School Rugby fixtures & results – week ending 17 August 2024 | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Sat.17Aug | BOL | Robertson | 08-29 | Charlie Hofmeyr | BOL | |
Sat.17Aug | GRF | Voortrekker (Beth) | 24-22 | Landboudal | FS | Kovsies Semifinal |
Sat.17Aug | GRQ | Duineveld | 21-44 | Welkom Gim | GRF | Kovsies Semifinal |
Sat.17Aug | BOL | Drostdy | 00-11 | Outeniqua | SWD | |
Sat.17Aug | BOL | Hugenote | 17-15 | Swartland | BOL | |
Sat.17Aug | BOL | Hopefield | 32-16 | Vredendal | WC | |
Sat.17Aug | WP | SACS | 07-09 | Wynberg | WP | |
Sat.17Aug | WP | Rondebosch | 22-05 | Bishops | WP | |
Sat.17Aug | WP | Stellenberg | 15-08 | Durbanville | WP | |
Sat.17Aug | WP | Paul Roos | 36-03 | Grey College | FS | |
Sat.17Aug | WP | DF Malan | 18-31 | Bellville | WP | |
Sat.17Aug | WP | Brackenfell | 25-14 | Tygerberg | WP | |
Sat.17Aug | WP | Melkbosstrand | 07-36 | Milnerton | WP | |
Sat.17Aug | BUL | Waterkloof | 35-34 | Monument | LIO | NV Cup Semifinal |
Sat.17Aug | BUL | Garsfontein | 27-25 | EG Jansen | VAL | NV Cup Semifinal |
Sat.17Aug | PUM | HTS Middelburg | 22-17 | Middelburg | PUM | NV Plate Semifinal |
Sat.17Aug | VAL | Transvalia | 31-18 | Ligbron | PUM | NV Plate Semifinal |
Sat.17Aug | LEO | Lichtenburg | 32-29 | Die Anker | VAL | NV Shield Semifinal |
Sat.17Aug | LEO | Wesvalia | 33-21 | Secunda | PUM | NV Shield Semifinal |
Sat.17Aug | LEO | Potch Gim | 50-32 | Merensky | LIM | NV Bowl Semifinal |
Sat.17Aug | BUL | Eldoraigne | 24-23 | Potch Volkskool | LEO | NV Bowl Semifinal |
@Snelvuur (Comment #183)
PRG se toekoms lyk baie goed ja. Ek het Saterdag o14, o15 en o16a wedstryde gekyk. Die o14 spannetjie is wragtag ‘n lekker spannetjie. By die o15a is daar 2 senters en ‘n vleuel wat groter was as die o18 spelers. Die comeback van die o15 en o16a spanne was spesiaal.
Is jy seker oor Stoffels? Sover ek weet is hy Gr12. Schoeman is wel gr11, maar ek dink hy is volgende jaar o19.
@Snelvuur (Comment #183)
Dankie vir die update. PRG se 2024 klas het sulke hoee standarde gestel dat 2025 sal moet uithaal om by dit te kom. Dieselfde met die hokkie, maar daar is ons al gewoond aan. Daar was n tyd wat PRG na n hokkie skool verwys is hier, maar nou is hul almal bek stil.
@PRondersteuner (Comment #177)
Baie opgewonde oor PRG se pak vir volgende jaar ook. Beide Mbaliswana en Van Vuuren het reeds die jaar op stut vir die eerstespan gesak, en albei die o16 stutte was in die WP Grant Khomo-span. Rabe, Schoeman en Kemp is weer daar. Kent, wat tweedespan slot speel, was ook in die WP Akademieweek span. Dan is daar ook nog Winter (slot) en De Villiers (6-flank) wat ook Grant Khomo gespeel het. In die agterhoede bly: De Silva, Lambrecht, Smith, Kleyn, Seymore en Stoffels. Dan is daar ook Steenkamp wat tweedespan en WP Akademieweek gespeel het, sowel as Pfeiffer (losskakel), Cupido (heelagter) en Basson (senter) wat Grant Khomo gespeel het.
@Kantman (Comment #179)
Jy is reg. Jammer. Ek vra om verskoning.
@PRondersteuner (Comment #180)
Seker ja en gewoond aan die Bloemfontein refs.
@OomPB (Comment #178)
Dis reg ja. Sy pa is ook ‘n wynmaker.
Die frustrasie by die Grey seuns was maar hoog, maar dis te verstane. Hulle is maar net seuns.
@PRondersteuner (Comment #177)
Truspe was in WP span by Cravenweek
@PRondersteuner (Comment #177)
Ek sien Badenhorts is Jan Boland Coetzee se kleinseun. Hy was uitstekend. McClaren het nie n goeie houding op hom nie. Die bal gooiery op die grond is gpoeie motivering vir die opposisie.
@Smallies (Comment #166)
Kemp het ongelukkig seergekry in CW. Saterdag was sy eerste wedstryd terug. Trispe was nie eens in enige WP span nie. Ek stem saam met jou oor hulle twee, maar Paul Roos se hele vaste vyf was uitstekend, behalwe in lynstane. Ek moet ook darem net sê dat Grey Saterdag seker hul swakste wedstryd van die jaar gespeel het. Ek was bang vir McLaren en Stockenstrom, maar hulle konnie alles alleen doen nie. Hopelik sal Felix baie leer uit die wedstryd. Hy het baie talent, maar sy besluitneming is nie goed nie.
@Jakes (Comment #175)
Dankie…. weet nou nie van gunsteling nie… hulle het ons laas gemaklik geklop!
@Rugbyman (Comment #173)
Dankie en sterkte vir jul finaal teen Waterkloof. Dit gaan weereens hard wees maar ek glo Garsfontein is nou die gunsteling.
@Smallies (Comment #166)
But what about Rubin Dames?
@Jakes (Comment #172)
Gister was ‘n klipharde game net soos ons verwag het, en kon enige kant toe gegaan het. Julle kan trots wees op julle seuns en coaches! Die seuns het alles gegee! Ons rugby hierbo kort ‘n sterk EG Jansen en ek hoop van harte dat dit so sal bly! Dat Jansen sterk sal bly! Sterkte vir julle en respek!
@Joshias (Comment #169)
Ek het van die begin van die seisoen af gesé dat EGJansen nie ‘n skopper het nie en dit hul nog die beker gaan kos op die einde van die seisoen. Ek was toe heeltemal reg. Baie teleurstellende einde van die rugbyseisoen vir EGJansen. Maar hul het nog steeds ‘n goeie jaar gehad. Ongelukkig gaan EGJansen nie gou weer in die toekoms so sterk 1ste span hé nie. As jy na hul JNR spanne se vertonings kyk die jaar mag 2025 die laaste jaar wees wat hul in die beker afdeling speel. Hul getalle en geld is heelwat minder as meeste van die skole in die beker afdeling. Indien hul in die beker afdeling wil bly na 2025, sal daar groot veranderinge moet kom. Hulle gaan sukkel om te kompeteer in die beker afdeling want hulle het nie meer die getalle en diepte wat die ander skole in die beker afdeling het nie .
@Smallies (Comment #163)
Beide nog gr11
Welgedaan Charlie Hofmeyr!
@Jakes (Comment #29)
Jakes ons bietjie uit posisie gespeel vandag, maar ons hom deur getrek. Geluk Julle goeie seisoen gehad, maar ons manne het uit gehaal en gewys die laaste 2 weeks. Daai Monnas / EG final is uitgestel!
@Smallies (Comment #166)
Hulle weet wat ons weet … Ek sou Potgieter van Paarl Gim byvoeg. WP moet raakvat volgende jaar.
Well done Paul Roos. Exceptional.
@Kantman (Comment #165)
Wie ook al hulle hand tekeninge kry, kry twee masjiene ….Kemp volgens my is die nr 1 voorspeler in SA die jaar ,ek gee nie om wat die poepolle by saru se nie ..
@Smallies (Comment #163)
Ek sal graag daai 2 manne se stats wil sien … moet ongelooflik wees.
@Smallies (Comment #163)
Cheers Smallie. Ons ken daai gevoel vir jare.
Ja wat kan mens se …..PRG het Grey oorheers in alle fasette van die game vandag ,daar is nie een afdeling waar PRG nie die septer geswaai het nie ,Baie geluk aan julle ,julle was voorwaar die benchmark die jaar …..ek wil twee name noem Gert Kemp en Trispe Schoeman….hoe daardie twee seuns nie SA O 18 gespeel het nie is on verklaarbaar hulle was verwoestend vandag ….
Grey boys ons try maar weer volgende jaar…
Paul Roos 36-3 Grey Kollege
Wynberg 9 – 7 over SACS
@Grizzly (Comment #158)
🙈🙈 sorry kyk na ander uitslae op die blog.
@Grizzly (Comment #158)
Het PRG klaar gewen
Ek dog die game begin 14h35?
Well done Bere!!Ek het geweet julle kan!Well done aan PRG en Kloof.PRG clear nr 1 die seisoen,baie geluk!!
@Wonder (Comment #155)
Great so n PTA final, jammer dat EG heel reeks voor gehardloop het en nie kon deurhaak nie.
Wie is in die finaal by 14, 15 en 16
Rondebosch 22-5 wen teen Bishops
@kantako (Comment #153)
Kloof wen met 1 punt
Garsies wen met 2 punte.
Baie geluk Garsfontein – naelbyter!
NV CUP SCORES ?
@Mate (Comment #151)
29-17 vir PRG
@Kantman (Comment #150)
Baie drankie
@Mate (Comment #149)
Program wys 10h10
Does anybody know what time the Grey and PRG u/14’s kick off please?
Good win for SA u18 – the pack will need to work hard the next few days.
@Toffee (Comment #144)
It’s going to be close but having Da Costa back could swing it to Berg. I heard Dylan Miller, SA fullback, may be available for Bosch but not sure if this is true. Will definitely help us tomorrow if that’s the case!
Sterkte more vir die spanne wat speel.Ek hoop vir n wen vir die Bere en Grey maar gaan nie polse sny as die uitslae anders is nie.Geluk aan Monnas en Garsfontein met spanne betrokke in al die ouderdoms groep.Dit wil gedoen wees.
@Vleis (Comment #143)
That VKB week is a very nice week for the boys to play …it has a totally different atmosphere to the saru sircus…
I see Wynberg’s captain Da Costa is not in the SA under 18a team playing today and will be turning out for Wynberg tomorrow. That may just give Wynberg the edge but it is going to be close.
@Smallies (Comment #142)
In gr11, my lightie was selected for a Pretoria Pvt Schools team to play in Reitz – probably the same tournament. I think his team was called Rooikatte, but my memory is hazy as he withdrew.
@Kaya 85 (Comment #140)
The VKB week takes place every year in Reitz….usually the week before the Craven week ,a national country districts team is then chosen that go on tour somwhere in Europe
Two big SS derbies to wrap up action in the Cape
Berg v SACS could be an interesting one. I think it’ll be close, but backing Berg to end off the season with a close win.
Now to Bish-Bosch. This is a golden opportunity for Rondebosch to pull off a double Triple Crown and achieve an elusive and rare Grand Slam amongst the Southern Suburbs schools. The last team to do this was Wynberg back in 2014 and 2012, so it really is a hard feat to accomplish.
Despite missing some key players to the SA schools set-up, I think Bosch will have a bit too much for Bishops on the day. Anything can happen in a derby of course, so don’t want to speak to soon, but it’ll be a huge upset if Bishops spoil the party.
Enjoy the last weekend of school rugby everyone!
@Smallies (Comment #139)
Didnt know that … where did they play? u18?
@Kaya 85 (Comment #132)
In 2018 a SA country districts team comprising of players from towns such as Hoopstad ,Zastron ,Cradock ,Aliwal-north, Jacobsdal and so on beat Blackrock in Ireland ….
@OUD ANKER (Comment #136)
Cassie was n legend gewees ,het nie ver van ons af gebly nie daar naby Brenthust tennis bane as ek reg onhou,RIP legend….
@OUD ANKER (Comment #136)
Ek stem saam met Grassy oor baie goed, en wat hier gebeur het is bitter hartseer en onregverdig, mits die feite waaroor ek beskik akkuraat is. Desnieteenstaande, ave atque vale Vernon.
@Deon (Comment #129)
Ja, ek het so gehoor Prof Deon, vir een keer gaan ek saam Sir Hopper stem….die tragedie van SA staats hospitale.
@Snelvuur (Comment #127)
Ek stem 100% saam met jou dat daar verskillende benaderings tot baie dinge is, ek dink net die cliches van “…om spelers ‘n platvorm te gee…” en “…’n omgewing te skep waar spelers veilig voel om dinge te probeer….” is bloot nie waar nie, want as dit waar was sou daar nie hierdie rigiede spelpatrone gewees het nie…dink jy regtig Corne Uys gaan happy wees as sy 8e man skielik die bal agter ‘n skrum optel nadat ‘n ander set move geroep is en die opposisie gaan score weens die fout wat die 8e man gemaak het en dit kos PRG die game….ek dink nie so nie…dan vlieg daardie “….omgewing waar splers veilig voel om dinge te probeer…” onmiddellik by die venster uit.
@OUD ANKER (Comment #133)
Haha…
@Kaya 85 (Comment #132)
Did you have to mention Ireland…..you know who is going to hop into this conversation!
@OUD ANKER (Comment #123)
I don’t think we can assume our schools are automatically in world…Blackrock (Ireland)…the NZ schools, even the Aussie schools (check on DSTV or YT)..even Cardinal Newman (Argentina) are very very skillful.
@Deon (Comment #129)
🙈🙈
@Running_Rugby (Comment #128)
Prelims?
@OUD ANKER (Comment #126)
Jammer om te hoor van die afsterwe van julle burgemeester.
RIP Vernon Koekemoer
END OF 2024
Does anybody know why the 2024 season is basically ending early this weekend except for Noordvaal
@OUD ANKER (Comment #123)
Ek dink regtig daar is verskillende benaderings, selfs vir rugby afrigters. Ek weet dat ons in SA gewoond is aan die tipe ouens wat bombasties is en gil en skreeu as dinge verkeerd gaan, maar ek dink glad nie dat dit die enigste manier is wat dit gedoen word of gebeur nie. Daar is baie stereotipes oor elke beroep en hoe mense binne daardie beroepe optree (bv., dat senior prokureurs junior prokureurs baie swak hanteer), maar dit is nie belyn met die realiteit in alle gevalle nie. Dit is soms júís die uitsonderings wat bereik wat ander nie kon nie.
@Deon (Comment #124)
Nee wat Prof Deon, my moermeter is op ‘n heel koel 32 “Fartenheit”….ek lag actually in my mou as ek comments hoor en lees van hoe kalm en bedeesd en ordentelik rugby hoof afrigters is…..volgens die media….en ek kry PRG regtig jammer Saterdag weens Grey se voordeel met die feit dat Stellenbosch 136m bo seevlak is en dat die Bloemfonteinse ref WEER vir PRG gaan kroek.
@Snelvuur (Comment #122)
Dink hy is goed vir sy afrigters ook, PRG rugby is gesond as jy kyk hoe junior spanne ook doen, afrigters is op regte plekke, ek meen die 0/16 afrigters was voor hul verloor teen Monnas die jaar op ‘n 38 game “winning streak” en ook nog nie post covid teen Grey verloor het nie, die 0/15’s word afgerig deur ‘n man wat PRG se 0/19A afgerig het, so dink sy strukture is ook in plek en dit maak sy hande sterk…
@OUD ANKER (Comment #123)
Geroeste Yster, dankie vir die essay. Jy moet meer gereeld die blog besoek, dan sal jou moermeter dalk outomaties herkalibreer na Celsius vanaf Farten-heit en jou inwendige lugdruk terugval na so 1010 moerigbar. Klim terug onder die donse,neem ‘n sluk moeretroos, en klim dan met die ander voet uit.
@Snelvuur (Comment #122)
@Snelvuur (Comment #122)
Daai is PR bullshit….dink jy vir een oomblik Corne se rol is slegs om vir die seuns ‘n platvorm en veilige spasie te skep….GEEN span, en in hierdie geval ‘n skole span wat aan die einde van die naweek heel waarskynlik gekroon kan word as die beste skole rugby span (in die wereld?) het ‘n afrigter wat ‘n “sweety-pie” is soos wat Corne hier beskryf word nie. Ek kan jou waarborg alle hel breek in die kleedkamer los halftyd na ‘n swak 1e helfte of op ‘n Maandag middag nadat daar k*k aangejaag is die vorige Saterdag tydens ‘n game. Ek dink daar is nou nog van die Grey laaities se ore wat fluit na hulle verloor teen Jeppe.
@Smallies (Comment #121)
Ek het so spesmaas dat hy nog ‘n groot afrigter gaan word. Ek het die build-up show gekyk en twee goed van hom het vir my uitgestaan: 1. Hy is ongelooflik rustig en praat heeltyd oor die feit dat sy rol net is om vir die ouens ‘n platform en confidence te gee en 2. Dat hy praat oor ‘n “veilige spasie” skep waar spelers veilig voel om goed te probeer. Dit is basies die ideale skoleafrigter. As ek SARU was wat soek vir ‘n nuwe afrigter vir die o20s, sou hy hóóg op my lys wees.
@PRondersteuner (Comment #120)
Corne was n baie goeie speler ,lyk my hy is n damm fine coach ook
@Smallies (Comment #119)
😂😂 Een punt is genoeg.
Riley Norton was ‘n groot deel van die jaar se sukses. Sy spel en kapteinskap. Verder was hy die “banker” in die lynstane. Dit was een afdeling waar PRG baie gesukkel het. Kruger het ook ‘n groot impak gehad. Maar op een of ander manier kry Corné Uys net iets uit die span uit.
Die reën wat voorspel word is nie baie nie, maar die wind kan ‘n groot faktor wees
@PRondersteuner (Comment #117)
Ek worry maar oor die hele PRG span hulle was die hele jaar full value for money …Grey sal reg wees hopelik kan hulle so een punt meer score as PRG
@Snelvuur (Comment #115)
Gelukkig het n nat veld nie so n groot impak op die moderne balle van vandag nie ,jou spoed en aftrap word wel beinvloed as jy nie gewoond is aan modderkoekies bak nie….maar dan ook as jy goed is moet jy goed wees in alle omstandighede selfs as jy in n bog moet speel
@Smallies (Comment #111)
@Snelvuur (Comment #115)
Ek is meer bekommerd oor McLaren en Stockenström as Felix
@Pypkan (Comment #114)
En hoofseun😂😂Maak so!
@Smallies (Comment #113)
Hy speel die keer ook nie teen die Griffons nie 😉 ek spot, natuurlik: hy is ‘n fantastiese voetballer en ons is definitief op ons senuwees met hom daar. Dit gesê, sal dit wel interessant wees om te sien hoe sy skillset op ‘n nat en stadige veld in die reën lyk. Baie ander ball game as hardlooprugby op ‘n astro.
@Grizzly (Comment #103)
Jou scrummie. Stuur vir my jou nommer op 0825650240.
@Snelvuur (Comment #112)
Die issie die CW week nie hy het nie die dag voor die tyd uitgevind dat die keurders hom gespyker het nie…
@Smallies (Comment #111)
Ons weet wat in die CW finaal gebeur het 😉
@PRondersteuner (Comment #110)
Maar dit was nie Felix nie …
@tzavosky (Comment #102)
Hy kan maar sy lang aangeë probeer. Ons weet almal wat met die lang aangeë 2 jaar terug gebeur het? 😜
NV Plate/Shield/Bowl
HTS Middelburg 19 – 20 HS Middelburg (power struggle, town comes to a standstill)
Valia 33 – 29 Liggies (all guns blazing, Bijlers bigger calibre)
Lichies 18 – 17 Secunda (welter-weights go at it hammer and tongs)
Wesvalia 30 – 32 Anker (Ankers K-O Anvils)
Potch Gim 27 – 17 Merensky (Blues get the blues)
Eldoraigne 20 – 26 Potch Volkies (Potch derby final next week)
NV Semi’s
Klofies 29 – 27 Monnas
Garsies 33 – 31 Jansen
Predictions:
SACS 24 – 34 Wynberg (water into wine)
Rondebosch 37 – 19 Bishops (two late tries stretch the lead for Bosch)
Stellenberg 33 – 12 Durbanville (northern suburbs Vastrap, bayby!)
Predictions:
Paul Roos Gim 22 – 19 Grey College (Stellenbosch in August is worth 3 points)
Voortrekker 37 – 16 Landboudal (Trekkers rev the Tractors)
Duineveld 15 – 30 Welkom Gim (what happened to Diamantveld?)
@OUD ANKER (Comment #85)
Aye-aye captain…loud and clear.
@tzavosky (Comment #102)
Hulle voorspel weer lekker reën vir Saterdag in Stellenbosch. Sal verbaas wees as enigiemand lang skip passes waag…
@Pypkan (Comment #93)
Naam?!
@Deon (Comment #94)
Horie, hoekom moet jy my nou bysleep by julle bekgeveg? Hoe dit ook al sy, ek sien uit na julle finaal Saterdag. Moenie te gerus wees oor Grey se verswakte middelveld nie – Felix gaan die langste en gladste oorgee aangeë vir die vleuels gee. Moenie sê julle was nie gewaarsku nie…
@Deon (Comment #88)
Prof Deon, kom ons maak dit Grey met 20+, want hulle het nie net die lugdruk voordeel nie, maar ook die ref wat vir PRG GAAN kroek!
@Smallies (Comment #97)
As dit jou mampara parameters is sal jy dink Hondeklipbaai se veld is beter. Daar het in die Devonian era laas ‘n para kon leef.
@Smallies (Comment #97)
Ons het drie van hulle – ons gebruik dit net vir hokkie.
@Kantman (Comment #96)
👍👍dankie
@Deon (Comment #95)
Julle wens julle het so n veld gehad…
@Smallies (Comment #92)
Hy is nie op die spanlys vir Vrydag nie
@Smallies (Comment #89)
Beter as die grootste cricket pitch in die wêreld, julle hoofveld.
@Smallies (Comment #89)
Man, ek moet Geroeste Anker, en so bietjie Dok Tsavozki se gat krap.
@Grizzly (Comment #72)
Vermoed ek het ‘n bal of twee in jou rigting geslinger toe ons vir dieselfde spannetjies in 1985, 1986 en 1987 gespeel het.
@Snelvuur (Comment #91)
Beet het in die SA o 18 artikel genoem dat Theron ook opgeroep is …as dit nie die geval is nie gan dit n groot hupstoot vir Grey wees ,hy is n yster
@Smallies (Comment #90)
Theron is nie daar nie. Grey is net op 3: Adams, PvdM en AJ Meyer.
@Deon (Comment #88)
Dink Grey is op 4 nou Adams ,Van Der Merwe ,Meyer en Theron
@Deon (Comment #88)
Daai moeras wat julle n veld noem kanseleer die lugdruk voordeel heeltemal uit
@OUD ANKER (Comment #84)
Hey Geroeste Anker. Long time. Die een staan 3 af en die ander een 4, dink ek. Of die een staan 4 af en die ander een 3. Hoekom wil jy weer hoor? Die een wat aftoer het ‘n reuse lugdruk voordeel. Vra maar vir die top atlete se afrigters. Ek dink Grey met so 10-15, maar ek hou duim vas.
@Mate (Comment #86)
Ja ek persoonlik dink ook Rassie het klein bietjie kak aan gejaag hier….
@OUD ANKER (Comment #80)
Dit sous Saterdag hier in Perth
Hoop maar daardie onervare manne val nie vas nie
Anders sal hy dalk nog groter skoene moet gaan koop
En daarna is dit RAC arena toe vir Dricus
@Kaya 85, where are your wild but very interesting predictions for the coming weekend?? I already said I call Grey to beat PRG by 5-10, then for all the NV cups, shields, plates, bowls, glasses, saucers I call ALL the home teams to win except for of course Wesvalia/Die Anker.
@Snelvuur (Comment #81)
En dis Grey teen PRG, finish en klaar…as ek nou weer moet hoor hoeveel spelers elke span moes afstaan aan die of daai gaan ek wragtag….kom ons los dit daar…
@Smallies (Comment #82)
En as Delmas en Nigel se dorp spanne teen mekaar gejol het en ‘n slot het nie ten minste een keer per helfte ‘n skrummie onthoof met ‘n wasgoedlyn tekkel nie is hy gedrop vir die volgende game…
@OUD ANKER (Comment #79)
Een dag ….ek was nog in Morewag ,toe speel ons teen Harmonie….ou Mario Cosadianos het vir hulle gespeel toe byt hy die kak uit my uit ,tot vandag toe nog skeer ek self my hara om my ore ek kan nie n haar knipper om my ore verdra as dit nie ek self is nie🤣🤣🤣🤣
@OUD ANKER (Comment #79)
Persoonlik, het ek meer inspirasie vir my verdediging in rugby van hokkie af geneem. Ek het gewoonlik die manne so ge”channel” totdat iemand anders die tackle maak óf ek ‘n man se voet van agter af kon gryp. Ek is trots om te sê dat ek in ‘n hele jaar van tiendespan rugby in PRG slegs twee tackles gemaak het 😂 een was per ongeluk toe ek Ottoman se o19B span se heelagter op defence probeer step het, maar hy toe in dieselfde rigting as ek gestep het. Die ander een was op Grey se vyfdespan agsteman wat na sy wedstryd vir die tiendespan kom uitdraf het (ek het gevoel dat ek darem in my laaste skolewedstryd ‘n duikslag moes uitvoer). Bygesê, ons manne in die Kaap kan ook maar scruff wees – een van my pêlle se been is met atletiek spikes oopgetrap in nog so ‘n lae-span affêre. Ons sal sien Saterdag! Dit is baie naby, maar ons is baie opgewonde vir die geleentheid.
@Mate (Comment #77)
Rassie mag dalk te groot vir sy skoene word, MAAR hy weet nogsteeds wat die Aussies nie weet nie en wat hulle ook nooit sal weet nie…
@Snelvuur (Comment #67)
So wat is fout met ‘n wasgoedlyn tekkel…? julle moet ophou om so teen Brakpan te diskrimineer….baie innoverende rugby tegnieke en toerusting is in Brakpan ontwikkel soos die wasgoedlyn en tip tekkels, die ou tannie PKe, mouth guards is uit nood ontwikkel om byt merke te verdoesel, kop skerms is daar ontwikkel, want ‘n oor byt baie maklik en lekker en hierdie kort sokkies wat die ouens deesdae dra word ook glad nie in Brakpan rugby toegelaat nie, want waar bere ‘n speler dan sy skroewedraaier ens ens….by the way ek roep Grey om PRG met 5-10 te stamp.
@Mate (Comment #77)
🤣🤣🤣
n Vriend van my het die Big and Tall winkel hier in Perth en hy vertel my netnou Rassie het vanoggend daar ingeloer. Hy heet hom toe welkom en vra waarmee kan hy help. Rassie sê toe vir hom man ek het so ietwat van n probleem deesdae, ek raak te groot vir my skoene.
@kantako (Comment #74)
Die skool bestaan nog,lyk nog dieselfde.Ek was laas jaar daar gedurende n skool dag.Daar gaan rond loop.Hulle my net gekyk of ek van lootjie getik was.Die koshuis op Eendraght nie,baie jammer.
@kantako (Comment #73)
My word!Yes Olympia Park.Jou ma se van was nie Botha of van Coller nie.Daar was ongelooflike atlete daar gewees.Ons eerste span senter paar was Oos-Transvaal 1 en 2.SAS een 2de gekom.Dan my suster se gr was daar 4 meisies as daar plek was gereeld 1 tot 4 gekom.Aflos met hulle was n grap.Ek was ’84 in st 5,jou ma?
@Grizzly (Comment #72)
Olympia park sportvelde
@Grizzly (Comment #72)
Wereld is klein. My ma was in Laerskool Leandra net anderkant Sundra, sy vertel my graag haar atletiek rekords staan tot vandag (ek dink nie die skool bestaan nog nie maar ek sal nie haar bubble bars nie)
@kantako (Comment #71)
Jan van Riebeeck het ons in die semis gewen op daai ander sport veld in Springs,kan nie naam onthou nie.Laerskool Leandra(was in die koshuis daar)2 jaar op Balfour(koshuis) en toe die laaste 3 jaar op Oos-Moot in Pta.
@Grizzly (Comment #51)
Laerskool Christiaan Beyers.
Hulle was n goeie laerskool gewees, die 2 sterk laerskole die laaste 20 jaar in Springs is Jan van Riebeeck en Selection Park.
In watse skool was jy ? En waar was jy op Hoerskool ?
Hoekom het die Burger Trofee weggeval?
@Kaya 85 (Comment #68)
Certainly wouldn’t catch me with my pants down trying to tackle any modern lock, that’s for sure.
@Snelvuur (Comment #67)
must say Bryan Baenhoff’s tackle technique and guts impressive …
@Smallies (Comment #66)
Wou nou net sê: Brakpan manne tackle mos nie so laag nie!
@Kaya 85 (Comment #65)
🤣🤣🤣🤣🤣🤣 nope
@Smallies (Comment #64)
you were there? …on the field…? …in your socks?
@Deon (Comment #62)
Ek was daar gewees 🤣🤣🤣🤣🤣
Saterdag gaan n besige rugby dag wees.
@Smallies (Comment #58)
Of ‘n kaalnaeler Bryan Baenhoff wat vir WP uit die Curriebeker finaal uit getackle het.
https://www.youtube.com/watch?v=P2dozu9rQ7c
@Snelvuur (Comment #60)
🤣🤣🤣🤣 ja nee daai kan moelikheid wees
@Smallies (Comment #58)
Ek hoor daar’s die jaar ‘n biertent langs die veld, so ons moenie te vinnig praat nie 😂
Although the Paarl Boys and Paarl Gim game draws the most spectators, the Grey/Paul Roos match draws more viewers than any other school game in SA. The attendance in Stellenbosch is about 15 000, and is sadly limited to this number due to capacity
@Kaya 85 (Comment #57)
Just hope there’s no ou tannie who decides to PK a player 🤣😂🤣🤣
@PRondersteuner (Comment #53)
@Grizzly (Comment #51)
I feel Paul Roos are favourites…Grey would prefer a hard, dry field. Stellenbosch at home, this time of year means conditions suit the home team, and there is plenty of quality in that pack even without their impressive leader. But exceptional quality will be on display both sides, on and next to the field. These are the princes of SA schoolboy rugby.
@Grizzly (Comment #51)
Hoekom ek dink PRG gaan nie die mas opkom Saterdag teen Grey nie, lees wat Snelvuur geskryf het? Ek dink die SA Skole spelers se onbeskikbaarheid raak ons “dieper”.
Jy was baie bevoorreg om in ‘n plaasskool te kon wees.
@agter_die_pale_pa (Comment #54)
Ter versterking van jou punt: as ek dit nie mis het nie, het PRG slegs een keer hierdie seisoen meer as 25 punte in ‘n wedstryd afgestaan (27 teen Monument). Hulle het reeds een wedstryd (teen Affies) ook met verdediging by hook or by crook (party sou seker sê kroek!) gewen.
Verdediging wen toetse/derbies. Interessant dat PRG se gem tellings teen hul die laaste paar wedstryde beduidend laer is as wat Grey s’n (dalk die weer in die Kaap wees die afgelope maand of twee, tog het PR steeds goeie tellings opgesit). Groter tellings teen hul pla nie gewoonlik vir Grey nie want hul het uitstekende aanvallers. Die naweek is hul egter steeds sonder 12 en 13, wat dit moeiliker kan maak (Felix terug op 10 is ‘n massiewe hupstoot). Jeppe se never-say-die verdediging het Grey ontwrig, PRG sal dieselfde uitdaging bring, en nog meer. Indien hul Grey se telling onder 20 kan hou, dink ek die bragging rights skuif STB toe. Sodra Grey verby 25 skuif, gaan jy daai stoomtrein moeilik stop.
@Grizzly (Comment #51)
PRG is sonder twee van hul beste spelers in Norton en Kruger. Norton is die kaptein ook. Grey het hul volle pak voorspelers en kaptein ook. Ek dink Grey is die gunstelinge Saterdag, maar ek hoop PRG kan vir ‘n verrassing sorg.
@Grizzly (Comment #51)
Mens moet ook onthou dat niemand wat tans in PRG is al ‘n rugbywedstryd teen Grey op Markötter verloor het nie (in 2022 was die enigste 4 verlore almal onder daardie o19-groep). Dit moet vir iets tel op ‘n sielkundige vlak.
@Deon (Comment #49)
Het al van daai skip name gehoor,dink dit was hier by st1 of 2…Toevallig my beste rugby jaar gewees.Ons klein plaas skooltjie,250 kinders…se maar 125 seuns in die eindstryd op Pam Brink teen die magtige Genl Beyers,voedingskool vir die dan Hugenote net net verloor vir die /10 Oos-Transvaal beker.Hoekom dink jy PRG staan nie n kans nie.Ek dink hulle het meer as n kans.Ek gee hulle die wen oor hulle consistency deur die jaar.Dan hulle en Grey weet van die blaps teen Jeppe,dit kan nie weg gewens word nie.So PRG weet daar is n swakheid iewers,hulle moet dit net kry Sat.
@Jakes (Comment #21)
Ek kan nie juis sien wie uit posisie gespeel is nie… Van Aswegen speel al heel jaar rond tussen 4,7 en 8. Storm is wel ‘n beter 6/7 as 8, dink dit is hoekom hy gesub was. 14 moes speel om julle pale-skop so bietjie te vestewig en toe sukkel hy ook. Volgens my is dit al wat uit posisie was – die res was wat almal sou verwag. Plaasvervangers… Rippenaar het die veld beseer verlaat. 1 was ‘n taktiese vervanging – gebeur gereeld met voorrye. 8 is vervang agv nie ‘n goeie game nie. 14 is vervang nadat sy stelskoppe ook nie eintlik goed was nie. Weet nie hoekom 12 vervang was nie, maar teen daardie tyd was daar minder as 10min oor. Neeee-wat – ek dink dit het niks te doen gehad met uit posisie speel of plaasvervangers nie. Ek dink Garsies was net meer gemotiveerd as EG. Verder verstaan ek van my EG vriende dat hulle BAIE, soos in BAIE, ongelukkig met die ref was. Alhoewel ek weer dink hy het konstante foute gemaak beide kante toe… Alles en alles saamgevat, is ons net seker van 2 goed – #1. EG gaan BAIE beter wees die komende saterdag en #2. Garsies weet dit. Watter een gaan die mees gemotiveerd wees en op die dag die beste rugby speel? Ek dink dis anybody’s game… selfde geld vir die mini semi-final nader aan Rigel oprit ook!
@Grizzly (Comment #46)
As jy dink ek was gevang en het nie saam gejoke nie moet jy dieper lees wat ek geskryf het. Ek dink ek het eerder jou en Rugbyman kunsvlieg, dryflyn en lyn gevang. Dog jy sou eerder vra wat ‘n fokkerseil is en wat loef is. Die wonder agter ‘n seilboot wat teen die wind opvaar is seker te vreemd vir Noordvaal papgooiers. Inelkgeval, ek dink Garsies gaan verder wen as wat jy verwag, en al wil ek dit graag anders hê, kan ek nie PRG sien wen nie. Ek hou van die Noordvaal beker konsep. Ek is bly julle is opgewonde, ook oor al die tipiese Wynland name wat bespreek word hier, maar dis net nie vir fynproewers uit tradisionele rugbyskole nie.
@Grizzly (Comment #46)
Ek het darrem al n paar Admin bekers beleef in my lewe so ek ken die besigheid….
@Grizzly (Comment #46)
😂😂 Well played
@Deon (Comment #44)
@PRondersteuner (Comment #43)Hook line en sinker!!😂😂Net Smallies wat nog taktvol nie heeltemal byt nie.Ek het geweet Deon gaan opstel skryf.Geniet hom boys,kan self nie wag nie.Hou egter by my statement dat sou Grey wen PRG nog steeds nr1 bly.Wat NV betref groot naweek wat net groter word vir die opkomende week.Ek gaan met PRG met7,Bere met 5 en Kloof met 10.
@PRondersteuner (Comment #43)
Ai hoe lekker skud Grizzly die hok… en julle sluk hom hook, line and sinker… Hy lag seker lekker…
Julle derby is GROOT! Gaan ‘n massive game wees! Sterkte en mag die beste span wen!
@Grizzly (Comment #41)
Hey Meneer.Jammer om jou in te lig, Beeld is nie ‘n nasionale koerant nie, eintlik ook nie Rapport nie. Wanneer het julle dan TV gekry? Paarl Interskole, immers die grootste in die wêreld, was die eerste skole rugbywedstryd ooit op SA TV. Toe ‘n hoogtepunte aflewering van PRG vs Paarl Gim op Danie Craven, selfde era. Rapport/Burger in die Kaap het ook nooit oor die Adminbeker, of wat ookal (Noordvaal is ‘n totale misnoemer), verslag gedoen nie. Ek het maar net daarvan kennis geneem toe Strand Hoër een dag in die 80’s die vorige jaar se beker kampioen met 44 punte gewen het. Jy moet onthou, die eerste rugbywedstryd in SA is op Saterdag 13 April 1652 in Kaapstad gespeel, Drommedaris bemanning vs Goede Hoop bemanning. Die Reijger, wat ‘n dag laat was, en die Walvisch en die Oliphant, wat 4 dae laat in die Kaap aangekom het alhoewel al 5 saam uit Texel vertrek het op 24 Desember 1651, en aangesien hulle die melaatses en krankes van siel gebring het, wat nie die laaste drie dae teen die Suidooster kon loef met hul oop fokkers nie, is summier Transvaal en Vrystaat toe verban, en kon nie deelneem nie.
@Grizzly (Comment #41)
Jy besef die “nasionale koerante” waarna jy verwys, was nog altyd streek gebonde. Hier in die Kaap was daar nie ‘n Beeld of Volksblad nie. Net soos julle nog nooit Die Burger gekry het nie. Soos PRG/Grey vir jou vreemd en onbekend was, so was die bekers/trofeë waarvoor julle speel vir ons ook onbekend. Dis hoekom ek sê beker rugby het sy plek en ondersteuners. Dit maak dit geensins minder belangrik as wat Saterdag hier op Stellenbosch of in Bellville, Rondebosch, Wynberg, Durbanville, ens plaasvind nie.
@Grizzly (Comment #41)
Ja die Noord Vaal beker is ook baie ouer as die Grey PRG game ….sekerlik n goeie 70jaar MAAR daai interskole gryp die verbeelding aan amper net so baie soos die Paarl game
@PRondersteuner (Comment #40)
Nee wat.Admin,Dir,Beeld,Virseker het altyd nasionale koerante gehaal.Eeste keer wat ek van interskole,PRGvs Grey gehoor het was toe ek die blog gejoin het.Dit was eenvoudig nooit in Rapport/TV…ons bronne van inligting destyds.Gelukkig vir hierdie soort games het social media die wereld klein gemaak en is dit ook nou relevant.
@Smallies (Comment #39)
Beker rugby het sy plek en ondersteuners, maar Saterdag gaan oor baie meer as ‘n beker.
@PRondersteuner (Comment #38)
Ja nee kyk ekke laaik beker rugby nogaals baie maar dit verflou maar in vergelyking met die veldslag van die naweek…
@Mate (Comment #37)
Dit wat die naweek gebeur is nie definitief nie beker rugby nie.
Ek dink die Kapenaars sien baie uit die naweek na regte rugby…….beker rugby
@Joshias (Comment #33)
Van wat ek gehoor het vlieg Brooklyn en Junaid vandag terug en sal kan speel saterdag. James is vroeer terug gestuur as gevolg van n harsingskudding, hopelik is hy reg vir die finaal indien ons wen die naweek.
@Jakes (Comment #21)
Sterkte vir Jansen die naweek! Ons is onder GEEN ilusie dat dit baie hard en taai gaan wees nie! Jansen het Saterdag net ‘n afdag beleef en het ‘n baie goeie span! Ons weet dat Saterdag ‘n close game gaan wees met baie klein margins. Laas naweek is nou verby, en al wat eintlik tel is hierdie Saterdag. Die Noordvaal toernooi begin nou eers…
@BlouLou (Comment #24)
Daar is neutrale refs in die playoffs… julle sal dus nie Saterdag ‘n bloubul of leeus ref kry nie… ons sal nie valke of bloubul ref kry nie… Al manier hoe daar ‘n bloubul ref die finaal kan blaas is as dit ‘n Waterkloof vs Garsfontein finaal is óf EG vs Monnas…
Sterkte vir die naweek! Jys reg, playoff rugby bring iets heeltemal anders!
@garsieboy (Comment #26)
Is ons SA spelers terug die naweek al?
@BlouLou (Comment #24)
Al eerlike skeidsregters wat oorbly is nou die wat Pretoria as basis het?
@Wonder (Comment #30)
Baie dankie! Eish nie great dat die o16s dieselfde tyd as die eerstes moet speel nie maar ek glo hulle kan vir ons vir n upset sorg daar in krugersdorp!! Miskien kan die 15s en 16s mekaar maar gaan ondersteun daar in krugersdorp saterdag😁
@garsieboy (Comment #27)
Hier is die tye:
09H00 0/15 by Monnas
10h30 0/14 by Garsies
11h45 0/16 by Noordheuwel
12h00 1stes by Garsies
Sal 0/15 stream en later 0/16 kyk.
@BlouLou (Comment #23)
Dit sal eintlik fantasties wees as Waterkloof/EGJansen in die finaal speel na hul gelykop uitslag vroeër die jaar.
@BlouLou (Comment #24)
@garsieboy (Comment #15)
Ok, you guys make sense…
You convince me.
I mistakenly thought the semi would be between the same two schools in Boksburg irrespective of last round result.
I didn’t look at that log closely…I’m actually disappointed that it’s not going to be a Bere/EG final… Boksburgers might have peaked just before CW and holidays. Bere got their second wind after some reverses…
@Wonder (Comment #25)
Ek het nog geen tye op enige plek gesien nie sal dit post sodra ek iets sien. Dit sal great wees om al 4 te kan kyk aangesien dit die eerste keer in Garsies se geskiedenis is dat al 4 spanne semi’s speel!!
@BlouLou (Comment #24)
I honestly think Garsies just had a better game on the day. I think Garsies had a bit more motivation perhaps…
And with 2(maybe 3) sa schools players returning this week I think EG is in for another HARD one on Saturday on Bere park.
@garsieboy (Comment #15)
Is die bepalings en tye vir Saterdag se semis al beskikbaar? As jy dit het post asb. Hoop ons kan al 4 Garsies se games kyk.
@garsieboy (Comment #15)
I agree. Does not make sense to play an understrenght team against Garsfontein. Now the home ground advantage is lost (we are all to well aware of the curse of the Valke refs), as well as having to go back to the same field where you took a hiding a week before.
@Jakes (Comment #3) Ons sal maar aanhou hard werk en glo dat ons met bietjie geluk dan die finals maak. Knock out Rugby is maar ‘n snaakse ding.
@PRondersteuner (Comment #20)
Dis maar altyd n riller…en lekker om ons teen julle te toets…
@Wonder (Comment #17)
Daar was ‘n paar spelers uit posisie uit soos ek die span ken en paar spelers van die 2de span al vroeg opgestuur. So ek sal nie kan sê wat die planne was nie. Ons sal maar die Saterdag sien wat die verskil gaan wees. Ek verwag ‘n baie beter poging van EGJ af. Lets wait and see
@Smallies (Comment #1)
Dit gaan ‘n groot dag wees. Ek dink vir die eerste keer sedert 2018 is PRG meer benadeel met SA o18 spelers, alhoewel Grey hul senters baie gaan mis. PRG kry gelukkig vir Badenhorst terug. Hy kan ‘n groot verskil maak, maar dit hang ook af watter tipe bal hy kry. Vir môre word baie reën voorspel, maar die res van die week is dit sonskyn.
A re-match for Middies against HTS Middelburg. Let’s see if it will have the same result. Good luck to both teams.
@Kaya 85 (Comment #11)
Hi Kaya. I think EG onto 21 games for the season vs Garsies on a lot more manageable 15 games surely plays a part in the equation this deep into the season.
@Jakes (Comment #2)
Het EG van hul eerste keuse spelers gerus?
@Jakes (Comment #2)
Let’s see, also take all the other teams into consideration, the past weekend was tough for EG all round, not only first team. This weekend will be tough, time will tell
@Kaya 85 (Comment #13)
I just don’t think EG would’ve purposefully thrown away a home semi final and possibly home final. If they did do that on purpose then I don’t know if their coaches should be compared to rassie…also they wouldn’t have played garsies 2 weeks in a row if they had won. They would’ve played monument. There’s no way they could’ve played against garsies in the semi final if they had won.
@Wonder (Comment #12)
Disclaimer:
This is only Kaya’s speculative opinion.
I have very high regard for Jansen and Garsfontein, both as educational centres of excellence…and for their rugby programmes which are elite rugby pathways.
@Wonder (Comment #12)
Well they were assured of a top 4 spot, win or lose. So I think strategically they made a move….
I think they knew its unlikely to beat Garsies two weeks in a row, and that the second game is the MUST win…
@Kaya 85 (Comment #11)
Are you saying that EG lost on purpose because they want to play Garsies in the semi?
I think EG’s coaches came with Rassie level mind games this past weekend because as Jakes says the Semifinal will be a different ball game. I think the coaches evaluated the log position, saw they would be playing Bere again…and well…
@Grizzly (Comment #9)
Waar in Springs ,my beste pel het in Dal Fouche gebly daar naby die lughawe…ek het baie goeie Sarerdae by Murrypark gehad
@Smallies (Comment #8)
Ek weet,dis Hugenote en EG en die beste van Oos Rand saam teen Garsies.Ek belowe jou as EG wen is ek aan hulle kant!!Ek het in Springs groot geword.Maar Jakes is n solid ou,dis net skole rugby….
@Grizzly (Comment #7)
Passievol is die woord…
@Jakes (Comment #3)
Wat is jy so emosioneel omtrent die game.Het iets gebeur?Ek gee glad nie om as julle die cup vat nie.Wil graag wen maar wil nie he dat ons kwaai vyande raak nie,die NV cup groter as al die skole saam.
@Deon (Comment #5)
PRG se hokkie is tops. Reuben Sendzul is gekies vir SA u21.
Ek hoop EG wen, maar Garsies, Wynlandspan nommer 5 is hot.
Geluk aan PRG onder 16 hokkie, SA Top Skole onder 16 kampioene.
Jolla bolla, STELLENBOSCH
@Jakes (Comment #3)
Ek gee nie om teen wie julle jol nie ,solank julle net wen…
I predict Monument and EGJansen will turn the tide this weekend against their opponents. I predict a EGJansen/Monument Noordvaal Cup final.
EGJANSEN VS GARSFONTEIN REPEAT
Last week was the biggest interschools in the country….now its time for the greatest interschools in the country🤣🤣🤣