| Bulls u18 CW | Bulls u18 AW | ||||||
| 1 | PR | Jeffrey Singo | 1 of 2 Pretoria BH | 1 | Stefan du Bruyn | 1 of 7 Affies | |
| 2 | HK | Bauke Swart | 1 of 10 Affies | 2 | Charl Els | 2 of 7 Affies | |
| 3 | PR | Luan vd Berg | 1 of 4 Garsfontein | 3 | Hannes Nagel | 3 of 7 Affies | |
| 4 | LK | Daniel Malakiya | 1 of 1 Heronbridge | 4 | JJ Fourie | 1 of 2 Garsfontein | |
| 5 | LK | Christian de Wet | 2 of 10 Affies | 5 | Martin van Niekerk | 4 of 7 Affies | |
| 6 | LF | Luan Potgieter | 3 of 10 Affies | 6 | Wandile Mbatla | 1 of 2 St Alban’s | |
| 7 | LF | Elwin Jv Vuuren | 4 of 10 Affies | 7 | Queenton Mncube | 1 of 2 Pretoria BH | |
| 8 | LF | Stefan McDonald | 5 of 10 Affies | 8 | Marko Kok | 1 of 2 Waterkloof | |
| 9 | SH | Zirk Meyer | 6 of 10 Affies | 9 | Gustav Schauffner | 1 of 3 Menlopark | |
| 10 | FH | Ruben Groenewald | 7 of 10 Affies | 10 | Tilon Baron | 1 of 2 Zwartkop | |
| 11 | OB | Junaide Stuart | 2 of 4 Garsfontein | 11 | Nico Klein | 2 of 2 Zwartkop | |
| 12 | CT | Dylan Stumke | 1 of 2 Menlopark | 12 | Petrus Rautenbach | 5 of 7 Affies | |
| 13 | CT | Leskin Samuels | 2 of 2 Menlopark | 13 | Waylon Oncke | 1 of 1 Overkruin | |
| 14 | OB | Thabiso Simelane | 1 of 2 St Alban’s | 14 | Mendriano Abrahams | 2 of 3 Menlopark | |
| 15 | OB | Junaide Pasensie | 3 of 4 Garsfontein | 15 | Ronan Bastiaanse | 2 of 2 Waterkloof | |
| 16 | HK | Okuhle Hini | 1 of 1 Overkruin | 16 | Obokeng Rametsi | 2 of 2 St Alban’s | |
| 17 | PR | Raol Kruger | 8 of 10 Affies | 17 | Eshile Mhlongo | 1 of 1 Heronbridge | |
| 18 | PR | Deon Botes | 9 of 10 Affies | 18 | Morné Coetzer | 2 of 2 Garsfontein | |
| 19 | LK | Akin Akinbola | 2 of 2 Pretoria BH | 19 | Lindokhule Nwanda | 1 of 1 ZAYO | |
| 20 | LF | Thabiso Mbembele | 2 of 2 St Alban’s | 20 | B Mashaba | 2 of 2 Pretoria BH | |
| 21 | OB | Drewyn Baron | 4 of 4 Garsfontein | 21 | Estiaan Marx | 6 of 7 Affies | |
| 22 | OB | Lamond Baaitjies | 10 of 10 Affies | 22 | Khumo Manakana | 7 of 7 Affies | |
| 23 | OB | Justin Julies | 1 of 1 Zwartkop | 23 | Bladen Pietersen | 3 of 3 Menlopark | |
| 24 | 24 | ||||||
| Bulls u16 GK | |||||||
| 1 | Ziaan Slabbert | 1 of 11 Affies | 1 | ||||
| 2 | Shawn Moabelo | 1 of 1 Montana | 2 | ||||
| 3 | Liam De Jager | 2 of 11 Affies | 3 | ||||
| 4 | Ndima Mbala | 1 of 5 Pretoria BH | 4 | ||||
| 5 | Muller Alexander | 3 of 11 Affies | 5 | ||||
| 6 | Kwetsima Dlamini | 2 of 5 Pretoria BH | 6 | ||||
| 7 | Luhan Hattingh | 1 of 2 Menlopark | 7 | ||||
| 8 | Caleb Pretorius | 4 of 11 Affies | 8 | ||||
| 9 | Ethan Williams | 5 of 11 Affies | 9 | ||||
| 10 | Ruben Smith | 6 of 11 Affies | 10 | ||||
| 11 | Ronald Phiri | 3 of 5 Pretoria BH | 11 | ||||
| 12 | Rico du Plessis | 7 of 11 Affies | 12 | ||||
| 13 | Dandre Brink | 8 of 11 Affies | 13 | ||||
| 14 | Malobolo Ntando | 1 of 2 Garsfontein | 14 | ||||
| 15 | Kyle van Staden | 9 of 11 Affies | 15 | ||||
| 16 | Hendre Ehlers | 10 of 11 Affies | 16 | ||||
| 17 | Honono Emmanuel | 4 of 5 Pretoria BH | 17 | ||||
| 18 | Bakang Ramoshaba | 5 of 5 Pretoria BH | 18 | ||||
| 19 | Keegan Fourie | 11 of 11 Affies | 19 | ||||
| 20 | Duran Pieterse | 2 of 2 Menlopark | 20 | ||||
| 21 | Ruan Fluks | 2 of 2 Garsfontein | 21 | ||||
| 22 | Michael Bhuda | 1 of 1 Oos-Moot | 22 | ||||
| 23 | Gareth Warrie | 1 of 1 Zwartkop | 23 |
@Smallies (Comment #73)
Ek hoor jou, en daarom sal ek ook gekant staan teen dit forseer op die spanne in die skole self.
Maar ek glo tot dat daar duidelike verandering plaas vind in die top skole se make-up en hulle groter diversiteit toonstel, en dus n groter verskeidenheid mense blootstelling kry tot jaar in jaar uit top rugby fasiliteite, tot dan moet dit steeds plaasvind op provinsiale vlak (of regtig, te plekke waar die Suid-Afrika vlag wapper en naam verbonde is aan)
@Bungee (Comment #72)
Die politieke claptrap kan wag tot na skool,die is skole rugby en politiek is nie veronderstel om in skole bedryf te word nie…
@Smallies (Comment #71)
Dit is die doelwit ja, maar ongelukkig lewe ons in n land waar so baie skade gedoen was dat dit nog nie moontlik is nie en daarom moet ons ander planne maak.
@OUD ANKER (Comment #69)
@Djou (Comment #70)
Ek wens ek kan julle se hoe baie daardie drie woorde my af piss….jy is die beste speler ongeag kleur…finish en klaar…
@OUD ANKER (Comment #69)
Bungee se voorgestelde metode neem juis in ag dat daar nie baie “uiters hoë kwaliteit” POC spelers is nie.
Daar is egter meer as genoeg redelike POC spelers bv in Boys High, St Albans en heelwat kleiner skole. Daaruit kan jy 30 redelike spelers kry deur hulle proewe te laat speel. Voeg dan by die 2 spanne die spelers van skole soos Zwartkop, Menlo, Oos-Moot, Garsfontein, Kloof en ‘n titsel uit Affies.
Dan volg jy die res van die stappe.
Jy behoort dan spanne te kry wat effens anders gaan lyk as die huidige spanne.
Punt is, jy het dan ‘n goeie metode wat jy kan verduidelik/motiveer – en dit is uiteindelik die belangrikste.
Nou, as Willem Strauss en die Bulle sou besluit om te help, kan die Bulle oor 4 of 5 jaar weer sterk wees op Cravenweek.
@Bungee (Comment #66)
Dit kan verseker goed werk in provinsies soos die Weepee en Saarks, MAAR die sisteem gaan hom by punt 2 in ‘n baie belangrike struikelblok vasloop in ‘n provinsie soos die Bulls of Vrystaat….waar kry jy genoeg kwaliteit POC om 4 spanne vol te maak?
@Bungee (Comment #66)
Jammer ek antwoord nou eers – werk!
Dis baie sinvol! Die beste wen-wen gegewe die raamwerk.
Ek hoop die keurders van al die provinsies lees hier en pas dit toe.
@Djou (Comment #60)
Die ander staaltjie kan vermy word deur die rank-choice voting te doen soos hier onder genoem in #66, maar ook deur die selectors poel reg te stel deur ‘n maximum van 1 persoon per skool, te minste 1 persoon uit ‘n skool wat nie deelmaak van jou streek se premier liga nie, en dan ook mense van jou unie se hoer spanne (afrigters of spelers naby aftrede wat loopbaan wil begin lanks die veld) wat dan die tie-breaker vote gee. Jy kan ook onafhanklike mense in kry om te dien as konsultante vir jou unie om deel te maak van die groep.
@Djou (Comment #60)
Ek gaan apart respond op die twee gedeeltes sodat die gesprekke voorentoe lekkerder kan vloei.
So ek stem dat Snellas se metode van span kies te vereenvoudig is dus gapings gaan los. en ‘n beter proses is nodig. My metode sal gaan as volg:
1. Kyk deur die tape van die groter skole en kyk na hul mediese en gym assesserings (geen nood vir ekstra proewe vir hulle), en hoe proewe vir die manne van die kleiner skole waar jy hulle bloodstel en speel in n span saam met gelykes in plaas van Grootvis wees in n klein poel.
2. Na jy dit gedoen het, stel jy (en mede selectors) ‘n lys op van jou Top 4 spanne (1 tot 15) overall en ‘n lys op van jou Top 4 spanne van net POC wat vir jou ‘n poel gee van 60-120 spelers waaruit jy 46 moet kies vir jou twee spanne en ‘n paar nommers gereed he vir indien beserings.
3. Kies jou Top 3 spelers overall. Hierdie is die 3 spelers wie jy glo jou span kan nie sonder nie, maak nie saak van watse ras of wat nie, en skryf hul naam in pen. (Hiervan af hou ons kop met getalle, gaan ons die W/POC splits track deur die maximum gevolg deur die minimum POC spelers in die span te toon as volg Max – POC/W Min POC/W, so in die geval – Max 3/0, Min 0/3)
4. Kies 5 jou beste oorblywende POC spelers in posisies waar daar gapings is (inslutend jou bench) (Max 8/0, Min 5/3).
5. Kies nou weer jou volgende 3 beste oorblywende spelers in posisies waar daar gapings is. (Max 11/0, Min 5/6)
6. Kies nou weer jou top POC spelers in oop posisies tot jy ten minste 10 gekies het om spasie te los vir positional flexibility in jou oorblywende keuses. (Max 11/0, Min 10/6)
7. Kies nou weer jou 3 beste oorblywende spelers in oop posisies. (Max 14/0, Min 10/9).
8. In dien jy le by die Maximum span (of enige balans wat bo die threshold is) wees rustig en kies wie jy glo die beste is in die oorblywende posisies.
9. In dien nie, het jy ‘n maximum van 4 oop posisies oor. Vir hulle skryf jy eers wie jy glo die 4 beste oorblywendes is in potlood, en indien hulle POC, pen in. Indien nie, skryf wie jy glo die beste beste POC is ook neer. Rangskik dan die POC en non-POC lyste van beste speler tot swakste en gee ‘n punt waarde vir elk vanaf beste tot swakste (Ek sou die weighting van die punt waarde ook so maak dat die gaping tussen 1 en 2 groter is as die gaping tussen 3 en 4) en kies dan die kombinasie wie vir jou die grootste total sal gee.
Herhaal vir jou akademie-week span.
Ek glo die metode vind beste balans vir n span kies waar jy voldoen aan transformasie behoeftes en seker maak dat die wie die top van die top is nie uitmis nie.
Indien daar ‘n selection panel is, dan sal ek ook die keuses elke keer deur ‘n metode van rank-choice voting doen, waar die keerders hul keuses elke keer rank van 1 tot 15 (top ouens oor in elke beskikbare posisie) en dan volgens ‘n punt waarde gekies word, met die poel wat beperk word tot die gesamentlike poel van beste beskikbare spelers wat aan die begin bymekaar gesit is van elke keurder
@Djou (Comment #63)
Stront praat is definitief my spesialisveld, ek is net bly om saam met so baie ander kenners in die veld te kan gesels!
@tzavosky (Comment #62)
Great storie daai. Hom nog nie gehoor nie!.
@Snelvuur (Comment #61)
Dude, moenie so insecure wees nie. Vryheid van spraak – in die Constitution – so jy kan sê wat jy wil.
Sense praat of jou naam bollie maak (lg is eerder Bungee se spesialisveld).
Ek hou meer van jou sense praat, dit is verrykend!
@BoishaaiPa (Comment #57)
Laat my dink aan die storie van Oubaas Markotter, wat die voorsitter van die WP keurkommitee was. Maar die ander keurders het nie ‘n kans gehad met spankeuse nie, want hy het altyd SY span deurgeforseer.
So, die ander 4 besluit toe om ‘n halfuur voor die geskeduleerde vergadering bymekaar te kom, ‘n span te kies en dit aan hom voor te lê. Toe hy instap, gee hulle vir hom die spanlys, wat hy aandagtig besudeer. Toe sê hy, “Boys, dis ‘n dêm goeie span! Maar kan ek een verandering voorstel – ek wil Piet van Zyl van Victoriane op regter vleuel hê.”
Die ander 4 reken toe dit is ‘n wen-wen situasie, en hulle sê dis reg so. Toe sê hy, “Enige ou wat Piet van Zyl vir ‘n WP-span wil kies, weet niks van rugby af nie. Kom ons kies van vooraf span”!
@Djou (Comment #59)
Gits, ek is nou al beskuldig daarvan dat ek elke gesprek oor PRG maak én dat ek te veel oor ander skole te sê het: watter een is dit nou? Julle manne maak dit regtig moeilik om vir Garsfontein op te kom.
@Snelvuur (Comment #55)
Nou hier is die probleem.
Vetondetstel jy het ‘n ou soos Frans Malherbe as vaskop, die beste in SA, maar die beste POC is ook ‘n vasskop, maar baie swakker?
Ander staaltjie, in die vroeë 2000’s was daar ‘n vleuel wat in sy graad 11 jaar al SA Skole gespeel het. Met die Blou Bul proewe was hy siek en kon nie speel nie.
Bepaalde keurders wou hom met alle geweld uitlaat ten gunste van ‘n speler in sy/hul skool. Gelukkig is so groot bohaai opgeskop dat hy uiteindelik wel gekies is en weer SA Skole gehaal het, en ook ‘n baie goeie rugbyloopbaan as professionele speler gehad het.
@BoishaaiPa (Comment #57)
100% reg!
Interessant dat dit deur die Paul Roosers begin is – hulle weet immers alles van alle provinsies af – en nog meer van wat in Pretoria skole aangaan as die skole self.
My grappies wel op ‘n stokkie (dalk net tydelik). Die rede vir my grappe is (1) werksdae word lank, en (2) die geklaery moes ent kry. Dit was vir my baie frustrerend hoe die nommers heeltyd rondgegooi en verdraai word om jul storie te pas. Bly net konstant met hoe die nommers gebruik word. Dan verder bly dit n irritasie vir my wanneer mense kla oor transformasie doelwitte by Craven-week. Die idee is juis dat op die vlak het ons die doelwitte in plek sodat ons dit nie hoef te he later aan op Senior vlak nie. En dit gaan nie oor n token POC speler he nie. Hierdie ouens is blerrie goeie spelers ook. Baie van hulle kry nou net hul eerste kans om dit op n behoorlike vlak te bewys.
In terme van die kleiner skole argument, dit is iets wat ek geniet het toe WP 4 spanne op o18 gehad en die een span net spelers was wat nie in die WP Premier liga speel nie. Ek sal eerder kyk na nog sulke wedstryde/toernooie byvoeg (amper soos van die American Football Bowl/All-Star games waar daar gemengde College spanne is en van hulle wat spesifiek na kleiner skole spelers kyk vir die spanne voor hulle na die Draft toe gaan)
Voel of ek in n “Time Warp” is. Elke jaar die tyd dieselfde retoriek oor spanne en spankeuses!. Laat my dink aan n storie wat Dok Craven eenkeer vertel het. Hy was die Afrigter en Spanbestuurder en Hoof Keurder van die 1956 Springbok toer na NZ. Na afloop van die 1ste toets wat verloor is teen All Blacks het hy baie kritiek verduur rondom spankeuses en o.a. Basie Viviers as kaptein op heelagter. Die Woensdagaand voor die 2de toets toe sit hy in die hotel kroeg en daar is hele paar SA Rugby joernaliste ook daar. Hulle het toe almal n mening van hoe die spankeuses moet lyk. Dok gee toe vir elkeen n papier en se hulle moet elkeen hul span neerskryf en vir hom gee. Baie opgewonde gaan elkeen weg en kom terug my sy Springbok spanlys vir Saterdag. Nodelooos om te se, nie een joernalis se spankeuses was dieselfde nie..Dok vra toe..”Nou wie se span speel ek Saterdag?”
@Snelvuur (Comment #55)
Verkeerde proses die. Mens moet duidelik begin met die Affies-span eerste. Dan een vir een bring jy die POC spelers in tot jou span reg is. Basics
@Djou (Comment #51)
Gegewe dat daar meer diepte onder wit spelers is, sou ek eerste die beste 12 nie-wit spelers kies, ongeag van posisie. Daar kan enkele uitsonderings wees vir sekere wit spelers wat jy nie sonder kan gaan nie (bv., Markus Muller in WP se span), maar ek dink as jy die beste 12 nie-wit spelers het en die res van die span volmaak met wit spelers, sal jy ‘n goeie span op die veld kan stoot.
@HSBR (Comment #53)
Affies is ‘n rugbyskool – volgens “kenners”.
Jip, mens bestee miljoene aan akademie, dis die hoofrede vir skole se bestaan.
@Djou (Comment #52)
Jammer, ek het vergeet van al die miljoene wat julle elke jaar spandeer om julle akademie op te kry. Dis hoekom ek rugby skool in aanhalingstekens gesit het
@HSBR (Comment #48)
Sjoe jy praat beide nonsens en waarheid in een lang post met baie bevooroordeeldheid en soms objektiwiteit. Dit kan mens deurmekaar maak. Ek hou maar verby anders moet ek 2 keer langer skryf as jy.
Wil net dit noem: Garsies is ‘n akademiese skool, nie ‘n rugbyskool nie.
@Snelvuur (Comment #46)
Dit wat jy noem is algemeen bekend. Jaar na jaar gebeur dieselfde en jaar na jaar is dit dieselfde afrigter – daar word blykbaar gehoop die uitkoms sal anders wees sonder om te verander.
So, ek is meer geinteresseerd in die metodiek wat jy sou volg in die kies van ‘n span.
Terloops, side note: Zwartkop het ‘n puik span vanjaar – net jammer hulle speel in ‘n laer liga. Dit gaan nie oor Garsies nie. Niemand sal my oortuig die 2 Menlosenters is beter as die Affiesenters nie. Nie ‘n kat se kans nie. Nietemin, watter metodiek sou jy volg?
@Snelvuur (Comment #49)
Julle laaste 2 games van die seisoen Snellas! 😂
@Grizzly (Comment #47)
Sjoe, geniepsig! Ons het darem een van ons laaste twee games gewen, so dis ook nie só snaaks nie 😂
@PietPompies (Comment #39)
Ek het gaan kyk op SS se website vir die 2024 spanlys. Uit die 23 spelers was 12 wit gewees en 11 gekleurde spelers. Op jou Paarl Gim punt, kom ons wees eerlik, uit die Kaap/Boland is daar meer “rugby skole” om vanaf te kies as hier so jou keuses van spelers is baie meer. Ek gaan nie stry dat Affies spelers gereeld span in die CW kry nie maar ook Affies is al vir dekades die no.1 skool in die noorde, daar is jare wat hulle nie is nie maar dis nie veel nie. In die 90s, 2000s en vroee 2010s was dit maar Affies en Kloof gewees wat die dominerende skole was en toe neem Garsies Kloof se plek oor die laaste 10 jaar maar Affies het steeds no.1 gebly (buiten 2022 en 2023), so natuurlik gaan jou no.1 skool se spelers meer gekyk na word as ander skole, is dit regverdig, nee maar dis net logika. As jy twee spelers het wat ewe talentvol is en een kom van Garsies af en een van FH Odendaal kan jy nie vir my se jy gaan die speler van FH Odendaal kies nie. Jy gaan die Garsies speler kies want jy weet die tempo op CW is baie hoër as normale skool rugby en die Garsies speler is gewoont aan daai tempo waar die FH Odendaal speler nie is nie. Die 50+ skole is dit weereens n geval dat die top 4 spanne in die noorde (Affies, Garsies, Kloof en menlo) meeste van die kere al daai ander spanne sal kan klop en dis hoekom daai spanne voorkeur kry. Daai seuns weet ook as hy in st.5 is en st.6 toe gaan watter skole die beste “rugby skole” is en hulle maak die keuse om na daai skole toe te gaan of nie, geen skool kan skuld daarvoor kry as n seun op daai ouderdom besluit waantoe hy wil gaan nie. Oor die gekleurde kwessie kan ek nie veel se nie soos ek gese het Affies het nie n reel wat se “Geen gekleurde leerders nie”, ek dink dis net n geval van die seun besef dis n afrikaanse skool en hy gaan in minderheid wees en van hulle is nie gemaklik met dit nie en kies dan om eerder na n ander skool toe te gaan. By gese dis ook nie asof daar n oorvloed van gekleurde spelers in PTA is nie en die wie wel hier is en n “rugby skool” wil kies gaan maar gewoonlik Garsies of menlo toe en dis al vir jare so.
@Bungee (Comment #41)
Ou nar maar jys snaaks. Sinvolle debat wil jy nou kom Kaap met jou Kaapse nar streke. Alles is nie altyd snaaks nie. So bv gaan ek glad nie dink julle laaste 2 games is snaaks nie…. Of gaan ek?
@Djou (Comment #44)
Ek dink die probleem wat die Bulle maar mee sit is dat die grootste rugbyprogramme binne hulle streek (Garsies en Affies) oorwegend uit wit spelers bestaan. So talentvolle nie-wit spelers kry nie blootstelling aan dieselfde standaard van coaching in kleiner rugbyprogramme nie – die gaping word dan net groter. En dis nie noodwendig Affies of Garsies se skuld nie, maar as jy ‘n Afrikaanse skool is, veral in die Noorde, gaan jy maar sukkel om meeste nie-wit kinders te lok of the akkommodeer. In die Wes-Kaap is die posisie baie anders – nie net is die meeste van die groot rugbyprogamme dubbelmedium skole nie (Gim is die uitsondering), maar hier is ook ‘n baie groter nie-wit Afrikaanssprekende bevolking. So jy het meer van ‘n “natuurlike integrasie” selfs binne Afrikaanse skole. Beide hierdie faktore beteken dat jy meer nie-wit spelers het wat toegang tot goeie coaching en goeie geleenthede van jonger af kry as in Pretoria. As die Bulle regtig hulle CW-spanne wil verbeter, sal daar meer sterk rugbyprogramme moet ontwikkel in dubbelmedium of Engelse skole.
@Bungee (Comment #41)
Jissie, Bungee, kan jy dan nie lees nie? Dit gaan nie oor Garsies nie, maar oor die wit spelers in die ander 50+ skole in Pretoria. Dis hoekom daar nog net name van Garsies spelers wat in die spanne moes gewees het genoem is – juis om die ander 50+ skole se kinders te boost. Ek weet nie hoe jy nie dit raakgelees het nie.
@Snelvuur (Comment #11)
Veronderstel jy moet Koekenaap se Cravenweekspan kies.
Hoe sal jy te werk gaan as jy net 4 goeie spelers van kleur het met die samestelling van die span?
Kies jy die ander 8 wat die beste van die res is?
Of kies jy jou beste span en haal daar spelers uit wat die “minste” invloed het en vervang hulle met spelers van kleur, maak nie saak of hulle bv 10e beste is in hul posisie nie.
Of welke ander metode ookal!
@Bungee (Comment #41)
Lyk my jy bestee te veel tyd om jou hol te poeier en te min om jou bril te soek en ‘n neut te kraak – die dat jy aan verbale diaree ly. 😃😃😃😃
@Bungee (Comment #41)
Ek weet jy is besig om net te stir…. maar my donner jy moet leer lees! Dit gaan nie oor Garsfontein nie! Dit gaan oor wit spelers in 50+ ander skole in Pta.
Duidelik het ons hier ‘n anti-Garsfontein conspiracy hier ontdek en daarom moet Craven Week deur ons almal geboeikot word. Ek dink ons moeet ons moet ons eie kompetisie begin, die Pepler-beker sommer. Die reels van die kompetisie: Geen Affies-spelers, game word in Chakas gespeel om hardloop rugby te promote, Wineland-skole is deel van die Boland en die Boland is deel van Garsfontein, transformasie is nie ons worry nie want so bou ons noue Bantjies tussen almal.
@HSBR (Comment #37)
Die doel van CW was om die room van skole rugby by mekaar te kry en n skou spel aan te bied. Dis nie meer die geval nie. Dit het kinders wat goed genoeg is om daai spanne te haal wat in verkeerde skole is ontneem.Daars ander redes en bewyse wat te sensitief is om hier te bespreek maar mense dink jys n aap en doen goed onbeskaamd sonder gevolge want hulle kan. Vir daai rede stel ek nie belang in CW nie. Ek het dekades laas gekyk.
@PietPompies (Comment #38)
En ek weet jy gaan sê maar Affies het ‘n goeie span hierdie jaar – ek gee dit toe. Ek praat van die laaste 30/40jaar. Ek laat my nie vertel dat in 2024 daar net 5 wit outjies uit die HELE res van Pta Cravenweek kan speel nie (en as jy die 3 van Garsfontein uithaal is dit 2 uit 50 ander skole). Jy gebruik Grey as voorbeeld hoekom almal uit 1 span kan kom – ek gebruik Paarl Gim in 2025, wat No.1 in die land is, maar net 4 of 5 van hulle spelers haal die WP A of selfs B-span.
@HSBR (Comment #35)
Ek dink jy mis heeltemaal die punt. Nerens vra ons dat Affies POC moet hê nie. Die punt wat ek maak is dat daar selgs 12 wit spelers in die span mag wees. En van daardie 12 is 10 van Affies hierdie jaar. Ons laat POC heeltemaal buite rekening. En ek het genoem dat Affies wel ‘n goeie span hierdie jaar het, maar ons kyk nie net na hierdie jaar nie – ons kyk na die laaste 30/40 jaar. Jy verwys in Post 37 bv na die 10 Garsies in 2023 en die 7-6 split in 2024. Weereens jy kyk na die algehele split… ons praat van die wit spelers. In 2023 was net 6 van die 10 Garsies wit en 2024 was 3 van die 6 wit. Ek weet nie presies hoeveel spelers Affies in 2023 in die CW span gehad het nie, maar in 2024 was die split dus 7-3 en nie 7-6 nie. Maar weereens, dit het eintlik nie net met Garsies uit te waai nie – dis eintlik al die wit seuns in Pta, in enige skool…Waar ek eintlik by wil uitkom is die punt wat ons probeer maak, wat jy nie gekry het nie… (en dis dan ook die “stat” wat Grizzlie na verwys wat Affies kan gebruik) – As jy wit is en hoop om Craven week te speel het jy ‘n 10 vs 2 kans om die span te haal as wanneer jy na enige ander skool in Pta toe gaan.
@Grizzly (Comment #36)
Die werwers van Affies sal dit nie as n stat kan/mag gebruik nie, dit sal idioties wees om dit te doen en dis ook nie asof Affies n reel het wat se “Geen gekleurdes nie”. As jy praat van 0/13 CW op daai vlak bly dit mos steeds die pa en seun se keuse oor waantoe hulle wil gaan, doen dit nie? Al wat dalk hulle keuse kan beinvloed is as hulle n beurs aangebied word vanaf n ander skool en ek se as n beurs op 0/13 vlak aangebied word vat dit, gee nie om wie die skool is nie. My punt is net daar word aangegaan asof Affies n monopolie in die CW span het en dis nie die waarheid nie. Hulle is die beste span die jaar in die Noorde so hoekom sal daar nie na die meerderheid van hulle spelers gekyk word nie, jy gaan tog nie in die Vrystaat eerste na skole soos Jim Fouche en Sand du Plessis kyk nie, jy gaan kyk wie die beste is en dis altyd Grey en dan van daar af werk. Toe julle in 2023 daai bitter goeie span gehad het, het julle in die CW span alleenlik 10 spelers gehad en niemand het n woord daaroor gese nie want julle was daai jaar die beste span in die Noorde en in my opinie selfs top 3 in die land gewees en laas jaar se split vir Affies-Garsfontein in die CW span was 7-6 gewees wat ook baie gelyk is.
@HSBR (Comment #35)
So as ek n gr 7 ouer is met n seun wat cw speel en die werwer van Affies gee my hierdie stats, waar dink jy gaan ek my seun in skryf.Dalk verklaar hierdie Stat meer as enige iets anders die 40plus CW spelers elke jaar by /14. Ek as n pa sal n idioot wees om dit nie in ag te nee nie.
@PietPompies (Comment #30)
Hoe moet daar spelers van kleur uit Affies gekies word as daar meeste van die kere in n gegewe jaar net een speler van kleur in die 1ste span is en dan ook meeste van die kere word daai speler wel gekies vir die Craven Week span?
@PietPompies (Comment #33)
O my word….! Dis hoekom ek stel nie belang in CW! Sal van hierdie blog geban word. Het ook seuns gehad en vriende met seuns en is honderd maal deur daai gmors. Jy moet sien by krieket as jy nou al ooit in jou lewe by n sirkus was.
@Grizzly (Comment #32)
Sameroeper is Jan Mollentze van Waterkoof
Ander lede is onder andere, weet nie of dit almal is nie:
Niell Jacobs – Affies
Braam Pretorius – was altyd Menlo (dink hy is nou Oos-Moot)
Jaco Koch – Affies
en Sylvester Booysen – Garsfontein
Dan kan die CW afrigters ook voorstelle maak, alhoewel hulle nie stemreg het nie (wat ook baie van die keuses verduidelik):
Nkolobe – St Albans
Mandla – St Albans
Ek weet ook daar is nog ‘n persoon van Heron Bridge, maar ken nie sy naam nie
@PietPompies (Comment #31)
Wies die keurders?
@Snelvuur (Comment #2)
En om dit net meer in perspektief te stel – die blanke speler kompeteer nie net om die beste speler van enige kleur in sy posisie te wees nie – hy kompeteer teen elke ander blanke speler in ENIGE posisie. Daar is net 3 plekke… so jy moet bv die BESTE slot wees wat 1) beter is as die Affie slot 2) Beter is as enige POC in enige posisie en 3) beter is as die beste blanke senter, want met net 3 plekke, sal die keurders besluit watter 3 spelers vir hulle krities is. Hulle sal bv besluit, watter een tussen jou (as slot) en wit senter krities is en watter een deur ‘n POC vervang kan word… so as die senter meer krities as jy is, sal ‘n POC slot in jou plek speel.
@Snelvuur (Comment #2)
Dit is alom bekend dat wit spelers in Pta bykans geen kans staan om CW rugby te speel, as hulle nie in Affies is nie. 9 van die 12 spelers hierdie jaar kom uit Affies, wat net plek oop laat vir 3 ander spelers in die hele res van Pta. En ek praat nie net van Garsfontein nie – ek praat van ‘n skool soos Zwartkop wat hierdie jaar ‘n uitsonderlike 1ste span het, maar geen verteenwoordiging het nie. Ja, hulle speel wel in ‘n laer liga, maar hulle speel goeie rugby – sekerlik is daar ‘n speler of 2 wat goed genoeg is? En ja Affies het ‘n baie sterk span hierdie jaar, maar ek praat van vorige jare ook. 2023 en 2024 spesifiek, was daar heelwat blanke spelers wat nie in Affies was nie, wat verdien het om CW te speel, maar het nie. Maar ek moet ook sê, dit gaan al 40 jaar so – so dink nie dit gaan gou verander nie. Blou Bul CW spanne fail elke jaar – en daar is 2 redes daarvoor… hierdie is 1 van die redes.
@Grizzly (Comment #27)
Hoe nou?
@POD (Comment #25)
I’m not close to Heronbridge, but my knowledge of them is as follows:
.
1. They’re a small co-ed private school – about 50 boys and 50 girls per grade.
2. They used to play rugby in Tier 4 (Crawford, Dainfern, etc), but over the past decade have moved up to Tier 3 and even play some games v Tier 2 (St Alban’s, etc).
3. They used to be affiliated to the Lions, but changed to the Bulls at some point in the fairly recent past.
4. They never had much hope of even one player being selected for a Lions or Bulls D team, but in recent times they regularly have a player or two in the Bulls CW and/or AW teams.
.
I may be wrong, but the above suggests that some Bulls-affiliated rugby coaches started coaching/teaching there, which is getting them a lot of ‘air-time’ at the various Bulls selections committees…and is probably resulting in some scholarship rugby kids attending there too – esp. POC.
.
It’s not too dissimilar to what Southdowns did a decade ago.
@HSBR (Comment #24)
Tags wat mense op mense se sakke sit bly mense.
@Snelvuur (Comment #22)
Teen die tyd behoort jy te weet dis op JM se gekerm gemik. Sjo!
@Bungee (Comment #6)
Ek het ook nie Heronbridge geken tot verlede jaar toe my oudste seun vertel Heronbridge weier om teen St Albans se onder 16s te speel want hulle het 3 spelers gepoach. 2 van daardie spelers is in die Bullle AW span hierdie jaar.
@Maroon machine supporter (Comment #17)
Stem saam Reuben is verseker nommer 1 losskakel in Pretoria en hy het dit al keer op keer bewys. Ek voel vir Bastiaanse (weet nie of dit reg gespel is nie). Hy was bitterlik goed op 15 laasjaar, weet nie hoekom Kloof hom 10 toe geskuif het die jaar nie.
@Bungee (Comment #20)
Ek dink vir een kant van die wedstryd is dit…
@Djou (Comment #21)
Gits, daar vang jy my nou. As jy só skerp is, kan jy darem seker na drie jaar met ‘n nuwe line vorendag kom, liewer as om dieselfde refrein oor en oor te sing?
@Snelvuur (Comment #10)
So hy speel nog vir PR?
Dag SKOLERUGBY is beperk tot 19-jariges.
So hoeveel outjies wat 20 jaar en ouer is speel vir PR?
Ns: As jy begryp het, Jurenzo is klaar met skool, die ander weergawes is beseer!
@Grizzly (Comment #14)
Ek sien uit. Mens sou se dat PRG vs Garsfontein die grootste skole derby in SA is soos ons hier op die blog met mekaar aangaan
@Kantman (Comment #18)
Ek sien ook uit vir die jaar se Luan Giliomee in Matthew Abbey van Middelburg/Pumas. Laas jaar gedink dat hy heel goed was by Craven Week. Noordheuwel se 10 lyk vir my ook baie goed die jaar. Die 10 posisie dalk nie so WOW soos laas jaar nie, maar diepte is steeds baie goed. (In NFL terme met die vergelykbare Quarterback posisie, nie so baie X-factor Day 1 picks nie, maar klompie Day 2 picks)
@Grizzly (Comment #13)
Ek dink Stellenberg en HJS 10’s dalk meer in die mix
@Grizzly (Comment #13)
Groenewald verdien darem seker sy kans? Volgende jaar is dit die Garsies 10 se beurt. Moet dink ‘n paar Waterkloof manne kan ook voel hulle is stief behandel.
@Grizzly (Comment #14)
Ek sal solank die ouens van Drostdy laat weet 😉
@Grizzly (Comment #14)
Moet nie die vel verkoop voordat die beer geskiet is nie (no pun intended). Onverwagse beserings aan sleutel spelers, of manne wat net nie gel/click nie dan lyk die seisoen vinnig anders as wat mens gehoop het. Volgende seisoen is nog ver…
@Snelvuur (Comment #11)
@Bungee (Comment #7)
@JongMatie (Comment #1)
Ons het n verassings pakkie vir julle volgende seisoen. Dis nou 1 elk. Die magtige PRG.
@beet (Comment #12)
As ek moet se hoe ek voel oor hierdie keuses sal jy my verban op hierdie blog.Garsies 10 top 2 in SA. Sal saam PRG 10 vir SAS kies, Naas sal ook.
I think the Garsies 2, 9 and 10 could have done with a bit more love from the u18 selectors.
Does anyone have the names/schools of the selectors panels
@Bungee (Comment #6)
Alhoewel ek saamstem dat ten minste Garsies se haker en skrumskakel (hy is immers ‘n Old Boy) in die mix moes gewees het, het die Bulle maar die probleem dat die sterk rugbyskole in die streek Afrikaanse skole is. So daar moet na die kleiner skole gekyk word om spelers van kleur te kry. Heronbridge het goeie fasiliteite, maar HJS se vyfdespan het nou al ‘n paar keer die toernooi wat hulle in die vakansie vir eerstespanne aanbied gewen…
@Djou (Comment #8)
Krisis, jy het hom nou al Jorenzo en Jerenzo gespel. Nou moet jy nog net Jarenzo en Jirenzo doen, dan kan jy by die regte spelling – Jurenzo – uitkom.
@Bungee (Comment #7)
Niemand het dit ooit gese nie. Daar was gese skole soos Paul Roos wat sit met n o/19K span moet nie oor beserings moan nie. Garsfontein het net tot by n 19D span met n 19E span wat sommer net saamgesit word vir groot games dit gaan nogals n groot verskil maak wanneer daar 8 eerstekeuse eerstepan manne uit is.
@Bungee (Comment #7)
Jy het gevra en ek gee jou die feite.
Garsies het nog nooit voor ‘n game beserings genoem nie – anders as Paul Roos (Jerenzo al reg 😃)
Die enigste rede hoekom jy weet hoeveel beserings daar is, is om jou reg te help oor waarom daar min Garsies in die spanne is.
Nou dat jy en ek nie eens van die skole ken nie, behoort ons saam te stem dat die Bulle nie die ligte gaan uitskiet nie by die jeugweke.
@Bungee (Comment #6)
Ek dog ons mag nie beserings noem nie 😝
@Djou (Comment #5)
Ek moet bieg, Heronbridge en ZAYO lui glad nie ‘n klokkie nie. Die res herken ek oor die algemeen of vanaf hier omdat hulle elke jaar ‘n speler of twee oplewer.
@Bungee (Comment #3)
Nee, 8 beserings – een daarvan is in die span.
Hopelik sal meeste stuk-stuk na die vakansie terugkeer.
Tog, Garsies se no.2, een van die sterkstes in SA en in elke wedstryd uitblink, word nie as een van top 4 in Pretoria geag nie.
Selfde met no.9.
Ek is seker dat jy nog nooit gehoor het nie van party van die skole vanwaar sommige seuns kom.
Die Blou Bul spanne van 2025 van craven week tot by die onder 15 spanne is n absolute joke. En ek praat nie net van Garsies se spelers wat nie die spanne gehaal het nie daars is baie ander spelers van ander skole wat plekke verdien het in daardie spanne. Maar nou ja dit help nie n mens uhm en ahh daaroor nie dit sal nooit verander met die keurders en coaches wat betrokke is nie. Sterkte manne!!
@Snelvuur (Comment #2)
Gaan check die resultate van die 2023 Grant Khomo. Boland maar redelik swak perform. Kan dt dalk die Garsies situasie beter verduidelik?
Sjoe, ek is regtig verbaas met hoe min Garsies spelers hier is. Ek het gedink daar is nog ‘n paar van hulle spelers wat ten minste goed genoeg was vir die AW span…
Affies oorheers getalle in CW span – te verstane