School Rugby fixtures & results – week ending 06 August 2022

DATE SCHOOL SCHOOL INFO
Sat.06Aug Bishops 31 22 St Andrew’s
Sat.06Aug Outeniqua 22 21 HJS Paarl BH
Sat.06Aug Maritzburg College 34 30 KES
Sat.06Aug Durban HS 26 10 Parktown
Sat.06Aug Queen’s 19 22 Graeme
Sat.06Aug Selborne 33 13 Dale
Sat.06Aug Marlow 73 06 Daniel Pienaar
Sat.06Aug Brandwag (Uitenhage) 18 12 Nico Malan
Sat.06Aug Grens 12 38 Hudson Park
Sat.06Aug Stirling Cambridge
Sat.06Aug Grey HS 29 23 Muir
Sat.06Aug Monument 38 12 Menlopark
Sat.06Aug Waterkloof 65 00 HTS Middelburg
Sat.06Aug Garsfontein 43 15 EG Jansen
Sat.06Aug Helpmekaar 38 25 Marais Viljoen
Sat.06Aug Zwartkop 21 31 Ben Vorster
Sat.06Aug Transvalia Middelburg
Sat.06Aug Klerksdorp 17 13 Oos-Moot
Sat.06Aug Hugenote (Springs) 31 19 Eldoraigne
Sat.06Aug Ligbron 24 17 Jeugland
Sat.06Aug Heidelberg VS Lichtenburg
Sat.06Aug Alberton 22 30 Pietersburg
Sat.06Aug Wesvalia Die Anker
Sat.06Aug Secunda 64 12 Dr Malan
Sat.06Aug Pretoria BH 19 54 Affies
Sat.06Aug Potch Volkskool Centurion
Sat.06Aug Noord-Kaap Kalahari (Kuruman)
Sat.06Aug Voortrekker (Beth) 32 20 Witteberg
Sat.06Aug Trio 26 22 Welkom Gim
Sat.06Aug Duineveld Drostdy

Leave a Reply

133 Comments

  1. avatar
    #133 Kantman

    @Djou: Maklike uitweg gekies

    ReplyReply
    12 August, 2022 at 23:14
  2. avatar
    #132 Djou

    @OUD ANKER: 100%. Jy maak self goeie bydraes.
    Jy het my, nee het nooit daai PBHS kloutjie by die oor gebring nie.

    ReplyReply
    12 August, 2022 at 13:01
  3. avatar
    #131 Djou

    @Kantman: Jou post was hopeloos te lank om te lees. Jammer, maar ek gaan nie verder redeneer oor netbal nie. Jy kan maar, maar ek gaan dit nie lees nie.

    ReplyReply
    12 August, 2022 at 12:59
  4. avatar
    #130 Kantman

    @Djou: Ai, teen my beterwete, kom ek probeer iets bydrae want jou Robin het weggehardloop en nou moet jy hom probeer verdedig. Hoop die rugby bloggers vergwewe my dat ons oor netbal praat. Laat ek net eers konteks gee.
    As jy oor netbal dink soos oor rugby gaan jy sukkel. Veral as jy probeer dink daaraan om ‘n JAARLIKSE prestasies op te som. Netbal speel verskeie toernooie, klein en groot (SASN Championships), oop en soms op uitnodiging (Wildeklawer). Jy het net 7 spelers nodig, daarom is dit baie moontlik dat Lutzville ‘n fantastiese span een jaar kan he, en as die ouers dit kan bekostig kan hulle ‘n toernooi of twee wen. Dit is as jy net oor eerstespanne wil praat soos jy graag wil. Netbal ondersteuners kyk jaarliks na toernooie in elke ouderdom.
    Die SASN Championship is uniek in skole sport en die resultate is die uiteinde van verskeie uitklop toernooie oor die land waaraan ENIGE skool kan deelneem. Dit is vir al die ouderdomme van o12-o19. Dit loop uit op ‘n finale rondte waar die kwalifiseerders van elke provinsie teen mekaar speel – die laaste 200 jaar al in Boksburg wat die spanne van die Noorde bevoordeel. Dit gebeur gereeld dat jy beste in jou provinsie eindig na die provinsiale uitspeel rondtes, maar ‘n ander span van jou provinsie wen nasionaal. Dit maak dit opwindend en verrassings is aan die orde van die dag. Die uiteinde is nie ‘n ranking nie, dit is die resultaat van die uitspeel. MAAR as jy daar wen kan jy die titel vir die jaar claim want jy het dit dubbel-en-dwars verdien. Nog meer as jy uit die Vrystaat/Noordwes/Wes-Kaap kom want Gauteng het die grootste hoeveelheid sterk spanne. Oranje en Paarl Girls se prestasie is puik volgens my. Sit daarby Bloemhof in vierde plek en dit begin lyk of die speelveld meer gelyk geraak het tussen provinsies.
    Wat dit nog meer opwindend en genadeloos maak is dat jy kan verloor in jou poel, maar die toernooi wen. Of jou poel wen, maar een wedstryd verloor en jy eindig buite die top 4 of 8. Weereens nie ‘n ranking van die jaar nie.
    As jy dus ‘n stelling wil maak oor JAARLIKS gaan jy jou naam gat maak. Wonderwolf “sien” uitslae en noem dan skole se name en dig sommer jare se prestasie aan hulle toe. As jy nie Sentraal, Waterkloof, Affies, Potch Gim, Stellenberg, Paarl Gim, Durbanville (en nog vele meer) noem nie, wys dit jy het nie na JAARLIKSE uitslae gekyk nie. Dit is maar ‘n paar voorbeelde van wenners van toernooie soos SASN en Wildeklawer die laaste 10 jaar. Hy vat ‘n cheap shot na ander skole, iets wat jou behoort te ontstel as ‘n mede ondersteuner van elkeen ‘n plekkie in die son gee.
    Dan die SASS ranking, die enigste in die land waarvan ek bewus is. Sterk netbal skole se eerstespanne speel rondom 50 wedstryde per jaar en teoreties behoort jy ‘n baie goeie ranking te kan opstel. As ek kyk na die hoeveelheid wedstryde lyk dit vir my of verskeie resultate nie ingesluit is nie. Maar ek dink dit is die beste wat ons het en ‘n redelike refleksie van 2022 vir eerstespanne. Maar nie ‘n aanduiding van hoe sterk ‘n skool se netbal is nie.
    My opinie oor relatiewe krag van netbal skole – dit word nie oorheers deur meisieskole nie, gaan eerder oor die getal dogters in jou skool. Daarom dat Gauteng met baie gemengde makro skole goed doen. Verder kan daar enige jaar 40-50 spanne wees wat SASN sou kon wen, met ‘n bietjie geluk aan jou kant.

    Oor en uit – kan nie wag vir die volgende verdraaiing van woorde of skep van ‘n nuwe strooipop nie!

    ReplyReply
    12 August, 2022 at 09:26
  5. avatar
    #129 OUD ANKER

    @Djou: Djou, my blog trui sê nie als nie. My pa was in HTS Middelburg, so ek het sagte plek vir die Rooi Bulle, ek self was in die skool waaruit Die Anker ontstaan het, ek was dus nooit in Die Anker as skool nie, maar beskou hulle as my alma mater wat skool betref en tans…ek is ‘n boere soutie of engelse boertjie, nes jy wil…en is ek verbaas dat jy nie uit my vorige posts kon optel dat ek ‘n PBHS onderbroek het wat uitsteek nie, ook vir verskeie redes..
    …en by the way ek hou van jou altyd op die man af no nonsense posts…maar dit beteken nie dat ek jou gaan bly challenge as ek nie met jou saamstem nie.

    ReplyReply
    12 August, 2022 at 07:12
  6. avatar
    #128 Djou

    @OUD ANKER: Ek was in Grey – jy kan mos sien aan die helfte van my trui. Ek bly nou in Pta en ondersteun Garsies ook – vir verskeie redes.
    Dit het uit jou ander posts gelyk of jy Affies ondersteun. Dag jou kinders is daar of is op pad soontoe.
    Oor rankings, dis interessant, maar almal het tekortkominge.
    Die netbal een is die posisies waarin die spanne geeindig het op die SA Kampioenskappe.
    Anyway, ek geniet net die rugby van al die skole.
    Net nie dom jaloerse posts van skape nie, soos van die flank.

    ReplyReply
    11 August, 2022 at 22:41
  7. avatar
    #127 Djou

    @Kantman: Nee, jy stry, so bring jou stats – dis die maklikste manier om ‘n argument te wen. As jy nie kan nie, dan moet jy liewers ophou stry.
    Ek het die netbal ranking hier weergegee soos deur SuperSport weergegee. Hy het verduidelik hoe die toernooi werk. En jou bydrae is net mooi …. niks.

    ReplyReply
    11 August, 2022 at 22:33
  8. avatar
    #126 Playa

    @Palma: oh dear!What happened?

    ReplyReply
    11 August, 2022 at 20:53
  9. avatar
    #125 Kantman

    @Djou: Hou op strooipoppe bou. Wonderwolf maak ‘n stelling en noem hy het ‘gesien’. Hy kan dan mos vir ons wys waar sy statistieke vandaan kom, ek gaan nie sy werk doen vir hom nie.

    ReplyReply
    11 August, 2022 at 07:27
  10. avatar
    #124 OUD ANKER

    @Djou: My gunsteling span is Die Anker en 2e gunsteling span elkeen van daardie skole wie se seunsvir die badge op hulle bors speel….en dit kan NIE van elke skole span gesê word NIE…en by the way as jy afscroll sal jy sien dat ek (jou gunstelingspan) Garsfontein se 1e span rate as die naasbeste 1e rugbyspan sover die seisoen…..en voor ek vergeet ek kan vir jou ‘n ranking lys vir netbal opdateer 29 Julie wat soorgelyk aan SBR se rugbylys wat die hele seisoen in ag neem wat heeltemal anders daarna uitsien as due 1 toernooi lys wat jy aangestuur het. Op daai ranking is Garsfontein 4e.

    ReplyReply
    11 August, 2022 at 07:17
  11. avatar
    #123 Djou

    @Kantman: Motiveer waarom jy sê Wonderwolf se kennis is swak. Waar is jou statistieke?
    Dalk moet jy net relax en ander skole, wat eintlik hoofsaaklik uit kinders bestaan, hul plekkie in die son gun. Hulle het gard gewerk daarvoor. Ligtelike banter is fun, jaloesie is lelik.

    ReplyReply
    11 August, 2022 at 06:48
  12. avatar
    #122 Djou

    @OUD ANKER: Ja, jy is reg.
    Maar jy gebruik dit by die regte plekke. As jy stars verkeerd gebruik is dit katastrofies.
    Ek het ook gesê ranking is dom as dit nie reg gedoen word nie en dit is nog dommer om junior spanne te rank. Want dit dien geen doel nie.
    Nietemin, jou gunstelingspan Affies, se meisieskool is in die top 10. Great prestasie.

    ReplyReply
    11 August, 2022 at 06:45
  13. avatar
    #121 Wonderwolf

    @Kantman: Skeptiese burgery soos jy is altyd goed vir die demokrasie vir debat en menings.

    ReplyReply
    10 August, 2022 at 21:39
  14. avatar
    #120 Kantman

    @Wonderwolf: Ek sien ons gaan nie vorder nie, maar jou kennis van netbal die laaste 10 jaar is swak.

    ReplyReply
    10 August, 2022 at 21:18
  15. avatar
    #119 Wonderwolf

    @Kantman:Wat een keer per jaar OF elke jaar gebeur.

    ReplyReply
    10 August, 2022 at 21:14
  16. avatar
    #118 Kantman

    @Wonderwolf: Kan jy dalk jaarliks definieer?

    ReplyReply
    10 August, 2022 at 20:33
  17. avatar
    #117 Wonderwolf

    @OUD ANKER: Die uitslae wat gepubliseer is, was die SA’s wat Maandag en Dinsdag gespeel is. In elke provinsie is daar n liga. Slegs no.1 en 2 kwalifiseer vir SA’s…Gauteng Noord kwalifiseer die Top 4 skole. Daar was 8 groep wedstryde met 6 skole elk. Dan n kwart, semi en finaal. Dit was die 0/19 spanne. So word die jaarlikse ranglys bepaal na SA’s. As jy kyk na die uitslae op Wildeklawer dan is daar n korrelasie. Geluk Djou met die Garsfontein span, sien hulle is jaarliks in Top 5. Oranje Meisies Paarl Girls High is jaarliks of no1 of 2. Affies presteer ook jaarliks sowel as Menlo.Die uitslae wys net hoe sterk die kompetisie in Pretoria is met Netbal. Net soos die rugby, atletiek en hokkie.

    ReplyReply
    10 August, 2022 at 18:41
  18. avatar
    #116 OUD ANKER

    @Djou: Jyt aan my die beginsel van geweegde gemiddelde verduidelik en normaal verspreidings, so die lys wat jy aangestuur het beteken dan niks. Soos jy tale mal al gesê het, ‘n ranking is om jou goed te laat voel or jou skool, so gebruik dan die lys om goed te voel oor Garsfontein, ek het glad nie ‘n probleem daarmee nie.

    ReplyReply
    10 August, 2022 at 17:38
  19. avatar
    #115 Djou

    @OUD ANKER: Die ranglys is nie myne nie – dis die SA kampioenskappe en soos gepubliseer na die toernooi soos uitgesaai op DSTV.

    ReplyReply
    10 August, 2022 at 16:36
  20. avatar
    #114 Djou

    @Kantman: Wel, moet dan nie verwag die Noorde se skole moet kom toer Suide toe nie want behalwe Affies het die ander skole nie genoeg spanne nie.
    Uit en gedaan, ons hoef nie verder daaroor te gesels nie. Net Affies toer Kaap toe!

    ReplyReply
    10 August, 2022 at 16:34
  21. avatar
    #113 Djou

    @OUD ANKER: O ja, so jy meen laer ouderdomsgroepe dra dieselfde gewig as ‘n eerstespan.
    Bv dom voorbeeld, Paarl Gim se eerstespan wen, maar die ander verloor, so Paarl Gim is eintlik die swakste skool omdat sy laer groepe alles verloor.
    Good luck om daardie een te verkoop.

    ReplyReply
    10 August, 2022 at 16:31
  22. avatar
    #112 Djou

    @Strepie: As daar geen beker is nie hoef daar seker ook geen ranking te wees nie.
    Hoewel daar geen beker is in rankings nie, word algemeen aanvaar dat dat nommer 1 die beste skool is – ‘n beker doen maar dieselfde. Die een wat die beker wen word aanvaar as nommer 1.

    ReplyReply
    10 August, 2022 at 16:25
  23. avatar
    #111 Djou

    @OUD ANKER: Jy stel dan ‘n alternatiewe ranking voor. Een wat uitslae oor bv 10 jaar meet, teenoor die huidige een wat dit net vir dié besondere jaar bv 2022 meet.

    ReplyReply
    10 August, 2022 at 16:21
  24. avatar
    #110 Wonderwolf

    @Strepie: Baie sterkte vir julle toernooi.

    ReplyReply
    10 August, 2022 at 09:51
  25. avatar
    #109 Strepie

    @Strepie: Die era van bv n TOP10 skole toernooi saam met jou local derbies is nie meer ver nie.

    HJS
    PRG
    GIM
    GREY
    AFFIES
    met die balans van promosie relegasie speel.

    Let wel, GEEN bekers op die spel nie…

    ReplyReply
    10 August, 2022 at 09:32
  26. avatar
    #108 Strepie

    @OUD ANKER: Garsfontein sal slegs teen Gim, PRG, HJS ens kan deelneem as hulle nie n een span skool is nie.
    Die makro skole kort getalle om teen mee te ding.
    My twee sente en my beskeie mening.

    ReplyReply
    10 August, 2022 at 09:26
  27. avatar
    #107 OUD ANKER

    @Djou: Djou as die netbal lys wat jy gepubliseer het van net 1 toernooi en net die 0/19 is kan jy nie die stellings maak ivm eksklusief meisie skool netbal spanne in die algemeen en jou spesifieke stelling dat Garsfontein heel waarskynlik die beste gemengde gekombineerde rugby/netbal skool is nie. Vir jou stelling om water te dra sal jy die netbal uitslse oor ‘n langer tydperk in ag moet neem asook alle ouderdomsgroepe van beide rugby en netbal.

    ReplyReply
    10 August, 2022 at 09:18
  28. avatar
    #106 Kantman

    @OUD ANKER: Daardie is slegs die u19A uitslae. Geen skool het meer as een span onder top 3 in U14, U16 en U17 gehad nie. Netbal is baie meer kompeterend tussen skole as enige ander sport. Oranje is aangewys as skool van die toernooi oor alle ouderdomme. U15 speel is later die maand aangesien die wenner daar volgende jaar internasionaal deelneem.

    ReplyReply
    10 August, 2022 at 08:25
  29. avatar
    #105 OUD ANKER

    @Kantman: En hoe word daardie posisie lys soos deur Djou gepubliseer bepaal? Is Djou se lys die 1e span lys? of ‘n gekombineerde “ranking” van 0/14 tot 1e span?

    ReplyReply
    10 August, 2022 at 06:58
  30. avatar
    #104 Kantman

    @Djou: Re @Djou: Rakende die suide moet nog meer bo kom speel. Die punt is die Kaapse skole toer gereeld op na die Noorde. Rugby, netbal en hokkie. Elk ten minste 2 keer per jaar. Die ander punt is daar is genoeg goeie kompetisie in die Kaap die res van die jaar.
    As jy interskole wil speel moet al jou ouderdomme kompeteer. As jy net 1st spanne resultate waardeer verdien jy nie interskole nie.

    ReplyReply
    9 August, 2022 at 23:12
  31. avatar
    #103 Kantman

    @OUD ANKER: Dit is die nasionale toernooi vir skole. Beste van die land per provinsie wat in Boksburg deelneem. Van o14 tot 019, elke jaar groep, nie almal by dieselfde venue maar almal in Augustus. As jy daar wen is jy die beste vir die jaar.

    ReplyReply
    9 August, 2022 at 22:46
  32. avatar
    #102 Kantman

    @Djou: Hoe is hulle hokkie resultate die jaar?

    ReplyReply
    9 August, 2022 at 22:42
  33. avatar
    #101 Rainier

    @OUD ANKER: Dis ‘n toernooi.

    ReplyReply
    9 August, 2022 at 22:10
  34. avatar
    #100 OUD ANKER

    @Djou: Is die netbal lys wat jy gepubliseer het resultate van 1 toernooi? of is dit ‘n tipe seisoen netbal ranking lys?

    ReplyReply
    9 August, 2022 at 21:33
  35. avatar
    #99 Djou

    @Gimnasias: Ek hoor jou, maar vergelyk appels met appels. Outeniqua het 7 uit 14 wedstryde daardie jaar verloor, sommige met groot tellings. Dit was nie hul beste jaar nie. En Gim het ‘n topspan gehad en selfs meer as 40 punte teen Affies aangeteken.
    So, in my opinie was 50+ punte teen Outeniqua baie moontlik, maak nie saak nie wanneer die wedstryd gespeel is.

    ReplyReply
    9 August, 2022 at 17:38
  36. avatar
    #98 Djou

    Vir die wat meen hokkie is ‘n meisiesport.
    Onder is DSTV se uitslae van ‘n oorweldigende meisiesport, netbal. Die SA kampioenskappe:
    Die meisieskole oorheers 1, 2 en 4, dan 9 en 11. Interessant dat nes Grey in rugby, Oranje die topskool is in netbal.
    Die beste gemengde skool vir gekombineerd rugby en netbal is waarskynlik Garsies.
    1 Oranje
    2 Paarl Girls
    3 Menlo
    4 Bloemhof
    5 Garsfontein
    6 Rustenburg
    7 Helpmekaar
    8 Nelspruit
    9 Affies Meisies
    10 Sentraal
    11 Larochelle
    12 Diamantveld
    13 Middelburg Hoërskool
    14 Duineveld
    15 Potch Volkskool
    16 HTS Middelburg

    ReplyReply
    9 August, 2022 at 17:32
  37. avatar
    #97 Gimnasias

    @Djou: Gim sukkel altyd na Interskole teen kwaggas en so Boishaai ook vir redes wat ek reeds genoem het. Wil net noem dat toe Gim in 2018 twee weke voor Interskole teen Kwaggas gespeel het was die telling 57 – 0 vir Gim. Dit sou nie dieselfde telling gewees het as game na Interskole was nie. Sê nie Gim sou verloor het nie maar dit sou closer gewees het.

    ReplyReply
    9 August, 2022 at 16:05
  38. avatar
    #96 Gimnasias

    @Strepie: 500% korrek.

    ReplyReply
    9 August, 2022 at 15:43
  39. avatar
    #95 Djou

    @Wonderwolf: Al jou vrae is moeilike vrae en baie geldig.
    Ek dink Pieter Rossouw besluit wie teen wie speel. Dis bietjie ongesond. Dink soos Wildeklawer sal ‘n paneel goed werk eerder as een persoon.
    Dink hy het juis die jaar die bal laat val met die besluite. Vra om verskoning as dit nie net hy is nie.
    Maar bv Grey teen Suid en dan Grey teen Noord maak dit moeilik om te bepaal waar Grey is.
    Dan is daar spanne uit KZN wat nie Noord of Suid was nie. En heelwat mismatches met groot tellings. Dis nie wat mens wil sien nie. Ek weet ook nie hoekom sekere skole in die Noorde besluit het om net een wedstryd te speel nie – was nie nice nie.
    Soos dinge nou lyk gaan dit nie meer vir lank Noord vs Suid wees nie en dit gaan lyk my meer ontaard in ‘n geldmaakstorie.
    Maar laat die ander ingeligtes vir ons vertel!

    ReplyReply
    9 August, 2022 at 15:05
  40. avatar
    #94 Djou

    @Kantman: Ek hoor en stem. ‘n Toer is altyd verrykend.
    Maar andersom sal ook werk. Suide moet bietjie nie net Affies in die Noorde by Affies kom speel nie.
    Maar dit raak al moeiliker met die stygende koste!

    ReplyReply
    9 August, 2022 at 14:57
  41. avatar
    #93 OomPB

    @Kantman: die een wat hul verloor het was vir die teenstander ook n weg wedstryd.

    ReplyReply
    9 August, 2022 at 11:36
  42. avatar
    #92 Kantman

    @Rainier: Stem saam – sien Grey het net 3 wedstryde tuis gehad hierdie jaar

    ReplyReply
    9 August, 2022 at 10:36
  43. avatar
    #91 Rainier

    @Kantman: Om teen die beste te speel moet die manne Bleomfontein toe toer, nie Kaap toe nie. Dis darem bietjie nader.

    ReplyReply
    9 August, 2022 at 10:27
  44. avatar
    #90 Kantman

    @Djou: Ek het nie vergeet nie, maar die punt wat ek maak gaan nie oor toere nie. Dit gaan daaroor dat net Affies, Monnas en Grey met 1st spanne in die Kaap speel. Dalk tyd dat die ander ook bietjie hulleself toets op die tuisvelde van spanne in die Kaap. As jy die beste wil wees moet jy die beste kan wen op hulle tuisveld met al die voordele wat daarmee saamkom.

    ReplyReply
    9 August, 2022 at 09:13
  45. avatar
    #89 Djou

    @Rugbyman: Ja, jy is reg oor die hoofborg. Ek het dit weer dat Stadio die vlugkoste borg vir Kaapse skole. Wie is Grey volgende jaar? Noord of Suid, want vanjaar het Grey een teen Noord en een teen Suid gespeel.

    ReplyReply
    9 August, 2022 at 09:04
  46. avatar
    #88 Djou

    @Kantman: Jy vergeet, al die groot junior-toernooie is in die Kaap. So die Noord-skole toer Suide toe tot o.16. Die enigste kans wat die Suid-skole toer Noorde toe vir ‘n toernooi is vir Noord-Suid.

    ReplyReply
    9 August, 2022 at 09:02
  47. avatar
    #87 OUD ANKER

    @Rugbyman: Ja, ek hoor jou, uitklop rugby is beslis ‘n gelykmaker. Kom ek rephrase my stelling. Garsfontein en Monnas is GUNSTELINGE om in die finaal te speel.

    ReplyReply
    9 August, 2022 at 09:01
  48. avatar
    #86 Wonder

    @Rugbyman: Vertel ons van die nuwe skole wat bykom,asb.

    ReplyReply
    9 August, 2022 at 08:58
  49. avatar
    #85 Rugbyman

    @Wonderwolf: Dis hoe ek dit het… ek weet menlo soek dit by hulle volgende jaar omdat hulle 60 jaar oud is. Sal maar sien

    ReplyReply
    9 August, 2022 at 08:09
  50. avatar
    #84 Wonderwolf

    @Rugbyman: Gepraat met een van die skoolhoofde in Pta. Hy weet niks van die besluit wat blykbaar geneem is dat dit by Affies plaasvind.

    ReplyReply
    9 August, 2022 at 08:00
  51. avatar
    #83 Rainier

    @Rugbyman: Gaan NS by Affies bly oor die addisionele velde?

    ReplyReply
    9 August, 2022 at 07:47
  52. avatar
    #82 Rugbyman

    @Djou: @Kantman: @OUD ANKER: NoordSuid is weer by Affies en word geborg deur NMI Toyota Menlyn, nie Stadio nie.

    Dit gaan volgende jaar nog groter wees met so paar nuwe skole wat bykom! Sien geweldig uit daarna! Dit is besig om DIE skole festival te word veral as mens kyk na die 2022 toeskouer getalle! Wow!!! Sal wel interesanr wees om te sien wie speel teen wie want dit speel ‘n belangrike rol in hoe groot skouspel dit is…

    ReplyReply
    9 August, 2022 at 04:51
  53. avatar
    #81 Rugbyman

    @OUD ANKER: Stadig broer… mens moet eers ‘n semi wen en dit sal baie taai wees maak nie saak of ons EG of Noordheuwel speel nie! Beker rugby is anders en in ‘n semi is dit 50/50…

    ReplyReply
    9 August, 2022 at 04:48
  54. avatar
    #80 Kantman

    @OomPB: Ja, volgende jaar weer, en Affies gaan baat daarby soos reeds hierdie jaar duidelik was in al die ouderdomme

    ReplyReply
    8 August, 2022 at 21:24
  55. avatar
    #79 OomPB

    @Kantman: Affies roteer met Gim

    ReplyReply
    8 August, 2022 at 21:20
  56. avatar
    #78 Kantman

    Ek mag verkeerd wees, maar die Noorde het baie min Suid getoer hierdie jaar? Net Grey na Oakdale, en hulle het gesukkel daar. Nog een trip na Stellenbosch bly oor vir hulle. Dink nie ek het al ooit vir Waterkloof, Menlo of Garsfontein in die Kaap gesien die laaste 10 jaar nie. Daarteenoor reis die Kaap elke jaar 2/3 keer Noord.
    Grey is die beste in rugby want hulle speel en wen gereeld in die Kaap.
    Dalk tyd dat Noord-Suid roteer?

    ReplyReply
    8 August, 2022 at 20:22
  57. avatar
    #77 Kantman

    @Djou: Ek dink die begin van die jaar is reeds swaar gelaai van einde Maart tot begin April met 3 moontlike toernooie – Noord-Suid, Wildeklawer en Easter toernooie. Ses wedstryde in 5-6 weke met nog ‘n liga wedstryd tussenin. Beserings hierdie jaar het gewys seuns kry nie genoeg herstelkans nie. Jonger ouderdomme kry ook kans in Maart en om by Wildeklawer om te speel.
    Die agt Kaapse skole speel 7 wedstryde. Gooi dan nog Oakdale, Outeniqua en Stellenberg by en jy is op 10. Dan nog ‘n Grey/Affies en jy op 11/12. Al die wedstryde is met 16 plus spanne.
    Totaal van 15 wedstryde is genoeg volgens my, en geen rede om iemand 2 keer te speel nie. Ek weet die Suidelike voorstede speel tuis/weg, maar dit is ‘n baie ou tradisie en werk vir hulle.

    ReplyReply
    8 August, 2022 at 20:02
  58. avatar
    #76 Wonderwolf

    @Djou: Wie organiseer Noord Suid? Wil graag weet hoe wedstrydbepalings gedoen word..wag Noord Suid eers vir Wildeklawer se bepalings. Is Grey Noord of Suid? Hoekom speel sommige spanne slegs 1 wedstryd?

    ReplyReply
    8 August, 2022 at 19:13
  59. avatar
    #75 Djou

    Noord Suid sal ook ‘n tipe gedaanteverwisseling moet ondergaan om relevant te bly!
    Huidig borg – ek dink Stadio – die Suidspanne se vliegkaartjie en koste.
    Noordspanne moet self betaal.
    Gim en Affies speel nie in Noord Suid teen mekaar nie want hulle het hul eie fixture. So ook Grey en Affies . So dis min of meer Gim/Boishaai/Paul Roos teen Monnas/Garsies/Kloof.
    Om nie elke keer dieselfde spanne in Noord Suid te hê nie sal die skole dalk 2 keer per jaar teen mekaar moet speel – in Noord Suid en hul inter, wat great sal wees.
    Verloor jy een dan kan jy regstel later.

    ReplyReply
    8 August, 2022 at 18:55
  60. avatar
    #74 Djou

    @Asterix: Aanvanklik Menlo, Kloof, Paarl Gim en ek dink Harrismith.
    Garsies en Outeniqua het toe ook bygekom na so 2 jaar.
    Toe word dit net groter en groter.

    ReplyReply
    8 August, 2022 at 18:46
  61. avatar
    #73 Asterix

    @OUD ANKER: ja dink dit sal great wees maar glo nie dit gaan gou gebeur nie, die laerskole noord suid toernooi was hierdie jaar by boys high gehou terwyl die 1ste en 2 de spanne by Affies was. Weet nie wat is die regte benamings nie maar dink die “founding members” dink ek is garsies, menlo en kloof saam met paarl gim spesifiek slaptjips wie se idee dit was. Dalk kan rugbyman of murrayfield ons reghelp.

    ReplyReply
    8 August, 2022 at 18:23
  62. avatar
    #72 OUD ANKER

    @Asterix: Dankie vir die regwys van jou en Djou. Gaan PBHS ook deel van daardie Noord/Suid rotasie word? Hulle fasiliteite ook top notch en verdien ook dan om beter geleer ken te word.

    ReplyReply
    8 August, 2022 at 18:05
  63. avatar
    #71 Wondermaar

    Jammer Affies en paarl bois het mekaar gemis die jaar.Affies wen gim en bois wen gim. ( best of the rest) al wat ek kan sê.

    ReplyReply
    8 August, 2022 at 17:46
  64. avatar
    #70 Wondermaar

    @OUD ANKER: Nie na hul verloor teen monnas nie. Hierdie jaar met die verloor en 1 gelyk teen oakdale is grey so gewoonlik die beste span ( Die res van top 5 is best of the rest)

    ReplyReply
    8 August, 2022 at 17:35
  65. avatar
    #69 Djou

    @OUD ANKER: Nee, weet nie waar kom jy aan jou inligting nie. Affies is maar so 3 jaar deel van Noord Suid.
    Tradisioneel het dit rondgeskuif tussen die drie skole in Pretoria naamlik Kloof, Menlo en Garsies. Maar Affies het dit die laaste 2 jaar aangebied om op te vang vir die jare wat Affies nie deel was nie.
    Die rondskuif tussen skole is juis een van die dinge wat dit lekker maak sodat die besoekende skole ook die ander skole leer ken.
    As jy dit nou net by een skool wil hou voorsien ek probleme in die toekoms – en Noord Suid kan in die hek duik weens politiekery!

    ReplyReply
    8 August, 2022 at 17:02
  66. avatar
    #68 Asterix

    @OUD ANKER: Middag OUD ANKER maar jou inligting oor Noord/Suid en tradisioneel by Affies is nie heeltemal korek nie, dit was vir Affies eers onlangs gegee vir hulle 100ste jaar vieringe maar dink toe agv die Covid gese hierdie jaar kan dit weer daar gehou word, die vorige toernooie was by Garsfontein, Menlopark en Waterkloof gehou. Affies as ek reg onthou was ook nie van die begin in die toernooi nie en het nie al twee dae gespeel nie. Ek dink volgende jaar is dit weer Waterkloof of Garsfontein se kans. Persoonlik dink ek dit was baie goed by Affies gewees hierdie jaar maar dink nie die ander Pta skole sal hulle kans net weer opoffer nie.

    ReplyReply
    8 August, 2022 at 15:12
  67. avatar
    #67 Monas

    Hi. Ja die Virseker beker wedstryd tussen Waterkloof en Noordheuwel se 1ste span wat op daai dag gewen het so 3 jaar terug het bepaal wie Grey se A spanne en wie B spanne speel.. Kloof ons gewen en teen Grey A spanne gespeel.. Nogals goed gewerk.

    ReplyReply
    8 August, 2022 at 14:50
  68. avatar
    #66 OUD ANKER

    @Wonderwolf: Tradisioneel word die Noord Suid by Affies aangebied, soos die Wildeklawer tradisioneel by Diamandveld aangebied word, so eks nie seker of daar ‘n goeie rede sal wees om dit te skuif nie?

    ReplyReply
    8 August, 2022 at 14:08
  69. avatar
    #65 OUD ANKER

    @PRondersteuner: Wel Garsfontein het vir Affies en PRG geklop en gelykop gespeel teen HJS. Daai is pretty much the cream of the crop teenstanders. Garsfontein se enigste blemish is die verloor teen Monnas wat hulle kan regstel in die moontlike Noordvaal finaal.

    ReplyReply
    8 August, 2022 at 14:04
  70. avatar
    #64 PRondersteuner

    @OUD ANKER: Grey en Garsfontein was die 2 mees konstante spanne vanjaar, maar die kwessie van Garsfontein se teenstanders sal maar altyd ‘n tameletjie wees totdat hulle besluit om ‘n trip of drie Kaap, Bfn en Natal toe te maak.

    ReplyReply
    8 August, 2022 at 13:58
  71. avatar
    #63 Wonderwolf

    @Djou: Sien daar is kenners op die platform wat reeds praat oor Noord Suid bepalings vir 2023. Weet jy dalk watter skool in Pretoria gaan dit aanbied in 2023? Moet of Menlo, Kloof of Garsies wees.

    ReplyReply
    8 August, 2022 at 13:32
  72. avatar
    #62 OUD ANKER

    @PRondersteuner: Inderdaad het Grey teen Gim verloor, my fout. As Garsfontein voortgaan en die Noordvaal titel wen (heel waarskynlik teen Monnas in die finaal) gaan Garsfontein bitter naby wees om as die beste 1e span van 2022 in SA te tel.

    ReplyReply
    8 August, 2022 at 12:20
  73. avatar
    #61 Djou

    @Strepie: Seker Sean en Jonny. Hy speel ‘n groot rol in Sean se sukses. Sean het Jonny gemis toe Sean by die Leeus was.
    Op ‘n ander noot, bedoel jy die Outeniqua-game moet voor jul interskole wees?
    Indien wel, wat gemaak as Outeniqua per ongeluk sou wen? Sou die rede vir so ‘n moontlike verloor wees dat die fokus reeds was op jul interskole die volgende week?

    ReplyReply
    8 August, 2022 at 11:08
  74. avatar
    #60 PRondersteuner

    @Strepie: Ek stem saam met jou. Seuns se koppe werk anders as volwassenes. Alles het vanjaar opgebou na die interskole, want NIEMAND het Boishaai kans gegee vir die interskole na Wildeklawer en die Rondebosch wedstryd nie. Die seuns het alles laasweek gegee.
    Die interskole moes mos eintlik hierdie naweek gewees het, maar toe is daar ‘n “double booking” by die stadion. Ek wonder of daardie ander wedstryd toe ooit gespeel was, want ek lees nêrens niks daarvan nie.

    ReplyReply
    8 August, 2022 at 11:02
  75. avatar
    #59 FCB

    Verbaas oor Trio van Kroonstad se wen oor Welkom Gimnasium. Slegs Gimmies se tweede verloor in 7 jaar in Noord Vrystaat liga.

    ReplyReply
    8 August, 2022 at 09:40
  76. avatar
    #58 FCB

    York High wen Menlopark 1ste hokkie 5-2. Northwood onoorwonne.

    ReplyReply
    8 August, 2022 at 09:36
  77. avatar
    #57 Strepie

    @PRondersteuner: Baie geluk aan Kwaggas, julle was honger en lus vir speel.
    Volgende jaar het Boishaai n kans om die bordjies te verhang – hopenlik voor interskole…

    ReplyReply
    8 August, 2022 at 09:14
  78. avatar
    #56 Strepie

    @PRondersteuner: Boishaai moes NOOIT enige wedstryde post Interskole aanvaar het nie.

    Weereens n swak besluit, soos talle ander, deur die ou regime.

    Dankie tog Sean is terug.

    So leer ons en hopenlik maak HJS nie weer die fout nie.

    ReplyReply
    8 August, 2022 at 09:08
  79. avatar
    #55 PRondersteuner

    @OUD ANKER: Grey het teen Gim verloor by Wildeklawer.

    ReplyReply
    8 August, 2022 at 08:31
  80. avatar
    #54 OUD ANKER

    @Wondermaar: Ja, daar is Grey College, alhoewel 1 gelykop uitslag, is nog onoorwonne in 2022 sover.

    ReplyReply
    8 August, 2022 at 07:33
  81. avatar
    #53 OUD ANKER

    @Djou: Ek stem 100% saam jou, is dit Outeniqua se skuld as HJS nie emosioneel opgedaag het nie? Dis waarom ek ook nooit met argumente gaan saamstem as spanne verloor, omdat sekere spelers die dag vir watter rede ookal nie gespeel het nie. Outeniqua was waardige wenners, finish en klaar.

    ReplyReply
    8 August, 2022 at 07:31
  82. avatar
    #52 Wondermaar

    @Djou: Ja nee so het ALMAL in 2022 hul GLY gehad en ook vir Baie goeie verassings gesorg. Is daar n top 10 onoorwonne 1ste span in 2022?????

    ReplyReply
    8 August, 2022 at 07:28
  83. avatar
    #51 Wondermaar

    @OUD ANKER: Hokkie is n meisies sport😂😂😂😂😂😂

    ReplyReply
    8 August, 2022 at 07:26
  84. avatar
    #50 Djou

    Almal wat emosionele en fisiese tamheid as rede vir Boishaai se verloor aanvoer wil ek vra, waarom sekere spanne na taai, intensiewe en uitputtende reekse soos Wildeklawer en Noord-Suid wel die Saterdag daarna kon wen.
    En of die Bokke dan nou Saterdag teen die All Blacks gaan verloor vanwee emosionele en fisiese uitputting?
    Ek weet nie, ek vra!
    Miskien moet Outeniqua eerder die krediet kry wat hulle verdien, as keersy van bovermelde redes.

    ReplyReply
    7 August, 2022 at 23:18
  85. avatar
    #49 OUD ANKER

    @OomPB: Hoe gaan dit werk? Wie van Garsfontein of Waterkloof se 1e span gaan dan teen Gim of HJS se 1e span speel? Beide Waterkloof en Garsfontein sal wil aanspraak maak op die 1e span wedstryd. Hoe gaan hulle besluit watter spanne van Kloof/Garsfontein gaan teen watter spanne van Gim of HJS speel? Beide Kloof en Garsfontein is trotse verskillende skole spanne en gaan die beste wedstryde vir hulself soek. Eks bevrees ek kan nie sien hoe gedeelde wedstryde kan werk nie.

    ReplyReply
    7 August, 2022 at 21:48
  86. avatar
    #48 OomPB

    @OUD ANKER:Rothman van PRG is Affies toe maar verstaan hy is nou in die UK. Uitstekende hokkie persoon.

    ReplyReply
    7 August, 2022 at 21:13
  87. avatar
    #47 OomPB

    @OUD ANKER: kan hulle nie bv Waterkloof deel met wedstryde nie?

    ReplyReply
    7 August, 2022 at 21:09
  88. avatar
    #46 Gimnasias

    @OUD ANKER: Ja dit is maar n probleem. Hopenlik kan hul meer teen mekaar speel in Noord/Suid asook Wildeklawer.

    ReplyReply
    7 August, 2022 at 18:04
  89. avatar
    #45 4×4

    Ek dink dat daar ‘n hengse gelukwense moet gaan, nie net aan Ryno vd Merwe nie en Jaco Koch nie, maar aan al die afrigters van die Onder 14 span tot by die eerstes.
    As daat holisties gekyk wors na al die uitslae het die Onder 14 span 1 wedstryd verloor. Die Onder 15 span is onoorwonne, die Onder 16 span het 3 wedstryde verloor en die 1ste Span slegs 2. As daar na die sogenaamde rankings kan verwys, kon ek nie onthou wanneer laas al Affies se spanne in die Top 5 eindig nie.
    Wat die Wit Bulle se afrigting span aanbetref moes hulle die eerste helfde van die seisoen sonder die agterste ¾ klaarkom en die 2de gedeelte sonder 6,7 en 8.
    Die seuns wat daai skoene gevul het het die met onderskeiding gedoen.
    Affies Rugby is weer baie gesond, en di3 gerugte dat die skool besig om “af te gaan” is die seisoen ter rusted gelê.

    ReplyReply
    7 August, 2022 at 17:58
  90. avatar
    #44 4×4

    Ek dink dat daar ‘n hengse gelukwense moet gaan, nie net aan Ryno vd Merwe nie en Jaco Koch nie, maar aan al die afrigters van die Onder 14 span tot by die eerstes.
    As daar holisties gekyk word na al die uitslae het die Onder 14 span 1 wedstryd verloor. Die Onder 15 span is onoorwonne, die Onder 16 span het 3 wedstryde verloor en die 1ste Span slegs 2. As daar enige na sogenaamde rankings verwys kan word, kon ek nie onthou wanneer laas al Affies se spanne in die Top 5 eindig nie.
    Wat die Wit Bulle se afrigting span aanbetref moes hulle die eerste helfde van die seisoen sonder die agterste ¾ klaarkom en die 2de gedeelte sonder 6,7 en 8.
    Die seuns wat daai skoene gevul het het die met onderskeiding gedoen.
    Affies Rugby is weer baie gesond, en di3 gerugte dat die skool besig om “af te gaan” is die seisoen ter rusted gelê.

    ReplyReply
    7 August, 2022 at 17:54
  91. avatar
    #43 Jakkals

    @Kerveros: Is Dewald Peyper nog by helpies betrokke?

    ReplyReply
    7 August, 2022 at 17:49
  92. avatar
    #42 Gatskop

    Kwaggas vs Bois was n uitstekend game. Kwaggas was net honger vir die wen. Die hele dag was n reuse sukses.

    ReplyReply
    7 August, 2022 at 17:42
  93. avatar
    #41 OUD ANKER

    @Gimnasias: Natuurlik sal dit fantasties wees, maar die hoeveelheid spanne wat Garsfontein in die veld kan stoot teen Gim/HJS/ en Grey/PRG for that matter sal altyd ‘n tameletjie bly. Hoe justify Gim/Booishaai dit om Pta toe te reis vir slegs ‘n paar van hulle spanne omte speel? En sal dit nie regverdig wees as Garsfontein elke jaar moet afreis Kaap toe nie.

    ReplyReply
    7 August, 2022 at 17:20
  94. avatar
    #40 Gimnasias

    Ek wens Garsfontein kan een keer per jaar as n instelling teen P Gim en Boishaai speel. Lyk my daai manne is warm daarbo.

    ReplyReply
    7 August, 2022 at 16:06
  95. avatar
    #39 OUD ANKER

    @FCB: PBHS Red Sox (1e hokkie span) klop Affies Wit Stokke (1e hokkie span) 4-1.

    ReplyReply
    7 August, 2022 at 15:30
  96. avatar
    #38 FCB

    Menlopark 1ste hokkiespan wen Grey College in n spannende wedstryd 4-3 in Guschkie Toernooi.

    ReplyReply
    7 August, 2022 at 15:03
  97. avatar
    #37 OomPB

    @Gimnasias: in die verlede het die Kaapse skole die Burger of News24 vir klein, medium oen groot skole gespeel na interskole. Die Paarlse skole het elke jaar gesukkel met dit.

    ReplyReply
    7 August, 2022 at 14:03
  98. avatar
    #36 OUD ANKER

    @jakes: Ek glo daarin om elke game voluit te speel en speel omte wen. Sodra jy na logs en moontlike teenstander scenarios vir die volgende wedstryd kyk verloor jy fokus en male sonder tal verloor jy dan die uitklop wedstryd, so as ek Monnas is speel 100% voluit soos met elke wedstryd teen Noordheuwel en vergeet van die log en teen wie hulle in die semis moet speel. Wat Monnas sal help wat motivering betref is dat dit die groot Krugersdorp derby is.

    ReplyReply
    7 August, 2022 at 13:30
  99. avatar
    #35 Rugbyman

    @jakes: jip… 1 teen 4 en 2 teen 3… dis geensins uitgemaakte saak nie, maar Monnas sal 1 eindig omdat hulle punte verskil groot is… al wat eintlik nog kan verander is wie is 3 en 4 tussen EG en NH

    ReplyReply
    7 August, 2022 at 13:08
  100. avatar
    #34 jakes

    @Rugbyman:hoe werk die semis? 1 teen 4 en 2 teen 3 of hoe? So dis nog nie ‘n uitgemaakte saak dat Garsfontein/EGJ in die semis teen mekaar gaan speel nie. Baie kan nog in Monnas/Noordheuwel game gebeur. Monnas kort ook net 1 bonuspunt ook om bo aan log te bly al verloor hulle. Wonder hoe gaan hul die game benader Saterdag?

    ReplyReply
    7 August, 2022 at 12:33
  101. avatar
    #33 Wondermaar

    Die wereld is op alle vlakke bietjie gelyk gemaak deur n UITSONDERLIKE GEBEURTENIS. Maak alles tot skolerugby weer meer gelyk en lekker!

    ReplyReply
    7 August, 2022 at 12:32
  102. avatar
    #32 Wonderwolf

    @Rugbyman: Die man se tirade oor die die betrokke skool se afrigters is …. skokkend

    ReplyReply
    7 August, 2022 at 12:29
  103. avatar
    #31 Rugbyman

    @Kerveros: My gevoel is ongeag hoe jy voel oor die afrigter dink ek nie dis reg om sy naam hier te noem en hom so te verneder via ‘n skuilnaam op ‘n openbare forum nie. Hy kan homself nie verdedig nie. As jy so groot probleem met hom het gaan sien hom persoonlik. Maar net my 2 sente.

    ReplyReply
    7 August, 2022 at 11:07
  104. avatar
    #30 Gimnasias

    @Wonder: Dit kan wees dat hulle die Kwaggas onderskat het maar glo my, as jy in so Interskole betrokke was sou jy weet wat dit uit daai seuns vat. Dis n helse opbou vir 2 weke tot die Saterdag. Die druk is ongelooflik. n Skoolseun kan net soveel hanteer. Ek het dit met Gim ook gesien. Hul het nog altyd teen Kwaggas gesukkel na Interskole. Maar die jaar toe Gim die Kwaggas voor Interskolengekry het was die wedstryd in die Paarl en as ek reg onthou was die telling 53 – 0 vir Gim. Maar weereens, ek vat niks weg van die Kwaggas se wen gister nie. Ek is bly vir hulle en dit voorspel iets goeds vir volgende seisoen in hul feesjaar.

    ReplyReply
    7 August, 2022 at 10:47
  105. avatar
    #29 Rugbyman

    @Rugby 4 Life: Die huidige log vd top 4 lyk soos volg:

    1. Monnas – 35 (1 game oor teen Noordheuwel)
    2. Garsfontein – 35 (geen games oor)
    3. EG – 25 (geen games oor)
    4. Noordheuwel- 24 (1 game oor teen Monnas)

    Hoop dit help

    ReplyReply
    7 August, 2022 at 10:32
  106. avatar
    #28 Rugby 4 Life

    @jakes: Môre manne. Hoop dit gaan goed met julle. Ja Monnas nommer 1 vir Noordvaal en Garsfontein 2. Ek sien die Noordvaal lys nogsteeds nie updated nie. As ek reg onthou laaste keer wat Noordvaal log updated was 28ste Mei. Goodness gracious ouens kan iemand asseblief die log update. Mooi dag!

    ReplyReply
    7 August, 2022 at 09:54
  107. avatar
    #27 Middies pa

    @Kerveros: Nog een wedstryd vir almal oor, maar Rustenburg en Nelspruit in stryd om op te skuif. Onder is Ben Vorster en Zwartkop. Middelburg lê in die middel rond.

    ReplyReply
    7 August, 2022 at 08:57
  108. avatar
    #26 Kerveros

    @Middies pa: Hoe lyk julle log nou. Wie kom volgende jaar op en wie gaan af.

    ReplyReply
    7 August, 2022 at 08:50
  109. avatar
    #25 Kerveros

    @Murrayfield: Top rugby skole het verskillende rugby afrigtings. Skrum, voorspeler, agterlyn, rugby ontleders, condition afrigting ens. Al die groepe se samewerking kom op die einde by mekaar om goeie spelers te kweek en ook goeie vaardighede agter te laat aan die seuns. Skole wat nie sulke stappe volg nie sien nie hulle seuns se volle talente raak nie. In kort die environment moet geskep word om dit ten volle uit te bring.

    ReplyReply
    7 August, 2022 at 08:48
  110. avatar
    #24 Middies pa

    @OUD ANKER: Dankie. Manne moes diep delf. Was met 2 scores agter met 12 minute oor om te speel.

    ReplyReply
    7 August, 2022 at 08:44
  111. avatar
    #23 OUD ANKER

    @Middies pa: Nog ‘n skitterende uitslag vir Middelburg. Die droom seisoen duur voort.

    ReplyReply
    7 August, 2022 at 08:38
  112. avatar
    #22 OUD ANKER

    @jakes: Ek stem 100% met jou saam. Die HJS en Gim derby moet hulle laaste wedstryd van die seisoen wees. Die PBHS/Affies derby het dit bewys veral die emosie van die graad 12s voor en na die wedstryd. Ek twyfel of dit so sou wees as die 2 spanne nog wedstryde sou moes speel.

    ReplyReply
    7 August, 2022 at 08:37
  113. avatar
    #21 Middies pa

    Middelburg wen Transvalia 37 – 29.

    ReplyReply
    7 August, 2022 at 08:31
  114. avatar
    #20 jakes

    Miskien moet HJS en Paarl Gim hul seisoen so reel dat die groot game hul laaste op die kalender is vir die jaar.Net soos Affies/Pretoria Boys High hul seisoen met die tradisie eindig.

    ReplyReply
    7 August, 2022 at 08:28
  115. avatar
    #19 jakes

    @kantako: het nie die fisiese log nie maar volgens gerugte en praat onder korreksie by 1ste span op die oomblik is Monnas bo, 2 Garsfontein, 3 EGJ en 4 Waterkloof/Noordheuwel. Dit kan verander na volgende naweek se game tussen Monnas/Noordheuwel. Sal volgende naweek die finale log sien

    ReplyReply
    7 August, 2022 at 08:24
  116. avatar
    #18 Wonder

    @Gimnasias: Emosioneel getap? Klink vir my of Hjs die Kwaggas onderskat het,hulle was on top of the world en nou moet hulle teen die Kwaggas speel. Ek hoop nie Garsies is emosioneel getap wanneer hulle oor twee weke weer teen EG speel nie.

    ReplyReply
    7 August, 2022 at 08:22
  117. avatar
    #17 Murrayfield

    @Kerveros: Stoffel is ‘n bees!

    ReplyReply
    7 August, 2022 at 08:22
  118. avatar
    #16 Kerveros

    Alle goeie dinge kom een of ander tyd tot ‘n einde. So het baie Helpmekaar seniors gister hulle laaste wedstryd gespeel vir hulle skool. Dit is ‘n jammerte dat die seuns die laaste 2 jaar onder nuwe afrigter JJ Pienaar die donker kamers van Rugby beleef het. Daar word gesè – “Goeie afrigters kan mediocre spelers goed laat lyk op die veld, so kan swak afrigters ook goeie spelers swak laat vertoon op die veld” case of point is die All Blacks. JJ Pienaar wat 3 jaar lank vir die Goue Leeus gespeel het kon nie sy vaardighede as rugby speler oorskakel na afrigter toe nie. Tog het die skool hom geback en hom die goue staaf oorhandig om met die seuns se toekoms te speel. Die twee afrigters wat laat gaan is om plek te maak vir JJ Pienaar is in beheer gesit van die onder 14 en onder 16 spanne. Beide die spanne het die boonste leer van skole rugby in die Noord Vaal reeks beklee terwyl die senior spanne nou die laagste trappie van Noord Vaal beklee. Die Vibe van die skool se rugby is nou ook daarmee heen. Die eens trotse onder 14, onder 15 Virseker kampioene van Helpmekaar is stukkend. Die goeie afrigting van goeie spelers is gedaan gemaak. Die senior seuns se geesdrif vir Rugby is heelwaarskynlik geknak. Die seuns wat Matriek klaar maak die jaar se selfvertroue is seer gemaak en die meeste is klaar met rugby na skool. Rugby as geheel word erg seer gemaak dat enige persoon ‘n boksmart kaart kan kry om af te rig. Dan moet nie die direksie van Rugby onder Eugene Marais vergeet word nie. Onder sy leiding beklee Helpmekaar wel die boonste trap van die Noord Vaal rugby. Te danke aan die onder 14, onder 15 en onder 16 spanne. Die cream of the crop senior spanne, het misluk gefaal op en van die veld.

    ReplyReply
    7 August, 2022 at 07:59
  119. avatar
    #15 Murrayfield

    @Jakkals: Groot wen vir ‘n great afrigtingspan en top skool!

    Rugby het ‘n manier om jou nederig te maak!

    ReplyReply
    7 August, 2022 at 07:48
  120. avatar
    #14 Jakkals

    @PRondersteuner: oh ek sien…dankie

    ReplyReply
    7 August, 2022 at 07:20
  121. avatar
    #13 Gimnasias

    Kwaggas het maar volgens my n gemiddelde span die jaar maar ek het die week vir n Kwagga pa, wie se seun in die die o/16A span vandag gespeel en ook gewen het gese dat hul n goeie kans het om te wen want Boishaai is wmosioneel getap na Interskole. Volgende jaar het die Kwaggas n goeie span sover ek weet en Boishaai het n hele paar St 9’s hierdie jaar in hul span so volgende jaar sal dit ook n baie goeie game wees tussen die 2 spanne. Maar well done aan Kwaggas, dis n great oorwinning.

    ReplyReply
    6 August, 2022 at 23:00
  122. avatar
    #12 kantako

    @jakes: hoe lyk die log ?

    ReplyReply
    6 August, 2022 at 22:53
  123. avatar
    #11 PRondersteuner

    @Jakkals: HJS Paarl het ook baie spelers in SA o18 spanne. Maar almal het vandag gespeel. Die spanne kom eers 14 Aug bymekaar.

    ReplyReply
    6 August, 2022 at 22:27
  124. avatar
    #10 jakes

    Dit lyk of EGJansen en Garsfontein mekaar oor twee weke weer in die semis van Noordvaal gaan aanpak. Afhangende van Monnas/Noordheuwel game volgende naweek. Semis gaan baie harder wees

    ReplyReply
    6 August, 2022 at 20:36
  125. avatar
    #9 Wonderwolf

    @Wondermaar: Nee

    ReplyReply
    6 August, 2022 at 20:22
  126. avatar
    #8 OUD ANKER

    @Wondermaar: Nee, Garsfontein het nie teen Grey gespeel nie, MAAR het net teen Monnas verloor sover en ‘n paar groot kanonne, Affies en PRG geklop en gelykop gespeel teen Paarl Bois. Ek sê wel tot DUSVER die seisoen dink ek Garsfontein is 2e beste 1e span rugby span.

    ReplyReply
    6 August, 2022 at 20:21
  127. avatar
    #7 Wondermaar

    @OUD ANKER: Het Garsfontein teen grey bloem gespeel due jaar?

    ReplyReply
    6 August, 2022 at 19:55
  128. avatar
    #6 Wonder

    @OUD ANKER: Nou praat jy sin,ek stem 100% saam jou.

    ReplyReply
    6 August, 2022 at 19:40
  129. avatar
    #5 OUD ANKER

    Well done aan Garsfontein, heel waarskynlik na Grey, die beste 1e span skole span in SA tot dusver die seisoen. As dit nie vir die verloor teen Monnas was nie sou hulle hard saam Grey geblaf het.

    ReplyReply
    6 August, 2022 at 19:22
  130. avatar
    #4 OUD ANKER

    PBHS vs Affies, 2e oudste skole derby in land. 15000 plus toeskouers vandag op Brooks. Wedersydse respek tussen spelers en toeskouers. Affies klop PBHS redelik maklik 54-19, maar PBHS speel met die tipe guts tot die bitter einde wat enige PBHS ondersteuner bitter trots sal maak. Nogmaals ‘n fantastiese advertensie vir skole rugby in die algemeen en derby rugby spesifiek. Well done Affies vir die wen, well done Candies vir julle guts.

    ReplyReply
    6 August, 2022 at 19:19
  131. avatar
    #3 Wonder

    @Jakkals: Kwaggas het goeie span,het verdien om te wen.

    ReplyReply
    6 August, 2022 at 18:27
  132. avatar
    #2 Palma

    Selborne 33-13 Dale. What should have been a great game was spoiled by unsportsmanlike behavior by both teams and the crowd. A very ugly game to watch.

    ReplyReply
    6 August, 2022 at 18:05
  133. avatar
    #1 Jakkals

    :lol: Eks baie verbaas Kwaggas het gewen…veral oor n paar van hulle ysters by die SA O18s betrokke is…HJS is seker nog emosioneel en fisies moeg na laas week…

    ReplyReply
    6 August, 2022 at 18:05