Potential Playoffs
SWD–
EP–
Sharks–
Lions–
Winner 1
Winner 2
Final
Winner 3
Winner 4
Bulls–
Boland–
WP–
Free State–
St Alban’s, Pretoria
| GRANT KHOMO WEEK 2025 | ||||||
|---|---|---|---|---|---|---|
| Day 1 : Mon 30-Jun-2025 | ||||||
| A1 | u16 | Border | vs | Leopards | u16 | |
| A2 | u16 | SWD | vs | EP | u16 | |
| A3 | u16 | Sharks | vs | Lions | u16 | |
| A4 | u16 | Bulls | vs | Boland | u16 | |
| A5 | u16 | WP | vs | Free State | u16 | |
| B1 | u16 | Zimbabwe | vs | Border CD | u16 | |
| B2 | u16 | Valke | vs | Limpopo | u16 | |
| B3 | u16 | Griffons | vs | Namibia | u16 | |
| B4 | u16 | Iqhawe | vs | Griquas | u16 | |
| B5 | u16 | WP XV | vs | Pumas | u16 | |
@BereFan (Comment #55)
Ek hoor baie goeie goed oor die o13-mannetjie. Dit is maar die nature of the beast wat skolerugby betref nou – ek laaik dit nie, maar dit is geensins net Garsies wat dit doen nie (al terg ek tog julle manne steeds daaroor). Yuvrah George was electric laasjaar vir die Bulle se o16s – glo nie ons het al die heel beste van hom vir Garsies gesien hierdie jaar nie. Dink hy gaan rerig ‘n groot jaar volgende jaar hê.
Terloops, WP o13 se vleuels is ook almal kookwater. Ek weet nie waarnatoe hulle gaan nie, maar hulle gaan ‘n aanwins wees waar hulle eindig.
@Snelvuur (Comment #54)
Jammer man ek het eintlik vergeet van nog een van ons Boland manne, yuvrah george kom ook van Ceres af so dit maak dit in totaal 4 van die Boland af. Maar soos ek gese het, Drewyn Baron het ons gaan haal in die noord kaap selfs al kom hy van Ceres af(ek trek net jou been). Maar ek sal graag meer wil hoor oor daardie manne van Ceres wat oppad is dis altyd lekker om uit te sien na nuwe talent!!
@Djou (Comment #53)
Ek vermoed dis jou leesvermoë wat skort. BereFan praat van een man van Ceres (Baron). Fluks is uit Malmesbury (HS Swartland – PSDT se alma mater) gaan haal. Goeie cricketer ook, by the way. Dis Baron van Ceres wat tans in Middelburg speel – goed speel ook.
Ek het in comment 39 die laerskole van al ons eerstekeusespelers gegee. Van hulle mag op beurse wees – ek weet nie – maar daar is darem omtrent 11/12 van die 15 uit ons tradisionele voederareas uit…
@Snelvuur (Comment #52)
Ek het my misgis met jou intelligensie en leesvermoë. Jammer, gedink jy is beter.
Verwys na Berefan (no.38). Staan duidelik daar.
En Grey PE se no.10 is maar een van Paul Roos se gekooptes. En jy weet van al die ander wat nie van Skelmbos af kom nie.
Kom ons los dit maar – jy praat jou net dieper in die bollie in.
@Djou (Comment #51)
Ah, toe ek vantevore van ‘n ou van Ceres in Garsies praat was die fake news…nou stem ons darem al daaroor saam. Ek weet net van een van Ceres (jy weet dalk van nog), maar hy speel tans in Middelburg CW (mooi drie gedruk gister). Ek hoor meer gerugte oor Charlies se o15 senter en Gericke se o13 senter 👀 maar dis net gerugte van mense op die dorp – ek sit nie in daardie kamers nie en kan definitief nie sê of dit waar is nie.
Nugter alleen weet wat PRG se werwers doen of nie doen nie 😂 ek is net bly ons stem darem nou al saam dat ek wat sê daar manne van die Boland is by Garsies is nie fake news nie. Baby steps.
@Snelvuur (Comment #49)
Jong, vir iemand wat intelligent blyk te wees, maak jy dom aannames.
Seuns uit Ceres is in die skool, so hul ouers word gereeld besoek om terugvoer te gee oor die speler en insette van ouers te bekom.
Net soos gesprekke gehou word met ouers van alle spelers.
Maar jou dom aanname is werwing. Net soos die wat vir jou fotos stuur. Maak seker wanneer die foto geneem is.
Dink bietjie verder om reg aan jou intelligensie te gee.
Besoek Paul Roos se werwers die ouers van spelers wat deur julle landwyd gekoop word?
@Skywalker (Comment #47)
I think you will find it’s declining across the majority of schools and players are pooling in the top 10. St Charles and Clifton are not really that strong and in that topo 10. I would love to see of the Top 8 schools in KZN this year, how many are originally from KZN, probably less than 50%. The pooling at DHS, Hilton, Northwood and Westville are making those 4 particularly strong…
@Djou (Comment #48)
Dis nog nie eers ‘n week na Grant Khomo nie en ek kry al klaar foto’s van manne uit Ceres uit van ‘n Garsfontein bakkie wat daar rond ry. Seker ook fake news – ek weet die vrugteboere is besonder behendig met Photoshop.
@Snelvuur (Comment #39)
Elke keer as jy ‘n come-back kry wat wys jy praat strooi dan is dit tong in die kies. Swak verskoning!
Ek lees die begin van jou opstel en sien dis fake news – onnodig om die res te lees.
Hippo-crate!! 😃😃😃 Verkeerd getik, nie gespel nie.
Kyk soms na die emojis
KZN RUGBY ON DECLINE?
GLENWOOD BOYS THERE
@Snelvuur (Comment #42)
WP backline inept in first half – doubt many of them will play CW on merit in a two years time. Many pedestrians in the forwards as well. WP school politics going to bite them if allowed to continue. Really concerned Cravenweek will follow same pattern.
Sharks well drilled and excellent 10. No nonsense straight running by all the backs.
WP delay in selection not helping to build team cohesion.
@Snelvuur (Comment #39)
Ek kom volgende Donderdag daar na jou geweste toe. As die sterre mooi align kyk ek en jy saam baie rugby by Wellington in die toekoms.
@Bungee (Comment #41)
😜
@Bungee (Comment #41)
Their left wing is also RAPID. Their whole backline was actually just 100% better than WP’s on the day.
@Kantman (Comment #40)
Thanks for bringing it back to the actual topic! The props and 10 of the Sharks really impressed me
Well done to the Sharks team! Well deserved.
@BereFan (Comment #38)
Ek huil rerig nie 😂 ek het net ‘n tong in die kies opmerking gemaak, juis oor die geskiedenis van baie hê waarna jy self verwys. Dis die Garsiesmanne wat ontsteld geraak het daaroor (en toe selfs begin sê het dat dit nie gebeur nie).
PRG werf deesdae baie meer as in my dae, maar ek glo nogsteeds nie dat daar ‘n sterk Bolandse invloed is nie? Die huidige eerstespan se laerskole is as volg:
1. Brackenfell
2. De Hoop (Somerset-Wes)
3. De Hoop
4. Outeniqua (George)
5. Sun Valley (Cape Town)/somewhere in the Netherlands
6. Onseker/Bastion
7. Panorama
8. Eikestad (Stellenbosch)
9. De Kuilen (Kuilsrivier)
10. Iewers in PE
11. Bastion (Brackenfell)
12. Eikestad
13. Iewers in Somerset-Wes
14. Lochnerhof (Strand)
15. Iewers in George
Uit ons eerstekeuse-manne is daar dus nie een van die Boland nie, 12 uit WP, een uit EP en twee uit SWD.
@Snelvuur (Comment #30)
Ons like hulle nogsteeds en ek persoonlik wens ons kon meer van hulle kry soos in die verlede maar ons doen nie meer nie😂paul roos en DHS kry hulle almal ongelukkig. Dis my punt en ek ontken en sal ook nooit ontken dat ons hier en daar n WP of Boland outjie kry nie ons doen maar 1 of 2 n jaar ni 7 of 8 nie. Maar net so as jy gewonder het garsies het tegnies vir Drewyn Baron in die Noord-Kaap gaan haal ver van die Boland af selfs al bly hy dalk in Ceres. So 2(3 as jy vir Ruan Fluks tel by die o16 groep) is regtig nie iets om oor te wil huil nie julle het meer spelers van ander lande as wat garsies het van die Boland af.
@Djou (Comment #35)
Hoe is ek ‘n hypocrite (ja, dis hoe mens dit spel)? Ek is deur die bank teen kopery. Ek het ‘n tong in die kies opmerking oor Garsies gemaak en nou is almal weer op hulle perdjies. As jy nie dink daar’s enigiets verkeerd met wat Garsies doen nie, hoef jy dit mos glad nie te verdedig nie! Dan kan jy mos trots daarop wees.
(P.S., ek het hierdie plasing kort probeer hou – hoop jy kon dit tot die einde toe maak!)
@Djou (Comment #34)
Ah, so jy lees nie wat ek skryf nie, maar kritiseer dit steeds as “fake news”? Niks anders as Jong Matie se noordelike eweknie nie.
@4×4 (Comment #27)
Presies – Snelvuur is ‘n hipocrate. Versprei fake news en sê hy is teen Paul Roos se kopery, maar sê nis oor hoeveel Paul Roos koop nie. Gee liewer kommentaar oor wat by ander skole gebeur.
Neem sy posts in die vervolg met ‘n knippie sout.
@Snelvuur (Comment #32)
Hou op strooi praat – en vee voor jou eie deur.
Opstelle is onnodig – lees nie so ver nie.
Vra ook waarom Garsies in die Kaap werf en wie die seuns aanbeveel Garsies toe – en dit is by verre minder as in 2019.
Almal weet spelers gaan uit hul eie Boishaai toe, maar Paul Roos moet Rupert se miljoene gebruik en genoeg koop om mededingend teen Paarl Gim en Boishaai te bly. 😃😃
@Snelvuur (Comment #32)
Dankie, dan doen die werwers goeie werk.
@Grizzly (Comment #31)
My maggies! Ek het mos nou nie gesê julle koop die hele Boland nie. Ek het gesê julle vat die “Boland se bestes”. En dit is tog so: Pasensie, Stuart en Baron stap lag-lag in Boland se Cravenweek-span in. Ek kyk actually nogal baie rugby in die Boland en daar is definitief nie béter spelers as daardie drie nie…
@Snelvuur (Comment #29)
Al die top skole werf by GK. As Garsies 2 bruin spelers werf dan koop hulle die hele Boland. Kom nou Snellas ek verwag daai tipe comments van brakkies en ou Matie. Miskien as ons PRG/Rupert se budget gehad het.
@BereFan (Comment #25)
Minder as twee maande terug het jy hier onder gesê dat jy nie skaam is om te erken dat Garsies die Bolandse manne like nie. Wat het intussen verander? Het Djou jou aangepraat en nou toe jy die party line?😂
Gits, kêrels, hierdie voel bietjie soos Beetlejuice: as jy “Boland Grant Khomo” drie keer in die spieël sê dan kom al die Garsiebere uit hibernasie uit! Julle manne hoef nie so fyngevoelig te wees nie: ons weet al vir jare hoe dit werk en ons is nogsteeds lief vir julle. Nie nodig om die realiteit te ontsê nie.@Grizzly (Comment #23)
Ek weet nie presies hoeveel Boland-manne daar is nie – julle sal my help – maar ek weet dat 3 uit Garsies se 4 CW-spelers van die Boland af kom: Pasensie (Hermanus), Stuart (Bredasdorp) en Baron (Ceres).
@Wonder (Comment #24)
@BereFan (Comment #25)
Rakende manne van Boland by PRG en die ander Wynlandskole – aan die een kant kla julle manne dat daai skole eintlik in die Boland is, maar dan kla julle ook dat Bolanders daar skoolgaan? Dis dan mos hoe dit hoort? In elk geval, PRG is nie so gewilde keuse onder die Bolandse kinders nie: meeste van die Wellington/Paarl-streek gaan HJS/Gim/Landbou toe, terwyl die anderkant die tonnel ‘n sterk voorkeur vir Landbou/HJS het – meeste van hulle kom uit landbougemeenskappe. PRG se sterk voederbron bly maar Stellenbosch/Somerset-Wes en Durbanville/Brackenfell. Ek sal graag wil hoor spesifiek watter Bolandspelers kwansuis vir PRG speel, want ek dink nie daar is een in die eerstespan nie.
@Djou (Comment #26)
Ai, ou Djou, dis darem mos nie fake news as 3 van julle 4 CW-spelers van die Boland af kom nie?! Julle manne vra altyd dat mens by die feite bly, teensy daardie feite julle nie pas nie: dan is dit altyd fake news of die een of ander komplot teen julle. As julle so aanhou moet julle dalk van groen na oranje verander.
Terloops, ek sê nie PRG werf/koop nie – ek weet hulle doen, en ek is gekant daarteen ook. Maar om te sê dat Garsies nie werf in die Boland nie is lagwekkend. En ek is ten volle geregtig om julle te spot daaroor – if you can’t do the time, don’t do the crime.
@4×4 (Comment #27)
Ja-nee: glo hy het darem meer vir krieket as vir rugby geskuif omdat Deon Botes PRG se hoof van krieket geword het. Hy was nog nooit eerstekeuse op enige posisie by die rugby nie – laasjaar heelagter gespeel by tye omdat Stoffels moes vleuel speel toe ons vleuels beseer was en die jaar net twee keer losskakel gespeel, ook weens beserings.
@BoishaaiPa (Comment #21)
Agreed, he must’ve given about 100 penalties. Completely ruined any flow in the game.
@Djou (Comment #26)
Korrek, so is Seymore gepoach in Graad 11 vir rugby en krieket terwyl sy broer by Affies gematrikuleer het!
@Snelvuur (Comment #22)
Toe is 4×4 reg!
Garsiemanne stem toe nie saam nie.
Terloops dis 2025, jy het vasgehaak by 2019.
By now we know Paul Roos is a great distributor of fake news – to remove the attention from their poaching activities. 🤣🤣🤣🤣🤣🥰
What I don’t understand is why an institution such as Paul Roos, with a rich history, must resort to poaching and distribution of fake news.🤔🤔🤔
@Snelvuur (Comment #22)
Miskien in die verlede was dit die geval gewees maar ongelukkig nou al vir n hele rukkie nie meer nie. Jy kry nou al die Boland manne by Paul Roos of DHS💪se net as jy nog inligting kort van wat deesdae by Garsies aangaan dan probeer ek my beste om jou reg te help.
@Snelvuur (Comment #22)
Boland se bestes speel almal vir WP
@Snelvuur (Comment #22)
Dis glad nie die geval nie. Hoeveel Boland manne is die jaar in die Bere se span? Ek se weer Snellas, julle koop omtrent 7 keer meer as enige skool. Die toekoms met julle nuwe hoof lyk egter shakey. Tyd sal leer.
@4×4 (Comment #20)
Meeste Garsiesmanne stem saam met my dat hulle elke jaar die Boland se bestes vat. Dit is regtig net soos dit is. Niks spekulasie of fake news nie. Vra bietjie vir hulle.
Wie was daai ref tussen WP en SWD?. Hy wou belangrikste ou op die veld wees.
@Snelvuur (Comment #18)
Jy kan immers nie so lukraak bewering maak sonder komteks nie, dan is dit maar net spekulasie of fake news
That was some game between Sharks and Bulls
Twee verlore vir Boland sover. Garsies se kanse in 2027 lyk nie goed nie, hoor…
@Kaya 85 (Comment #15)
🤣🤣🤣🤣
@Kaya 85 (Comment #15)
Clever kids who scrum strong: IQ “hawe toe”!
@Smallies (Comment #13)
Ah…now we’re talking
all I need to find out now is WFT is Iqhawe week?
(IQ – hawe …for high IQ gifted learners who balance their pro rugby ambitions with a Masters degree …?)…
OK will google it, now I see. Thx SA Legends! Good work.
I thought it was e.g.
lughawe – waar die vliegtuie land
hawe – waar die skepe stilhou
IQ hawe – waar die slim ouens kom ruggas speel
@POD (Comment #11)
LOL
@Kaya 85 (Comment #10)
A team they pick at the Iqhawe week
@POD (Comment #11)
Netso. Kyk bietjie Saterdag in Krugersdorp wanner Noordheuwel en Monnas speel, die seuns van Boland gaan oorheers, moenie net die eerstes kyk nie, van0/14 af is dit net Boland. Dan wonder mense hoekom Noordheuwel se rugby so verbeter het. Dit gaan baie hard wees.
@Wonder (Comment #9)
As n seun IN die Boland vir Boland kan krieket speel en atletiek hardloop maar hy moet vir die WP rugby speel, kan n seun UIT die Boland seker maar rugby vir Garsies speel
Excuse my ignorance…
Or maybe I just forgot,
But who is Iqhawe?
@BereFan (Comment #8)
Almal hou van die Boland se spelers, Gauteng en Bloem is vrot van hulle. Hulle is so goed hulle moet vir die WP rugby speel, sien, sonder hulle sal WP nerens wees nie.
@OUD ANKER (Comment #7)
Geen self pyniging nie😂net nie skaam om te erken dat ons die boland manne like nie jong. Nie ons skuld almal anders like dit nie.
@BereFan (Comment #6)
Jy hou van self pyniging met daardie comment…😆
@Bungee (Comment #1)
Dis great boland betaal sommer vir die vlugte ook op pretoria toe dan hoef Garsies dit nie te doen nie!! Klink vir my soos n bargain💪hoop daar is sommer baie talent
Ek wonder nou nogals of Matsepe se eienaarskap van die Bulls en Boland afwentel tot skolevlak?
@Bungee (Comment #1)
Bulls vs Bulland 😂
@Bungee (Comment #1)
Well played 😂😂😂
@Bungee (Comment #1)
Bietjie onder die belt 🤣🤣🤣
I see they have started the Bulls trials for 2026/27 early by scheduling Bulls vs future Bulls/Garsfontein