Paul Roos welcomes Paarl Gim to Markötter Field for another massive schoolboy rugby clash. Unbeaten Gim currently top the South African u19A rankings. Paul Roos, meanwhile, were the undisputed champions of South African schools rugby in 2024, enjoying an incredible unbeaten run of 619 days from 19 August 2023 to 30 April 2025, and still in line to repeat that feat this year.
Paul Roos are more than capable of bringing the muscle, while Paarl Gim are renowned for their relentless intensity. Perhaps the side that can best produce the other’s strengths will come out on top.
One remarkable aspect of this great derby is how little home ground advantage has mattered in recent seasons. In the last 11 encounters, the away team has won 9 times.
| Date | Venue | Paarl Gim | Paul Roos | Note |
| 11 May 2013 | Paul Roos | 24 | 15 | Away team won |
| 10 May 2014 | Paarl Gim | 10 | 16 | Away team won |
| 16 May 2015 | Paul Roos | 23 | 21 | Away team won |
| 16 Apr 2016 | Paarl Gim | 28 | 24 | |
| 22 Apr 2017 | Paul Roos | 20 | 19 | Away team won |
| 05 May 2018 | Paarl Gim | 13 | 32 | Away team won |
| 18 May 2019 | Paul Roos | 42 | 15 | Away team won |
| 08 May 2021 | Paarl Gim | 25 | 10 | |
| 07 May 2022 | Paarl Gim | 24 | 26 | Away team won |
| 06 May 2023 | Paul Roos | 24 | 19 | Away team won |
| 18 May 2024 | Paarl Gim | 17 | 23 | Away team won |
@JongMatie (Comment #32)
Jirre, die arrogansie, die meerderwaardigheid, die minagting. En dan wil ‘n Poeierhol die Val de Vie mammies vir húlle ydelheid uitwys.
@Snelvuur (Comment #66)
🤣 ek vra daarvoor want ek dink almal kan baat uit die verhaal
@Snelvuur (Comment #65)
Dankie Snelvuur!
@Bungee (Comment #63)
Die storie loop so: PRG het redelik die wedstryd domineer en was 10-5 voor met rondom 4min oor. Gim onderskep die bal in hulle helfte en die man wys hakskene om onder die pale te druk. 10-12 met 3min oor. PRG kry die bal en speel fases, fases, fases. Met die tyd verstreke kry PRG ‘n strafskop buite die 22 aan die kantlyn se kant van die 15. Hulle lê aan pale toe. Die skop is links verby. Die Gim afrigters, ouers en die spelers op die veld vier fees. Maar wag. Die bal is nie dood nie! Dit is deur PRG se senter gevang en gedruk! 15-12.
Een van die malste eindes vir ‘n wedstryd wat ek al gesien het.
@Pypkan (Comment #64)
Koen (met ‘n uitstekende dummy line deur die skeidsregter 😂) en Barker (die binnesenter) – uitstekende poging van hom gewees. Gim se hantering en continuity vir Barker se drie was tops.
@Jan Kriel (Comment #60)
Ek het die eerste 15 minute van die wedstryd misgeloop. En kan dit nerens op SS Schools of Youtube vind nie. Wie het Gim se eerste twee drieë gedruk?
Vertel vir ons wat daar aan die einde van die o14s gebeur het
@Pypkan (Comment #59)
My fout…en dankie dat jy my reghelp.
@Pypkan (Comment #59)
Maar die home team wissel elke jaar,nie waar nie
@Maroon machine supporter (Comment #58)
HaHa, ja Faurestraat is ‘n ander storie, ‘n groot gelykmaker. Gim moet net besef dat Faurestraat nader aan HJS is as aan Gim
@Maroon machine supporter (Comment #58)
Interskole word op ‘n neutrale veld gespeel – Faure stadion.
@Jan Kriel (Comment #56)
Met so ‘n rekord in Stellies moet Gim seker wens hulle kon Boishaai vanjaar eerder op Markötter as die JA Kriel veld pak.
@Jan Kriel (Comment #56)
Dit is ongelooflik en definitief iets waarop julle met reg baie trots kan wees! Dis altyd lekker om julle te ontvang – baie geluk met julle puik uitslae vandag, veral ook daai o15As is ‘n lekker spannetjie!
Dankie aan PRG vir ‘n lekker dag van rugby, julle het ‘n goeie dag op jul A-veld beleef. Ek sien dat daar deesdae ‘n tendens is om rekords in terme van dae te meet, so ek ‘join” nou maar die “party”. As ons in ag neem dat Gim eers weer in Mei 2027 teen PRG op die Markotter veld gaan speel, gaan dit vir Gim naby aan ‘n 6000 dae onoorwonne rekord op Markotter(teen PRG) gee. Ek bedoel die stelling geensinds as vermaakerig nie, maar bloot vir interessantheids doeleindes in die lig van die opskrif van die gesprekslyn.
Baie, baie geluk Gim! Fantastiese dag van rugby deur al die jaargroepe. Daardie eerstespan is witwarm en verdien deur en deur die wen. Ons sien baie uit om volgende jaar weer teen julle kragte te meet, en wens julle net die beste vir die res van die seisoen toe!
Twee goed wat vir my die game bietjie bederf het:
1. Die kondisies – die reën was gietend, maar iets moet rondom Markötter gedoen word. Die hoofveld vat bitter baie verkeer met al die toernooie wat daar aangebied word. Met die weer wat die Kaap deesdae kry, moet dit beter bestuur word om te keer dat daar sulke modderbaddens is.
2. Die skeidsregter – ek is die laaste persoon om oor skeidsregters te kla (inteendeel, ek verdedig hulle meestal) en ek dink nie dit sou noodwendig die uitslag verander nie, maar o vet die skeidsregter was vandag uit haar diepte uit. Ten minste 3 keer het sy moontlike tackles (van albei spanne) self obstruct en sy het ‘n duidelike drie van PRG nie gegee nie. En dis net wat ek van langs die veld af kon sien! Ek verstaan daar’s baie wedstryde en min skeidsregters, maar WP Rugby moet beter doen.
@Maroon machine supporter (Comment #53)
Aggenee wat, Gim sal wen,maar het grlyk teen affies gespeel, hulle ook maar af die jaar.
@Wondermaar (Comment #51)
As jy die Paarl interskole getrou volg sal jy weet dit is baie selde net ‘n formaliteit…
@Wondermaar (Comment #50)
Dit was darem nie in ‘n ry nie…daar was darem ‘n wen tussen in.
@OomPB (Comment #47)
Nee wat paarl Gim nou amptelik nr 1. Interskole net n formaliteit( Bois se verloor teen oakdale het hul nr 1 posisie finaal gevat, of dalk as hulle gim met ten minste 20 kafdraf?
@Maroon machine supporter (Comment #49)
O jitte, nou het die maroon masjien twee pistons in n ry gebreek.
@OomPB (Comment #48)
Gim was seker beter op die dag…maar ek sluk swaar aan die een. Ek het die clip nou al 5 keer gekyk en ek sien regtig nie die double movement nie…net die PRG speler wat die bal voor hom plaas. Volgens my baie beperkte kennis lyk dit na ‘n versekere drie. Ons vat dit egter op die ken. Geluk Gim. Paarl Interskole gaan epic wees!
Geluk aan Gim. Soos verwag het hulle verdien om te wen. Hul agterlyn het dit vir hul gedoen. Die jaar sal die Paarl interskole nr 1 bepaal.
@Snelvuur (Comment #39)
Dan behoort jy my laaitie goed te Ken.
Ons domineer redelik.
Hokkie – no contest
Behoorlik naby te wees vandag maar voorspel wel n wen.
@JongMatie (Comment #32)
Kan nie wees dat al die beseerdes steeds beseer is nie – Jurenzo het reeds gisteraand ‘n goeie game vir die Sharks gehad.
@Kantman (Comment #43)
Hartlik dank
@Mate (Comment #42)
14:00 Brug en 14:15 Markotter
Is daar erens waar mens die afskoptye vir die 2 groot stryde kan sien asb?
@Bungee (Comment #40)
Jip, het gehoor dit was saam Bloemhof
@Snelvuur (Comment #9)
Was Gim se ekstra Wiskunde Geletterdheid klas gereel vir vanaand?
@OomPB (Comment #38)
Die Cassiem boeties was ongelooflik (veral Mustapha) – hulle was ook my tydsgenote, so ek kon hulle van naby af sien – maar Kraai is next level. Hy het in graad 11 al vir die indoor hockey manspan gespeel en is toe boonop as die Blitz Stokke se “breakthrough player of the year” aangewys. Hy is in elke groot wedstryd die verskil vir SACS.
@Snelvuur (Comment #37)
Ek dink nie die Cassiem boeties stem saam nie.
@Kantman (Comment #36)
SACS is die maatstaf wat hokkie betref. Hulle program is ongelooflik. Litha Kraai is seker een van die beste hokkiespelers ooit op skoolvlak.
@Snelvuur (Comment #33)
Paul Roos is onstuitbaar
Prediction
in the Stellenbosch rain/mud
Paul Roos Gim 13 – 17 HS Paarl Gim
@Snelvuur (Comment #33)
Groot score. PRG het goed gewen. Hoop die rugby copy.
HOCKEY (FOR THOSE WHO CARE)
14A – 5-0
16A – 3-2
19A – 6-2
Span onveranderd
Beseerdes nogsteeds beseer.
Ek verneem daar is n intog van ValdeVlie (ex PTA) mammas wat Bos toe kom.
Blykbaar is hulle n copy en paste van mekaar.
Noordvaal ‘trends’
Ek hoor daar is ‘n streekswye tekort aan reënjasse en gumboots by Agrimark-takke regoor die Boland na mammas en pappas van Stellenbosch, Paarl en Bloemfontein op hulle toegesak het. Spesiale besendings sjerrie en brandewyn word tans by Kaapstad se hawe afgelaai om as verdere versterking teen die koue te dien.
Gim met 10.
Baie klein punteverskille (behalwe 2018/2019).
Sien die wedstryd se datum blyk nou vasgemaak te wees as vroeg in Mei.
Gim is verseker die gunsteling. Hulle gaan maklik wen. Met 1 punt
@BoishaaiPa (Comment #23)
Sommer in ‘plain’ Afrikaans, regte poeierhol!
Ek hoop vir almal se part hier dat Gim wen anders gaan dit weer begrafnis Maandag wees.
@Cappie (Comment #24)
Ek dink dis maar die algemene gevoel onder meeste toeskouers. Gim is witwarm.
Hoekom voel ek hier kom nog ‘n weg-wen? 28-18
@JongMatie (Comment #17)
“Eigenlob Stinkt”
Looking forward to a good Paarl Gim away win … they’ve got girl’s sport.
@Snelvuur (Comment #18)
Ek is seker schoolboyhockey en schoolboysoccer blogs gons ook hieroor 😜
@Snelvuur (Comment #12)
Iewers is n thread wat Beet combine met rugby rankings en Matriekuitslae. As ek reg onthou was PRG naby die hoogste en Grey Kollege die laagste.
@JongMatie (Comment #11)
Gim gaan dalk die jaar.
@Kaya 85 (Comment #16)
Soccer’s quite a growing sport at PRG. As I have it, there are 10 competitive soccer sides at PRG (2 u14, 2 u15, 3 u17 and 3 u19). Along with the 17 hockey teams (u19s ranked 2nd, u16s 1st and u14s 1st) and 30 rugby teams, that’s impressive depth across the board. Much more than a rugby school.
@Kaya 85 (Comment #16)
Thats my whole point, I doubt any school other than the Maroon Machine can boast of such a top class variety and pedigree.
@JongMatie (Comment #11)
And Paul Roos 1st XI soccer team in fact also played at Wildeklawer and defeated Kimberley Boys High 1 – 0…. How many rugby schools can say that too?
@Bungee (Comment #14)
Soos ek dit het: Kitshoff (hy het op 18 al in ‘n Super Rugby semi gespeel 😂), Willie le Roux en Francois Hougaard.
@Snelvuur (Comment #12)
Wie is die sonder die kwalifikasie?
@Snelvuur (Comment #12)
Aitsa!
@OUD ANKER (Comment #10)
Gaan nie oor deurkom nie – ons probeer weer die prys vir die meeste Skeinat onderskeidings losslaan! Ek dink ons kry die balans ook nogal goed reg tussen ouens geleentheid in rugby en in die klaskamer gee: as ek dit nie mis het nie, het 9 van ons laaste 12 Springbokspelers tersiêre kwalifikasies gekry. Balans!
@OUD ANKER (Comment #10)
Ai, duidelik weet julle bitter min wat aangaan by Roos. Top 5 hokkie in SA ook, enige van die ander prominente rugga skole wat dit kan se? ummmm….ek dink nie so nie.
As julle wil sien hoe ons akademies doen, no brainer – tops elke jaar
@Snelvuur (Comment #9)
Is PR dan bekommerd dat die 1e span rugga manne nie matriek gaan deurkom nie?…maar hulle moet mos nie worry nie, want soos per @Jongmatie is die hele PR span die volgende rugby world cup opdraf span, so wie gee om oor Graad 12 Skeinat!
@Bungee (Comment #8)
As ek dit reg verstaan, is daar ‘n ekstra Skeinat-klas vir die matrieks Saterdag 14:00, so ‘n paar manne sal ongelukkig nie kan speel nie. Die graad 11s s’n is 13:00, so hulle behoort darem vir die tweede helfte beskikbaar te wees.
@Rainier (Comment #6)
Geen beseerdes, net n paar ouens wat nie gekies word nie agv verskeie redes
@Rainier (Comment #6)
Ons maggie sê nie 🤐
Nog meer belangrik as tuisveld voordeel – wat is die status van die beseerde spelers?
@Bungee (Comment #4)
Dis ook altyd Paul Roos wat dit aan my doen. Ask not what you can do for your school, but what your school can do for you. ☹️
@Snelvuur (Comment #3)
Gooi jou studie oor home ground advantage wat jy voorheen genoem het ‘n bietjie uit ja, so moet nou maar ander verduidelikings kry
I wonder to what extent this is just coincidence based on the strength of the respective teams in each year. In 2013, PRG had their weakest side in living memory, while they were ace in 2014 (a very wet affair in Paarl, if memory serves). 2015, 2016 and 2017 were all close affairs, and pretty average teams from both schools (granted, with some excellent players in the mix). 2018 was a great PRG side, while Gim were awesome in 2019 (and PRG less so). 2021 is a bit of a write-off, but PRG wasn’t great. 2022’s probably the exception: PRG was pretty poor the whole year, but managed to sneak wins against Paarl Gim and Grey College (how do you explain that?). 2023 was a very young PRG side, while 2024 was a generational side.
So, while home advantage might not be as pronounced, I’d argue that the phenomenon is caused as much by comfort playing away from home as it is a coincidence based on the strength of the teams in each year.
PRG het verloor in die final van die oorsese toernooi. Of tel dit nie?
So, statistically the chances of the away team winning is above 80% …?