Fanstream streaming: WWW.DIGITV.CO.ZA
SLOT | DATE | SCHOOL | SCHOOL | BROADCAST | ||
---|---|---|---|---|---|---|
Tue.03Apr | Glenwood Inv | 00 | 15 | Centurion | ||
Tue.03Apr | Jim Fouche | 10 | 07 | Montana | ||
Tue.03Apr | Louis Botha | 56 | 03 | Trinityhouse | ||
Tue.03Apr | Midstream | 22 | 36 | Goudveld | ||
Tue.03Apr | Ligbron | 15 | 13 | Grey College Inv | ||
Tue.03Apr | DF Malan | 29 | 28 | Potch Volkskool | ||
Thu.05Apr | Glenwood Inv | 00 | 34 | Montana | ||
Thu.05Apr | Jim Fouche | 31 | 43 | Ligbron | ||
Thu.05Apr | Louis Botha | 15 | 24 | Goudveld | ||
Thu.05Apr | Midstream | 07 | 13 | Potch Volkskool | ||
Thu.05Apr | DF Malan | 19 | 10 | Trinityhouse | ||
Thu.05Apr | Grey College Inv | 14 | 21 | Centurion | ||
Sat.07Apr | Glenwood Inv | – | – | Trinityhouse | ||
Sat.07Apr | Jim Fouche | 37 | 29 | Centurion | ||
Sat.07Apr | Louis Botha | 17 | 44 | Montana | ||
Sat.07Apr | Midstream | 31 | 43 | Ligbron | ||
Sat.07Apr | DF Malan | 22 | 22 | Goudveld | ||
Sat.07Apr | Grey College Inv | 24 | 20 | Potch Volkskool |
@Smallies: Jong ek weet nie. JF op eerste dag vir Montana gewen, wat op hulle beurt op die tweede dag vir Glenwood redelik ver gewen het! Dit is maar moeilik om regtig spanne na waarde te skat by hierdie tipe toernooie. Ons moet al die reserwes ten minste een en ‘n halwe wedstryd gee so ons het op geen stadium ons beste 15 op die veld nie. Neem aan ander skole doen die selfde. Seuns gaan ook maar flou wees na die week se harde games, die son en die see so ons sal maar moet sien wat gebeur. Al wat ek weet is dat ek redelik stil gaan bly langs die veld. Het verlede jaar ‘n paar JF ma’s beleef vir wie ek bitter bang is!
@Vetseun: geen disrespek nie maar ek dink nie JF het iets vir julle nie, as julle jol soos vandag behoort dit nie te swaar te gaan nie
@Smallies: Dankie! Sorry ek kon nie vroeër praat nie maar moes eers by my blyplek uitkom, afpak, stort en ietsie kouds ingooi! Ek bietjie teleurgesteld met ons vertoning vandag. Seuns het lekker weggespring en mooi binne strukture gespeel vir eerste 15 min. Was nogal opgewonde! Daarna dit baie losser geraak en ons gesukkel om ritme te behou. Ons 9 nie ‘n goeie dag beleef nie en dit het ook nie gehelp nie. Moet sê paar van die veranderinge wat Grey in pak gemaak het vir 2de helfte het hulle pak meer woema gegee. Veral blondekop slot my beïndruk met sy werkverrigting en aggresiwiteit. Hulle agterlyn ook klompie mooi lopies toe kon maak en ons moes bontstaan op vedediging. Ons eerste keuse 10 is uit met enkelbesering, en dit affekteer ons agterlyn se ritme erg. Lyk nie goed agter op aanval nie. Hopelik sal dit Sat beter gaan teen JF. Ons seuns ook bietjie flouerig gelyk teen einde. Was beslis die humuditeit en dalk ook gister se baljaar by Ushaka wat sy tol geëis het! Jy is reg oor ons 5. Werk lekker hard in vaste los en op verdediging en ook yster in lynstaan. Ons vandag eksperiment met 2 op 7 gedoen en dit vir my baie goed gewerk. Hy was vir my ons MOTM.
Was lekker om teen Grey kry te speel vandag. Nie iets wat aldag vir ons gebeur nie, so ons vat die ervaring, en die wen, en sien uit na nog ‘n Cheetah span Saterdag! Dink ons darem tog genoeg gedoen om te wen maar ons sal moet daai eerste 15min se tipe spel kan volhou vir baie langer om kompeterend te wees in Virseker! Groetnis, gaan nou eers bietjie my see uitsig woonstel geniet!
@Vetseun: baie geluk, daai 5 slot van julle het potensiaa, sy lynstaan werk was puik
@Smallies: Cent 21 – 14 Grey eindtelling.
@Vetseun: julle het n lekker pak voories daar, sit vir grey onder groot druk in die lynstane en scrumms…. Hopelik is hulle nie te fiks nie??
Cent 14-7 Grey halftyd.
@Smallies: Dankie. Laat weet maar as jy sukkel dan sal ek jou op hoogte hou. Lekker bedompig hier!
@Vetseun: Jip ek hoop ma die streams loop ok, bly dat jy goed gery het
@Smallies: Na 1 400km deur die nag darem veilig in Durbs! Heerlike oggend om rugby te kyk. Sien uit na goeie game. Hoop net altwee spanne kan nog onthou hoe om die dou van die veld af te speel!
Day 1, U14, 9:00 game, Westville 2 beat Midstream 19-15. Scores incorrect on above results.
Montana jol n lekker brand rugby, teen JF was hulle die beter span en kon net nie die knoop deur hak nie, as ek reg kan onthou het hulle baie goed gevaar so n rukkie terug teen klofies