Haiving losing 29-10 to the Pumas in a friendly on Tuesday night, the Blue Bulls have made seven changes to their squad to face the Lions in a Craven Week warm up game on Tuesday, 26 May 2015
Pumas | Lions | BLUE BULLS u18 | SCHOOL |
---|---|---|---|
1 | 1 | Luyolo Qinela | Southdowns |
2 | Jeandre Jones | Waterkloof | |
3 | Shergin Fillies | Waterkloof | |
5 | 4 | Ruben van Heerden | Affies |
5 | Henk Pretorius | Affies | |
6 | 6 | Phillip Krause | Affies |
7 | 7 | Brendan Heymans | Eldoraigne |
8 | 8 | Eduan Lubbe | Affies |
9 | 9 | Embrose Papier | Garsfontein |
10 | Eddie Fouche | Affies | |
11 | 11 | Austin Davids | Garsfontein |
12 | 12 | Louritz van der Schyff | Affies |
13 | 13 | Stedman Gans | Waterkloof |
15 | 14 | Abner van Reenen | Garsfontein |
15 | Andell Loubser | Menlopark | |
2 | 16 | Schalk Erasmus | Affies |
17 | Cabous Eloff | Affies | |
3 | 18 | Mornay Smith | Eldoraigne |
4 | 19 | PJ Steenkamp | Garsfontein |
20 | Eduard Pretorius | Waterkloof | |
21 | 21 | Wayne van der Bank | Menlopark |
22 | 22 | Snowy Zondani | Southdowns |
10 | Ruan de Swardt | Affies | |
14 | Runan Venter | Waterkloof | |
16 | Carl Wijburg | Centurion | |
17 | Tiny Mokhari | Pretoria BH | |
18 | Devon Gouws | Centurion | |
19 | JP Alberts | Oos-Moot | |
20 | Stean Pienaar | Menlopark |
https://www.facebook.com/BlueBullsHighSchoolsRugby/photos/a.412069115533123.96638.404468312959870/891656480907715/?type=1
Hiermee die Bulle Cravenweek span
@AffiePa: Het hom gesien. Baie goed. Maar daar is heelwat losskakeldiepte vanjaar en outjies in ander skole wat 2 jaar gelede ook Grant Khomo gespeel het.
Die Blou Bulskole het weliswaar verloor teen die Kaap, maar daar kan net 15 op die veld wees. So, as die keurders raakvat kan dit ‘n lekker wedstryd wees indien die spanne mekaar sou speel.
@Bere73: Ja maar ek dink nie dis te ernstig nie – hy speel egter nie hierdie naweek nie.
Hy sal n goeie keuse wees volgende jaar..is daai fouche outjie beseer?
@Djou: Sal nie n verrassing wees as hy die span maak nie – hy was Grant Khomo loskakel verlede jaar – die laaitie kan rugby speel.
@PietRetief: Mense kan nie kwaad wees as daar baie Affies in die span is nie. Hulle is duidelik baie sterk die jaar. Die enigste verrassing kan dalk wees indien hul 2e span losskakel die span maak. Andersins het elke speler ‘n goeie kans.
@kosie: Thanks. If anyone sees it before I do, please let me know.
@pietretief: aitsa @pietretief miskien is die internet vinniger na julle toe – ons het nog geen insae in die finale span gekry nie. Volgens amptelike kommunikasie, eers vanmiddag of erens oor die naweek.
Ongeag die uitkoms wil ek soos @Rugbyman bevestig – Affies het geen keurder or afrigter betrokke by die Cruywen Week span nie. As die span dus vol Affiemanne is, dan is dit die keuse van die ouens wat keurders en afrigters is en nie enige iets waarby Affies betrokke is nie, behalwe om goeie rugbyspelers op te lewer
@Cappie: ek hoor die CW span is vol van die affie seuns, gaan n paar manne kwaad maak in Pretoria.
@pietretief: Zuma loop met ‘n groot knop in sy kop rond.
@kosie: dink nie dit is moontlik nie, as mens hulle so dophou het ek gedink hulle het selfs al mr Zuma se probleme opgelos.
@kosie, @pietretief Ai die arme seuns kan skaars oefen…almal loop met knoppe op die “mage” rond! Kom ons hoop maar dit gebeur teen more en nie eers oor die naweek nie….
@pietretief: Hulle wil dalk nog iets wyser word
@kosie: hoekom dink jy vat die wyse manne so lank, proef spanne was dag na vorige wedstryde uit.
@beet: The final BB U/18 and U/16 teams will be available over the weekend at the latest but might even be on Friday.
@GarsieOuer: Daar is akademiese beurse, en kultuurbeurse en dit word aan die topkandidate toegeken.
@AffieOuer: Ek se net Amen. Word eerder opgewonde as meer skole sterker word. Maar dit is duidelik dat ander meningvormers nie daarvan hou nie – hulle wil eerder he daar moet ‘n paar sterk en klomp swakker skole wees.
dok F wa wil jy wees
Ek is ‘n Garsie ouer en ek haat rugby beurse. Waarom kan my seun wat ‘n onderskeiding-kandidaat nie ook ‘n akademiese beurs kry nie?
Maar, solank jy moet meeding teen ander skole wat dit doen, sal jy moet meedoen, anders gaan jou skool se beeld skade ly.
Garsies het die ding nie begin nie, trouens hulle het jare lank swaar geleef teen ander skole wat dit doen, maar somehow is dit skielik sonde as hulle meedoen. Dis regtig uitputtend.
@Dok F: Ek raak nie kwaad nie… maar vir jou het ek niks te sê nie! En aan jou hoef ek niks te verduidelik nie!
Transformation is the educated sophisticated version of discrimination.
The following 2 documents should shed some light on the practice of transformation under the cover up of the quota system and the legality of the system.
International Convention against Apartheid in Sport
and
Bye-Law 3 of the IRB rules and regulations.
@Rugbyman – voor jy weer kwaad raak. Antwoord net eerlik asseblief. Hoeveel kleurlinge buite Pretoria en hoeveel wit kinders buite Pretoria het julle gewerf / gekoop. Is dit 7 teen nul as ek reg is. Dit is ontwikkeling
Ontwikkeling… Dit begin by jou uitsaaier. Voordat die regering nie rugby op sy spreekbuis uitsaai, en jong kinders van alle agtergronde die helde leer ken nie, sal daar geen ontwikkeling wees nie.
@AffieOuer: Ek stem met jou saam…
lekker rugby gekyk gestraand by die bulle met 14 14 op die telbort het altwee spanne vir ons goed gespeel hoor ok Valke het Luiperde gewen 49/0
In my opinie moet ons ophou met die politiek tussen skole in Pta. Onthou julle nog die woorde “een drag maak mag”. Pleks ons opgewonde raak as skole v krag tot krag gaan, dit is mos in belang van Pretoria!! Hoe sterker die onderlinge kompetisie is, hoe meer trek ons mekaar op of hoe?
@rugbyman ek dink Garsfontein doen goed en ek hoop regtig ook n derby tussen Affies en Garsies is op die kaarte in d nabye toekoms
@Skoorsteen: ek wens julle manne wil weg beweeg vd denkrigting dat alle seuns in garsfontein gekoop is… julle word tog so gebreinspoel… ons bemark en werf net soos enige ander top skool – aanvaar dit nou maar eenmaal, garsies is nou ‘n krag en is hier om te bly!
@Affiedorp: Vir jou inligting skep ons geleenthede vir wit kinders wat swaarkry net soos ons dit vir kinders van kleur ook doen. Ons diskrimineer geensins op velkeur nie! Ons doen die ontwikkeling nie vir die Bulle of die cravenweek span nie, ons doen dit vir kinders en ons skool!
Mag julle manne n geseende dag hê!
@akw: ek het maandag middag die CP vs lynnwood game gekyk… CP het ‘n baie oulike spannetjie… watter posisie speel jou seun?
@Skoorsteen: Ai,taai tye ou Skoors, taai tye!
Leeus en Bulle se telling was 14 – 14
@Tang: Transformasie beteken om te verander of in die geval van sport om indiwidue te verbeter. Die probleem wat ek het met transformasie in Suid-Afrika is dat dit op velkleur fokus. Daar is baie minderbevoorregte kinders van alle kleure wat smag na ’n geleentheid na transformasie, nie net swart kinders nie. Is dit transformasie of diskriminasie as jy net een groep toelaat om te transformeer gebaseer op sy velkleur ten koste van ’n ander groep?
Indien n Natalse skool (as voorbeeld) reeds goed ontwikkeld swart rugby spelende kinder in Gauteng gaan koop is hy werklik besig om transformasie of diskriminasie te bevorder? Die klem val hier op reeds goedontwikkelde spelers.
Indien ’n skool betrokke wil raak by transformasie dink jy nie dit sal beter wees as hy dit binne sy onmiddellike omgewing doen nie?
Ek is 100% ten gunste van transformasie dit kan self deur die staat in wet vorm vervat word mits die kleur faktor vervang word met minderbevoorreg . Maar ek dink nie dit sal sommer binnekort gebeur nie.
Ek is bewus daarvan dat AfriForum besig is om ’n saak voor te bery @ SA Rugby se kwota stelsel wat binnekort voor een of ander internasionale sport liggaam sal dien. Die uitkoms hiervan sal nogal interessant wees en mag dalk veroorsaak dat skole anders kyk na hoe en waar hulle gaan werf.
@Cappie: Jy Kline soos Pw in die 80″s. Adapt or die!’
@Skoorsteen: 100% reg. Maar ek kan jou verseker dat ons meer as ‘n dekade gelede al voorstelle aan die Bulle gedoen het soos jy nou voorstel. Als op dowe ore geval, maar die miljoene is steeds aan ontwikkeling bestee. En nie een speler is daarmee opgelewer nie. Dit het net ‘n “cosy job” vir iemand bewerkstellig.
@Djou: En dan wonder mense hoekom skole soos Garsfontein in die Kaap werf.
My susterskind speel vir Wierda Park se /13a span en hulle doen goed in Pta.
Oor die Paasnaweek speel hulle toe teen Worchester Laerskool.
En verloor 65-0.
My sus se die vinnigste Wierda Park speler was so vinnig soos die stadigste Worchester speler.
@Djou: @Djou: ontwikkeling Moes 20 jaar gelede in die laerskole van die town ships begin het. Waar kon ons nie dan vandag met 20 jaar se volgehoue ontwikkeling gewees het nie?
@Skoorsteen: Jy kan wegbeweeg van kwotas af… Gaan Australië toe! Dis die storie en die reëls my maat. Of ons pas aan en maak ‘n sukses, of ons los en vertas. Elke faset van ons land word hier deur geraak. Die beste ding wat ons kan doen is om saam te werk en wedersyds ‘n sukses daarvan te maak. Daar mag dalk net waarde agter die waarheid sit. Waar ons uit 5 miljoen kon kies, kan ons nou uit 50 miljoen kies. Onderig is die sleutel!
@Cappie: Thanks Cappie. 14-14 draw! It’s maybe not the most meaningful result given the stage of preparation the teams are at but seems like a good result for the Lions.
@akw: DIe Blou Bulle doen bykans niks. Bestee glo miljoene aan ontwikkeling, maar die skole wat ontwikkeling doen sien niks daarvan nie. Ja, Eersterus het nie eens meer ‘n skolerugbyspan nie.
@Skoorsteen @Affiedorp: Manne, dink net bietjie. Garsies is die Blou Bulle kampioenspan (Affies neem nie deel nie). Hulle het beide die ander 2 makroskole geklop en gevolglik behoort hulle stewige verteenwoordiging in die Cravenweekspanne te hê. So, die spelers in hul span behoort die Bulle se span te versterk.
Garsies het wel verloor teen Boishaai en Paarl Gim, maar gaan ontleed die wedstryde. Teen Paarl Gim was hulle voor tot een speler ‘n geelkaart gekry het en in daardie tyd het Paarl Gim 3 driee gedruk. Boishaai het in die laaste 5-10 minute 2 driee teen hulle gedruk en so die telling gerek. So, wat dit beteken is dat Garsies baie mededingend was teen die spanne en hul spelers sal geen Cravenweekspan verswak nie, ongeag ras.
Voeg hulle saam met ‘n groep Affie en Waterkloofmanne en jy het ‘n sterk groep.
Al wat dan kort is dat die keurders hul ogies oopmaak en die regte groep kies – een wat kan wen en nie een wat bevooroordeeld is nie.
En terloops Skoorsteen, Garsies koop nie spelers nie! Hulle doen presies dieselfde as wat die ander skole doen – werf slim.
Man, ek sien hier is ‘n klomp bloggers wat lekker gaan afrig en ondersteun aan die Orania Gimnasium se 1ste span.
Om te sien hoe goed die spelers van kleur integreer op Garsfontein gee my moed vir die toekoms.
Julle kan maar kak en kerm oor die rasteikens, dit gaan nooit weer verander nie.
So van die os op die jas, wat doen die BBRU enigsins om rugby in agtergeblewe gemeenskape te ondersteun?
Selfs Eersterus speel nie meer Carlton rugby nie.
@Rugbyman: Ek kan ongelukkig nie om verskoning vra om iets wat ek nie gesê het nie. Ek het nooit gesê dat jou seuns nie op meriete in jul 1st span is nie. Inteendeel ek het juis gesê dat ek jou woord daarvoor aanvaar. Gaan kyk gerus weer na die gesprek van vroeër vanoggend.
Verkleinering? Ek is nie presies seker na watter stelling jy verwys nie. Dit was nooit my intensie om enige iemand te verkleineer nie nog minder ’n kind, ek kan tog niks dáárby baat nie. Ek vra nederig om verskoning indien enige persoon verkleineerd voel oor enige van my stellings van vroeër vandag.
@Cappie: Jy sien, kan net nie wegbeweeg van die rasisme en kwotas nie. Baie hartseer dat ras altyd die faktor is
@Tang:@Rugbyman: ek glo jou dat Elke speler op meriete daar is, kan nie glo julle sal anders Koop nie. Dit is egter op CW waar die Probleem inkom en rasisme inskop.
Ek weet nie hoekom ons hier in Blou Bul land so op hol gaan nie. Die finale spanne sif nou eers dinge uit, en daar is nog geleentheid vir enige een om die Cravenweekspan te haal. Ek dink ons moet nou eerder weer bietjie saamwerk sodat ons die WP in die openingswedstryd kan wys wie is wie. Hulle sterte is in die lug. Ek sê dankie aan Garsfontein wat hulle gewig op ‘n opregte basis ingooi om die regte manne in te bring en goeie rugbyafrigting te gee sodat Die BB se kwotas ook kan reg wees, anders sit ons in tamatiestraat.
Klink my die Bulle o’18A het gelykop gespeel teen die Leeus o’18A. 14 elk.
@Skoorsteen: gaan nie oor die CW… gaan oor die man ons interne keuses bevraagteken het… ons het geen seggenskap oor die CW nie, maar wel oor ons eie span en elke seun in daardie span is op meriete daar!
@bloues: ek gaan rerig nie antwoord nie… dis n mors van tyd! Lekker aand
@Rugbyman: is jy seker dit is “julle spelers”
Hoekom raak jy so aggresief as iemand iets oor Garsfontein te se het…
@Rugbyman: Dit gaan nie oor meriete nie maar oor rasistiese wetgewing wat afdwing dat sekere rasse minimum verteenwoordiging geniet. Daar sal nooit sekerheid wees as wetgewing keuses afdwing nie. Was Chester in ’95 op meriete verkies of was Kaya Moletana in ’99 op meriete verkies? Ek bevraagteken glad nie Garsfontein se Keuses nie, dit word nie met wet afgedwing nie. Op cw vlak totaal anders waar wetgewing rasistiese kwotas afdwing. Ons het nie n keuse as om die wetgewing te aanvaar en daarmee saam te lewe nie.
@Affiedorp: jy insinueer dat ons spelers nie op meriete 1ste span speel nie… verder voel ek dat jy met jou stellings ons spelers verkleineer… besluit maar self hoe jy verder te werk wil gaan…
Op ’n punt van orde: 1stens wil ek sê, dat dit beslis nie my intensie is om kwaad te stook nie. 2Dens dat ek geen probleem daarmee het dat spelers van kleur in enige span verkies word nie solank dit op meriete geskied, ek sal sovêr gaan dat al is die springbokke 100% Zoeloes en hulle is op meriete verkies ek waarskynlik hulle grootste ondersteuner sal wees. Ek herinner julle daaraan dat hierdie onderwerp deur Djou op die tafel geplaas is en ek haal aan, “… how the selectors can choose 2 fly halves from one school. I do smell something fishy” Ons almal weet dat hy hier verwys na die 2 Affies losskakels. Net vir ingeval Djou of enigiemand ander vermoed dat Affies hieragter sit het ek die feite vir hom deurgegee, en hy het dit so aanvaar en my bedank.
Hierna het ek die volgende stelling gemaak “ Ek dink die regte afleiding om te maak is, as n spesifieke skool die meerderheid verteenwoordiging in provinsiale spanne het behoort dit tog verteenwoordigend te wees in hierdie skool se wedstryd uitslae en sal mens dus kan verwag dat so n skool ten minste heelwat meer as net 50% van sy wedstryde wen.” Sonder om persoonlik te raak het Tang en Hanswors dit duidelik gestel dat hulle van my verskil en ek respekteer hulle opinie.
Rugyman, wat presies het ek verkeerd gesê wat jou so omgekrap het ek wil baie graag weet sodat ek jou om verskoning kan vra?
@Rugbyman.
@pietretief. Dit was nooit my stelling nie…….hierdie saak gaan oor of ons seuns op meriete daar is of nie ………ek is ongelukkig nie n BB keurder nie en aanvaar dat hulle wel by al die skole in die BB streek soek vir talent en die “trick” ken…..dit bly egter nog altyd moeilik vir seuns in minder sterk skole om raak gesien te word…..dit is ook nie n uitgemaakte saak dat net craven week spelers bo uitkom nie ….talent sonder harde werk bly niks…. Daar is baie voorbeelde van spelers wat springbokke word wat nie craven week gespeel het nie….ek persoonlik het baie respek vir hulle…
@Bere007: die sukses van ‘n skool span moenie seuns se plek in ‘n enige span waarborg nie. Daar is baie seuns met talent want in ‘n “swak” span speel. Die “trick” is om dit raak te sien. Volgens jou stelling moet die BB span slegs uit affies en garsies bestaan.
@Leelu: jip… dit was n plesier om die gees op en van die veld te ervaar… ek weet darem nie of ons julle pak gegee het nie… die games was maar baie close!
@Bere007: nie die Beeld makro skole nie… blou bul makro skole… klein regstelling…
@Tang: I agree with your sentiment. Garsies is definitely leading the way and setting a good example of what can be achieved if we give equal oppurtunities to children.
Alhoewel Waterkloof die afgelope twee naweke goed pakslae op die rugbyveld gekry het (Garsfontein en Affies), het beide teenstanders ons geprys vir ons gesindheid en optrede op en van die rugbyveld. Voorwaar iets om op trots te wees.
@Affiedorp.Vir die rekord.As wenners van die Beeld Makro skole 2 jaar in n ry en 3 de plek in die Tuks reeks (Top skool van BB in die reeks) verdien die seuns van Garsies seker hulle plekke op meriete. Onthou die wiel het gedraai……en swak besluite haal jou en of ander tyd in….
@knowthegame:
@Rugbyman: in JHB is daar geen skole politiek nie-Monument speel vir die leeus en dan balans /regstellelende spelers uit n paar alternatiewe Engelse skole.Finish en klaar
@knowthegame: haha laas toe ek gekyk het onder so witterige ene met die “geel, die groen, die rooi”
@AffieOuer: jammer maar ek verstaan die game nie so goed nie-onder watter tipe kombers speel die kerels?Wolof is dit maar n groerige duvet
@pietretief: dankie tog, nog iemand wat begin wonder oor die egtheid van @affiedorp. Al so baie gesien hier op die blog – 2 soorte bloggers: die wat natuurlik snaaks of pittig sarkasties is en die wat net te hard probeer…en misrabel daarin faal!
Jy vir een blog altyd lekker en geniet n ou om jou kommentare te lees. @rugbyman is so passievol dat jy wonder wat hy elke oggend vir ontbyt kry en @boishaaipa maak die beste somme van almal
@paulroospa lei seker nog bietjie aan “jetlag” na sy reis na Sanix want hy vlieg lately onder die radar – ons mis sy pittige bydraes
@Affiedorp – On the principal of, “Two wrongs don’t make a right”, I agree with you.
However and more importantly – Schools such as Affies, Boys High, Garsfontein, Menlo Park, etc have a major role to play in transforming society in South Africa. I would argue that these schools have a social imperative to lead the way in changing our country. Most university graduates will come from Model C schools and private schools.
The impact a bursary can have on a child, who otherwise had no chance, must never be underestimated.
The principals of quotas and selection based on race may be seen as wrong but they are a fact of life.
I understand where you are coming from and I take your points seriously.
My point, as with all the bad aspects of schoolboy rugby, is that we have no regulation. There is not a requirement that a school have x number of players of colour in a first team. In this regard, you have to congratulate Garsfontein because they have embraced transformation. I would argue that Garsfonein deserve to have the most players as they are among the most transformed. If Garsfontein give one bursary and the child graduates from university and even gains selection to a Springbok team, they have made a payment to society that can’t be ignored.
@Rugbyman: elke familie het sy swart skapie, affiedorp is tien teen een nie eers van affies nie. As jy reaksie soek op die blog raak net iets kwyt oor affies en garsfontein.
@Tang: And one who cant spell shows a lot doesn’t it…
@Affieouer – You don’t need to apologise. All of us can spot a trouble maker miles away.
@Tang: Transformasie of kwotas veral by skole is n onnoding euwel net soos wat apartheid n euwel was. Two wrongs does not make a reight.
@Tang: No worries! I know there was no malice in your post! Glad to see you pulled of a win against Saints… I have alot of respect for Boys High! A top school! You can be proud!
@pietretief: Natuurlik val daar seuns deur die net… Wat ek altyd vir seuns sê is dat jy so moet speel dat hulle jou MOET kies…
Ek word net woedend vir iemand wat sulke goed oor ons span se seuns skryf! Hy is ‘n skande vir ons land!
@Rugbyman – Thank you for the answer. I promise you there was nothing malicious in my question. I really didn’t know and hence the reason I asked.
I believe you 100% and your honesty is refreshing.
I have watched Garsfontein play on two occasions and I have been impressed. Based on what I saw, the players selected are on merit and deserve to be in the Bulls squads.
@Affiedorp: Ek dink jy moet mooi dink wat jy skryf want daar is wette in hierdie land teen dit wat jy hier op sosiale media kwytraak… En jou skuilnaam gaan jou nie beskerm nie… Mens noem dit diskriminasie! Jou mede affies skaam hulle al vir jou! Kry iets beters om te doen met jou tyd as om goed hier kwyt te raak wat totaal onvanpas is!
@Rugbyman: Vergeet wat affiedorp kwyt raak, daar is verseker seuns op meriete by die BB, praat nie van Garsfontein nie, maar jy moet saam stem dat daar wel seuns benadeel word agv ‘n voorgestelde hoeveelheid seuns wat in die spanne moet wees. Dis ongelukkig die selfde met sekere seuns wat deur die net val omdat hulle in “verkeerde” skool is.
@Rugbyman: Ek stem saam! Dalk moet ons vir @beet vra om seker te maak die ou skryf nie onder ‘n alias nie – moeilik om te glo dat ‘n mens so kan naam weggooi en jouself assosieer met die Affienaam.
Jammer manne – dis beslis nie die Affie manier van doen nie….@Affiedorp – kom ou maat dink 10 keer en skryf 1 keer…jy het passie en dis great – onthou net dat by wyse van jou naamkeuse jy met die skool geassosieer word en die verwagting is ALTYD dat jy as ‘n ambassadeur optree.
@Rugbyman: Ek dink dit is nou tyd dat jy verledejaar agter laat waar dit hoort.
Dankie vir die voorstelling aan die keurders dus is dit dan baie duidelik dat die kwota sisteem die rot en die vrot vis is.
Ek wonder net waar Garsies rugby sou wees sonder hulle kwota spelers en waarheen gaan al jul belowende wit seuns heen vir hul skoolopleiding?
@AffieOuer: miskien moet jy jou mede affie man in die bek ruk want hy is totaal uit lyn uit! My onderbroek hang verseker nie uit nie want ek verdedig ons skool se kinders wat jou mede affie reken is nie meriete spelers nie… hulle speel op meriete want hulle is goed genoeg en ek vermoed hulle sou by affies ook op meriete 1ste span gespeel het! Ek kry eintlik skaam namens julle dat so iemand hier lostrek met sy onkunde!
@Tang: The bulls are not placing any boys at our school… this has been so for a number of years. Furthermore the bulls have never paid for those boys’ tuition! We do our own recruitment! The bulls might contract them, but they dont “place” them or pay for their way. This is a falicy! Ask Ryno vd Merwe, he knows me well and will confirm this if you dont believe me
Nee kom kom ouens, magtag ons is mos ouer as 10! Ek is seker ons almal het opinies oor wie in die span moet wees, maar om die hele debat te bou om kwota stelsel en boonop geniepsig daaroor te raak, baat niemand nie.
Ons leef almal in n nuwe SA en of ons daarvan hou of nie, it is what it is. Leer liewer die kinders (deur ‘n voorbeeld te stel) om die reels nie as ‘n verskoning te gebruik nie maar as ‘n motiveerder. As jy nie binne hierdie reels die game wil speel nie, laat dit jou ook met ‘n keuse….Ons doen geen kind ‘n guns met die negatiewe debat hierbo nie. Onthou net kinders lees ook die blog en ons onderrokke hang darem nou sleg uit, of hoe?
@Affiedorp: Wat is jou punt? Dat die seuns in ons 1ste span op kleur gekies word? Man jy rook iets! In ons skool is dit kinders, en ons kies die beste kinders sonder om n ras daaraan te koppel!
Ek kannie glo wat ek lees nie! Moet nooit, ooit my integriteit in twyfel trek nie. Ek het in my lewe nog nooit enige kind benadeel nie en ek verseker jou dat ons 15-tal wat saterdae op die veld draf die beste is wat ons skool het! Klink my jy is ‘n rassis my vriend? Jy ken nie een van ons seuns nie! Dink jy dus as ‘n speler van kleur vir ons of die cravenweek span speel is dit altyd weens kwotas!? Jy is belaglik naief in jou denke en ek dink jy moet liefs jou huiswerk gaan doen want jou uitsprake wys jou onkunde!
@Affiedorp – I would love to debate this point with you. You mention the “horrendous race quotas” but we all know they have been around for years.
Like it or not, quotas will not go away.
What bothers me is the lip service some schools pay to transformation. I have seen many first teams play with pure white teams for years and have no sanction at all. In fact, the union rewards them by selecting so many of their players.
Why aren’t the unions taking transformation down to school level?
Unfortunately, transformation as with all other undesirable issues in school boy rugby are not regulated down to school level. This allows many schools to make their own rules and get away without any penalty.
@Hanswors – Jy maak a goeie punt. One can not purely look at the number of representatives from a school. You have to take the issue of transformation into account. In this regard, as you so rightly point out, Garsfontein are giving the Bulls selectors viable options and hence the reason they have so many players in the squads.
What I would like to ask (without incurring the wrath of the Garsfontein bloggers) – “Who pays the school fees of the boys brought in by the Bulls”? If the Bulls union are paying the school fees, then it is highly likely they want a return on their investment and highly likely the boys will be selected.
@Hanswors: ek is wel bewus van die afskuwelike raskwotas. Ek aanvaar ook rugbyman se weergawe dat hulle by Garsies op meriete in die 1st span speel ek wonder net of die ander Garsie ouers ook so voel. Gemeet aan die 1belangrike wedstryd wat ek persoonlik gesien het en hul prestasie sover hierdie jaar twyvel ek of hierdie spelers op meriete in die BB spanne is vir vanaand se wedstryde teen die leeus. Hoe dit ookal sy dit is soos dit is.
@Affiedorp: Skole politiek was nog altyd maar n probleem as dit kom by die cravenweek span in pretoria… maar ek kan jou verseker dat ons heelwat meer aan die kortste ent getrek het as julle… Soos ek reeds genoem het bevraagteken ek ook heelwat vd keuses in die verskeie spanne… en dis baie groot vraagtekens… maar nie ek of jy het beheer daaroor nie…
@Hanswors: Doodreg dan…
@Affiedorp: Eerstens wil ek die volgende aan jou stel… Laasjaar het ons almal in die dorp verwoes… ten spyte daarvan was van ons seuns totaal en al oor die hoof gesien vir enige span, seuns wat na skool almal kontrakte by verskeie unies gekry het… seuns wat provinsiale spanne in pretoria moes haal maar mis gekyk is om een of ander rede… Affies het laasjaar n baie groot pak slae by waterkloof gekry, maar op die ou einde dieselfde hoeveelheid seuns as waterkloof in die verskeie provinsiale spanne gehad – waaraan skryf jy dit toe? Julle wen % van laasjaar?
Dan wil ek graag jou aan die keurders voorstel en dit aan jou uitwys dat ons GEEN keurder op die paneel het nie… Centurion het twee, Menlo het twee, zwartkop het een, southdowns het een, waterkloof het een, wonderboom het een… Waar is die ou wat namens garsies gaan knoei? Soos dit is het ek heelwat vrae oor sekere keuses en hoe hulle, hulle besluite neem… maar dit help nie mens vra nie! Dit help nie mens kla nie…
Dis jammer dat ons nie teen julle speel nie… jy sou nogal ons seuns gemotiveer het om ‘n punt te bewys, ‘n upset te wou veroorsaak teen die magtige affies…
@Affiedorp.Die oplossing is baie maklik.Reel n Affie -Garsie game.Dan ruik jy dalk die waarheid….
Affiedorp, jy moet kies wat tot jou beskikking is, se jy vir ons waar gaan jy ander kry om te kies. Die feit dat Affies nou n paar wedstryde gewen het beteken nie driekwart van die span moet uit Affie spelers bestaan nie. Jy en ek weet wat die reels is, so moet nie verteenwoordiging deur trek na n skool se prestasie nie want dit werk ongelukkig nie so nie!
Rugbyman, ek dink jy verstaan verkeerd. Ek probeer die realiteit by affiedorp tuisbring. Ek weet hulle speel op meriete, en hulle is verseker goed genoeg. Ek weet nie of die ander manne dit so sien nie.
@Hanswors: ja ek het hul sien verloor teen EG as ek reg kan othou was dit die semifinaal van die Tuks reeks. Ek dink die regte afleiding om te maak is, as n spesifieke skool die meerderheid verteenwoordiging in provinsiale spanne het behoort dit tog verteenwoordigend te wees in hierdie skool se wedstryd uitslae en sal mens dus kan verwag dat so n skool ten minste heelwat meer as net 50% van sy wedstryde wen. As dit nie die geval is nie, dan is daar in my opinie n geknoeiery met die spankeuse. Dus ruik ek n rot wat vrot vis geëet het!
@Hanswors: sjoe… daai manne was goed genoeg om kloof te wen en hulle speel op meriete in ons 1ste span my vriend… of verstaan ek jou nou verkeerd?
Djou jy is ook mos al n ou hand en behoort beter te weet as dit kom by die kies van spanne waar die kwota faktor n rol speel!
Woltrui, Kloof se 2 en 3 het albei met beserings begin Saterdag. As hulle fiks en reg is , is hulle baie goeie spelers.
Affiedorp, jy hoef nie n rot te ruik nie, het jy al Garsies sien speel hierdie jaar? Daar is 7 of 8 spelers van kleur in hulle 1 ste span, as jy gewonder het , onthou jy nou weer die demografie verteenwoordiging by die jeug weke. Dit is nou nie asof jou skool 1 het wat kwalifiseer daarvoor nie!
@Affiedorp: Wel ons ruik albei iets, jy ‘n rot en ek “something fishy”. Maar dit bewys mos die punt. Iets is iewers nie reg nie.
Terloops, dankie vir die inligting, ek het nie spelers getel nie, net beoordeel wat ek gesien het. Maar Dinsdag se wedstryde sal hopelik meer duidelikheid bring.
Goeie dag aan almal ek os nuut hier. Ek lees al n geruime tyd almal se kommentaar en moet sê vir die meeste vind ek dit nogal baie intresant, insiggewende en soms komieklik.
Djou net vir intresantheid.Ek merk op dat Garsfontein die meeste (17) verteenwoordiging het tussen die 4 BB o/18 spanne gevolg deur Affies (14) en Kloof (10). Ek ruik ook n rot.
@Woltrui: Affies se voorpak speel lekker die jaar. Dit is veral die los trio wat baie goed kombineer. Diė manne speel onder n kombers en het Grey en Gim laat bontstaan met hulle samespel.
Tov bogenoemde gekose span van die Bulle teen die Leeus. In my opinie het die voorry wie gister betrokke was in die skole wedstryd teen Affies swaar geleef. Kan natuurlik weens baie redes wees. Die Vasskop het veral swaar gekry toe Affies se No 1 oorgeskuif is na 3. Moontlik onfiks. Die haker het gister swaar geleef teen Affies in die Lynstane. Ook tydens die wedstryd beseer(weet nie of hy dus teen die Leeus sal speel). Hier sou ek definitief vir n kombinasie gaan. Haker en slotte van dieselfde skool.
Gerugte doen die rondte dat Eddie Fouche se besering erger is as oorspronklik gemeen en gaan waarskynlik nie teen die Leeus speel. Moontlik ook langer uit. Definitief n probleem area. Die reserwe losskakel in bogenoemde span is goed maar in my opinie nie die jaar reg vir CW. Vermoed hy sal in 2016 “ryp” wees vir die 10 CW posisie. Lubbe van Waterkloof was goed op Wildeklawer maar ek verstaan hy is ook beseer. In my opinie is die Bulle se enigste kans op sukses by die CW om met die pak te domineer (alla Affies teen Grey Bloem en Paarl Gim) en om n 10 te he wat vlak speel en die voordeellyn aanval. Momentum opbou met die voorries. Die 10 kan ons Archilles Heel wees as die keurders nie reg vat.
@Cappie: Pres Reitz van die Vrystaat wou net met sekeres Vrede he
Wat het tussen Reitz en Vrede gebeur?
@Rugbyman: And so say all of us!
@Djou: I must agree with u… JP is a very talented player and deserves to be much higher than the D-team… Some interesting selections… and I am not attacking any players here but some weird selections… school politics in pretoria is an interesting game to watch… and thats where i will leave that…
It will after the past 2 weeks (school games and bad performance of the Bulls vs Pumas) be a big injustice if JP Wegner from Garsies remain as the D-team flyhalf.
This kid has vision, something that is lacking with most fly halves even at Super rugby level. On top of that he has the best tactical kicking boot in Pretoria, top class goal kicking and knows how to get his backline away. And then he has proven he can play inside centre and defend against big opponents. I am not sure why the selectors can’t see this, or don’t they want to recognise this.
Also baffling is given the stiff competition how the selectors can choose 2 fly halves from one school. I do smell something fishy.
@Cappie: Baie dankie.
@TuksStudent: Program: Provinsiale proewe wedstryde op 26 Mei 2015 op Loftus Versfeld teen die Goue Leeus.
C – Veld D – Veld
15:00 o/18 BB D vs Leeus D o/16 BB C vs Leeus C
16:00 o/18 BB C vs Leeus C o/16 BB B vs Leeus B
17:00 o/18 BB B vs Leeus B o/16 BB A vs Leeus A
18:00 o/18 Blou Bulle A vs Leeus A
@TuksStudent: by Loftus v 14.00 af. Laaste game is 18.00
Waar speel die Bulls en Lions 0/18s teen mekaar dinsdag wat kom kan iemand my net laat weet asb .
@Ploegskaar: Garsies started to win following Austin’s recovery and move to flyhalf. However, Eddie Fouche is also outstanding. I suspect they want him in the team and it is possible they will rotate.
Ja daar is verskeie seuns wat uit posisie gespeel word…laat n ou maar net wonder waarom seuns nie toegelaat word om in hulle posisies te kompeteer nie?
@Ploegskaar. Stem 100% saam met jou. Hy is definitief nie ‘n vleuel nie. Of die Bulle het nie vleuels nie of arme Austin moet as kwota speler speel. Hy is ‘n uitstekende losskakel en ek dink sal ook baie goed doen op binnesenter. Nie vleuel nie. By die WP sou hy op 10 ‘n kanss gehad het. Maar as vleuel nie eens die proefspanne gehaal het nie – nou praat ek op meriete
@beet: Die spanne vir Bondedag is soos ek dit gekry het van die Blou Bulle Rugby unie.
Austin Davids se talent word vermors op 11, sy voorgevoel en besluitneming op 10 is uitstekend
@Djou: Runan Venter is definitely an exciting player to watch.
Again a number of players out of position. No. 14 should be 13 (he ran circles around the current 13 on Saturday), Runan Venter from Waterkloof is the best right wing by far; the strongest loose head did not even make the team. Glad to see Eddie Fouche in the team – will make a massive difference. So will Andell Loubser at 15.
@kosie: Thanks I will go get it
@ROOIBUL: daar is n klomp v daardie seuns wat saam in Witrivier Laer was. Hulle het 0/13 CW saamgespeel en v wat ek verstaan speel hulle nou saam vir Middelburg Hoër
@Cappie: KZN? I thought we are also there at Bondedag
@AffieOuer: Nee dit kan nie wees nie, Middelburg Laerskool is Afrikaans as ek reg onthou en as ek reg is het MHS 10 speller in die groep wat ook baie van die PD spellers is en ek dink HTSM 3, Nellies is ek nie seker. Dan is da nog ander skole soos HGH, Standerton, Ermelo, ens.
Bondedag is op Sasolburg en die Cravenweekspan, Akademieweekspan en Grant Khomospan gaan daar speel. Die volgende provinsies speel daar: Bulle, Limpopo, Luiperds, Valke, Pumas, Leeus, Griffons en Vrystaat.
@beet: The Bulls trial teams for 26 May is available on the Blue Bulls High School Rugby Facebook page.
A couple of changes were made. Lets see if this improves the cohesion of the teams.
@Andre T: Nee, ek het nog niks gehoor van die bondedag nie, maar ek sal probeer uitvind.
@Cappie: Het jy Bondedag se bepalings?
En waar is dit?
@Cappie: Mens moet nie te veel lees in die uitslae nie. Die spanne gaan verander vorentoe.
Die gewysigde spanne vir vlg week se wedstryde word more oggend bekend gemaak.
Uitslae van die provinsiale proefwedstryde teen die Pumas:
o/16 E BB 15 o/16 D BB 20
o/16 C BB 30 Pumas 0
o/16 B BB 10 Pumas 0
o/16 A BB 30 Pumas 15
o/18 F BB 44 Pumas 0
o/18 E BB 26 Pumas 28
o/18 D BB 7 Pumas 26
o/18 C BB 25 Pumas 5
o/18 B BB 19 Pumas 7
o/18 A BB 10 Pumas 29
@Cappie: As ons dit reg het het die valke limpopo bulle gewin 62/12 by hulle in limpopo gester aand net vir die rekord hoop ons het reg gehoor
@Playa – Not sure if you will read the post about the Blue Bulls trial teams. If you happen to read this, I would be interested to get your view on the two Southdowns Boys in the trial team. As far as I know, Luyolo Qinela and Snowy Zondani were both at Dale (am I correct). Why would the Bulls send them to Soutdowns and not to Boys High if they are English speaking.
Do you know how they got recruited to the Bulls region?
@ROOIBUL: baie geluk! Die Pumas het baie beter rugby gespeel. Ek weet dat v daardie manne al v laerskool af saamspeel en ook nou straks saam in een skool is. Die manne ken dus mekaar en speel lekker saam!
@AffieOuer: Die Pumas het ook nog net proewe gespeel, hulle het geen kans gehaat om n uur saam te oefen nie. Maar die vorige jare met die selfde games het die BB oorheers, ek kan julle verseker die Pumas span het nog nie saam geoefen nie manne.
@Cappie: ongelukkig nie…
@AffieOuer: Het jy van die ander proefwedstryde se tellings?
Groot probleem gisteraand was weer dat meeste voorspelers in die agterlyn geboer het. Onmoontlik gemaak vir BB voorspelers wat wou contest! Pumas het dood eenvoudig die enkele BB voorspelers by die afbreekpunte weggeclean en dus baie balle gesteel. Geringe samespel met geen verdedigingslyne – dis proewe vir jou!
Die media is prematuur om te verwys na voorlopige CW span. Hierdie is nog proewe vir Blou Bulle vs die Pumas wat al 95% hulle span gefinaliseer het. Pumas gebruik hierdie wedstryde al om spanne te laat gel. Spanne het verseker al meer saam geoefen ook anders as Blou Bul spanne wat Ma aand vir 1 uur saam geoefen het. Ek sou nie te veel in die resultaat lees nie
@kosie: dankie
@Die Ken: Jy is reg, daar het 6 spanne gespeel teen die Pumas. Hierdie span is nie noodwendig die finale CW span nie.
Dit was die A span vir gister se wedstryd. Die wyse manne sal seker nog timmer aan die spanne na gister se wedstryde.
Sal graag wil hoor by die manne daar in Protoria, maar die bietjie wat ek gevolg het, lyk hierdie nie na die volle A span nie, of is ek verkeerd?
Pumas won 29 – 10 ?