WP Rugby Schools Day at Newlands 2016

Tuesday 15 March 2016

15h00 Tygerberg 65 0 Milnerton
15h46 Rondebosch 10 20 Brackenfell
16h32 Wynberg 30 5 Bellville
17h13 SACS 5 25 Paarl Gim
18h04 Bishops 10 25 Boland Landbou
18h50 HJS Paarl BH 20 0 Stellenberg

Leave a Reply

28 Comments

  1. avatar
    #28 Speartackle

    Ek het darem al op Wimbledon se buitebane gespeel………o ja en was deel van n gymnastrade met die opening van nuwe Ellispark……….en ringside gesit met Pierre Fourie/Victor Calindez op Randse Stadion

    ReplyReply
    17 March, 2016 at 08:57
  2. avatar
    #27 Hooit

    Sien die Leeus doen dit hierdie jaar baie. Leeus vs Cheetahs Saterdag. Voorwedstryd gaan Monnas teen HTS Louis Botha wees. Daar is ook verskeie ander skole wedstryde deur die jaar op ‘Ellispark’ as voorwedstryde.

    ReplyReply
    16 March, 2016 at 16:10
  3. avatar
    #26 Kattes-Strofes

    @BoishaaiPa: Ek hoor jou! Die probleem is egter net dat WP nou nie eers meer hul o/19 en o/21 Curriebeker spanne op Nuweland laat speel nie, maar meestal op City Park. Ek kan nie eers onthou wanneer laas daar n voor wedstryd op Nuweland plaasgevind het nie. Dit gebeur net indien die WP se senior span tuis in die eindstryd betrokke is. Dan word die o/19 en o/21 eindstryde ook daar gespeel.

    Die veld word blykbaar gespaar en die Super spanne kan nie behoorlik opwarm nie indien daar voorwedstryde is.

    Ek sal egter liewer wil he dat hulle skole wat nie hul beste span kan ,of wil bring nie moet vervang met ander skole. Maak dit duidelik in die uitnodiging, sodat niemand daarna kan se dit was nie ons uitsoekspan nie. Oor die jare is feitlik altyd net die WP se 8 Premier skole, plus 4 ander skole genooi.

    Indien van die 8 skole nie meer hul beste span wil bring nie, om hulle te spaar vir ander wedstryde, gee dan ander skole die geleentheid. Ek weet vir n feit dat die meeste skole so n geleentheid met ope arms sal aangryp.Niemand sit n geweer teen n skool se kop om daar te speel nie. Indien jy egter instem, moet jy darem tog verseker dat jy jou beste gee vir n
    geesdriftige skare.

    Ek kan uit eerstehandse ervaring praat. Het as jong lat die geleentheid gehad om vir JJ du Preez teen DF Malan in n voorwedstryd op Nuweland te speel. Later darem nog 2 keer in klub wedstryd. Ek kan my skool wedstryd na meer as 40 nog baie goed onthou. My klong , wat bevoorreg was om 2 jaar vir Boishaai in hierdie WP skoledag gespeel het, was beide kere kwaai opgewonde en bly vir die geleentheid.

    ReplyReply
    16 March, 2016 at 16:01
  4. avatar
    #25 BoishaaiPa

    @Kattes-Strofes: My vraag is of die kool nog die sous werd is?..Die wedstryde beteken opsig self nie veel nie…net potensiaal vir nog beserings. Reel eerder voorwedstryde vir Super games om seuns geleentheid op Nuweland te gee met n moerse skare en hulle speel in n normale liga game wat volle game is. Daar het Manny gisteraand weer seergekry…heeltemal onnodig in n wedstryd wat niks tel nie.

    ReplyReply
    16 March, 2016 at 15:20
  5. avatar
    #24 Kattes-Strofes

    @CharlesZA: Charles ! Ek stem in sekere mate saam met jou. Die feit dat sommige skole nie met hul top spanne deelneem nie, verwater beslis die aansien van die wedstryde. Sommige het geldige redes, terwyl ander se verskonings maar n bietjie verdag is.

    Nietemin, ek dink dit is steeds n helse voorreg vir skoolseuns, en natuurlik ook hul ouers , om die geleentheid te kry om op Nuweland te kan uitdraf. Ek is byna seker indien n mens die seuns en hul ouers vra of hulle liewer wou speel op Nuweland, of alternatief wil uitsit om hulle vir ander verpligtinge te spaar, dat hulle byna almal sou wou speel op Nuweland. Vir verreweg die meeste seuns sou dit die enigste geleentheid ooit wees.

    Jammer dat ek weer Boishaai hier moet noem, maar verlede se seisoen moes hulle op Saterdag 21 Maart speel op Porterville teen Framesby. Die Dinsdag 24 Maart teen Boland Landbou op Nuweland en die Saterdag 28 Maart teen Diamantveld by Paul Roos se feesdag. Die Woensdag daarna op 1 April moes hulle hul 1ste van 3 wedstryde in 5 dae by St. Johns speel teen skole soos Monnas en Garsies.
    ALmal weet wat die span vermag het, wat wys wat kan gedoen word. Die skool het nooit dit oorweeg om te onttrek aan enige wedstryd nie, ondanks die feit dat hulle op daardie stadium nie geweet het wat die span se potensiaal is nie.

    Dan ook terwyl ek nou op n rol is oor Boishaai( en hier vra ek maar verskoning vir Boishaaipa en die ander Boishaaiers dat my bek so groot is), Die seuns (ondersteuners) het weer eens getoon hoe passievol hulle oor hul skool is met hul ondersteuning en sang. Soms maar lekker vals, maar nietemin aanhoudend tot aan die einde. Stellenberg verdien ook lof vir hulle ‘support’.

    Ten slotte. Ek het met van die Brackenfell en Stellenberg ouers gesels. Dit was hul skole se 1ste geleentheid om aan hierdie dag deel te neem, en hulle het dit as n helse voorreg beskou.

    ReplyReply
    16 March, 2016 at 13:35
  6. avatar
    #23 CharlesZA

    @Losbal: Verwys jy na my comment oor die dag was sy glans verloor of na julle wat 20-0 gewen het?

    ReplyReply
    15 March, 2016 at 22:58
  7. avatar
    #22 beet

    @Kattes-Strofes: Thanks K-S.

    ReplyReply
    15 March, 2016 at 22:54
  8. avatar
    #21 Losbal

    @CharlesZA: @CharlesZA: sak Sarel!

    ReplyReply
    15 March, 2016 at 22:37
  9. avatar
    #20 Kattes-Strofes

    UITSLAE: Tygerberg 65- Milnerton 0 ; Brackenfell 20 – Rondebosch 10 ; Wynberg 30 – Bellville 5 ; Paarl Gim. 25- Sacs 5 ; Boland Landbou 25 – Bishops 10 ; Boishaai 20 – Stellenberg 0.

    Vir my was die wedstryd van die dag die een tussen Landbou en Bishops. Beide spanne het goeie bal vaardighede en het met n hoe tempo gespeel. Landbou het beslis n baie goeie span vanjaar,en talentvolle spelers in sleutel posisies.Bishops was soos gewoonlik gevaarlik met bal in hand, veral vanaf teen aanvalle.

    Paarl Gim het getoon dat hulle ook n besonderse groep spelers het en baie diepte. Hul seccies het mooi hand opgesteek en sal sorg dat die uitsoek 15 nie kan slaple nie.

    Boishaai het weer n kliniese vertoning gelewer teen Stellenberg. Laasgenoemde het heelwat spoed agterlangs, en het verbaas in die skrums. Boishaai was egter uitstekend in die vaste los, en het hier baie omkeer besit gewen. Daarby het hul nuwe kaptein, Salmaan Moerat puik lynstaan besit verseker. Die strepies se verdediging was oudergewoonte rotsvas. Stellenberg hoef egter nie slapelose nagte te he nie. Hulle sal n handvol wees vir baie spanne indien hulle meer geduld be-oefen op die aanval.

    Van die vroee wedstryde was Tygerberg gans te sterk vir Milnerton. Die gehalte was ongelukkig nie baie hoog nie, met gans te veel basiese foute.

    Brackenfell het belofde getoon in hul wedstryd teen Rondebosch. Die Brakkies ,het ondanks die feit dat dit nie n 1ste keuse span was van Rondebosch nie, tog gedoen wat hulle moes, en n paar goeie dinge gedoen. Ook n paar lekker groot mann in hul pak.

    Wynberg was op hul stukke teen Bellville, om gerieflik te wen. Moeilik om te bepaal hoe goed hulle werklik is, aangesienek nie seker is oor Bellville se krag vanjaar nie.

    Hierdie is maar net my persoonlike opsomming van die dag se spel, en beslis nie die Alfa en Omega nie.Daar sal sekerlik ander sienings wees.

    ReplyReply
    15 March, 2016 at 20:59
  10. avatar
    #19 CharlesZA

    Sien dit was maar 1 sides games gewees. Iemand gaan n plan moet maak en die dag opkikker want in sy huidige formaat gaan dit nie lank hou nie.

    ReplyReply
    15 March, 2016 at 20:49
  11. avatar
    #18 BoishaaiPa

    Mens moet maar nie te veel afleidings uit hierdie games maak nie..Dis heeltemal anders as die normale liga wedstryde. Laasjaar her Rondebosch vir Paul Roos 15-10 geklop maar in die liga game 32-7 verloor…2 jaar terug het Boishaai 10-0 teen Bishops verloor maar hulle 36-3 in die liga game geklop…Hierdie Nuweland games is korter en geen strafskoppe pale toe word gevat nie, so die dinamika van die spel is heel anders. Ek is nie baie mal oor hierdie tipe games nie want dit tel niks, is nie regte wedstryd nie en lok net beserings uit!..Paul Roos is wys om nie deel te neem nie!

    ReplyReply
    15 March, 2016 at 12:56
  12. avatar
    #17 Stellenberg30

    Sien baie uit na vanaand se rugby op Nuweland. Groot geleentheid vir Stellenberg om teen Paarl Boys uit te draf !

    ReplyReply
    15 March, 2016 at 11:32
  13. avatar
    #16 Ploegskaar

    @robbie: Bosch speel hulle 3des, Gim soos jy weet hulle 2des

    ReplyReply
    15 March, 2016 at 09:48
  14. avatar
    #15 robbie

    Which team will Rondebosch be fielding at Newlands ? Their first two teams left on a tour of the UK yesterday.

    ReplyReply
    14 March, 2016 at 21:04
  15. avatar
    #14 CharlesZA

    @BoishaaiPa: Lekker om tussen daai manne genoem te word.

    ReplyReply
    26 February, 2016 at 13:12
  16. avatar
    #13 BoishaaiPa

    @Oakdale supporter: Meimaand gaan maar knor!..As jy redelik ongedeerd daar deurkom met net so max 2 verlore sal dit nie einde van die wereld wees nie!

    ReplyReply
    26 February, 2016 at 11:10
  17. avatar
    #12 Oakdale supporter

    @BoishaaiPa: Mei lyk my is die maand van maak of breek. Oakdale vs Grey, PRG en Outeniqua

    ReplyReply
    26 February, 2016 at 10:51
  18. avatar
    #11 BoishaaiPa

    @CharlesZA: Welkom in ons wereld!..Ons Mei lyk self nie sleg nie!..Affies, Grey, Stellenberg en PRG!….

    ReplyReply
    26 February, 2016 at 10:06
  19. avatar
    #10 CharlesZA

    @Die Ken: Dink dit sal bietjie van n transisie jaar wees. Dit lyk egter of daar diepte is wat sal help. Mei maand gaan die span maak, PRG BL BH en Outeniqua almal in n ry.

    ReplyReply
    26 February, 2016 at 08:53
  20. avatar
    #9 Die Ken

    @CharlesZA: So gedink. Jul kan moontlik met ou probleem van ‘n te jong span sit, soos Pietersburg, Jeppe, Wynberg en andere laasjaar. Dit kan of die seisoen baie lank maak en die jong mannetjies breek vir 2017 of hul net harder maak (maar nie moontlik die vrugte daarvan werp in 2016 nie). Die probleem is gewoonlik as jy te veel jong manne in die pak het. Dankie vir die terugvoer.

    ReplyReply
    26 February, 2016 at 06:04
  21. avatar
    #8 CharlesZA

    @Die Ken: 2 jaar terug se o16 was maar avg as ek reg onthou. Dis laas jaar se o16 wat so sterk was. Dink almal is nog by ons.
    Het vanmiddag gaan kyk hoe ons teen Tygerberg n warmup game speel. Dink daar was net 6 graad 12s in begin span. 2de span het 4 driee teen 0 gewen. Eerstes het 2 keer gaan druk teen die tyd wat ek moes ry. Manne het maar erg verroes gelyk. Daar was seker 25 scrums in die 2des se game.

    ReplyReply
    25 February, 2016 at 18:44
  22. avatar
    #7 Kattes-Strofes

    @bloedwors: Sjoe!Bloedwors ! Net toe ons galpille begin dink dat dinge miskien makliker sal begin gaan met Christoff se vertrek, kom jy nou koue water op ons gooi. Ja, met Slaptjips die coach, en Jean Stemmet wat nou die werwing doen, sal die Paarl derby nog maar altyd sy kwota opwinding lewer, en dit is ook hoe dit hoort.

    Net n vraag oor die Nuweland dag. Is Sacs tevrede om teen jul Seccies te speel. Ek vra net, want daar is mos niks positief vir hulle in nie. Wen hulle, se mense dit was mos te verwagte teen n 2de span. Nog erger,verloor hulle, is al wat doemprofeet op hul ‘case’.

    Nietemin ,sterkte vir julle, tot ons afspraak in Augustus.

    ReplyReply
    25 February, 2016 at 17:06
  23. avatar
    #6 Die Ken

    @CharlesZA: Hoeveel van 2 jaar terug se 0 16s is nogsteeds daar en behoort innie A-span te wees?

    ReplyReply
    25 February, 2016 at 12:30
  24. avatar
    #5 CharlesZA

    Also played in 1995. Second game of the season if I remember.

    ReplyReply
    24 February, 2016 at 20:12
  25. avatar
    #4 BoishaaiPa

    @Kattes-Strofes: Apologies..it was 2009..Frans Malherbe’s year. HJS won 41-9

    ReplyReply
    24 February, 2016 at 07:28
  26. avatar
    #3 BoishaaiPa

    @Kattes-Strofes: They also played at Stellenberg in 2011 Kattes.

    ReplyReply
    24 February, 2016 at 07:25
  27. avatar
    #2 Kattes-Strofes

    It is still a huge honour for schoolboys to play on the hallowed turf of Newlands. There is not much in it for the various schools, but pride, the occasion, and the playing surface ,ensures that the boys want to give it their best effort.
    I am also glad to see that Brackenfell,s hard work to improve their rugby, has been rewarded with inclucion in the programme.
    Then if I am not mistaken, this is a first up meeting between Stellenberg and Boishaai at u/19 level. However, not sure about this, so maybe someone else can confirm.
    Stellenberg has been making huge strides during the last couple of years. They have top class coaches and their supporters are not shy, especialy when finances are required, to help and assist the team.

    ReplyReply
    24 February, 2016 at 01:28
  28. avatar
    #1 bloedwors

    Interesting to see Paul Roos is not participating…must still be hurting from last year’s defeat to Rondebosch…Gym asked the date to be moved earlier but unfortunately not possible…we will be playing our 2nd team on the day against SACS as we are playing Drostdy on the 12th, Waterkloof on the 19th and Garsfontein on the 22nd… Just too many games in short period of time…Gym pre-season going very well and the boys are raring to go…we were devastated to lose Christoff Lotter but we were very fortunate to have Pieter Rossouw as our new Head Coach. He has brought a wealth of knowledge, an incredibly professional approach and a work ethic second to none. Can’t wait for the season to start….

    ReplyReply
    23 February, 2016 at 23:30