Geskryf deur Johann van Tonder
Argument dat ‘n skool ‘n tradisionele rugbyskool is, is op eierdoppe gebou. Die onderstaande statistieke oor die wenners van die administrateursbeker/Direkteurstrofee/Beeldtrofee toon hoe tye verander het. Voorheen “tradisionele” rugbyskole verdwyn, en nuwe word gebore. Die lewe verander en mens moet aanpas.
Skole wat in 45 van die 71 wedstryde tussen 1922 en 1993 die Administrateursbeker /Direkteurstrofee /Beeldtrofee gewen het, speel of nie meer rugby nie, bestaan nie meer as ‘n individuele skool nie (het saamgesmelt), of speel in klein- of mediumskoletoernooi. In die Vrystaat het Jannie de Beer se skool, Wessel Maree, die Direkteurstrofee gewen toe Jannie in die laat 80’s in matriek was. Wessel Maree kan deesdae skaars ‘n eerste span vol maak – en die skool is meer as 60 jaar oud.
Sedert 1994 het Affies/Waterkloof/Monnas/Kempton Park gewen, afgesien van Ermelo wat in 2000 gewen het – en met baie respek teenoor Ermelo, hul rugby is nie meer wat dit was nie. Waterkloof en Monnas het wel in 1953 en laat 1980’s gewen, maar eers in die laat 1990’s in ‘n rugbyreus ontwikkel. Waterkloof is ‘n jong skool, maar nou word dit teen Waterkloof gehou omdat die skool nie 100 jaar oud is nie want Waterkloof is volgens definisie nie ‘n tradisionele rugbyskool nie hoewel Waterkloof konstant spanne in die top 10 klop. Die siening oor tradisionele rugbyskole wat nodig is om ‘n ranglys op te stel smaak meer na jaloesie as oop denke. Hoe vinniger wegbeweeg word van die term tradisionele rugbyskole, hoe beter.
‘n Verdere punt – talle tradisionele maatskappye het hul deure gesluit en ander moes saamsmelt om te oorleef. Dieselfde gebeur met sport, skole, ens. Natal het B-afdeling Curriebekerrugby gespeel en Noord-Vrystaat was ‘n harde neut in Welkom. Kyk hoe het dinge verander. Is Natal ‘n tradisionele rugbyspan, of Noord-Vrystaat, of geeneen?
Punt is, tradisie het al minder met die sterkte van ‘n span te doen en beteken ook nie ‘n skool gaan oorleef en aanhou sterk wees net omdat die skool oud is nie. Die demografie van die land verander, so ook die politiek, ekonomie en menslike gedrag. Waarom dan nie ook sogenaamde “tradisionele rugbyskole” nie.
Stel eerder ‘n ranglys op vir spanne en vergeet tradisionele rugbyskole. Dit is net 2 of 3 die skole in WP, dalk Grey en Affies wat vasklou aan die idee van tradisionele rugbyskole vir ranglyste.
1922: Pretoria Boys’ High
1923: Pretoria Boys’ High
1924: Pretoria Boys’ High
1925: Hoër Volkskool Heidelberg
1926: Hoër Volkskool Heidelberg
1927: Swartruggens / Pretoria Boys’ High
1928: Pretoria Boys’ High
1929: Swartruggens
1930: Rustenburg
1931: Hoër Volkskool Heidelberg
1932: Hoër Volkskool Heidelberg
1933: Zeerust
1934: Zeerust
1935: Zeerust
1936: Rustenburg
1937: Rustenburg
1938: Hoër Seunskool Helpmekaar
1939: Hoër Volkskool Potchefstroom
1940: Afrikaanse Hoër Seunskool
1941: Standerton
1942: Klerksdorp
1943: Rustenburg
1944: Hoër Volkskool Heidelberg
1945: Hoër Volkskool Heidelberg
1946: Pietersburg
1947: Pietersburg
1948: No League
1949: Hoër Volkskool Potchefstroom
1950: Hoër Volkskool Potchefstroom
1951: Hoër Volkskool Potchefstroom
1952: Hoër Seunskool Hugenote
1953: Monument
1954: Pietersburg
1955: Fakkel
1956: Vereeniging
1957: Afrikaanse Hoër Seunskool
1958: Lichtenburg / Voortrekker
1959: Klerksdorp
1960: Klerksdorp
1961: Rustenburg / Hoër Volkskool Potchefstroom
1962: Hoër Seunskool Helpmekaar
1963: Rustenburg / Hoër Volkskool Heidelberg
1964: Wolmaransstad
1965: Ben Viljoen
1966: Brandwag (Benoni)
1967: Potchefstroom Gimnasium
1968: Piet Potgieter
1969: Fakkel
1970: Afrikaanse Hoër Seunskool
1971: HTS Tom Naudé
1972: Nelspruit/Affies
1973: Delmas
1974: HTS John Vorster
1975: Nelspruit 3 vs Hoer Seunskool Helpmekaar 3 (draw)
1976: Hoër Volkskool Potchefstroom
1977: Stoffberg (Brakpan)
1978: Afrikaanse Hoër Seunskool
1979: Monument
1980: Monument / HSS Hugenote (Springs)
1981: Afrikaanse Hoër Seunskool / HTS Tom Naudé
Direkteurstrofee:
1982: Oos-Moot (Pretoria)
1983: Hoër Volkskool Potchefstroom
1984: Afrikaanse Hoër Seunskool / Monument
1985: Afrikaanse Hoër Seunskool
1986: HTS Sasolburg
1987: Hugenote
1988: Lichtenburg
1989: Kempton Park
1990: Randburg
1991: HTS Middelburg
1992: Waterkloof
1993: Pietersburg
1994: Afrikaanse Hoër Seunskool
Beeld Trophy:
1995: Afrikaanse Hoër Seusnkool / HTS Middelburg
1996: Afrikaanse Hoër Seunskool
1997: Afrikaanse Hoër Seunskool
1998: Afrikaanse Hoër Seunskool
1999: Afrikaanse Hoër Seunskool
2000: Ermelo
2001: Afrikaanse Hoër Seunskool
2002: Afrikaanse Hoër Seunskool
2003: Waterkloof
2004: Afrikaanse Hoër Seunskool
2005: Monument
2006: Afrikaanse Hoër Seunskool
2007: Waterkloof
2008: Waterkloof
2009: Monument
2010: Monument
2011: Waterkloof
2012: Kempton Park
@Ploegskaar:
@BOG:
@Djou: I started it for fun in 2009 to prove a point…then some websites asked me to provide them with stats and it escalated from there…I dont have to believe in it to provide a service…much like a lawyer defending a guilty party wouldnt you say?
@Ploegskaar: Nee..ek vat ook afnaweek en gaan Kaasfees toe om paar wyne en kase te sample..en dan sommer die Kwaggas vs Gim daar op TV te kyk..
@BoishaaiPa: I hope I am wrong, but ain’t you also one of the providers of rankings. So, if WP-schools say do away with rankings, why do you then supply a ranking? Just curious!
@Anyone: What rankings are available? In other words, how many rankings are produced and by whom?
@BoishaaiPa: nee jys reg… Dit kom als met tyd! Almal is ongelukkig nie in die bevooregte posisie om so oud te wees dat pa, oupa en oupa groot in n spesifieke skool was nie! Maar hey, almal begin iewers…
@Boishaaipa: I totally agree with your points. But, as I read the article, then the more appropriate term could be “consistently good performing rugby schools” rather than “traditional rugby schools” as the article clearly shows that some traditional rugby schools indeed disappeared over time. On the point that rankings should disappear, why don’t the other schools follow the WP-schools’ example? I think WP-schools are one up on the other schools on this one and may be other bloggers should justify why they want the rankings. If it is to brag, then it is a very poor reason as most schools teach their boys to be humble in victory.
@Woltrui: haai wollie… Net vir die rekord… Ek is NIE johan van tonder nie… Ek weet wie johan van tonder is en toe ek laas in die spieel gekyk het was ek nie hy nie! Jy maak te maklik afleidings! Lekker aand!
@Ploegskaar: Of Beet het sy groen trui weg geneem of hy is terug in Klerkdorp na n maand langs die Hennops in sy 1962 Jurgens en rooi 3 Liter Ford Cortina- die een met lemmetjiekleur fur op die dashboard en een van daardie honde wie se koppe automaties draai, in die agterruit. En natuurlik dik geeet aan die “kerrievis”en gedrink aan die papsakke. n Gyrometer( die ding wat radioaktiwiteit meet) kan nie naby hom kom nie.
@BOG: Die enigste tannie hier rond is tannie Yvonne Styger oom, en as my post ernstig was sou dit deurspek wees met ‘n horde eksplisiete, of hoe oom? Ek sien oom se aardsnemesis het in sy wit gewaad vandag hier verskyn, is sy groen trui in die was?
@Ploegskaar: Ag nee, tannie, moet tog nie alles so ernstig opneem nie. Ou BHP het nie eers gereageer nie- hy ken my opmerkings miskien net n bietjie langer
@BoishaaiPa: Altyd ‘n catch 22 vir ‘n pa met dogter. Sien julle het ook ‘n uitnaweek, so neem aan jy gaan SACS/PRG kyk?
@Ploegskaar: Dis ook van Netbal kyk en swak beplanning (natuurlik van HMS se kant!) dat ek nie die Bishops game Saterdag kon kyk nie! Het toe maar Diamantveld en Noord-Kaap op TV gekyk. ..
@BOG: Agnee oom, sulke sarkasme is onnodig. As ek altyd so geduldig kan wees met oom se posts oor akademie, skaak, gumboots-dans en dies meer en ander se kletsery oor tydverwyle soos swem en waterpolo, dan kan oom darem ook so bietjie geduldiger met my wees. Sommige sê dis van netbal kyk dat seuns so goed rugby speel!
Sorry Beet, I accidentally posted my comment on the netball site. If you can transfer away from GirlhaaiMa and Skottelskaar. Sal nie weer nie.
Ja, dit is die ironie, dink ek, dat dit juis die sg tradissionele rugbyskole is wat NIE veel ag slaan op ranglyste nie.
@Ploegskaar: Janee..vir so min dogters doen hulle baie goed in Netbal. Komende naweek stuur hulle n gemengde span van 0/18B en 0/17A na die All Girls toernooi op Potch om teen die ander girls se 1ste deel te neem want die 1ste span gaan ook Wildeklawer toe!
@Ploegskaar: Hulle is seker, ek vermoed net dat daar groot fout is by ons eie o16A’s…Weet nie lekker wat daar aangaan nie….
“Dit is net 2 of 3 die skole in WP, dalk Grey en Affies wat vasklou aan die idee van tradisionele rugbyskole vir ranglyste”….Die regte feite is dat seunskole in die WP hele paar jaar terug al versoek het dat ranglyste geskrap moet word. Daar word egter nie gehoor gegee aan hulle versoek nie.
Vraag is egter watter voordeel het die sogenaamde” tradisionele” rugbyskole bo enige ander skool as dit by ranglyste kom in die eerste plek?. ..
@BoishaaiPa: Moes eintlik Landbou se susterskool gewees het, punching far above their weight Sien HJS het omtrent alles Saterdag gewen, maar is daai Biskoppe o/16a’s dan so goed?!
@Ploegskaar: HMS het o/18A gewen…weet nie die telling nie..iets soos 29-20 of iets..o/18B het HMS ook gewen 20-12…o/17A wen HMS 26-3….0/14A en 0/15A het Stellenberg gewen.
@BoishaaiPa: Wat het toe in die netbal gebeur????
Goeie eenogige artikel gegrond op wankelrige persepsies waaroor tradisionele rugbyskole gaan om n punt te probeer bewys. Feit is dat daar maar n handvol skole is wat oor n baie lang tydperk ALTYD kompterend is en sal wees REGDEUR al hulle spanne… Dit is ongelukkig so dat respek, tradisies en sukses nie gekoop kan word nie en sommige skole moet maar daarby berus.
@Woltrui: Uhmm. I am a vivid supporter of the Cheetahs, and any Free State school for that matter. I did not attend Grey College, but studied at UFS where I gained lots of respect for Grey and Free State rugby. I think you should read the article again, word for word, and may be then you will note the truth of the matter.
1. Wie argumenteer dat ‘n skool n “tradisionele rugby skool” is?
2. “Waterkloof is ‘n jong skool, maar nou word dit teen Waterkloof gehou omdat Waterkloof nie 100 jaar oud is nie want Waterkloof is volgens definisie nie ‘n tradisionele rugby skool nie alhoewel Waterkloof konstant spanne in die top 10 klop.” Huh???
Is daar ‘n Afrikaanse skool in Ou Transvaal ouer as honderd jaar? Wie hou dit teen Waterkloof?
3. “Dit is net 2 of 3 skole in WP, dalk Grey en Affies wat vasklou aan die idee van tradisionele rugbyskole vir ranglyste.” Twyfel of 1 van die skole ranglyste optrek. Sou wel se die genoemde skole is van die sterker rugby skole in die land.
4. As na bogenoemde uitslae gekyk word kan die afleiding wel gemaak word dat Affies, Monnas, Waterkloof en HTS Middelburg sedert 1990 redelike sterk rugbyspanne in die veld stoot.
Johan Van Tonder, of moet ek se Rugbyman van Garsies, ek aanvaar die artikel gemik teen jou skool se posisie op die ranglys?
@Tjoppa: Why do you say the problem lies with the KZN bloggers? I think Oorkant Loftus states very clearly that he deems Waterkloof not being a traditional rugby school. What the article states, from my reading, is that a traditional rugby school can disappear and therefore it is inappropriate to use the term traditional rugby school.
@Djou: So why using the old Transvaal if the problem lies with the KZN bloggers.
@Oorkant loftus: As a statistician, I must say I find the article very clear. If I may intrude, I think what the author is trying to convey is that some bloggers “inadvertantly” categorise schools by calling one a traditional school and the others not. Therefore, if a “non-traditional” school wins many games, or beat a traditional school, it is “inadvertantly” made out to be … yes you beat us today, but you still are not a traditional rugby school. This brings forward a “snobistic” attitude, which is a somewhat uncomfortable feature to possess. The point therefore, I think, is to do away with the term traditional so that both groups win. The traditional school bloggers won’t be viewed as “snobs”, thinking they are better than others, whilst the non-traditional schools will receive the pride they deserve. Thus, view the results as is, no matter being traditional or not.
@Johan.
Ek weet nie presies wat jy wil vertel met die berig nie maar wat ek wel wil toevoeg is die volgende.
Soos respek verdien moet word asook ondervinding opgedoen moet word so moet sekere skole eers groot word en groei voordat hy kan saam praat met die “tradisionele rugbyskole” al volgens u.
Hier byvoorbeeld word Waterkloof al kla gereken as n tradisionele rugbyskool. My opinie.
Wat hulle vermag het in die kort [31 jaar] periode is pryssenswaardig voorwaar.
Ek dink die term [Tradisionele Rugbyskool] word gebruik wanneer daar na enige van die Top25 Skool Rugby Spanne verwys word. Nie te se Top25 is die afsluit punt nie maar verstaan dit verwys na die skole wat die laaste paar jaar gereeld of byna heeltyd in die Top25 was van elke jaar. Hier kwalifiseer Waterkloof weer.
Ek glo verder ook nie dat die skole wat u na verwys vasklou aan daai idee van u en ek haal aan, “vasklou aan die idee van Tradisionele Rugby Skole vir ranglyste” .
Maar dit is so, tye bring verandering en ou gevestigde skole of verdwyn/sak uit/oorleef/presteer en nuwe skole maak hul debuut.
Maar waar daai skole wat u na verwys na soveel jare verseg om die knieg te buig en aanhou om te presteer jaar na jaar moet n mens gaan kyk na wat hul reg doen.
Tradisie en dissipline !!
Ek hoop my spelling en spraakleer was regdeur herkenbaar.
Ek dink die berig sal n paar ouens laat dink