Affies 2018 fixture list

Visit www.Affiesrugby.co.zaย – it’s an absolute must forย any new Affies supporters who don’t already know about it.

# DATE
1 Tue 06.Mar Affies TBA Bulls Rugby Day @ Loftus
2 Sat 17.Mar Affies Diamantveld
3 Sat 24.Mar Affies Helpmekaar
4 Mon 02.Apr Affies TBA Paarl BH 150th Fest
5 Affies TBA Paarl BH 150th Fest
6 Sat 14.Apr Affies Paarl Gim
7 Sat 21.Apr KES Affies
8 Sat 28.Apr Affies TBA Wildeklawer
9 Mon 30.Apr Affies TBA Wildeklawer
10 Sat 05.May Affies Glenwood
11 Sat 12.May Noordheuwel Affies
12 Sat 19.May Affies Grey College
13 Sat 26.May Jeppe Affies
14 Sat 21.Jul Maritzburg College Affies
15 Wed 18.Jul Waterkloof Affies
16 Sat 04.Aug Affies Pretoria BH

112 Comments

  1. Die blog is baie indrukwekkend.

    Bietjie konstruktiewe advies – by die span uitslae per jaar is daar ‘n % onoorwonne, wat seker die wenpersentasie vir die jaar is.

    Jy is of 100% oorwonne, of 100% onoorwonne – daar is nie grade van oonoorwonnenheid tussen in nie.

    ReplyReply
  2. @cappie ek glo nie Noordheuwel is noodwendig die sterkste rugbyskool in die Wesrand nie, maar ek glo hulle is op die regte pad, veral met fixtures teen 3 van die sterkste rugbyskole in Pretoria (Affies, Waterkloof en Pretoria Boys High) sowel as n fixture op Loftus in die Bulle prestige dag, saam met die KES festival, die Pukreeks en die nuwe Virseker liga het Noordheuwel baie rugby wat wag in 2018. Wat wel n feit is, is dat Noordheuwel aangewys was as die beste SPORT sowel as Akademiese skool in die Wesrand verlede jaar, so jy is nie verkeerd om te se Noordheuwel is die beste in die weste nie ๐Ÿ˜‰.

    ReplyReply
  3. @hooit ek weet nie of jy kan se al Affies se spanne gaan met 30+ punte wen nie. Daar sal dalk spanne wees wat net met 25 punte wen veral ons C spanne word baie goed afgerig. Dat Affies die dag dalk onoorwonne gaan wegstap is n groot moontlikheid maar dat Noordheuwel genooi gaan word om in 2019 by Affies te gaan speel is net so groot moontlikheid. Wat wel bevraagteken word is hoekom hulle nie teen julle wil speel nie, en KES ook nie meer nie ? Seker omdat julle rugby te sterk is.

    ReplyReply
  4. Weet iemand watter skole is almal by die Bulls Rugby dag?
    Sien uit daarna om teen Noordheuwel te speel, was persoonlik nog nooit by hulle skool ook.
    Sien die Grey datum is een naweek later, gewoonlik die tweede Saterdag/naweek van Mei.
    16 wedstryde in totaal, nie te min of te veel.

    ReplyReply
  5. Ek dink NH net soos Transvalia is besig om sterk te voorskyn te kom.
    Kloof 2018 (voorloopig)
    3mrt Montana
    14mrt (B)hts tuine
    17mrt Helpmekaar
    24mrt Nelspruit
    28mrt Durbanville
    31mrt Paarl Gim
    14apr Grey
    27apr wk
    30apr wk
    5mei (B)ellisras
    12mei Monnas
    19mei KES
    25mei Noordheuwel
    2jul Menlo
    21jul Jeppe
    28jul AHS

    ReplyReply
  6. @Norieman: Ek hou van jou eerlike antwoord op my Affies vs Noordheuwel opmerking. Baie ander sou nou al in groot opstand gewees het en my tot 3 geslagte terug sleg gesรช het. Skole in Leeus streek het begin opvang met Monnas die afgelope paar jaar. Dit blyk Tjaart gaan weer Monnas n goeie voorsprong gee, maar 2018 is n nuwe jaar. So kom ons kyk wag gebeur. Helpmekaar se 2017 Dreamteam gaan n gaping in die Leeus streek los. Die vraag is watter skool gaan dit vul of gaan Monnas dit vul.

    ReplyReply
  7. @Hooit: Jip maak maar die uitgebreide gedeelte bekend! As jy n statement wil maak gee feite..moenie probeer skuld pak :idea: of onmin kwyt raak nie!!
    Die “ou” bestuur het Monnas net so lief soos die nuwe ” bestuur”.
    Glo my Monnas is gebou lank voor ons twee gebore us!

    ReplyReply
  8. @Murrayfield: Verstaan nie die onmin gedeelte nie. Die bloggers wat al n wyle op die blog is sal verstaan wat ek sรช. Net soos jy verstaan hoekom Monnas en Affies nie speel nie.

    ReplyReply
  9. @Murrayfield: Was jy betrokke op ou bestuur?Dit klink as ek tussen die lyne lees die fout vir die nie speel is aan Monnas se kant wat n nuutjie vir my sal wees.As jy die feite het gooi dit,ek nie so lank op die blog nie.@Hooit: Ek het jou leer ken op die blog as ingelig.Jou kant van die storie sal welkom wees…

    ReplyReply
  10. @Grizzly: Feite is Affies en Monnas speel nie huidiglik teen mekaar nie. Dit gaan glo verander in die toekoms. Ek verneem Murrayfield is die beste persoon om ons te vertel hoe die nie speel begin het nie. Dit is al voorheen bespreek.

    ReplyReply
  11. @Hooit: @Marryfield. Kom nou manne julle os soos n series wat eindig in die spannende gedeelte.
    Kom laat ons hoor. Wie het wie se girlfriend gevry? Wag nou al lank vir bietjie opgewondenheid. :mrgreen:

    ReplyReply
  12. @Riempies: N series eindig mos altyd spannend en dan wag jy lank vir die volgende seisoen. Murrayfield kan sy eie hoofkarakter in seisoen 2 wees.

    ReplyReply
  13. @Hooit: Helpmekaar se 2017 span iets van verlede. Hulle was baie goed, maar one sal net so goed en nog beter he in toekoms. Volgende jaar het sy eie uitdagings. Helpmekaar ook nie deel van die spilpunt van Leeus. Monnas nepotisme en KES + Jeppe BEE rules the roost.

    ReplyReply
  14. Affies mos maar pisbang om teen Monnas, Garsies en Menlo te speel. Hulle verkies makliker games teen Grey, Paarl Gim, Boishaai en Paul Roos. En dan ook natuurlik hulle nemesis Kloof!

    ReplyReply
  15. @4×4: Ai, Garsies word ook by elke ou argumentjie ingetrek.

    Niemand van Garsies praat meer daaroor nie, hoekom is dit nog vir jou ‘n klippie in die skoen?

    Anders kan ons die argument begin by AHS wat teen PBH se 2de span gespeel het voor die runderpes en 3 maal in 1 jaar verloor het…… :mrgreen: :mrgreen:

    ReplyReply
  16. @4×4: So n mooi Vrydag. Sonskyn lekker weer maar lyk my ‘hier’ is n paar donderwolke op die horison. Laat ons nou maar wag en kyk watter storm breek eerste

    ReplyReply
  17. Monnas het in 1997 ‘n akademie begin saam met die Goue Leeus waar hulle talentvolle spelers begin aktief werf en ontwikkel het met redelike sukses. Hierdie werwing (“koop”) het nie die goedkeuring van ‘n ene dr. Edwards weggedra nie.
    Dit is waar besluit is dat Affies slegs teen Monnas sal speel indien dit so geloot word by feeste.
    Dit was die begin van die storie en die rede waarom daar weer gekyk word na 2019 nadat die protagonis verander.

    Ek het gister ‘n boodskap gekry van ‘n vriend in die Wesrand wat lees:
    “Affies wat Krugersdorp toe ry om teen Noordheuwel te speel is soos mense wat Margate toe ry en dan net in die swembad swem.”

    ReplyReply
  18. @VaskopVleuel: Ag nee man. Nou spoil jy die drama. Kom ons soek die detail. Wat het langs die veld gebeur. Wie was betrokke? en en.
    Mens volg nie net die N1 tot in die Kaap nie. Wat van al die klein dorpies tussen in?
    n Goeie storie het baie detail :twisted:

    ReplyReply
  19. Ja ek weet ook nie hoekom kloof altyd genoem word nie o ja en ook monnas,grey ens. Die blog is mos daar om oor mekaar te praat goed of sleg los asb die fyn gevoeligheid of mag ons nie sekere skole se naam noem nie.

    ReplyReply
  20. @Riempies: Man, ek was nog nooit een vir soapies nie. Dit is my vrou se veld van kennis.
    Ongelukkig het ek nie meer kleur om by die storie te voeg nie. Ek het dit tweede- of dalk derde-hands gehoor.
    Soos ek verstaan was dit maar soos die Affie vs Garsies storie van die 90s!

    ReplyReply
  21. @VaskopVleuel: Die enigste verskil was dat die 90โ€™s se sepie โ€˜n ware verhaal was – non-fiction soos hulle dit dan noem.

    Die 00โ€™s se sepie was gebaseer op fiksie – fiction soos hulle dit dan noem.

    Soos die sepie gaan kon meeste van die Bere se 1ste span net kwalifiseer om Bulle /21 te speel, so vrot was die span van huursoldate, post-matrics en ou manne.

    Die sepie was dan ook die voorloper van Boer soek โ€˜n vrou, en dit was genoem Hoof soek โ€˜n verskoning.

    En so voeter ons volkie maar net aan.

    ReplyReply
  22. @Rainier: Daar kom ons nou al nader aan die feite. Ons volkie hou mos daarvan om mekaar sleg te se. As jy beter as ek doen dan is jy mos skelm.
    :idea:

    ReplyReply
  23. @4×4: Nou dat jy dit op bring … Affies gee nie om om te verloor teen die “tradisionele rugby” skole nie, maar wel die nie-“tradisionele” rugby skole in hulle direkte omgewing … blykbaar ‘n reputasie ding :lol: :lol:
    Menlo juniors en Garsies/Monnas juniors en seniors sou julle die laaste paar jaar behoorlik af gestof het. Garsies en Menlo was gereed op Affies se versoek en toe cancell julle …. Onthou! :mrgreen: :mrgreen: :mrgreen:

    ReplyReply
  24. @Riempies: Whahahahaha I’ve seen more stories here in the Red Light District Riempies. With happy endings๐Ÿ˜˜๐Ÿ˜˜๐Ÿ˜˜๐Ÿ˜˜๐Ÿ˜˜๐Ÿ˜˜

    ReplyReply
  25. @VaskopVleuel: So my verduideliking oor die ‘ou’ bestuur is nie heeltemal verkeerd nie.
    Murrayfield jy kan nou vir eens en altyd die feite gee dan weet almal en sal daar geen onmin praatjies meer wees nie. Lyk of die 1ste storm wil breek

    ReplyReply
  26. @4×4: Dankie dat jy dit gese het.Ek wou al maar ek is geleer dat feite en die waarheid partykeer minder belangriker as menslike gevoelings is.Mens noem dit TAKT.Op die 2 de opmerking,die Dok se gunsteling het AM genoeg gese.Drie mense gaan oor 10 jaar gesels.Een gaan se”Seker 1 van die beste SBR rekords in my opinie is Garsies se streak om so lank onoorwonne teen pta skole te wees in die laat 2010’s”Die 2de een gaan se”Ja,dis hoekom Affies se rekord om nooit teen Garsies te verlooor nie vir my so impresive is”Die 3de een gaan se”Huh??!!?…”

    ReplyReply
  27. @vaskopvleuel jy moet onthou die see is koud en daar is haaie wat jou byt en ure na jy geswem het is daar nogsteeds sand oral wat jou irriteer en enige iemand het toegang tot die see. Ek hoor die swembad by Margate is nou so nice, blykbaar n verhitte onderdak swembad met gratis lemonades, net die beste fasiliteite slegs vir uitgenooide gaste. Maar dis net wat ek hoor, want come on wie gaan nog Margate toe die laaste goeie party daar was nuwejaar 1999/2000

    ReplyReply
  28. @AbsolutMenlo: My opmerking van pisbank is mos maar met ‘n tikkie sarkasme geuiter. Julle juniors mos al paar jaar baie goed…maar dit pla maar by julle onder 15’s waar dit blyk dat Affies Koning kraai (Nr 1 die jaar.

    Wat egter baie indrukwekkend is van Affies se onder 15’s die jaar is dat hulle 44ste gerank was in hulle onder 14 jaar….indrukwekkend watse verskil afrigting kan doen. Ons verwag dat die onder 14’s van die jaar dieselfde resultate volgende jaar gaan he.

    Maar julle onder 14’s en onder 16’s baie goed. Ons wag almal in antisipasie om te sien of julle 1stes volgende jaar weer ‘n krag gaan wees.

    Sterkte vir julle seisoen volgende jaar.

    ReplyReply
  29. @4×4: …. inteendeel Menlo o/15 A was my span van die jaar! Verloor in Virseker semifinaal teen Monnas 8-7 in die laaste beweging.
    Wen Paarl Gim, Paarl Boys en Grey Bloem … stem dus glad nie met jou saam dat dit pla by o/15’s nie.
    Sou graag teen Affies wou speel, maar julle verkies om nie te speel nie.
    Hou gerus die manne volgende jaar dop.

    ReplyReply
  30. @Riempies: Lekker Riempies- Our girls team got a Silver. Was a great tournament overall. 2 Teams won Gold. Spanish people are really friendly and helpful. The okes are going to chow me now as this is a Rugby Blog.
    Monaco play pretty useless at Rugby, they play 3rd Div and finish at the bottom. I was hoping for a game and then maybe a scout would spot me. Being in that Div I’m sure the ๐Ÿ’ต๐Ÿ’ต๐Ÿ’ต๐Ÿ’ตis good.

    ReplyReply
  31. @Riempies ek dink jy dink dalk aan Uvongo se swembad. Die een waarvan ek praat het baie nice fasiliteite, ek hoor daar selfs n tartan atletiekbaan, astrohokkie, nuwe klubhuis en blykbaar n view van die Stad wat jy nie kan glo nie.

    Een ding is verseker volgende jaar gaan een van die beste skoolrugby seisoene wees van Limpopo tot die Weskaap.

    ReplyReply
  32. @Norieman: Glo ook 2018 gaan n groot jaar wees. My seun my al gevra wat my reaksie sal wees as hy matriek herhaal vir rugby. Ek hom gesรช as jy druip sit ek jou in Helpies of Noordheuwel. Ek het hom nog nooit so hard sien leer soos nou nie.๐Ÿ˜‚๐Ÿ˜‚

    ReplyReply
  33. @Riempies:
    Lyk of die Noriemanne nog in ernstige werwing “mode” is.

    @Norieman:

    Fasiliteite klink indrukwekkend, maar vertel ons van die Rugby, man. Dit is al hoekom mens eintlik na die opedag gaan.

    ReplyReply
  34. @Hooit as jou seun in Noordheuwel of Helpies was sou hy nie nodig gehad het om nou eers hard te begin leer nie ๐Ÿ˜‚๐Ÿ˜‰

    @vaskopvleuel op hierdie stadium is daar 8 voor en 7 agterspelers, ons sit dit nog bymekaar maar op n goeie dag het Japan mos die Bokke ook al gewen.

    Manne grappies op n stokkie ek sien op http://www.schoolofrugby.co.za is die Bulle prestige fixtures uit. N paar lekker fixtures veral tussen die Dames boeties, Noordheuwel speel 09:00 en dan gaan ons terugsit en lekker rugby kyk

    ReplyReply
  35. @Bush: Glad to hear man. Yea football the thing in Spain. Great memories for your daughter….
    Lekker Mr Medic..

    ReplyReply
  36. @VaskopVleuel: Kom ons gee hulle krediet. Hulle probeer om by rugby ook n naam te maak. Paar ander afdelings waar hulle kla goed is. Goeie kompetisie in die Wes Rand..
    @Norrieman is Hans Coetzee nou by Noordheuwel? Hoor hy was daar toe weg??

    ReplyReply
  37. @Riempies volgens my Kennis is Oom Hans nog voltyds betrokke by Noordheuwel. Hy was vanjaar en is ook volgende jaar, hy was nog nie weg nie

    ReplyReply
  38. @Grizzly: Hooit jy het mos n suggestie gemaak!

    Kom na vore aangesien jy mos nou meer weet as ander ingeligtes!!
    Sien jy het n reuse aandeel gehad in bevordering van skole rugby!

    Rig jy af! As jy handskoene wil oplig doen dit!

    ReplyReply
  39. @Grizzly: Hooit jy het mos n suggestie gemaak!

    Kom na vore aangesien jy mos nou meer weet as ander ingeligtes!!
    Sien jy het n reuse aandeel gehad in bevordering van skole rugby!

    Rig jy af! As jy handskoene wil oplig doen dit!

    @4×4: @BrotherBear: Kan wees Brotherbear! Kan wees ..en dalk onder di ou “regime” vir Affies se 1ste span meer gewen as die ” nuwe” regime!!

    HOOIT is di meester van onmin saai! Glo my ek kan n paar stories vertel!!

    ReplyReply
  40. Blyk my ek het nou Brotherbear se BadBoy status oorgeneem. Verstaan nie aan wie al die vrae gerig is nie, of is dit net retories?

    ReplyReply
  41. @Hooit: ek dra eerder daai label as gatkruiper. Waardeer die manne wat reguit skiet en nie doekies omdraai. Altyd ten goede doel.

    ReplyReply
  42. @Murrayfield: Nog steeds in die donker oor die hele aangeleentheid maar as jy en Hooit nie verder daaroor wil praat nie is dit sharp.Ek respekteer dit.Dit blyk in die verlede te wees,so kom ons beweeg aan.Oor die afrigting,die meeste ondersteuners(ouers) vergeef afrigters vir foute,almal maak hulle,verkeerde spankeuses,game plans ens.Waar dit moelik raak is as die bona fides van die afrigter verdag raak.Ek praat heeltemal in die algemeen,van skole tot op nasionale vlak.Ek het bietjie op laerskool afgerig en dis nie maklik nie om die minste te se.Daar is party ouers wat net eenvoudig nie die som kan maak nie.Die maklikste om al die politiek en ktitiek te vermy is om soos Naas dit stel….WEN!

    ReplyReply
  43. @Hooit: Kies vir jou een van duiwel of Hitler…Ek sal so na die situasie kyk..In my seun se kas hang daar Leeus en SAS baadjies,op sy lesenaar staan die Virseker trofee en onder sy arm het hy n Leeu 0/19 kontrak…Hit me…of gaan huil in die kamer…!

    ReplyReply
  44. @Grizzly: Nee wat so maklik gaan hulle nie daarvan afkom nie. As n man so optree dan steek daar n lekker storie daar agter.
    Verstaan ook nie lekker wat afrigting daarmee te doen het nie. Was @ Marrayfield n afrigter gedurende hierdie tyg.
    Kom ou maat laat ons hoor. Ek stories gehoor en julle manne nog net so 30% bevestig.
    Julle mos niks om weg te steek nie. 8))

    ReplyReply
  45. @Riempies: Ek glo darem dit is meer as 30%. @Rugbyman: Laat waai.@Grizzly: Ek het eintlik minder detail as Vaskop vleuel. So kan nie veel bydra nie. Min of meer dieselfde gehoor as Vaskop vleuel se verduideliking.

    ReplyReply
  46. Sien Affies trek al vroeg in die 2018 seisoen ‘n grote. HTS MIddelburg nooit ‘n maklike span nie

    ReplyReply
  47. @sewes: Ek sien daar is ses skole wat teen Waterkloof asook teen Affies gaan speel volgende jaar plus nog die een teen mekaar. Dis uitgesluit die Wildeklawer bepalings.

    ReplyReply
  48. @Cappie:Ja wel dit kan seker nog meer wees na WK, of ons probeer om n affies te wees of ons is reeds n klein affies.Dit is wel kwaliteit games meer as virseker\tuks kan se wie wil nou drie keer n jaar teen mekaar speel.

    ReplyReply
  49. @sewes: Jys reg,jy moet jou been hoog op tel om 3 keer teen iemand soos Monnas te speel,nie vir sissies nie.Ek dink ons en julle speel Grey,Monnas,Helpies,Nelspruit en Menlo.So 5 games wat ons kan vergelyk….sterkte vir jul seisoen….

    ReplyReply
  50. @sewes: Jy bluf jou self! Menlo, Garsfontein, Monnas EGJ en ander speel net so verskeidenheid ander skole as julle en Affies. Verskil is die tweede of derde wedtryd teen die selfde skool is gewoonlik in die play-offs vir die Virseker beker en natuurlik die absolute top punt van die seisoen. 2018 kan julle saam Affies die uitspele kom kyk!

    ReplyReply
  51. @AbsolutMenlo:Ag kalmeer ek stir net die blog is dood probeer net so bietjie lewe in blaas.Ek is bly ons hoef nie twee keer teen julle garsies egj of monnas te speel nie en by gese ons het darem die vooreg om teen affies te speel wat min ander spanne kan se (dis ook tong in die kies )

    ReplyReply
  52. @AbsolutMenlo: Ja,ek stem 100%.Waar die kompetisie nog altyd die bench was,staan dit nou kop en skouers bo enige iets.Het julle al bepalings gekry?@Djou,Het Garsies al bepalings vir volgende seisoen?As ek so tussen die lyne lees gaan die diepte van jou sqaud volgende seisoen eers bepalend wees..Kan jy nie miskien kyk vir n warm up teen iemand soos Tuine nie….?

    ReplyReply
  53. @sewes: Is seker net jy en die twee hoofde wat so dink ….
    Julle ander sporte speel dan nog liga en dus ‘n 2/3-de wedstryd teen dieselfde skool in play-offs (geen tong in die kies)

    @sewes: @Grizzly: Nog niks finaal gesien.

    ReplyReply
  54. @Smallies: Ja dit lyk so.Hoop net nie ons word weer so verniel nie die seuns moet die jaar maar liewer in die koshuise gaan slaap.
    @AbsolutMenlo:Wel ons is net met rugby uit die liga geskors en ek weet die affie ding is maar n teer punt as iemand daarop druk.

    ReplyReply
  55. @sewes: Julle speel mos al geruime tyd nie meer eintlik in die semi’s en eindstryd nie, so vir Kloof kon dit volgende jaar waarskynlik maar net weer die 1 bepaling teen Garsies en teen Menlo gewees het.

    :twisted:

    ReplyReply
  56. @Grizzly: Garsies nog nie heeltemal gefinaliseer nie. Daar is oefenwedstryde, maar teen sterker skole as bv. Tuine!
    Dit is al beredeneer of oefenwedstryde teen swakker teenstand gespeel moet word. Antwoord was ons wil nie die seuns ‘n valse sin van hul krag gee nie en dit sal ook onregverdig wees om teen swakker teenstand te speel.

    ReplyReply
  57. @sewes: Die ironie is dat julle verlede jaar ‘n skitterende span gehad het.

    Maar julle hoof en beheerliggaam het vere daarvoor gevoel.

    ReplyReply
  58. Ek weet nou nie of dit n geval is waar jy sien wat jy wil en glo wat jy wil nie.Die wedstryde teen Tuine is vir ons B en C spanne voor die Paas toere en die game teen Ellisras ook vir ons B en C spanne(voor WK) die wedstryde is teen die skole se A en B spanne.Ek hoop ek het dit nou eenvoudig genoeg veduidelik sodat julle dit kan verstaan.

    ReplyReply
  59. Good to see Affies don’t regard the Helpies game as a trials match like we heard at times in the past. Should be a good early season game through all the age groups. The U16 match should be spectacular. Unlike many others I believe Helpies are not a one-hit wonder and will have at least 9 brown jerseys returning for them next year so they should be competitive. This will be an important game for Affies, who head to the Boishaai festival after that. Their schedule is a bit on the soft side; not playing Monnas, Menlopark or Garsies. Some of those fixtures are just too easy to command the respect associated with a (once feared) traditional rugby school.

    ReplyReply
  60. @Quagga: who the hell says Helpies is a one hit wonder? Their under age group performance over the past few years have been remarkable at all ages. No reason for us not to be competitive at all levels.

    ReplyReply
  61. @4×4: Het jy nie geweet as jy nie teen een van monnas, garsies of Menlo gespeel het nie ,jy die jaar uit gemis het nie?

    ReplyReply
  62. @Hooit: Nee wat,in P-town is ek gecover,as jy my wingman is by Monnas sal ek fine wees.Stres net bietjie om interskole te gaan kyk in die kaap…Die punt wat ek wou maak is,hoe mis jy uit op iets soos n pakslae…

    ReplyReply
  63. @Norieman: Affies speel net teen vyf skole wat nie in die top 15 was hierdie jaar nie. Indien hulle teen Monnas, Garsies en Menlo ook moes speel sou dit sewe gewees het. En twee ekstra wat buite die top 35 sou val. T innie K!

    ReplyReply

Leave a Reply