“Ranking the rankers” 19/05/2022

“RANKING THE RANKERS” – compiled by Bloktrui

Rankings is soos om die Comrades marathon te hardloop , die “drawers” trek nou eers by Drummond (halfpad) en lê daar nog heelwat rugby oor voordat die eindstreep bereik word.

Hier is die week se Skole rangorde soos bepaal deur die gemiddeld van 6 webtuistes se Top20 :

# Skool Webtuiste
1 Paarl Gim 6
2 Grey College 6
3 Affies 6
4 Paarl Boys High 6
5 Garsfontein 6
6 Bishops 6
7 Paul Roos Gym 6
8 Outeniqua 6
9 Monnas 6
10 Hilton 6
11 KES 6
11 Rondebosch 6
13 Oakdale 5
14 Framesby 5
15 Wynberg BH 5
16 Stellenberg 5
17 Selborne 5
18 Westville 5
19 Grey High School 3
20 DHS 3

Die webtuistes se rankings vir die week :

# Webtuiste In Top 20 Correct Pos
1 NextgenXV 19 4
2 Ruggas 19 1
3 SA Schoolsports 18 8
4 SchoolofRugby 18 5
5 SASS 17 3
5 BoishaaiPa 17 3

Leave a Reply

12 Comments

  1. avatar
    #12 Djou

    @BlouLou: Affies is volgens my nie overrated nie. Grey is net op ‘n ander vlak.
    Is jy nie dalk jaloers op Affies nie?
    Gaan jul game teen Affies nog voort? Indien wel, sal dit vir ons wys wie is reg.

    ReplyReply
    22 May, 2022 at 09:07
  2. avatar
    #11 4×4

    @BlouLou: mens herken ‘n volwassene se emosionele volwassenheid aan kommentaar, en geskat aan al jou neerhalende kommentaar op die blog is jy verseker nog ‘n sigoot!

    ReplyReply
    22 May, 2022 at 08:45
  3. avatar
    #10 JongMatie

    @Rainier: Makro/Super skool

    ReplyReply
    21 May, 2022 at 07:27
  4. avatar
    #9 Rainier

    @OUD ANKER: Affies is ‘n groot hond.

    ReplyReply
    20 May, 2022 at 23:50
  5. avatar
    #8 BlouLou

    @OUD ANKER: junior spanne lyk goed (of die A spanne ten minste) het nie een game teen Menlo verloor nie. Net die o.14’s het gelykop gespeel. Ons sien dat die coaches by junior spanne ook so bietjie opgeknap is en daar is een of twee nuwe gesigte by afrigtingspan.

    ReplyReply
    20 May, 2022 at 13:10
  6. avatar
    #7 OUD ANKER

    @BlouLou: Menlo het goeie afrigter in Nico Luus gekry. Dit gaan en het alreeds ‘n verskil gemaak. Een van Kloof se probleme die laaste paar jaar (Covid neuk dit ook verder op) is in hulle diepte. Die laer ouderdom spanne is ook nie op dreef nie. Vergelyk dit bv. met Affies. Al hulle spanne van die 0/14A tot die “kaas en bier” span is “there or there about” wanneer hulle teen die groot honde moet blaf.

    ReplyReply
    20 May, 2022 at 11:57
  7. avatar
    #6 OUD ANKER

    @BlouLou: Daar is nie ‘n comments kolom langs ‘n telbord nie, so ‘n wen is ‘n wen of dit nou lelik of mooi is en in skole rugby of dit met 20 punte of 1 is.

    ReplyReply
    20 May, 2022 at 11:52
  8. avatar
    #5 BlouLou

    @OUD ANKER: en nee, meeste mense het Kloof afgeskryf en Menlo en Garsies geroep. Kloof was saam met die overrated Affies span gemerk as die spanne wat net getalle opmaak.

    Maar dis lekker om te sien hoeveel beter Garsies doen as verwag was (solid top 5 span) en hoe Affies die games een na die ander pox. Waterkloof en Menlo dus ongelukkig die ander 2 spanne.

    ReplyReply
    20 May, 2022 at 11:46
  9. avatar
    #4 BlouLou

    @OUD ANKER: man, menlo is nou in daai slegte groove waar verloor verwag word. Dis vrek moeilik om dit te breek aangesien hulle teen goeie skole gespeel het en ook verder moet speel.
    Waterkloof was dominant die hele game laasweek, met baie kanse in die 22. Ongelukkig kon hulle niks konvert behalwe die 1ste drie in die 1ste 5 mins.
    Waterkloof het nou met hul laaste 3 games al 3 gewen maar slegs 4 punte meer aangeteken as hulle teenstanders in die 3 games. Dis wel n span wat weet hoe om n wen uit te krap en ook hoe om lelik te wen.

    ReplyReply
    20 May, 2022 at 11:41
  10. avatar
    #3 OUD ANKER

    @BlouLou: Waterkloof en Menlopark voldoen sover die jaar nog glad nie aan die verwagtinge nie. Dit is eintelik baie verrassend, want beide Kloof en Menlo is voor die seisoen begin het gereken as die potensieele Pretoria “kampioene”.

    ReplyReply
    20 May, 2022 at 10:01
  11. avatar
    #2 BlouLou

    :wink: Ek hou meer van BHP se rankings. Waterkloof darem daar onder top 20. :wink:

    ReplyReply
    20 May, 2022 at 09:01
  12. avatar
    #1 Bloktrui

    vingerfout ..moet lees “drawwers” verdere stats is die volgende skole op webtuiste se top20 maar nie in gemiddeld : SchoolofRugby – Brandwag(Uitenhage) , Ruggas-Glenwood , SASS-Boland Landbou,Kingswood,Helpmekaar , Sa Schoolsports-Boland Landbou,Noordheuwel ,Nextgenxv-Waterkloof , BoishaaiPa-Waterkloof,Michaelhouse en Helpmekaar Geniet die naweek !!

    ReplyReply
    20 May, 2022 at 07:35