School Rugby fixtures & results – week ending 11 April 2026

School Rugby fixtures & results – week ending 11 April 2026
WESTERN CAPE
Sat.11Apr WP Paarl BH 13-13 Oakdale SWD
Sat.11Apr WP Wynberg 27-17 Rondebosch WP
Sat.11Apr WP Durbanville 20-18 SACS WP
Sat.11Apr WP Milnerton 17-32 Parel Vallei WP
Sat.11Apr WP Bellville 12-06 Brackenfell WP
Sat.11Apr WP Strand 24-43 Charlie Hofmeyr BOL
Sat.11Apr WP Stellenberg 20-10 Paul Roos WP
Sat.11Apr SWD Outeniqua 34-24 Boland Landbou WP
Sat.11Apr WP Melkbosstrand 26-10 DF Akademie WP
Sat.11Apr BOL Drostdy 80-15 Hermanus BOL
Sat.11Apr BOL Swartland 31-15 Worcester Gim BOL
Sat.11Apr BOL Robertson 13-03 Montagu BOL
KWAZULU-NATAL
Sat.11Apr KZN Westville 35-29 Northwood KZN
Sat.11Apr KZN Glenwood 13-33 Maritzburg Coll KZN
EASTERN CAPE
Sat.11Apr BOR Stirling 17-27 Queen’s BOR
Sat.11Apr EP Pearson 20-05 Selborne BOR
Sat.11Apr BOR Port Rex 10-48 Graeme EP
Sat.11Apr EP Daniel Pienaar 28-36 Framesby EP
Sat.11Apr BOR Dale 12-24 Grey HS EP
Sat.11Apr EP Nico Malan 31-24 Muir EP
Sat.11Apr EP Brandwag (EP) 33-40 Marlow EP
Sat.11Apr BOR Hudson Park 36-12 Cambridge BOR
FREE STATE – GRIQUAS
Sat.11Apr FS Fichardtpark 29-17 Jim Fouche FS Wesgrow SSR
Sat.11Apr GRQ Duineveld 00-36 Diamantveld GRQ
Sat.11Apr FS Sentraal 43-18 Landboudal FS
Sat.11Apr GRQ Kathu 10-45 Upington GRQ
NOORDVAAL
Sat.11Apr BUL Zwartkop 38-12 Marais Viljoen LIO NWU Prestige SF 1-4
Sat.11Apr LEO Wagpos 17-29 Wesvalia LEO NWU Prestige SF 1-4
Sat.11Apr BUL Montana Postponed Klerksdorp LEO NWU Prestige SF 5-8
Sat.11Apr VAL Heidelberg VS 12-10 Pietersburg LIM NWU Prestige SF 5-8
Sat.11Apr LEO Lichtenburg 25-14 Die Anker VAL NWU Prestige SF 9-12
Sat.11Apr VAL Jeugland 07-24 Potch Gim LEO NWU Prestige SF 9-12
Sat.11Apr BUL Waterkloof 71-32 Nelspruit PUM NWU Skolesportreeks SF 1-4
Sat.11Apr BUL Menlopark 64-12 Oos-Moot BUL NWU Skolesportreeks SF 1-4
Sat.11Apr VAL EG Jansen 31-46 HTS Middelburg PUM NWU Skolesportreeks SF 5-8
Sat.11Apr PUM Middelburg 40-40 Ben Vorster LIM NWU Skolesportreeks SF 5-8
Sat.11Apr VAL Kempton Park 34-31 Piet Retief PUM NWU Skolesportreeks SF 9-12
Sat.11Apr VAL Transvalia 38-31 Eldoraigne BUL NWU Skolesportreeks SF 9-12
Sat.11Apr LEO Rustenburg 56-05 Potch Gim LEO
Sat.11Apr BUL Affies 24-51 Paarl Gim WP
Sat.11Apr BUL Centurion 36-21 Dinamika LIO
Sat.11Apr LIO Randburg 68-05 Randpark LIO
Sat.11Apr LIO Jeppe 31-24 KES LIO
Sat.11Apr LIO Parktown 14-03 Pretoria BH BUL
Sat.11Apr LIO Northcliff 39-10 Springs VAL
Sat.11Apr LIO St John’s 33-31 Rangers Vicenza RC ITA

Leave a Reply

110 Comments

  1. avatar
    #110 Kaya 85

    It’s also proof of Stellenberg’s fantastic coaching and skills development set up.

    ReplyReply
    15 April, 2026 at 15:56
  2. avatar
    #109 Rainier

    Mense, hou op om Jong Matie aandag te gee. Hy was nie op PG nie en het ‘n alter-ego wat ook op die forum rondloop. En probeer net reaksie lok. Los maar daai mieliebom.

    ReplyReply
    15 April, 2026 at 11:01
  3. avatar
    #108 Leon

    @JongMatie (Comment #102)
    SOOS DIT HOORT, sê jy? Gun tog vir almal ‘n plekkie onder die son. Ek dink die feit dat Stellenberg se 1ste XV so goed doen is goed vir skole rugby. Ja, ons almal weet die uitdaging is om dit te volhou en gegewe die faktore sal dit moeiliker vir hulle wees as die tradisionele groot rugby skole. Maar kom ons wees bly vir hulle dat hulle op hierdie stadium so goed doen met hul 1ste XV en, as ons eerlik is, goeie rugby speel en lekker vermaak verskaf vir ons skolerugby. Om Gim, Grey en Roos in ‘n maand te klop, wil gedoen wees. Maar jy maak verskonings en gaan aan asof dit die grootste sonde of “fout” is en orde moet herstel word…SOOS DIT HOORT!

    ReplyReply
    15 April, 2026 at 07:31
  4. avatar
    #107 Kantman

    @Bungee (Comment #106) 😜

    ReplyReply
    14 April, 2026 at 21:34
  5. avatar
    #106 Bungee

    @HSBR (Comment #90) Is dit sleg dan dat ek nie sal mind as ons nog ene verloor nie?

    ReplyReply
    14 April, 2026 at 19:48
  6. avatar
    #105 Smallies

    @JongMatie (Comment #104)
    Op die krukke lys van elke span waar hy speel?🤣🤣🤣🤣🤣🤣🤣🤣🤣🤣🤣🤣

    ReplyReply
    14 April, 2026 at 18:01
  7. avatar
    #104 JongMatie

    @Smallies (Comment #103)

    NETSO – en kyk waar het hy opgeeindig nadat hy deur PRG gevorm is!!!

    ReplyReply
    14 April, 2026 at 17:11
  8. avatar
    #103 Smallies

    @JongMatie (Comment #102)
    Jurenzo is mos hoeka van Namibie af gewees

    ReplyReply
    14 April, 2026 at 15:18
  9. avatar
    #102 JongMatie

    @Snelvuur (Comment #101) Ander skole wat spelers kry van ver af (karoo, noord ooskaap, namibia ens) het nie daardie talentpoel ingekry nie agv covid – kostes…groot rol gespeel, volgende jaar sal die status quo weer herstel – SOOS DIT HOORT.

    ReplyReply
    14 April, 2026 at 14:21
  10. avatar
    #101 Snelvuur

    @Sportybynature (Comment #98)
    100%, moet my nie verstaan om te sê dat julle manne moet gaan haal om gate toe te stop nie (soos ek dit het is daar ook net twee manne in PRG se span wat nie sedert graad 8 in die skool is nie); my vraag is meer oor hoe die paadjie vorentoe vir Stellenberg lyk. Hierdie span is uitsonderlik en behoort nommer een te eindig, maar dit lyk na ‘n uitskieter jaar liewer as ‘n teken van volhoubare verbetering. Stellenberg wil nie ‘n koshuis bou nie (of dit klink nie asof hulle wil nie) en hulle wil nie ouens koop nie (wat presies die verskil tussen “werf” en “koop” is, verstaan ek nie), maar ek weet nie hoe jy sonder beide daardie goed op die langtermyn konstant in die top 5/10 kan wees nie – veral nie omdat Paarl, Stellenbosch en wyer ook vir die kinders binne Stellenberg se voedingsbron kompeteer nie.

    ReplyReply
    14 April, 2026 at 13:23
  11. avatar
    #100 Smallies

    @Snelvuur (Comment #99)
    Baie dankie 👍👍

    ReplyReply
    14 April, 2026 at 13:20
  12. avatar
    #99 Snelvuur

    @Smallies (Comment #97)
    Iemand moet my korrigeer as ek verkeerd is, maar ek dink nie enige van hulle is weg nie. Ek weet net van die uitstekende slot/losvoorspeler Buchanan wat tans beseer is en vir die eerstespan sou speel.

    ReplyReply
    14 April, 2026 at 13:16
  13. avatar
    #98 Sportybynature

    Ek/ons ondersteun hierdie’ skoolseuns, wen of verloor.

    ReplyReply
    14 April, 2026 at 13:00
  14. avatar
    #97 Smallies

    @Snelvuur (Comment #96) So ek volg glad nie meer speler bewegings en so aan nie ek kyk deesdae skolerugby vir die lekker en alhoewel ek altyd vir Grey sal ondersteun is dit nie meer met die fanatiese passie van n jaar of wat terug nie …..my vraag nou is die volgende ,hoeveel van daardie sterk Stellenberg O16 groep is nog in Stellenberg en hoeveel het intussen n ander rugby tuiste gekry in die Paarl of Stellenbosch

    ReplyReply
    14 April, 2026 at 12:55
  15. avatar
    #96 Snelvuur

    @Sportybynature (Comment #95)
    Moet my nou asseblief nie saam met JongMatie hier kategoriseer nie, maar die ander A-spanne en die tweedespan wat so gesukkel het moet seker ‘n bron van kommer vir Stellenberg wees? Volgens die spanlys wat Beet hier geplaas het, was net 4 uit die 15 wat Saterdag eerstespan gespeel het o17. Die res van daai goeie o16 jaargroep was dus in die tweedespan game, maar het erg pak gekry teen ‘n Bituas-span wat reeds teen Affies se Tiere verloor het (en Affies se Tiere het op hulle beurt teen Gim pak gekry). Die o16-wedstryd was vir my nog meer eensydig as die o14-wedstryd en, hoewel daardie jaargroep van PRG spesiaal is, beteken dit dat die ouens wat Stellenberg se eerstespan volgende jaar gaan uitmaak met ‘n gekombineerde telling van 90-7 verloor het Saterdag.
    Volgende jaar gaan Stellenberg nog ‘n kwaaier fixture list hê as hierdie jaar omdat hierdie jaar se span so uitsonderlik is…dis groot skoene om vol te staan.
    Ek weet Stellenberg roem hulle nou daarop dat hulle niks koop nie, maar net werf en ontwikkel, maar wat is daar dan om te doen om die uitslae voor volgende seisoen om te draai? Ek kan nie sien, gegrond op Saterdag, hoe Stellenberg volgende jaar maar weer so rondom 20ste is soos hulle elke jaar is nie. Ek vra dit genuinely as iemand wat ‘n groot aanhanger is van hoe Stellenberg hulle program gebou het oor die afgelope klompie jare.

    ReplyReply
    14 April, 2026 at 12:09
  16. avatar
    #95 Sportybynature

    @JongMatie (comment #92)
    Besprekingspunt op die agenda vir die volgende “geselligheid” te Club 86.

    PRG het ten minste 20 ex u13 Craven Week spelers uit die Boland,WP en SWD in elke ouderdomsgroep op hul “boeke”. So sulke tellings is te wagte, want hierdie C-F spanne gee soortgelyke pakslae vir ander skole se A spanne.

    o14A wedstryd is goeie voorbeeld, slegs “klein” Burden sal plek kry in PRG span, en die PRG skrumskakel sal “tuis” voel in die Stellies span. Gelyk soos seuns teen hardebaarde wat al skeer. Hierdie PRG span is iets spesiaal, en sal nie sommer in 2026 gewen word nie. Herinner aan daardie’ eufees Outeniqua span toe hul o14 speel.

    o16A King Carter vertoonvenster,

    Die “diepte” in PRG is skrikwekkend. Tyd sal bepaal of van hierdie “talente” wat nou duiksakke vashou, of jol in die B en C spanne, nie ook die “Fluks opsie” gaan oorweeg om naam te maak iewers anders.

    ReplyReply
    14 April, 2026 at 10:56
  17. avatar
    #94 Smallies

    @JongMatie (Comment #83)
    Verskoning koning in the house….

    ReplyReply
    14 April, 2026 at 10:48
  18. avatar
    #93 Leon

    @JongMatie (Comment #92)
    Dankie, ons merk dit so aan in die notule. Now let’s move on….

    ReplyReply
    14 April, 2026 at 10:41
  19. avatar
    #92 JongMatie

    Ek sien AL Stellenberg se ander rugby spanne het met krieket tellings verloor.
    Ons sal wel die sakie volgende jaar regstel op die AF Markotter.

    ReplyReply
    14 April, 2026 at 07:32
  20. avatar
    #91 ILUSTRA

    Gavin Cowley,een keer gesê,Hansie was 5 jaar in Grey.Die 5 jaar het hy nooit iets verloor ni maar wat het Grey nou vir Hansie geleer?

    ReplyReply
    14 April, 2026 at 06:49
  21. avatar
    #90 HSBR

    @OomPB (Comment #89)
    As Paul Roos nog een wedstryd verloor dan sal hy nie weer kommentaar lewer vir die hele jaar nie. Hy is net aktief op die forum wanneer hulle wen. As hulle nie wen nie is hy baie stil.

    ReplyReply
    13 April, 2026 at 20:41
  22. avatar
    #89 OomPB

    @Snelvuur (Comment #88)
    Jong Matie gaan nog swaar trek die jaar

    ReplyReply
    13 April, 2026 at 19:53
  23. avatar
    #88 Snelvuur

    @JongMatie (Comment #83)
    Mal om daai game op die skeidsregter te blameer. Ons kon na die geelkaarte omtrent nie een lynstaan wen nie en het hopeloos te veel strafskoppe af te staan om in die game te kon bly. Dis net hardnekkige verdediging wat ons so lank in daai game gehou het. Die beter span op die dag het gewen.

    ReplyReply
    13 April, 2026 at 18:26
  24. avatar
    #87 Kaya 85

    @Trots HJS (Tandem) (Comment #70)
    Lol…I think you can call the Pitsonderwater game, that one is 100% win I think.
    At least you didn’t (I hope) bet money on those calls

    ReplyReply
    13 April, 2026 at 16:34
  25. avatar
    #86 OomPB

    Nee wat, Vat die verloor op die ken en beweeg aan. Stellenberg was die beter span. Om nou n ref te blameer as jy verloor het maak jou net nog meer depressief. Dis wat Paarl interskole jou leer. Stil bek is n heel bek. Sterkte Jong Matie.

    Skool laaities moet n verloor vat, dit maak van hulle beter mense.

    ReplyReply
    13 April, 2026 at 15:49
  26. avatar
    #85 Leon

    @JongMatie (Comment #83) Daar was snaakse beslissings by tye, beide kante toe. Baie Stellenberg ondersteuners kan seker kla oor PR wat so dikwels op die onkantlyn geboer het en dikwels by die losgemale van die kant af ingekom het. Maar soms moet mens net besef dat die ander span op die dag daai klein bietjie meer honger was. Stellenberg was uitstekend in die laaste 20 minute. Paul Roos sal altyd die span wees teen wie almal hulle wil opweeg, hulle is immers deel van die “Groot 5”. Dis waarom ‘n wen soos Saterdag so baie vir Stellenberg beteken. Is Paul Roos skielik sleg? Absoluut nie! Maar op die dag, was hulle miskien net nie die beste nie, en weet jy wat? Dis ook oraait……

    ReplyReply
    13 April, 2026 at 15:15
  27. avatar
    #84 OudAffie

    @JongMatie (Comment #83)
    Die lekker ding van ‘n verskoning is dat dit net vir jou saakmaak. En dat alhoewel jy glo Paul Roos eerder die een verloor het as wat Stellenberg gewen het, wys die rekord van nou af tot in alle rekordhouding dat Stellenberg gewen het. Dit is tog die lekker ding van sport, enige sport, om ‘n manier te vind om te wen al is jy nie die sterkste of vinnigste nie, het nie noodwendig die meeste balbesit of voordeel in jou opponent se halfgebied nie, maak jou die beste, jy is nooit voor of oorheersend nie, en dan wanneer die eindfluitjie blaas, dan is jy voor, dan wen jy, dan verdien jy die wen. Die wenspan verdien altyd die wen. Gelukkig is AL die ander Paul Roos ondersteunders meer as genoeg nederig vir jou part ook. Stellenberg verdien die prys hierdie jaar. En dit kom nou van ‘n baie nederige Affie ondersteunder na die naweek.

    ReplyReply
    13 April, 2026 at 14:34
  28. avatar
    #83 JongMatie

    50 50 calls teen ons gegaan.
    Nog beserings.
    Ons kon die game gewen het as beslissings meer ons kant toe gegaan het.
    Ek dink nie daar is n beter 10 as Travis nie.
    Ons het eerder die een verloor as wat die opposisie hom gewen het.

    ReplyReply
    13 April, 2026 at 13:24
  29. avatar
    #82 4×4

    @Grizzly (Comment #81)
    Dankie, i rest my case..geniet die game Saterdag ek gaan hom so op die draadloos moet luster.

    ReplyReply
    13 April, 2026 at 06:07
  30. avatar
    #81 Grizzly

    @4×4 (Comment #80)
    My seun hulle het n moerse pelle groep. Hulle was ’18 matriek. Sedert’ 19 gaan hulle elke jaar sonder uitsondering weg vir n golf naweek. Soos ek se hulle is baie, weet nie presies hoeveel nie maar daai naweek mis niemand sommer nie. In die groep is daar 1 of 2 van Kloof en Menlo die res is Affies en Garsfontein min of meer 50/50.

    ReplyReply
    12 April, 2026 at 22:30
  31. avatar
    #80 4×4

    Ek lees die kommentaar en ek was self negatief totdat ek Fourie du Preez se Blinside kommentaar gelees het, en beseglf dat Affies rugby in ‘n baie goeie plek is…dus moet ek nederig omverskoning vra vir my kritiek….Affies speel jaar in en jaar uit met hulle eie kallers, dws seuns way sedert Graad 8 in die skool is, met uitsondering van Albert Smit wat in Graad 9 Affies toe geskuif het. As enige iemand enige ander statistieke het van seuns wat afgelope 5 jaar eerste span geapeel het wat nie in Affies sedert Graad 8 was nie, help my reg.

    Fourie se onderhoud het my oë laat oopgaan, 1% vam alle seuns wat 1ste span speel maak dit op nasionale vlak. 80% vam alles spelers wat dit international maak is binne 2 jaar nadat hulle internasionale loopbaan tot ‘n einde kom bankrot….die fondsinsameling golfdae begin nou sin maak….

    Ek wonder en go Dr Edwards se kommentaar oor huursoldate en prostitute, of daar dalk waarheid in was nadat ek Werner greeff en fourie se podcast geluister het….

    En wat Affies en Garsies aanbetref, het ek gewonder watse fenyn en haat daar sou wees agv Dr Edwards se uitdagings..wel my seun het 18 geword die naweek em as ek so kyk na sy Garsies vriende wat die verrigtimg bygewoon het, kan ek net beaam, dat die mure deur die ouers gebou word!

    ReplyReply
    12 April, 2026 at 18:31
  32. avatar
    #79 OUD ANKER

    @Djou (Comment #78)
    Nope hy is nie deur Garsfontein gewerf nie. Dit weet ek vir ‘n feit, hy het al ‘n paar keer by my aan huis gekuier in sy Affie dae en nadat hy Garsies toe geskuif het en goeie pêlle drop mekaar nie net omdat hulle van skool verwissel nie. Daar word nog dik saam gekuier op die golf baan ens. Sover ek weet speel hy darem nie meer 3es by Garsfontein nie. Hy geniet sy rugby, en gaan daar verseker Saterdag so ekstra bietjie “banter” in daai voorry wees as hy teen sy ou maters sak!

    ReplyReply
    12 April, 2026 at 18:23
  33. avatar
    #78 Djou

    @OUD ANKER (Comment #71) Jy weet mos hoe dit werk. As iemand van enige van die 2 skole na die ander een wil gaan, dan bel hulle mekaar. En as die skool ok is daarmee, dan word hy ingeskryf, anders nie. Terloops, die seun is nie gewerf nie, iets wat jy moes genoem het. Dink hy het c-span by julle gespeel en speel ook 2es en 3es by Garsies. Nietemin, ek hoop hy geniet sy rugby nou. Ek weet daar is wel ‘n aantal Affie-seuns wat Kloof toe is.

    ReplyReply
    12 April, 2026 at 17:30
  34. avatar
    #77 OUD ANKER

    @Grizzly (Comment #75) Al Garsies se A spanne sal goeie rekenskap gee. Julle 2e span sal ook goeie rekenskap gee. Die ander B spanne sal begin sukkel (dink ek) en van daar af ondertoe sal dit swaar gaan….en natuurlik hoop ek vir ‘n Affie 1e span wen en sal ek BAIE bly wees, maar hier voorspel ook dat dit gaan swaar gaan, maar in hierdie geval vir Affies.

    ReplyReply
    12 April, 2026 at 17:25
  35. avatar
    #76 OUD ANKER

    @Asterix (Comment #74) Ek hoor jou oor Pine Pienaar en alhoewel hy wel betrokke was by die 1e span was hy nie die “dag tot dag” afrigters soos die Jacobs broers nie. Affies het tradisioneel’n tipe van rugby styl/patroon wat al van 0/14 vlak by die seuns ingedril word. Hierdie filosofie het nogal goed gewerk vir donkie jare vir Affies.As mens na die wedstryde van die afgelope naweek teen Gim gaan kyk sou mens hierdie styl/patroon duidelik raak gesien het by min of meer al die spanne vanaf 0/14 F tot by die 8ste span, BEHALWE vir die 1e span! Waarom op dees aarde sal jy “fix what is not broken” en dan dit probeer doen by die 1e span van alle plekke. Dit is wat my persoonlik die meeste bekommer.

    ReplyReply
    12 April, 2026 at 17:17
  36. avatar
    #75 Grizzly

    @OUD ANKER (Comment #73)
    Hoe dit ookal say, dis n skoon canvas en die game kan enige kant toe. Dis 2 elk sedert ‘hertoelating’ so Saterdag is die groot Hoofstad derby. Ek hoop ons onder spanne gee goeie rekenskap.

    ReplyReply
    12 April, 2026 at 16:57
  37. avatar
    #74 Asterix

    @OUD ANKER (Comment #72)
    Pine Pienaar is ook weg, hy was dalk nie offisieel betrokke nie maar glo hy het wel baie gehelp by die 1ste span met sy kennis.

    ReplyReply
    12 April, 2026 at 16:18
  38. avatar
    #73 OUD ANKER

    @Trots HJS (Tandem) (Comment #70)
    Moenie jou predictions regret nie. Dis ook nie nodig om omverskoning te vra nie. Moet ook nie ophou om predictions te maak nie. Hel, ek het my naam al lelik gat gemaak met “stupid” predictions, maar dit gaan my nie stop om voorspellings te maak nie en as ek dan op ‘n Maandag uitgehaal word omdat ek my naam krater gemaak het, so be it!

    ReplyReply
    12 April, 2026 at 15:35
  39. avatar
    #72 OUD ANKER

    @Grizzly (Comment #65)
    Affies het een van die Jacobs tweeling broers as afrigter na die Bulle verloor, MAAR is die res van die afrigter korps nog dieselfde en is dit JUIS hoekom dit so vreemd is dat Affies se 1e span so sukkel die jaar, ek bedoel Garsfontein het ‘n baie groter afrigtings skommeling as Affies gehad aan die begin van die 2026 seisoen.

    ReplyReply
    12 April, 2026 at 15:29
  40. avatar
    #71 OUD ANKER

    @Djou (Comment #66)
    Ek weet nou nie van al die spelers wat by Garsies aangesluit het of verlaat het nie, ek weet van die 1 speler wat Affies in sy graad 11 jaar verlaat het (nou in graad 12) wat by Garsies aangesluit het wat ‘n lekker sterk mannetjie is wat nou vir die Bere speel. Gunsteling of nie-gunsteling is maar ‘n eienskap van sport waar spanne of individue teen mekaar speel en is dit maar net menslike natuur dat ‘n “underdog” ondersteun word deur neutrale ondersteuners. Ek persoonlik voel “bring on” die gunsteling etiket, embrace dit en gebruik dit tot jou sielkundige voordeel.

    ReplyReply
    12 April, 2026 at 15:23
  41. avatar
    #70 Trots HJS (Tandem)

    @Kaya 85 (Comment #68)
    Kaya 85: I regret making such a prediction and it was very silly. I have apologised. Cannot do more. No more predictions for me this year. Even when favourite school play against Pitsonderwater then I will refrain of commenting.

    ReplyReply
    12 April, 2026 at 15:09
  42. avatar
    #69 OomPB

    @Smallies (Comment #60)
    Daar is bussies Paarl Gim en Boishaai toe ook.

    Geluk aan die Jade Brigade. Welverdiende oorwinning.

    Paul Roos sal ook nou beyer voorbereid wees vir Garsfontein. Garsfontein nou die groot gunsteling.

    Gim speel nou puik rugby.

    ReplyReply
    12 April, 2026 at 14:30
  43. avatar
    #68 Kaya 85

    @Trots HJS (Tandem) (Comment #12) Stellenberg not even 1% chance …. wow what an upset

    ReplyReply
    12 April, 2026 at 13:02
  44. avatar
    #67 Kaya 85

    @JongMatie (Comment #6)
    eish….zero from 3 predictions.

    ReplyReply
    12 April, 2026 at 13:00
  45. avatar
    #66 Djou

    @OUD ANKER (Comment #64) Sedert o.16 is daar 2 nuwe spelers by Garsies – en hulle is graad 11’s wat nie 1ste keuse is nie (een is daar van graad 10 af en een vanjaar). Behalwe as daar beserings is, soos daar inderdaad was. En Garsies het hele paar o.16’s, o.17s en o.18s verloor na ander skole. En daai o.16’s van Affies wat Garsies gemaklik gewen het die afgelope 2 jaar, is steeds daar. Nietemin, gunsteling of nie gunsteling beteken absoluut niks. Dis die uitslag wat tel. Wanneer jy wen of verloor maak dit mos nie saak of jy gunsteling was of nie!

    ReplyReply
    12 April, 2026 at 11:33
  46. avatar
    #65 Grizzly

    @OUD ANKER (Comment #64)
    Nee op wat sover die jaar gesien is, is die Bere die gunsteling Sat. Ek dink egter met n kort kop. Dis baie soos Gim en HJS. Een kan n minder goeie seisoen he maar soos ons al gesien het die derby bring n ander dier in die spelers uit.Soos 2 jaar terug was Affies die oorweldigende gunsteling en die Bere het naby gekom. Ek het al vir 4×4 gevra, is daar enige verandering by julle afrigters korps teen die afgelope 2 jaar?

    ReplyReply
    12 April, 2026 at 11:17
  47. avatar
    #64 OUD ANKER

    @Djou (Comment #62)
    Ja, ek stem Affies het goeie statistieke vir die 0/16s teen Garsfontein, maar soos jy tereg in jou volgende post aan @ Vleis opmerk is dat die seuns baie groei en ontwikkel vanaf graad 10. Daar is egter geen twyfel dat Garsies ‘n bul span hierdie jaar het nie en ‘n blinde ou met ‘n nog blinder gidshond kan ook raaksien dat Affies se 1e span sovêr die seisoen regtig sukkel. Obviously wil ek dat Affies komende Saterdag die wedstryd wen, maar kan ek eenvoudig nie sien dat hulle binne ‘n week hulle ernstige gebreke gaan kan uitsorteer nie.

    ReplyReply
    12 April, 2026 at 10:21
  48. avatar
    #63 Djou

    @Vleis (Comment #57)
    Well Gim was ranked first and Stellies in the top 5, so at least they were right on that score – as predictors.
    But yes, one would be stupid to just look at u.14, u.15 and u.16 results. Boys really grow from grade 10 onward, or don’t.

    ReplyReply
    12 April, 2026 at 09:35
  49. avatar
    #62 Djou

    @OUD ANKER (Comment #52)
    Julle het goeie statistiek.
    Wat was Affies se o.16 tellings teen Garsies in 2024 en in 2025?

    ReplyReply
    12 April, 2026 at 09:32
  50. avatar
    #61 Snelvuur

    @Smallies (Comment #60)
    Ek twyfel – meeste van die o19-manne sal professionele kontrakte hê volgende jaar en die jonger jaargroepe het maar eina gekry gister.

    ReplyReply
    12 April, 2026 at 09:14
  51. avatar
    #60 Smallies

    Ek kan nie help om te wonder hoeveel van daardie Stellenberg seuns ry volgende jaar bussie Skelmbos en Paarl toe nie🤣🤣🤣🤣

    ReplyReply
    12 April, 2026 at 08:03
  52. avatar
    #59 buitestaander

    It often happens that a school on occation have a very strong team (dream team). That is great for rugby. Hoewever, Alex Ferguson, and after his appointment as coach at Mancester United, made it clear: “Do you want me to build a strong team, or a strong club”. It requires a completely different appraoch and strategy. Building a “club” requires much more. Schools like Grey, Gim, Paul Roos, etc will always be strong, even during those years when their first team is below par. Looking at the results of all the teams on a spesific day, the number of teams that a school have, etc, will give some indication on the progress being made in building structures, a culture, etc to be sustainable in terms of competitiveness in the long run. We have seen a number of schools coming and going during recent years.

    ReplyReply
    12 April, 2026 at 05:42
  53. avatar
    #58 Snelvuur

    @Kantman (Comment #55)
    Gedog hulle word in Stellenbosch geskryf 😉 maar nee, dit gaan maar net oor die interpretasie van die reëls rondom contest op die grond: daar is duidelik ‘n disconnect tussen hoe ons ouens gecoach word en hoe die skeidsregters dit blaas. En ek sê glad nie die skeidsregters is verkeerd nie; inteendeel, ek sê ons ouens moet beter aanpas of beter afgerig word sodat ons nie by elke tweede afbreekpunt ‘n strafskop afstaan op verdediging nie.

    ReplyReply
    11 April, 2026 at 22:02
  54. avatar
    #57 Vleis

    In 2024, Affies u16A lost to Nories, PRG, Drosdty, Gim, Oakdale and GCB. Most of the losses were close, but it’s nevertheless unlikely that they would’ve been ranked at 9 and very unlikely that they would’ve been ranked at 4.

    ReplyReply
    11 April, 2026 at 21:41
  55. avatar
    #56 OudAffie

    14A: Gim wen 14-13
    14B: Affies wen 10-3
    14C: Gim wen 17-7
    14D: Affies wen 28-3
    14E: Affies wen 33-10
    14F: Affies wen 36-8

    15A: Affies wen 15-12
    15B: Affies wen 26-19
    15C: Gim wen 19-5
    15D: Affies wen 31-14
    15E: Affies wen 24-12
    15F: Gim wen 24-14

    16A: Affies wen 44-33
    16B: Gim wen 28-21
    16C: Affies wen 38-7
    16D: Affies wen 22-14

    8: Affies wen 40-5
    7: Affies wen 32-15
    6: Affies wen 39-7
    5: Affies wen 32-25
    4: Affies wen 34-22
    3: Gelykop 10-10
    2: Gim wen 24-22
    1: Gim wen 51-34

    ReplyReply
    11 April, 2026 at 21:34
  56. avatar
    #55 Kantman

    @Snelvuur (Comment #49)
    Is daar ander laws of rugby boekies in Stellenbosch?

    ReplyReply
    11 April, 2026 at 20:49
  57. avatar
    #54 Kantman

    @Mate (Comment #51) Ek stem saam – en dis ‘n groot rede hoekom hierdie blog en sy reëls spesiaal is. Ek beskou dit as swak inbors en onmiddelike twyfel oor jou intensies as jy ‘n kind probeer uithaal op enige sosiale platform.

    ReplyReply
    11 April, 2026 at 20:45
  58. avatar
    #53 4×4

    @Mate (Comment #51)
    Dit is jammer…dalk moet die persone na Fourie du Preez se onderhoud op Blindside kyk om perspektief te kry

    ReplyReply
    11 April, 2026 at 19:26
  59. avatar
    #52 OUD ANKER

    @Djou (Comment #42) Ek dink die keer is jy verkeerd. Garsies sal die gunsteling “tag” vir die Affies stryd moet embrace…Affies het nou bietjie te veel af dae hierdie seisoen gehad, dit is ‘n probleem as die uitsondering die norm word.

    ReplyReply
    11 April, 2026 at 19:21
  60. avatar
    #51 Mate

    @4×4 (Comment #50) Gaan kyk op SupersportSchools en Jouskolerugby na veral die Paul Roos en Michaelhouse wedstryde. Jy behoort dit dan maklik te sien, veral die ouens wat die spesifieke kind aanvat oor sy skopwerk en jy sal sommer baie ander negatiewe kommentaar lees. Jy sal dalk baie van die ouens ken.

    ReplyReply
    11 April, 2026 at 19:04
  61. avatar
    #50 4×4

    @Mate (Comment #48) laaste Superspan wat Affies gehad het was 2013 en was die huidige afrigter nie nie afrigtwr nie

    ReplyReply
    11 April, 2026 at 18:53
  62. avatar
    #49 Snelvuur

    @Bungee (Comment #47) Ja, ai. Ek weet nie lekker wat die oorsaak is nie. Dit voel nie vir my enigsins malicious of aspris nie – dit voel liewer asof die interpretasie van die reëls rondom die afbreekpunte wat die ouens geleer en geoefen word week-op-week verskillend is van wat die skeidsregters gebruik. Male sonder tal vandag gestraf by die afbreekpunte.

    ReplyReply
    11 April, 2026 at 18:42
  63. avatar
    #48 Mate

    @4×4 (Comment #46)
    Ek het op hierdie forum sowel as op 2 ander FB skolerugby forums gelees hoe veral n spesifieke speler geteiken is. As ek al Djou se tyd gehad het sal ek screenshots gekry het om jou te wys.
    Is hierdie afrigters waarvan jul praat nuwe onderwysers wat nou skielik nie meer kan afrig? Wie het vorige jare al die Affie superspanne afgerig?

    ReplyReply
    11 April, 2026 at 18:29
  64. avatar
    #47 Bungee

    @Kantman (Comment #37) Disipline is nou al n probleem vir n paar jaar, nie eers net n paar wedstryde nie. Selfs die 2024 onoorwonne span was lief vir sy kaarte

    ReplyReply
    11 April, 2026 at 18:28
  65. avatar
    #46 4×4

    @Mate (Comment #44) Weet nie waar word die seuns aangevat volgens jou nie…..maar die een en die voor hulle word voor die onderwysers se deur geplaas wat hulle afrig…en soos ek al telkemale gesê het..’n goeie onderwyser maak nie noodwendig ‘n goeie afrigter nie

    ReplyReply
    11 April, 2026 at 18:09
  66. avatar
    #45 Asterix

    @Djou (Comment #42)
    Ek weet jy wil dalk nie graag die gunsteling tag he nie maar julle is defnitief hierdie jaar, Affies het vandag ‘n afdag gehad en teen Michael house ook’n afdag gehad en ‘n afdag teen PRG ook gehad en selfs gesukkel teen waterkloof.
    Maar dit is skole rugby en enige iets kan gebeur, maar daar gaan moet veranderings kom anders gaan dit maar dieselfde bly. Soos ek hieronder gese het ons sal bly ondersteun en nog steeds langs die veld wees by elke wedstryd en hoop.

    ReplyReply
    11 April, 2026 at 18:09
  67. avatar
    #44 Mate

    Meeste seuns lees hierdie forum. Vanaf die eerste wedstryd is die Affie spelers gekritiseer en negatiwiteit is verkondig. Ek het gedink die Affie gemeenskap sou van beter weet. Waarskynlik nooit regtig goeie sportmanne gewees in hul dae. Ek kry daai seuns bitter jammer, wens hul kan die klomp hensoppers verkeerd bewys.

    ReplyReply
    11 April, 2026 at 17:44
  68. avatar
    #43 HSBR

    @Djou (Comment #41)
    En ander rankings het hulle 9de gerank so daar is nie regtig veel om op te gaan nie. Die meerderheid Affie ondersteuners en ouers was optimisties oor die jaar maar het wel geweet die jaar se span gaan n moeilike tyd he teen die groter spanne

    ReplyReply
    11 April, 2026 at 17:35
  69. avatar
    #42 Djou

    @Mate (Comment #39) Affies sal altyd die gunsteling wees teen Garsies. Affies het ‘n afdag gehad teen ‘n baie goeie Gim vandag!

    ReplyReply
    11 April, 2026 at 17:33
  70. avatar
    #41 Djou

    @Asterix (Comment #40)
    SA Sport Scores. Gim was no 1 en Affies no 4.

    ReplyReply
    11 April, 2026 at 17:29
  71. avatar
    #40 Asterix

    @Djou (Comment #32) Ek weet nie of jy reg is met die 2024 se O/16 se ranking van 2024 nie, want hulle was nie so sterk O/16 groep nie, hulle het ook in 2023 as O/15 groep amper verloor teen Menlo, die laaste jaar wat Menlo teen Affies gespeel het, miskien is ons dan seker maar gelukkig met ons vooruitskatings van die jare, maar selfs as jy op hierdie blad lees sal jy sien dat baie Affies manne voor die seisoen al gese het dit gaan moeilike jaar wees. Laasjaar se O/16 groep was baie goed maar daar is huidiglik net 3 graad 11’s wat 1ste span speel en volgens my moet een van hulle nie eers in die 3de span wees nie, maar dit net my opinie, glo volgende jaar gaan dit weer goed gaan. Huidige O/16 groep was ook effens ‘n bekommernis as onder 14’s maar het n massiewe omkeer gemaak laas jaar en speel nou baie goeie rugby,

    ReplyReply
    11 April, 2026 at 17:10
  72. avatar
    #39 Mate

    @Djou (Comment #32)
    Stem saam met jou. Ek het ook na die 2024, 2025 groepe gekyk en nie gedink iemand gaan naby hulle kom.
    Ek dink steeds hierdie is n baie goeie Affie span en as hulle kliek gaan vonke spat.
    Glo nie Garsies moet te oorgerus wees.

    Time will tell

    ReplyReply
    11 April, 2026 at 17:07
  73. avatar
    #38 HSBR

    @Kantman (Comment #36)
    8 oop spanne
    4 o/16 spanne
    6 o/15 en o/14 spanne

    ReplyReply
    11 April, 2026 at 16:52
  74. avatar
    #37 Kantman

    @Snelvuur (Comment #26)
    Stem saam, sou Ethan op 10 byvoeg.
    Wil noem, as disipline een wedstryd ‘n probleem is kan mens die spelers blameer. As dit elke wedstryd gebeur moet mens na die coaching begin kyk.

    ReplyReply
    11 April, 2026 at 16:46
  75. avatar
    #36 Kantman

    @HSBR (Comment #34)Wow – 24 spanne vir Gim is baie goed

    ReplyReply
    11 April, 2026 at 16:43
  76. avatar
    #35 Snelvuur

    @Trots HJS (Tandem) (Comment #30)
    Ek dink julle manne oorskat hierdie PRG-span so bietjie. Paar lekker forwards, maar ons is bietjie dun agter, veral met Basson wat nou ernstig beseer is. Laasjaar se o16 groep het ‘n great pak voorspelers gehad (die hele vaste vyf het Grant Khomo gespeel), maar het agterlangs gesukkel. Trouens, ek is eintlik ietwat verbaas met hoe goed ons agterlyn by tye vertoon het sover. Hierdie jaar se o16s is die jaargroep om dop te hou: hulle het vandag 50 gesit op ‘n Stellenberg o16-span wat met net 2 punte teen Gim verloor het. Hulle backs is ongelooflik en hulle speel verskriklike hoë tempo rugby. Hulle kan dalk saam met die o17s se bul-voorspelers ‘n baie goeie span volgende jaar wees.

    ReplyReply
    11 April, 2026 at 16:43
  77. avatar
    #34 HSBR

    Sien uit die 24 wedstryde gespeel het Affies 6 verloor, 1 gelykop en die res gewen maar soos ek gese het aan die begin van die jaar, die eerstes gaan nie van die groter spanne wen nie

    ReplyReply
    11 April, 2026 at 16:36
  78. avatar
    #33 Grizzly

    @Trots HJS (Tandem) (Comment #30) Ek het eerlik gedink jys sarkasties mbt Jong Matie se PRG wat nie kan verloor nie. Weet jy of iemand hoe lank was PRG se wen streak?

    ReplyReply
    11 April, 2026 at 16:32
  79. avatar
    #32 Djou

    @Asterix (Comment #28) Ek verstaan nie – hoe sou julle weet die groep gaan sukkel. In 2024 was Affies se o.16’s no 4 in SA gerank (hulle is nou matriek) en in 2025 was Affies se o.16’s no 1 in SA gerank (nou in graad 11).

    ReplyReply
    11 April, 2026 at 16:30
  80. avatar
    #31 Grizzly

    @OUD ANKER (Comment #22) Ons het so vinnig aan die speel of rus ding geraak nou die dag. Ek is nou meer oortuig van die rus as ooit. Met die kort vakansie belowe ek jou Affies spelers voel nog of die kwartaal nie geeindig het nie. Hulle moet disnis gespeel wees. Nou harde week wat wag op Bere Park dan Wk.Bere gaan uit gerus wees. Miskien bietjie undercook maar uit gerus.

    ReplyReply
    11 April, 2026 at 16:28
  81. avatar
    #30 Trots HJS (Tandem)

    @Boereworsgordyn (Comment #25) Jy is doodreg ! Sorry Stellenberg ! En welgedaan. Ek het dit regtig nie verwag nie , nie omdat ek nie besef dat Stellenberg baie goed is nie maar omdat ek dink Paul Roos het uitsonderlike span vanjaar. Maar met Gim , Grey en nou Paul Roos as wenne kan Stellenberg moontlik nr 1 eindig. Groot oorwinning. En ek hou van nou af my opinie vir myself.

    ReplyReply
    11 April, 2026 at 16:25
  82. avatar
    #29 Grizzly

    @4×4 (Comment #21) Is dit dieselfde afrigters die afgelope paar jare of het julle nuwes die jaar?

    ReplyReply
    11 April, 2026 at 16:23
  83. avatar
    #28 Asterix

    Baie geluk aan Gim julle het Affies vadag ‘n rugby les geleer, ons altyd geweet Affies gaan met hierdie groep sukkel hierdie jaar maar nie gedink hulle gaan so swak wees nie. Ek dink daar is ‘n paar enrstige probleme by sekere spelers maar soos ek vandag gekyk het na die 2de span is ek nie so seker daar is beter spelers op daai plekke nie. Ek hoop regtig nie Garsfontein stel ‘n nuwe rekord op volgende week nie want Affies het baie moeilikheid hierdie jaar, Maar ons sal bly ondersteun. Bly om te sien die o/16’s en o/15’s het so verbeter. Hopenlik is die volgende 3 jaar weer beter.

    ReplyReply
    11 April, 2026 at 15:12
  84. avatar
    #27 Mate

    Wow Dit nie gesien kom nie veral na die Buco rep se voorspelling dat Stellenberg nie eers 1% kans het. Die volgende paar jaar lyk bietjie kommerwekkend.

    ReplyReply
    11 April, 2026 at 15:08
  85. avatar
    #26 Snelvuur

    Baie geluk, Stellenberg! Uitstekende tweede helfte gehad – Burden is ‘n yster en Molnar op 8 is self ‘n bielie. PRG se verdediging in die wye kanale en dissipline bly kopsere, en wat lyk na ‘n ernstige besering aan Tiaan Basson is ‘n groot probleem: sy organisering op verdediging en sy leierskap was gemis in die tweede helfte. Christiaan le Roux het vir PRG ‘n uitstekende wedstryd gehad. Ek sal al die dag se uitslae post sodra ek dit kry, maar hier is die hoofwedstryde se uitslae (soos ek hulle het, met Stellenberg eerste) solank:
    19A: 20-10
    19B: 0-38
    16A: 7-52
    15A: 5-48
    14A: 0-34

    ReplyReply
    11 April, 2026 at 14:59
  86. avatar
    #25 Boereworsgordyn

    @Trots HJS (Tandem) (Comment #12)
    Snaaks hoe n mens se comments jou in die gat kan byt! Hopelik sal jy Stellenberg meer krediet gee na hulle 1% kans v wen. Hulle kom nog Paarl toe ook so lig loop!

    ReplyReply
    11 April, 2026 at 14:47
  87. avatar
    #24 OUD ANKER

    @4×4 (Comment #21)
    Ek stem 100% saam jou!

    ReplyReply
    11 April, 2026 at 14:23
  88. avatar
    #23 OUD ANKER

    @4×4 (Comment #17)
    100%!

    ReplyReply
    11 April, 2026 at 14:20
  89. avatar
    #22 OUD ANKER

    @Grizzly (Comment #19)
    Affies het groot probleme, ek dink nie Garsfontein hoef te veel slaap te verloor nie…as Affies speel soos vandag en Garsfontein speel net naastenby so goed soos teen Stellenberg/HJS wag daar nog ‘n pak slae op Affies.

    ReplyReply
    11 April, 2026 at 14:19
  90. avatar
    #21 4×4

    @Grizzly (Comment #19)
    Nee wat Bere kan rustig slaap…ek hoop net Affies kan die score laag hou…en dit gesê, Affies het die spelers, die probleem is die afrigters! Die afrigters sal nie hulle spankeuses bevraagteken nie, maar eerder die seuns se commitment en te veel rugby!

    ReplyReply
    11 April, 2026 at 14:15
  91. avatar
    #20 OUD ANKER

    Baie geluk aan Paarl Gim. Nie net ‘n groot oorwinning nie, maar ‘n rugbyles of note!

    ReplyReply
    11 April, 2026 at 14:13
  92. avatar
    #19 Grizzly

    Weereens nie die telling sien kom nie. Op Affies se velde maak dit nog minder sin. Ek hoop nie die Bere ontgeld die volgende naweek nie. Dan gaan ek vir Gim blameer. 😂

    ReplyReply
    11 April, 2026 at 14:10
  93. avatar
    #18 OudAffie

    14A: Gim wen 13-14
    15A: Affies wen 15-12
    16A: Affies wen 44-33
    1stes: Gim wen 51-24

    Res van tellings sal ek plaas as ek alles bevestig het.

    Baie geluk aan Paarl Gimnasium. Rugbyles uit die boonste rakke. Kan baie sê oor Affies, gaan egter nie. Gim my nr 1 span vir 2026.

    ReplyReply
    11 April, 2026 at 13:56
  94. avatar
    #17 4×4

    Affies word oor ‘n drom getrek vandag maar hulle Blinside en TikTok Coaches sal seker net sê ons vat die een op die ken….tyd vir egos om vervang te word by Affies

    ReplyReply
    11 April, 2026 at 13:39
  95. avatar
    #16 Trots HJS (Tandem)

    @boerboel (Comment #13)Ja ek het dit swak gestel jammer. Natuurlik het almal ‘n kans en stellenberg het baie goeie span. Ek dink net Paul Roos het span wat hul behoort te wen.

    ReplyReply
    10 April, 2026 at 23:15
  96. avatar
    #15 Trots HJS (Tandem)

    @Djou (Comment #14)Reg so Djou

    ReplyReply
    10 April, 2026 at 23:12
  97. avatar
    #14 Djou

    @Trots HJS (Tandem) (Comment #11)
    Ek dink jy het bedoel jy neem kennis, eerder as aanvaar!

    ReplyReply
    10 April, 2026 at 12:15
  98. avatar
    #13 boerboel

    @Trots HJS (Tandem) (Comment #12)
    ek sal darem nie se Stellenberg het geen kans nie- dis rugby-60 -40 p in guns v prg

    ReplyReply
    10 April, 2026 at 10:22
  99. avatar
    #12 Trots HJS (Tandem)

    @Strepie (Comment #7)
    Boishaai vs Oakdale kan enige kant toe gaan.
    Geen kans dat Stellenberg vir Paul Roos kan wen nie. Nie eers 1% kans nie.
    En ek is “ massive” Affies fan maar op grond van die huidige form kan ons mos nie hulle enige kans gee teen Gim nie ? Gim se eerste span onder Pieter is bes afgerigte span in SA.

    ReplyReply
    9 April, 2026 at 21:40
  100. avatar
    #11 Trots HJS (Tandem)

    @Djou (Comment #9)
    Sorry Djou hy sê hy was so dit is wat ek glo.
    En hy is geregtig op sy opinie so ons moet sy opinie aanvaar.

    ReplyReply
    9 April, 2026 at 21:32
  101. avatar
    #10 OomPB

    Goeie wedstryde. PRG se groot toets.

    ReplyReply
    8 April, 2026 at 23:22
  102. avatar
    #9 Djou

    @Strepie (Comment #7)
    Moenie jou aan hom steur nie. Hy was nie in PR nie.🙈🙉🙊

    ReplyReply
    8 April, 2026 at 16:15
  103. avatar
    #8 Skywalker

    Westville i think will be too strong for NW based on current results. Although NW did well at KES, the KZN league this year is very strong, as we have seen from the Easter results as well, and I think we still have injuries as well. Wimble didnt go ou tour (so guessing still out) and I saw our fullback Van Vollenstee had his hand in a brace. We woudl need a full strength to have a crack i think. We came very close last year to beating them at NW, but not sure we have the overall game right now with missing players. I hope they can front up and not get klapped

    ReplyReply
    8 April, 2026 at 12:04
  104. avatar
    #7 Strepie

    Ai – die student rook soos gewoonlik iets. Poeierhol.

    Boishaai met 1
    Stellenberg met 2
    Gim met 8

    ReplyReply
    8 April, 2026 at 10:31
  105. avatar
    #6 JongMatie

    Oakdale by 12
    Affies by 2
    Paul Roos by 15

    ReplyReply
    8 April, 2026 at 10:27
  106. avatar
    #5 SB Rugby

    Two tough weeks ahead for KES, Jeppe & Noordheuwel the following week ….. Outeniqua Paarl Gim Oakdale

    ReplyReply
    8 April, 2026 at 07:43
  107. avatar
    #4 HSBR

    @Trots HJS (Tandem) (Comment #3) Paarl Boys over Oakdale in my opinion. Outeniqua has a very good team this year so I definitely think they can run away with this game. If Affies played like they did in their last game I see them losing by 10-12 points but if they play like the previous games before then I believe Paarl are easily gonna put up 20 plus points on them

    ReplyReply
    7 April, 2026 at 20:41
  108. avatar
    #3 Trots HJS (Tandem)

    @buitestaander (Comment #2)
    The Oakdale vs Paarl Boys game will be a very tight game with Oakdale the favourites due to their bigger pack of forwards. Paul Roos will win with at least 8 points. Outeniqua will comfortably. Paarl Gim will win with 10 + points vs Affies.

    ReplyReply
    7 April, 2026 at 20:01
  109. avatar
    #2 buitestaander

    This weekend we can look forward to a number of great fixtures:
    Stellenberg vs Paul Roos Gym
    Outeniqua vs Boland Landbou
    Paarl Boys vs Oakdale
    Affies vs Paarl Gim
    Wynberg vs Rondebosch
    Westville vs Northwood
    Jeppe vs KES
    All games could go either way. Grey not playing?

    ReplyReply
    7 April, 2026 at 11:30
  110. avatar
    #1 Palma

    Dale vs Grey is the match of weekend in the EC for me. Dale have impressed so far and Grey haven’t really kicked into gear.

    Selborne will have a tough time in PE with Pearson. Started to see glimpses of promise in win against Parktown but Selborne will really need to step up to win on Saturday.

    ReplyReply
    7 April, 2026 at 10:11