After less than a year in charge, Ryno Luus was informed on Wednesday, 20 August 2025, that his tenure as Nelspruit’s Rugby Specialist and 1st XV Head Coach had come to an abrupt end. The decision followed a disappointing campaign in which the Rhinos underperformed and the school was relegated from the Noordvaal Cup Premier League.
This development raises three key concerns:
- The dismissal after just one season underscores the dangers of a win-at-all-costs culture in schoolboy rugby. Short-term contracts do little to build continuity, and schools should consider a minimum five-year commitment for external coaches to allow them to integrate into the school’s culture while providing stability for their families.
- The episode also shines a light on the role of school governing bodies. When rugby direction is steered by the wrong voices, decisions can easily miss the target, damaging the long-term health of a programme.
- Adding to the challenge is the financial reality of the modern game. Nelspruit’s relegation from the Noordvaal Cup Premier League was a reminder that competing at the top requires sustained investment — something not all schools can match against wealthier rivals.
@BoishaaiPa (Comment #7)
Stem saam met jou ,mans onderwysers skryf vandag amper hulle eie selaris tjeks uit…en nee Hy het nie op dag een as first team coach ingestap nie daar is n paadjie om te stap ,maar ek dink dat meer top skole kan bele in jong opkomende afrigters on hulle personeel ,die artiekel oor Witteberg is n baie goeie voorbeeld ,nog een is Burgersdorp in die Ooskaap ,ek voel ma net altyd dat profesionele afrigters nie n skool laaitie altyd so lekker kan verstaan soos n onnie nie….
My gevoel is dat ‘n kombinasie die beste werk. SBR het baie tegnies geword, en dit vat baie van ‘n onderwyser om by te bly saam met ‘n voltydse klas, admin, ensovoorts. Ek is getroud met ‘n onderwyser, ek dink nie almal besef die hoeveelheid onnodige admin wat onderwysers na-uurs moet doen nie.
Wat die onderwysers wel tafel toe bring is kennis van die seuns se omstandighede, begrip vir die skool-kalender en persoonlike verhouding met die seuns buite rugby. Met al die tyd wat ‘n rugby-program deesdae opneem, is die bestuur van verhoudings in die personeelkamer net so belangrik, anders kan die rugby-kantoor hom baie vinnig op ‘n eiland bevind. Onderwysers bring getalle, en die gekwalifiseerde afrigters maak van hul kompeterende spanne. Natuurlik is daar baie onderwysers wat puik gekwalifiseerde afrigters ook is, dit vat groot opoffering en ek haal my hoed vir hulle af.
Verder help dit ook as onderwysers by ‘n spesifieke graad bly, in my opinie. Bv. Die graad 8 wiskunde meneer, rig die graad 8’s af. Volgende jaar skuif die span na die graad 9 Afrikaans meneer, die verhoudings word beide tydens skool en in die middae gebou. Maak nie saak of die graad se onnies kan afrig of nie, daar waar hul nie kan nie, trek jy buite-afrigters in. Maar daardie onderwyser bly betrokke as hulpafrigter/spanbestuurder/whatsapp-groepie admin/watookal, want die kinders en ouers respekteer hom (meestal) uit hoofde van sy posisie, en hy het ‘n formele mandaat as dit by admin en orde-reelings kom, veral tydens toere/weg-wedstryde ens.
Maar soos BoishaaiPa tereg uitwys, mansonderwysers raak skaars, so skole gaan die samewerking tussen die rugby-kantoor en die personeelkamer fyn moet bestuur soos daar al hoe meer “buite-personeel” betrokke raak.
Interessante tye.. en ‘n onderwerp heel op sy eie!
Daar moet darem ook ingedagte gehou word dat mans onderwysers wat kan (goeie) rugby afrig skaarser as hoendertanne is. Eerstens is daar al hoe minder mans in die onderwys bedryf en tweedens is dit nie n gegewe dat as jy n mans onderwyser is dat jy kan rugby afrig nie! Skole soos Affies en Grey maak seker dat hulle onnies wat afrig al die nodige ondersteuning en opleiding kry van vroeg af. Dink nie Wessel het op dag 1 by Grey ingestap en was dadelik reg on 1ste span af te rig nie. Dit kom maar met ondervaring en tyd saam.
@Smallies (Comment #4)
Wat hy eintlik wil sê is Grey se pension fonds vir oud Grey, Cheetah en Bokke is nou ‘n halsnoer…
@Smallies (Comment #2)
Ek ken nie Grey se set-up nie, mmar my donner as Affies en Grey van onnies as 1e span rugby afrigters gebruik kan maak, is die punt wat ek wou maak net nog meer relevant.
@OudAffie (Comment #3)
Wat ek bedoel is dat Grey se eerste span afrigter nog altyd uit die onderwys personeel gekom het,die huidige afriter is die adjunk hoof van die skool en koshuisvader van een van die koshuise….
Wessel Du Plessis was ook voltyds op die personeel….
@Smallies (Comment #2)
Ek dink OUD ANKER verwys die feit dat baie skole se A-spanne en Eerstespanne hul eie gespesialiseerde professionele afrigtingspanne het. Natuurlik gebruik alle skole in Suid-Afrika onderwysers as afrigters. Maar sekere skole se top afrigters het ‘n kantoor en sy enigste werk is rugby. Dit is nie ‘n onderwyser nie.
@OUD ANKER (Comment #1)
Grey gebruik ook onderwsers as afrigters ,met so n bietjie hulp van n paar oldboys…
Ek sal aanhou om dieselfde vraag weer en weer te vra…waarom nie gebruik maak van onnies as afrigters nie?…Die model werk vir Affies sedert die dae van die runderpes! Gim en HJS volg weer die ander model van buite afrigters, MAAR hulle is regtig GROOT kanonne met amper “onbeperkte” fondse. Ek is jammer, maar ‘n skool soos Nelspruit val nie in die Gim/HJS kategorie nie, SO hoe moeilik kan dit wees om jou eie onnies te gebruik tot tyd en wyl jy regtig met die boonste 5-10 top skole kan meeding en dan heroorweeg jy jou afrigting model, my donner as dit vir Affies kan werk, kan dit seker vir ‘n skool soos Nelspruit ook werk.