DATE | SCHOOL | SCHOOL | INFO | |||
---|---|---|---|---|---|---|
Thu.23Mar | St Andrew’s | 13 | 12 | SACS | Graeme College 150th | |
Thu.23Mar | Brandwag (Uitenhage) | 03 | 48 | Hilton | Graeme College 150th | |
Thu.23Mar | Kingswood | 21 | 12 | Queen’s | Graeme College 150th | |
Thu.23Mar | Graeme | 18 | 14 | Framesby | Graeme College 150th | |
Thu.23Mar | Grey College | 52 | 12 | Marlow | Graeme College 150th | |
Thu.23Mar | Potch Volkskool | 00 | 76 | Noordheuwel | NWU Prestige | |
Thu.23Mar | Zwartkop | 06 | 28 | Wesvalia | NWU Prestige | |
Thu.23Mar | Jeugland | 25 | 23 | Middelburg | NWU Prestige | |
Thu.23Mar | Hugenote (Springs) | 14 | 27 | Montana | NWU Prestige | |
Thu.23Mar | Rustenburg | 25 | 12 | Die Anker | NWU Prestige | |
Thu.23Mar | Lichtenburg | 28 | 12 | Potch Gim | NWU Prestige | |
Thu.23Mar | Marais Viljoen | 15 | 12 | Heidelberg VS | NWU Prestige | |
Thu.23Mar | Jim Fouche | 31 | 31 | Secunda | ||
Fri.24Mar | Port Alfred | 00 | 32 | Woodridge | Graeme College 150th | |
Fri.24Mar | Mary Waters | 07 | 27 | Union | Graeme College 150th | |
Fri.24Mar | Cambridge | 07 | 24 | Daniel Pienaar | Graeme College 150th | |
Fri.24Mar | Muir | 21 | 10 | Stirling | Graeme College 150th | |
Fri.24Mar | Dale | 22 | 20 | Pearson | Graeme College 150th | |
Fri.24Mar | Selborne | 34 | 17 | Nico Malan | Graeme College 150th | |
Fri.24Mar | Hudson Park | 07 | 27 | Grey HS | Graeme College 150th | |
Fri.24Mar | Paarl Gim | 24 | 23 | Stellenberg | ||
Sat.25Mar | Hopefield | 10 | 15 | Strand | @ Brackenfell | |
Sat.25Mar | Brandwag (Uitenhage) | 00 | 22 | Queen’s | Graeme College 150th | |
Sat.25Mar | Marlow | 05 | 34 | Kingswood | Graeme College 150th | |
Sat.25Mar | Hilton | 19 | 03 | Framesby | Graeme College 150th | |
Sat.25Mar | St Andrew’s | 00 | 48 | Grey College | Graeme College 150th | |
Sat.25Mar | Graeme | 05 | 19 | SACS | Graeme College 150th | |
Sat.25Mar | HJS Paarl BH | 25 | 26 | Durbanville | Porterville Sports Weekend | |
Sat.25Mar | Durban HS | 14 | 07 | Maritzburg College | ||
Sat.25Mar | Northwood | 22 | 23 | Westville | ||
Sat.25Mar | Oakdale | 18 | 24 | Rondebosch | ||
Sat.25Mar | Hermanus | 07 | 11 | Parel Vallei | ||
Sat.25Mar | Brandwag (Benoni) | 19 | 52 | Fichardtpark | ||
Sat.25Mar | KES | 43 | 10 | St Benedict’s | ||
Sat.25Mar | St John’s | 29 | 24 | St Alban’s | ||
Sat.25Mar | St Stithians | 17 | 14 | St David’s | ||
Sat.25Mar | Voortrekker (Beth) | 03 | 41 | Helpmekaar | ||
Sat.25Mar | Louis Botha | 00 | 38 | Noord-Kaap | ||
Mon.27Mar | Secunda | 19 | 19 | Kearsney | @ Nico Malan | |
Wed.29Mar | Nico Malan | 10 | 26 | Kearsney | ||
Wed.29Mar | Daniel Pienaar | 07 | 24 | Secunda |
@JongMatie: Sal maar sien. Persoonlik dink ek BHP se metode is beter as die res, hoewel dit kan verbeter.
Maar ek steur my nie veel aan ranglyste nie. Ek geniet die wedstryde, elkeen op sy eie, en of jy nommer 1 of 200 is maak nie regtig saak nie.
@Smallies: Hey, ja, jy is korrek en en wat jy sê is baie waar. Ek het dit al genoem hier, meer as een maal. Dit sê baie van Grey Old Boys dat ek nog nooit ooit een van hulle dit hoor gebruik het as verskoning nie. Dis altyd vir my ‘n fenomeen dat dit nie as verskoning gebruik word nie, nie eers deur ouens wat gewoonlik heel dag kla, soos Djou nie.
Weet iemand wat Secunda se telling teen Daniel Pienaar was?
@Deon: wat ek met Grey se reis effek teen PRG bedoel is dat die helfte van die eerste span gewoonlik dan saam met die sa Skole span reis …beslis n probeem maar een wat ons gewoonlik oorkom
@Ploegskaar: Hahaaaa
@Smallies: Grey toer meestal af, so dit is voordelig vir hulle. Net ‘n Vrystater sal ‘n voordeel probeer neutraliseer. En as hulle kus toe reis, sommer baie voordelig ook. Beste plan is, publiseer julle studies, revolusioneer die sportwêreld, en verdien ‘n paar miljoen dollars op die sylyn.
@Deon: ja die reiseffek is n ongevraagde probleem vir Grey ,die feit dat die helfte van hulle 1ste span gewoonlik op reis saam met n ander rugby span neuk nogals….maar Grey slaag darem gewoonlik om dit te neutraliseer…🤣🤣🤣🤣
@Smallies: As ek nie van beter geweet het nie sou ek gedink het dis een van my eks skoonma’s wat swaksinnig genoeg is om teen alle wetenskap in te beweer dit is nie voordelig vir sportmanne om “af” te reis en nadelig om “op” te reis nie. Boonop kan die effek dramaties wees by hoë intensiteit sport. Dit is nie ‘n verskoning nie, glad nie. Wat elke liewe professionele sportman/afrigter/beroepswedder in ag neem is dat die reiseffek ( nie my term) allermins dieselfde is vir almal. Ek praat onder korreksie, verskoon as ek verkeerd onthou, maar ek dink dit was Djou wat die term “reiseffek” laas jaar gebruik het in ‘n bespreking van die 2022 Grey/PRG wedstryd.
@OUD ANKER: nope die algoritme hou hom nie op met weak ass verskonings nie🤣🤣🤣
@Smallies: Ek wou ook vra of jou algoritme hoogte bo seevlak in ag neem, want indien nie gaan jou IT boffin dit effens moet aanpas om die Kaapse skole ekstra bonus punte te gee as hulle by altitude speel.
@OUD ANKER: daai sal n geneuk af gee
@Smallies: Ek hoor egter nou die Lesotho regering wil die Vrystaat van SA terugeis en dat Bloem dan die nuwe hoofstad van Lesotho gaan wees en dat Grey se naam dan gaan verander na Basuthu Secondary. Watse posisie gaan DIE nuwe skool op jou ranking inneem?
@Strepie: @Djou: @JongMatie: ek het besluit om my eie ranking van die top 3 skole uit te bring ek het n IT engineer gehuur om vir my n baie sterk algorithm te skryf….na maande se swoeg en sweet kon ons uit eindelik die besigheid toets en die uitslag was nogal eye opening ,basies waarop dit neerkom is die volgende ,die skool wat die meeste games wen is nr 1 die skool die een wat die tweede meeste wen is nr 2 en die een wat die derde meeste wen is nr 3 ,in die geval waar twee skole die selfde hoeveelheid wenne het sal die algorithm die skool kies wat die minste hoeveelheid punte teen hulle gekry het ….behalwe as Grey een van die skole is ,dan sal die algorithm Grey outomaties as nr 1 rank….
@Djou: Ons gaan sekerlik nie sekere ranglyste weer op steun na laas jaar se foute nie?
@Strepie: Nee wat, enigeen wat nou ranglyste uitbring doen dit vir die clicks. Hulle sal vinnig opskuif.
@Djou: Ek sien my Alma Mater le darem 9de op die nuutste ranglys.
https://saschoolsports/first-xv-rugby-rankings-27-03-23/
@Ploegskaar: Jy was nog altyd ‘n no nonsense ondeunde man! 😃😃😃
@Ploegskaar: Sjoe, close
@Ploegskaar: *Kantman 😅
@Kantman: @Beet, you need to give Kontman a Stellenberg truitjie. Pinned his colours to the mast
@Djou: Ja, Gert Lindeque is weg van HTS Middelburg na Rustenburg. Hy was een van die ongevalle toe HTS Middelburg besluit het die groter prentjie wat betref skool belange is belangriker as rugby. Gert ken die kuns van werf, maar hy het ‘n vet beursie skool nodig daarvoor.
@OUD ANKER: Rustenburg was nog altyd taai, veral in Rustenburg. Hulle werf goed.
@Mate: Noordheuwel se buurman is mos jou skool! Noordheuwel staan ‘n goeie kans om Noordvaal te wen die jaar – in meer as een ouderdomsgroep.
@Kantman: Julle het ‘n great game gehad teen Gim. Well done! As julle so aangaan en jul spelers kan hou, wen julle binnekort ‘n span van Paarl of PR.
@Strepie: Jy is en was nog altyd ‘n great ou!
@Djou: Stellenberg, maar jy het ons nie gevra om geluk te sê vir Gim nie.
With the Blue Bulls’ current form, the Lions’ slow, miserable death as a viable pro entity, and now Tuks’ relegation from Varsity Cup, the North desperately needs our schools to perform this week….predictions to follow.
@OUD ANKER: Ek was te haastig, julle het goeie konteks gegee later. Nou verstaan ek beter. Stem saam oor verdeelde aandag.
@Strepie: Jy weet natuurlik Affies teen HJS is hoofwedstryd van laaste dag…
@OUD ANKER: SUID = BlouTrein, NOORD = Affies
@Mate: Outeniqua, ek hou van jou keuse!
@Mate: jy moes Secunda die week geback het
@OudAffie:
Was seker 3 great games as ek na die tellings kyk
Ek hou van 0/14 en 0/15 wedstryde
@Mate: Ek het al drie wedstryde gekyk en in al drie wedstryde het die wenspan die oorhant gekry en gehou in die eerste 20 min.
@OudAffie:
So Noordheuwel wen die toernooi volgens Duckworth Lewis
Lol
@Mate: Noordheuwel het vir HJS 12-5 gewen. Toe wen HJS vir Affies 19-10. En toe wen Affies vir Noordheuwel 10-9.
@OUD ANKER:
Outeniqua
@Mate: En vir Noord/Suid? Wie gaan jou span wees?
@OUD ANKER:
Ek verander elke week
Kies elke Woensdag my span
Verlede week was dit Secunda
@Mate: dan kry Monnas gereeld n pnoes klap by Grey Boishaai ,Gim ens
@Djou: Ek lees lekker en se weereens, baie geluk Durbies!
Boishaai sal moet kop optel, nog n lang seisoen.
Jeppe lyk ook moeilik!
@Mate: Het jy ‘n skool wat jy ondersteun of bestaan die nie meer nie?
@OUD ANKER:
Well done
Dit was die regte ding om te doen
@Mate: Absoluut, geen probleem, Rustenburg, well done met die oorwinning oor Die Anker, soos ek reeds genoem was dit (in my opinie) ‘n goeie eye opener vir Die Anker.
Wow
Secunda en Kearsney 19-19
As gelukwensing nou so belangrike aspek geword het wag ek dan in spanning dat Ou Anker vir Rustenburg moet gelukwens
@Smallies:
Hoe sal mens dit definieer dan?
1-3 punte —— naelskraap
4-6 punte——— net net
7-10 punte ——— slae
11-17 punte———-pak slae
18-25 punte ——-oorveeg
26 -35 punte ———snot klap
36 en meer ——— pnoes klap
Ek hoor ook Noordheuwel soek PRG se bloed
Ek merk op dat HJS se 0/14 A wat teen Noordheuwel verloor het, vir Affies gewen het by dieselfde toernooi
Wys jou dat Noordheuwel se werwing en hoogs moontlik hul afrigting puik is
Dit voorspel niks goed vir hul westelike buurman in die toekoms
@Smallies:
@Kantman: Lank wag vir watter antwoord?
@Kantman: As jy regtig dink ALMAL het aanbeweeg, dan moet jy weer dink.
My punt was, as ek dit eenvoudig vir jou kan maak, dat bykans geen HJS blogger krediet gegee het nie, dus sportmangees.
Wie ondersteun jy in elk geval?
@OUD ANKER: 25 12 is by no means n pak slae …
@Mate: Sover ek weet speel Affies nie teen Noordheuwel of Monnas for that matter die jaar nie.
@Mate: Jip Die Anker het agter gekom dis nie so maklik om teen ‘n groter hond in ‘n blaf geveg betrokke te raak nie. Onthou Rustenburg speel in ‘n hoër liga as Die Anker en eks bly Die Anker sal nou besef as hulle dalk volgende jaar opskuif is die Rustenburg tipe wedstryde hulle voorland.
Ek sien ook Die Anker het groot pakslae gevat teen Rustenburg
En Potch Volkies wat in die verlede n hele paar Admins gewen het is verwoes deur Noordheuwel
Sal my ook nie verbaas as Noordheuwel die jaar vir Affies dril
Wow ek was nou vir n paar dae in Pakistan en het nie internet gehad
Lees ek reg dat HJS verloor het?
Kan mos nie wees nie
@OUD ANKER: Ironie is dat die Tuks Young Guns bo aan die log is.
@kantako: lyk my Tuks is die jaar niks ….ek gaan seker 2025 my woorde sluk maar vir nou…..
@OUD ANKER: daarmee stem ek 100% saam jou en dus my vraag.
Die vorige 2 jaar het EG en Menlo ook maar lekker gesukkel.
Gaan die skole nou die vrugte pluk die jaar ? Ek dink in elk geval dit is onregverdig dat ouens 2 sulke groot poste het wat baie geld betaal, terwyl daar goeie afrigters is wat nie ooste kry nie.
Albei goeie afrigters, albei nou lekker geld gespaar en genoeg golf gespeel, ek stem saam jou dis tyd dat hulle nou kies skool of Tuks (of niks) ek moes net
@kantako: I rest my case in terme van verdeelde aandag. Hoe kan enige afrigter wat direkteur van rugby is by Menlopark en EG Jansen, wat so by the way deesdae ‘n VOLTYDSE job is terselfde tyd hoofafrigter van ‘n Varsity Cup span wees? Die skool of varsity of selfs ALBEI gaan op ‘n stadium die negatiewe vrugte pluk van die verdeelde aandag. Kom ons hoop vir Menlo en EG se onthalwe dit is nie laasgenoemde nie.
@OUD ANKER: ek dink die feit dat die bulls in drie kompetiesies speel het dalk ook n uitwerking op Tukkies ,spelers wat gewoonlik vrygestel kon word vir Varsity cup kan nou nie meer nie ….maar ook bygese ek kan jou amper waarborg promosie relegasie is terug volgende jaar …
@kantako: Jy gaan lank wag vir ‘n antwoord
@OUD ANKER: maar hulle was ook die vorige 2 jaar wat hulle hom back 2 back gewen het ?
@Wonder: 👌
@Rugbyman: En raai wie is Tuks se hoof afrigting span….Nico Luus en Rudi Dames…I rest my case.
@Wonder: Ek dink meisieskole is fantasties, maar co-ed is beter
@Deon: Deel net paar feite met die fariseers.
@Wonder: As Garsfonteiners begin vinger wys oor “koop/werf/watookal”, of dit nou net op Papier uit Darling in die Wes-Kaap is of uit Gesina, is dit soos om in die 70’s na Twilight Zone te kyk. Rod Serling se Moses lol.
@Smallies: Ja,maar dis teen die wet. Of is dit teen die paal?
@Kantman: Het jy geweet Durbanville is ‘n Meisieskool?
@Wonder: Tyler Bocks en Dylan de Leeuw het na hulle gr 11 jaar geskuif Bocks van PRG na Boishaai en De Leeuw van Stellenburg na PRG ,so as jy regtig wil kan jy,hang net af of daar n bussie is
@Smallies: Ek glo jy is reg,maar nie een van die Tradisionele Kaapse Rugby Skole sal hom mag vat nie,wanf hulle almal koop net in graad 8,as jy durf waag om daarna beurs aan te bied is jy moes die k@k wat die duiwel uit gedink het.Behalwe as jou bl verklaring uitreik oor delayed option dan is als ok.
@Smallies: Ek verstaan Quins betaal die studente baie,baie meer om vir hulle te speel.
@Wonder: daai 10 van Durbanville gaan op n paar skole se radar wees veral as hy gr 11 is
@Rugbyman: ek het nogals gedink dit gaan die Shimlas wees na die start wat hulle gahad het,maar Tuks sal terug kom ….
@Kantman: Dis nogal ongevraagd van jou. Ek stem saam Djou. Die groot bekke is lekker stil. Delayed option gaan nou sterk deurkom.
Tuks gerelegate…! Nee man! 😟
@Djou: Ek dink almal het al aanbeweeg, lyk nie of jy kan nie … Een ou wat jou gat krap maak nie ‘n skool nie
Boishigh supporters almost nowhere to be found. Only one had the guts to congratulate Durbanville. It says something about their sportmanship – and it is not good.
But their mouths will, as usual, be full commenting on other teams. Especially Boerboel who dropped his alma mater, Durbanville, for Boishigh a long time ago.
I feel for the boys having lost a game they normally should win by a mile, but credit to Durbanville.
@Grizzly: nee fok… dink net hoe skaam gaan die man daai skool se kids maak .Hy kan hom n Joe Biden gesiggie op sit want hulle is altwee ewe deur die klak
@Smallies: Kan Beet nie maar vir Eds n Durbanville truitjie aan trek nie?Shame,ek dink hy sit nog steeds tussen daai 2 vure maar is van plan om skip te jump…lol
@JongMatie: @Strepie: @Carpe diem: so ek het gister sommer oordentlik sout op die wonde gegooi….maar dis nou Maandag en ek wil nou se ,die span wat Boishaai gaan afskryf na die flop van Saterdag gaan n moerse fout maak ,inteendeel wil ek se dat Boishaai nou die gevaarlikste span in Suid Afrika is ,as jy hulle nou gaan onderskat gaan jy n duur prys betaal
@Carpe diem: En ja, ek verstaan van die “ou koeie” en “slapende honde”, maar ek voel dit is relevant, aangesien dieselfde span (HJS) in hierdie 2 wedstryde onderskeidelik (moontlik) die soet, sowel as die suur geproe het.
@JongMatie: Ek glo al die spanne loop soms deur onder swak beslissings en/of oortredings wat nie raakgesien word deur wedstrydbeamptes nie. Wanneer dit egter gebeur, maak dit seer, veral wanneer dit moontlik n invloed het op die uiteindelike uitslag.
Interskole 2022 tussen Gim en HJS is moontlik n goeie voorbeeld. In daardie geval is HJS bevoordeel toe nie een van die wedstrydbeamptes n aanslaan raakgesien het nie, en n drie toegeken is.
En dit sal natuurlik aanhou gebeur, maar ten minste sny dit weerskante toe.
Dit moet nou seermaak, maar ons almal weet HJS is n kwaliteit span wie sterk sal terugkom.
@Jakkals: More manne!
Alle krediet aan Durbanville.
Julle het ingeklim, was hongerder en was baie goed by die afbreekpunte.
My Alma Mater sal moet diep delf.
Ek hoop nie die Blou Trein het al vroeg seisoen ontspoor nie.
3 manne het nie gespeel ine, waarvan die losskakel en Fuller twee is.
Geen verskonings.
Well done Durbies!
@Maroon machine supporter: Ek kry vir Boishaai bitter jammer.
Wynkop van die Weskus ken nie sy reels nie.
Boishaai het nog 3 manne wat van beserings af moet terugkom.
Kan net dankbaar wees daar was nie nog twee manne beseer nie (een direkte kop kontak en op die nek).
Ek soek nou nog die 2 x rooi kaarte.
The Graeme Festival is always enjoyable. The rugby, for me, less so. I had high expectations of Marlow this season and they have been lowered considerably. I understand the game against GCB, they turned the ball over at the start and battled with the pace Grey plays with – 28 points after 14 minutes. Then they played proper rugby for 40 minutes and during this period the score was 12-12 and then they conceded 2 tries in the last 5 minutes. The score was not a true reflection of the game. Against Kingswood they were poor – static on defense, lots of unforced errors and poor set pieces. Kingswood is very good and well coached.
I love Selborne’s 15, he is fun to watch.
GCB is very good, the benefit of playing that tournament at the end of last year with a /17 team is clear and they should have a very good year.
Grey CB look very well conditioned, muscular, peak fitness so early in the year….same applies to many others
@Deon: lekker aand verder vir jou ook my geleerde vriend…..o ja so n laaste salvo vir die aand….Grey het nog nooit dit nodig gevind om hulle naam te verander om meer prestige uit te straal nie 😂😂😂
@kantako: Stem. Gee die span wat jou span wen krediet. Soos ek gese het, ek is bly die kleiner rugbyskole kom deur. Maak dinge lekker interressant.
@Smallies: Dit was maar HALF tong in die kies, maar onthou dis moerse voordelig vir hulle om hier onder te kom speel. Dis maar net altyd vir my merkwaardig hoe blind mense kan wees en sommer ceteris paribus vergelyk asof dit presies dieselfde is om af te toer as op te toer, sogenaamde “reiseffek”. Doodgewoon stront. Behoort streng gesproke in die rangering ook ingewerk te word. Mooi aand en week vir jou brigadier-kapelaan Smal, en moet vir geen oomblik dink net omdat Grey nooit die Echelons kan bereik wat PRG doen nie, ek nie die hoogste respek vir hulle en hul poging/s het nie.
@Gimnasias: boys, iemand moet hom sms.
En vir die res van die seisoen moet ons sommer nou ook dit neerle, as jou span verloor moet jy steeds aktief wees op die blog anders moet ons bekommerd raak dat iets gebeur het, ons is almal rugbymanne(@rugbyman no pun intended) en ons gee om vir mekaar so as jy nie reply na n verloor nie kom soek ons na jou.
Manne, ek is bekommerd oor Strepie. Hoor niks van hom nie.
@Gimnasias: ja nee dis darem woes hoor…maar aan die ander kant is dit waarvoor hulle opsign…
Ek is darem bly ek het matriek in 86 gemaak. As ek nou op skool was het ek verseker gedop met al die rugby wat die skole nou speel. Ek dink die outjies moet nou baie meer selfdissipline hê om by alles uit te kom.
@kantako: Boerboel…..yada yada yada yada jean kortbroeke yada yada yada
Strepie…die verloor strook nie met die ethos van boishaai nie hulle moet asb die eerste span truie wegvat om vernedering te keer……whaaaaaaa maar prg is mos n hokkie skool ….blah blah blah post matrieks speel bekerugby in die noorde….
@Deon:jy kan seker daai verskoning gebruik as Grey net tuis games gejol het….ongelukkig speel hulle seker 80% van hulle games weg….🙈🙈🙈🙈
@kantakoEk dink hulle is nog kwaad vir die skeidsregter oor veral daai laaste strafskop.
@Deon: Het jy ‘n biblioteek of Exclusive books daar naby jou? Of het jy al van Google gehoor? As jy het gaan lees Tim Noakes, ek spel dit vir jou, T.I.M N.O.A.K.E.S se boeke. Jy sal dan agterkom dat hoogte bo seespiel ‘n atleet NIE negatief beinvloed binne 48uur nadat die atleet by hoër seespieel geariveer het NIE. Dis waarom die Stormers of Shraks bv. eers deesdae op ‘n Vrydag opvlieg JHB toe vir ‘n Saterdag game en sover ek weet vlieg alle skole eers op ‘n Vrydag na hulle bestemmings vir ‘n Saterdag game , dus binne 48uur, so gaan dink aan ‘n volgende verskoning wanneer PRG weer in die Noorde verloor,…mind you as PRG op die Maandag of Dinsdag tydens die Noord/Suid verloor sal ek jou lugdruk verskoning aanvaar.
@kantako: Hulle is sprakeloos
Is ek die enigste en wat baie verbaas was met die Marlow wedstryd teen Kingswood?
Weet enige iemand dalk hkm Beet die Booishaai manne se comments geblok het ? Ek sou graag wou hoor wat hulle se oor die game.
Groot wen vir Durbanville … Congrats!!
@Smallies: Lugdruk kan mens nog meet, voorspel en gedeeltelik remedieer. Grey skeidsregters en vlagmanne, onmoontlik.
@Gimnasias: Wat Durbanville en Stellenberg reggekry het is goed vir ons almal. Dis fantasties. Ek wonder hoe Parelvallei se rugby gevorder het.
@OUD ANKER: Of jy nou die Frantoio op Fisantekraal, Olyvenbosch of Diemersdal plant , hy sal blom, bestuif en dieselfde opbrengs lewer. Rede, selfde lugdruk, hoogte bo seespieël. Dink daaroor, as jy kan. Niks te doen met die Kaap, of stelsels, of 60 jaar nie, maar met wetenskaplike konsensus. Bookie konsensus ook. Jy weet, soos Sir Francis Galton se “Wisdom of the people in the crowd” aktuariële wetenskap. Eerder as om agteraf te kef soos ‘n baster pekingnese op die ou tannie in Huis Silwer Jare se skoot, publiseer jou studies oor lugdruk se effek op sport prestasie wat wetenskaplike konsensus verkeerd bewys, wen die Nobel (Medies), word ‘n multi-miljoener. Lmga
@Ploegskaar: Wonder hoekom is Boerboel so stil.
@kantako: Nie heeltemal onwaar, hulle het verlede jaar ‘n Bellville speler wat GK gespeel het gejaag, so daar is voelers hieronder. Poel is groot, so geen probleem daarmee
Dalk ‘n seisoen om die schadenfreude so bietjie te temper, maar as ek na die comments kyk, is die versoeking net te groot, vir sommige
@Smallies: Hulle speel Jeppe by Noord-Suid, Jeppe het hele paar groooooot seuns. Hulle gaan vir HJS pap duik. Baie spoed..
@kantako: Garsies vat net Gr11’s
Laasjaar het n Boishaai Old Boy vir my gese dat Boishaai die jaar gevaarlik gaan wees aangesien hul laasjaar n hele paar St 9’s in die 1ste span het. Nou wonder ek net wat gebeur het. Ek dink Boishaai het jare laas so verloor opgetel. Maar weereens, mens weet nooit wat vir die seisoen voorle nie. Gim het begin laasjaar, as ek reg onthou vir Stellenberg met 6 punte gewen en ons weet almal hoe goed die seisoen vir Gim verloop het. Maar hierdie uitslae sover hierdie seisoen maak alles net lekker inrerressant soos laasjaar. Laasjaar kon ons op n sraduim nie sê wie gaan vir wie wen nie as julle reg onthou. En ek hou daarvan dat die sogenaamde kleiner rugbyskole hul stem dik maak. Well done Durbanville, hoop jul seisoen loop mooi.
@Smallies: hy is reeds ingeskryf by Garsies, wag blykbaar net vir die Atletiekseisoen om klaar te maak voordat hy skuif. Mutual agreement tussen die skole.
@OUD ANKER: die soort wat jy ervaar as jy moet pale skop vir n historiese wen teen Boishaai…nie lugdruk nie🤣🤣🤣
@Smallies: Koelkop onder hoë druk of lae druk?
@Jan Kriel: Ja hartseer as mens jaarliks die ligabepalings kry. Skole is op ‘n stadium genommer en die afgelope 20 jaar het van daai nommers net verdwyn uit die Prem B. 10 Bellville HTS, 12 De Kuilen, 15 HHH, 16 JG Meiring, 17 President speel nou almal A1 en A2
Sawn Klein loop heel moontlik volgende week skool in die Paarl of Stellies…lat is koelkop onder druk
@Maroon machine supporter: hulle spanne doen almal baie goed, hulle speel in die Pukke se reeks en is lankal al te sterk vir daai spanne. Dit lyk elke jaar of hulle juniors beter en sterker raak. Hulle is soos Garsies hulle koop alles in die Kaap……. nee ek grap net. Hulle is soos Garsies, jong skool wat goeie strukture in plek het vir sport, alle sport tel baie op, maar ook akademies baie sterk is as jy kyk na hulle uitslae. Dinge werk mooi daar.
Ek dink egter die die belangrikste element wat soos Garsies ook in hulle guns tel, is die omgewing.
Grappies op n stokkie ,hierdie verloor maak nou van Boishaai n baie gevaarlike opponent in hulle volgende game ,die gelukkige wenner gaan sy hande vol he ….
@Wonder:
Stem saam kommentators was uniek en iets anders baie passievol en met energie. Dalk was dit Snorre. Geluk Durbanville met goeie wen.
@Wonder: nogals ne …
@Rugbyman: Sal seker nou as oefen wedstryd geroep word,dan tel dit nie.
@Smallies: Ek het die kommentators geniet,veral die ou met die skril stemmetjie,laat my aan Pieter de Villiers dink.
https://m.youtube.com/watch?v=v40oYxlZmoE&t=10s
Moontlik die game van die jaar???
@OUD ANKER: Soms kan jy jou stelsels in n Denim kortbloek in in plek kry ,oppas ma net vir die zip op trek ,dit kan jou stelsels kondemmmm
@OUD ANKER: ek vermoed dat daar n laagdruk stelsel oor pampoen kraal hang ,ja n ou moet maar mooi jou stelsels gestel he
@Smallies: Net stelsels in die Kaap werk mos. Die stelsels oorheers mos nou al vir 60 jaar. Is Pampoenkraal ook Noord van die lugdruk lyn in die Kaap? en het ‘n Noordelike nie-stelsel dalk die verskil gemaak…
@Maroon machine supporter: Nories is verseker besig om reuse opgang te maak. Hulle 1stes gaan baie moeilik geklop word hierbo.
@kantako: Ek wonder al lank oor die Nories. Wie verdien die krediet vir hulle meteoriese opgang? Lyk asof die strukture en stelsels daar behoorlik in plek is. Dit kan nie goeie nuus wees vir die res…en meer so vir Monument nie?
@Rugbyman: glo my NIEMAMD gaan hulle die een laat vergeet nie …veral nie hier nie
@Smallies: Sal interessant wees om te sien of hulle hierdie uitslag ook van die rekord boeke af gaan skrap wanneer interskole gebeur. Laasjaar was dit vir my opvallend dat tydens die opbou op Supersport beide spanne se uitslae vir die jaar gelys was… BH se uitslae is almal gewys behalwe een… die draw by NoordSuid teen Garsfontein… hulle gaan seker hierdie enetjie ook uitlaat?
Baie geluk aan Durbies! Uitstekende wen vir julle!
@Kaya 85: Hey Khaya, more or less like Jan Kriel explained. Durbanville only got its current name in the 1820’s. In the 1660-ish era it was established as Pampoenkraal farm and for more than 100 years the small town that was founded there was also Pampoenkraal. `
@Ploegskaar: Jislike ja, hoe kon ek vergeet, HS Bellville het ook nou en dan goeie spanne gehad.
@kantako: Wat Potch betref, of mense dit wil hoor of nie, gaan kyk na die wetenskap, Noordelike spanne het ‘n reuse reisvoordeel wat lugdruk betref, hetsy ons opreis of hulle afreis uit Bloem/Gauteng. Ek het al baie padwedlope daarbo gaan hardloop, of hier kom hardloop nadat ek lank daar was, en al baie daaroor gelees. Boulder effek.
@kantako: ja maar hulle het twee weke terug nog krieket gespeel……Sean sit ook nog stelsels in plek wat nie in plek was toe hy sy plek met sy stelsel op gegee het om stelslels by die leeus in plek te gaan sit nie ,daardie stelsels wou nie so lekker in plek gaan nie want hy is nou terug in sy ou plek besig om nuwe stelsels in plek te kry om die ou stelsels wat hy in plek gesit het uit plek te kry om plek te maak vir sy nuwe stelsels….nou is daar nog nie plek by sy spelers om die nuwe stelsels in plek te kry nie want die ou stelsels is nog nie uit plek nie en daarom kon hulle nie wen nie want Sean se stelsels was nog nie lekker in plek nie ….hy het ook n paar stelsels in gauteng vergeet wat daar in plek was….
@Wonder: ahhhhhhhhh…..ek sien
@Smallies: Buurvrou?
@Wonder: As hy n gat in het beteken dit mos hy het hom by die vrou gesteel….
@Smallies: Met gate in,met hth geblyk.
@strepie wat gaan aan daar met Sean en sy manne. Ek dink die Kaapse skole moet onmiddelik ophou om teen hierdie klein skole te speel, PRG amper gegly teen Secunda, Gim vir Potch gewen maar amper teen Stellies verloor en nou het Booishaai teen Durbies verloor. So terloops sien ek in Bloem het Booishaai se O/14 teen Norries ook verloor vandag, julle sal hulle dalk nou op die map vind
@Kaya 85: HS Durbanville was build on the farm Pampoenkraal.
Ek wonder of daar Denim kortbroeke in Durbanville gedra word🤔🤔🤔
Jho ek het daai een nie sien kom nie ….die boishaai manne sal Maandag almal maar bietjie na n traumaberader moet gaan om met die besigheid te deel….hoop julle is ok ou strepe en Joe Biden, dink aan julle MANNE …..
@Deon: is Pampoenkraal supposed to be HS Durbanville? Unclear if this is sarcasm
@strepie….wat het gebeur? Al die spelers beskikbaar gewees? Fuller gespeel?
@Ploegskaar: Dink JJ Du Preez was tweede in die eerste liga in 1978, Gim was onoorwonne en eerste.
@Deon: Dink nou gestorwe JJ Du Preez het Affies ook eenmaal op ‘n toer in die 70’s of 80’s gerol
@Maroon machine supporter: Darem nie klub spelers nie
@Deon: Jy is reg, iemand in Somerset/Strand moet opstaan. Het hulle die balls?
@Kantman: Nou moet HS Strand ook net ‘n comeback maak. Tygerberg, President, JG Meiring, Eben Do nges, DF Malan, HHH, Brackenfell het almal ver meer as skaflike spanne gehad. Strand en Durbanville het wonderlike rugby gespeel in die 80’s. Ek onthou een jaar vroeg 80’s, ek dink 1981, omtrent ‘n jaar nadat Monument een of ander van die Big Chief bekers van Noordvaal gewen het, het Strand hulle 44-0 kafgedraf op Danie Craven Stadion. Fantasties wat Stellenberg en Pampoenkraal vandag vermag het. Ek wonder wanneer laas Pampoenkraal vir HJS Paarl gewen het. 196 jaar oud…..sê baie.
@Ploegskaar: Ek verstaan nie, was daar dan post matriek/klub spelers in die Durbies span?
@Djou:Durbanville is sy tweedekeuse span. Weet seker nie of hy moet lag of huil nie.
Congrats Durbanville. Makes things very interesting for the KES fest coming up soon….
Wow, baie geluk Durbanville. Voorwaar die surprise vd naweek!
@Kantman: Boerboel is seker Durbanville die jaar.😃😃😃
Na die naweek sal die Paarl skole nooit weer die Noordelike Voorstede durf onderskat nie. Dit is amper soos die ou dae …
Tough day in Porterville for HJS against Durbell u20…..
Wow Durbanville beat Paarl Boys High 26-25
Lots of character and good goal kicking
@Zion: Dit het te lekker gegaan teen Potch Gim. Goeie ding dat Stellenberg ons so gedruk het. Soos ek gese het, ons het laasjaar ook teen Stellenberg gesukkel en tkyk waar eindig ons toe. Glo en hoop dinge raak beter.
@Smallies: Presies, en ook nie grootkop kry nie.
@OUD ANKER:
Nee sal darem nie afskryf nie
@Djou: n Man moet NOOIT vergeet waar hy vandaan kom nie….
@Wonder: Hy ondersteun Paarl BH. Hy is blykbaar nou deel van die wenkliek en nie meer ‘n verloorder nie.😄😄
@Zion: Ek sal Gim nie afskryf nie. Dis nog baie vroeg in die seisoen.
@Djou: Ek sien HJS speel teen Durbanville,wonder wie ondersteun jou pel,Etienne aka Boerboel vandag,hy was moes in Durbanville.
@beet: As Gim so gaan speel die res van seisoen gaan dit maar moeilik gaan en n lang seisoen wees. Om top 10 te maak gaan ‘n uitdaging wees
Die “cliche” van om die basiese dinge reg te doen (vang net die bal van ‘n afskop af) kon ons nie doen nie. Op die stadium is ons verseker ligjare af, van die span van laasjaar en of ons ooit daar die jaar sal kom, sal seker net tyd ons kan wys. Ongelukkig gaan een swaeltjie ……………… nie ‘n seisoen maak nie
Weereens met die tipe spel, sal ons moet hoed afhaal, sokkies optrek en moue oprol en nog ‘n paar ander dinge as ons enigsins teenstand teen Grey wil wees oor ‘n paar dae
@4×4: Hier is vir jou ‘n beter een vir die hof.
Woensdagaand kry ‘n speler ‘n geelkaart. Pleks van om ‘n speler minder te hê word 2 ekstra opgestuur. Speel met 16 in stede van 14 – en druk wat uiteindelik die wendrie was. 😇😇😇😇
@OUD ANKER: 🤣🤣🤣🤣🤣
@Smallies: Maar is Stellenberg nie in die Noordelike voorstede waar die lugdruk hoër is nie…
@Gimnasias: die game verlede jaar tussen Grey en Gim was vir my die game van die jaar ,wat n riller was dut nie gewees nie ,2019 was ook baie goed ,hopelik sal dit op Noord Suid weer so wees …
@Martin: As ek reg onthou het Gim begin laasjaar vir Stellenberg maar met 6 punte gewen en toe raak hul.seisoen net beter. Kom ons kyk maar. Wat ek wel weet is dat hul vinnig hul gatte in rat sal moet kry voor Grey wedstryd.
Stellenberg did well tonight. Shame another close defeat 2 points the other day, one point tonight.
Herman Lubbe got saluted for his scrumming.
Marco Ferreira is a bit of a Billy Vunipola
Ruben Thompson was solid in midfield
Gim just never looked like the slick team we have grown used to. And the blueprint for success being the sound setpieces and intense cohesive ball-carrying not evident yet. Dew affected handling a bit.
Kyle Smith had quite a few good runs esp in the first half
Danio Botha is menacing
Louw du Toit getting there as a go-to man
@kantako: Omtrent
@OUD ANKER: seker maar wat in die Hof versagtigende omstandighede genoem word as ‘n s0an van 15 opdaag teen 14 en selfs 13? Ek sal die parool voorsitter spreek+
@kantako: dis die lugdruk gewees wat n delayed option uitgeoefen het…
@Martin: potch manne het hulle uitgedun
Paarl Gim 24 – Stellenberg 23
@Hooit: Helpmekaar moes Mekaar ook maar Help met die atletiek die jaar. Ek dink egter hulle 1e rugby span gaan dalk verras die jaar. Helpmekaar het behoorlik opgedaag teen. Affies.
@JongMatie: Ek het noe die inligting. Helpmekaar het 1300 kinders en ongeveer 600 seuns waarvan almal natuurlik nie rugby speel nie. Helpmekaar mos n akademiese atletiek skool wat ook rugby aanbied
@Strepie: Glo die opmerking was nie op my gerig nie
@Mate: Onthou ons is eintlik n hokkieskool.
@JongMatie:
Die enigste manier wat jul vir Grey kan klop op meriete is as julle dalk saamsmelt met Klein Nederburg en Cloetesville
@Carpe diem: Dankie baie
@JongMatie: Terloops dink ek laasjaar op Grey se standaarde was hulle span average… DIe jaar is dit ‘n ander storie… Hulle lyk vir my exceptional volgens Grey standaarde
@JongMatie: Ek is nie Grey nie en maak geen verskonings nie… Ek noem net die feit. Touchy touchy,,,
@Rugbyman: 18h35
@Rugbyman: Ons SA spelers ook uit, Grey weet al vanaf graad 8 hulle gaan manne uit he. Geen verskonings, wen laasjaar op die Markotter was op meriete.
@Mate: Of nie…
Weet iemand hoe laat Gim teen Stellenberg vandag speel?
Ek voorspel slegs HJS sal vir Grey klop
@JongMatie: Julle kry elke jaar Grey sonder hulle SA skole spelers… So julle speel eintlik die Cherries…
@Rugbyman: Ek het eers vanoggend die game gekyk. Van hier af gaan Grey oopketels gooi. Die Maroon Machine sal op sy stukke moet wees kom Augustus.
@Strepie: Persoonlik dink ek Grey gaan baie moeilik verloor die jaar! Net my opinie…
@Kantman: Kan nie wag om weer vir Secunda in aksie te sien nie.
@JongMatie: onmoontlik
@Kantman: Jy klink nou soos ek wat konstant kla oor PRG se beserings
Just had time to watch Grey vs Marlow for the first time. 6 turnovers by Marlow in first 15 minutes showed inexperience of the intensity that Grey will start with and maintain. After that Marlow played to their strengths – if they have all their starting XV players available in the season, they are going to be tough to beat in their region.
Northwood will need to have a huge change to get the better of Westville i think. They will miss Chirwa massively. I hope the Flyhalf can settle and get that backline going at least so try and compete.
DHS: MBC will be a huge contest!
@Strepie: Grey started like a house on fire. Marlow showed a lot of heart in the second half. To be honest most top schools, besides the elite few, will get pummeled by Grey. Marlow has a strong team this year and can be proud of the guts they showed today.
@David: Marlow met n Greyt 2de helfte.
Grey het nie die ligte uitgeskiet nie, maar ook nou weer, die hele bank omtrent genoegsaam speelkans gekry.
Wat leer n mens nou werklik uit so n wedstryd.
Miskien weet Deon..
@David: daai wolramme laaik takkle hoor ,nog al die jare
@Strepie: Nei so groot mismatch nie. Grey goed begin en Marlow kon niks reg doen nie. Laaste 20min n baie beter game. As Marlow nie so lief was vir tackle nie dan was dit dalk erger.
@Carpe diem: Jy is reg, dit was 2021.
Maar die game teen Nelspruit was eintlik proewe – baie spelers kans gegee. Nietemin, daar was nie tyd vir sielkundige knakke daarna nie.
@Hooit: Totale mis match op Greame.
GCB op 28-0 na 14min.
Verstaan glad nie die punt van die emosionele slagting nie.
Miskien kan Mate of Boela verduidelik.
Selfs Deon mag dalk tot insig kom.
@JongMatie: Die skool het 1300 kinders. Dit is dogters ingesluit.
@Strepie:
Hy is n baie emosionele persoon
Het destyds amper n senuineenstorting hier gekry
@Strepie: I think Bush is stuck with Hoppers sister
@Ploegskaar: Kan iemand asb Deon se truitjie verwyder.
Hy is n totale verleentheid vir PRG.
@Djou: Dit was 2021.
Garsfontein het voor die wedstryd teen Gim, n wedstryd teen Nelspruit gespeel (wen 33 – 17). Na die fiasko teen Gim, het Garsfontein ook, tydens Noord/Suid, teen n uitstekende Oakdale-span 12 – 41 verloor. Na Noord/Suid het Garsfontein nog een wedstryd teen HTS Middelburg gespeel (wen 48 – 0)
Gim het ook, voor die Garsfontein-wedstryd, een wedstryd gespeel (wen 18 – 16 teen Grey College). Na die Garsfontein-wedstryd, het Gim, tydens Noord/Suid, teen Helpmekaar gespeel, wie bietjie meer weerstand gebied het (Gim wen 52 – 5)
In 2020 kon n uitstekende Gim-span ongelukkig net een wedstryd speel (wen 38 – 0 teen PBH).
@Wonder: Stem saam, het die game oorheers, maar baie hanteerfoute. Hanteerfoute is attitude, en dit kan reggemaak word.
@AbsolutMenlo: Mens mag langafstand drieë druk. Jy het nie ‘n bril nodig nie, eerder ‘n verkyker. Dan sal jy moontlik ophou met dwase opinies. Moontlik, want daai jaloesie en nyd sal nie verdwyn nie. Waarom ry jy Garsies toe om rugby te kyk. Kry seker min goeie rugby daar by jou.
@Rugbyman: … wen is ‘n wen baie geluk!
@Ploegskaar: Terrible ding om ‘n ander mens te noem, ek was destyds stom geslaan, maar so sal dit wees. Pot kettle goose gander Pêggel Posduif Strepie homozygosity lol.
@AbsolutMenlo: Ons vat die wen baie dankie al het ons baie foute gemaak! Was ons 1ste regte game gewees en dit was lekker hard. Jeppe verdien krediet en het hard gekom vir ons! Ons sal hard werk om beter te word en reg te wees vir Menlo sodat ons jou nie teleurstel nie… 😉
Baie dankie aan Jeppe vir ‘n klipharde game! Julle het ‘n goeie span en gaan beslis BAIE kompeterend wees! Julle 12 senter is special en hy kan ver kom…
@Djou: … two long distance soft tries for Garsfontein. One of them chaser in front of kicker.
Agree to disagree.
@Deon: Posduiwe, Deon, posduiwe. Oë sit langs die kop. Waar die son kil skyn op ‘n erfenis van bleek perlemoen doppe
@Djou: 13 op die veld? Snor City weer deurgeskemer?
@Djou: Garsies het die wen verdien maar baie harde werk lê voor. Jeppe het ‘n goeie span. As die Garsie agterlyn begin vlam vat gaan hulle mooi maak.
@AbsolutMenlo: I disagree.
Jeppe lucky not to be penalised for offside and illigal rucking and hands beyond the ball – things the ref penalised Garsies for. Scored 2 tries when Garsies had 13 on the field.
Nevertheless, Jeppe played great rugby.
Garsfontein 28 – Jeppe 24. Jeppe unlucky not to take the win.
@Ploegskaar: Werklik en rêrig ja. Min of meer soos jy hier oop en bloot oor my buurdorp aan die ander kant van Walkerbaai geskryf het. Onthou jy wat jy gesê het? Ingeteeld tot so ‘n graad dat hul oë agter hul koppe aan mekaar raak, toe ook iets van alikrukke. Jou woorde, nie myne. Gee en ontvang, maar in die geval van Strepies se obsessie met PRG, Sisyphus.
Jeppe het ‘n goeie span die jaar. Puik afgerig met ‘n hele paar lynbrekers in die agterlyn en stewige pak met sterk rolmale. Hul spoed om rolmale te vorm het Garsies telkens gevang.
Garsies moes ‘n agterstand uitwis om te wen in die laaste 5 minute.
@Kantman: Daai was 2020, toe Garsies nog net ‘n oefening gehad het voor die game teen Gim. En na die toernooi het daai span nie weer gespeel nie. So, dit kon nie die skool of die span siekundig knak nie.
Maar Potch Gim moet nog heelwat games speel. Hoop hulle vergeet die game vinnig en kyk vorentoe!
@Deon: Rerig?
@Smallies: Enigste manier om met die ingeteelde bourgeoisie van die Pêggel te werk. Nie ‘n plesier vir my nie, allermins, maar almal moet hul plek ken.
Nice weekend ahead.
Thoughts:
Greytness (big scores) on display at Graeme 150th
Framesby to upset Hilton
Helpmekaar to get first win of the season
Kearsney to have sleepneas nights ahead of the Secunda game…
Time to guage the real Paarl Gim
@Deon: ouch….
@Deon: daai keggie pappie is bietjie obvious…maar ja kom ons kyk of daai karpie byt
@Gimnasias: Ek dink kinders is sterker as dit. In 2021 het Gim vir Garsies 84-0 geklop, en dit het Garsies nie geknak nie.
@Smallies: Tappit? Praat ons nou van Strepies en die Pêggel?
@Strepie: Korrek, PRG is nie ‘n “rugby skool” nie, maar anders as HJS, wat bloot ‘n onsuksesvolle poging tot ‘n skool is, is PRG soos Stellenbosch en HJS soos die Pêggel.
@JongMatie: seker maar die tappit jokes wat mense vertel ….meeste is bullshit maar daar is n paar wat rerig kolhoue is…
@Hooit: What happened to Bushy and Grasshopper?
@Hooit: Hoe kan n skool wat 1400 seuns het, kort wees op slotte?
Ek gaan die jaar bietjie Helpmekaar rugby ondersteun behalwe as hul teen Monnas speel. Sal Saterdag by Bethlehem gaan kyk. Span het bo verwagting teen Affies gedoen. Hul weer glo kort op slotte. Goeie haker en n groot senter my vriend Bush my vertel.
@Smallies: Waarvoor is Brakpan alombekend?
@JongMatie: nee wat steeds Brakpanners maar net bietjie meer wel af as die meeste mense wat oos van die spoorlyn gebly het
@Smallies: Seker n paar inkommers – tipies.
@JongMatie: klink of jy so ligte brakpan streep deur jou het…maar nie Brakpan sentraal nie ,meer Dalveiw se kant toe ,hulle drink rooiwyn daai kant van Brakpan 😂😂😂😂
@Mate: Ek was lank die assistant kroegman van Ralphs.
@JongMatie:
Ek hou van die bos
Het as jongman daar in die Bakoven gewerk
Dink dit was in Birdstraat
@Mate: Koud/Warm, die alewige neuroptrekkers (poeierholle) van Stellenbosch upper is nou regtig besig om my gal te werk..
Ek en hulle is nie sinoniem met mekaar nie.
Stemmet se Pa meer my dam se mense.
@JongMatie:
Hoe gaan dinge daar op jou nuwe blog?
@Mate: Moontlik die oorsprong van die term ‘player coach’.
@jakes:
Dankie Jakes
So dit is n baie jong skool
Oud Skoliere nog nie ouer as 30?
@kantako: Ek neem aan jy praat van die wedstryd tussen Paarl Gim en Potch Gim wat iemand gereel het? Ek gee nie om wie wat sê nie, so n wedstryd is totaal en al doelloos. Al wat dit doen is om die arme seuns van Potch Gim n sielkundige “knock” te gee. Hoe motiveer jy hulle vir die volgende game? Dis regtig belaglik. Dis waarom sekere skole in n sekere liga of afdeling speel.
@Mate: Die Anker van Brakpan was eers ‘n tegniese skool,HTS Brakpan. Meestal net seuns gehad. Hoérskool Hoogland het toegemaak klompie jare terug en het toe saamgesmelt met HTS Brakpan en die nuwe naam Die Anker. Baie groot skool wat meestal leerlinge van Brakpan en Springs huisves.
@Strepie:
Die min claim to fame wat hulle het is om nou en dan Grey sonder hul Springbokke te wen
Het hulle verlede jaar weer die T Shirts gedruk na hul wen?
@Mate: Hou in gedagte, PRG is nie n rugbyskool nie.
Baie beslis n tennis, hokkie en waterpolo skool.
Een van die min makro skole wat nie jaar in en jaar uit sterk is in Rugby nie.
Wat is die Anker?
Volg nou al Skole rugby sedert Vrede vir Grey in 1948 gewen het en nog nooit van Anker gehoor
Is dit nou alweer n Gekombineerde Poging?
Die Anker en Rustenburg sal n goeie idee gee van waar Anker staan, ek hoop nie Potch Gim het enige beserings na die nederlaag teen Paarl Gim nie want om nou weer Lichtenburg toe te travel gaan hard wees, weet nie wie het hulle beplanning gedoen of goedgekeur nie. My wedstryd van die week is egter Gimmies teen Stellenberg. En dan natuurlik ook n wen vir Secunda.
@Mate: As Vrede ‘n hoërskool het, sal Secunda twee hê.
Jeppe v Garsfontein tomorrow. Should be interesting.
@Mate: Dis ‘n great plan,vat vir Boelie en vrot apple saam jou.
@beet:
And they held their own against Paarl Roos
I doubt if Monument can loose by such a small margin against Roos
@beet:
That is amazing
I seriously didn’t know they played rugby in Secunda
@Mate: Yeah Secunda are definely emerging as the surprise package team of 2023.
They have also lined up a match against Daniel Pienaar of Uitenhage or Kariega as its now called.
Vir diegene van jul wat verder belangstel in Stellenbosch rugby, Jong Matie het n blog geskep op
wwe.onsbloeielkejaar.kom
Kom ons ondersteun hom asb
Lyk my Secunda het ontpop as n Groot Kanon
Speel teen Paul Roos, Kearsney en teen wie nog?
Nie eers geweet daar is n hoërskool
Gedog daar is net n tartanbaan