Strong KZN u17 team wins the National Sevens Tournament 2019

National Sevens Tournament hosted by the Griffons High Schools Rugby Association from Thursday 19-Saturday 21 September 2019 at the HT Pelatona Rugby Stadium in Welkom.

The Sharks have selected a very useful team containing six Craven Week capped players.

NAME SCHOOL
1 Ethan Biljoen Glenwood
2 Onyekachi John-Osunkwo Northwood
3 Mambo Mkhize Westville
4 Nico Steyn Glenwood
5 Latica Nela Hilton
6 Larry Nkonki Westville
7 Brian Dosemba DHS
8 Connor De Bruyn Kearsney
9 Massimo Fierro Kearsney
10 Nqobani Dlamini DHS
11 Mlu Khalishwayo Westville
12 Mark Grant Michaelhouse

62 Comments

  1. That Westville team was impressive this season. I think they only lost one or two games across all the tournaments, and were Cup winners in every one of the tournaments.

    ReplyReply
  2. Today and tomorrow is the Northvaal 7’s finals (u17 and u15) hosted by Menlo.
    The 16 teams that qualified by province played in 4 pools of 4 , finished the pool games today and play in knockouts tomorrow

    Ben Vorster did well in toughest pool to go through with Monnas in their pool.

    BV 26-15 Waterkloof
    BV 12-17 Monnas
    BV 47-14 Kempton

    Fixtures for Cup Quarters tomorrow

    Ben Vorster vs Garsfontein
    Monnas vs Middelburg
    EG Jansen vs Rustenburg
    Nelspruit vs Noordheuwel

    ReplyReply
  3. Kloof and Menlo didn’t finish in top 2 of their groups and will play in Bowl Quarterfinals to determine position 9-16

    Fixtures for Bowl

    Menlo vs Lichtenburg
    Montana vs Heidelberg Volkies
    Kempton vs Ellisras
    Waterkloof vs C R Swart

    Volkies beat Menlo 42 -15 in their pool game 8-O , but they ended 3rd and 4th in their pool, so didn’t advance to Cup quarters

    ReplyReply
  4. Interestingly this are the 6th year of Northvaal finals.
    Monnas won it 3 times, 2015 and the previous 2 years
    EG won in 2016
    HTS Middelburg won in 2014.
    Garsfontein played in 3 finals , but lost all 3, maybe this is their year.

    Monnas, as defending champions didn’t have to qualify.
    The Marnus Schoeman 7s last week were there very first 7 games this year , so they did very well to reach the finals there.

    ReplyReply
  5. For completeness sake, the junior u15 Cup quarters tomorrow will be

    Menlo vs Garsfontein
    Transvalia vs Middelburg
    Waterkloof vs Montana
    Monnas vs HTS Middelburg

    ReplyReply
  6. Ben Vorster u15 didn’t fare as well as seniors, but well done…were very tight games

    BV 21-24 Montana
    BV 21-28 Monnas
    BV 28- 19 EG Jansen

    Fixtures for u15 Bowl quarters

    Florida vs Noordheuwel
    Ben Vorster vs Eldoraigne
    EG Jansen vs Piet Potgieter
    Die Anker vs Vryburg

    Good luck to all!

    ReplyReply
  7. Monnas 48-0 Middelburg
    Last 4 standing

    Noordvaal beker semifinale later vandag

    Ben Vorster vs EG Jansen
    Monnas vs Nelspruit

    Sterkte manne!

    ReplyReply
  8. Sjoe, dramaties

    EG 19-17 Ben Vorster. (EG druk wen drie na hooter)
    Monnas 26- 26 Nelspruit nagewone tyd, Monnas druk ook na hooter om gelyk te eindig.
    Sudden death extra tyd druk Monnas om te wen.

    Dus Noordvaal finale EG teen Monnas.
    Hartverskeurend naby vir Vossies en Nellies….sou nogal die 2 laeveldse skole in finaal wou sien.

    Sterkte vir finaal vanaand :wink:

    ReplyReply
  9. @Grizzly: shame, 3rde/4de plek playoff
    Ben Vorster 19-19 Nelspruit

    Sudden death druk Nelspruit 1ste en wen brons.

    Sorry Vossies, geluk Nellies.

    Nou 015 beker finaal Menlo vs Middelburg
    Dan o17 finaal EG vs Monnas

    Garsies het plaat teen Middelburg gewen 29-14

    ReplyReply
  10. @Grizzly: thanx :wink:
    Unbelievable die senior (017) finaal se telling selfde as BV/Nellies

    EG Jansen 19-19 Monnas

    EG wen met drie in sudden death en is dus Noordvaal kampioene!

    Juniors(015) wen Menlo vir h/s Middelburg 24-15

    Interessant genoeg het h/s Middelburg vir HTS Middelburg in beker semi uitgeskakel

    Welgedaan aan al die spanne!

    ReplyReply
  11. Nelspruit en Vossies het goed gedoen. Kon net sowel in top 2 gewees het as die dice reg geval het. Geluk aan EG wat op die einde al die harte breek.

    ReplyReply
  12. @Vyfster: baie dankie vir die updates, ek het die wedstryde gevolg op DIGITV ,my senuwees was gedaan !!Alhoewel jy ‘n paar honderd km’s weg is van Tzaneen af is jy baie goed op hoogte en bly jy een van Ben Vorster se lojaalste en grootste Alumni…Dankie vir jou passie en meelewing!!

    ReplyReply
  13. @Vyfster: Ek was ook daar. My twee seuns gespeel vir die onderskeie ouderdomme. Vossies het ‘n briljante o/17 span. Ek dink was bietjie ongelukkig om nie bo te eindig nie. Middies 0/17 bietjie koud en warm geblaas, maar nie te sleg gedoen nie. Hulle kort ‘n spoedvraat in hulle geledere.

    Middies 0/15 kan met ‘n bietjie meer geluk Menlo geklop het in finaal, maar Menlo gedruk op kritiese oomblikke. Ek dink Middies was bietjie “grootoog” en te hard probeer en moes daarom op’n stadium met 5 manne op veld speel.

    Wonderlike toenooi. Dankie vir almal wat daartoe bygedra het dat dit ‘n sukses was.

    Net vir die rekord, Middies O/15 het HTS Middelburg al drie geklop hierdie jaar. Ook in die Puma finaal. Goeie, harde, skoon rugby tussen vriende.

    ReplyReply
  14. @Murrayfield: ons het 8ste geeindig vasgeval in tweede helfde teen EG in quarters van cup en semi van plaat het garsies ons gestamp. Nie uitgespeel vir 7 en 8 nie.

    ReplyReply
  15. @Middies pa: Julle het ‘n baie goeie span met hope spoed & het verdien om al 3 kere aan die wenkant te wees. Ek kan dit sê want ek rig die HTS span af. My spelers praat ook met lof van die Middies seuns en ek kan getuig van die goeie gees wat heers tussen die twee spanne. Dit is goed vir ons dorp dat twee spanne in die Top 4 kon eindig. Voorspoed vir julle vir die res van die jaar.

    ReplyReply
  16. @Redheart: Dankie vir die opbouende woorde. Ek het ook gedink dit is wragtig “awesome” dat die twee skole van Middelburg tot in die semi’s gekom. Dit is ‘n merkwaardige prestasie. Ek ken verskeie van die HTS seuns redelik goed en die twee spanne het ‘n gesonde verhouding.
    Die twee spanne se bestes as kombinasie is regtig gedug soos by die Rhino week gesien is.

    ReplyReply
  17. Middelburg manne julle is n groot voorbeeld van hoe daar van mekaar se skole gepraat moet word. Nie baie buurskole sal so nice met mekaar wees nie. Moet ook sê even Waterkloof het lof gehad oor HTS se goeie maniere op en lanks die veld. Het dit iewers raak gelees met jul ontmoeting in virseker beker.

    ReplyReply
  18. @Bloktrui: thanx, waardeer :wink:
    Waar die hart van vol is, loop die mond van oor :lol:
    @Redheart: @Middies pa: Ek het dit al gevra, maar wanneer hervat HTSM en Middies hul derby?
    2 jaar nou al verby, kan julle nie plan maak nie?
    Julle derbies van ouds en opbou sal selfs van die Paarl manne verras :mrgreen:
    Trekkers en vlotte innie hoofstraat, helikopters innie lug :lol: , groot stories.
    Groot jaarlikse hoogtepunt gewees!
    As bonus kan ek sommer sien hoeveel van my dogter se l/s Kragbron klasmaats in Witbank nog speel.
    Dink 7 van 2017 se 1stes het by een van die skole beland, nie dat ek hul verkwalik nie….nie baie sterk rugbyskole in Witbank nie.
    Ek weet nr 10 van HTSM doen goed, want sy ma werk saam my, en sit 100e fotos op FB :lol:

    Alle grapples op ‘n stokkie, al speel jul nou in verskillende divisies, dink ek die tradisie moet hervat word….julle speel alles ander teen mekaar.
    Is dit maar probleem met datums, of is daar meer duistere redes?

    ReplyReply
  19. @Vyfster: Ek weet die dorp en die kinders is almal ewe jammer en ons almal mis dit vreeslik. Die skuif na Virseker beker het die kaarte lelik deurmekaar gekrap en toe het daar ook tussen die twee skole harde woorde geval. Dit maak die versoening en toegewings ‘n bietjie moeiliker, maar ek weet daar word ten minste weer gepraat. Middies se “venster” vir goeie derbies lyk goed vir so twee jaar maar HTS het ‘n bul o/14 span. So ek hoop ons kry binnekort iets uitgerig. Ons moet maar net die ego’s wegbêre en doen wat die beste is vir die dorp en so wonderlike tradisie weer laat herleef.

    ReplyReply
  20. @Redheart: Daar is darem ‘n paar manne van beide skole in die Puma 7s span vir die naweek. Hopelik vul hulle mekaar goed aan en verras ‘n paar spanne.

    ReplyReply
  21. MiddiesPa – ek as oud MHS leerling is baie bly om die oplewing by my geliefde groen skool te sien. Ons Rooi bure was nog maar altyd n krag!

    ReplyReply
  22. @Middies pa:
    Jy praat so waar, almal moet die ego’s weg bere en gesprekke van n moontlikheid van Derby word in kantore bespreek, nie in koerante nie.

    ReplyReply
  23. @Hanswors: Jip ek sien ook uit na die volgende paar jaar. Middies het ‘n mooi klomp o/14’s en o/15’s wat goeie dinge vir die groen skool voorspel. Die manne wat volgende jaar matriek is, het voor die skuif na die virseker beker ‘n paar keer die Mpumalanga liga gewen.
    @Rooibul: Ek hoop ons kan iets uitwerk vir volgende jaar.

    ReplyReply
  24. @tzavosky: lol…ek het al moed opgegee oor BV/MHS.
    Nes HTS en Middelburg speel hul in elke denkbare ander sport in goeie gees, net nie rugby en atletiek nie, sien ons het juis naweek swem interhoer gewen met hulle 2de.
    Selfs PHS en Tom Naude het weer begin rugby speel.
    Tommies doen nie so sleg nie.
    Merensky se 1stes sou nie sommer BV gewen het afgelope dekade nie, en het pakslae gekry die 2 keer wat hul wel gespeel het, maar so what….ek is seker hul sou algaande al meer kompeterend geraak het.
    Nou kruip hul weg, verbeter nie…..en het vanjaar 2de laaste in afd 2 van Limpopo geeindig.
    Merensky het meer leerlinge as BV, en vir hul om agter klein skooltjies soos Hans Strijdom, Ben Viljoen etc te eindig is nie baie goed nie.

    Maar hulle hoof en beheerraad bly onversetlik en ontneem beide skole se leerlinge van die grootste en lekkerste dag van die skool jaar.
    As ek reg onthou was dit gestaak die jaar toe BV al die wedstryde met 60 + punte gewen het…..weereens, so what….Pretoria Boys high kry meeste jare sulke pakke teen Affies, en vanjaar, na 11 jaar…wen hul vir Affies….respek!

    Daar was stadium toe HTS lank oorheers het op rugbyveld teen Middies, maar hul het aan gehou en dit het geen afbreuk aan die gees en skouspel gedoen nie….dis hoe dit hoort i.m.o

    ReplyReply
  25. @Murrayfield: @Vyfster: Ja, kyk, ek ken die situasie baie, baie goed en ek ken mense aan weerskante van die Letaba rivier ook baie goed, so ek weet waar die probleem lê en hoe ver in die verlede dit strek. Een van daai vriende van my is ‘n ou skoolvriend van @Vyfster en dis lagwekkend om na sy argumente te luister, maar ek sal nie hier ingaan op die gevolgtrekkings wat ek oor tyd gemaak het oor waaroor dit eintlik gaan nie.

    Interessant genoeg, ‘n baie goeie vriend van my is betrokke by dissiplinêre ondersoeke na wangedrag van onderwysers en ‘n paar jaar gelede was hy op Bethlehem waar hy met iemand van Witteberg gepraaat het. Hulle was in ‘n soortgelyke ongelyke situasie en het dit sterk oorweeg om ook hulle derby met Voortrekker te stop, maar hy het aan die persoon uitgewys wat hier by ons gebeur het en hom ten sterkste aangeraai om nie daardie pad te loop nie, want dit gaan nie goed wees vir hulle rugby nie. En, raai, twee jaar gelede (as ek reg onthou), het Witteberg vir die eerste keer in baie jare die derby op 1ste span vlak gewen.

    Maar dis baie moeilik om vooropgestelde idees met argumente verkeerd te bewys.

    ReplyReply
  26. @tzavosky: baie treffende foto vanjaar op voorblad van een van plaaslike koerante gesien.
    BV en Merensky se 1ste netbalspanne het pas liga wedstryd teen mekaar gespeel….
    Hulle sit almal in een groep deur mekaar , en almal lag.
    Die opskrif lui “WiE HET WEDSTRYD GEWEN?”

    Dit is totaal onmoontlik om op foto en gesigsuitdrukkings te sien wie het gewen….for the record BV het maklik gewen….maar beide spanne het baie geniet om kragte te meet.

    Sien op FB vroer vanjaar fotos hoe Merensky se o15 of O16 span vir BV kom ondersteun in uitspeel wedstryde om Noordvaal beker…hoekom kan Magnus en ander grootmense nie selfde gesindheid openbaar nie?

    Ek onthou na laaste jaarlikse derby in 2010 of 2011se kant, waar Ben Vorster elke wedstryd met 60 tot 80 punte gewen het, insluitend 1ste span, het die Letaba Herald dit uitbasuin “9 jaar in ry vir Vossies”
    Tog het Merensky ‘n slag of wat in daardie tydperk gewen in nie derby wedstryde, soos semis van Limpopo, ‘n finaal…selfs daardie beroemde gelykop uitslag in 2006 se Beeldtrofeefinaal vir mediumskole . Was meeste jare mededingend.
    Maar na daardie laaste jaar se vernedering, het hul die fixture gestaak…groot jammerte.
    Ek ken nie 1 BV of Merensky skoolfriend in “exile” , wat ver weg bly, wat nie met heimwee terugdink aan daardie jare nie, en wens vandag se kinders kan dit weer beleef nie.

    ReplyReply
  27. Vir onkundige Paarliete :mrgreen: , 1 of 2 feite wat dit waarlike unieke derby gemaak het.
    Destyds het Tzaneen net 1 Afrikaans laerskool gehad, en ‘n piepklein Engelse laerskool.

    Daar mag dalk nou 1 of 2 klein privaat skole bygekom het, sal nie weet nie.
    Laerskool Tzaneen se leerlingtal is baie groter as Ben Vorster of Merensky…..redelik uniek, meeste dorpe die grootte het 2 of 3 laerskole met 1 Hoërskool , bv Bethal, Standerton, Phalaborwa, Potties.
    Benewens l/s Tzaneen , word die Hoërskole gevoed deur klein dorpies met hul eie klein laerskole soos Letsitele, Gravelotte, Haenertsburg, Duiwelskloof en Hoedspruit.

    In my matriek jaar, was ons bv 10 van l/s Tzaneen in BV se 1stes en so 6 in Merensky…..dit beteken jy speel teen ou wat 7 jaar saam met jou op laerskool was, meestal nog paar jaar op SAVF kleuterskool was, wat jare saam met jou rugby gespeel het, en saam met jou vir l/s se 1stes gespeel het….boesemvriende….heeltemal anders as om in naburige laerskole te wees en mekaar te ken….dit maak dit net daardie titseltjie meer spesiaal om teen mekaar te speel.

    ReplyReply
  28. Die geografiese feite ook interessant.
    In my dae , as jy kaart vat en passer , en sirkel met radius van 90 km rondom Tzaneen trek, Val daarbinne die sirkel slegs 2 rugbyspelende hoerskole.
    Dink dis vandag nog so, behalwe klein privaatskooltjie in Magoebaskloof, nl Stanford Lake Kollege , so 40 km weg.
    As jy sirkel met radius om Paarl trek van 90 km, sal jy paar 100 rugbyspelende hoerskole kry.

    Dus, op 1ste naweek in Augustus, in daardie sirkel, is daar 100de skole wat mekaar pak, en nie worry of omgee wat met interskole gebeur nie….selfs in Paarl self is daar heelwat skole wat daardie dag teen mekaar speel, het Landbou en Paul Roos nie bv vanjaar teen mekaar gespeel nie….Virseker is dit belangriker vir hulle wat daar aan gaan as by julle :-o

    Terwyl in die sirkel om Tzaneen net een rugby wedstryd plaasvind waarop al die oe gerig is, en ek kan jou waarborg, vir ten minste 50 km om die dorp is omtrent elke Persoon. op een of ander manier verbonde aan 1 van die skole.

    ReplyReply
  29. Maar die mees interessante statistiek was die relatiewe bywoningsyfer in veral die 70 en vroer 80er jare.
    Ongelukkig was dit tydens die apartheids jare, maar Tzaneen het ‘n blanke bevolking van slegs 5000 mense gehad in hul munisipale gebied. Daar het nog so 10 000 mense gewoon binne 50 km van Tzaneen, meestal op subtropiese vrugproduserende plasies en dan die groter sitrus en beesplase(deesdae wildsplase) ens.

    Punt is , die gemiddelde bywoningsyfer daardie jare was groter as die totale blanke bevolking van Tzaneen, en het somtyds naby aan die totale blanke Inwoner tal binne 50 km gekom.
    Lol…dit is iets wat die Paarl interskole ver afsteek, relatiewe bywoning, …..enersyds net van Paarl se inwoners….daarvoor het jul ten minste Nuweland nodig….of blanke bevolking binne 50/km van julle….sal sukkel om ‘n halfmiljoen of meer in stadion te kry :mrgreen:

    So moet nie die kleiner skole se interskole onderskat nie, in sekere opsigte is hul jul voor……Daarby sluit ek die Middies/HTS derby in, PHS/TomNaude, Klerksdorp/Lichtenburg, Potch Volkies/ Gimmies….selfs Zweiser Renecke/ Wolmaranstad…..groot emosie, gees en opwinding betrokke :wink:

    ReplyReply
  30. @Vyfster: Baie interesant.
    Interskole in die Suid Kaap is ongelukkig dood. Buiten vir redelik mense by die Outeniqua Oakdale games is daar geen groot games meer nie. Die laerskole is nog redelik met bywoning, maar Outeniqua het ongelukkig geen meer kompetisie oor nie.
    Kwaggas vs Struisies was altyd groot, nou speel hulle nie eers meer nie.

    Skole soos Punt, Struisies, HTS en Knysna is nie meer vreealik aktief met rugby nie. Hoerskool George is besig om sterker te word terwyl York besig is om rugby heeltemal te verloor.

    Is regtig onstellend om te sien hoe onbetrokke kinders by al die skole in sport is. Oakdale is werklik die enigste uitsondering met n uistekende sport program. Outeniqua se rugby spanne konsetreer ongelukkig meestal op A spanne. Ek dink ons kort nog n baie sterk skool soorgelyk aan Outeniqua in die Suid Kaap. Kpmpetisie sal hulle gees lug soos wat Bois en Gim mekaar lug

    ReplyReply
  31. Rooibul: Dit was die streepmuise teen die tekrotte in my tyd. Ek was n Koedoekop van gr1-7 en n streepmuis van st 6 – matriek. 2 naweke terug ons 40 jaar reunie gehad.In my jare was die groen skool baie sterk gewees want dit was maar half die outomatiese keuse gewees.

    ReplyReply
  32. Ja,dinge het ongelukkig baie verander.
    Groot dae gewees daardie….dink in 81 was Tom Naude sterkste 1ste.span wat ek ooit live sien speel het (nou verloor hul met 80 teen Ben Vorster), hul het daardie jaar Admin gedeel met Affies
    PHS self sterk , het vlge jaar Admin finaal gehaal…..as ek reg onthou het 7 spelers in hospitaal beland in 81 derby….rof en onbeskof, genadeloos….alles ter wille van daardie trui😎
    Ermelo en Ligbron stel nog vir my altyd mooi voorbeeld…..Ermelo altyd oorheers, maar Ligbron se rugby is nou baas…met vanjaar se wintersport het Ligbron al weer al 9/rugby games gewen, terwyl Ermelo al 9 hokkie games gewen het.
    Maar nou is Ligbron opgeskuif, sal maar sien wat gebeur as hul nie verpligte liga speel nie.

    So verander dinge maar.

    Ek vermoed die ware derby’s kry jy deesdae net in baie klein plekkies, sonder direkteure, werwing etc…..soos Sannieshof/Coligny…..Schweitzer/Wolmaranstad…..Louis Trichardt/Eric Louw….Warmbad/Nylstroom…Aliwal/Burgersdorp. ens…..jaarlikse hoogtepunt, trots van dorp op spel, maar geen professionalisme ….slegs ware volksfeeste
    Hul mag nie so sterk wees nie, maar daar is dit nog soos ou dae, gotta respect that

    ReplyReply
  33. @Hanswors: haha….natuurlik omdat HTS nie meisies gehad het destyds nie….maklik keuse toe, te n sy jy in tegniese rigting wou gaan.
    Deesdae krioel dit van meisies in HTS :mrgreen:

    ReplyReply
  34. Vyfster jy slaan die spyker op die kop! Skool sou darem droog gewees het net met n klomp seuns om my….

    ReplyReply
  35. @Vyfster: Ek onthou toe ek in die 80’s in Nylstroom was, was Tom Naude een van die sterk spanne in Verre Noord. Ouens soos Frans Ludeke was hoofseun van Tom Naude. Hans Strydom was die “tech” van daardie dae en dit was altyd ‘n goeie wedstryd tussen Hans Strydom en Nylstroom. Warmbad was in daardie dae nie veel van ‘n krag nie, maar het altyd vir goeie teenstand gesorg.
    Nou wag ek net dat die manne hulle allies in rat kry en die HTS en Middies derby weer aan die gang kry. Dis net soos jy gesê het, al die ander sporte neem nog steeds teen mekaar deel behalwe die rugby.

    ReplyReply
  36. @Middies pa: @JPS_10: 1982 was die 1ste jaar wat 015A spanne ook om Admin/Direkteurstrofee deelgeneem het.
    Voorheen slegs 1ste spanne.
    Ek was std 8, maar nog 015 in 1982 in Ben Vorster.
    Het teen Nylstroom se 015 span in halfeind van Verre-Noord gespeel, en verloor.

    Nylstroom het aan gegaan en finaal teen Pietersburg gewen.
    Kwarteind maklik teen skool uit Wes-Transvaal/Stellaland gewen, en toe in halfeind net-net teen Nelspruit verloor.
    Die vlge naweek sit ek op Loftus en kyk hoe Nelspruit 015 met ?10-9 teen Monnas verloor.
    1stes het Oos-Moot vir Pietersburg 15-10 gewen.

    Was half beneuk, want ons het vroer die jaar gelykop teen Nelspruit gespeel.
    Maar Nylstroom kan spog dat hul o15 span van 82 onder top 4 in Noordvaal was…goeie prestasie, en weer bewys hoe gelyk skole was voor beroepsera :wink:

    Frans Ludeke het my plek in Cravenweek span “gesteel” :lol: :lol:
    Het 83 en 84 1stes vir Ben Vorster gespeel, in 84 was ek nog 017.
    Frans was nog maar o16…in die Verre Noord proewe en oefen wedstryde was ek heeltyd in die A span op flank, Frans in C span.
    In finale oefen wedstryd teen Noord Transvaal op Naboomspruit, is ek demote na B span en ons agsteman na A span…..Frans nog in C span.

    Ons B span word toe 1ste span wat Noord Transvaal kon klop…..natuurlik weens my fantastiese spel :mrgreen: :mrgreen:
    Maar toe finale CW span aangekondig word, skitter ek en ons A span agsteman in ons afwesigheid……Frans is in span, en Agsteman van Nylstroom ook :wink:
    Dink sy naam was Dawid, nie seker nie.
    Interessant dat daardie jaar se keurders van Nylstroom, Tom Naude, en Louis Trichardt was🤔
    Ek onthou 1 ander laaitie van Nylstroom wat saam my flank gespeel het in B span wat NTVL getroef het, hy was nog in std 9 en is “Boeta” genoem ….ken nie regte naam nie.

    Omdat ek my hele skoollopbaan net 1 keer teen julle gespeel het, kan ek nie julle spelers onthou nie….ek onthou broers soos Jorrie en Dimmen Jordaan meer van krieket af.

    Piet Heymans van Warmbad was Verre Noord se slot toe ek matriek was, paar games saam hom gespeel voor hulle my gechuck het🤣
    Hy is mos die ou wat die “vakbond” vir professionele SA spelers lei.

    Dan het ek ook saam met “Koedoe” Pretorius gespeel vir Verre Noord, broer van Piet wat later Springbok geword het , maar ek dink hulle was Hans Strijdom, nie Nylstroom nie, vergewe as ek verkeerd is….harde blikskottel gewees :wink:

    So weereens geluk met Nylstroom se 015 span van 82….welgedaan :wink:
    Die semis was wel op julle velde, maar ek sal dit nie as verskoning gebruik nie….julle het ons fair and square gewen :wink:

    ReplyReply
  37. @Vyfster: Ek is amper klaar met navorsing van HS Nylstroom se 1e span rugby vanaf 1940 – 2014(75 jaar) Boeta is Boeta Schoeman wat ook in 1985 vir Nylstroom 1e span gespeel het en Dawid is Dawid Ludick. Nylstroom het 3 spelers in die CW span gehad nl. Dawid Ludick, Pierre le Roux en Cyril Swart(skrumskakel) wat in 1985 in ‘n motorongeluk oorlede is net voor die CW.
    VN Cravenweek spelers per skool in 1984 – Piet Potgieter(3), Pietersburg(5), Warmbad(2), Nylstroom(3), Tom Naude(3), Ben Vorster(1), Hans Strydom(2) en Frans d Toit(1)
    Ek weet nie van ‘n Nylstroom keurder in 1984 nie maar wel van Isaac Armer wat een van die afrigters was in 1983?

    ReplyReply
  38. @JPS_10: nee man, ek joke maar oor keurders, nie seker wie was nie :wink: nie
    As ek reg onthou was Pierre hoofseun in 84, ek was BV sin, en al die destydse hoofseuns en dogters van die ou Transvaal was saam op ‘n kamp einde 83.
    Dawid Ludik, dis reg, goeie speler, maar as jy program sien van wedstryde teen NTVL sal jy Corne Ferreira van BV op agsteman sien in A span, met Dif Ehlers en Morne Ferreira op flank.

    Ek , Boeta en Dawid was B span se lostrio, maar net Dawid CW gemaak in 84 :wink:
    BV se speler was heelagter Louis Nel.
    Goeie dae.
    Ps…as ek reg onthou was Boeta nogal humeurige mannetjie op rugbyveld, maar dis so lank terug ek mag hom dalk verwar met ander :twisted:

    ReplyReply
  39. Sorry, Dif en Morne was van Pietersburg.
    Hul het CW gespeel, en Frans Ludeke vanuit c span

    ReplyReply
  40. Beet was correct.
    Well done KZN for winning national IPT
    Beat Free State 19-7 in final :wink:

    ReplyReply
  41. IPT
    1. SHARKS
    2. VRYSTAAT
    3. SWD
    4. OP
    5. PUMAS
    6. LIONS
    7. WP
    8. GRIFFONS
    9. LUIPERDS
    10. BOLAND
    11. VALKE
    12. BULLE
    13. GRIEKWAS
    14. LIMPOPO BULLE
    15. SA LSEN
    16. GRIFFONS B

    ReplyReply
  42. graag wil ek die Griffons Hoërskole Rugby baie dankie en geluk sê met die aanbied van die IPT’s op Welkom. Die Toernooi was afgestel, maar hulle het behoorlik die stang vas gebyt en besluit die IPT 7’s gaan voort.
    Die bewys is, dat jy met min hulpbronne en n groot wil, wel vir kinders goeie blootstelling aan die sport rugby kan gee. Dit sou n treurmare gewees het sou die toernooi nie kon voort gaan nie.
    Opvallend vir my is die reuse gaping tussen 0/17 en 0/16 rugby. Hoe die o/16 seuns eers na n paar wedstryde die selfvertroue het om dieselfde inisiatief aan die dag te lê in n wedstryd.
    Ek hoop van harte dat die provinsie wat in 2020 die IPT 7’s moet aanbied genoeg mannemoed aan die dag sal lê om dit te kan doen.

    ReplyReply
  43. @Vyfster: Ek was in 1983 Warmbad matriek.

    Ons het nogal nie n slegte span gehad nie. Volgens gerugte wen Warmbad Nylstroom die eerste keer sedert 1965 in 1983. Hulle wen Warries weer die Julie vakansie in uitspele.

    Lekker ouens in daardie span… Karel Toet(veearts) en Naas Steenkamp (kapt en later onderwyser aan Nylstroom). Ook Pieter McCord wat se ouers n melkery op Nylstroom gehad het. Piet Heymans in Graad 11 gewees.

    Oorlede Piet Minnaar van Warmbad was n Verre Noord keurder.

    Spiere van Rensburg, Warries se Hoof!

    Ook n goeie atleet Braam Ferreira is deur weerlig dood geslaan, hy het Verre Noord gespeel saam Frans Ludeke in 1985/86.

    Tom Naude to baie wild, dink Bernard Fourie het ook vir Tom Naude gespeel.

    Lekker ruggas gewees!

    ReplyReply
  44. @Vyfster: @JPS_10: Ja, ek was in 85 en 86 in die Nylstroom eerste span. Het ook teen Koedoe Pretorius van Hans Strydom gespeel. Dawid Ludick was twee jaar ouer as ek en het ook 800m op SA’s gewen in sy matriekjaar as ek reg onthou. Ek het saam met Boeta en Cyril gespeel. @Vyfster: Ek weet waarvan jy praat as jy van Frans in die Verre Noord span praat. Hy was in die span ingesement vir 3 jaar en niemand kon hom uitkry nie. Cyril was onderkaptein van Verre Noord die jaar toe hy oorlede is.

    ReplyReply
  45. @Rooibul: Pumas het baie goed gedoen. Moes nie teen Sharks met 3 punte verloor het nie. Verdediging hulle bietjie in die steek gelaat, maar steeds waardige Plaat wenners.

    ReplyReply
  46. @Middies pa: Ek is besig met navorsing oor Nylstroom rugby vanaf 1940 – 2014 (75 jaar). Op die 85 spanfoto is daar G Janse Van Vuuren en 1986 spanfoto G Van Vuuren. Lyk of dit dieselfde speler is? Het jy dalk ‘n oorspronklike 1985 1e span foto vir my? As jy een het kan ek via Beet vir jou my epos adres laat kry. Waar staan of sit jy op die 86 foto?

    Het kontak met Wil Grimes wat my die hele storie van Cyril Swart laat kry het. Blykbaar was daar op die CW ‘n huldeblyk vir Cyril met die CW Openingseremonie. Daar was ook geen no. 9 gelys in die program en ook nie in die SA Rugby jaarboek nie.
    Het heelwat inligting via Francois Rigaardt gekry wat 1985 en vroeer aan betref.
    Ek het in 1969 en 70 vir Nylstroom se 1e span gespeel.

    ReplyReply
  47. @JPS_10: Laat Beet vir my jou e-pos adres stuur. Ek sal kyk wat ek het. Dit is dieselfde persoon, G Jansen van Vuuren. Ja Francois (Swys) was ons kaptein in 85 en Bertus Pretorius in 86.

    ReplyReply
  48. @Murrayfield: Het julle in 1983 net een wedstryd gespeel teen Nylstroom? Was die tweede wedstryd wat jy na verwys het in 1965? Ek het bevestiging dat albei skole ‘n wedstryd in 1967 gewen het? Is dit nie dalk 1967 en nie 65 nie? Dit is ook ongeveer die tyd dat die twee skole vir die eerste keer teen mekaar gespeel het. In die 70’s was Giel Eloff(Skilpad) een van hulle ysters gewees!
    Naas Steenekamp was in 02 en 03 Nylstroom se 1e span afrigter. Het jy dalk kontak met hom ?
    Hulle speel nog steeds teen mekaar al speel hulle nie in dieselfde afdeling van die Virsekerbeker nie. Warmbad het in 2019 gewen

    ReplyReply

Leave a Reply