When BHP’s latest formula-driven rankings come out later this week, expect the country’s two top ranked teams Affies and Paarl Gymnasium to be closer than ever before in terms of points, following their respective derby wins over the weekend against the PBHS’s namely Pretoria Boys High School and Paarl Boys High School. The season is not over BUT one doesn’t have to be a rocket scientist to figure out that ranking systems and formulas aside, there is one “Moerse Groot” debate ahead IF Gimmies win their remaining games this season.
Affies are done and dusted for the 2013 season. Their record reads played 14, won 14 lost ZERO. Undefeated! The powerhouse rugby schools are powerhouses for two reasons. Firstly they produce good 1st XV teams just about every year. Secondly they don’t shy away from the other big guns. They test their strength against other powerhouses as well as other top achieving rugby schools. So when one reads that Affies went through the season undefeated, there is a lot of respect that should be attached to that sort of achievement. The big scalp for Affies this year was Grey College in Bloemfontein. The last school team to leave Bloem as winners was Paul Roos back in 2006. It might not be Grey’s best year but they still have a very good team and for Affies that win and the way in which it was achieved has to regarded as a cornerstone in their claim to be regarded as number 1.
Gimmies still have a few obstacles in their path. Stellenberg should be easy enough to contend with seeing that Gim has beaten much stronger teams using practically their second team this year. However the banana peel could be Drostdy. Gimmies beat Boishaai at Interskole in 2012 and looked to be well on their way to claiming the national top spot before The Donkeys got in the way of that ambition. The form-book suggests that Gimmies should sweep Drostdy aside, which would then leave one last HUGE hurdle to clear and perhaps this will be the deciding factor of who gets the right to call themselves Numero Uno in South Africa in 2013: a looming Burger Trophy final against the Kwaggas of Outeniqua. Outeniqua are currently ranked no.3 in SA across the board of various school rugby ranking systems, including the well respected BHP system. IF and it’s very much an if, even though Gimmies have already comfortably disposed of the Kwaggas this season, but IF Gimmies beats the Kwaggas again in the almost certain to be Burger Trophy final, they will in all likelihood move clear of Affies at the top on the BHP rankings AND as far as this site is concerned claim number 1 status for 2013.
It won’t stop the debate though and the cancelled Affies-Outeniqua game will surely find it’s way into the conversation. Interesting times ahead.
For more info on the Burger Trophy competition read http://www.stoopstats.co.za/articles/the-burger-trophy-play-offs-are-upon-us/
Gim, by quite a margin
@Ploeg; Predator Ens; nou raak julle interesante ginge aan ek soek nog bloggers om die top Premier skole te bespreek en asseblief ouens met feite, Ek doen byvoorbeeld jaarliks na die eind eksamens 9 skole se opnames, so genaamde top skole, maar dan sal jy sien hulle het nie 100% slaagsyfers nie of 72% Matrikulasie vrystelling, maar dan is hulle die beste of so sê mense die top rugby skole. ek sal graag wil weet, Ja, Fair lady het vroëer die jaar ‘n opname gemaak, nie die departement se formule gebruik nie maar die een waar gemmideldes tel, en daar is net twee seuns skole in die land onder die top 25 skole, akedemie, kultuur, sport.
Dit gaan ‘n goeie een wees wat ons seuns skool klop. Staats skole, vorige model C skole.
@Deon: Die 90% was maar n raaiskoot. Ek dink dat 96% nader aan die waarheid is, maar jy weet mos, ons Vrystaters is mos maar beskeie en wil nie graag te windgat voorkom nie. Wat my aktiwiteite op US betref, slaan jy my ver te hoog aan. Na my sosiale aktiwiteite, ekskursies Hangklip toe vir perlemoen, akademie (min of meer in daardie orde), was daar nie veel tyd oor vir rugby nie. My aspirasies daar was nooit hoer as die kaas-en-wyn liga (4s) nie, en dan ook nie gereeld nie. Spanpraatjies (en baie opwarming) in die Grand of Tollies het ten minste 2 uur in beslag geneem en daar was altyd veel meer teenwoordig hier as by oefening. Daar was onbeperkte plaasvervangers en soms het dit so lank geneem om n speler vd veld te kry (na 10 minute op die veld) dat daar soms 17 spelers op die veld was. So, ek het goeie rede gehad om die maroontrui te vermy.
@BOG: Ek ontduik nie die vraag nie,het net nie ‘n goeie antwoord nie,dan buig ek maar die knieg.Verder kan ek onomwonde se dat geen meisie nog ooit afgevry is by my nie.Ek is nogal redelik goed op daai gebied,en die papsak gebied,maak bietjie op vir my gebrek aan rugby talent om die hoogste sport te bereik het. Moet ook darem byvoeg dis nie aldag dat ons die kans het om Grey Bloem bietjie aan te vat nie,volgende jaar is die skoen weer aan die ander voet. Dis nou maar soos julle Res van Suid Afrika altyd teen die Blou Bulle is.
@BOG: Dankie dominee. Tra la la tra la la tra la tra la laaaaaaaaaaa>
@BOG. Jou opmerking oor Grey se ongeveer 90% wenrekord oor die ongeveer afgelope eeu verwys. Die 90% verbaas my! Êrens in die verlede, voor my geboorte, moes julle ‘n insinking beleef het, want in my leeftyd het Grey se wenrekord baie meer na 100% geneig. ‘n Klas van sy eie. Ek kan net nie ophou wonder, toe jy op Stellenbosch geswot het, hoe jy gelyk het in ‘n maroon trui nie? Miskien moet jy jou Avatar verander na ‘n PRG een sodat jy weer kan lyk soos op varsity. Enige fotos wat jy bereid is om vir ons te publiseer, of sal jy vir beet vra om jou Avatar asb net vir een dag na ‘n maroen een verander? Mooi dag.
@spot: I was the first to admit that the criteria used for compiling that list (Africa) is questionable, but that would equally apply to the “global” one, perhaps even more so. But , at least it offers enjoyment, particularly if the school with which you are associated, is on top of the pile. But what gives even more enjoyment, is that it irritates adversaries like old Tjoppie below. @Tjoppa: Jy is darem aggressief vanoggend ? Soos n renosterbulletjie met n seer kop? Het die nagsuster jou per abuis gekoppel aan n papsak ipv n drip? Toemaar, niemand sal jou oomblik van glorie bederf nie. Dit gebeur so selde. Ons het nog nooit veel ag geslaan op “ranglyste” nie, ongeag die feit dat hulle “nr 1” was vir 8 uit 10 jaar. Vat maar pilletjie vir die koppie en geniet die dag. En rek maar jou bek- terwyl jy kan.
@BOG: It is a shame how bragging rights change the supporters. Now the brag about a top ten possie in some obscure subject. Please gentleman this is a rugby blog. The no 1 school is Affies. Gaan dit nou almal. Praat rugby of hou jou bek.
@BOG: Wie ry Toyotas deesdae. Die blerrie kosbokse word meer teruggeroep as die Daihatsu’s. Tot hier by die huisie vir oues ry ons al met Volksies. Maar goeie vergelyking smaak my net die ander skole strewe harder as jou skooltjie. Onthou my woorde “die gaping raak kleiner en kleiner”.
That list is a pile of dung, plenty of great girls schools excluded. It includes Pinetown which is run down and in a shocking state. Take it with a pinch of salt.
@BOG: Had a look at the list. Respected schools, from an African respective. What about a global perspective?
“Three of South Africa’s top schools have made it into the 2011 Global Education and Skills: An Oxbridge Guide publication, according to a report.”
“Its aim is to give a broad perspective of schooling around the world, from nursery right up to college level. It shows the quality of schooling available, not just at private, exclusive institutions but also at outstanding government-funded schools.”
“Queen’s College in Queenstown in the Eastern Cape, Hilton College in KwaZulu-Natal and Benoni High School in Gauteng were included for their innovative approach to the development of their pupils.”
Read more: http://www.mediaclubsouthafrica.com/youth-and-education/2748-global-education-250112#ixzz2bDO3FcGv
Read more: http://www.mediaclubsouthafrica.com/youth-and-education/2748-global-education-250112#ixzz2bDNtP4dK
Read more: http://www.mediaclubsouthafrica.com/youth-and-education/2748-global-education-250112#ixzz2bDNfo6J6
@BOG: they do stipulate the criteria – it is national or regional significance, the age of the school, and the results of regional surveys and rankings. It seems quite accurate.
@McCulleys Workshop: We dont know what criteria were used in determining the list, but Im sure that no OGs were on the panel. We can question the objectivity but that I shall only admit in English, knowing that Parkie would not understand. But nevertheless, its still an achievement for a school in the middle of the States to even be considered in deepest Africa. But not the first time, mind you. Either Bram Fischer or a top ten in Maths/ Science in SA, did it.
@BOG: Hi Bog, what a fantastic list and certainly a well deserved Doctoral thesis and research paper, pity it’s a little sexest, but no doubt woman aren’t as prominent regionally or nationally (let alone in Africa – can’t find one worth mentioning myself, but maybe that Majola woman from Mozambique, had heard that she was actually a cross dresser and originally attended Affies, oops didnt see them on the list either) and therefore girls schools only deserve their entry at around school no 60. Had heard the researcher went to that prominent school No 59 on the list. Thinking about it long and hard, it must be based either on rugby internationals or politicians who attended these schools. I don’t think soccer refs with national colours count.
@Parkie: Lyk vir my of jy weereens met die papsakke deurmekaar was en ek merk dat jy my vorige vraag ontduik. Gee vir ons n definisie van “helse loesing”. Ek begin wonder of n Grey seun jou meisie op n stadium afgevry het of het hulle jou aansoek om toelating daar, geweier? Gaan kyk maar gerus na die lys wat ek hierbo aangee- net om bietjie sout in jou rou wond te vryf
@Parkie: Ek wil jou net herrinner dat die skolerugby o/19 spelers insluit ,maar die Cravenweek is vir o/18. Dis nie in ons aard om verskonings te soek vir ‘n verloor nie. Gim het ons absoluut outplay op die dag, ons aanvaar dit. En so groei ons maar deur die siesoen. Ons het Grey gewen en was beter op die dag ,..aanvaar dit. Jy kan slegs kraai op die werf as jy al die grotes geklop het, ons gaan dalk weer ‘n geleentheid kry teen Gim soos laasjaar in die Burger finaal. Hierdie jaar is ‘n statistiese feit dat die Kaap skole beter rugby speel as die Noorde, en selfs op die Cravenweek is dit weer bewys. Die Noorde soek wragtig altyd allerhande verskonings, skuif die blaam heen en weer, en al die ander nonsens wat kwytgeraak word. Jy kan verbeter uit ‘n verloor en sterker word deur die seisoen, en dit geld mos vir almal.
@Koos Roos: Affies nr 1 ou-Vergeet die Cravenweek.Redeneer bietjie anderkant om.As Affies al gelykgespeel het en Gim nie,sou jy steeds Affies jou nr 1 gemaak het?
Ek moet my mede Blou Bul kollegas ondersteun en sal my stem aan Affies gee weens die feit dat hulle Grey Bloem op hulle eie veld ‘n helse loesing gegee het.Verder het die Kwaggas op ‘n neutrale veld gespeel met 1 onder 19 speler in die span tn Grey Bloem.Paarl Gim het die Kwaggas gewen maar nie Grey Bloem of Affies gespeel nie.
@Parkie: Ja jong, tradisioneel het die manne so gespeel en met manne soos Hougaard en de Waal in die verlede, hoe anders. Tog was daar ‘n vernuwing te bespeur verlede jaar, maar hierdie jaar is die manne geteister deur beserings en moes maar grootliks staatmaak op die groot skopskoen van Tian Nel. Diepte bly maar altyd ‘n probleem vir hierdie trotse skool. Weet Thys Basson, die bul vasskop, sluit volgende jaar by die Bulle aan, groot aanwins, bitter sterk en superfiks.
@Ploegskaar: Dis nogal jammer jy trek nie Blou trui aan nie,het BL al paar keer sien speel hierdie jaar,lyk nogal soos tipiese Blou Bul rugby,behalwe vir die verlore naturlik. Hoor daar kom nog paar BL ouens na die Katedraal van Rugby toe volgende jaar.
Oeps, moet lees : theafricaneconomist.com. Kyk maar verby Bob en sy medediewe en soek onder ranglys van skole in Afrika
@Predator: Maar vir n geleerde, objektiewe, oordeelkundige, intelligente en onpartydige opinie, raadpleeg : http://www.theaficaneconomist.com
@Tjoppa: Sit asb.
@Ploegskaar: Wie worry oor hulle.
@Predator: Ons is dit eens dat die genoemde top rugbyskole oor die algemeen top skole is, maar uit my ervaring is daar verskeie ander skole, minder bekend vir hulle rugby, wat op ander gebiede uittroon, hetsy akademies, kultureel of op ander sportgebiede. In my opinie kwalifiseer hulle beslis as top skole. Wat Landbouskole betref, beslis spesiaal, maar nie noodwendig op akademiese gebied nie
Ek stem 100% saam. Ek het oor ‘n tydperk die dinamika van sekere van die top rugbyskole dopgehou en dis maar my beskeie observasie. Ek weet daar is baie ander skole en ander sportsoorte ook , ek kan slegs kommentaar lewer op die skole wat ek op ‘n gereelde basis gesien het. Dan kan ek natuurlik ‘n verkeerde afleiding gemaak het ook, maar dus my opinie soos ek dit sien. Ek het ook al verwys na daai iets spesiaal omtrent ‘n landbouskool seun ook wat altyd my snare roer.
@Predator: Solank ons net saamstem dat jy nie ‘n top rugbyskool hoef te wees om ‘n sg. premierskool te wees nie.
@BOG: Daar is altyd daardie iets spesiaal teenwoordig by die premierskole, die Greys, Paarl Gim, Boishaai, Paul Roos, Oakdale en natuurlik die Kwaggas. Ek maak altyd seker dat ek tussen die ander skole se ouers sit om die kommentaar te hoor oor die Kwaggas of die ander skole by die toernooie wat gespeel word. Daar is definitief ‘n onderliggende respek of hulle dit nou wil of gaan erken in die openbaar is irrelevant, en dit het ek al in menigte gesprekke met die ouers van regoor die land en Namibië ervaar. Of die filosofië wat hierdie skole toepas bewustelik of onbewustelik is sal ek nie weet nie, maar daar is ” iets” wat die onderskeid tref hulle en die opposisie. Daar is ‘n “glo in jouself en die span” wat ek altyd bespeur in die oë van die seuns as hulle opdraf, amper daai ” one for all and all for one” gemotiveerdheid. Die coaches van hierdie spanne is baie bekwaam om die manne so bymekaar te hou, fisies en emosioneel, ek haal my hoed af vir hulle. Dikwels as ek die kritiek lees oor hierdie top skole dan besef ek hoe oningelig die kritici en ouers eintlik is oor die doen en late en metodiek wat by hierdie top skole toegepas word, en dit in ‘n onderwysstelsel wat eintlik op baie gebiede inmekaarval en ‘n gemors is. Hoera! vir hulle wat uitgestyg het en die “benchmark ” opgeskuif het.
@Predator: Net interessantheidshalwe- by Toyota in Japan, volg hulle n filosofie genaamd “kaizen”. Eintlik dood eenvoudig, maar dit het hulle in die 60s die derde grootste motorvervaardiger gemaak ter wereld. En dit beteken “continuous improvement” (seker voortdurende verbetering) Hulle sal dus nooit die status quo aanvaar nie en altyd daarna streef om van more n beter dag te maak as vandag. Ek dink nie dat Grey bewustelik hierdie filosofie navolg of selfs n naam daarvoor het nie, maar ek weet dat dit elke matriekklas se verklaarde voorneme is om te verbeter op die vorige jaar sn. Dit strek natuurlik baie wyer as net rugby. Dit is so elementer en eenvoudig, maar die gevolge, indien geslaagd, verreikend. n Alternatief is eenvoudig nie n moontlikheid nie.
@bhkgpa: Volgende jaar behoort nog ‘n goeie jaar te wees maar daarna sal ons maar moet sien. Die Kwaggas kry nie sommer spelers in hulle graad 11 / 12 jaar wat van ander skole af kom nie. Dian Koen was wel hierdie jaar die uitsondering. Ons het ‘n baie sterk onder 16 groep 2 jaar gelede gehad en baie van hulle sal volgende jaar in die o/19 groep wees. Daar is gewoonlik ‘n enorme verbetering in die spel van ‘n kind sodra hy die 1ste span trui oor sy kop trek, en dis veral by die premierskole se spanne prominent. Ons het ‘n hele paar spelers wat die Akademie span gehaal het en baie goed gevaar het wat ook volgende jaar beskikbaar sal wees. Ek wil glo dat die Kwaggas hulle planne in plek het om in die top liga te bly en goed te vaar.
@Predator: kwaggas het n baie suksesvolle 2 jaar gehad, maar ek reken hulle gaan volgende jaar baie sukkel as ek na die uitslae van die ander spanne teen top skole kyk. Daar is geen diepte in sekere posisies nie en ek reken dit sal nou eers weer n bou proses wees. Stem jy saam?
@BOG: Beslis ‘n skool van uitnemendheid in SA, wat nie uit die oog verloor moet word nie is dat Grey nog steeds in die Top 5 is hierdie jaar. Ek stem saam dat die ander skole se rugby besig is om baie goed te ontwikkel. Die uitslae van die Kwaggas oor die laaste twee jaar het die beeld van die skool baie goed gedoen deur die land, hier moet ek die krediet gee vir die groot ” effort ” wat deur die personeel, afrigters en die visie van die bestuurspan om dit te vermag. Ons fokus baie op die seuns se talente deur die land , maar besef nie wat dit vat om sulke spanne week in en week uit te laat presteer nie. ” Prestasie lok ander presteerders” na hierdie skole , ek glo dat selfs die akademiese standaarde/ prestasies van hierdie skole baie hoog is.
@Predator: Nee, ek weet nie alles van Grey af, soos jy aanvoer nie. Ek is maar bloot n waarnemer (oor n afstand) en lojale ondersteuner. En dit is beslis verblydend om te sien dat meer skole presteer. In die laaste twee jaar, is daar al dikwels gese dat ander skole vir GCB ingehaal het. Dit sal natuurlik slegs moontlik wees indien Grey stagneer het of op hulle loure gerus het, en dit, kan ek kwalik glo. Di doodeenvoudig nie in hulle karakter nie. So, vanuit n Grey perspektief, was die laaste twee jaar miskien nie so suksesvol nie, maar dit op sigself spreek boekdele van hulle sukses. Meeste skole in SA kan net droom van n rekord soos hulle sn- en dit, die laaste twee jaar. Ek besef daar is n groot mate van sensiwiteit oor GESKIEDENIS, maar n wenrekord van meer as 90 % oor n eeu, is fenominaal. Dit sal selfs Manchester United se wenrekord sleg laat lyk. Inteendeel, daar was so n artikel in “The Citizen” n paar jaar gelede.
@Zebra – Ai Zebra!!!! Waneer Kwaggas speel, speel hulle nie vir hulleself nie, maar vir die span. As ‘n SPAN het Kwaggas Oakdale gewen – Teen die OP was daar 9 Kwaggas in die begin span, Oakdale het 4 spelers gehad – teen die Bulle was dit 10 Kwaggas in die begin span. Beide voorspelers en agterspelers van beide skole het saamgewerk om te help met die wenne! Sou beslis nie een kind uitsonder nie, maar nou ja, soos Predator se, 4 seuns in SA skolespan moet iets beteken!
@Zebra: Grootmond sê jy, die score is op die bord, ek weet baie goed dat dit ‘n spel van 15 manne se effort is, ek verwys maar net na die feit dat daar 11 manne van die Kwaggas in die span was wat Bulle geklop het en daar was slegs ‘n paar van Affies in die Blou Bulle span,…ek maak dus ‘n statistiese afleiding dat die Kwaggas se kans baie goed is om Affies te klop. Ek laaik Oakdale en die manier wat hulle rugby speel baie,…maar laat ek jou verseker, as die Kwagga masjien op al die silinders vuur soos ek al gesien het dan kry enige span swaar.,….en hulle het seker nog net 3 keer hierdie jaar op al die silinders gevuur. Dit is waarlik ‘n baie gebalanseerde span met hope talent ( 4 SA Skole seuns uit 1 skool ) dit is fenomenaal as jy in gedagte hou hoeveel seuns rugby speel in SA en hoeveel skole daar is. Paarl Gim het ook 4 en is ook soos die Kwaggas in die TOP 3. DIE KWAGGAS IS BAIE GOED HIERDIE JAAR, AANVAAR DIT NOU EN GENIET DIE UITSTEKENDE RUGBY WAT DIE SEUNS SPEEL. Volgende jaar is dit dalk weer Grey College dominansie soos vorige jare,..wie weet of vra vir BOG hy weet alles van Grey.
@Woltrui: Kyk, soos wat ons Kaapse bure sal getuig, speel die Boland manne harde, maar skoon rugby. Eerste sal hulle nie slaan nie, maar stilstaan sal hulle gewis ook nie. Wat die drie Bolanders in julle o/19 groep betref, beslis ‘n aanwins en wens hulle net die beste toe, maar jy kan maar daai truitjie hou daarbo, ek ruil die Boland en Streeptrui vir niks.
Predator is ook lekker grootmond.Sy eie ouens sal erken dat as dit nie vir die hardebaarde van Oakdale was nie hulle maar sou gesukkel het teen die OP en die Blou Bulle
@ DJOU- dankie vir die verduideliking, ek verstaan nou. Ja ek het groot geskrik toe ek HTS Middelburg/Klofies score sien.Wat het daar gebeur?? Het klofies ‘n blitzkrieg gehad en HTS toe tou op gegooi of wat?? Waterkloof en Jansen sal ‘n riller finaal wees..Eerste keer in die geskiedenis..Maar eers le Nelspruit voor.
@Ploegskaar: Hahahahahaha!!! So as die Bulle se O/19’s iemand “groet” weet ons dit is die Boland Landbou invloed!! Hier is nou so baie Boland Landbou laaities hier by die Bulle gekontrakteer dat jy dalk vir Beet moet vra of hy nie maar jou avatar na ‘n Blou Bul enetjie kan verander nie.
@Jakes: My voorspelling is nog aan – het jou gese dit gaan EG Jansen vs Waterkloof in die finaal wees. Sal ‘n massiewe game wees. Maar die huidige Kloof-span is ‘n ander een as die een van die begin van die seisoen. Baie nuwe spelers en beseerdes wat terug is.
@Jakes: Die punt is die formule bevoordeel sekere skole omdat onder meer die skole verkeerd gekategoriseer is. As daar ‘n regverdige formule was, sou EG Jansen baie nader aan Gimmies gewees het. Bv. As Kempton ‘n beter kategorie skool was (en hulle behoort te wees) sou EG Jansen meer punte verdien het uit die wedstryd. Dieselfde geld Grey Kollege wat skole in Bloem MOET speel (wat laag gekategoriseer is) en dus minder punte verdien. Wat ek probeer se die poging van BHP, (hoewel ons dit moet respekteer as ‘n poging want niemand anders wend ‘n poging aan nie), is deurspek van metodologiese foute wat sekere skole bevoordeel bo ander – en derhalwe kan dit nie ‘n gerespekteerde metode wees nie. Indien mense dit respekteerbaar wil maak, dan benodig dit indringende verandering en statistiese toetse.
Gim met sy top spelers is in ‘n ander klas in 2013. Weet nie hoeveel van hulle nou gaan uitsit met die laaste paar wedstryde nie. As interskole verby is, dans die seisoen klaar.
Baie van die top spelers gaan seker nie beskikbaar wees nie.
@Predator: Het self gedink die Boland/Kwagga wedstryd is ‘n jaarlikse instelling, dalk is hy terug op die kalender volgende jaar, en synde ons julle in 2012 in George gespeel het, hopelik op die Plaas. Is wel bekend met die potensiaal van julle gr.10’s en 11’s, maar of hulle die hoogtes van die 2013 groep sal haal, sal net tyd leer. Weet wel Oakdale gaan die volgende 2 jaar op sy kop wees, so julle sal lekker stewige kompetisie van hulle kry.
@Woltrui – die PBHS telling teen Maritzburg College was 30 – 16
@Ploegskaar: Ou ploeg ek sal veel eerder Boland Landbou speel as van die ander in ons liga wat ‘n Absolute grap raak. Dit is sinneloos om games te kyk waar die een span na die afskop omtrent dadelik terugdraf pale toe ( dit kan nie goed wees vir sulke seuns se selfvertroue nie).Dis gewoonlik in hierdie omstandighede waar ouers van die “vernederde” spanne onnodige afbrekende kommentaar oor die seuns kwytraak ook. Daar sal beslis meer meriete in wees vir almal dat skommelinge bietjie plaasvind om die sterkstes teen mekaar te laat meeding. Ek glo daar moet dalk minder games gespeel word , maar teen opposisie wat meer mededingend is. Ek moet julle nou al waarsku dat die Kwaggas weer ‘n baie goeie span volgende jaar op die veld gaan hê.
So Djou, EG Jansen on top?/ Please elaborate. As if this is not possible or what do you mean?
Hoekom compare jul nie scores teen spanne waarteen albei gespeel het nie??? soos byvoorbeeld Grey College en andere teen wie albei gespeel het. Dit kan maatstaf wees
@Beet: Have to disagree that the BHP system is well respected. No matter how many times people want to say it is well respected or no matter how much they want it to be weel respected, it will not be. It really has too many flaws to qualify as a ranking system. I can conjure a formula driven system that can put EG Jansen on top.
The current system can work, however, with a few adjustments and then it will provide a much better indication of who is the best no matter whether the schools played each other or not.
Affies het als gewen, Gim een gelykop. Maar dit gaan nie net daaroor nie. Die spanne speel nie teenmekaar nie, so ons sal nie weet nie. Sal interessant wees om te sien dat indien ons gemeenskaplike teenstaander vat en dan die punte vir en punte teen uitwerk.
@Predator: Het gewag vir daardie een, maar ons vat hom op die ken. Geniet jy julle puik 2013, volgende jaar en 2015 is ons terug
@Woltrui: Dan staan ek maar weer op,…korporaal. Ploeg trap sommer die manne van die magtige Suide ook uit,..nou nie juis dat Boland Landbou bygedra het hierdie jaar nie, maar altyd lekker om hulle te speel, jy weet nooit wat om te verwag nie.
@Woltrui: Nee Wollas, dreig met bliksem werk nie met die Boere nie, Saterdag in die Seccies se game het het die skote geklap hier na die einde en die een Bolander het seker so 6 – 8 kolskote neergelê. Niks van daai ruk-en-pluk en steekhoutjies soos met julle Groen vrinne nie, net voltreffers ou maat. Stuur maar in elk geval daai “attack machines” van julle, ekstra hande in die landerye, boorde en wingerde is altyd welkom
@Ploegskaar: Beet het my opgradeer. Is nou n provinsiale blogger. Hoekom baklei jy so vroegoggend? Jy gesien wat doen ons laasweek met die Glenwood bloggers. Oppas vir jou. Ons stuur die barbarians na jou toe ook
@Woltrui: Man, trek jy eers daai walglike jurk uit en vra jou Affie trui terug, dan praat ons weer.
@Predator: Jy kan eers sit as Ploeg se jy kan sit! Jy nie in die army gewees nie!
@Predator: @Bulle het nou-net geteem oor die nonsens wat julle hier praat, en daar gaan jy alweer
@Bulle: Dankie Bulle. Daai Ploegskaar man is duidelik ‘n moeilikheidmaker.
@Ploegskaar: Soek al moeilikheid so vroeg op ‘n Maandagoggend. Die Wp / Bulle “game” is eers Saterdag Ploegie. Ko ons los die faait vir Vrydag
@Bulle: ‘n Vraag is gevra en ek het geantwoord. Wat gee jou die idee dat ek myself ooit enigsins bekommer oor Affies of enige Noordvaal span? Voel ook dadels vir wie hier lees en wie nie. Jou reaksie getuig van ‘n bietjie sensitiwiteit, bly binne jou baan.
@Ploegskaar: Ek gaan eers sit nadat ek my eier gelê het. Affies kan nie die titel van nr.1 dra as hulle nie teen die Kwaggas of Gim gespeel het nie. Die Kwaggas en Gim moet die finale antwoord kry by die Burger finaal, ek hoop dis ons ( soos laas jaar ). Dis ook nodig om te noem dat die SWD die Bulle vermorsel het op die CW en daar was 11 Kwaggas in die SWD span, ..ek gaan aanneem dat die Kwaggas dieselfde met Affies sal doen…….vermorsel !!! Die Suide se skoolrugby is hierdie jaar bobaas par excellance! Nou sal ek sit!
@Ploegskaar: Ja Ploegskaar Affies speel wel sokker en ja nie net die res van die kwartaal nie maar elke aand, as jy hier in PTA was sou jy gesien het hoe lekker speel die koshuis seuns elke aand sokker op die rugbyveld. Affies is nou klaar met rugby want as jy nie geweet het nie begin hulle nou met krieket waar hulle in die JHB liga speel teen die JHB Skole in die derde kwartaal. Moet jou asb nie bekommer oor wat Affies die 3de kwartaal doen nie dit is ten minste hulle probleem. Hulle lees in elk geval nie eers die klomp nonsens wat van die bloggers van hulle se hier op die blog nie, en ja wie ookal die nommer 1 skool is goed vir hulle.
@Tjoppa: Sit asb.
@Hanswors: Jy lyk of jy ook mik om op te staan, sit asb.
@Woltrui: Sit asb.
@BOG: Sit asb.
@Ooorkant Loftus: Sit asb.
@Grasshopper: Hopper is the Rockspiders from Gauteng busy catching up and passing the souties from KZN in Hockey?? See that Affies won 6 of the 10 matches played between Glenwood and Affies the previous weekend.
@Hanswors: Ai Hanswors. As julle spelers nie na elke losskrum beseer was sou Affies die wedstryd in speel tyd kon wen
Jammer Kloof het insinking (weens beserings)in die middel van die seisoen beleef. Sou bittergraag ‘n volsterkte Kloof teen die Kwaggas en Gimmies wou sien. Kloof op sterkte een van die bestes in die land. Hoe julle HTS met 50 punte kon wen is verstommend.
Paarl Gim het ‘n briljante span. Die wyse waarop Boishaai geklop is bewys daarvan. Affies moet egter nie onderskat word nie. Die wedstryd tussen PBHS en Affies was ‘n klinkende bewys van Affies se 2013 span se talent. Die telling halftyd was 5 – 5. Affies het in die daarop volgende 35 minute 45 punte aangeteken. Teen een van die mees onderskatte spanne in die land. PBHS het 2 weke terug 13 – 3 teen Grey Bloem Verloor en n week gelede 33 – 15 teen Maritzburg, weg van die huis, gewen. Affies se tweede halfte was sekerlik van die beste skole rugby wat ek die jaar beleef het. Die samespel tussen voor en agterspelers (min spelers kan uitgesonder word maar vermelding kan gemaak word van Francois Steyn, RG Snyman en WP Eloff, die no 3)was uitsonderlik. Die top skole die jaar beslis die Kwaggas, Gimmies, Grey Bloem(Cherries) en Affies.
The best in SA ? Without a doubt, GCB Cherries. Most first teams around the country, including the GCB first team, have avoided them and the opposition who had the courage, they demolished, mostly with cricket scores.@Ooorkant Loftus: Jy verwys na die “groottes” Dit is die kern van die probleem. Daar ontbreek oor die algemeen konsekwentheid. Ons sien deurlopend “een of twee-seisoen wonders”. Hulle presteer en wil dan teen al wat top span is, speel. En as dit nie gebeur nie, dan is daardie span kwansuis “bang” of “vermy” hulle. Hulle vergeet dan (gerieflikheidshalwe) dat n jaar of twee vantevore, toe die toernooie beplan was, was hulle nerens. Ek sal uit ordentlikheid voorbeelde weerhou.
Die statistiek wys Affies het alles gewen maar hulle weet hulle het eindelik een verloor. Die wedstyd wat in die 43 ste minuut van die 2 de helfte “gewen” is. 19 – 18……… Hulle voorspelers het daardie dag lugfotos geneem van die hulle skool terryn!
Ek hoop dat die Wildeklawer en ander groot Paas Toernoeie in 2014 sal poog om al die groottes teen mekaar te laat speel. Krag teen krag as ek dit dan so mag stel. Affies het by Wildeklawer teen slegs Paul Roos gespeel en by die Maritzburg 150 teen Grey High. Dink nie ons skerm weg van enige skool af nie. Sou wat wou gee om die 2 Wes Kaapse skole en Kwaggas teen te kon speel.
Affies speel ook selde die laaste 10 jaar na middel Augustus. En nee ons is nie n sokker skool nie Mnr Roos.
@Ploegskaar: Ou Ploeg, jy spot so oor sokker. Ek verneem laasweek met skok dat my ou varsity koshuis nie meer die rugbykrag op Pukke is nie, maar glo sokkerkampioene!
@Parkie: Die redes lyk maar “dodgy”. Maar nou ja, gedane sake. Net ‘n groot jammerte! Sou ook ‘n grote gewees het. Ons verloor uit op mooi skolerugby.
@Koos Roos: Glo geld, of dalk is 14 wedstryde bloot die Affie-kwota vir die seisoen. Speel hulle ook nou sokker vir die res van die 3de kwartaal?
@Koos Roos: Affies se hoof het onttrek en finansiele asook rekord eksamen as redes voorgehou.
@Tjoppa: So, ingeligte en neutrale skolerugby kenners en toeskouers is dit eens dat Paarl Gym hierdie jaar no.1 is, die geween en gekners van tande ten spyt. Hulle het telkens net genoeg in die eerste helfte van ‘n “groot wedstryd” gedoen om ‘n pretender op sy gat te sit en met die tweede helfte begin rus vir die volgende week.
Does anyone know why the Kwagga/Affie game was cancelled?
@Tjoppa: Was dit jou mening voor of na die nagsustertjie se besoek? Lyk na ‘n emosionele gedoente!
As ek na die CW se wedstryde kyk was WP se span ligjare beter as die Bulle. Ek meen die gehalte van Gim se opponente, veral hier in die Kaap is dalk effens beter as Affies s’n. Heelwat Gim spelers en veral Grant Hermanus het tot daardie span bygedra. Gim vir my met ‘n kortkop!
@Parkie: agreed Parkie, but always good to debate ;-)
Paarl Gim, especially with Schickerling, no debate there. Affies only played 14 games, Gimmies must be close to 20 now. The more you play the more chance of losing. I have watched both sides and Gim would beat Affies. Affies rely too much on smash smash smash, Gim play clever and have the best loose trio I have ever seen. Gim for me….
There is no way we will ever know who is number 1.They are not going to play each other this year,not even on Playstation or X Box..Let us call it a tie and make peace with it.
Affies, why? Because my heart say so and that is the only way to separate the two teams this year. So beware BHP the barbarians are watching you.