UPDATED. RESULTS. The Southern Coast Rugby Tournament. Schoolboy rugby fans of the Eastern and Western Cape are in for an age-group inter-provincial tournament of note. The Craven Week, Academy Week, Grant Khomo Week and under-13 Craven Week teams of all four unions will square off a tournament in Riversdale, Western Cape over the long weekend being on Friday, 14 June 2013. It will a good opportunity to see what the teams are like ahead of the various festivals that start towards the end of June. In terms of Craven Week, Western Province and Boland are in the match-day 1 half of the draw (along with KZN and the Blue Bulls), while Eastern Province and South Western Districts are part of the group that includes the Free State and the Golden Lions.
Timetable:
DATE | Fri, 14 Jun 2013 | |||
---|---|---|---|---|
VENUE | OAKDALE | A-FIELD | ||
18h00 | SWD Academy u18 | 31 | 20 | Boland Academy u18 |
19h10 | WP u18 | 20 | 19 | EP u18 |
20h20 | SWD u18 | 26 | 7 | Boland u18 |
VENUE | RIVERDALE | A-FIELD | ||
18h00 | WP u16 | 26 | 25 | EP u16 |
19h10 | SWD u16 | 26 | 20 | Boland u16 |
20h20 | WP Academy u18 | 38 | 15 | EP Academy u18 |
DATE | Sat, 15 Jun 2013 | |||
VENUE | OAKDALE | A-FIELD | ||
08h30 | EP Academy u18 | 12 | 39 | Boland Academy u18 |
09h40 | EP u18 | 28 | 19 | Boland u18 |
10h50 | SWD u18 | 24 | 25 | WP u18 |
VENUE | OAKDALE | B-FIELD | ||
08h30 | SWD u16 | 18 | 19 | WP u16 |
09h40 | EP u16 | 24 | 20 | Boland u16 |
10h50 | SWD Academy u18 | 29 | 14 | WP Academy u18 |
u18 Team:
# | WP u18 | School | SWD u18 | School | EP u18 | School | Boland u18 | School |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | Thomas du Toit | HJS Paarl | Juandre Dique | Oakdale | Kaden Prince | Die Brandwag | Wian Lombard | Augsburg |
2 | Daniel du Plessis | HJS Paarl | Marne Botha | Outeniqua | Justin Antonie | Pearson | Martin van Wyk | Hermanus |
3 | Francois van der Merwe | HJS Paarl | Stefan Grundlingh | Outeniqua | Erich De Jager | Die Brandwag | Farrel Kelly | HTS Drostdy |
4 | Burger van Niekerk | HJS Paarl | Donovan vd Berg | Oakdale | Elandré Van Der Merwe | Die Brandwag | Herman le Roux | Montagu |
5 | Johan Momsen | Paarl Gim | Eduard Zandberg | Outeniqua | Stefan Ebersöhn | Grey HS | Johan du Toit | Swartland |
6 | Charlton Jonas | HJS Paarl | Geor Malan | Outeniqua | CJ Velleman (c) | Grey HS | Brand Taljaard | Robertson |
7 | Jacques Vermeulen | Paarl Gim | Stephan Streicher | Oakdale | Morney Moos | Die Brandwag | Cheslyn Korasie | Schoonspruit |
8 | Rikus Bothma | Paarl Gim | Dian Koen | Outeniqua | Martin Groenewaldt | Grey HS | Hanro Liebenberg | Drostdy |
9 | Herschel Jantjies | Paul Roos | Remu Malan | Outeniqua | Luciano Daniels | Otto Du Plessis | Killian von Mollendorff | Labori |
10 | Dennis Cox | Excelsior | Dewald Human | Outeniqua | Ernst Stapelberg | Framesby | Ewan Adams | Hermanus |
11 | Dewald Naude | HJS Paarl | Duhan vd Merwe | Outeniqua | Keanu Vers | Grey HS | Röhan Adams | Drostdy |
12 | Daniel du Plessis | Paul Roos | Warrick Gelant | Outeniqua | Luan Nieuwoudt | Nico Malan | Chemandré van Schalkwyk | Swartland |
13 | Jarryd Sage | Wynberg | Douw Schoeman | Outeniqua | Siya Lawu | Pearson | Leolin Zas | Hermanus |
14 | Grant Hermanus | Paarl Gim | Lorenzo Gordon | Oakdale | Dylan Vermaak | Grey HS | Mishaun Arendse | Schoonspruit |
15 | Khanyo Ngcukana | Rondebosch | Hennie Barnard | Outeniqua | Malcolm Jaer | Die Brandwag | Raylin Philander | Hugenote |
16 | Ruan Brits | HJS Paarl | Brendon Haas | Langenhoven | Arno Lötter | Daniël Pienaar | Tiaan Lambrechts | Bredasdorp |
17 | Gavin van den Berg | Paarl Gim | Nemo Roelofse | Oakdale | Jodie Banbie | Newton | Tobie Wiese | Augsburg |
18 | Brett Paulse | Rondebosch | Anton Smit | Outeniqua | Sipathu Pakomela | Grey HS | Carl Heydenrych | Worcester |
19 | Saud Abrahams | Bishops | Benjamin Jv Vuuren | Oakdale | Bathandwa Cafu | Grey HS | Jurie Fick | Drostdy |
20 | Damian Stevens | HJS Paarl | Maurice White | Oakdale | Matthew Alborough | Grey HS | Georon Claasen | Vredendal |
21 | Siya Alam | Wynberg | Gene Willemse | Oakdale | Jeremy Ward | Grey HS | Warren Williams | New Orleans |
22 | Heinrich Buhr | Boland Landbou | JP Coetzee | Oakdale | Renald King | Pearson | Fabio Africa | Weston |
@kattel: Stem………wat ek eintlik bedoel het,as loskop sukkel hy om op die vaskop se bors te boer……maar iedergeval………………..Predator bevestig my vermoede dat hy op die tegniese kant sukkel om sy vaskop te domineer.Ek glo dit is sy postuur,met die oorhang skouers en hy is nie mooi solid gebou vir daai joppie nie. Wat jongbokkies betref,is dit ongelooflik dat ons maar min regterskouers en solid skrums van ons kant gesien het…….nê?….shocking! en dan is die coach ‘n gewese voorryman!
Stutte moet heel eerste kan skrum as deel van hul basiese werk en baie coaches wil deesdae he die stutte moet eerder soos losvoorspelers rondhardloop……..dit werk net nie so nie.
@kattel: Die seun van Boyshigh het definitief ‘n presence op die veld , maar sy skrumwerk is nie goed genoeg vir sy size nie. Die Kwaggas se vaskop het hom laat swaar leef op die veld. Die ander groot teleurstelling van die jong bokkies is dat hulle omtrent almal van die Bulle was,… mekaar geken het,….. en nog steeds nie goed as ‘n span gespeel het nie,…. dit wys die vinger vir my na die afrigtings kamp. Het Dawie Theron regtig al die keuses gemaak of is hy ‘n span gegee deur SARU se keurders waarmee hy moes werk. Ek wil nogal so dink, want hy word hoog aangeskryf as afrigter in SA en dit was so duidelik dat sekere keuses in die span beslis nie die beste van SA in die posisie verteenwoordig het nie. …en so sal ons almal seker maar bly spekuleer wat agter die “Rugby Gordyne ” in SA aangaan. Ek het die games oor en oor gekyk,..en kan nie die swak spel van sekere spelers glo nie,..nie ‘n goeie advertensie vir “Springbok” rugby nie,..nogal jammer
@Ludz: Have a look out for KZN no 8 Schramm! Brilliant player with great vision, skill and speed…
Will be a surprise factor at CW
@maroon8: Wat jy vir my se is presies hoekom SA Skole nie net meer oor cravenweek kan gaan nie.Ek die voorry net die naweek gesien en hy my oog gevang.As hy swaar gekry het teen Glenwood dan stem ek laat maar verby gaan want ons groot genoeg fiasko
gesien by jong bokkies se skrum.
@kattel: HJS se kaptein……SA Skole…….en loskop….verskil drasties met jou.Rukkie terug het Glenwood se jong vaskoppie,ou Koos op sy bors geboer en hy het daar bewys dat hy ver te kort skiet as ‘n skrummer.Sy postuur…..die vooroor skouers en snaakse rug laat my twyfel of hy ooit ‘n toekoms as skrummer kan hê.Sy skool se afrigters het groot sê met voorrye by die kies van WP spanne.Met slim voetwerk hou hulle hom veilig…….maar nou sal hy moet wys of sy skrumwerk verdag is. Good luck vir hom en Cravenweek sal interessant wees!
@BOG: Net nog iets. By PRG glo ons aan Pride, Respect & Gentlemanship. Die seuns leer dit as ‘n lewensbeskouing. Respek behels veral ook respek vir jou teenstaanders. Hoogmoed en Beter as almal, het nog nooit op dieselfde podium as Respek verskyn nie.
@BOG: Bog, klim ‘n slag in jou kar en ry verder as Orania. Daar IS ander goeie skole wat bydra tot SA se talentpoel. Jou geliefde Grys is bv ver van die beste van jaar. Om iemand anders (soos bv Gim vanjaar) ‘n plekkie in die son te gun, is nie ‘n teken van swakheid nie! Ons Kaapse skole, veral Paarl en Bosch respekteer mekaar want op ‘n goeie dag kan enige iemand wen. G’n wonder ‘n wen teen julle is so lekker nie. Ons wag vir julle en pas op vir ‘n surprize! Die o 16s veral sien uit, A tot E spanne.
@wakker akker: Sal almal graag by die WP wil sien, maar die Bulle is maar net baie meer pro-aktief as dit by werwing kom. As ek so na al die Bulle spelers wat junior Bokke gespeel het vannaand lyk die Rugby nie goed by die Bulle op junior vlak nie, dit sal seker beter gaan vorentoe. Hou nie daarvan om teen enige span van die Noordelike halfrond te verloor nie.
@Predator: great vir die outjies. Hoop ons sien hulle in Sa span. Om te dink volgende jaar speel hulle weer teen mekaar. Bulle vs Wp. Cravenweek gaan goed wees.
@wakker akker: Koen het reeds ‘n kontrak by WP gekry. Vander Merwe ( #11) by Bulle. Gelant ook Bulle geteken. Baie talentvolle jong manne. Koen speel die klassieke agsteman game , hy het baie “ballsense” ook. Duhan vd Merwe is in my opninie die beste # 11 vleuel in SA op die oomblik.
@Nemo: Waar le Koen se toekoms?Die enigste ag wat bal van agter die scrum ver oor voordeel lyn kan dra.Vir my lyk Liebenberg na n goeie vier slot. Waar oor Bothma en stem saam Groenewalt elke keer bal op buite senter gedra.Boland se nr 13 my ook baie beindruk.
@Ludz: dit is beslis ‘n moeilike keuse op 8… Dian Koen beslis baie sterk en talentvol ( maar nie so seker sy toekoms lê op 8), Rikus Bothma vertoon baie beter as hy saam met Jacques Vermeulen speel as sonder hom, Hanro Liebenberg beslis ‘n faktor – sy werkstempo iets yslik (neem in ag hy speel nooit saam met ‘n sterk pak en word altyd gemerk, sy lengte beslis ook ‘n bate), OP se 8 baie spoed maar werkstempo nie baie goed – nie so lief vir die vuil werk. Gemeet aan Bondedag het Koen en Liebenberg my die meeste beindruk.
Lyk of die WP Akademie span glad nie sleg is nie. Dit voorspel so bietjie moeilikheid vir die Valke ( rooi ) span wat teen hulle moet speel by die Akademie week. Van die 2 Valke Akademie spanne, is dit die sterker een.
Hou maar ‘n paar van hulle dop.
@Ludz: Stem 100% saam.Koen en Groenewald het hulle bewys.Moet se nr 11 vir SWD vav der Merwe skitterend.nr .2 van Wp en 10 van OP het baie talent.Nie so goeie game gehad maar kan sien hy het alles om groot speler te word.Koen se krag en spoed sal hom ook ver bring .Van Der Merwe reeds in SA span
@Ludz: Vir my het ‘n paar spelers hande opgesteek vir moontlike SA Skole
1. WP se HJS kaptein
2. WP dink dit is ‘n du Plessis van HJS
6. OP se Velleman
8. OP se Groenewald en SWD se Koen
11.SWD se van der Merwe
Ek hoop die name is reg want daar was nie ‘n program nie.
Ek moet se van der Merwe het my opinie oor hom verander.As hierdie seun (man) op rugby
fokus gaan hy nog ‘n GROOT speller word.
@Oom Kaspaas: En moet ek vir jou n lys vd 20 OGs gee by die BBs, twee afrigters en spandokter? Die klompie by die Cheetahs, WP (as daar meer was, het julle miskien beter gevaar) Maar die een area waar WP OK is, is met verdediging en daar is n OG wie vir hulle 7s gespeel het. Wat van n S15 span, bestaande uit OG- huidige spelers?
@Oom Kaspaas: Ou Kaspasie. Gaan maak n draai op Grey se FB om te sien wat dominasie is in n nasionale span. Druk vir jou n foto en plak hom teen jou badkamerspieel.En terwyl jy daar is, loer sommer wie die toekenning ontvang het as jong wetenskaplike en wie sy eerste Sonskyn gholftoernooi gewen het. Jy dink werklik n swaeltjie maak n somer. Oor die jare, het vele daardie hoop gekoester, net om ontnugter te word. Daar was, daar is en daar sal altyd net een Grey Kollege wees.
Anyone else reckon that the SA Schools 8thman from those 4 teams above, my favourite being Dian Koen, but Rickus Bothma, Matrin Groenawald and Hanro Liebenberg going to provide stiff competition
@maroon8: moet jou nie bekommer oor die voorry nie. Hoop eerder ons senters is beter as verlede jaar se raakrugby sterre.
@GimOB: jy ‘t vergeet van Pieter Rossouw by Bulle en kleinboet Chris by Maties. Elna Smit, Kobus Wiese by Supersport.
Gim is die nuwe Grey College. Dis net n kwessie van tyd.
@Koos Roos: soema baie! lat ons ma sien wat gebeer by CW…….
@phat55: Laat mens dink.
SWD primary schools lost all their games as predicted ,…. This drops the winning percentages of the under performing coaching team ( for 3 years ) even further,..but they will have a good reason,..it must be the fault of the boys again,…. that’s how they have passed the blame for the past 3 years.
WP u16 won SWD by 1 point this morning.SWD missed the conversion at the end to take the win
@wakker akker: Akker, hou ons op hoogte man. Nie almal so gelukkig soos jy nie. Hoor WP o 16 het naelskraap gewen. Weet iemand hoe OP se span lyk? Vermoed Grey PE oorheers.
u16 WP 27 – EP 26
WP apparently got a penalty on/close to time to take the win
one would think there’d be daylight between these 2 teams
@BuiteBreek: Dit is waar ,ek wil ook nie soos ‘n vasgehaakte plaat klink nie. Kom ons hoop dat hulle sal goed doen, dis mos nooit die bestuur wat gefouteer het nie.
case and point WP se o/18 en die GK spanne die jaar.
@Predator: Ek stem saam dat dit ‘n baie oulike span is wat gekies is. Moet net byvoeg, dis makliker om ‘n span te kies, as daar net 2 skole is, wat die proewe oorheers. Die meeste (nie almal) kandidate vir CW spanne gaan uit die aard van die saak by die 2 skole wees. Sake word moeilik as daar 10+ of meer skole is. Hoe groter die poel spelers, hoe makliker is dit om mis te vat.
@BuiteBreek: Die SWD o/18 span moet dan die uitsondering op die reel wees,..haal my hoed af vir die bestuurspan en keurders!
@Predator: Ek dink nie enige van ons sal ooit weer enige skole verteenwoordigende span sien wat op meriete gekies is nie. Hoewel ek glo dat meeste spanne so na as moontlik aan ‘n meriete span is, as wat kan kom.
@BuiteBreek: Ek sal graag weer in my leeftyd ‘n SWD laerskool span wil sien wat absoluut op meriete opdraf. Ek is dalk “te” passievol oor die laerskool rugby, maar daar is wraggies baie talentvolle jong seuns in ons unie, maar die klomp paloekas wat dit bestuur is verstrengel in hulle verskuilde agendas ( en die gatkruipery vanaf coaching kant ) is om van te kots. Ek stel voor ons vervang die laerskool span met ” buite ” skoolverband personeel om weer die unie se trots te herstel, daar kan skole personeel geidentifiseer word om op te lei hoe om konsekwent, regverdig en onbevooroordeeld teenoor talentvolle seuns van 12 jaar oud op te tree. Die grap is dat ek al selfs die kinders hoor praat het oor die spankeuses,..maar wat weet hulle nou wie die beste is,..” uit die mond van die suigeling”.
@Predator: Ek hoor jou frustasie. Oor spelers wat voor die tyd gekies word, wil ek eerder niks sê nie. Dit is nie iets wat vreemd is nie, dit gebeur by alle provinsies. Daar is mos altyd sekere spelers wat hulself kies.
@BuiteBreek: Ek het dit met die bestuur opgeneem so jaar gelede en weer hierdie jaar, hierdie ouens aanvaar net geen raad nie. Ek het nou al vir die afgelope drie jaar die proewe ook bygewoon,..skokkend om te sien dat die sogenaamde keurders almal by mekaar staan in die een hoek van die veld en gesels,.. party selfs met hulle rug na die spel,.en dan word daar keuses gemaak,.. pateties. Ek het eenjaar in ‘n diep gesprek met een van die keurders betrokke geraak en hy het openlik erken dat keuses voor die tyd gemaak word en dat sekere keurders van verskeie skole dan na die tyd ” baklei” om spelers van die skole waar hulle betrokke is in die span te kry, ‘n soort van give& take benadering. Hoe is dit moontlik dat die coach vir die afgelope drie jaar die span kan afrig met so ‘n swak rekord by die Craven Week. Die hoerskool keurproses word baie meer professioneel hanteer, hoekom dit nie by die laerskole ook implementeer nie. Skole soos Oakdale en Outeniqua sorg dat die SWD se profiel landswyd baie aansien geniet. en ons seuns word oor die hele land kontrakte aangebied. Daar moet ‘n daadwerklike effort en regruk deur SWD unie se senior bestuur by die laerskole ingestel word. Die laerskool manne raak bietjie prima donnas, en glo dat hulle ‘n great job doen,… en wie is hulle om nie kritiek te aanvaar nie. Daar is ‘n hele paar oud springbokke in ons area wat die seuns baie goeie raad kan gee en beter kan afrig , dit kan mos net goed vir die unie en die seuns wees. Dit is my beskeie opinie Buitebreek!
@Predator: Ek sal graag met jou wil gesels om die probleme by SWD Laerskole te identifiseer. My vraag aan jou is, hoekom nader jy nie die SWD bestuur en opper jou bekommernisse nie. Dit kan baie probleme oplos, voordat dinge persoonlik raak. Ek dink dieselfde geld vir alle provinsies. Dalk is ek idealisties, dalk is ek dom, maar dsit maak sin in my gedagtes. Dis maar net my beskeie opinie.
@wakker akker: Ek sal beslis daar wees. Ek sien baie uit om die SWD 0/18 span te sien saam speel. Dit is ‘n bul span hierdie jaar. Die o/13 gaan baie swaar kry. o/16 behoort ook goed te doen.
@maroon8: Die toernooi gaan die swakhede van die SWD laerskole se paneel ook ontbloot. Die hoerskole het alreeds kinders begin nader vir beurse wat nie in hierdie span speel nie. Ek het van ‘n baie prominente rugby persoonlikheid verneem dat hulle die SWD laerskole keuring as ‘n totale embarresment beskou, dit bemoeilik en sit ekstra druk op die ” talent scouts ” om die regte seuns te identifiseer. Voorheen kon jy die Cravenweek bywoon en was redelik seker dat die seuns verteenwoordigend is van die beste in die unie,…nou is dit ‘n grap. Nog ‘n bestuurspan en coaches wat die rugby op junior vlak verniel met verskuilde agendas. ‘n Skande vir die sport
Die toernooi gaan vir WP wys waar sy keurders gefaal het.’n swak 3 en 4 wat nie eers domineer vir hul skool se 2de span nie.17,eintlik ‘n loskop,is totaal uit sy diepte op vaskop en hy sukkel daar maar hy doen beter as loskop.’n WP span sonder ‘n regterskouer?Dit gaan interessant wees.As ek terugdink aan Boishaai se Glenwood verloor,was dit grotendeels agv hul voorry,dieselfde 1,2,3 wat nou WP se voorry vorm. Dit kan ons dalk duur te staan kom!
@GimOB: gimmie jy mag maar trots wees. Bog probeer tog maar net homself te vind. En boonop sukkel hy daarmee
@Predator: Dankie Predator. Niks fout daarmee om bietjie met jou alma mater te spog nie. Of hoe? Ek sou kon byvoeg dat Helmut Lehman (Maties- en SA Universiteitekaptein) ook ‘n Gimmie is, maar ek is ‘n bietjie bang vir ‘n BOG-aanval en sal dit dus nie noem nie!
Tassie gepak vir Riversdal. Dink dit gaan great wees. Wie is ook oppad soontoe.
@GimOB: Nogal impressive vir een skool, dit moet die invloed van die druiwe wees,..of hoe?
Die SWD 0/13 is ‘n absolute grap hierdie jaar. Die coach is al vir drie jaar betrokke en het ‘n shocking rekord. Wanner gaan die unie se oe oopgaan en hom replace met iemand wat iets weet van coaching. Hy het ook gesorg dat daar ‘n hele paar van sy skool se spelers in die span is, ..en die grap is dat hulle glad nie in die plaaslike liga iets beteken nie. Daar is ‘n enorme gaping tussen die professionaliteit wat by die hoerskole en die laerskole toegepas word,..die laerskole is ‘n embarresment vir die SWD unie. Verander die bestuur en die coaching sodat ons weer kompeterend op Craven Week kan wees. My voorspelling is dat die 0/13 SWD span die naweek groot sal verloor,..die span verteenwoordig nie die beste wat SWD het nie, so ‘n jammerte dat die sport op junior vlak so ‘n gemors is.
@GimOB: Not sure what the purpose is of your post, but if my suspicion is correct and confirmed by you, I could respond. But it may take up a lot of space. In the meantime, have a look at the photo on GCBs FB
@GimOB: Sorry, Handre is Vice Captain of u20’s, not u18’s
SARU CEO – Jurie Roux (Gimmie)
Springbok, Stormers & WP Captain – Jean de Villiers (Gimmie)
Bokkies u18 Vice Captain – Handre Pollard (Gimmie)
WP u18 Captain – Rikus Bothma (Gimmie)
WP u16 Captain – Johan Visser (Gimmie)
WP u16 Vice Captain – George Lourens (Gimmie)
(Schalk Burger – ex WP captain injured)
……….mmmmm………
@BuiteBreek: stem saam!
@Maroon: Ek onthou. Die laerskoolspanne het voortgegaan en lekker gejol. Vir die seuns se part hoop ek nie daar is weer so ‘n botsing nie. Span voorbereiding vir die onderskeie weke glo ek steeds is baie belangrik.
@BuiteBreek: laas jaar het dit gebots met die premier interschools wedstryd tussen Boishaai en Paul Roos. Nodeloos om te noem wat voortgegaan het en wat afgestel is.
@BHP: Dit is so dat twee in 2 dae bietjie kwaai is, maar ongelukkig verstaan ek ook dat wedstryde die Maandag (Jeugdag)’n onnodige finansiele druk op al die spanne gaan plaas.
Die voordeel (as mens dit so kan noem) is dat al die spanne hulle volle squad sal kan gebruik. Twee dae sal ‘n hammering op die seuns plaas, maar gelukkig het hulle genoeg tyd om te herstel van die stampe en stote. Kan dalk ook ‘n goeie aanduiding vir die onderskeie afrigters wees, van hoe hul gameplan lyk, die seuns se fiksheid lyk ens.
Dalk ook verkorte wedstryde speel, sê maar 20minute aan n kant. Dit gee 40 minute Vrydag en 40 minute die Saterdag. Dis net 10 minute meer as ‘n volle wedstryd. Maar net ‘n gedagte.
@BoishaaiPa: Stem 100% saam.Twee wedstryde teen gedugte kompetisie in plus minus 12 ure.Glo nie dit is regverdig teenoor die kinders nie.Na een wedstryd het mens genoeg tyd nodig om al die stampe en stote te laat herstel.Nou is dit stampe op seer en moee liggame wat nie herstel kans kon kry van vorige wedstryd.Sien baie daarna uit maar hoop vir geen beserings wat laaities uit hulle cravenweek wedstyde sal dwing nie.
@BoishaaiPa: @BuiteBreek: woon dit al ‘n rukkie by op Oakdale, baie mooi rugby al gesien,…stem saam met Boishaaipa dat dit partykeer nogal tough is in twee dae,..en die seuns voel mos hulle moet wys hoekom hulle gekies is bo die ander in sy provinsie. al gewonder hoekom die provinsiale skole spanne nie deel van die vodacom cup kan wees om hulle meer speeltyd saam te gee nie. hierdie manne mag dan nie vir hulle skool meer speel nie,..dit maak weer posisies beskikbaar vir ander talentvolle manne om in die premier liga hulle skills te wys. Dit kan as voorwedstryde vir die senior spanne gebruik word,..dit sal die seuns ook meer blootstelling gee vir kontrakte,…ek sou eerder weg doen met die Cravenweek ( ek weet dis ‘n instelling maar die dinamika van skolerugby het verander ),…maar net ‘n gedagte
@BuiteBreek: Ek wonder of 2 wedstryde in 2 dae nie bietjie kwaai gaan wees nie. Speel die Vrydagaand en dan weer die Saterdag en dis nie sommer sulke maklike games nie. Ek worry dat daar dalk onnodige beserings kan wees. EK sou verkies dat elke span dalk net een keer speel. Laat die Akademiespanne en 0/13’s die Vrydagaand speel en die CW en GK spanne kan dan elk n game speel die Saterdag. Dis maar my gevoel.
Die afgelope jaar of 4 het die teornooi vir die laerskole weer opgeleef, na ‘n stilte van so om en by 4 jaar. Dis werklik goeie voorbereiding vir al die spanne.
Is baie bly dat SWD hoërskole ook aktief aan dit begin deelneem het. Wonderlike ervaring om o/13, o/16 en o/18’s op een plek te sien deelneem.
@Predator: Dis nie die eerste keer wat hierdie toernooi plaasvind nie. Verlede jaar s’n was afgestel vir die hoërskole.
A great initiative at an awesome venue,… Good preparation for the southern sides,..hope this will carry on for many more years to come.
SWD is the organisers. Full program available from them – Secretary DJ Karelse 028-7351018 or C. Hendricks 028-7132555. (The info i have is not complete for all the teams)
@wakker akker: @Nemo: Where can I get the updated schedule please?
Mens kan maar net hoop dat geen speler by hierdie toernooi ‘n ernstige besering optel wat hom sy Cravenweek kos nie……
Program vir o18 Cravenweek
WP @ OP Vry 19:10
SWD @ Boland Vry 20:20
OP @ Boland Sat 9:40
SWD @ WP Sat 10:50
@wakker akker: Wat is die nuwe program?
Neem kennis. Hierdie program het baie verander. Wedstryde eindig reeds Saterdag OP vs SWD wedsryd sal nie plaasvind. Program heeltemal verander