This contribution was made by a highly respected educator.
Die realiteit van sekere werwingspraktyke, en die ongemak en spanning wat dit tussen skole veroorsaak, is tans groot nuus in Nieu Zeeland. Die vraag kan dus ook opnuut weer hier in Suid-Afrika gevra word : wat is reg, en wat nie?
Die groter werwingskwessie het argumente na beide kante. Werwing word veral geassosieer met die meer bekende en tradisionele rugbyskole. Hierdie skole sal werwingsaksies regverdig met die argument dat dit geleenthede aan spelers bied wat dit andersins nie sou gehad het nie. Geleenthede verwys sekerlik na beter kondisionering, meer professionele afrigting, blootstelling aan sterk kompetisie, ens. Dit is sekerlik korrek, maar die kernvraag is : Is die skep van geleenthede vir jong seuns werklik die ware edel en opregte motief van hierdie skole, of is dit ‘n toevallige nuttigheid wat daaruit voortspruit? Almal ken die antwoord.
Werwing op Gr7-vlak verg ‘n ander beskouing as bv werwing op Gr10-vlak. Laerskoolseuns moet ‘n geskikte hoërskool kies, en die feit dat skole hulself as potensiële bestemmings bemark is sekerlik heeltemal in orde. Die probleem tree egter in wanneer skole leerders nader en aan hul aanbiedings maak in die vorm van beurse en ander hulp. Dan verander werwing in die sg “koop” van spelers. In Engels word dikwels verwys na “to approach and to make offers”. Dan word dit ‘n kompetisie tussen skole, en jong seuns word as ware per veiling verkoop. Ouers voel gevlei, en die finansiële voordele of besparings wat dit inhou is ‘n wesenlike faktor.
Die werwing van spelers wat reeds in ‘n hoërskool is, verg sy eie unieke beskouing.
Dit is vanselfsprekend dat daar ‘n natuurlike migrasie van spelers na skole met “geleenthede” sal wees. Talentvolle spelers besef dat hul kan baat vind by hierdie geleenthede, en die voordele daarvan verbonde om deel te wees van ‘n skool met ‘n sterk rugbykultuur, en om in ‘n goeie span te speel. Soms gaan dit gepaard met ouers se verhuising na ander dorpe of stede. Hiermee kan nie fout gevind word nie, en dit is elke seun of ouer se goeie reg en keuse, en soms onvermydelik.
Om seuns te nader, en hulle met aanbiedinge te werf, is egter totaal iets anders. Soveel te meer waar dit die seuns van welgestelde ouers is wat geen hulp nodig het nie. Hier gaan dit vir skole blatant om hul spanne te versterk ten einde die nodige bekers of trofeë te verower, posisies op ranglyste, en om hul reputasie te bou. Die volgende argumente kom ter sprake :
- hoe kan skole ander skole se spelers wegrokkel, terwyl hulle dit verafsku dat ander skole hul spelers wegrokkel;
- is skole wat hierdie praktyk beoefen, bereid om hul “kontrakte” openbaar te maak?
- indien dit werklik oor geleenthede gaan, sal talentvolle spelers en hul ouers nie self by die sg rugbyskole aanklop om toelating nie?
- hoekom is werwing primêr by rugby ‘n sensitiewe saak, en in ‘n mindere mate by ander sporte, en baie selde by akademiese- of kultuurpresteerders? Of het talentvolle leerders vanuit hierdie groep nie ook “geleenthede” nodig nie?;
- aggressiewe werwingsprogramme word dikwels ondersteun deur ‘n professionele bestuurstruktuur van rugby by skole. Dit lei oa daartoe dat rugbyafrigters of direkteure van rugby aangestel word wat veel groter salarisse as die skoolhoof of akademiese hoof verdien. Kan dit ooit binne ‘n skoolkonteks regverdig word? ‘n Gerespekteerde, ervare en gesoute skoolhoof, of ‘n baie bekwame hoof van ‘n skool se akademiese program, kan seker op dieselfde mate van professionaliteit en gepaardgaande vergoedingspakket aanspraak maak as ‘n gerespekteerde rugbyafrigter?
Rugby is sekerlik Suid-Afrika se belangrikste en gewildste sport. Dit is en bly ‘n belangrike bemarkingsmeganisme. Die vraag bly : word rugby as sport, en veral prestasie in rugby, nie totaal verabsoluteer en selfs verheerlik nie? Skep ons nie ‘n ongebalanseerde samelewing en skoolomgewing waar selfs beperkte talent tot heldestatus verhef word nie. In ‘n goeie en gebalanseerde hoërskool wat ‘n sterk akademiese fokus het, sal so veel as 60 persent van die matrieks eventueel professionele beroepe beklee, teenoor dalk 2/3 persent wat professionele rugbyspelers sal word. Gegewe hierdie werklikheid, is daar nie ‘n totaal oordrewe of skewe fokus op rugby nie? Moet geleenthede nie eerder primêr aan leerders gegee word wat bv entrepreneurs en werkskeppers kan word nie?
Dit sou naïf wees om die waarde van rugby as sport in enige Suid-Afrikaanse skool te ontken. Suid-Afrika is ‘n rugby-mal land. As deel van die groter opvoedkundige program hou deelname aan rugby talle voordele in. Dit skep ‘n samehorigheid, ‘n gevoel van skooltrots, dit is deel van “skoolwees” in Suid-Afrika, en net soos alle ander sportsoorte, leer dit leerders die lesse van die lewe. Die opvoedkundige waarde van deelname, en die gepaardgaande strewe na sukses spreek vanself. Maar die verheerliking daarvan soos wat dit op baie plekke sigbaar is, kan selfs as obsessief beskryf word, en obsessie dryf mense dikwels tot onetiese optrede.
Terug na werwing : elke skool moet dus met integriteit die vraag kan beantwoord : is ons werwingsbeleid eties en opvoedkundig verantwoordbaar? Is ons totaal eerlik in ons motiewe. Is ons bereid om ons werwingspraktyke openbaar te maak? Kan ons die totale skoolgemeenskap in die oë kyk en onbevange sê : dit gaan primêr oor die leerders. Bewys skole lojaliteit aan daardie seuns wat vanaf Gr 8 hard werk en droom om eendag vir die eerstespan te speel, net om in Gr 11 deur ‘n vreemdeling (lees “gewerfde beurshouer”) uit die span gehou te word? Lojaliteit kom nie net van een kant nie.
Alex Ferguson het Manchester United met die bekende filosofie, nl “bou eerder ‘n klub as ‘n span”, oor jare as ‘n sokkerkrag gevestig. Skole behoort dieselfde te doen. Vestig ‘n rugbykultuur en tradisie in die skool wat ander jaloers sal laat. Dit sal sukses, tsv die normale siklusse, volhoubaar maak, en leerders op ‘n natuurlike wyse na die skool laat stroom.
Om op te som : werwing is, soos alles by ‘n skool, ‘n suiwer etiese kwessie, en etiek kan nie “gefake” word nie. Finansiële hulp aan leerders wat hulp nodig het, is regverdigbaar en selfs eerbaar, maar die “koop” van leerders nie. Sodanige hulp behoort dan ook oor die totale skoolspektrum plaas te vind met die beste belang van die leerders as motief. Skole se integriteit, eer en reputasie is sekerlik belangriker as enige trofee of ranglys. Elke skoolhoof en Beheerliggaam het ‘n enorme verantwoordelikheid om dit ten alle koste te beskerm. Hulle moet dus seker maak dat hul werwingsbeleid die toets van etiese en opvoedkundige verantwoordbaarheid kan deurstaan. Om spelers met bepaalde aanbiedinge van ander skole weg te rokkel, kan nooit reg wees nie – veral nie waar dit tot nadeel van die ander skool is, en waar dit ‘n leerder ontwrig en van sy gevestigde ondersteuningstelsel vervreem nie. Die tragiese is dat skole wat hierdie praktyk beoefen, boonop met trots spog oor hul rugbyprestasies. Om ‘n trotse en suksesvolle rugbykultuur oor jare te vestig en met waardigheid uit te bou, wat gegrond is op harde werk, goeie kondisionering en afrigting, gesonde skoolgees en skooltrots, en wat spontaan vir leerders aanloklik is, sal veel meer eerbaar wees.
In die woorde van Dr Anton Rupert : “hy wat gekoop kan word, is nie die moeite werd om te koop nie”. Boonop sal dit uiteindelik lei tot die situasie waar enkele kapitaalkragtige “rugbyskole” die toneel oorheers – wat so vernietigend vir skolerugby sal wees as wat die era van professionele rugby vir klubrugby in Suid-Afrika was.
Boonop moet alle rolspelers streng waak dat die oordrewe wenmotief nie die pretfaktor by die agterdeur laat uitglip nie. Dan verloor ons een van die belangrikste aspekte van waaroor dit eintlik gaan, en wat die dryfkrag vir deelname deur 95 persent van alle rugbyspelers is.
Best wishes to all who support this awesome game,the schools, coaches and especially the players.
ń Geseënde Kersfees aan al die Schoolboy Rugby Bloggers. Mag 2019 ń goeie jaar vir Skole Rugby regoor Suid-Afrika wees en mag ons as Bloggers die uitsonderlike Rugbytalent geniet en waardeer.
Sterkte aan al die skole, die Organiseerders, die Afrigters, die Spelers, die Ouers en al die Ondersteuners.
Ek glo dat 2019 die jaar gaan wees waar Rugby die wenner gaan wees …..
@4×4: Think it depends on the school. From what I have seen and dealt with the exit possibility was fairly easy with no penalties or payback required.
Ek het geen beswaar teen gesonde werwing nie. Die meeste kontrakte wat ek onder oë gehad het, het egter nie ‘n exit clause as die kinders nie aanpas of as hulle ongelukkig is in hulle nuwe milieu nie. Die enigste exit clause wat daar was is dat die ouers die beurs geld moet terug betaal.
@Steve K: Dogmatic Tradition = Good. Recruitment = Bad. The end.
@Wonder: Nee hel jy weet mos ek kan nie spel of sinne bou nie wat nog te se van die hoogs suiwer Afrikaans.
@Tussen die lyne: Vir jou gan ek liewer maar nie antwoord nie jy lees te min die blog.
Hier lees ek weer en sowaar, behalwe dat sommige ouens nooit in hulle skole geleer spel het nie, is die storie steeds oor werwing.
@sewes: As jy steeds n seun op skool het, kan jy ten minste volgende jaar weer top skole rugby in Pretoria geniet. Ek verstaan Waterkloof wou baie graag terug in die Virseker kompetisie. Hou dus op om reeds verskonings uit te dink en gaan staan n slag jul man…
@sewes: Ek begin al hoe meer dink jy en Daan het stukkie hierbo geskryf?
@sewes: Was Daan die hoof toe Faf in matriek by kloof sy verskyning maak?
@Steve K: steve to make a long story short , this debate is like the south african law , you only get lockedup for murder after 3 or 4 appeals from the state , for fraud you dont get to a court room anymore, on this debate there is no law in a lawbook , so why discussing it??????
Ek is regtig moeg vir die gesprek.Ek sal net graag wil weet hoeveel van die koop kanidate die hoogste sport beryk ek bedoel daar is nou
Papier maar hoeveel wat in dieselfde jaar as hy was is geset “fore life”met grade en ambagte, sport se leef tyd is maar min en die eenigste een wat op die lang duur kan spog met bekers is die skool wie die koop werk gedoen het.Die lewe is groter as net rugby.Ek wil ook byse wat skole rugby op gedonner het en miskien ook gered het is dat nie pedagoee betrokke geraak het en vir my gaan dit hier meer oor egos as oor die kind se totale ontwikkeling en ek dink dit is wat die stuk hierbo probeer tuis bring.
@Hooit: Stem saam jou. Ek gee ook nie om hoe dit gebeur het nie.
Graag wel ek elkeen bedank wat betrokke is om kinders se potensiaal optimaal te ontwikkel. Hou asb so aan. Dankie vir elke beurs vir behoeftige kinders en vir ouers met die nodige pligsbesef om hul kinders in die regte skool te sit.
Anyone keen on posting an english translation? I can follow for the most part, but miss quite a bit of key points…
Die skrywe is soos die bybel. Party mense regverdig dat kersfees duiwels is deur bybel aanhaalings en party regverdig dat dit nie is nie deur bybel aanhaalings. Each to its own. Beet my be a good policy to ban all discussions on the fairness and motives behind buying off players as it is the most boring discussions on the blog.
I would like to know who bought who as it is informative and why the blog is helpful. But as to how it happened I am not interested.
@Beet,do you know who this highly respected educator is?Why nameless?I geus when the author is known it will be clear from which point of view it was written….
@Wondermaar: jys eintlik reg… daarom stap ek af vd gesprek
Hierdie debatte , is presies soos KODESA, ( waarheid en versoening sonder einde) lei na nerens. Sterkte vir die wat wil deelneem???
@sewes: so paar punte van belang, nie noodwendig op Kloof gemik nie…
1. Die vorige hoof van waterkloof het sy beleid selektief toegepas
2. Die status quou kan nie “ondone” word nie… soos mense nie van selfone af terug sal beweeg landlyne toe nie… moenie vergeet dat die werwing/koop/nader van spelers al so lank terug as die vroee 90s begin het nie… die kompetisie is net groter… Moet ook nie vergeet waar dit als begin het nie…
3. Graag sal ek aan die anonieme opvoeder hierbo wil vrae vra rondom sy 5de paragraaf… hoekom dit vanselfsprekend is dat daar ‘n natuurlike migrasie van spelers sal wees na skole met geleenthede toe en hoekom dit aanvaarbaar is? In my beskeie opinie sal ‘n kind net skuif as hy/sy tesame met die ouers voel die huidige skool bied nie die nodige geleenthede nie of die kind is bloot nie gelukkig in daardie skool nie… Hoekom mag so kind nue skuif nie? Wie gee die skool die reg om so kind te keer om te skuif?
4. Skole het geen besitreg op kinders nie en dit staan ‘n kind vry om te skuif waarheen hy of sy wil.
5. Die vraag moet gevra word hoekom sal ‘n sekere kind besluit om te skuif as daardie kind gelukkig in sy/haar huidige skool is? As my kind nie gelukkig is in sy huidige skool nie SAL ek hom skuif maak nie saak wat enige skoolhoof sê of doen nie. Sekere skoolhoofde is van mening dat hulle die kinders in sy skool besit – dis beslis nie reg nie… dalk tyd dat die skole wat kinders afstaan vra hoekom en bietjie voor die eie deur vee…
6. Dis nie net rugby kinders wat skuif nie… in krieket, netbal, hokkie, atletiek en swem doen dieselfde dis net nie so emosionele saak nie…
In my opinie kan elkeen gaan waar hy of sy gelukkig wil wees… GEEN skool besit ‘n kind nie… Professionele sport het gekom om te bly of jy nou daarvan hou of nie… Dit het nie klubrugby doodgemaak nie, amateuragtige bestuur het wel klubrugby doodgemaak en ons moet waak dat dieselfde amateuragtige houding nie skole rugby doodmaak nie…
Daarby volstaan ek… die anonieme outeur is meer as welkom om my details by Beet te kry en my direk te kontak sou hy gesonde debat wou voet rondom die argument… daar is 2 kante aan die saak… Ek skryf nie hierdie met my garsfontein hoed op nie, maar met my hoed as rugby liefhebber. Terloops werf Michaelhouse, St Stithians, Grey en Glenwood te lekker onder graad 6 seuns in Pretoria… Volle beurse… Wat ook interessant is, is dat Grey sommer die seun al in graad 7 in Grey laer wil sit…
Geseende Kersfees aan julle almal!
Hierdie stuk beklem toon net waar aan Daan Potgieter oud hoof van Kloof geglo het. Ek dink dit skets n breer en die nugter werklikheid van wat dit vandag is om kind te wees of veronder stel is om te wees.
Die eenigste teen argument hier teen en baie sal dit gebruik is dat kinders en ouers self die skole nader.” en natuurlik met n vet beurs daar weg stap”
Maar ek glo ten spyte van die nugtere beskouing sal ons maar net aan piekkel op die trant en nog meer skole sal betrokke raak om te prober byhou.