DATE | SCHOOL | SCHOOL | INFO | |||
---|---|---|---|---|---|---|
Wed.27Jul | Lilyfontein | – | – | Cambridge | ||
Sat.30Jul | Strand | 46 | 00 | HTS Bellville | ||
Sat.30Jul | Voortrekker (Beth) | 17 | 17 | Witteberg | Wesgrow Final | |
Sat.30Jul | Diamantveld | 31 | 12 | Sentraal | Wesgrow 3rd-4th Place | |
Sat.30Jul | Fichardtpark | 18 | 51 | Jim Fouche | Wesgrow 5th-6th Place | |
Sat.30Jul | Noord-Kaap | 31 | 38 | Goudveld | Wesgrow 7th-8th Place | |
Sat.30Jul | Affies | 60 | 15 | Waterkloof | ||
Sat.30Jul | Grey College | 52 | 34 | Grey HS | ||
Sat.30Jul | Boland Landbou | 23 | 27 | Stellenberg | ||
Sat.30Jul | HJS Paarl BH | 26 | 24 | Paarl Gim | ||
Sat.30Jul | Oakdale | 03 | 13 | Paul Roos | ||
Sat.30Jul | Milnerton | 07 | 43 | SACS | ||
Sat.30Jul | Wynberg | 61 | 12 | Tygerberg | ||
Sat.30Jul | Durbanville | 28 | 29 | Bishops | ||
Sat.30Jul | Rondebosch | 57 | 20 | Parel Vallei | ||
Sat.30Jul | X | X | Cancelled – Lightning | |||
Sat.30Jul | Welkom Gim | 31 | 41 | Glenwood | ||
Sat.30Jul | Queen’s | 12 | 14 | Selborne | ||
Sat.30Jul | St Andrew’s | 22 | 19 | Dale | ||
Sat.30Jul | Pearson | 10 | 24 | Marlow | ||
Sat.30Jul | Brandwag (Uitenhage) | 38 | 05 | Punt | ||
Sat.30Jul | Hudson Park | 47 | 12 | Stirling | ||
Sat.30Jul | Cambridge | 12 | 14 | Port Rex | ||
Sat.30Jul | Nico Malan | 70 | 10 | Daniel Pienaar | ||
Sat.30Jul | Framesby | 27 | 24 | Drostdy | ||
Sat.30Jul | Helpmekaar | 12 | 34 | Monument | ||
Sat.30Jul | Marais Viljoen | 20 | 13 | Menlopark | ||
Sat.30Jul | Garsfontein | 42 | 32 | Noordheuwel | ||
Sat.30Jul | EG Jansen | 39 | 10 | HTS Middelburg | ||
Sat.30Jul | Kempton Park | 29 | 21 | Zwartkop | ||
Sat.30Jul | Montana | 23 | 15 | Middelburg | ||
Sat.30Jul | Transvalia | 24 | 40 | Rustenburg | ||
Sat.30Jul | Ben Vorster | 21 | 42 | Nelspruit | ||
Sat.30Jul | Ligbron | 20 | 12 | Lichtenburg | ||
Sat.30Jul | Pretoria BH | 26 | 50 | Maritzburg College | ||
Sat.30Jul | Eldoraigne | 17 | 23 | Oos-Moot | ||
Sat.30Jul | KES | 19 | 16 | Jeppe |
@jakes: Jys 100% reg, dit sal kliphard wees! Ons sal niks minder verwag nie, EG is ‘n trotse span! Maar dis noggie ‘n done deal of ons EG of Noordheuwel speel nie… maak in elk geval nie saak nie. ‘n Semi is ‘n ander game en sal baie taai wees! Dankie aan EG by al die games, kliphard gespeel maar alles in great gees!
@OomPB: Nee dit was 2013 wat Galant en Duhan vir hulle gespeel het. Hul het n swaar pak gehad maar Gim het n goeie 1ste helfte hehad en hul bietjie seergemaak. Ek was langs die veld naby Anton Leonard en sy woorde was vir die Kwagga ondersteuners dat die Kwaggas die 2de helfte vir Gim.sal wegsit. Maar dit het toe nie gebeur nie. Dit was n goeie Gim span, nie een game daai seisoen verloor nie. JD Schickerling en Jacques Vermeulen saam met die SA skole kaptein Rikus Bothma het die Kwaggas voor geeet. Duhan het n troosdrie vir Kwaggas gedruk op die einde maar toe was die koeel al deur die kerk. Maar ja, Gim het taai wedstryde daar gehad na Interskole. Maar as ek reg onthou het Gim een jaar teen Kwaggas in die Paarl gespeel n ruk voor Interskole. Ek dink die telling was 53 – 0 vir Gim.
@Wonder: verwag maar ‘n baie harder wedstryd teen EGJansen oor twee weke in die semis. Gaan groot een wees
Goeie wen vir Garsies teen EG Jansen,43-15, hulle speel waarskynlik weer oor twee weke in halfeind.
@Grizzly: Die beste span in die land kon dit toe nie vandag maak nie. Wys maar weereens 2022 sal staan as die jaar waar baie spanne op ‘n stadium hand opgesteek het, maar niemand kan werklik die beste claim nie.
@Gimnasias: ja dis nog al die jare so. As interskole verby is dan is die Paarlse skole se sport ook verby. Vat niks weg van die Kwaggas nie, Paarl Gim het oor die jare baie taai wedstryde teen hulle gehad. Ek onthou in 2004 het Snyman vir Ashley Johnson oor die advertensie borde gevat en het tot afrigters en spelers mekaar gemoer. 2005 as ek reg onthou was hulle n topspan met Gelant en Duhan. Hulle het Gim geklop daar in George.
@OomPB: Die beste span het beslis gewen.
@OomPB: Soos ek die week gesê het, daai manne is na Interskole getap en uitgeput. Well done Kwaggas.
Kwaggas 21-20 HJS
@OUD ANKER:seker maar die SA A span se afrigter wat so baie WP seuns gekies het. Van hulle het nie eens in die Craven Week gespeel nie.
@OUD ANKER: Fair question
More is hier n lekker game in George. Boishaai vs Kwaggas. In die verlede het Gim altyd bietjie gesukkel teen Kwaggas na Interskole. Seuns is emosioneel uitgeput na Interskole. Kom ons kyk of Boishaai se fokus reg gaan wees. Kwaggas het maar n gemiddelde span maar mens weet nooit.
@OomPB: Sover ek kan sien is 6 van hulle uit. 3 voor en 3 agter.
@apple: ek het nogal gehou van jou vorige post maar die een is n troll poging wat nie n antwoord werdig is nie.
@PRondersteuner: verseker. Hoeveel Grey College spelers is uit?
@apple:Another question for your list. What does the following say about the composition of the SA and SA A school teams with regards province representation and that province’s performance during CW:
WP = 20 players in SA and SA A team
Sharks = 9
FS = 6
Lions= 5
SWD = 4
Bulls = 4
Border = 3
EP = 1
Which 2 teams played in the CW final? Whats their respective representation? Just asking…
@OomPB: Jorenzo gaan ‘n groot verlies wees, maar ek dink die twee voorrye wat uit is, gaan ‘n groter impak hê.
The best thing of Interschools is that it provides a break of the truly big questions we face, eg, in no particular order:
– did Waterkloof cheat on Garsfontein when the eyed up PB at Noord Suid, and is Affies happy to be dating in the Pretoria pool again?
– When is Paul Roos huge investment finally going to produce a positive NPV? Or is rugby just an off balance sheet distraction from their hockey school domination ambitions?
– If a boy gets a rugby scholarship to a Durban primary school, does that mean he has to stay in Durban forever?
– who is going to launch the big one first, Putin or Xi, or will Iran soetjies poep first?; and finally
– is Grey the best rugby school on the planet, or in the universe?
Of course none as important as whether a 17 year old on purpose conspired with a ref to score a try that changed the course of humankind, but some get close.
Fixtures
U18 INTERNATIONAL SERIES FIXTURES:
Friday 19 August 2022
13h00: South Africa U18 A vs France
15h30: South Africa U18 vs England
Tuesday 23 August 2022
13h00: South Africa U18 A vs England
15h30: South Africa U18 vs France
Saturday 27 August 2022
13h00: South Africa U18 A vs France
15h30: South Africa U18 vs England
SA Teams
SA Under-18:
Backs: Michail Damons (fullback, Bulls), Stehan Heymans (flyhalf, Bulls), Steven Nel (scrumhalf, Bulls), Caleb Abrahams (scrumhalf, Cheetahs), Alfondso Isaacs (wing, Cheetahs), Joshua Boulle (centre, Lions), Joel Leotlela (wing, Lions), Litelihle Bester (centre, Sharks), Sha-Jehaan de Jongh (wing, WP), Bruce Sherwood (centre, WP), Thurlon Williams (flyhalf, WP).
Forwards: Sibabalwe Mahashe (loose forward, Border), Lilitha Matsiliza (utility forward, Bulls), Casper Badenhorst (prop, Cheetahs), Lukas Meyer (loose forward, Cheetahs), JF van Heerden (lock, Cheetahs), Sifiso Magwaza (prop, Lions), Thabang Mphafi (lock, Lions), Ethan Bester (hooker, Sharks), Thomas Dyer (loose forward, Sharks), Jack Waterhouse (lock, Sharks), Ruan Swart (prop, SWD), Luca Bakkes (hooker, WP), Matthew Fick (loose forward, WP), Reno Hirst (prop, WP), Zachary Porthen (prop, WP).
SA Under-18 A:
Backs: Onelisiwe Fani (scrumhalf, Border), Sesethu Mpaka (centre, Border), Bradley Giddy (flyhalf, Cheetahs), Antonio Bruiners (centre, SWD), Camden Schoeman (loose forward, SWD), JT Strydom (fullback, SWD), Jameel de Jongh (wing, WP), Gino Cupido (wing, WP), Jurenzo Julies (centre, WP), Liam Koen (flyhalf, WP), Emrique Liedeman (scrumhalf, WP), JC Mars (fullback, WP), Philip-Albert van Niekerk (centre, WP).
Forwards: Max du Pisani (loose forward, EP), Ulrich van der Westhuizen (lock, Lions), Christian Everitt (hooker, Sharks), Liyema Ntshanga (prop, Sharks), Sandile Nzuza (utility forward, Sharks), Nic Snyman (prop, Sharks), Zuki Tom (loose forward, Sharks), Bernard Bladergroen (prop, WP), Daniel Botha (lock, WP), Keanu Coetzee (lock, WP), Divan Fuller (loose forward, WP), Willem Loubser (prop, WP), Juan Smal (hooker, WP).
Aardvyandskap…dit is wat waarde heg aan die Gim v Boishaai game. Gim het blykbaar die jaar ook teen Affies op kontroversiële wyse verloor…maar die passie oor daardie verloor is nie naaastenby so groot issue soos die Boishaai-Gim game nie….passie en liefde vir die game tussen daai Paarliete is baie groot
@wika: Beet is still on holiday.
@JongMatie: Die SA spanne is uit. Ons gaan interskole sonder Julius Dis slegter om hom nie te he nie as 6 Grey Kollege spelers.
What happened to results of past weekend on site? Where are the new fixtures for this weekend?
@Oakdale supporter: Nee wat, daai 8ste man van Boishaai sou nie eens op daai oomblik besef het hy slaan aan nie. Alles gebeur so vinnig in so groot oomblik. En dalk het hybgedink omdat hy met sy lyf op bal geval het is dit n drie. Wie weet? Dis net jammer dat hy nou as n “boef” beskou word nadat hy op daai oomblik n held was vir Boishaai. Arme klong moet nou negatiewe goed lees en video sien. Dit vat die grootste en beste oomblik in sy rugbylewe tot dusver nou weg. Ek ken elkgeval nie mense wat op so groot dag op daai oomblik vir n ref sou sé hyt aangeslaan nie, sou hy dit elkgeval op daai oomblik besef het. Maar met al die druk van borge, Old Boys en skool self is dit maar moeilik. Sit julle manne maar in daai posisie. Hoop mense los nou die kommentaar oor hom. Kom ons almal fokus op die naweek wat kom
Ek het nou ‘n uur gevat om al die redenasies en treurmades te lees. Wat vir my die hartseerste is, is dat ‘n seun nou as oneerlik geoogmerk word. Ek het Gim pelle en ek het BH pelle. Van my pelle wat in ander skole was het kinders in Gim en ander in BH. Ek het dus geen vooroordeel oor of voorkeur watter skool wen die interskole nie. As ek sê Gim is Saterdag benadeel,sê ek dit omdat ek dink die skeidsregter het ‘n fout gemaak. Ek kan jul egter verseker hy het nie besluit hy gaan maak of hy nie die kock gesien het nie. (Daar moes in my opinie ‘n TV ref gewees het. Dis nogal sad hoe mense se redenasies verskil wanneer hulle aan wenkant of verloorkant is.
Ek het gisteraand met ‘n oud Gimmie gekuier en hy sê toe ‘n waar ding. Niemand by die veld het die aanslaan gesien nie en hulle sou almal die uitslag aanvaar het. Toe begin mense videos stuur van die aanslaan en almal raak op hol.
Watch die Scoreboard, BH het gewen en in my opinie dit verdien ook!!
@Gimnasias: well said-dit gebeur maar.
volgende jaar weer anders
overall was gimse spanne vir my baie beter afgerig- well done met n kleiner sperspoel
@Gimnasias: Darem een nugter denkende Gimmie!
@BoishaaiPa: Ek is n Gimmie en het dit al voorheen gesê op die groep dat die vorige Interskole het Gim se linkervleuel in die hoek gaan score teg voor die Boishaai Old Boys. Die heelagter van Boishaai het hom geduik en volgens my was die vleuel uit in die hoek voor hy die drie gedruk het maar die vlagman het vir die skeidsregter gesê dis n drie en dis toegeken. Ek het dit op die TV gekyk en op die kykweer was dit vir my duidelik dat die vleuel uit was. Die arme heelagter kon nie glo die drie word toe toegeken nie. Gim het daai game gewen en dit was bitter close. So almal hier kan nou redeneer en aangaan soos hul wil, punt is dat oor die jare beslissings vir jou gaan en teen jou geen. Elke span kry sy dag. Maar ek as Gimmie sê dit weer, Boishaai was die beter span en het vir Gim geduik dat hul lywe nou nog seer sal wees. Boishaai het verdien om die een te vat. Geniet die wen, die sore staan.
@Deon: Ek sal liewer nie iemand ander beskuldig van ……. praat nie. Is dit nog lekker daar in die golfklub?
Julle manne wat so baklei oor daai aanslaan…julle is almal reg. Die skeidsregter is daar om die foute uit te wys en die spelers om die game te speel. As afrigters sê ons vir die spelers om by die ref aan te pas en te speel op die ref se lyn….nie volgens die wet van die spel nie. M.a.w jy probeer met soveel weg kom as moontlik….dis hoe dit is. Daar is ook “gamesmanship” waar jy strafskoppe bv wil bekom deur dit te laat voorkom of die opposisie iets verkeerd doen terwyl jy eintlik die ding doen…Fitzpatrick, Kronveld en McCaw was meesters met dit…ons moes of aanhou eerlik wees of slimmer word en wen….
Dan aan die ander kant as dit my seun, of n span wat ek afrig was wat daai “drie” gedruk het en geweet het hy het hom eintlik aangeslaan sou ek mixed feelings gehad het…eerlikwaar ek sou. En ek moet erken dat ek super trots sou wees as hy omgedraai het en gesê het dat hy dit nie gedruk het nie….ek dink hy sou in almal se oë n groot held gewees het…maar dit sou iets besonders wees en heeltemal buite die norm as jy die druk, en groot oomblik alles in ag neem en hoe vinning dinge gebeur.
Op die einde van die dag is daar altyd ifs and buts en as jy wil wen moet jy die job gedoen kry op die veld, afgesien van skeidsregters en ander veranderlikes. Dit is wat kampioen spanne doen. Gee vir Booshaai hulle wen, hulle het die wen deurgehaak en verdien hom. Die wenner is die een wat die job gedoen kry, nie die een wat gelukkig is, of wat dit meer verdien nie. Daar was al baie sulke wedstryde (bokke vs Aus met Bryce Lawrence ens)…en as jy dit mooi nugter gaan ontleed het die verloor span sy kanse gehad en kon die wen kry ten spyte van ander dinge wat teen hulle was op die dag. Ware kampioene maak nie verskonings nie, hulle kry die job gedoen. Julle almal het n goeie punt beet.
@Rainier: Ons is dan op dieselfde bladsy.
@Djou: Jy hoef nie saam te stem nie. Ek dink steeds nie die kind het verkeerd opgetree nie.
@OUD ANKER: Hallo Anker, dankie. Ek ken nie Anker, net EG Jansen en Stoffberg in die Oos-Rand . ‘n Familielid het in die 70’s ( dink 77) Stoffberg span gespeel wat die Administrateursbeker/Registrateursbeker gewen het. Ek het baie by hom oorgebly in Dalview wanneer ek daarbo gewerk het, en op Tuks doenig was, en baie Springs, Benoni, Nigel ( ek dis waar ek in die Vetkoekpaleis was ) besoek. In al die jare jare het ek nog nooit iets common beleef daar, of eerder, meer common as elders nie, soe ek weet nie van die common nie, dit nog nooit self gesien nie. As jy dan voel ek common omdat ek jou ‘n vraag vra, sodat ek vir jou kan prakties verduidelik dat skuldvereffening by proxy verkeerd is, so be it, dan is ek common. Zeph ook , fine met my ‘Cause she’s living in
The love of the common people
Smiles from the heart
Of a family man
Daddy’s gonna buy you
A dream to cling to
Mama’s gonna love you
Just as much as she can
And she can
Edit : Waar is ek vandaan is jou vraag? Ek woon in die Kuiper Gordel , so op die rand van Neptunus se wentelbaan, maar soms gaan hoor ek what the old man say in die kroeg op Tristan da Cunha sodat ek weet waar die feral beeste wei en of die geelstert vra om geskiet te word op Tripp Seamount Vema. lol
@Strepie: Lmga, nee wat, ons word geleer van kleins af om ons eie man te staan, so nee, ek is ‘n trots vir my skool. Verleentheid, my laaitie wat in HJS is moet jou “Paarl is Blou plasing” lees, hy sal cringe saam met met namens jou, Bliksem dis so ongelooflik platvloers, ek wens jy het dit eerder in’n ander taal geskryf.
Hy kom van volgende kwartaal af huis toe, ween logistiek, wat terloops dieselfde rede was hoekom hy daar op skool was in die eerste plek. Hy het puik tye daar in HJS beleef, en gaan sy vriende, onderwysers ensovoorts baie mis. Puik skool, paar snaakse old boys, meestal die wat dink hul interskole is die alfa en die omega, terwyl ek op PRG eers die eerste keer daarvan gehoor het in my standard 10 jaar.
@Rainier: Dit is waar en korrek, en tipies Grey, damn eerbaar daarby, tekenend van ‘n wen kultuur, maar as mens teen so ‘n span wen, voel jy soos ‘n ware wenner? Ek kan nie daardie stap doen nie, ek sou nooit ooit kon voel soos ‘n wenner as ek teen ‘n halwe span ( ek weet dis die verkeerde term maar ek hoop jy verstaan my strekking) “wen” nie, of meer punte op die telbord het nie. So ek is jammer vir albei spanne.
Ok Oom, waar het ek genoem enige-iets is HJS se fout hier, of vir HJS of die seuns of selfs die skeidsregter persoonlik blameer? Hoe kon dit moontlik HJS assulks se fout wees? Dis bloot ‘n geval van ‘n afstorm “drie” en ‘n knock on wat nie toegeken KON word nie, dis al, en as ek op so manier “gewen” het, of om dit eerder meer korrek te stel , op so ‘n manier “nie verloor het nie”, sou ek dankbaar gewees het, ‘n sportman gewees het, en net stil gebly het, eerder as om DIE PAARL IS BLOU mentaliteit ten toon te stel en jou onderrok oor jou eie oë te laat hang.
@PRondersteuner: Jy het pas genoem ek knock die bal baie, nou sê jy ek is nie baie hier nie. Soos ek elders gemeld het, vertel my van so ‘n besoek aan die golfbaan asseblief, maar eers moet jy besluit of ek baie hier is, of nie. Dis net ‘n skool rugby blog, dis al, dis net fun, en in my geval is dit leer ook, en ek stel belang, maar nie so baie dat ek na elke stelling eers beledigings wil aanhoor vir ‘n maand voor iemand my verduidelik waar ek fouteer het nie. Kry ‘n lewe jong lol
@PRondersteuner: OK, fine, maar die premise waarop ‘n beskawing gebou word sluit in jy vertel my waar ek die bal knock, dan gesels ons daaroor. As jy nie kan uitwys hoe en waar ek die bal knock nie, dan het jy dit geknock is dit nie? Dan praat jy …..jy weet mos.
@Strepie: Is ons ook Ge-Glenwood bedoel jy?
@Djou: Puik plasing
@Wondermaar: Dit was nie ooglopend met 3 Gimmies wat nael na jou, jy moet afbuk en 25 000 mense wat mal gaan om jou nie. Dit is die hele punt..
@OUD ANKER: Ongelukkig is dit die reel van die krom mensdom en gaan niemand dit verander nie , net n skolerugby wedstryd, maar daardie persoon wat anders is en kies om n OPENLIKE DUIDELIKE FOUT te erken. SJOE wat n UITSTAAN KEUSE , wat geen wen of verloor kan vervang nie.
@Djou: Ek het nie een keer die aanslaan probeer regverdig nie. Ek verdedig dit om ‘n speler as oneerlik te beskou wat nie ‘n skeidsregter daarop wys as hy die bal aangeslaan het nie. Netsoos ek Steven Kitshoff nie as oneerlik beskou as hy nie die skeidsregter daarop wys as hy die skrum laat val het nie. Ek verdedig die spelers en nie die skeidsregter foute nie. Djou, onthou om volgende keer as jy per ongeluk 70km/h in ‘n 60 zone ry, onmiddellik by die naaste verkeerspolisie aan te meld en vir ‘n boete te vra aangesien jy die wet oortree het. Dit is die eerlike ding omte doen….
@Rainier: Ek verskil van jou.
Bv. Stuart Broad dra tot vandag die “tag” as ‘n cheat. En wanneer van hom gepraat word in enige gesprek kom die woord cheat op.
En min indien enige Suid-Afrikaners glo dat Nick Berry ‘n eerlike en bevoegde ref is.
Dit gaan nie oor die ref reghelp nie, dit gaan oor jou karakter as mens, om te erken wanneer jy ‘n fout maak.
Nietemin, ek beweeg aan van die gesprek af. Julle gaan my nooit oortuig nie dat verkeerd eintlik reg is.
@OUD ANKER: Ek het minstens iets geleer van jou – jy weet nie as die bal in jou hande is en wanneer jy hom laat val nie.
Om stutte as analogie te gebruik vir daardie voorval is absurd.
Maak nie saak hoeveel ondersteuning jy probeer kry by ander om die aanslaan te regverdig nie, dit bly verkeerd.
Ek moet sê ek het nogal baie geleer van bloggers na die voorval. Sommige probeer ‘n aanslaan met allerhande redes regverdig, terwyl ander eerlik is.
@PRondersteuner: Ek dink BoerBoel is dalk nog in die Paarl – interskole Blues.
@Rainier: Dit is so, ek gee net konteks.
@Strepie: Ek verstaan dit. 7 spelers van GCB kan nie speel teen PRG nie, dis steeds Grey se 1ste span. Die helfte gaan nie Cherries broeke en veters dra nie.
Jou span op die dag is jou span.
@Strepie: Ag wat man. Ou Deon is soos daai ou wat so een keer in 3 maande by die golfklub opdaag, almal uitdaag vir putt-putt en dan halfpad deur die game ‘n dyspier skeur of so iets. Dan sien jy hom weer vir lang tyd glad nie. Ek wens net Beet wil sy PRG trui uittrek soos julle met Boerboel gedoen het.
@Rainier: 11 eerste keuse spelers kon nie speel nie..
@Strepie: Nee, dit was basies Boyshaai se 16A span op die dag.
@PRondersteuner: Ek is bly jy praat die man bietjie aan. @Jong Matie, snaaks dat jy ook nog nie vir ou seer toon Deon bietjie oor die vingers getik het nie!
Die man is n verleentheid vir Paul Roos.
@PRondersteuner: Korrek, dit was basies n Boishaai 0/16b span.
@Deon: Jy knock die bal so baie hier. Om nie te praat van al jou high tackles en stywe arms nie. Ek het jou dit nog nooit sien erken nie. Trek net asb daai trui uit, want jy is ‘n verleentheid.
@Strepie: Is daardie o16 spelers nog beseer van Grant Khomo af? Dit het omtrent soos ‘n dokter se spreekkamer gelyk langs die veld die laaste dag van Grant Khomo.
@OUD ANKER: Ek verseker jou die stutte weet wie die skrum laar val het. Daar is altyd ‘n gekonkelry en geknoeiery in die vast fasette.
Ek wonder of die verwagting is dat spelers hulself ook nou geel of rooi kaarte moet gee as die skeidsregter en lynregters hulle hoogvat mis?
Belaglik!
The reason 25,000 people go to a game that they can watch on TV is because of the passion, the controversies that stretch over more than a century. It becomes folklore, to be discussed by the kids for years to come. In the 80s Deon (before moving up in life to the Bosch) and his gang wrote letters to the Burger complaining why Paarl Interschools was the first school game to be on SABC, they wanted it to be HHH and Strand…and 40 years later the answer is still there. All this is doing is doubling the TV rights for next year, so thank you. Focus rather on Marcus Jooste. And for those that support the poor boy from these attacks from people that sit in gaudy mansions with three different column pillars and fiddle with their tax returns and only have their own interests at heart under the guise of morality, thank you very much.
@Rainier: Ek stem 100% saam met jou. As Steven Kitshoff ‘n strafskop kry omdat die skrum geval het en Steven weet voor sy heilige siel hy het eintelik die skrum laat val (want in elke game is daar onsekerheid wie het sekere skrums laat val), maak dit Steven oneerlik as hy nie vir die skeidsregter sê, “mnr die ref ek het actually die skrum laat val, draai asb die strafskop om”?…belaglik.
Ag nee regtig, ek kan nie glo daar is ‘n gesprek oor regverdigheid en integriteit nie.
Vir die afgelope 100 jaar word rugby gespeel en dis nie deel van die game om al jou foute aan die skeidsregter uit te wys nie. Skeidsregters is mense en jy kry foute wat jou te na kom en foute wat jou bevoordeel en hopelik balanseer dit mekaar uit oor ‘n tydperk.
Ek het lank krieket gespeel en vir elke slegte LBW was daar ‘n “nick” wat die skeidsregter nie opgetel het nie.
Hierdie argument rondom die ref reg help is belaglik.
@Kerveros: Nog n helderdenkende blogger, dankie tog.
I do not understand the comments of dishonest rugby players on the field. Let me explain. When a person is tackled very hard on the field then your memory loose nearly 1 second of what happen before and after that tackle. How is it possible for that person to correct a referee in many cases.
@Djou: Ek stem 100% saam met jou 10 punte genoem
@Wondermaar: Ek dink nie rugby spelers is oneerlik of het ‘n gebrek aan integriteit net omdat hulle nie ‘n skeidsregter daarop wys as hy/sy aangeslaan het en die skeidsregter dit nie gesien het nie. Is alle skrumskakels dan oneerlik?, want GEEN skrumskakel in vandag se rugby gooi ‘n bal reguit in ‘n skrum in nie, alhoewel die reel duidelik sê hy moet. Is alle spelers wat dan van hulle voete af is as hulle ‘n bal steel by ‘n losskrum dan oneerlik as hy nie vir die skeidsregter sê dat hy eintelik van sy voete af was toe hy die bal gesteel het nie? Is alle skoppers dan oneerlik wat feitlik NOOIT die bal van die aangeduide strafskop kolletjie af skop nie? Ek dink nie so nie…en is dit onregverdig om spelers as oneerlik te brandmerk omdat hulle nie ‘n skeidsregter op ‘n fout te wys wat hy as speler gemaak het nie.
@OUD ANKER: Nee nee,ek weet van min maar wel van gevalle waar spelers self uitgewys het aan skeidregters, maar SJOE MENSE is die wereld en kinders regtig so aan die AGTERUITGAAN dat eerlikeid en integriteit so min geag word????
@OUD ANKER: Hallelujah! (Met die grootse eerbied gese.)
Jou nugtere argumente (selfs die wat tong-in-die-kies gemaak word) beindruk.
Ek is ‘n entoesiastiese rugby-ondersteuner van 58 jaar oud met twee seuns wat verdienstelike rugby gespeel het. Die volgende keer wat ek sien dat ‘n speler – van o/7’s tot op internasionale vlak – ‘n fout wat hy/sy gemaak het vanself onder die skeidregter se aandag bring, sal ook die eerste keer wees.
@Herakles: INTEGRITEIT:maar let wel ek het geen beeldmateriaal gesien om aanslaan bevestig nie. Sou die wereld bue wonderlik gewees het indien almal op eerlikheid gefokus het nie.
@Djou: Asb. laat weet my wie daardie skole en/of spanne is wat die skeidsregters so reghelp en so eerlik is. Ek gaan persoonlik na daardie wedstryde toe ry en videos daarvan maak. Ek gaan daai videos verkoop, want so iets het niemand nog ooit gesien nie…
@Strepie: hyt my baie beindruk die jaar….paar massiewe duikslae en jackals ook by Wildeklawer uitgehaal. Hy gaan volgende jaar n handvol wees…
@Djou: het jy die ref vertel elke keer as jy aanslaan?
@OUD ANKER: Jammer, ons is nie so geleer nie! Hoe meer jy dit probeer regverdig, hoe meer praat jy jouself in ‘n dwaal in.
Ek het in verskeie spanne gespeel waar ons die ref reggehelp het. Dit was ons motto – speel regverdig, maar hard.
@Jakkals: Dit moet genoem word dat ons o/16 span sonder 11 eerste keuse spelers interskole gespeel het.
@Jakkals: Gim pap geduik.
Volgende jaar matriek.
Was beseer net voor CW, anders was hy n seker keuse.
Op n positiewe Pêrel interskole noot….is ek die enigste een wat dink Divan Fuller is ń yster? Ek dink daai laaitie is toekomstige Internasionale speler.
@OomPB: Korrek, ons het n 70ste op Stellenbosch gehad Saterdagaand.
@Strepie: eks net bly jy is terug. Ek jy van Windhoek deurgekom?
@OomPB: Ek sou self a post of twee van boerboel verwag het, baie vreemd.
@Herakles: ek stem. Ek het vir Beet n email ook gestuur. Wasr is Smallie en Boela bv?
@apple: Thank heavens, a mature comment.
@Strepie: amazing that the same crowd that always preach “accept the ref” now suddenly requires a higher standard from a school boy in the midst of a highly intense match. he did nothing wrong, in fact even if it was seen as a knock on, the scrum on the line could have lead to a number of different outcomes. the ref did make a number of mistakes in the last couple of minutes, all in PG’s favour, including the time on the clock. In any event, those that have actually played rugby will know that it is v difficult when you chase a kick over the line whether you controlled it, whether there was downward pressure etc, in particular if the ball hits your leg as in this case and you are tackled and end up with the ball. to take morality lessons from those that have shown their morals on this blog…
@Djou: en Strepie en OomPB, komaan manne, wees realisties, baie van julle het self ook ruggas gejol, en ek moet met Herakles saamstem, niemand gaan na ‘n skeidsregter toe draai en vra om ‘n beslissing omte draai al het hy geweet hyt die bal aangeslaan of vorentoe aangegee nie. Ek het dit nog NOOIT sien gebeur nie en beteken dit dus dat rugby spelers reg oor die wereld van 0/9 vlak af die oneerlikste klomp uitvaagsels ooit is. Hoeveel keer het julle nie al ‘n rugby wedstryd bygewoon waar ‘n skeidsregter ‘n blatante vorentoe aangee mis en jou span gaan score en al jou mede span supporters sug ‘n slaak van verligting dat die ref dit gemis het, hoeveel van julle spring dan op en skree, “ref, ref, jyt daai vorentoe aangee gemis!” AB de Villiers was bekend daarvoor dat hy gestap het as hy die bal genick het, Ricky Ponting het nooit gestap nie, want sy redenasie is, dit is waarom daar ‘n skeidsregter, en hawk eye en 3e skeidsregters en extra slow mo ens ens. is om die werk te doen. Maak dit van Ricky Ponting ‘n oneerlike uitvaagsel?… ek dink nie so nie.
@Djou: …..net as jy weet jy het hom geknock.
@Strepie: Voor jy aangeval word omdat jy ‘n gemiddelde telling gepubliseer het – jy is 100% reg aangesien jy met ‘n normaal verdeelde populasie werk.
@Herakles: Ons verskil bietjie oor een punt. Eerlikheid en integriteit. As jy weet jy het die bal verloor oor die doellyn dan kom eerlikheid en integriteit ter sprake.
Maar die wen ten alle koste is seker belangriker vir sommige mense.
@Strepie: ek is bietjie oningelig, ek verstaan werf soos in my kinders se dae, wat is koop? delayed option?
Selfs n speler van Worcester se blinde skool sou weet hy het die bal geknock
@OomPB: PRG werf/koop/delayed option beslis.
Die speler kan net n hero wees as hy weet hy het geknock.
@Strepie: kyk ek neem nie die speler kwalik nie, hy het net n kans verspeel om Paarl Interskole sportsmanship na n nuwe level te neem. Hy kon met so n daad homself n national hero gemaak het. Dis al.
Sover ek weet koop PRG nie spelers nie, definieer bietjie meer.
@OomPB: Hier verskil ek van jou. Daar is by my beslis oortuiging dat n speler nie altyd weet hy n bal geknock nie.
Prg doen beter wat hulle koop nou aktief – baie maklike veruideliking.
@Strepie: PRG se uitslae van ander spanne het ook baie verbeter.
@Strepie: wel daar is n Verskil. Jy weet dadelik as jy n bal knock maar jou oog is nie op jou hakskeen as jy n drie druk nie. Gedog n slim ou soos jy behoort dit te weet? Vorentoe aangee is 50/50 selfs in touchies
@OomPB: Jean Stemmet doen skitterende werk by GIM
@Herakles: Labuschgane (Gim vleuel) moes, na Liedeman gana druk het, beslis na die skeidsregter gaan en se ”meneer, my binnetoe aangee was vorentoe” lol
@Herakles: wel hy kon die ultimate sportmangees gewys het. Dis waaroor Paarl interskole gaan.
@Strepie: sjoe dis baie gelykop. In die verlede het HJS gedominate.
Mis ek iets of handhaaf Beet vir die laaste maand of twee ‘n lae profiel? Tipies is daar ‘n oorvloed van stimulerende posterings deur hom oor belangrike gebeure in skolerugby, maar sien ek dit nie vir die laaste maand of twee nie. En ek mis dit!
Voorts, wanneer kan ons ‘n opdatering van SBR se gesaghebbende “Rankings” verwag?
Op heeltemal ‘n ander punt – ek sien daar is bloggers wat reken dat die seun wie die omstrede drie tydens die groot Derby in die Paarl gedruk het, die aanslaan spontaan aan die skeidsregter moes uitgewys het. Diegene wie die standpunt huldig, het seker nie mooi gedink nie. Sou hul verwag dat ‘n speler uit eie beweging na ‘n skeidsregter gaan en se: “Mnr, ek dink ek was ‘n half-meter onkant gewees. Sal Mnr asseblief ‘n strafskop teen my gee?” of “Mnr, ek dink daardie aangee van my was ‘n paar sentimeter vorentoe gewees. Sal Mnr asseblief die drie kanselleer?
Opsigtelik werk dit nie so nie, want die skeidsregter is in die finale instansie “the sole judge of fact” en het (en sal) rugbyspelers nog altyd die toepassing van die reels tot op die uiterstes getoets. (Die enigste sport waaraan ek kan dink waar dit verwag word dat jy jouself penaliseer is gholf. Versuim om dit te doen, etiketeer jou oombliklik as ‘n persoon waarvan die eerlikheid en intergriteit onder verdenking is. Daarom is dit altyd ‘n goeie idee om ‘n rondte gholf saam met ‘n potensieele sake-vennoot te gaan speel. Jy gaan baie leer!)
Boishaai se fokus is alweer by Kwaggas die naweek in George.
Interskole is verby.
@OomPB: Gespeel 19
HJS wen 9, Gim wen 9
Gelykop 1
Punte vir HJS 323
Punte teen HJS 307
Gem telling vir Boishaai 17-16.
@Deon:Ou Deon, ek kom van die Oos Rand af (Springs om presies te wees) en ons het commin vervolmaak en het ons die reg om commin te wees, MAAR Stellenbosch is ‘n ordentelike plek en PRG ‘n vooraanstaande instansie, so jou commin uitlatings hoort nie by ‘n ordentelike plek soos Stellenbosch nie. Is jy oorspronklik van daar af? Of het jy jou commin streek iewers aan die Oos Rand opgetel?
Spanne moet beheer dit wat hil kan beheer. Kyk die A en B spanne se games Dan sal enige supporter sien waar dit vir Gim skeefgeloop het. Nr 10 en skop rugby soos die Springbokke. Boishaai het die bal die werk laat doen met daai agterlyn. Koen over daai heelagter wat elke keer kak maak van agter. Die B span het Smith die bal versprei en self die lyn aangeval.geen pale Kantlyn. Wat was die score? Moerse pakslae vir HJS. Vergeet van die fout van die skeidsregter. Gim politics blow it.
@Deon: jy neem die skeidsregter en beslissing en HJS kwalik. Ek neem Gim kwalik wat n speler drop na hy heel jaar so goed speel dat hy uitblink in WP Cravenweek final. Laat n flank weg vir n slot vir Interskole? Dis seker graad 11s wat moet terugstaan vir matrieks of hul pa’s is baie belangrik. Dit het niks met HJS te Doen nie,
Gelukkig speel PRG nie teen Gim se Berries interskole nie. Wat was die Gim vs HJS se totale wenne?
Dit bly verstommend hoe vlak en bevooroordeeld die redenasie van intelligente bloggers is (uitgesonderd Jong Matie/Mate/Andre wat eintlik net grappe maak) en soos IYI’s optree. Hier is 10 van hulle.
1. As 2 skole teen mekaar WIL speel, SAL hulle, maak nie saak hoeveel spanne daar is nie.
2. ‘n Boishaai-Paarl Gim derby is die grootste wat ondersteunerbywoning betref en is uniek. Moet dit asb. nie probeer namaak nie deur bv Affies vs Garsies nie. Middelburg vs HTS is ook ‘n wedstryd wat deur bykans die hele dorp aanskou word en die dorp verdeel vir ‘n dag – ook uniek, hoewel nie die grootste nie. So is daar ook baie ander.
3. Ander interskole derbies is vir daardie skole net so belangrik as wat die Paarl Bois vs Paarl Gim vir hulle is. Grey vs Grey het ook Saterdag gebeur, maar bykans niemand praat daaroor nie weens “skolerugby-kaping”.
4. Sean en Pieter is NIE die enigste coaches in SA nie. Ander skole het ook goeie afrigters maar word selde genoem weens bevooroordeeldheid deur mense wat altyd die beste wil wees om eie minderwaardigheidskomplekse te verbloem. Die werklike bestes spog nooit daarmee nie want hulle weet.
5. Daar is elke Saterdag great skolewedstryde, selfs buite Paarl, hoewel Paarliete waarskynlik nie so dink nie.
6. Wat 3 jaar gelede in ‘n wedstryd gebeur het in terme van verkeerde beslissings, het niks te doen nie met wat 3 jaar later gebeur in terme van verkeerde beslissings – en kan nie as rede aangevoer word om ‘n verkeerde beslissing 3 jaar gelede te neutraliseer nie.
7. Wanneer jy ‘n bal aanslaan dan WEET jy dit. Daar is GEEN manier dat jy nie weet nie as jy ‘n bal verloor.
8. ‘n Gemiddelde telling is betekenisloos en sus net die gewete van diegene wat die berekening doen wel wetende dat dit hul naam bollie maak in die oë van die res van die land. Selfs in die grootste interskole in Suid-Afrika/wêreld word gemiddelde tellings nie bereken nie.
9. Skolerugby-administrateurs is waarskynlik van die selfsugtigste mense in die land. Hulle is net daar vir hulself om belangrik te lyk en egos te streel, eerder as om die belange van skolerugby te bevorder.
10. Deur leuens oor ander skole te versprei, of truie te verbrand, of ander skole met sogenaamde skelname te probeer afkraak, vertoon ‘n mentaliteit van ‘n poging tot vernedering om eie minderwaardighede/verkeerde besluite te probeer regverdig. Dit werk nooit en boemerang wanneer die waarheid uitkom.
@JongMatie: As ons verloor teen Grey se B span, ek dink Oom Bog het hulle om een of ander vreemde rede Cherries genoem ( voel of die B span Berries) genoem moet word, dan is dit so. Wat daarvan? Solank ons dit met eer doen. Ek sien meer ‘n probleem as ons hulle B-span wen. Dan beteken dit min, Verstaan jy, of moet ek die vetkryte bring? T-hemde storie was kinderagtig, maar as jy in 1991 ‘n Matie was, soos in op die kampus, sou jy meer verstaan het. Dit is darem nou ook al dekades gelede , immers voor die corporate gift era, en dit het weer gebeur daarna , by ten minste een ander skool, so what? Dis goed dat jy my waarsku oor die Grey B-span wat kom speel; dit beteken bloot dat ek nie eers belangstel in die uitslag nie.
@JongMatie: My toon is toevallig seer want ek het Sondag ‘n 36 km tydtoets gedoen in nuwe skoene en toe met die afkoelslag in ‘n seekastaiing getrap in Jan Rabie se Poel, en dis die som totaal van my probleme, verder is dit net lag en soms skater. Waarvan is jou toon seer? Gout?
@OUD ANKER: Flippit ou maat. waddefok se poging tot redenasie en regverdiging is dit lmga. Kry mens beurte? Moenie vergeet om te verduidelik hoe dit relevant is wat skeidsregters in vorige games gedoen het asseblief, dan ekstrapoleer ek daardie benadering vir jou na jou persoonlike lewe toe en dan sal jy vir jou eie stellings lag.
@BoishaaiPa: Om met ‘n persoonlike belediging te open is soos om te resign in skaak . Dit laat my immers giggel. Dit is nie net veelseggend nie, dit sê alles, en ek bedank jou dat jy saamstem dat dit geen drie was nie , dat die beslissing nie twyfelagtig was nie maar gewoon onortodoks verkeerd. Hou ook van die erkenning in die manier waarop jy die woord “deesdae” aanwend in daardie addisionele aantyging. Ek steur my gewoonlik nie aan Boyshai nie maar slegs aan sommige aanhangers se selftevredenheid en wanneer een na wat gebeur het Saterdag kommentaar plaas wat hy geplaas het, laat die onwaarheid daaragter my kots, en reageer ek met die onbetwisbare waarheid as naald om daardie selfopgeblaasde kop so bietjie af te blaas. Na games soos daardie een met daardie beslissing moet die “wenners” geleer word “Swijgen zijn goud waard”
@Deon: Jy bly so irrelevant soos altyd. So jy is doodseker Gim sou wen..Die telling was 19-17 op daai tyd en as die skeidsregter die knock gecall het was dit n scrum op Gim se doellyn..enige iets kon nog daarna gebeur..Maar jy reken Gim het gewen. Nostradamus seker jou voorvader gewees. Bepaal jou eerder by jou eie alma mater se doen en late want al waaroor jy kan gal braak is Boishaai. Die grootste tjeks word deesdae daar in Stellenbosch geskryf want hulle koop Paarl se laerskole leeg. Jy maak maar net jou naam gat want jy is oningelig en jou kleinlike opmerkings teenoor n great instelling wys van watter materiaal jy gemaak is.
@JongMatie:
Btw, dit is al hier genoem, Labuschagne se inside pass na Liedeman vir die Gim drie was vorentoe.
@OUD ANKER: Deon mag jou dalk net feitelik verkeerd bewys 😀
@JongMatie: Ek dink nie julle PRG manne moet op die feit fokus dat Grey dalk sonder van hulle 1e span spelers teen PRG gaan opdraf nie, want daai argument kan julle dan nie wen nie. Verloor PRG dan die game sal Grey sê hulle het PRG geklop met ‘n 2e span. Wen PRG die dag sal Grey sê PRG het teen Grey se 2e span gewen. In my opinie is dit PRG teen Grey, finish en klaar en die wenner het die bragging rights, finish en klaar en weereens klink ek soos ‘n vasgehaakte plaat, niemand gaan oor 2, 5 of 10 jaar omgee watse 2 spanne op die veld gedraf het nie, die score is op die bord…
@OUD ANKER: Ek dink ou Deon se toon is seer of kry tans min slaap in.
@Deon: Netsoos brutale verkeerde beslissings Gim in die verlede laat wen het…kan enige iemand daardie wrdstryde onthou…? Eks seker daar is, MAAR niemand gee 2 of 5 of 10 jaar later om nie. HJS het die derby van 2022 gewen. Volgende jaar is dit dalk omgekeerd met nog ‘n brutale verkeerde beslissing.
@Deon: 30k mense, seun weet waaragtig self nie of hy aangeslaan het of nie.
Protokol sou wees aan lynregter, ‘ kon jy n rede sien vir geen drie of n ‘clear knock on’ indien nie, moet die drie gegee word.
Verstaan jy of moet ek weer verduidelik?
Ons (ek en jy) moet eerder op Grey fokus want hulle kom met n span wat 7 veranderinge ( SAS spelers) het markotter toe.
Kan jy jou indink as ons teen basies n Grey b span moet verloor, solank iemand net nie weer n mal gedagte kry om thempde te druk nie..
@OUD ANKER: Hoekom is dit relevant of daar in die verlede “twyfelagtige” beslissings was? Ek verstaan glad nie hoe dit kan wees nie. En wat was twyfelagtig aan hierdie beslissing? Dit was brutaal verkeerd, GEEN twyfel nie.
@JongMatie: Dis darem bitter subjektief. AS my tannie balls gehad het was sy my Oom. AS die skeidregter die call reg gemaak het, objektief, wat hy beslis nie gedoen het nie; hy het gefaal op ‘n bisarre vlak, het Gim gewen. Die seuns wat in daardie boyshai span was moet ongelukkig daarmee saamleef. Ek weet hulle sou eerder eerlik ( nie 100% die regte woord nie, ek weet) wou verloor.
@Deon: As daar ‘running time’ gespeel was, het Gim al kwart oor 5 verloor.
Die beste span het gewen meneer.
@OomPB: Wees gewis, die HJS manne sal nie die sukses kop toe neem nie.
Daardie manne sal nog harder werk in 2023 met Sean Erasmus aan stuur van hul rugby program.
@Deon: Het Gim nog NOOIT in hulle geskiedenis teen HJS gewen met twyfelagtige skeidregter beslissings nie…? Nee, wat ou maat die geskiedenis sal wys dat die 2022 derby deur HJS gewen is en daardie HJS seuns kan dit met trots vier netsoos vorige Gim seuns wat dalk ook die derby gewen het agv moontlike skeidsregter beslissings hulle oorwinning met trots kon verkondig. Die score is op die bord.
Naand Cappie Dit was Waterkloof en Noordheuwel wat by Waterkloof teen Grey gespeel het
@4×4: Miskien moet jy jou somme gaan oordoen. Het jy gesien wat het met GF se ander spanne teen Noordheuwel gebeur?
‘n Derby gaan nie net oor 1e spanne nie. Garsfontein het gesukkel om 11 spanne bymekaar te sit in 2022.
GF het nie die infrastruktuur om meer spanne te akkommodeer nie tensy hulle langafstand afrigting gaan instel.
Huidiglik speel 19 spanne in die PG/PBHS Derby. 19 Spanne is moontlik indien GF dieselfde aantal seuns % gewys as Affies in die veld stoot. Dit beteken dat GF minstens 120 meer seuns moet kry om 19 spanne in die veld te kan stoot.
Dit gaan nie maklik gebeur nie!
@Playa: Hey mfowethu, long time.
@Strepie: Ek is bitter jammer vir boyshai se eerstes wat die res van hulle lewe moet gaan slaap met die wete dat hulle duidelike aanslaan as drie toegeken is en dat daar geen twyfel daaraan is dat hulle verloor het Saterdag nie, ongeag hoe hulle ondersteuners dit probeer inkleur nie. Dis moet ‘n nare waarheid wees “om te weet”. Blou, FNB “tjekboek blou” ja lol
@Strepie: Geniet dit. Ek het die hokkie gekyk en het HJS my verbaas. Gim was die groot gunsteling nadat hul die jaar vir PRG en Sacs geklop het met Maasdorp wat n uitstekende speler is. Hy het ook die eerste goal geskiet.HJS het egter pragtig gespeel en was ongelukkig om nie te gewen het nie nadat Gim in die laaste sekonde gelykop maak. Ek sien uit na PRG se interskole teen Grey en gaan deurgaan om n slag lekker lyn te loop.
@VaskopVleuel: nee ek verstaan dat die rede waarom die Wit Bulle van Monnas nie teen die Wit Bulle van Affies speel nie, is dat dit ‘n moerse deurmekaar spul sal veroorsaak
@JongMatie: Ek begin nou eers beter voel na n naweek van goeie herhinneringe.
2022 Boishaai vs Gim sal beslis nog vir lank onthou word en die uitslae is nou voltallig:
Eerste skaak span Boishaai wen
Eerste tennis span Boishaai wen
Eerste golf span Boishaai wen
Atletiek Boishaai wen
Eerste krieket span Boishaai wen
Eerste muurbal span Boishaai wen
Eerste hokkie span gelykop
Eerste rugby span Boishaai wen.
Die Paarl is blou.
@JongMatie:my drie kinders was by Gim, het n blok van Gim gewoon. My jongste by PRG vanaf graad 9.
Voortrekker en Witteberg het glo gelykop gespeel.
Wat nou?
@Jakkals: Ek glo nie dis ‘n geval dat Affies nie teen Monnas wil speel nie. Covid het veroorsaak dat hulle laas jaar amper teen mekaar gespeel het maar het weer die finale sê gehad dat die wedstryde weer afgelas was. Iemand moet net inisiatief neem en so derby reël. Dit sal nie te sleg wees as Affies teen Monnas en Nories gelyk speel. Daar kan dan 30 wedstryde wees en dit gaan baie meer gelykop wees. Affies behoort dan 50% wedstryde te verloor wat nie meer gebeur nie. Nie eers teen Grey en Paarl Gim nie.
Het Grey nie so ruk terug teen Monnas en Nories gelyk gespeel nie?
@VaskopVleuel: Hoekom wil affies nie teen monnas speel?
@VaskopVleuel:
Dankie vir die waarheid!
@OomPB: Wat is jou affiliasie?
@Cappie:
Jy gee bietjie jou wanpersepsies oor Krugersdorp weg:
Monnas kan 16 spanne in die veld stoot. Dit is meer as Menlo, Garsfontein, Helpmekaar of Waterkloof teen Affies kon gee. Dieselfde as Jeppe. Slegs 2 minder as Gim. Nories kom by 14/15 uit.
Hoeveelheid wedstryde is nie die rede hoekom Affies nie teen Monnas wil speel nie.
@JongMatie: Jy het net die rugby hoof game gekyk. Die interskole is veel groter. Dit begin al die maandag met Laerskole sports en is daar elke dag wedstryde en groot brags (by Gim woon die ouers dit by)tot saterdag. As jy kinders in ls en hs het is jy vodde by vrydag.
@Playa: Agreed with Cambridge, credit must go to Port Rex, who are trying to revive their rugby program with some success.
I am not counting Dale out either. This is not the strongest Selborne side ever but they have shown some real character in their last two games.
@Murrayfield: ‘n Krugerdorp derby kan dalk baie lekker wees, met Monnas, Noordheuwel, Krugersdorp High School en Hoërskool Jan de Klerk wat almal deelneem om 28 tot 30 spanne vir Affies te laat speel. Soortgelyk aan die Kimberley derby wat deur Diamantveld gereël word.
@Palma: Cambridge seem to be having a proper nightmare this year.
Dale not so far behind.We are headed for a big hiding against Selborne if we play like we did in the 19-22 loss to St Andrews.
@Gimnasias: Ek het in my lewe nog nie iets gesien nie en sal ook seker nooit.
Ek kan nie glo daar is so baie mense by n skole rugby wedstryd nie.
Die legkaart maak nou mooi sin met almal wat reken dit is die grootste skolewedstryd ter wereld.
@Cappie: Dink net as daar buite die Noordvaalbeker weer ‘n Monnas Witbulle(1979) vs Affies Witbulle (1985) Derby kan wees……
Sal ‘n lekker debat wees….
@Cappie: Jy slaan die bekommernis spyker so op die kop wat betref PBHS vs Affies. Naas die Gim/HJS derby is die PBHS/Affies die 2e oudste skole derby in die land en is/was dit in die nie so verre verlede amper net so groot wat betref toeskouers/gees ens. Die 2 skole wat deur net ‘n treinspoor geskei word het vir behoorlike oorlog op die dag gesorg,die tradisionele boere vs. souties, MAAR helaas soos jy tereg opmerk en baie hartseer het PBHS se rugby ongelukkig begin agteruitgaan en was die 2019 skok oorwinning oor Affies heel waarskynlik die laaste wat ons lank in die tand manne weer sal beleef….ek hoop egter ek is baie verkeerd.
@OUD ANKER: Ek is ook nie baie gepla oor hoe die gemiddeldes gemeet word nie, maar na Saterdag kan ek sê Affies is tien teen een beter as Kloof.
Ek is bekommerd oor die toekoms van die Affies-PBHS interskole in die rugby-katogorie. Dit gaan tien teen een net so slagting wees.
Marais Viljoen se wen oor Menlo is baie verassend. Almal het verwag Menlo is besig om terug te kom maar helaas verloor hulle teen ‘n jaar hierdie sukkelende MV span.
@JongMatie: Ja dit is n belewenis om daar te wees. Ek is bly jy het dit geniet. Altyd n close game. Nou moet jy weet hoe was die atmosfeer en spanning in my matriekjaar, die eindtelling was 0-0. Dit was nou uniek.
@OUD ANKER: Jy weet, met die vorige Interskole het Gim se vleuel n drie in die hoek gedruk en ek het gedink hy was uit. Maar soos Saterdag het die vlagman vir die ref gese dit was n drie. En dit was ook n baie close game wat Gim toe gewen het. So ja, soms is die calls vir jou en soms teen jou. Punt bly staan dat Boishaai elkgeval verdien het om die een te wen. Die telbord is al wat tel.
@4×4: Affies vs. Garsfontein of Affies vs Kloof of Affies vs Menlo sal slegs as die HJS/Gim tipe Noordvaal derby bekend kan word MITS die Garsfontein/Kloof/Menlo laer ouderdom en oop spanne OOK kompeterend kan raak. Dit sal nie help as die gemiddelde tellings (skuus DJOU) in Affies se guns 50-5 is en net die 1e spanne van Garsfontein/Kloof/Menlo is wat regtig kompeterend is nie.
@Wonderwolf: Rugbyman coach Garsies se 1ste span!
@OUD ANKER: Nee, die metodes is nie wat ek enigsins voorstel nie en ook nie daarop gemik om ‘n span beter te laat lyk nie – dis net ietwat beter as ‘n gemiddeld.
Gemiddeld is ‘n nuttelose getal in enige opsig want dit weerspieël net mooi niks nie, indien iets nie normaal verdeel is nie. Jy sal bitter maar bitter min kry dat die gemiddelde telling van 2 skole wat nie ewe sterk is nie in enige van hul wedstryde voorkom.
@4×4: 5stonescc@gmail.com
@Jakkals: stuur vir my jou email adres
@Rugbyman: Affies vs Garsies sal die nuwe Boishaai vs Paarl Gym Noordvaal Derby word! En dit gaan awesome wees!
@Wonderwolf: Die Garsies afrigters is soos Top Gear se Stig. Niemand weet wie hulle is nie maar hulle is die beste.
@Wonderwolf: ons gee hom baie erkenning hier op die blog! Johan is n legende hier….
@Rugbyman: Daar word nie erkenning gegee aan die afrigters van die Noordvaal spanne in beriggewing nie. Sien jy is n Garsfontein ondersteuner, nog nooit gelees van erkenning aan julle span se afrigters in die koerante nie..maar julle afrigters doen iets reg…hoekom weet ons nie wie hy is nie. Hy doen net so goed soos PJS se afrigter.
@Gimnasias: Respek vir jou dat jy die verloor van gister met dignity vat. Jy voel ook seker soos baie ander Gimmies hard-done-by deur sekere skeidsregter beslissings, maar respek vir jou gelukwense aan HJS.
@Djou: Jou voorgestelde metode/s gaan dit nie veel beter vir Kloof laat lyk nie. Dit was eintelik maar ‘n massacre van bo tot onder. Dis ‘n jammerte vir skole rugby in Pretoria, want sulke tellings sal mens bv. NOOIT tussen HJS en Gim sien nie.
Baie geluk aan Boishaai, Sean en die 23 soldate.
Julle het verdien om te wen.
Dit was weereens n voorreg en baie spesiaal om deel te wees van iets baie besonders en unieks.
Tandem Fit Arbor Surculus.
🔵⚪️
@Gimnasias: Een ding van rugby, aggresiewe verdediging binne die reëls plaas die ander span altyd onder druk, en bewerkstellig onsekerheid in spelpatrone, wat weer vir jou tyd skep. Deur die ander span “bang” te duik gee jou in ‘n gelykop stryd klaar 80% kans om te wen, maak nie saak hoe sterk hulle op papier is nie.
@skelmbos: As jy reg is, dan sê jy eintlik die ref was swak – deur so baie kritieke foute te begaan. Maar net as jy reg is, anders het hy net 2 groot foute gemaak.
@Wonderwolf: Wat bedoel jy as ek mag vra?
@skelmbos: Nou net weer na die nege se drie gaan kyk, die hande lyk reg vir my.
@Gimnasias: Dis my mening ook, maar ek is ietwat gekruisig toe ek dit ophaal. Maar na gister is ek nog meer oortuig.
@OUD ANKER: Gee ‘n kleiner gewig aan junior spanne.
Alternatiewelik, gee die gemiddeld vir elke ouderdomsgroep. Of vat die grootste en kleinste marges weg en bereken die gemiddeld. Baie maniere, maar gemiddeld beteken absoluut niks.
@Gimnasias: Ek het gewik en geweeg om Riversdal toe ry vir die Paul Roos wedstryd. Welgedaan aan die Maroon Masjien, guts guts en nog guts. Jorenzo weereens sy kwaliteit ten toon gestel.
Ek het wel Paarl toe gery en vir die eerste keer in my lewe na die sogenaamde grootste interskole op aarde gaan kyk, en was ek nie teleurgestel nie.
Ek het in my lewe nog nie so iets gesien nie.
Daar was ongeveer 26000 mense.
Dit is iets wat jy nie vir iemand in woorde kan beskryf indien jy nie self daar is nie. Ongelooflik!!!!
HJS het vir Gim pap geduik en was die beter span.
Ek verneem ook dat Sean Erasmus nou n rekord van 5-0 oor Pieter Roussouw het.
Ek ervaar n groeiende sinisme en ongeloofwaardigheid oor die wyse waarop die gedrukte media met miskenning berig oor skolerugby en afrigters in die Noordvaal. Moet sê ek weet nie meer wat moet die naam wees vir die liga nie. Is dit die Virsekerbeker sonder n Virseker borg of wat?
@Grizzly: 20 – 13 vir MV
@Jakkals: Wat was julle finale telling?
@Gimnasias: die regte ding sou wees as die HJS 8 vir die ref gese het hy het aangeslaan.
@Grizzly: Ek moet sê ek het dieselfde ding gewonder….
@Rainier: Wat in my post laat jou verlang na die bottel?Gaan slaap ou top,ek is by die werk.
@Grizzly: Het ons bietjie gekuier vanaand?
Die telling is een ding maar om interskole te voorspel is belaglik eenvoudig……ek was in 7 Jaar op die blog nog nooit verkeerd nie.Net Soos baie.Ek weet Garsies en Monnas Gaan uitspeel vir die final.,.Ek het nie n glue nie.
Die interskole was n som van n goeie onseker span wat laag begin het teen n n baie sterk Garsies en hul coach terug gekry het teen n opgehemelde span wat slae gevat het teen PRG wat teen Garsies verloor het.
As Grey en BH Nou moet speel wen BH met 3.Elke span het sy tier tot…..Almal weet hoe ek voel oor Grey maar die beste skole span Nou met n halwe myl en se dankie die seisoen is is klaar is
BOISHAAi!¡!
@Gimnasias: @skelmbos: Die skeidsregter het dat hulle skop. Die old boys het n kringetjie om die skopper gemaak en hy het getik en uitgeskop.
Die skeidsregter kon hulle afstuur en hom dan laat skop, mar hy het gelukkig kopgehou en besef dit sou geen verskil maak nie.
Ek kan nie wag vir die Kwagga/Bois game nie. Ek is onseker vir wie om te skree…
@Gimnasias: Dink ook HJS was beter span vandag. Dis vir my altyd n kenmerk van Sean Erasmus se spanne dat hulle met geweldige moed verdedig. Manne plaas lywe op die spel vir daai afrigter….
@Djou: Hul moes Koen nooit van die begin af gespeel het nie. Die ander nr 10 was great die seisoen en ons agterlyn was beter met hom. Maar Boishaai was die beter span en het ons stukkend geduik. Sean Erasmus het duidelik sy stempel afgedruk vandat hy terug is
@4×4: waar kan mens die video te sien kry?
@skelmbos: As Gimmie het ek al halftyd erken dat Boishaai ons stukkend speel. Duikslae van Bois was aggressief en hul agterlyn was gevaarlik soos ek verwag het. Nee wat, Boishaai was verdiende wenners. Ek kry vir Outeniqua jammer volgende naweek teen Boishaai.
@Jakkals: daar is ‘n video. En om een of ander rede dink kinders nooit daaraan om te vra of Kloof kinders dalk broers mag hê wat in Affies is nie
EGJAnsen 39-HTS Middelburg 10. Half Time score was 34-5. Not a good 2nd half by EGJ as they only scored 5 points and used many 2nd team players seems like it.Looks like Marais Viljoen also caused an upset by beating Menlopark today. 20-13 as per scores from another blog. If so EG Jansens defeat against Menlo last weekend must mean that it was not one of their best days on the field
@skelmbos: (Met die uitsondering van toeskouers wat voor die eindfluitjie geblaas het, die veld ingeval het. Weet iemand dalk of daar enige gevolge vir ‘n span is as hulle ondersteuners veroorsaak dat die skeidsregter ‘n wedstryd voortydig moet beëindig?)
@Djou: Die feit is verder gelukkig/ongelukkig gaan niemand oor 10 jaar onthou van die skeidsregter beslissings nie. Die score is op die bord en wys dat HJS die 2022 derby gewen het.
Daar sal sekerlik ‘n geween en gekners van tande onder die Paarl Gim ondersteuners wees. Miskien sal dit hulle help om te berus dat die uitslag ‘n regverdige refleksie is van watter span beter gespeel het op die dag as hulle op die kykweer na wat by 59:01 im die wedstryd gebeur het gaan kyk: die binne-aangee van die #14 vleuel na die skrumskakel was met meer as ‘n meter vorentoe. Ek kan ongelukkig nie die skermfotos van waar die #14 is wanneer die bal sy hande verlaat (ek skat so 30cm binne Jongenskool se 22m gebied) en waar die #9 is wanneer hy die bal vang (ek skat so 1.5m binne Jongenskool se 22m gebied) nie. Selfs al was daar TMO tegnologie met kameras op AL die regte plekke sou die uitslag dus dieselfde gewees het, maar met beide spanne met 7 punte minder. As ‘n onpartydige kyker het ek die wedstryd terdeë geniet en reken dit was ‘n baie goeie vertoonvenster van alles wat goed is van SA hoërskole-rugby.
@Djou: Nie dat dit seker so belangrik is nie, want Affies het vir Kloof vandag lelik seergemaak, maar hoe stel jy voor die gewigte toegeken word om die geweegde gemiddelde tellings te bepaal vir Affies se tellings teen Waterkloof, want geweegde of gewone gemiddeld, dit is nie goeie leesstof vir Kloof nie?
Wat het gebeur met die trui brand storie? Het dit op WK kampus gebeur? En hoe het dit uitgekom? Is daar fotos of videos?
Hoop Kloof se 1ste span seuns steek van nou af elke jaar ‘n Affies trui aan die brand mooi kultuur wat gekweek word. Daai trui het 60.15 gekos.
@Wonderwolf: nee wat ek stem nie saam jou nie Garsies baie goeie span maar ek glo NH was baie beter in 2de helfde
Shame kloof is aan die brand gekloof. Lyk vir my kloof spits hul nou op VUURMAAK TOE , onthou net die vleis klooooooooof , dit werk beter🤣
@Wonderwolf: Interessant dat Supersport nie BH se gelykop teen Garsies gewys het nie. Dit maak seker vir Sean seer, so die uitslag word nie gewys nie! Net ‘n grappie! 😄😄😄😄😄
@Wonderwolf: Daar is geen doel met die gemiddeld nie aangesien geen wedstryd met die gemiddeld eindig nie en dit ook onmoontlik is vir ‘n span om 4 punte aan te teken.
Dis net ‘n “goedvoel” oefening en Affies doen dit omdat hulle kan!
Geweegde gemiddeld sou beter wees om die sterkte van die spanne te meet – hoewel nie die beste metode nie, maar wel eenvoudig.
@Rugbyman: Baie geluk…is ek reg as ek sê jou span het BH gelykop gespeel vanjaar?
@Rainier: Ek sou ook nie gelukkig gewees het nie. Neem hulle nie kwalik nie, maar dis nou verby en Gim moet maar weer probeer volgende jaar.
Geluk aan BH met die kontroversiële wen.
Net bietjie verstom dat Gim se losskakel nooit ‘n steekskoppie/lugskoppie of 2 probeer het met BH se vlakstaande verdediging.
@Wonder: Ek dink Garsfontein het toegelaat dat NH terugkom in die game in die 2de helfte
@OudAffie: Dankie vir die uitslae…wat is jou doel met die statistiese gemiddeld?
@Rainier: daai gaan niks help nie. WP behoort n top ref aan te wys vir so n groot game. Dieselfde met Vrystaat by Grey. Daar sukkel almal jaar vir jaar vir jaar.
@apple: Carl Smith was fantasties in daai seccie span. Hy sou n groot verskil gemaak het.
Op FB is die Gim ondersteuners verseker die “galpille” op die oomblik, hulle almal braak gal.
Ref het afklap van die bal reg voor hom gelos. Geelkaart en strafdrie net daar, maar geignoreer. Waarom?
Gim kan met reg voel hulle is ingedoen. Ook met Boishaai se afstormdrie. Ref was sleg geposisioneer, maar speler kon ter wille van sportmangees gesê het hy het die bal verloor.
Laat die Kapenaars nou net weer sê die wenmotief is net in die noorde!
Yes, we were fortunate with the try. But we were not fortunate with the result. Well done to both teams. The pressure on young shoulders playing in that game is huge. Whether that is a good thing is a debate for another day, but that was the case in the 80s when I played. On second thoughts one or two of their second team could / would / might have made a difference.
Uitstekende Interskole.
Alby spanne het fantasties gespeel.
Ek het dit ongelooflik gemis.
@Rainier: janee… dis jammer dat so fout deur die ref die game gaan domineer…
Geluk Boishaai. Jammer die ref het n groot fout gemaak.
Daar gaan baie gepraat oor Boishaai se wen.
Want daar is baie om oor te praat…
@Wonder: Jip NH verdien krediet! Was kliphard…
@Rugbyman: Ja,die iemand is nou doodstil. Geluk met die wen vandag.Eerste helfte was goed. Hoop nie 7 flank se besering is te erg. NH het goed gespeel tweede helfte.
Port Rex 34-6 Cambridge
Selborne 14-12 Queens
@Wonder: Ja… iemand het gesê Affies is overrated… toe nie…
@OudAffie: Dankie vir die uitslae. Kloof het nie een game gewen nie. Miskien moet hulle eerder meer tyd op die oefen veld bestee en ophou om goed te brand en broeke agterstevoor aan te trek. Iemand het begin van die seisoen gesê Kloof gaan die jaar witwarm wees,hy het seker verwys na die wit goed wat gebrand is en toe kry hulle warm.
Monument 34 Helpmekaar 12
AHS teen H/S Waterkloof Saterdag 39 Julie 2022
O14A teen O/14A: WEN 53-0
O14B teen O/14B: WEN 45-0
O14E teen O/14C: WEN 55-0
O15A teen O/15A: WEN 35-5
O15B teen O/15B: WEN 78-0
O15E teen O/15C: WEN 54-5
O16A teen O/16A: WEN 36-7
O16B teen O/16B: WEN 45-6
O16E teen O/16C: WEN 24-0
6DES teen 5DES: WEN 56-0
5DES teen 4DES: WEN 15-7
HARTE teen 3DES: WEN 8-6
TIERE teen 2DES: WEN 46-3
WITBULLE teen 1STES: WEN 60-15
PUNTE VIR: 610
PUNTE TEEN: 54
GEM TELLING: 44-4
PRG wen 13-3 teen Oakdale. Goeie dag op die plaas.
Carl Smith geniet die seccies
Gim u15A 13-13 HJS
Gim u16A 18-7 HJS
Interschools u15A live nou
RUGBY U15A: PAARL BOYS’ HIGH VS PAARL GIMNASIUM – PREMIER INTERSCHOOLS 2022 https://supersportschools.watch.pixellot.tv/event/62e01fb5e4acfe5673ce3473