something you should expect please .
@BOG: Bog, geluk met Grey se klomp oorwinnings! Ek het nog nie die wedstryd gekyk nie en kan dus nie kommentaar lewer nie. Toe ek sien daar is 44 Grey spelers in die CW-proewe, het ek gewonder hoe dit moontlik kan wees. Nadat ek die reuse-telling gesien het waarmee die Cherries gewen het, verstaan ek hoekom !
Ek kan nie verstaan wat met julle O/14s aangaan nie. Ek het gedeeltes van hul wedstryde op George tydens die Kwagga-Week gesien en hulle het my beïndruk. HJSP was ook goed gedurende die toernooi maar ek het nie gedink daar is so ‘n groot verskil tussen die spanne nie.
Nogmaals geluk.
Ek dink ek het dit alreeds hier genoem maar wil dit net weer beklemtoon: die SWD-skeidsregters is beslis nie goed nie – wel die wat tydens die Kwagga Week geblaas het, ten minste nie ! Die organiseerders is ook bewus daarvan maar ek weet nie wat hulle daaraan kan doen nie. Iemand het gehoor dat die hoofborg ook daaroor gekla het. Ons weet hierdie toernooie kan nie sonder borge oor die weg kom nie. As 1 man egter 30 seuns (maak dit 44 seuns) plus afrigters en ondersteuners se dag bederf is dit regtig sleg !
Soos een van ons teenstanders se afrigters na 1 v d wedstryde vir my gesê het “Ons het seker vandag die mees “useless” skeidsregter van die dag gehad, min wetende dat dit op die ander veld net so gegaan het !!
@Hanswors: Maar moet se die hele Klofies agtal het gister met oorgawe gespeel. Die 2 en 8 ook goeie games gehad. Maar ek dink op ses min te kies tussen J en Derrick van Affies maar op sewe net een keuse. Klofies se 8 het gister ook baie beter gevaar as sy opponent. Ja hulle kan nie se hulle is nie gewaarsku nie.
@tJOPPA: Ek stem samm daardie 2 Joyce boeties is masjiene…….. ek het nou 3 wedstryde hulle sien speel en jy ver moet gaan om beter grinders as hulle te kry……
@Rooikat: Jy sien julle outjies wat net hier en daar stories hoor en dan vir die ore ‘n lyh aan lieg. Geen ander span sou Paarl Gim en Kwaggas in drie dae aanvat en veel beter speel nie. Teen Gim het die game eers gedraai nadat daai Joyce ystertjie afgestuur is. Besering gaan ek nie noem want dit was op die dag die beste wat Klofies gehad het. Dus ou katje kyk, lees, luister en dan praat jy versigtig.
@BOG: Alles waar ou Bog maar met die GESKIEDENIS tot ons beskikking kan jy ons seker nie kwalik neem nie. Maar geluk met jou spannetjie dit lyk of jul op no 4 gaan klaarmaak as julle al jul groot wedstryde in Bloem speel.
@Predator: Tsv al die politieke inmenging deur reels en voorskrifte in die kies van spanne vir CW, sal dit nietemin interessant wees om te sien wat daar gebeur tov resultate. GCB het geen “gekleurde” spelers nie en gevolglik sal daardie hele kwota van elders kom. Dit laat natuurlik ook die vraag ontstaan- tot watter mate “koop” hulle spelers, soos hulle so dikwels van beskuldig word ? As hulle dan sou “gekoop” het, sou daar tog sekerlik n paar “spelers van kleur” in hulle geledere gewees het, veral vanuit die OK, Boland en SWD. Kyk maar na die BB se CW span.
South Africa needs a Affies – Outeniqua and Grey – P Gimmies encounter so all of us can stop guessing who the best is
Daar sal altyd ‘n groot aanslag wees teen die top spanne. Die rankings bly seker dieselfde aangesien al die top spanne gewen het. Daar is ‘n insinking in die Outeniqua span wat my bekommerd maak, hulle het gister uiters swak gespeel en geskop en besluitelose rugby gespeel. Aanslane, missed tackles en swak lynstane het hulle amper die game gekos . Die Oakdalers het begeesterd gespeel min foute gemaak en gekom om te wen. Die Kwaggas het baie kopwerk nodig anders gaan hulle vasval vorentoe.
@Stormberg Mountains: I think the one person who could help you with that information, would be Nelio at Rugby15. But the Cherries are certainly having an exceptional year.@gimmie: Jou kommentaar oor die VS skeidsregters is lynreg in stryd met n ander kommentator hier, wie NIE n Grey ondersteuner is nie. As n span 12 oortredings begaan, dan sal daar 12 strafskoppe wees. Di nie wiskunde nie, maar LOGIKA. Dit is vir my opvallend hoeveel van hierdie “swak” VS skeidsregters provinsiale en internasionale skeidsregters word. En in die WP? Hulle word vlagmanne(QI) of dans as pom pom girls op Loftus. Die ref vir die tweedespan wedstryd moes seker “baie swak” gewees het? Herinner my aan die sherriff in die suide vd VSA, wat op n moordslagoffer met 20 meswonde afgekom het en die volgende kommentaar gemaak het: “My oh my, looks as if we have a serious case of suicide here”
Oom kaspaas, I just watched the Boishaai – Grey game for the second time. The referee had a very bad game. Penalty count 12-4 against Boishaai…..I wonder where the refs are worst: SWD or Free State…@Jakkie SWD gaan die Craven Week wen, ek sien uit om julle daar te sien speel. WP gaan underperform…swak keurders, kwotas waarvolgens ons 11 swart spelers moet kies en om alles te kroon n Paul Roos afrigter! Hoe werk dit? Paul Roos verloor weekliks en hulle afrigter word as WP afrigter aangewys! Wat n grap, ek voel jammer vir die kinders….
Kan iemand stuur vir my al die resultate van die kersies hierdie jaar, het hulle ‘n super seisoen in 2013, indien nie die beste ooit. Wat is die mees hoog aangeslaan Cherries span in die geskiedenis van die kollege en hoe dit ooreenstem met die een van 2013?
Hulle het ‘n Grey Bloem 1 XV vs die kersies moet speel nadat die Paul Ross spel die seisoen van mooi te beëindig, my geld is op die kersies al is
@Grey Brak: ja-nee, julle het ons goed op ons plek gesit!
Maar die moet jy weet: volgende jaar is ons weer daar ten spyte vd oormag en groot tellings.
HJS sal nooit spanne onttrek nie. Daar is geen beter opvoedkundige les as perspektief oor jou vermoë nie. Of hoe sê ek nou gimmie?
@Jakkie Grey B en Affies is die spanne wat sukkel om die onder hulle oortuigend te klop omrede hulle nie soveel beter as die spanne laer op die lys is nie. Gim het elke top span vanjaar nog oortuigend geklop onder andere Outeniqua.
Grey B het gesukkel teen swakkerige Monument en Paarl BH wat nie ‘n goeie seisoen beleef nie.
Affies het 2 gelukkige driee gedruk teen Grey B wat die wedstryd geswaai het en het vandag in beseringstyd eers met Kloof afgereken. Neem in ag Kloof is verneder deur beide Outeniqua en Gim.
@gimmie: nee gimmie, dit is nie my opinie nie, soos ek ook gese het, na verneem. Ek het glad nie die game gekyk nie, ek is jammer as ek disrespek getoon het of afbreek gedoen het, dit is onregverdig om opinie te gee as ek nie self gekyk het nie. Maar ja, kwaggas se telling is nie oortuigend nie en daarmee stem ek saam, soos ek tereg ook gese het en daarom steeds glo dat op die huidige oomblik Gim nr.1 span vir 2013 is en tot dusver ook welverdiend is. My punt wat ek wou maak, is dat die top 4 spanne vandag hard moes baklei vir oorwinnings oor sge. “laer gelysde” spanne, wat vir my op een van twee dinge wys, of dalk beide en dit is dat die kompetisie vanjaar so enorm is dat opskuddings die orde van die dag kan wees en daar nie akkurate ranglys werklik is nie; of dat die spelers uitgeput begin raak, juis a.g.v. die weeklikse sterk kompetisie. Maar jis, die jaar is dit lekker om skole rugby te kyk, ouens speel hardloop rugby, maar verantwoordelik en slim rugby, baie ouens wat hand opsteek. Ek dink die toekoms van SA rugby is gesond.
@gimmie: Gim are easily the no1 side in SA! Affies rely too much on individual brilliance to get them out the kak. If Gim and Affies played Gim would win by 10. Rondebosch are a very good side, so to win by that margin is a good display.
@jakkie, I am curious why you say Gym had an unconvincing win..Rondebosch is a very accomplished team, and we won 35-14….5 tries to 2 in a pulsating encounter..good enough for me…if anything the Kwaggas win looked unconvincing…today’s results, if anything puts Gym’s credentials into perspective with Affies struggling against a Klofies team that were decimated by both Gym and Outeniqua! great performance by Boishaai, could have won the game, Grey looked ordinary…especially in the second halve..
@Jakkie: Ja, was ‘n hengse game tussen Affies en Klofies. Dink Affies het nie so ‘n aanslag verwag nie, maar die Klofies kom nou eers werklik by. Verlede week begin teen Garsies en dit voortgesit teen Affies. Dalk kan die Kwaggas vir Klofies nooi in Affies se plek.
Good day for Grey College rugby!!
28 matches played:
23 won
4 lost
1 draw
Some VERY big scores for GCB!!!!
**Witbulle 19-18 Kloof 1stes** **Tiere 28-08 Kloof 2des** **Kobras 36-10 Kloof 3des** **AHS 7des 24-00 Kloof 5des** **AHS O/15 B 25-11 Kloof O/15 B** **AHS O/16 A 34-10 Kloof O16 A** **AHS O14 B 12-12 Kloof O/14 B** **AHS O/15 A 27-05 Kloof O/15 A** **AHS O/14 A 36-07 Kloof O/14 A** **AHS O/15 C 50-00 Kloof O/15 C** **Dit is al tellings wat ek het manne, AHS eerste Hokkie span wen 3-2 nadat hulle 2-0 agter was, en O/16 A wen 4-0 vir Kloof.
@Grasshopper: He could and should be playing for the Cheetahs next year, but there is a little contractual obstacle. He has been engaged by WP.
I said after seeing EW Viljoen at Kearsney he must be SA schools fullback, amazing player. He could even be in the SA under 20 side. He could even play Cheetahs next year…
Ja, veral op daardie jong ouderdom speel die koppe n groot rol. Janee bog, hulle het hom nodig hier in die Kaap. Hy is ‘n ongelooflike speler!
O ja, weet iemand wat EW in die WP gaan maak volgende jaar? Is daar n S 15 span in die Kaap?
Goeie jare of slegte jare- daar is nooit n maklike wedstryd teen Boishaai nie. Die GESKIEDENIS toon dit. Die O14 is n vreemde verskynsel. Vroeer die jaar het hulle alles plat gevee voor hulle, oa by die toernooi by Kwaggas(?) Toe speel hulle teen Monnas en was teen rustyd 17-0 voor, maar na n paar beserings, verloor toe uiteindelik 17-34. Vandag, teen Boishaai, was hulle met rustyd blykbaar 6-0 voor , maar verloor dan met 14-43? Ek dink die probleem le miskien eerder in die koppe as die vermoens.
@Tandem: Boishaai kan koppe hooghou!
@Djou: hehe, o okay, ja lyk my die 2des en 3des van Grey maak nag. Het jy die Affies game gekyk? Moes hardgewees het! Kwaggas het ook close game gehad teen Oakdale, so ook nog nie ware aanspraakmakers nie. En na verneem het Gim ook nie te oortuigene met Rondebosch afgereken nie. Manne raak dalk uitgeput,, hierdie seisoen is werklik baie hard en elke naweek is n helse game. HTS Middelburg moes ook hard werk vie wen.
Congrats to Grey but VERY proud of this Boishaai team .
@Jakkie: Grey se 3es. Lyk of hulle beter doen as Grey se 1stes.
Met Affies wat 19-18 teen Klofies gewen het, lyk dit of Outeniqua nou weer kan aanspraak maak op 1 of 2 in die Rankings.
Wie is die peaches?
@Jakkie @ Bog: Cherries vs Affies en Peaches vs Outeniqua.
Janee, Bog, baie geluk, goeie wen en die manne nou weer reg vir seisoen!
Dit was vir my baie gelykop. Grey het uitstekende eerste 20 minute gehad, voorspelers het mooi ingeklim en agterlyn met Viljoen uitstekende bal gegee. Dit was vir my duidelik dat Boishaai Sander die skrumskakel geteiken het en druk op hom probeer plaas het om swak bal aan die agterlyn te gee. Viljoen het baie druk vir Grey verlig met sy lynskoppe en verdediging. Boishaai was egter vir my uitstekend op aanval, veral 10, 13 en 15. Vir Grey het Viljoen natuurlik, Louw, Kamer en Durouw baie goed gespeel. Was n great game en skeidsregter het goeie game gehad. As ek na tellings van ander wedstryde se tellings kyk lyk dit vir my Cherries moet regtgwaar n uitmuntende span wees met daai telling! En dan lyk dit vir my of Grey n baie swak o.14 span het?
@BOG: Baie Geluk
GCB 3rds 45 – 17 HJS
Cherries 84 – 12 HJS
The Cherries, indeed, seems unstoppable this year
Go Cherries.
Sekerlik behoort hulle ook on top 20
Grey bo!!!!!!!
GCB U14 A 6 -43 HJSP (Either mistake or ???)
15 19- 7
16 42-3
Grey has always succeeded in uniting the opposition, as illustrated here, yet again- the price for being a high tree. Vive la Grey!!
Go Boishaai !
Boishaa met 12
Go Boishaai! Hou die Paarl se naam hoog!
Grey sal moet lig loop want die manne kan die bal lekker rondgooi.
PAARL WYS JULLE STAAL .dis hoogtyd .